You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL P3 Nov 2020_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 1220208 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2020 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. OGGENDSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer die skryfstukke volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1  Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Gelukkig het ek my selfoon by my gehad [50] 1.2 Dit laat my hart vinniger klop [50] 1.3 Swaarkry maak 'n mens sterk [50] 1.4 Moet Geskiedenis 'n verpligte vak wees? [50] 1.5 Vriendskap [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Bron: worldpress.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2020 SS/NSS 1.6.2 [Bron: Google Images] [50] 1.6.3 [Bron: Google Images] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 FORMELE BRIEF: KLAGTE Jy is baie ongelukkig oor die swak diens wat die munisipaliteit in jou omgewing lewer. Skryf 'n KLAGTEBRIEF aan die Munisipale Bestuurder waarin jy jou ongelukkigheid hieroor uitspreek. [30] 2.2 HULDEBLYK Jou oupa speel 'n belangrike rol in julle familie en in die gemeenskap. Hy word honderd jaar oud en julle gaan 'n partytjie hou. Omdat jy so 'n spesiale band met jou oupa het, het die familie jou gevra om 'n huldeblyk by die partytjie te lewer. Skryf die HULDEBLYK wat jy by jou oupa se partytjie gaan lewer. [30] 2.3 AGENDA EN NOTULE Die sosiale komitee in jou gemeenskap hou 'n vergadering om 'n dans wat hulle wil hou, te bespreek. Gebruik die agenda hieronder en skryf die NOTULE van die vergadering. AGENDA VAN SOSIALE KOMITEE GEHOU OM 15:00 OP 1 AUGUSTUS 2020 1. Opening 2. Verwelkoming 3. Presensie 4. Sake om te bespreek 4.1 Datum, tyd en plek 4.2 Musiek 4.3 Eetgoed 4.4 Versiering van die saal 4.5 Begroting 5. Afsluiting [30] 2.4 DIALOOG 'n Oorsese maatskappy het vir jou 'n werk aangebied, maar jy weet nie of jy dit moet aanvaar nie. Jy gesels met jou maat en vra raad. Skryf die DIALOOG tussen jou en jou maat neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 PLAKKAAT Iemand van die Departement van Omgewingsake gaan julle gemeenskap besoek om met julle oor besoedeling te kom praat. Ontwerp 'n PLAKKAAT waarin jy die gemeenskap uitnooi om na die praatjie te kom luister. [20] 3.2 POSKAART Jy kuier vir die eerste keer op 'n dorp of in 'n stad en hou baie daarvan. Skryf 'n POSKAART aan jou maat en beskryf die plek. Teken die poskaartvorm hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en gebruik dit vir jou poskaart. Seël ________________ ________________ ________________ ________________ [20] 3.3 INSTRUKSIES Daar is baie misdaad in ons land. Mense is dikwels nie eens veilig in hulle eie huise nie. Skryf sewe INSTRUKSIES vir jou klein boetie of sussie neer wat hy of sy moet uitvoer om veilig te wees as hy of sy alleen by die huis is. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · Afrikaans Fal · 2020 · NSC November Exam · Question paper · Paper 3 · Afrikaans | Hlayiso | Hlayiso