Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202343 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 43 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2023 PUNTE: 70 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 43 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het. 4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2023 NSS INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in 'n Bos 35 5 2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9 3. Meeulanders 35 13 4. Lien se Lankstaanskoene 35 17 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 5. Poppie – Die Drama 35 21 6. Paljas 35 25 7. Fiela se kind – Die Drama 35 29 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale. 8.1 "Kom ons stuur vir Tasu" 18 34 EN 8.2 "Geluk in ongeluk" 17 36 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte. 9.1 "Ken jy die see ..." 18 39 EN 9.2 "Sproeireën" 17 42 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2023 NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN BEANTWOORD () A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A "Moenie so stoets wees nie, Arend! Dis julle hele ondergang, man!" "Julle? Jy praat van 'julle'. Wie is jy dan miskien? Van wanneer af sit 'n voël in twee bome gelyk? En vir wat werk jy vir MacDonald?" "Vir wie werk julle miskien?" Hy moes Patterson weer 'n slag platdruk. "Hy mog ons hout koop, maar ons is nie aan hom verkoop nie!" 5 "Dis wat jy dink, Arend." "Ek weet wat ek dink, ek dink nog altyd jy's 'n verraaier." "Julle het my soos 'n wegwei-os gebrandmerk!" het die bitterheid skielik in Saul opgekook. "Sit ek my voete in die Bos, word ek uitgeskel vir 'n verraaier, wat ek nie is nie. Sit ek my voete op MacDonald se werf, word ek uitgeskel vir onnosel omdat ek uit 10 die Bos kom! Nou vra ek jou: Wie is ek?" "Jy moes dinge met jou pa reggemaak het!" "Dit sou nie reg gebly het nie." "Jou pa se span is kort van hande ... Jozef se vrou het laasweek 'n seun," voeg hy afgetrokke by. 15 "Ek het nie geweet nie, ek is bly vir sy part." "Hulle gaat hom Joram laat backsize." "Pa sal in sy skik wees ... Ek wonder maar net waar hy eendag gaan byl swaai?" Hy het opsetlik skoor gesoek. "Soos julle aan die uitkap is, sal daar nie veel oor wees vir die volgende geslag nie." 20 1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) neer. Saul het al amper (1.1.1) ... jaar by MacDonald gewerk toe almal oor die goud in die Bos begin praat het. (1.1.2) ... het vir Saul van die stories vertel. MacDonald wou hê Saul moes Patterson Bos toe vat. In die Bos het Patterson begin siek voel as gevolg van die (1.1.3) ... in die Bos. Nadat Saul hom uit die Bos gehelp het, het hy Patterson se (1.1.4) ... gekry. Dit het Saul se toekoms verander. (4) 1.2 Waarom het die Bosmense Saul as 'n verraaier gesien? (1) 1.3 "Van wanneer af sit 'n voël in twee bome gelyk?" (Reël 2 en 3) Verduidelik die figuurlike betekenis van Arend se woorde. (1) 1.4 "Julle het my soos 'n wegwei-os gebrandmerk!" (Reël 8) 1.4.1 Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël? (1) 1.4.2 Wat beteken dit binne die konteks van Saul se lewe? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2023 NSS 1.5 "Nou vra ek jou: Wie is ek?" (Reël 11) 1.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit Saul se woorde teenoor Arend kan ons aflei dat Saul (desperaat/aggressief) was. (1) 1.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.5.1. (1) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer. Saul het baie konflik oor sy werk by MacDonald ervaar, want ... A hy het gevoel hy werk net om sy pa se skuld af te betaal. B hy kon sy pa help om 'n beter prys vir sy hout te kry. C hy het getwyfel of hy sulke lang ure sou kon werk. D sy verhouding met Kate was vol uitdagings. (1) 1.7 Saul en Maska het kontak verloor nadat Saul by MacDonald begin werk het. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.8 Arend het vir Saul gehelp om Patterson op 'n dra-slee uit die Bos te dra. Wat was die gevolg hiervan vir Arend? (1) 1.9 Arend het Saul daaraan herinner dat Joram se span hande kort. (Reël 14) Wat sou jy anders as Saul gedoen het as jy hierdie woorde van Arend gehoor het? (1) 1.10 Hoe het Arend in hierdie situasie gewys dat hy 'n goeie vriend vir Saul was? (1) 1.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.11) neer. Een van die temas in die roman wat die duidelikste in reël 19 en 20 na vore kom, is ... A uitbuiting van mense. B swak menseverhoudinge. C vernietiging van die natuur. D gevaarlike werksomstandighede. (1) 1.12 Hoe slaag die skrywer daarin om jou in hierdie uittreksel jammer vir die Bosmense/houtkappers te laat voel? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B "Wat het Arend gesê?" "Hy't gesê jy is reg. Op die laaste moes ek vir hom 'n bloubokkie vang en die kop oopkap ..." Dan is dit of hartseer nie die woorde wil laat verbykom nie. En dit voel vir Saul soos genade wat hom tref. "Ek is jammer, oom. Arend was 'n goeie mens. Ons het lank gesels daardie nag." 5 "Hy't my gesê." "Laat ons vrede maak, oom Martiens," sê Saul en buk om die kos, wat hy langs die geld neergesit het, op te tel. "Laat ek darem aan die einde kan sê ek het een vriend in die Bos agtergelaat. Ek vat die kos en oom vat die geld." "Waarheen is jy op pad, Saul?" Dis soos 'n besorgde vader sou vra. 10 "Ek is self nog nie seker nie, oom. Ek weet net ek moet aanhou loop tot bo in Meulbos. Daar sal ek miskien weet." "Ek sal klein Martiens met jou saamstuur." Dis meer as die uitsteek van 'n hand; dis vryskelding, dis vertroue, en Saul moet die deernis wat in hom wil losruk, vinnig keer. Nie nou nie! 15 "Dis nie nodig nie, oom. Maar dankie. Vandag moet ek alleen loop." "Jy loop jou lewe lank nog alleen, Saul. Maar jy moet versigtig wees, Oupoot is in die Bos." 1.13 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Saul het Barkley besoek en op die Pictor geklim.  Saul het na Oupoot gaan soek om hom te skiet.  Saul het in Swellendam gaan meubels maak.  Saul het vir ses jaar in die Bos gedelf. (4) 1.14 Lees reël 7 tot 9. 1.14.1 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1) 1.14.2 Na wie verwys ''een vriend'' in reël 8? (1) 1.15 Oom Martiens het vir Arend 'n bloubokkie se kop oopgekap. 1.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As die leser aan oom Martiens as houtkapper en Bosmens dink, is hierdie optrede van hom (ironies/humoristies). (1) 1.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.15.1. (1) 1.16 Joram en Martiens het albei met Saul oor Arend gepraat. Hoe het Martiens en Joram Saul verskillend hanteer? Jy moet in jou antwoord na Martiens en Joram verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2023 NSS 1.17 Een van die temas in hierdie roman is die skewe sirkel waarin die karakters vasgevang was. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.17.1 tot 1.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.17.1 Saul kon nie die publieke A 'n Mens moet besef dat mense biblioteek op Knysna dikwels leuens vertel om meer besoek nie. geld te maak. 1.17.2 Kate het vir Saul Engels B 'n Mens moet besef dat geleer praat en lees. vooroordeel sekere groepe mense in sekere situasies uitsluit. 1.17.3 MacDonald het teen die Bosmense gediskrimineer. C 'n Mens moet altyd glo wat jou ouers jou leer. 1.17.4 Saul was deel van die sosiale kringe in Knysna. D 'n Mens moet dankbaar wees as iemand anders jou help om jou opvoeding te verbeter. E 'n Mens moet besef dat ander jou dikwels aanvaar net omdat jy geld het. (4 x 1) (4) 1.18 In reël 17 en 18 sê oom Martiens Saul moet versigtig wees, want Oupoot is in die Bos. Waarom kan ons sê dat Oupoot die simbool van iets positiefs in Saul se lewe was? (1) 1.19 In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan. 1.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk? (1) 1.19.2 Hoe sluit die "kringe" aan by die dinge wat Saul in hierdie roman gedoen het? (1) 1.19.3 Hoe het hierdie roman positief vir Saul geëindig? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2023 NSS VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C ''Hoekom wil die hele wêreld skielik vir ons kom kuier?'' vra ek. ''Vra dit,'' brom Beyers terwyl hy die bokse op die kombuistafel begin uitpak. ''Mens sou sweer dis 'n blerrie hotel.'' Dis die eerste keer van ons op die berg aangekom het dat hy in 'n slegte bui is. Ek moet erken dit laat my nogal verlig voel. Ek het begin verveeld raak met al die 5 deuntjies uit The Sound of Music. ''Sy't nie 'n keuse nie, Bey. Sy's net vir drie weke in die land. As sy nie hierheen kom nie, gaan sy ons glad nie sien nie.'' ''Hoeveel onse is in jou pond?'' Beyers plak die kruideniersware so driftig op die tafel neer dat Mana haastig nader 10 waggel om die houer met die eiers te red. Amos en Tibo skraap hulle velle papier net so haastig bymekaar om te keer dat hulle kunswerke bederf word. Selfs Yann is uit sy gewone bedwelming geskok. Hy laat sak sy boek op sy skoot, haal sy oorfone af en lig sy swaar wenkbroue vraend. ''Dis julle ma,'' sê Beyers met 'n hulpelose skouerophaling. 15 Ek dog hy bedoel Mana. Watter ander ma is daar in hierdie huis? Maar dan sien ek hy kyk na Yann en Amos. ''Sy't 'n boodskap gelos en ons het haar teruggebel,'' sê Mana terwyl sy die eiers versigtig in 'n draadmandjie uitpak. 2.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) neer. In die roman ontmoet ons hierdie aangelapte gesin. Hulle bly in (2.1.1) ... Volgens Hanna is (2.1.2) ... die beste man wat haar ma nog ooit gehad het. Hanna het vir Fabienne, haar (2.1.3) ..., geskep. Hanna se biologiese pa wou graag vir Hanna se (2.1.4) ... verjaarsdag kom kuier. (4) 2.2 Waarom het Margot vir drie weke Suid-Afrika toe gekom? (1) 2.3 Margot het gevra of sy by die gesin op die berg kon kom kuier. Wat was die gevolg hiervan vir Yann en Amos? (1) 2.4 ''As sy nie hierheen kom nie, gaan sy ons glad nie sien nie.'' (Reël 7 en 8) 2.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie opmerking van Mana oor Margot is (ironies/sarkasties). (1) 2.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2023 NSS 2.5 ''Hoeveel onse is in jou pond?'' (Reël 9) 2.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit hierdie vraag van Beyers kan ons aflei dat hy (tevrede/ geïrriteerd) met hierdie hele situasie was. (1) 2.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (1) 2.6 Hoe verskil Mana en Margot se karakters soos ons hulle aan die begin van die roman leer ken? Jy moet in jou antwoord na Mana en Margot verwys. (2) 2.7 Een van die temas in hierdie roman is om jouself te aanvaar. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.7.1 Hanna se Afrikaans- A 'n Mens moet besef dat geld nie onderwyser het vir haar geluk kan koop nie. komplimente oor haar skryfwerk gegee. B 'n Mens moet besef dat jou opinie oor jouself nie altyd is 2.7.2 Margot het moeite gedoen hoe ander mense jou sien nie. met Hanna op haar verjaardag. C 'n Mens moet die talente wat jy ontvang het, gebruik. 2.7.3 Gavin het Hanna 'n fabulous creature genoem. D 'n Mens moet gereeld oefening doen om gelukkig te wees. 2.7 4 Sharon het die eenvoudige lewe op die berg geniet. E 'n Mens moet leer om jou nie aan ander mense se opinies oor mense te steur nie. (4 x 1) (4) 2.8 ''Mens sou sweer dis 'n blerrie hotel.'' (Reël 2 en 3) Wat sou jy anders voor die kinders gedoen het as jy Beyers was? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D Eintlik het ek mos al vroeër langs die helikopter die eerste borrels in my maag gevoel. Waar al my beste idees altyd begin. Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het. Maar ek gaan nie oor 'n fabelagtige skepsel soos Fabienne skryf nie. Ek het so 'n gevoel ek is vir altyd klaar met Fabienne en haar fantastiese tande. (Ek het ook so 'n gevoel juffrou 5 Liebenberg sal vreeslik verlig wees om dit te hoor.) Ek gaan 'n storie skryf oor 'n gemiddelde vaal meisiekind met 'n onwaarskynlike ma en 'n selfs meer onwaarskynlike pa. Ek sal sorg dat daar vir Margot Jordan ook 'n rol is om te speel. 'n Fassinerende moederfiguur. Iets soos tussen 'n bose heks en 'n goeie fee. En vir my beeldskone 10 beste vriendin. En ag, nou ja, ek sal seker nie my irriterende stiefbroer uit die storie kan hou nie, nè? Hulle sal almal in my boek wees. Hoe het Beyers nou weer vanoggend gesê? Honde, kinders, grootmense. Selfs die suster vir wie ek so lank gewag het. Amanzi of Kwakwa of Water of wat haar naam ook al gaan wees. 15 Terwyl my pa met uitgestrekte arms en rukkende heupe op die kombuistafel dans, sien ek die titel soos in 'n visioen. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. 'n Ware verhaal. 2.9 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Sharon se pa het 'n helikopter gereël.  Gavin het almal saam konsert laat hou.  Die hele gesin het met Ditjie se geboorte gehelp.  Margot het vir die gesin hulle Tarot-kaarte gelees. (4) 2.10 " ... die eerste borrels in my maag gevoel." (Reël 1 en 2) Verduidelik die figuurlike betekenis van Hanna se gedagtes. (1) 2.11 "Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het." (Reël 3) 2.11.1 Watter beeldspraak kry ons in die onderstreepte woord in hierdie reël? (1) 2.11.2 Wat beteken dit binne die konteks van die roman? (1) 2.12 Dink aan die hele uittreksel. 2.12.1 Na watter ruimte verwys dit? (1) 2.12.2 Na wie verwys ''irriterende stiefbroer'' in reël 11? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2023 NSS 2.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.13) neer. Hanna het baie innerlike konflik oor haar voorkoms gehad, want ... A Sharon was baie mooier as sy. B Amos en Tobo het haar gereeld gespot. C sy het gedink sy is nie goed genoeg vir Yann nie. D sy het net gefokus op die dinge wat verkeerd was. (1) 2.14 Hanna was jaloers op die nuwe babadogtertjie. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer. Een van die temas in die roman wat die duidelikste in reël 16 en 17 na vore kom, is ... A die kanse wat 'n goeie skryftalent jou bied. B aanvaarding van jou eie gesinslewe. C die nakoming van beloftes. D die afskeid van geliefdes. (1) 2.16 ''... met 'n onwaarskynlike ma en 'n selfs meer onwaarskynlike pa.'' (Reël 7 en 8) (1) Waarvan is die beskrywing van Hanna se ouers simbolies in Hanna se lewe? 2.17 Watter goeie voorbeeld het Gavin vir jou gestel terwyl hy saam met Hanna- hulle op die berg was? (1) 2.18 Hoe slaag die skrywer daarin om jou in hierdie uittreksel te laat dink dat Hanna régtig 'n ware verhaal gaan skryf? (1) 2.19 In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan. 2.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk? (1) 2.19.2 Hoe sluit dit wat in die roman rondom Ditjie se geboorte gebeur het, by hierdie titel aan? (1) 2.19.3 Hoe het hierdie roman positief vir Mana geëindig, as ons haar doel met die wittebrood op die berg in gedagte hou? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E ... "Asseblief, Mama-Meeu. Die kaptein sal my laat loop as hy weet." Sy bly verbouereerd staan. Sy kyk hom ongelowig aan, asof sy nog nie kan begryp dat die bondeltjie 'n klein, lewende babatjie is nie. "Hoe't jy hom hier gekry?" "Ek het hom vanmiddag saamgebring. In die sak." 5 In die sak! Sy sit haar hand voor haar mond. "Jannerik, ek weet nie of jy die kleintjie hier sal kan hou nie." "Ja, Mama-Meeu. Maar dis net tot volgende Vrydag toe. My suster, Ousanna Siener, gaan in Kaap toe. Sy't kakkerjakke op die oë en haar traanklier het opgedroog. Sy gaan met die kliniek se vantjie in. Sy kom volgende Vrydag weer terug. Dan sal sy ... of 10 miskien is Doreen-hulle dan ook al terug." "Weet Doreen?" Hy skud sy kop. "Niemand weet nie. Net ek en Ousanna." "Waar is Doreen-hulle?" "Na Reggie se broer, Billy, toe. Hoog op in Suidwes. Ons kon hulle nie in die hanne 15 kry vir die begrafnis nie." Ryna neem die kind by Jannerik. Die ogies is nou toe en die mondjie suig desperaat aan die fopspeentjie. Die digte swart haartjies staan penorent op die kroontjie. Die gesiggie is rooierig. Die asempie jaag nog effens van die geskreeu, wat nou bedaar het. Jannerik kyk dankbaar na Ryna. 20 "My magoed was so te sê spierwit uitgebaster. Nou het dit jeentemal deurgeslat ..." 3.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) neer. Ryna van Rensburg het na haar seun, (3.1.1) ..., se dood besluit om met 'n nuwe lewe te begin. Sy het 'n pos aanvaar om vir (3.1.2) ... jaar op Meeuland te gaan werk. Meeuland is 'n eiland naby die dorpie, (3.1.3) ... Met Ryna se aankoms op hierdie dorpie het sy vir ant Hansie ontmoet. Nadat Ryna die gesprek tussen ant Hansie en die kaptein van Meeuland gehoor het, het Ryna (3.1.4) ... gevoel. (4) 3.2 Dink aan die hele uittreksel. 3.2.1 Na watter ruimte verwys dit? (1) 3.2.2 Na wie verwys "Mama-Meeu" in reël 1? (1) 3.3 Kinnie het vir niemand vertel dat sy swanger is nie. Wat was die gevolg hiervan vir die baba? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2023 NSS 3.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.4) neer. Een van die temas in die roman wat die duidelikste in hierdie uittreksel na vore kom, is dat mense ... A mekaar in tye van nood moet help. B maklik hulle rug op moeilike situasies draai. C die kans moet kry om hulleself weer te vind. D dink dis genoeg as jy kinders net fisies versorg. (1) 3.5 Waarom het almal na Ousanna as die Siener verwys? (1) 3.6 Jacob het met Jannerik geraas toe hy die baba by Ryna sien. Wat sou jy anders gedoen het as jy Jacob was? (1) 3.7 Jannerik het gedink dat net hy en Ousanna van die baba geweet het, maar Kinnie het vir ander mense ook vertel. Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 3.8 Elsabet se eie baba is onder moeilike omstandighede op die eiland gebore. Hoe het Jacob en Jannerik verskillend op hierdie krisis gereageer? Jy moet in jou antwoord na Jacob en Jannerik verwys. (2) 3.9 Een van die temas in hierdie roman is dat jou keuses ander mense se lewens beïnvloed. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.9.1 tot 3.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 3.9.1 Ryna se man het sy doen A 'n Mens moet respek hê vir die en late van haar af huwelik. weggehou. B 'n Mens moet besef dat die 3.9.2 Ant Hansie het baie mense waarheid jou vrymaak. met liefde in haar huis versorg. C 'n Mens moet nooit glo dat jy iemand anders ten volle kan ken 3.9.3 Jacob, Jannerik en Ryna nie. het 'n geheim gehad. D 'n Mens moet altyd glo dat daar 3.9.4 Deur sy optrede het Fred nog 'n kans op geluk is. verskeie vrouens se lewens verwoes. E 'n Mens moet altyd daar wees vir die mense wat jy liefhet. (4 x 1) (4) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F ... Sy sprei haar arms oop en haar liggaam ruk agtertoe voordat sy vooroor val en bly lê. "Ek sal jou kry, Skalla!" roep Jacob rasend oor die water, terwyl die bootjie wegvaar en een word met donkerte en see. "God, help! My kind!" 5 Dis Daniel wat haar in sy arms optel terwyl haar bloed oor sy klere stroom. Daardie aand het Ryna 'n ander faset van Jacob ontdek. Hy was 'n gekweste dier met wilde swart oë waaruit 'n oerhaat gestraal het, sodat sy bang was om naby hom te kom. Hy, wat altyd die een was om in 'n noodgeval op te tree, het eenkant bly staan, asof hy nie deel was van die bloedbevlekte Oukersaand nie. Dit was sy en Attie wat 10 die drukverbande op die wond geplaas het. Dit was Jannerik wat vir Geelbek geroep het. Dit was Daniel wat hulle goed haastig ingepak het. En deur dit alles het die Kersboom se liggies bly flikker, aan en af, rooi, geel, blou en Attie het vergeet om sy Kersvaderpak uit te trek. Dokter Alwyn du Toit het saam met die Meeuw gekom. Hulle het die bewustelose 15 liggaampie in die net geplaas en met 'n spesiale katrol op die dek gelaai. Jacob en Ryna en Daniel het saamgegaan. In die skipperskajuit het die geveg om Janka se lewe begin: 'n Draagbaar, suurstofapparaat, 'n drup. 3.10 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Attie het werk op 'n diamantboot gekry.  Elsabet het op die Sheila's Song 2 in 'n storm beland.  Jacob is tronk toe gestuur.  Ryna is Kaap toe vir haar boekbekendstelling. (4) 3.11 "Ek sal jou kry, Skalla!" (Reël 3) 3.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie woorde van Jacob dui daarop dat Jacob (sy dreigement sou uitvoer/Skalla sou uitlos). (1) 3.11.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.11.1. (1) 3.12 "Hy was 'n gekweste dier." (Reël 7) 3.12.1 Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël? (1) 3.12.2 Wat beteken dit binne die konteks van hierdie uittreksel? (1) 3.13 ''... oë waaruit 'n oerhaat gestraal het ...'' (Reël 8) Hoe is hierdie oerhaat simbolies van die verhouding tussen Jacob en Skalla? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2023 NSS 3.14 "... die bloedbevlekte Oukersaand ..." (Reël 10) Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde. (1) 3.15 Daar was baie mense wat gewag het toe die Meeuw die gewonde Janka afgelaai het. Tussen al hierdie mense het Ryna dadelik Fred se bekommerde gesig raakgesien. 3.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie reaksie van Ryna was (ironies/simpatiek). (1) 3.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.15.1. (1) 3.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.16) neer. Ryna het baie innerlike konflik oor Janka gehad, want ... A sy was bang dat Janka dalk kon sterf. B sy was bang sy sou nooit weer vir Janka sien nie. C Fred het die reg gehad om te weet dat Janka sy kind was. D Fred kon dalk besluit om Janka weg te hou van Jannerik af. (1) 3.17 Watter goeie voorbeeld het Daniel in hierdie situasie vir jou gestel? (1) 3.18 Hoe slaag die skrywer daarin om die krisissituasie te beskryf? (1) 3.19 In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan. 3.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk? (1) 3.19.2 Hoe sluit dit wat in die verhaal gebeur, aan by wat die eiland vir Ryna beteken het? (1) 3.19.3 Hoe het hierdie roman positief vir Jannerik geëindig? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G ʺMoet net nie jou panty kou nie,ʺ sê Sally sonder om haar kop te draai. Sy staan op. ʺEk het al klaar al die life skills wat ek wil hê. Call me if you need me.ʺ Sy stap met swaaiende heupe in die rigting van die kleedkamer. Lae nikotienvlak, vermoed Lien. ʺLetʹs get this over with,ʺ sê die vale Miemie Spies en pluk meneer Bruwer se spyskaart uit Lien se hande. Sy gaan sit op die stoeptrappie in die son en krap met ʹn 5 pers pen op die dokument. Lien is verlig. Sy is bly sy hoef nie die leiding te neem nie. ʺKen jy ʹn prokureur?ʺ vra Miemie onverwags. Die vraag betrap Lien onkant. Sy kyk ʹn paar oomblikke sprakeloos na Miemie. Sy skud haar kop stadig heen en weer. Is dit nou hier waar die haan moet kraai? wonder sy. 10 ʺMy pa se prokureur is ʹn regte perv, maar ek sal hom bel,ʺ gaan Miemie voort asof sy nie Lien se ongemak agterkom nie. Sy maak ʹn paar merkies met haar pers pen op die dokument. "Lien, dis vir jou. Jy moet op die Internet gaan kyk wat die universiteite wil hê. Ek sal my pa se prokureur bel, en Hein, jy moet 'n draai by 'n firma in die stad maak. Ons los 15 maar vir Sally." 4.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) neer. Nadat Lien se pa in die tronk beland het omdat hy geld (4.1.1) ... het, moes die Joostegesin trek. So het Lien en Braam in Hoërskool (4.1.2) ... beland. Op Lien se eerste dag by die skool het sy vir (4.1.3) ... ontmoet. Hulle het goeie vriende geword. Toe Lien moes begin bedel om (4.1.4) ... vir die huishouding te verdien, het sy vriende buite die skool ook gemaak. (4) 4.2 ʺ 'Moet net nie jou panty kou nie,' sê Sally ..." (Reël 1) Verduidelik die figuurlike betekenis van Sally se woorde. (1) 4.3 Lien en Sally was in dieselfde groep. Hoe het Sally se optrede teenoor Lien hier verskil van hoe sy later teenoor Lien opgetree het? Jy moet in jou antwoord na hier en later verwys. (2) 4.4 ''Sy is bly sy hoef nie die leiding te neem nie.'' (Reël 7) 4.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As ons dink aan alles wat Lien in hierdie roman moes doen, is haar gedagtes hierbo (sarkasties/ironies). (1) 4.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2023 NSS 4.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer. Miemie se vraag in reël 8 het innerlike konflik by Lien veroorsaak, want sy ... A het gevoel Sally doen nie haar deel nie. B was bang die waarheid oor haar pa kom uit. C was kwaad omdat sy aan die groepstaak moes deelneem. D het gedink as leier moes Miemie nie so 'n vraag vir haar vra nie. (1) 4.6 Waarom wou Miemie haar pa se prokureur bel? (1) 4.7 Meneer Bruwer het vir Lien-hulle 'n taak gegee oor hulle toekomstige beroepe. Wat was die gevolg hiervan vir Lien? (1) 4.8 Een van die temas in hierdie roman is dat mense mekaar nodig het. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.8.1 tot 4.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.8.1 Braam het Lien met niks A 'n Mens moet die geleenthede wat gehelp nie. oor jou pad kom, goed gebruik. 4.8.2 Tannie Bets het gehelp B 'n Mens moet jou talente gebruik. sonder dat Lien-hulle gevra het. C 'n Mens moet uitspring en self dinge doen. 4.8.3 Miemie het afwesige ouers gehad. D 'n Mens moet ander se hulp waardeer. 4.8.4 Tibbey het positief na die lewe gekyk. E 'n Mens moet besef dat baie geld nie beteken dat jy gelukkig is nie. (4 x 1) (4) 4.9 ''Ons los maar vir Sally." (Reël 15 en 16) Wat sou jy anders gedoen het as jy Miemie was? (1) 4.10 In die roman gee Lien vir die mense om haar allerhande name oor hoe hulle lyk. Watter slegte voorbeeld het Lien hiermee vir jou gestel? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H ... Sy kan omtrent nie deur die trane sien nie terwyl sy na haar hoek toe loop. Hy gaan. Hy gáán, Hein. Die oggend wil nie verbygaan nie. Dis warm en sy wens die ure om. Sy hoor kort-kort 'n gelag en 'n getoet by Entertainment Corner. Sy kyk gereeld om, maar sy is te ver om te hoor wat gebeur. Sy sien Tibbey waai die Bloubul-vlag asof sy lewe daarvan 5 afhang. Toe sy hom elfuur vir hulle tea break gaan haal, wil hy nie dat sy hom stoot nie. ''Los my. I can do it!'' sê hy ongeduldig. Hy is nie vriendelik nie, maar sy oë blink. Sy stap agter hom aan na die akasiaboom. Hy sukkel om van die sypaadjie af te kom, maar hy wil nie hê dat sy hom moet help nie. 10 Roos werk nie vandag nie en hulle sit in stilte en kyk na die karre wat by hulle verbystroom. Waar gaan almal heen? wonder Lien. Elkeen het iewers 'n lewe. Tibbey drink tydsaam aan die Coke wat sy vir hom saamgebring het, sy oë stip op die verkeer. Sy hou hom onderlangs dop terwyl sy aan haar appel kou. Hy draai skielik om in sy karretjie en kyk na haar. Sy hou vir 'n oomblik op kou. 15 ''You are a true friend, Lieen Djôste, a real blerrie true friend.'' Lien kou verder. 4.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Lien het 'n pruik en 'n brilletjie geleen.  Lien het vir haar gemaklike skoene gaan koop.  Lien het gesien hoe 'n vrou by Pick-n-Pay bedel.  Roos het vir Lien goeie raad gegee oor hoe om te bedel. (4) 4.12 Lees reël 1 en 2. 4.12.1 Na watter ruimte verwys ''haar hoek'' in reël 1? (1) 4.12.2 Na wie verwys ''hy'' in hierdie reëls? (1) 4.13 ''Hy gaan. Hy gáán, Hein.'' (Reël 1 en 2) 4.13.1 Watter stylfiguur kry ons in hierdie reëls? (1) 4.13.2 Wat sê dit vir ons binne die konteks van hierdie uittreksel? (1) 4.14 ''Sy hoor kort-kort 'n gelag en 'n getoet by Entertainment Corner.'' (Reël 3 en 4) 4.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit die gelag en getoet kan ons aflei dat (Tibbey se karretjie in die mense se pad was/die mense bly was om Tibbey weer te sien.) (1) 4.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.14.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2023 NSS 4.15 Lien wou nie hê dat die mense by die skool moes weet sy is vriende met Roos en Tibbey nie. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 4.16 ''Hy draai skielik om in sy karretjie en kyk na haar.'' (Reël 15) Waarom kan ons sê dat Tibbey se ''karretjie'' die simbool van iets positiefs in sy lewe was? (1) 4.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.17) neer. Een van die temas in die roman wat die duidelikste in hierdie uittreksel na vore kom, is ... A bedelary. B uitbuiting. C alkoholisme. D ondersteuning. (1) 4.18 Hoe slaag die skrywer daarin om vir die leser te wys dat Tibbey alles wat hy doen, met sy hele hart doen? (1) 4.19 In hierdie roman sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan. 4.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die roman as jy net na die titel kyk? (1) 4.19.2 Hoe sluit die "lankstaanskoene" aan by die dinge wat Lien in hierdie roman gedoen het? (1) 4.19.3 Hoe weet jy dat hierdie roman positief vir Christien Jooste geëindig het? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I HOEDJIE (beweeg opgewonde na groep). Hoe sit julle dan so? Weet julle nie van die troewelheid in die lokasie nie? Die mense gaan strike vir die moeilikheid met die paste en die permits na Langa. En vir pound a day. Ander reageer. Ad lib. STONE. Ek het gehoor hulle maak 'n plan vir 'n vergadering, maar ek het nie krag om 5 soontoe te gaan nie. Ander neem hom kwalik. Ad lib. POPPIE (staan op; direk aan hulle). Laat staan vir julle swaertjie. Kan julle nie sien hy is siek nie? Die dokter wil hom hospitaal toe stuur. Mosie ... bhuti Plank ... los julle maar ook die vergaderings uit! (Draai na die gehoor en kom vorentoe. Lig slegs op 10 haar.) Dit was nie 'n kwessie van of jy voel vir die strike of nie. 'n Strike is mos so. Jy's in die strike, anders is jy in gevaar, dan dink die mense jy's 'n spy. Die mense het die eerste dag na die poeliesstasie gemarch en hulle paste weggebring, party het hulle gaan brand, anders het dit op 'n hoop gegooi. Ek het by die huis gebly met die kinders en die siek man. Hulle het gesê die pass-laws is te swaar en die geld is te min. Daai 15 tyd het die poeliesse sommer twaalfuur in die nag in die huis ingekom en ge-demand: WIT POLISIEMAN. Iphi idompas? Waar is jou pas? Almal se koppe draai in rigting van die stem. 5.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer. In 1953 het Poppie met Stone getrou, 'n man uit die (5.1.1) ... Hulle het vyf kinders gehad. Hulle oudste seun se naam was (5.1.2) ... Poppie se grootste moeilikheid het begin met die (5.1.3) ... op die pasboeke wat hulle in die Kaap nodig gehad het. Die eerste opstande teen hierdie wet het in (5.1.4) ... in die Kaap plaasgevind. (4) 5.2 ''HOEDJIE (beweeg opgewonde na groep)." (Reël 1) 5.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hoedjie se opgewondenheid in hierdie situasie is (ironies/komies). (1) 5.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.2.1. (1) 5.3 Stone was siek. Hoe het Poppie en Stone verskil oor Stone se werk by die melkery in Philippi? Jy moet in jou antwoord na Poppie en Stone verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2023 NSS 5.4 Stone het nooit regtig gesond geword nie. Wat was die gevolg hiervan? (1) 5.5 Waarom was Hoedjie so bekommerd oor Poppie wat nie die regte papiere gehad het nie? (1) 5.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.6) neer. Die strikes het innerlike konflik by die mense veroorsaak, want hulle het nie ... A respek vir die polisie gehad nie. B geweet wat die regte ding was om te doen nie. C altyd geweet waaroor die strikes gegaan het nie. D vervoer gehad om hulle paste by die kantore te hernu nie. (1) 5.7 Waarvan was die paste 'n simbool vir werkende mense? (1) 5.8 Een van die temas in hierdie drama is die onreg aan mense. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.8.1 tot 5.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 5.8.1 Poppie se pa het die gesin A 'n Mens moet leer om te vergewe. verlaat. B 'n Mens moet soms baie dinge 5.8.2 Poppie het nie skool opoffer om die beste vir jou gesin klaargemaak nie. te kan gee. 5.8.3 Poppie moes baie lang C 'n Mens moet praat wanneer jy ure werk om haar gesin te sien dat dinge nie reg is nie. kon versorg. D 'n Mens wil graag in moeilike 5.8.4 Poppie se kleinseun is situasies op jou familie kan deur 'n dwaalklip getref. staatmaak. E 'n Mens kry nie altyd die geleentheid om jou potensiaal te ontwikkel nie. (4 x 1) (4) 5.9 Aan die einde van die strike in Nyanga het Poppie haar eie lewe in gevaar gestel. Wat sou jy anders gedoen het as jy Poppie was? (1) 5.10 Watter voorbeeld van verantwoordelikheid het Poppie in die situasie met die strikes vir jou gestel? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J POPPIE. Die kinders sal moet sien lat hulle regkom. Oor alles het ek gekom, maar nou het ek geleer, hieroor kan ek nie kom nie. Want dis nou uit my hande uit geneem, dis nou oorgegee in my kinders se hande. Dis nou my kinders wat voortgaan. Vrede sal daar nie kom nie. Self dié wat vrede wil hê, word ingesleep in die moeilikheid. Daaraan sal ons maar gewoond moet word. Daaraan kan ons niks doen nie. Maar God is my 5 getuie, ek het die moeilikheid nie gesoek nie. Van die begin af was dit nie ek wat die moeilikheid gesoek het nie. Here, waar is dit dan lat ek uit jou pad gedraai het? (Sy vee haar oë, waaruit daar nog nie trane gekom het nie, met haar sakdoek af, asof sy die onduidelikheid daaruit wil vee.) As die Here wil lat jy gaan, sal jy gaan, as die Here wil lat jy bly, sal jy bly. As die Here gewil het dat Jakkie moet gaan, moes hy gaan. En 10 as my kinders in die ding gesleep moes worde, dan is dit waartoe hulle gebore is. En wie kan uit hulle pad neem dit waarvoor hulle gebore is? Spelers sing "Nkosi sikelel' iAfrika" soos 'n gebed. 5.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Bonsile het 'n meisie swanger gemaak.  Jakkie het moeilikheid met die polisie gehad.  Poppie het haar dogters Herschel toe gestuur.  Die city-borners en die migrants het met mekaar baklei. (4) 5.12 Lees die hele uittreksel. 5.12.1 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1) 5.12.2 Waarna verwys die ''hieroor'' in reël 2? (1) 5.13 In hierdie uittreksel praat Poppie met die gehoor. 5.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit Poppie se woorde lei ons af dat sy (aanvaar wat gebeur het/ ontevrede is met die Here). (1) 5.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.13.1. (1) 5.14 ''... lat ek uit jou pad gedraai het?'' (Reël 7) Verduidelik die figuurlike betekenis van Poppie se woorde. (1) 5.15 ''En wie kan uit hulle pad neem dit waarvoor hulle gebore is?'' (Reël 12) 5.15.1 Watter stylfiguur kry ons in hierdie reëls? (1) 5.15.2 Wat beteken dit binne die konteks van die uittreksel? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2023 NSS 5.16 Jakkie het vir Poppie gaan verduidelik wat hy gedoen het. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 5.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.17) neer. Uit Poppie se woorde en gedagtes in hierdie uittreksel kom die tema van ... sterk na vore. A haat B trots C verset D geloof (1) 5.18 Hoe kry die dramaturg dit reg om jou in hierdie uittreksel simpatie vir Poppie te laat voel? (1) 5.19 In hierdie drama sluit die titel, inhoud en slot goed by mekaar aan. 5.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die drama as jy net na die titel kyk? (1) 5.19.2 Hoe leer ken die leser Poppie in hierdie drama? (1) 5.19.3 Hoe weet jy dat hierdie drama positief vir Poppie geëindig het? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2023 NSS VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K Wanneer hy uiteindelik roep, is dit amper 'n dierlike geluid. HENDRIK: W-i-l-l-e-m ...! 68. Die nar en klein Willem is in die skuur bymekaar. Hulle sit op 'n kol waar die son skyn. Die nar is in gewone klere. Hy is besig om Willem met sy hoender-konsert te probeer liemaak. Hy kloek en hy skrop en hy kekkel. 5 Die kind sit net strak en kyk. NAR (uiteindelik): Oukei, jy wil nie vandag lag nie. Dis oukei. (Die kind kyk weg.) Wat is dit wat pla? (Die kind skud sy kop.) Jy kan maar vir my vertel. Ek sal vir niemand sê nie. (Die kind sit net voor hom en kyk.) Wil jy vir my skryf? (Hy hou 'n potlood na Willem toe.) Tóé, skryf. (Daar begin nou trane oor Willem se wange loop, maar sy 10 gesig bly uitdrukkingloos.) Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane nie. Die lewe is te kort vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane. Altyd. (Die nar voel in sy sakke rond en haal 'n grimeerpotlood uit. Hy verf twee groot boë bokant Willem se oë.) Kom. Kom ons teken iets. (Hy soek in sy broeksak en haal 'n ander kleur uit. Hy verf Willem se mond.) Kom ons teken die trane weg. Ons vee die ou Willem uit en ons 15 teken 'n nuwe Willem. 6.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer. Manuel het met die (6.1.1) ... op Hendrik McDonald se stasie aangekom. Hy het vriende gemaak met Willem, wat nie wou praat nie. (6.1.2) ... het gesê Willem is so omdat hy bang was vir iets. Manuel en Willem was dikwels saam in die skuur of in die (6.1.3) ... Manuel het vir Willem baie (6.1.4) ... met sakdoeke geleer. (4) 6.2 Waarom is Willem so hartseer? (1) 6.3 Toe Willem teen donker nog nie by die huis was nie, was sy ouers baie bekommerd. Wat was die gevolg hiervan? (1) 6.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.4) neer. Terwyl Willem weg was, het Hendrik vir die eerste keer vir Katrien van sy innerlike konflik vertel omdat ... A Emma nie wou trou nie. B Katrien nie meer klavier gespeel het nie. C ander stasiemense nie sy posisie gerespekteer het nie. D daar altyd ander mans was wat baie aandag aan Katrien gegee het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2023 NSS 6.5 ''Die lewe is te kort vir trane.'' (Reël 11 en 12) 6.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As ons dink aan Manuel se optrede toe hy van die McDonalds afskeid geneem het, is hierdie woorde van hom (ironies/gevoelloos). (1) 6.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.5.1. (1) 6.6 Hendrik kon Willem nie laat praat nie. Manuel het dit wel reggekry. Verduidelik die verskil tussen Hendrik en Manuel se hantering van Willem se praatprobleem. Jy moet in jou antwoord na Hendrik en Manuel verwys. (2) 6.7 ''... ons teken 'n nuwe Willem.'' (Reël 15 en 16) Waarom kan ons sê dat die ''nuwe Willem'' die simbool van 'n positiewe verandering vir Willem self was? (1) 6.8 Een van die temas in hierdie drama is die gebrek aan kommunikasie tussen die lede van die McDonald-gesin. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (6.8.1 tot 6.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.8.1 Hendrik is nooit bevorder A 'n Mens is bang om dieselfde foute nie. te begaan. 6.8.2 Katrien wou met die trein B 'n Mens moenie toelaat dat weggaan. spanning jou gesondheid beïnvloed nie. 6.8.3 Emma wou nie trou nie. C 'n Mens moet aanhou probeer om 6.8.4 Nollie het tyd saam met te kry wat jy wil hê. die gesin deurgebring. D 'n Mens se persoonlike probleme het 'n nadelige invloed op jou werk. E 'n Mens wil graag waardeer word. (4 x 1) (4) 6.9 Toe Willem by die huis gekom het, het hy op die bank op die stoep gaan slaap. Wat sou jy anders gedoen het as jy Willem was? (1) 6.10 Watter voorbeeld van verantwoordelikheid het Manuel in hierdie situasie met Willem vir jou gestel? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L Die motorligte word die een na die ander afgeskakel. Dis Sakkie du Toit wat eerste uit sy motor klim. Nog twee motors kom aan en hou stil. Ouderling Bothma klim uit 'n tweede motor en Thys Briekman uit die derde motor. Ander mense bly in die motors sit. Hendrik kom nader. Die drie mans stap na hom toe. Nog 'n motor hou stil. HENDRIK: Naand ... 5 Katrien en Emma-hulle gee nie pad nie. Hulle staan en kyk. OUDERLING BOTHMA: Naand, Hendrik. Hulle kom tot by hom. Hulle lyk ongemaklik. HENDRIK: Kan ek help? SAKKIE: Ons het maar net kom sê ons is jammer oor daardie spul. Dit was nie nodig 10 nie. HENDRIK: Ag, nee wat. Kyk. (Hy hou sy arms oop.) Ons makeer niks. OUDERLING BOTHMA: Die mense het begin ry anderkant. Die dans is in sy kanon in. HENDRIK: Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om 'n knertsie in te gooi. SAKKIE: Die vrouens sit in die kar. 15 HENDRIK: Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle. Hy wink hulle nader terwyl nog twee motors kom stilhou. 143. Nollie en Emma is alleen in die eetkamer. Langsaan in die voorkamer is 'n gedruis van stemme, musiek en gelag. Emma staan langs 'n stoel met haar hand op die leuning. Nollie sit sy hand op hare neer. Sy kyk vir hom. En albei weet: dit gaan nou 20 gebeur. 6.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Manuel het besluit om terug te gaan sirkus toe.  Manuel is uit die kerk gejaag.  Hendrik het Manuel se leersak reggemaak.  Jan Mol het vir Manuel raakgeskiet. (4) 6.12 Lees reëls 1 tot 11. 6.12.1 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1) 6.12.2 Na wie verwys ''daardie spul'' in reël 10? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2023 NSS 6.13 ''HENDRIK: Naand ...'' (Reël 5) 6.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hendrik voltooi nie sy sin nie. Dit sê vir ons dat hy (nie die mense wil sien nie/nie weet wat om van die mense te verwag nie.) (1) 6.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.13.1. (1) 6.14 ''Die dans is in sy kanon in.'' (Reël 13) Verduidelik die figuurlike betekenis van ouderling Bothma se woorde. (1) 6.15 ''Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle.'' (Reël 16) 6.15.1 Watter stylfiguur kry ons hier in reël 16? (1) 6.15.2 Wat beteken dit binne die konteks van die uittreksel? (1) 6.16 Willem het gaan wegkruip toe al die mense by hulle huis aangekom het. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 6.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.17) neer. Uit Hendrik se optrede in hierdie uittreksel kom die tema van ... sterk na vore. A haat B vergifnis C vrolikheid D eensaamheid (1) 6.18 Hoe kry die dramaturg dit reg om in hierdie uittreksel 'n atmosfeer in die McDonaldhuis te skep wat anders as in die res van die drama is? (1) 6.19 In hierdie drama sluit die titel, inhoud en slot goed by mekaar aan. 6.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die drama as jy net na die titel kyk? (1) 6.19.2 Hoe het Manuel se paljas in die lewens van mense soos ouderling Bothma en Sakkie gewerk? (1) 6.19.3 Hoe weet jy dat hierdie drama positief vir Hendrik en Katrien geëindig het? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2023 NSS VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M Ligte doof uit en weer in op toneel in Bos. LUKAS sit op sy hurke langs die huis. NINA: Wil jy 'n patat hê, Lukas? LUKAS: Nee. NINA: Kan jy 'n geheim hou? LUKAS: Watse geheim? 5 NINA: As jy saam met my kom, gaan wys ek jou die geheim. LUKAS: Ek gaan nêrens heen nie. NINA: Jy gaan bobbejaanboude kry van net so sit en sit. LUKAS: Ek wag vir my ma. NINA: Pa sê hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom. Van môre af gaat hy vir 10 jou lekker kortvat. LUKAS: Ek is nie julle kind nie. NINA: Is, jy is. LUKAS: My ma gaan my kom haal, jy gaan sien. NINA: Jy's Lukas wat weggeraak het, man! 15 Bosduif en loerie skree skielik naby. LUKAS: Ek is Benjamin Komoetie. NINA: Sjuut! Hoor jy dit? LUKAS: Wat? NINA: Is jy doof? 'n Bosduif en 'n bosloerie tesame. 20 LUKAS: Meisiekind, weet jy miskien hoe ver ons van die pad af is wat Lange Kloof toe loop? NINA: Die hardepad? LUKAS: Ek weet nie, dis die pad wat deur die Bos loop en waarlangs hulle my Knysna toe geneem het. 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2023 NSS NINA: Dis Diepwalle se pad. LUKAS: Hoe ver is ons van die hardepad af? NINA: Lank se loop. LUKAS: Weet jy hoe om daar te kom? NINA: Ja. 30 LUKAS: Sal jy my wys om daar te kom? NINA: Die geheim wat ek jou wil wys, is op pad daarheen. Miskien kan ons tot in Kom- se-bos se sleeppad hardloop ... 7.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (7.1.1 tot 7.1.4) neer. Benjamin het voor die magistraat in die hof op die dorp, (7.1.1) ..., verskyn. Een van die (7.1.2) ... het vir Barta van Rooyen gesê watter seun sy as haar verlore seun moes uitwys. Haar seun was (7.1.3) ... jaar oud toe hy weggeraak het. Barta het gewys dat die seun met die (7.1.4) ... (kleur) hempie haar Lukas was. (4) 7.2 Waarom het Nina vir niemand anders van haar ''geheim'' (reël 6) vertel nie? (1) 7.3 ''Sjuut! Hoor jy dit?'' (Reël 18) ''Wat?'' (Reël 19) ''Is jy doof? 'n Bosduif en 'n bosloerie tesame.'' (Reël 20) 7.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As 'n mens dink aan al die negatiewe dinge in Nina se lewe in die Bos, is hierdie woorde van haar (ironies/sarkasties). (1) 7.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.3.1. (1) 7.4 Lukas het uit die Bos weggeloop. Wat was die gevolg hiervan vir hom? (1) 7.5 Wat sou jy anders as Lukas gedoen het as om weg te loop? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2023 NSS 7.6 Een van die temas in hierdie drama is Benjamin/Lukas se soeke na identiteit. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (7.6.1 tot 7.6.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.6.1 Lukas het gewag dat Fiela A 'n Mens moet soms seker maak hom moes kom haal. dat jy is wie jy dink jy is. 7.6.2 Op haar eie manier het B 'n Mens het altyd die keuse van Barta tog omgee vir Lukas watter werk jy wil doen. gewys. C 'n Mens probeer dikwels om die 7.6.3 Al het Lukas gesê dat hy verkeerde dinge wat jy gedoen het, nie die Van Rooyens se met beter dinge reg te maak. kind is nie, het hy Elias wel later Pa genoem. D 'n Mens onthou die liefde en beskerming wat jy as kind ervaar. 7.6.4 Nina het van die begin af probeer om Lukas deel E 'n Mens se opvoeding bepaal jou van haar lewe te maak. optrede teenoor ander mense. (4 x 1) (4) 7.7 Lukas en Nina het baie verskillend grootgeword. Wat het Fiela vir Benjamin oor werk geleer en hoe verskil dit van wat Nina in die Bos geleer het? Jy moet in jou antwoord na Benjamin en Nina verwys. (2) 7.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.8) neer. Die boswagter het later vir Nina werk op die dorp gekry. Sy het konflik hieroor beleef, want sy ... A het nie van die mense gehou by wie sy moes gaan werk nie. B het gevoel dat Barta haar in die Bos nodig gehad het. C het gevoel dat sy misbruik word. D wou nie so min geld verdien nie. (1) 7.9 Lukas was bereid om vir Nina vyf sjielings te betaal om vir hom die pad uit die Bos te wys. Waarom kan ons sê dat hierdie vyf sjielings die simbool van iets positiefs in Lukas se lewe was? (1) 7.10 Watter voorbeeld van omgee het Nina in hierdie situasie met Lukas vir jou gestel? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/November 2023 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N Ligte uit. Musiek. Ligte op. Seetoneel. Vlagpaal met klipbankie. JOHN BENN besig om met seilnaald 'n vlag te lap. LUKAS kom opgestap. LUKAS: Ek het net kom sê ek is terug, mister Benn. BENN (laat naald vassteek in die vlag): Jy lyk verkreukel, maar jy klink beter, Van Rooyen. 5 LUKAS: Ek is. En ek sal van hier af bekend staan as Benjamin Komoetie. Dis nie 'n nuwe naam nie, dis my ou naam. Daarby sal ek net kan uithelp tot Kaliel weer reg is om sy spaan te vat, dan gaan ek terug Lange Kloof toe. Na my mense toe. BENN: Jy is beter. Jy bly nog 'n raaisel, maar jy's die man wat ek in jou gesoek het – Komoetie, het jy gesê? 10 LUKAS: Ja. BENN: Dis 'n eerbare naam, 'n ou Hottentotnaam. LUKAS: Dis reg. BENN: Loop sê vir Joop Stoep jy's terug. LUKAS: Joop Stoep sal vandag ook nog vir my moet instaan, mister Benn. Ek moet na 15 miss Weatherbury se huis toe gaan. BENN trek die naald deur die dik wit lap. Wanneer hy opkyk, is dit of daar êrens in sy ruiebaard 'n glimlag huiwer. LUKAS loop weg terwyl die ligte uitdoof en die openingsmusiek herhaal word. Gordyn 20 7.11 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Lukas het by Barta gehoor dat hy nie Lukas van Rooyen is nie.  Lukas het finaal besluit om nie terug te gaan Bos toe nie.  Lukas is Wolwekraal toe om met Fiela oor Nina te praat.  Lukas het die spookskip by Noetzie gesien. (4) 7.12 Lees reëls 1 tot 8. 7.12.1 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1) 7.12.2 Na wie verwys Lukas as hy in reël 8 van "my mense" praat? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/November 2023 NSS 7.13 ''Ek is. En ek sal van hier af bekend staan as Benjamin Komoetie. Dis nie 'n nuwe naam nie, dis my ou naam.'' (Reël 6 en 7) ''Dis 'n eerbare naam, 'n ou Hottentotnaam.'' (Reël 12) 7.13.1 Watter stylfiguur kry ons in hierdie reëls? (1) 7.13.2 Wat beteken dit binne die konteks van die uittreksel? (1) 7.14 Lukas moes na miss Weatherbury se huis toe gaan om Nina se geld vir Elias te gaan haal. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is (1) 7.15 Lukas het vir mister Benn gaan vertel wat sy toekomsplanne is. 7.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit hulle gesprek lei ons af dat mister Benn (twyfel oor/respek vir) Lukas gehad het. (1) 7.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.15.1. (1) 7.16 '' ... tot Kaliel weer reg is om sy spaan te vat, ...'' (Reël 7 en 8) Verduidelik die figuurlike betekenis van Lukas se woorde. (1) 7.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.17) neer. Uit Lukas se optrede in hierdie uittreksel kom die tema van ... sterk na vore. A haat B vrede C vooroordeel D magteloosheid (1) 7.18 Hoe kry die dramaturg dit reg om mister Benn uit te beeld as iemand wat mense kén? (1) 7.19 In hierdie drama sluit die titel, inhoud en slot goed by mekaar aan 7.19.1 Waaroor, dink jy, gaan die drama as jy net na die titel kyk? (1) 7.19.2 Alhoewel Fiela nog vier ander kinders gehad het, is die fokus in hierdie drama op Benjamin. Hoekom? (1) 7.19.3 Hoe weet jy dat hierdie drama positief vir Fiela geëindig het? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/November 2023 NSS AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het. VRAAG 8: SPIEËLBEELDE 8.1 'KOM ONS STUUR VIR TASU' – Maretha Maartens Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O En dis toe wat Tasu doen. Nes die mense stilhou om brandstof vir die ver pad in te gooi, wys Tasu die botteltjies tieroë vir hulle. ''Tieroë, tieroë!'' smous hy asof hy daarvan hou. ''Daar bly tiere diep in hierdie klippe, Meneer. Kyk hulle geel oë.'' Dan vat die mense die botteltjies 5 en draai hulle teen die lig en kyk hoe die kwaai tiere se kwaai oë al blinker en blinker word. ''Dis mooi,'' sê hulle. ''Hoeveel kos so 'n botteltjie?'' ''Net vier rand,'' antwoord Tasu dan. So verkoop Tasu sewentien botteltjies vol ogies. 10 Hy stop die geld in sy broeksak, maar sy hart is seer. Dit voel vir hom asof hy sy tiere verkoop het. Die Vrydagmiddag toe oom Jollyman se taxi kom, staan hy gereed. Ma het vir hom brood ingepak en hy het sy sweetpakbaadjie om sy lyf geknoop, want dit kan dalk koud word. Hy wou die bottel kruiemedisyne in sy drasak gepak 15 het, maar Ma het gesê die prop is nie dig nie; hy moet dit op sy skoot hou. ''Gedra vir jou,'' sê Ma. ''Moenie wilde goed aanvang nie.'' ''Ma moet eerder sê hy moenie sy babagesig opsit nie,'' sê Sterkman uit die bloute. ''My babagesig? Ek sit nooit 'n babagesig op nie!'' 20 ''Ha-ha,'' sê Sterkman. ''Kyk maar vir jouself in die spieël. Jy's bang vir mense.'' 8.1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (8.1.1(a) tot 8.1.1(d)) neer. Tasu se ouma bly op (8.1.1) (a) ... Sy was so siek dat sy nie kon (8.1.1) (b) ... nie. Sy het van Tasu se ma se kruiemedisyne nodig gehad. Pa kon dit nie vir die ouma vat nie, want die motor se (8.1.1) (c) ... was gedaan. Sterkman kon ook nie gaan nie, want hy het matriek geskryf. Ma wou nie vir (8.1.1) (d) ... stuur nie, want sy het nog nie verstand gehad nie. Daarom moes Tasu na sy ouma toe gaan. (4) 8.1.2 Tasu se ma het nie R60 vir taxigeld gehad nie. Wat was die gevolg hiervan vir Tasu? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/November 2023 NSS 8.1.3 Waarom wou Tasu se ma nie van die eiers verkoop vir taxigeld nie? (1) 8.1.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.4) neer. Nadat Tasu baie innerlike konflik ervaar het oor wat hy moes doen om taxigeld te kry, het hy dit gedoen, want ... A hy was amper veertien. B hy was 'n verantwoordelike kleinseun. C sy ma het vir hom gevra om dit te doen. D hy wou vir Sterkman bewys dat hy nie bang is nie. (1) 8.1.5 Wat was die verskil tussen Tasu en die ander mense in oom Jollyman se taxi? Jy moet in jou antwoord na Tasu en die ander mense verwys. (2) 8.1.6 ''Daar bly tiere diep in hierdie klippe ...'' (Reël 4 en 5) Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde. (1) 8.1.7 ''Ma moet eerder sê hy moenie sy babagesig opsit nie,'' sê Sterkman uit die bloute. (Reël 18 en 19) (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As ons dink aan alles wat Tasu gedoen het, is hierdie woorde van Sterkman (ironies/manipulerend) (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.7(a). (1) 8.1.8 As jy Tasu se ma was, wat sou jy anders gedoen het om die taxigeld te kry? (1) 8.1.9 Tasu was onselfsugtig. Gee 'n voorbeeld van sy onselfsugtigheid. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/November 2023 NSS 8.1.10 Een van die temas in hierdie kortverhaal is dat dit nie altyd maklik is om die regte ding te doen nie. Kies die boodskap uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (8.1.10(a) tot 8.1.10(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Tasu se ouma was baie A 'n Mens moet soms ekstra siek. moeite vir iemand doen, al is dit nie deel van jou werk nie. (b) Sterkman was kwaai oor sy slypsteen. B 'n Mens moet besef dat die regte keuses jou lewe in 'n (c) Oom Jollyman het seker goeie rigting stuur. gemaak dat Tasu weet waar hy hom weer C 'n Mens behoort opofferinge Sondag sou oplaai. vir jou familie te maak. (d) Tasu het besluit hy gaan D 'n Mens moet seker maak dat nie meer bang wees nie. jy geld in tye van nood het. E 'n Mens moet mooi na jou goed kyk. (4 x 1) (4) EN 8.2 'GELUK IN ONGELUK' – Thelton Masimila Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P ... Dit was 'n Sondagagtermiddag in 'n koffiewinkel met 'n Italiaanse naam. Hulle het albei cappucino's bestel en voor die skuim die bodem bereik het, het hulle alles van mekaar geweet. Die lug ruik soos aarbeie. Soet en ferm, maar ook vriendelik. Nog elke keer as hy by die kamer met die geel deur ingestap het, het hy diep asemgehaal 5 en dan kry hy hoendervleis wat hy van sy nek tot by sy arms voel trek. Vandag ruik hy steeds die aarbeie, maar die hoendervleis is nie meer daar nie. Dis net nie daar nie en dit pla hom. Hy sit die brief wat tussen sy vingers bewe op die mantel neer en die lemoensap op die linkerbedkassie. Hy praat sag, rustig. 10 ''Ek het vanoggend vir Vicky gevra wat somer is. Toe sê sy dis wanneer jy in die reën kan staan en lag, want jy kry nie koud nie. Kan jy dit glo? Tien jaar oud en sy sit die woorde so mooi bymekaar. Ek sê jou mos, sy hoor die musiek wat sy maak, maar sy weet nie sy sing nie.'' Gavin gaan sit oudergewoonte langs die bed op Karla se gunsteling-stoel. 15 Hy het die stoel vir haar op hul wittebrood gekoop. Dit was 'n tweedehandse oudhedewinkel in die hartjie van Kaapstad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/November 2023 NSS 8.2.1 Dink aan die hele uittreksel. (a) In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? (1) (b) Na wie verwys ''hy'' in reël 5? (1) 8.2.2 "Die lug ruik soos aarbeie." (Reël 4) (a) Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël? (1) (b) Wat beteken dit binne die konteks van hierdie kortverhaal? (1) 8.2.3 Wat is die simboliek van die ''geel deur'' (reël 5) in hierdie kortverhaal? (1) 8.2.4 "Vandag ruik hy steeds die aarbeie, maar die hoendervleis is nie meer daar nie." (Reël 7 en 8) (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit hierdie gedagtes van Gavin lei ons af dat vandag ('n gewone dag sou wees/'n verandering in Gavin se lewe sou bring). (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.4(a). (1) 8.2.5 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:  Gavin het vir Vicky vertel dat die masjiene afgeskakel gaan word.  Gavin het vir Karla vertel dat hy die vorm geteken het.  Die ander vrou het gehoor haar man is dood.  Karla is ernstig beseer en in 'n koma. (4) 8.2.6 Vicky het Gavin se verduideliking aanvaar oor hoekom hy die masjiene gaan laat afskakel. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 8.2.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.7) neer. Die universele tema van ... kom duidelik in hierdie kortverhaal na vore. A ouerskap B lewensverlies C moeilike besluite D ernstige motorongelukke (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/November 2023 NSS 8.2.8 Hoe slaag die skrywer daarin om Gavin se innerlike konflik uit te druk? (1) 8.2.9 In hierdie kortverhaal sluit die titel, inhoud en slot goed bymekaar aan. (a) Waaroor, dink jy, gaan die kortverhaal as jy net na die titel kyk? (1) (b) Watter geluk het die ongeluk vir Gavin gebring? (1) (c) Watter finaliteit kry ons in die slot van hierdie kortverhaal? (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/November 2023 NSS AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 'KEN JY DIE SEE ...' – Uys Krige Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. KEN JY DIE SEE ... – Uys Krige 1 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? 2 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur 3 en kalm soos min dinge hier benee, 4 maar hy's gevaarliker as vlam of vuur. 5 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 6 Dié vrede, kalmer as 'n stil, soet kind, 7 lyk of dit dae, dae lank sal duur. 8 Maar word dié bries 'n bulderende wind, 9 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur. 10 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. 11 Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee, 12 waar kry ons hulp dan, waar's ons naaste buur? 13 Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree, 14 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur. 15 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. 16 Wat van die storms wat nooit ophou raas? 17 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur, 18 en hoor die wind al woester, wreder blaas. 19 En daar's geen sprokkel hout meer vir jou vuur. 20 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 21 Was jy al van jou bootjie soos 'n veer gevee 22 deur 'n grys golf hoog soos 'n tronk se muur. 23 Wat help dit om te spartel en te skree: ''Nee! Nee!'' 24 sluk jy eers daardie waters sout en suur? 25 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 26 Ken jy die doodsangs as die rukwind klap? 27 Dié waansin ken geen redmiddel of kuur. 28 Hy vreet mos aan jou ingewande nes 'n krap. 29 Hy's koud soos ys, heet soos hellevuur! 30 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/November 2023 NSS 31 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? 32 Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, 33 ons wat net één ou misstappie moet gee 34 en hy kom tromp-op op ons afgestuur! 35 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. 36 Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee, 37 wat telkens ver, vér oor die golwe tuur? 38 Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee. 39 Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur. 40 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur ... [Uit: Versamelde gedigte. JL van Schaik, 1985] 9.1.1 Voltooi die volgende paragraaf korrek deur 'n woord(e) uit die gedig te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (9.1.1(a) tot 9.1.1(d)) neer. Die vissers ken die see. Alhoewel die see (9.1.1) (a) ... lyk, is dit eintlik baie gevaarlik. Wanneer 'n bries in 'n kwaai (9.1.1) (b) ... verander, moet die vissers om hulle lewens veg. As die storms nie (9.1.1) (c) ... nie, kan die vissers nie uitgaan om vis te vang nie. Vissers wat wel op see is wanneer die storm baie erg is, kan doodgaan as hulle net een (9.1.1) (d) ... begaan. (4) 9.1.2 Lees strofe 5. Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (a) "Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee" (Reël 11) Die spreker herhaal die woord "swart" om te beklemtoon dat (dit baie donker is/hulle situasie op see lewensgevaarlik is). (1) (b) "Gee hy nog net één tree" (Reël 13) Die spreker beklemtoon die woord "één" om te wys (hoe na aan die dood die vissers op die boot is/dat die mense wat hulle kom help, naby is). (1) 9.1.3 Die invloed van die see in strofes 7 en 9 verskil van mekaar. Hoe beïnvloed die see die visserman se lewe volgens strofe 7 en strofe 9? Jy moet in jou antwoord na strofe 7 en strofe 9 verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/November 2023 NSS 9.1.4 Kies die begrip uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (9.1.4(a) tot 9.1.4(d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) "grys golf" A personifikasie (b) "Hy vreet mos aan jou B metafoor ingewande nes 'n krap." C alliterasie (c) "Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur," D eufemisme (d) "Hul slaap aldrie agter die E vergelyking kerkhofmuur." (4 x 1) (4) 9.1.5 Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.1.5) neer. Die spreker se toon teenoor die koper (Meneer) is ... A tevrede. B verwytend. C opgewonde. D manipulerend. (1) 9.1.6 Lees reëls 36 tot 39. Hoekom kan ons sê dat dit wat die spreker in reëls 1 tot 35 vir ons van die see vertel, in reëls 36 tot 39 bewys word? Jy moet in jou antwoord na reëls 1 tot 35 en hierdie reëls verwys. (2) 9.1.7 Waarom is die gebruik van retoriese vrae in hierdie gedig gepas? (1) 9.1.8 ''Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.'' (Reël 5) ''En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.'' (Reël 10) In hierdie twee reëls plaas die digter klem op ''nog'' (reël 5) en ''jy'' (reël 10). Wat wil die digter vir die leser hiermee sê? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 42 DBE/November 2023 NSS 9.2 'SPROEIREËN' – DJ Opperman Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 'SPROEIREËN' – DJ Opperman 1 My nooi is in 'n nartjie, 2 my ouma in kaneel, 3 daar's iemand ... iemand in anys, 4 daar's 'n vrou in elke geur! 5 As ek 'n stukkie nartjieskil 6 tussen my vingers buig of knak, 7 breek uit die klein sproeireën 8 wat geurend om my hand uitsak, 9 die boorde weer van Swartfoloos 10 en met die nartjies om my heen 11 weet ek hoe dat 'n vrou kan troos. 12 O my nooi is in 'n nartjie, 13 my ouma in kaneel, 14 daar's iemand ... iemand in anys, 15 daar's 'n vrou in elke geur! [Uit: Versamelde poësie, Human & Rousseau, 1987] 9.2.1 Aan watter TWEE spesifieke persone dink die spreker? (2) 9.2.2 VOLTOOI die sin hieronder. 'n Strofe wat uit 4 reëls bestaan, is 'n ... (1) 9.2.3 Watter sintuig word hoofsaaklik in hierdie gedig gebruik? (1) 9.2.4 ''daar's 'n vrou in elke geur!'' (Reël 4) (a) Noem EEN spesery wat die spreker aan spesifieke mense laat dink. (1) (b) Wat kan ons aflei uit die spreker se verwysing na die verskillende geure? (1) 9.2.5 Hou die hele gedig in gedagte. (a) Gee EEN woord uit die gedig wat vir ons sê dat die inhoud iemand se eie, persoonlike siening is. (1) (b) Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Ons kan sê dat die inhoud van hierdie gedig 'n sterk (denotatiewe/konnotatiewe) betekenis het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 43 DBE/November 2023 NSS 9.2.6 Lees weer strofe 2. (a) Na watter vrug verwys die sproeireën waarvan die spreker praat? (1) (b) Waar kom hierdie sproeireën vandaan? Verduidelik dit in jou eie woorde. (1) (c) Noem TWEE positiewe herinneringe wat hierdie sproeireën vir die spreker bring. (2) 9.2.7 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. In reël 7 en reël 9 is die woordorde verander. Hierdie stylfiguur staan bekend as (elisie/inversie). (1) 9.2.8 Waarom is strofe 1 en strofe 3 ingekeep? (1) 9.2.9 Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.2.9) neer. Al is die inhoud baie persoonlik, het hierdie gedig 'n ... tema omdat mense oral oor daarmee kan identifiseer. A literêre B fiktiewe C universele D alledaagse (1) 9.2.10 Die inhoud van hierdie gedig is waarderend van aard. Verwys na die gebruik van die ellips in reël 14 en die uitroepteken aan die einde van reël 15 om te motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (2) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all