NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)



%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 11 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 571.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)34 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)2 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING A: LEESBEGRIP
• Spel- en taalfoute word NIE gepenaliseer NIE omdat die fokus op begrip is.
• Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord
sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die kandidaat NIE
GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit
aanvaarbaar.
• By oop vrae word GEEN punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
SAAM NIE.
• Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die
rede/motivering verdien die punt.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee ʼn volsin, is dit korrek
MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en ʼn reeks word gegee, word SLEGS die
eerste TWEE/DRIE nagesien.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord
wat volledig vir meervoudigekeuse-vrae geskryf word.
• Of soortgelyk aan bogenoemde beteken ʼn sinoniem van die voorgestelde antwoord
op die nasienriglyn.
VRAAG 1
TEKS A: ‘BAKEN VAN HOOP’
[Verwerk uit Kuier, 19 Januarie 2022]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.1 • Kaapse Vlakte
• Lentegeur/Mitchells Plain 1
1.2 Hulle betaal glad nie skoolfooie nie. 1
1.3 Die skool was een van die top tien skole ter wêreld wat moeilike
omstandighede oorkom het.
(Of soortgelyk) 1
1.4 • Die skool is (voorheen) as disfunksioneel beskou.
• Die gemeenskap het swak sosio-ekonomiese/arm
omstandighede.
(Enige een of soortgelyk) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.5 • Die skool is disfunksioneel as onderrig en leer nie effektief
plaasvind nie./dinge nie reg verloop by die skool nie/dinge nie
gaan soos dit moet nie.
• Daar is ʼn gebrek aan leierskap en visie.
• (Massa) baie afwesigheid van onderwysers/kinders.
• Onderwysers gee nie klas nie.
• Onderwysers en kinders is heeldag op hulle selfone.
• Onderwysers is by die skool, maar nie in die klas nie.
• Daar is geen hulpbronne nie.
• Die skoolgebou voldoen nie aan veiligheid/sanitêre vereistes
nie.
• Meubels is onvoldoende/gebreek.
• Vensters is uit/gebreek.
(Enige een of soortgelyk) 1
1.6 • “min of meer” sê vir ons dat dit ’n skatting is/hulle weet nie
presies hoeveel dit is nie.
• Die leerders is nie getel nie/dit is na raming/dit is ongeveer.
(Enige een of soortgelyk) 1
1.7 “bakleiery onder ʼn klein groepie onderwysers”
(aanhalingstekens nie nodig nie) 1
1.8 1.8.1 A / 2010 1
1.8.2 C / 1982 1
1.8.3 D / 2022 1
1.8.4 B / 2023 1
1.9 • Die skool het finansiële/geldelike probleme gehad.
• Die skool het nie oor die basiese dinge soos papier beskik
nie/Hy moes papier by ander skole vir eksamens ‘leen’.
• Die skoolterrein was onversorg/woes/nie netjies nie/baie sand
en min plante/gras. [Enige twee] 2
1.10 1.10.1 Konnotatief 1
1.10.2 Dit beteken die skool het probleme gehad/Die skool het
deur moeilike tye gegaan/Daar was nie veel hoop vir die
skool nie. 1
1.11 • Die skool sal vooruitgaan/gaan vooruit.
• Beide partye (die skool én die gemeenskap) vind baat daarby.
• (Dissiplinêre) probleme word maklik uitgestryk./Dit help met
dissipline.
(Of soortgelyk) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.12 • Hulle het hard gewerk.
• Hulle was kreatief/skeppend. 2
1.13 Hierdie skool wys dat:
• Jy jou skool se negatiewe status deur harde werk kan verander.
• Samewerking tot sukses lei.
• ʼn Hoof met visie en hardwerkende onderwysers ʼn verskil kan
maak.
(Of soortgelyk) 1
1.14 • Vier addisionele klaskamers is gebou.
• ʼn Rekenaarklas is gebou.
• ʼn Nuwe personeelkamer is gebou.
• Die ou personeelkamer is in ʼn mediasentrum verander.
(Enige een of soortgelyk) 1
1.15 Dit gaan oor boeke/boeklees/lees. 1
1.16 Hulle het ook die reg tot opvoeding.
Met die nodige ondersteuning kan hulle dalk hul volle potensiaal
bereik.
Dit is die skool se plig om alle leerders te help.
(Of soortgelyk) 2
1.17 • Moet nooit moed opgee nie.
• Droom groot/moenie ophou droom nie.
• Niks is onmoontlik nie.
• Betrek jou gemeenskap.
• Ontwikkel leerders op alle vlakke.
• Spandeer tyd met die kinders.
• Belê tyd en aandag in jou leerders.
• Toon waardering vir jou personeel.
(Of soortgelyk) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
TEKS B: VISUELE TEKS
[Bron: https://rb.gy/tjam8y]
1.18 Wortels 1
1.19 Bevrore hoenderporsies 1
1.20 Maart 2022 1
1.21 bruinbrood 1
1.22 Om die lees van die teks te vergemaklik/grafiek makliker te verstaan/Om
ongeletterdes te help verstaan waaroor hierdie teks gaan. 1
1.23 • Ja, mense kry alreeds finansieel swaar.
• Mense sukkel na Covid-19.
• Lewenskoste is duur.
• Baie mense is werkloos.
• Die verhoging van 13,2% is meer as wat die gewone man kan bekostig.
(Of soortgelyk) 1
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming
Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante
feite soos deur die teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:
• Puntetoekenning
o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
o 3 punte vir taal
o Totaal punte: 10
• Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
o 1–3 feite korrek: 1 punt
o 4–5 feite korrek: 2 punte
o 6–7 feite korrek: 3 punte
• Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
o 4–5 korrekte aanhalings: maksimum 1 punt vir taal word toegeken
o 2–3 korrekte aanhalings: maksimum 2 punte vir taal word toegeken
TOEGEWING: Indien die kandidaat 6 of 7 korrekte feite het, maar een
daarvan is ʼn direkte aanhaling, kry die kandidaat 6 of 7 punte vir die 6 of
7 feite en 3 punte vir die taal. Die kandidaat kry in hierdie geval dus 9/10 of
10/10 vir die opsomming.
Indien die kandidaat net een direkte aanhaling het, verdien die kandidaat
net 1 punt vir die aanhaling en geen punte vir taal nie. In hierdie geval kry
die kandidaat dus 1/10 vir die opsomming.
LET WEL:
• Getal woorde:
o Nasieners moet die getal woorde verifieer
o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat
gebruik is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener
VYF woorde ná die 70-woordegrens aan lees en nasien. Ignoreer die res van
die opsomming.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
VRAAG 2
TEKS C: BEHEER SELFKRITIEK.
[Verwerk uit Huisgenoot, 2 Junie 2022]
DIREKTE AANHALING EIE WOORDE
Ons móét oor ons lewe dink, maar 1 Jy moet slegs positiewe raad
onnodige selfkritiek breek jou selfbeeld af aanvaar./Luister net na
en kan selfs tot depressie lei. Die Kaapse positiewe raad.
sielkundige, Rosa Bredenkamp, sê jy het
elke dag sowat 60 000 gedagtes en dus 2 Jy moet jou innerlike kritikus/
60 000 kanse om jou selfbeeld op te bou of binne-stemmetjie leer ken.
af te breek. Die Johannesburgse berader,
Belinda Gruenbaum, sê jy moet jou binne- 3 Fokus op iets anders as jy
stemmetjie as ʼn vriend en nie ʼn vyand sien besef jou gedagtes is negatief.
nie. Hier volg haar wenke.
4 Vervang negatiewe stellings
Baie mense gee nie om wat hulle sê nie. met positiewe stellings.
Jou familie en beste vriende gee jou baie
raad. Aanvaar net positiewe raad en
ignoreer die res. Wees voorbereid: leer ken 5 Kyk rasioneel na ʼn situasie/
jou innerlike kritikus sodat jy weet watter situasies (deur die bewyse te
plek, tye of gebeure selfkritiek veroorsaak. vergelyk).
As jy die patroon van negatiewe gedagtes
ken, kan jy dit makliker beheer. 6 Jy moet jouself herinner aan jou
goeie eienskappe. / Prys
Die oomblik dat jy bewus raak van jouself as jy ʼn taak/situasie
negatiewe gedagtes behoort jy op iets goed hanteer het.
anders te fokus. Negatiewe stellings
soos: ‘Ek maak altyd droog’ of Dit gebeur
elke keer is nie goed vir jou gemoed nie. 7 Jy kan terapie oorweeg.
Vervang dit liefs met positiewe stellings
soos: ‘As ek hard werk, kan ek slaag.’
Wanneer jy voel dat jy deur ʼn situasie
oorweldig word, is dit ʼn goeie idee om
rasioneel na die situasie te kyk. Een
manier om dit te doen, is om die bewyse dat
jy sal slaag of nie sal slaag nie te vergelyk.
Herinner jouself aan jou goeie eienskappe
en wens jouself geluk as jy ʼn situasie of
taak goed hanteer het. As jy nie jou binne-
stemmetjie van negatiewe kritiek kan stilkry (47 woorde)
nie, oorweeg terapie.
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING C: TAAL
ASSESSERINGSRIGLYNE
• Spelling
o Eenwoord-antwoorde word as korrek aanvaar selfs al is die spelling verkeerd.
Die fout mag net nie die betekenis van die woord verander nie. Waar
woordstrukture getoets word, moet dit korrek gespel word.
o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling slegs gepenaliseer indien die fout
in die taalstruktuur is wat getoets word.
o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
• Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens
die instruksies.
• Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat
volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 3
TEKS D: ADVERTENSIE
[Verwerk uit https://rb.gy/58chvu]
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.1 • Eienaars van honde/katte.
• Diereliefhebbers. 1
3.2 Paws24 verwys na diere en die advertensie gaan oor versekering
vir honde en katte. 1
3.3 viervoetige vriende 1
3.4 “Neem die byt uit” beteken om die slegte uit iets te haal/dit wat
jou kan seermaak/laat swaarkry weg te neem/te verwyder.
(Of soortgelyk) 1
3.5 Met mediese versekering vir mense. 1
3.6 ongeluksdekking 1
3.7 geld 1
3.8 Hy vang vis met ʼn net./Hy het net een piesang geëet./Peter was
nou net hier./Jy moet net op jou persoon wees./Die skoen pas net
mooi./Op die net iets soek (internet se verkorting word aanvaar). 1
3.9 Nee. Dit is vir honde én katte./Daar is ook ʼn kat op die prentjie. 1
3.10 mediese 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
VRAAG 4
TEKS E: STROKIESPRENT
[Verwerk uit Mama Taxi]
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.1 Mama Taxi vra vir haar suster of sy onlangs ʼn goeie boek gelees
het. 1
4.2 Sy wou nog meer sê/daar is meer om te sê/haar woorde gaan
aan in die volgende raampie.
(Of soortgelyk) 1
4.3 Sy kyk net voor haar en nie meer vir Zandi/haar suster nie./Sy
kyk nou voor haar. 1
4.4 • Sy ry vinnig/sy jaag.
• Sy ry oor ’n rooi robot/verkeerslig.
• Sy sit met ʼn boek voor haar. 1
4.5 ry 1
4.6.1 • Haar oë is groot.
• Die strepies/lyntjies langs haar kop.
• Haar tong hang uit.
• Haar wenkbroue is opwaarts.
• Sy frommel die koerant. 1
4.6.2 • Ja
o Dit is gevaarlik om te jaag/robotte te veronagsaam.
o Jy kan ʼn ongeluk maak/sterf.
OF
• Nee
o Ek hou van spoed.
(Enige aanvaarbare antwoord) 1
4.7 • Dit is in vetdruk/Dit is vetgedruk.
• Dit is in donker/swart letters.
• Dit is in hoofletters.
• Daar is uitroeptekens/Daar is !
(Groot letters word nie aanvaar nie.) 1
4.8 Zandi hou van Facebook (sosiale media) en Mama Taxi hou
van ʼn boek (in die hand). 2
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 5.1
TEKS F: ’N SKOOL WAAR DIE LIGTE NIE WIL AFSKAKEL NIE.
[Verwerk uit Maroela Media, 31 Januarie 2023]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1.1 seweduisend/sewe duisend 1
5.1.2 Niemand kon dit afskakel nie./Niemand kon dit afgeskakel het
nie. 1
5.1.3 • Re-ke-naar-fout
• Re/ke/naar/fout
• Re+ke+naar+fout
(Enige EEN. Die verdeling moet volledig wees. Aanvaar ook as
rekenaarfout met klein letter geskryf is.) 1
5.1.4 einde 1
5.1.5 • Dit kos die belastingbetaler nie baie geld nie.
• Dit kos nie die belastingbetaler baie geld nie.
(Enige een) 1
5.1.6 per 1
5.1.7 Hulle wou nie die rekenaarbediener herstel nie omdat die
maatskappy onder nuwe bestuur geplaas is. 1
5.1.8 broodnodige
(sp) 1
5.1.9 TV
(Hoofletters sonder ʼn punt.) 1
5.1.10 aanbieder
(sp) 1
5.1.11 Gloeilampe is deur onderwysers in klaskamers verwyder.
(Indien die kandidaat geverwyder skryf, verbeur hy/sy die punt.) 1
5.1.12 Dit is ʼn poging om krag te bespaar. 1
5.1.13 duurder
(sp) 1
5.1.14 hulle 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
[Verwerk uit https://rb.gy/hpvj6q]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.2.1 hanswors/nar/harlekyn 1
5.2.2 verwelkom 1
5.2.3 Die kulkunstenaar het vandag ʼn haas vinnig uit sy hoed getrek. 1
5.2.4 springende
(sp) 1
5.2.5 balletjie
(sp) 1
5.2.6 seeleeu 1
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Question paper