Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Skip to contentAll 2018 papers 
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9/v1-346aa4f8a56359c010be/card.webp)




View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 19 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 477.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)
- Paper 2Question paperQuestion paper (2)Memo
- Paper 3Question paper
- Other filesMemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
SKRYF EN AANBIED
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 BEDANKINGSBRIEF
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 AGENDA EN NOTULE
VRAAG 2.4 DIALOOG
AFDELING C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 POSKAART
VRAAG 3.3 WENKE
2. Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer
m.b.t die inhoud (ʼn baie lae punt), maar die taal word normaalweg
nagesien.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, word hierdie dele volgens
die laagste kode geassesseer.
5. Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ʼn skryfstuk
gebruik word.
6. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
7. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3.
• Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
8. By die nasien van die inhoud van skryfstukke word ʼn holistiese benadering
gevolg; m.a.w. ons fokus nie rigied op die verkeerde spelling van ʼn
afsonderlike woord(e) binne die konteks van die sin nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te
word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (…) → Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat Λ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, [ Begin van nuwe sin
lomp sin
Woorde uit ander tale/ X Trek X oor die verkeerde woord
nie-funksionele /
vreemde woorde
• Standaardafrikaans bly
die norm.
• Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
• Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
• Aanvaar ook
gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/
streeksuitdrukkings.
Erkenning van √ (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taaljuweeltjies taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/ ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
onverstaanbaar
Saamgeflans uit die O Omkring
vraestel
Punktuasie Vr (in die kantlyn) Hoofletter V en kleinletter r
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf KATEGORIEË
volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
3. • Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë-of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
inhoud en Beplanning.
• Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die kategorieë in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Vir AFDELING B en C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens
INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK,
GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken
moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN
REDIGERING.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt
I/B Knap + 22
T/S/R Uitsonderlik – 13
S Knap 4
TOTAAL: 39
AFDELING B Kode Punt
I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Elementêr 5
TOTAAL: 15
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie,
want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Die familievete.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/
beskrywend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook die elemente van verskillende opsteltipes bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn
interessante wyse van die familievete wat tussen die ma en
haar susters bestaan. Die kandidaat kan in sy/haar
vertelling die klem laat val op die redes of die gevolge van
die vete. Die kandidaat mag ook uitbrei oor die omvang van
die vete en watter effek dit op sy/haar verhouding met
sy/haar familie het.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor
die familievete tussen die ma en haar susters. Die
kandidaat oordink of die uitwerking wat dit op sy/haar
familieverhoudings het. Dit is belangrik dat die uiteinde van
die bespiegeling by die onderwerp aanpas, naamlik dat die
kandidaat besef wat ʼn familievete aan die res van die
familie kan doen.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn
lewendige wyse die familievete tussen sy/haar ma en die
susters en dan ook watter effek die vete op die ander
familielede het.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 Bloedskenking ... dit kan ʼn lewe red.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld
verhalend/beskrywend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse die ʼn situasie waar hy/sy ʼn bloedskenking ontvang het. Die
kandidaat mag ook op al die aspekte van bloedskenking fokus,
maar moet tog tot die slotsom kom dat dit ʼn lewe kan red.
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn
interessante, lewendige, kreatiewe wyse ʼn storie waar
hy/sy/ iemand ʼn bloedoortapping ontvang het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
➢ Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat of
bloedskenking jou lewe kan red of nie. Hy of sy sal
standpunt inneem teen/vir die feit dat bloedskenking
lewe kan red en ook voorbeelde daarvan gee.
➢ Bespiegelende opstel: Hier oordink/wonder die
kandidaat of bloedskenking lewens kan red. Hy/Sy mag
ook tot die slotsom kom dat dit wel lewens kan red.
➢ Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg
van die begin af standpunt in dat bloedskenking lewens
kan red. Die kandidaat moet dan bewyse/redes gee
waarom hy/sy so ʼn standpunt inneem.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 ʼn Toekoms om na uit te sien.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/
beskrywend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die
goeie dinge wat sy/haar toekoms inhou. Die kandidaat
kan op die positiewe aspekte van die toekoms fokus.
➢ Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat of
sy/haar toekoms goeie verwagtinge inhou.
➢ Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die
kandidaat oor die toekoms. Die kandidaat wonder of die
toekoms goeie of slegte verwagtinge inhou.
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn
interessante wyse ʼn storie oor hoe hy/sy hom/haar in die
toekoms (bv. tien jaar later) sien. Die storie kan die
kandidaat se lewensverhaal wees of fokus op die
positiewe dinge van die toekoms.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.4 My vriend(in)/suster/broer/ma/pa se foute het my oë oopgemaak.
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld
argumenterend/beredeneerd/verhalend/beskrywend/bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ʼn interessante
wyse van ʼn fout wat sy/haar vriend(in)/suster/broer/ma/pa gemaak
het en waaruit hy/sy geleer het.
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse ʼn insident/fout/gebeurtenis waar sy/haar vriend(in)/
suster/broer/ma/pa betrokke was en waaruit hy/sy geleer het.
➢ Beredeneerde opstel: Hier moet die kandidaat redes noem
waarom dit goed is om uit ander se foute te leer al dan nie.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat of jy werklik
kan leer uit ander se foute of hy/sy bespiegel oor wat hy/sy uit sy
vriend(in)/ma/pa/broer/suster se foute geleer het.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 Is dit die moeite werd om na skool oorsee te gaan of moet ek dadelik
begin studeer?
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld
beredeneerd, argumenterend/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ʼn lewendige
wyse hoekom dit beter is om na skool oorsee te gaan in plaas van
om te studeer.
➢ Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die
kandidaat op ʼn interessante wyse van ʼn gebeurtenis waar
iemand eerder oorsee gegaan het in plaas van om te begin
studeer.
➢ Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in ʼn
gebalanseerde opstel waarom dit beter is om eerder
oorsee te gaan as om dadelik te studeer.
➢ Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg
van die begin af ʼn standpunt in, naamlik: “Dit is beter om
oorsee te gaan werk as dadelik te begin studeer” en gee
dan grondige redes en motivering vir sy/haar standpunt.
➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg
die kandidaat of dit beter is om eers oorsee te gaan of om
dadelik te begin studeer.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.6 VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener
moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid
interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering
oorweeg word.
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag
word.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
1.6.1 PRENTJIE: MEISIE MET WATERKAN OP DIE KOP
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: watertekort, droogte, Karoo.
• Figuurlike interpretasie: armoede, kinderarbeid, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 PRENTJIE: MAN VOOR DIE REKENAAR
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: rekenaars (tegnologie), werk, ens.
• Figuurlike interpretasie: skok, vrees, probleme, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat
se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.3 PRENTJIE: OUMA OP DIE RUSBANK MET LEESBOEK
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Liefde vir lees, lekker stories, rustyd, ens.
• Figuurlike interpretasie: geluk, tevredenheid, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 BEDANKINGSBRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn informele bedankingsbrief aan sy/haar
onderwyser wat ʼn belangrike rol in sy/haar skoollewe gespeel het.
KENMERKE
• Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is vriendelik, persoonlik en
waarderend van aard.
• Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
• Die kandidaat spreek die onderwyser(es) direk aan.
• In die brief, moet die kandidaat dankie sê.
• Die toon, styl en keuse moet by die verwantskap tussen die
kandidaat en die onderwyser(es) pas, waarderend en informeel
wees.
• Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm
geskryf word.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
te word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 20 September 2018.
• ʼn Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Verwys na bladsy 10.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die
linkerkantllyn geskryf.
• Groete/ liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.
• Daar word nie ʼn reël tussen U leerder en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing, bv. U leerder voor die briefskrywer se naam is
opsioneel.
• Die paragrawe
• ʼn Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik,
byvoorbeeld dat die briefskrywer die onderwyser(es) wil bedank.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die
briefskrywer verduidelik wat die onderwyser(es) vir hom/haar
beteken het.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende Laan 10 Of Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam
en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009
bladsy 121).
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 HULDEBLYK OOR GUNSTELINGOOM/-TANTE
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn huldeblyk wat by die begrafnisdiens van sy/haar
gunstelingoom/-tante gelewer kan word.
KENMERKE
• Die huldeblyk handel oor die gunstelingoom/-tante van die kandidaat en
die belangrike rol wat die persoon in die kandidaat se lewe gespeel het.
• Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam,
ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, herinneringe of
hoogtepunte uit die oom/tante se lewe, staaltjies oor die oom/tante, die rol
wat die oom/tante in die kandidaat se lewe gespeel het.
• Die doel van die huldeblyk is om jou oom/tante se lewe te vereer en om
die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.
• Die gehoor moet ʼn geheelbeeld van die oom/tante kry.
• Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
oom/tante verwys word.
• Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol,
vertroostend, bemoedigend en taktvol van aard.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê.
Die huldeblyk mag ʼn subopskrif hê.
• Die inleidende paragraaf
Die huldeblyk moet met ʼn sin (groet) ingelei word wat alle
aanwesiges se aandag vasvang.
Die inleiding moet oor die waardering/verering van die oom/tante se
lewe gaan.
Die inleidende sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende herinnerings en hoogtepunte in wat
persoonlike gebeure en staaltjies oor die oom/tante bevat. Dit word in
verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf
handel (verkieslik) oor ʼn nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker ook vir die res van die familie sterkte
toewens.
2.3 AGENDA EN NOTULE
FOKUS
Die kandidaat skryf die NOTULE, ʼn verkorte, geskrewe verslag, van alle
besprekings tydens hulle matriekkomiteevergadering.
KENMERKE
• Die notule word altyd in die teenwoordige tyd geskryf.
• Gebruik kort sinne.
• Die notule stem puntsgewys met die agenda ooreen.
• Taal en styl is formeel.
• Die naam van die matriekkomitee, datum van die vergadering en plek
van die byeenkoms word boaan die notule geskryf.
• Die notule moet deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse
onderteken word.
FORMAAT
• Die naam van die matriekkomitee en datum van die vergadering moet
boaan die notule geskryf word.
• Die agenda begin altyd met ʼn opening en verwelkoming, die lees van
die vorige notule en dan sake wat uit die vorige notule spruit.
• Die nuwe sake word dan bespreek.
• Alle besluite moet genotuleer word.
• Mag opskrikte en koeëlpunte gebruik.
• Die agenda moet ook plek maak vir enige ander sake wat lede wil
bespreek; daarom is die laaste punt gewoonlik: Algemeen.
• Die agenda bevat ook die datum van die volgende vergadering en die
laaste punt sal die Afsluiting wees. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die kandidate skryf die gesprek tussen twee persone wat ’n misverstand
ondervind het, in dialoogvorm. Die een persoon moet verskoning vra dat
hy/sy ʼn afspraak gemis het en vind later uit dat dit ʼn misverstand was.
KENMERKE
• Die dialoog handel oor die gesprek tussen die kandidaat en die persoon
met wie hy/sy ʼn afspraak gehad het.
• Elke spreekbeurt dra by tot die tema van die dialoog.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.
• Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te
vorm.
• Toon, styl en woordkeuse is hoflik, maar selfgeldend.
FORMAAT
• Kandidaat mag ʼn konteks skets voordat die dialoog geskryf word.
• Die sprekers (kandidaat en ander persoon) word netjies onder mekaar
teenaan die linkerkantlyn aangedui in blokvorm.
• Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
• Na elke naam is ʼn dubbelpunt.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop.
• Die spreekbeurte is in blokvorm.
• Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf
of waar dit toepaslik is. [30]
LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die
sprekers word getel.
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
FOKUS
Die kandidaat ontwerp ʼn advertensie wat mense oortuig om hulle graad 8
leerders vir ʼn sportkliniek in te skryf.
KENMERKE
• Die advertensie is ʼn inligtingsblad wat mense moet uitnooi om die
sportkliniek by te woon.
• Dit teiken die nuwe graad 8 leerders.
• Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
• Die inligting moet logies uiteengesit word.
• Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
➢ Die advertensie moet die leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
➢ Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
➢ Visuele aspekte en gevoelstaal is ook hier ter sprake.
➢ Hierdie advertensie moet ’n begeerte by die leser wek om die
sportkliniek by te woon.
➢ As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
vir die sportkliniek inskryf.
• Toon, styl en woordkeuses moet die lesers oorreed om sportkliniek by te
woon.
FORMAAT
• Die volgende inligting moet op die advertensie verskyn:
➢ Hoe kan ons baat vind deur die sportkliniek by te woon?
➢ Wanneer vind dit plaas?
➢ Waar vind dit plaas?
➢ Wat is die koste daaraan verbonde?
➢ Kontakbesonderhede vir verdere navrae. [20]
3.2 POSKAART
FOKUS
Die kandidaat skryf ʼn poskaart aan sy/haar beste maat om van haar ervaring
op die tropiese eiland met ʼn bekende persoonlikheid te vertel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
KENMERKE
• Die poskaart is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se
ervaring in die realiteitsprogram op die tropiese eiland.
• Gevoelens/ervarings wat beleef is, word beskryf.
• Die poskaart word in die eerste persoon geskryf.
• Die inhoud ondersteun die kandidaat se gevoelens en ervarings tydens
die realiteitsprogram.
• Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
FORMAAT
• Elke poskaart moet die datum hê wat boaan geskryf word.
• Die adres van die ontvanger kom aan die regterkant.
• Reëls word ook nie tussen verskillende paragrawe oopgelaat nie.
• Skryf kort en bondig, net die nodige inligting word gegee.
• Die styl kan informeel wees.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. [20]
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS
Die kandidaat skryf instruksies/wenke neer wat ʼn matriekleerder kan
gebruik om sy/haar punte te verbeter.
KENMERKE
• Die instruksies/wenke moet logies uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee.
• Sinne word kort en kragtig geformuleer sonder omhaal van woorde.
• Dit kan in paragraafvorm aangebied word.
• Instruksies/wenke kan ook in die toekomende tyd aangebied word.
• Die styl, toon en woordkeuse moet by die wenke pas.
FORMAAT
• Die wenke moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• Die uiteensetting kan soos volg aangebied word: puntsgewys/ reëls
oopgelaat/ ander aanduiders soos koeëlpunte/ paragraafvorm.
• Dit kan ’n opskrif hê.
• Instruksies/wenke moet in volsinne aangebied word.
• Die sinne kan met werkwoorde begin.
• Gebruik persoonlike voornaamwoorde i.p.v. eiename.
• Gebruik oorsaak en gevolg. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 15
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend. - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend en getuig van - Idees redelik samehang in irrelevant.
bo verwagting. vaardigheid. samehangend en respons. - Idees deurmekaar
(Respons en idees)
Organisering van - Idees is intelligent, - Idees heeltemal oortuigend. - Idees onduidelik, nie en nie op
idees vir beplanning; volwasse en stem relevant, interessant - Redelike organisasie en oorspronklik nie. onderwerp
Bewustheid van leser tot nadenke. en lewer bewys van redelik samehangend, - Min bewys van gefokus nie.
doel, gehoor en Hoë vlak - Uitsonderlike volwassenheid. insluitend inleiding, organisasie en - Vaag en
konteks organisasie en - Organisasie baie liggaam en samehang. herhalend.
samehang, goed en samevatting/slot. - Geen organisasie
insluitend inleiding, samehangend, nie en is
30 PUNTE liggaam en insluitend inleiding, onsamehangend.
samevatting/slot. liggaam en
samevatting/slot.
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
- Respons uitmuntend, - Respons goed; - Respons - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar grootliks aangewend om in
treffende eienskappe vaardigheid. verval soms in irrelevant. ooreenstemming
van ’n opstel ontbreek. - Idees relevant, onduidelikheid. - Idees begin los met onderwerp te
- Idees intelligent en interessant. - Idees redelik staan en kan wees nie.
volwasse. - Organisasie goed en - samehangend en verwarrend wees. - Heeltemal
Downloaded from hlayiso.com
Lae vlak - Knap organisasie en samehangend, oortuigend. - Skaars ’n bewys irrelevant en
samehang, insluitend insluitend inleiding, - ’n Mate van van organisasie ontoepaslik.
inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en en samehang. - Deurmekaar en
samevatting/slot. samevatting/slot. samehang, geen fokus nie.
insluitend inleiding,
liggaam en
samevatting/slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Taal
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat gepas vir en woordeskat nie onverstaanbaar.
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, doel, gehoor en gepas vir doel, - Toon, register,
woordeskat is geskik en konteks. gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks styl en
vir doel/effek en - Taalgebruik getuig - Taalgebruik effektief - Gepaste taalgebruik nie. woordeskat
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te - Taalgebruik baie minder gepas
indrukwekkend gepaste toon word dra. basies. vir doel, gehoor
Woordkeuse; Hoë vlak
- Toon retories treffend gebruik. - Toon is gepas. - Toon en en konteks.
Taalgebruik en
en effektief. - Grammatika en - Retoriese middele woordkeuse - Woordeskat so
konvensies,
- Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis skaars toepaslik. beperk dat dit
punktuasie,
spelling feitlik foutvry. foutvry. te versterk. - Baie beperkte onmoontlik is
grammatika, spelling - Knap gedaan. - Baie goed gedoen. woordeskat. om sin te maak.
13 10 7 4
15 PUNTE - Taalgebruik - Taalgebruik - Voldoende taalgebruik, - Taalgebruik
uitstekend en toon is toepaslik en oor die maar teenstrydighede onvoldoende.
retories effektief. algemeen effektief. word opgemerk. - Weinig indien enige
- Grammatika en - Toon gepas en - Toon oor die algemeen sinsverskeidenheid.
spelling feitlik foutvry. effektief. gepas en beperkte - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap - Enkele foute in gebruik van retoriese beperk.
Lae vlak
gedaan. grammatika en middele.
spelling.
- Goed gedoen.
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese - Relevante detail - Sommige punte - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel. geldig. punte ontbreek.
Paragraafontwikkeling onderwerp. details. - Sinne en paragrawe - Sinne en - Sinne en
- Uitsonderlike detail. - Samehangend goed gekonstrueer. paragrawe foutief. paragrawe foutief.
en sinskonstruksie
Downloaded from hlayiso.com
- Sinne en paragrawe - Sinne en - Opstel maak nog - Opstel maak nog - Opstel maak nie
uitsonderlik paragrawe logies effens sin. sin. sin nie.
5 PUNTE gekonstrueer. en toon variasie.
VERSPREIDING VAN -
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 17
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN - Respons - Respons baie goed - Respons voldoende - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van
verwagting. kennis van kenmerke kennis van van kenmerke van kenmerke van die
- Idees intelligent en van die soort teks. kenmerke van die die soort teks soort teks nie
Respons en idees; volwasse. - Behou fokus – geen soort teks - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir - Grondige kennis afwyking nie. - Nie heeltemal fokus, maar met met groot afwyking.
beplanning; Doel, van kenmerke van - Samehang in inhoud gefokus nie – afwykings - Geen samehang in
gehoor, kenmerke/ die soort teks en idees; baie goed enkele afwykings - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie
konvensies - Skryfwerk behou uitgebrei met detail - Redelike samehang altyd samehangend - Baie min detail
en konteks fokus. wat die onderwerp in inhoud en idees nie. ondersteun die
- Samehang in ondersteun. - Sommige detail - Min detail onderwerp.
inhoud en idees. - Gepaste formaat met ondersteun die ondersteun die - Nodige reëls van
18 PUNTE
- Idees behoorlik onbeduidende foute. onderwerp. onderwerp formaat nie
uitgebrei met detail - Formaat oorwegend - Nodige reëls van toegepas nie.
wat die onderwerp gepas, maar met formaat vaagweg
ondersteun. enkele foute. toegepas
- Gepaste en - Kritiese foute
akkurate formaat. begaan.
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING - Toon, register, - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl - Toon, register, styl
styl en en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, woordeskat geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en hoogs geskik gehoor en konteks. gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; vir doel, gehoor - Grammatika oor - Enkele konteks. nie.
en konteks. die algemeen grammatikafoute - Grammatika - Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies;
- Grammatika korrek en goed - Voldoende onakkuraat met verward
Woordkeuse;
akkuraat en gekonstrueer. woordeskat etlike foute. - Woordeskat nie
Punktuasie en spelling goed - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese geskik vir doel nie
Downloaded from hlayiso.com
gekonstrueer. woordeskat betekenis nie. woordeskat - Betekenis ernstig
12 PUNTE - Feitlik foutloos. - Oorwegend - Betekenis belemmer.
foutloos. belemmer.
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons - Respons toon geen
FORMAAT bo verwagting. demonstreer goeie toon voldoende kennis toon geringe kennis kennis van
- Idees intelligent en kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van kenmerke van die
Respons en idees; volwasse. van die soort teks. soort teks. die soort teks soort teks nie
- Grondige kennis van - Behou fokus – geen - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis onduidelik
Organisering van afwyking nie. nie – enkele afwykings fokus, maar met met groot afwyking
idees; kenmerke van die soort
teks. - -Samehang in inhoud - Redelike samehang in afwykings - Geen samehang in
Kenmerke/konvensies en idees; baie goed inhoud en idees - Inhoud en idees nie idees en inhoud nie
en konteks - Skryfwerk behou fokus.
uitgebrei met detail wat - Sommige detail altyd samehangend - Baie min detail
- Samehang in inhoud
die onderwerp ondersteun die nie ondersteun die
en idees.
12 PUNTE ondersteun. onderwerp. - Min detail onderwerp
- Idees behoorlik - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend ondersteun die - Nodige reëls van
uitgebrei met detail onbeduidende foute. gepas, maar met enkele onderwerp formaat nie toegepas
wat die onderwerp foute. - Nodige reëls van nie
ondersteun. formaat vaagweg
- Gepaste en akkurate toegepas
formaat. - Kritiese foute
begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl
woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir en konteks. konteks. - Enkele grammatika- doel, gehoor en gehoor en konteks
doel en konteks; - Grammatika akkuraat - Grammatika oor die foute konteks nie
Taalgebruik en en goed gekonstrueer. algemeen korrek en - Voldoende woordeskat - Grammatika - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos goed gekonstrueer. - Foute belemmer nie onakkuraat met verward
konvensies
- Baie goeie woordeskat. betekenis nie etlike foute - Woordeskat nie
Woordkeuse; - Basiese woordeskat geskik vir doel nie
- Oorwegend foutloos.
Downloaded from hlayiso.com
Punktuasie en spelling - Betekenis belemmer - Betekenis ernstig
8 PUNTE belemmer
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9/v1-346aa4f8a56359c010be/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper