Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
*AFRFA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)
- Paper 2Question paperQuestion paper (2)Memo
- Paper 3Question paper
- Other filesMemoMemo (2)
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Kyk- en Leesbegrip (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4, 5 en 6) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
INTERNET-SLIM
1. Die internet is ʼn wonderlike wêreld. Die hele wêreld
se biblioteke en ʼn boekrak se foto-albums pas in jou
sak. Ook jou hele familie se geselsies is in jou hand.
Maar die internet is ook ʼn gevaarlike plek. Daarom is
dit nodig om jou inligting te beskerm.
2. “Daar is twee dinge wat ons móét weet wanneer ons die kuberruim binnegaan,” sê
dr. Basie von Solms, direkteur van die sentrum vir rekenaarveiligheid by die
Universiteit van Johannesburg. “Die internet is ʼn onveilige plek en wanneer jy die
internet gebruik, is jy nooit anoniem nie.”
3. “Inligting is die goudmyn van ons tyd,” sê Basie. “Jou naam, adres,
telefoonnommers, ID-nommer en bankdetails is wat kuberdief gebruik.”
4. “Wanneer jy die internet gebruik om na iets te soek of wanneer jy woorde intik,
word jou inligting iewers gebêre. Hierdie inligting kan deur kuberkrakers gebruik
word om ʼn profiel te skep.”
5. Wanneer jy dus enige webwerf oopmaak, vorm dit deel van
jou digitale vingerafdruk. “Dit beteken ook dat jou digitale
vingerafdruk die hele internet vol lê. En jy sal jou inligting
veilig moet hou.”
6. “Moet nooit dieselfde wagwoord vir alles gebruik nie! Jy
gebruik dalk ʼn wagwoord vir aankope of banksake op ʼn webwerf wat streng
sekerheidsreëls het. Maar jy gebruik miskien dieselfde wagwoord om by ʼn
webwerf in te teken wat nie goeie sekuriteit het nie.”
Onthou:
7. Kies ʼn wagwoord met ʼn kombinasie van letters, syfers en karakters (iets soos #,
% en @) en gebruik dit vir webwerwe waar jy transaksies doen vir byvoorbeeld jou
banksake.
8. “Die beste is ʼn program op jou rekenaar wat jou
wagwoorde hanteer,” sê Mike. Hier adviseer hy om
LastPass of 1password te gebruik. Dit is ʼn veilige
program wat as ʼn virtuele kluis gebruik word. Jy
behoort dus net een wagwoord te onthou om die kluis
mee oop te sluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
9 WhatsApp gebruik internet. Wat vir jou soos ʼn veilige geselsie tussen vriende voel,
is definitief nie anoniem nie. Basie waarsku ook: “Enigiets wat jy op WhatsApp stuur,
bly op die ontvanger se foon. Hy kan dit maklik-maklik aanstuur. Dink twee keer
voordat jy ʼn sensitiewe foto of boodskap stuur.”
10 Facebook is ʼn wonderlike manier om te weet wat in jou vriende en familie se lewe
aangaan en om hulle meer oor joune te vertel. Maar dit is nie net jou vriende wat
jou boodskappe sien nie, die hele wêreld kan dit sien. Mike sê ook: “Aanvaar
vriendskap slegs van mense wat jy persoonlik ken.”
11 “Wees versigtig oor nuus en inligting wat jy deel. Baie foto’s
en nuus is vals, en jy wil nie die een wees wat onwaarhede
versprei nie.” Verifieer die bron. Opskrifte en sensasionele
foto’s word gebruik om reaksie uit te lok. Lees eers die hele
storie voordat jy dit aanstuur.
12 Jou bank sal jou nooit vra om op ʼn e-pos te reageer nie.
Banke stuur slegs e-pos vir informasie. As jy onseker is, kyk goed na die e-
posadres. As dit nie dieselfde adres is waarvandaan jy gewoonlik
bankdokumente ontvang nie, vee die e-pos dadelik uit. Kyk ook na die webadres.
As daar ʼn slotjie-teken of “https” voor die webadres staan, is dit veilig.
13 Basie sê: “Om jou kind ʼn slimfoon te gee, is asof jy hom in Johannesburg se
middestad sonder ʼn roetekaart aflaai. Dit is gevaarlik! Daarom moet jy weet hoe die
tegnologie werk.” Mike stel voor: “Besluit saam dat jy enige tyd na jou kind se
boodskappe mag kyk, sodat jy hom of haar kan help om die slimfoon op ʼn positiewe
manier te gebruik.”
14 “Oorweeg ook ʼn x-plan. Dit beteken dat jou kind ʼn “x” vir jou kan stuur wanneer hy
onveilig voel. Julle kan vooraf besluit wat jy sal doen wanneer jou kind dié boodskap
stuur.”
15 Mike se raad:
x As iemand jou op WhatsApp pla, gebruik die “blok”-funksie.
x Wees versigtig met foto’s! Alle mense is nie sleg nie, maar ʼn glips op
WhatsApp gebeur baie vinnig en jy kan dit nie keer nie.
x As jy WhatsApp op die werksfoon gebruik, onthou jou kontrak met jou werk.
[Verwerk uit http://lig.christians.co.za/jou-wereld/]
VRAE
1.1 Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat die internet beskryf. (1)
1.2 Wat beteken: Die hele wêreld se biblioteke en ʼn boekrak se foto-albums
pas in jou sak? (1)
1.3 Noem TWEE dinge wat ons moet onthou as ons die kuberruim binnegaan. (2)
1.4 Hoe kan ʼn kuberdief jou inligting gebruik vir sy eie voordeel? (1)
1.5 Hoekom, dink jy, is bankwebwerwe veiliger om te gebruik? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
1.6 Waarna verwys goudmyn in paragraaf 3? (1)
1.7 Na wie verwys kuberkrakers in paragraaf 4? (1)
1.8 Wat kan met ʼn mens gebeur as jy vals nuus of foto’s op die internet
versprei? (1)
1.9 Wat, dink jy, is ʼn digitale vingerafdruk? (paragraaf 5) (1)
1.10 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (1.10) en die antwoord neer.
Dit is beter as ʼn mens ʼn kombinasie van letters, syfers en karakters vir jou
wagwoord gebruik omdat dit (maklik vir jou is om te onthou / moeilik vir ʼn
vreemdeling sal wees om te onthou). (1)
1.11 Noem TWEE dinge wat jy moet doen om seker te maak dat ʼn e-pos regtig
van die bank kom. (2)
1.12 Waarom, dink jy, is slimfone gevaarlik vir tieners? (1)
1.13 Op watter manier, dink jy, kan Facebook gevaarlik wees? Beantwoord in
ʼn volsin en in jou eie woorde. (1)
1.14 Hoe weet ons LastPass is ʼn veilige program om te gebruik? Haal TWEE
AGTEREENVOLGENDE woorde uit paragraaf 8 aan as jou antwoord. (1)
1.15 Noem TWEE dinge wat jy moet onthou as jy WhatsApp gebruik om jouself
te kan beveilig. (2)
1.16 Om jou kind ʼn slimfoon te gee, is asof jy hom in Johannesburg se
middestad sonder ʼn roetekaart aflaai. (paragraaf 13)
1.16.1 Is die bogenoemde stelling LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1)
1.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.16.1. (1)
1.17 Hoekom moet die kind slegs ʼn “x” stuur as hy in die moeilikheid is? (1)
1.18 Wat, dink jy, kan ouers doen as hulle ʼn “x-” boodskap van hulle kind kry? (1)
1.19 Hoekom, dink jy, is daar ʼn slotjie-teken voor ʼn webadres soos
byvoorbeeld ʼn bank se adres? (1)
1.20 Hoe pas die artikel se titel, Internet-slim, by die res van die artikel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
Kyk goed na die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS B
VRAE
1.21 Verwys na die tipiese maandelikse begroting.
1.21.1 Hoekom word ʼn selfoon-ikoon gebruik? (1)
1.21.2 Waarop spandeer alle studente die meeste geld? (1)
1.22 Verwys na besteding onder manstudente teenoor vrouestudente.
1.22.1 Waarop spandeer mans- en damestudente dieselfde hoeveelheid
geld? (1)
1.22.2 Hoe weet jy dat manstudente meer klere en skoene koop as
damestudente? (1)
1.23 Kies die korrekte verklaring vir die onderstreepte woorde in die
onderstaande idioom.
Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer, bv. 1.23 E.
Hy koop alles met vuil geld.
A Geld wat op dwelms spandeer is.
B Die geld is vuil omdat dit op die grond geval het.
C Geld wat op ʼn oneerlike manier verdien is.
D Geld wat aan straatkinders gegee is. (1)
1.24 Uit watter bron is die inligting saamgestel? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
INSTRUKSIES
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
x Skryf SEWE wenke oor hoe ouers geweld met hul kinders kan hanteer in
jou EIE VOLSINNE neer.
x Skryf die wenke puntsgewys neer.
x Nommer die sinne van 1 tot 7.
x Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
x Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
HOE OUERS GEWELD MET HUL KINDERS KAN HANTEER
Moord op televisie is altyd groot nuus. Kinders wat ander seermaak of boelie, is ʼn
redelik algemene verskynsel. Maar hoe kan ouers hulle kinders help?
Kyk saam met jou kinders televisie sodat jy vir hulle kan verduidelik dat die akteurs
nie regtig seergekry het nie, maar dat sulke soort geweld in die regte lewe régtig
seer- of doodmaak. Verduidelik ook dat dit nié die manier is om probleme op te los
nie. Kinders verstaan nie altyd hoekom daar geweld is nie, daarom moet jy met jou
kinders oor geweld op nuusprogramme gesels en verduidelik dat dit nie ʼn manier is
om jou probleme op te los nie.
Ouers moet op die uitkyk wees vir tekens dat televisieprogramme vrese by hul kind
aanwakker – dinge wat byvoorbeeld slapeloosheid, bednatmaak of huilerigheid tot
gevolg het. Deesdae is daar baie musieksoorte bv. Hip-hop en Rap wat ook lelike
vloekwoorde gebruik en geweld en dwelmgebruik as aanvaarbaar uitbeeld. Ouers
moet kennis neem van watter gewelddadige musiekvideo’s jou tiener na kyk, luister
en aflaai. Dan kan jy jou kinders help om tussen goeie en slegte musiek te onderskei.
Maak seker dat jou kind positiewe rolmodelle het. As ouers ten alle koste hulle sin
probeer kry, of hulle woede ontlaai deur gewelddadig op te tree, sal kinders ook so
reageer. Indien die kinders aggressie gebruik om uiting aan hulle emosies te gee,
help hulle om te leer om te kommunikeer. Só versterk jy aanvaarbare optredes.
Leer jou kinders om, voor hulle geweld gebruik, hulle eie foute te herken. Help hulle
om hulleself in ʼn omgekeerde situasie in te dink, met ander woorde wanneer húlle
die slagoffer van ʼn bepaalde soort optrede is.
[Verwerk uit LIG, Julie 2014]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die vrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
TEKS D
[Verwerk uit Taalgenoot, Lente, 2017]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
VRAE
3.1 Kies die korrekte verklaring vir die onderstaande idioom.
Skryf slegs die vraagnommer (3.1) en die korrekte antwoord neer, bv. 3.1 E.
Die son trek water.
A Dit word donker.
B Die son kom oor die water op.
C Die son skyn in die dam.
D Die son trek al die water uit die grond uit. (1)
3.2 Voltooi die sin:
Die advertensie is ʼn voorbeeld van ʼn manipulerende teks. Dit beïnvloed die
leser om ... (1)
3.3 Waarom, dink jy, is die gebruik van alliterasie in die sin speel saam in ons
propvol-PRET-park funksioneel? (1)
3.4 Hoe trek die woorde lekkerder vir langerer die leser se aandag? (1)
3.5 Hoekom, dink jy, staan daar in die advertensie lekkerder vir langerer? (1)
3.6 Vorm EEN WOORD van die woorde tussen hakies in die volgende sin:
Klim en klouter na (hart + lus) by die klouterpaleis. (1)
3.7 Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin. Skryf slegs die korrekte
antwoord neer.
Span uit op die lower groen grasperke in die uitspan-sonarea. (1)
3.8 Wie is die teikengroep van die advertensie? (1)
3.9 Wat, dink jy, is die doel dat daar so baie beskrywende woorde gebruik
word?
Wees vreesloos op een van twee blitsvinnige, seepgladde waterwurms. (1)
3.10 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE vorm:
Die gesin geniet die musiek by die amfiteater. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 4: STROKIE
Die vrae wat volg, is op die strokies hieronder gebaseer.
TEKS E
[Bron: www.gocomics.com/andycapp/2017/10/03]
VRAE
4.1 Noem EEN VISUELE TEKEN in STROKIE 1 RAAMPIE 1 wat wys dat Andy
baie seergekry het. (1)
4.2 Wat bedoel Flo as sy vir Andy sê: “Wel, jy wil mos altyd kroek.” ? (1)
4.3 Hoekom kom daar meer as een UITROEP- en VRAAGTEKEN in STROKIE 1
RAAMPIE 2 voor? (1)
4.4 Die woord kroek in die volgende sin word as ʼn werkwoord gebruik: Jy wil mos
altyd kroek.
Gebruik die woord kroek in ʼn sin as ʼn selfstandige naamwoord waar die
betekenis duidelik na vore kom. (1)
4.5 Wat beteken die simbool in STROKIE 2 RAAMPIE 3? (1)
4.6 Wat impliseer Andy wanneer hy die geluid Oink! maak in STROKIE 2
RAAMPIE 6? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
4.7 Skryf die KORREKTE AFRIKAANSE WOORD vir die woord hi in
STROKIE 2 RAAMPIE 4 neer. (1)
4.8 Kies die KORREKTE SPELLING in die volgende sin. Skryf slegs die
vraagnommer en die korrekte spelwyse as jou antwoord neer. (1)
Die snoekerspel het in ʼn bakleiery (geëindig / geeïndig).
4.9 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE:
Flo vra vir Andy: “Sal jy gelukkig wees om in ʼn varkhok te bly?”
Begin die sin so: Flo vra vir Andy ... (1)
4.10 Kyk na STROKIE 2 RAAMPIE 3: Hoe weet ons dat die stofsuier
aangeskakel is? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 5: PROSA
Die vrae wat volg, is op die prosastuk hieronder gebaseer.
TEKS F
DIE WILDEKUS VAN SUID-AFRIKA
Die Wildekus bied die (5.1 mooi) landskap aan rugsakreisigers – dit is regtig een
van Suid-Afrika se mooiste gebiede. Die Wildekus het sy naam omrede sy
prentjiemooi tonele, skeepswrakke en (5.2 wegsteek) strandmere gekry. (5.3 In
hierdie streek kan jy ʼn tradisionele Xhosa-gemeenskap teëkom, en die (5.4 vrou)
dra kleurvolle klere en rook langsteelpype.) Daar is (5.5 akkommodasie /
akomodasie) by Koffiebaai, waar (5.6 mense wat reis) op uitstappies na die
Mthatha-riviermonding, Mapuzi-hange en Hole in the Wall kan gaan. Die (5.7
laasgenoemde) natuurwonder is nie net pragtig om te sien nie maar ook die
geboorteplek van stories en legendes. Die Xhosa-naam is esiKhaleni, wat “plek
van klank” beteken en volgens die inwoners is dié sandsteenformasie die (5.8
uitgang) tot die geestelike wêreld.
[Verwerk uit https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie-in/oos-kaap/meer-oor]
5.1 Gee die OORTREFFENDE TRAP vir mooi in die sin. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord neer.
Die Wildekus bied die mooi landskap aan rugsakreisigers. (1)
5.2 Gee die VERLEDE DEELWOORD van wegsteek in die onderstaande sin.
Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
Die Wildekus het sy naam omrede sy prentjiemooi tonele, skeepswrakke
en wegsteek strandmere gekry. (1)
5.3 Vervang die VOEGWOORD en met die woord waar en skryf die sin
taalkundig korrek oor.
In hierdie streek kan jy ʼn tradisionele Xhosa-gemeenskap teëkom en die
kinders dra tradisionele klere. (1)
5.4 Skryf die KORREKTE MEERVOUD vir die vetgedrukte woord in die
volgende sin neer. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
Die vrou dra kleurvolle klere en rook langsteelpype. (1)
5.5 Kies die KORREKTE SPELWYSE vir die woorde tussen hakies. Skryf
slegs die korrekte antwoord neer
Daar is (akkommodasie / akomodasie) by Koffiebaai. (1)
5.6 Gee EEN WOORD vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die korrekte
antwoord neer.
Daar is verblyf by Koffiebaai vir mense wat reis. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
5.7 Gee die AFKORTING van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
afkorting as jou antwoord neer.
Die laasgenoemde natuurwonder is pragtig om te sien. (1)
5.8 Skryf die ANTONIEM van die onderstreepte woord neer. Skryf slegs die
korrekte antwoord neer.
Volgens die inwoners is dié sandsteenformasie die uitgang tot die
geestelike wêreld. (1)
5.9 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
(Elke jaar) besoek duisende mense die Wildekus. (1)
5.10 Herskryf die volgende sin in die NEGATIEF / ONTKENNING.
Ek het al die Wildekus besoek. (1)
5.11 Vorm ʼn PERSOONSNAAM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
korrekte antwoord neer.
Baie buiteland besoek die Wildekus. (1)
5.12 Herskryf die volgende sin met die korrekte INFINITIEF.
In hierdie streek kom jy ʼn tradisionele Xhosa-gemeenskap teë.
Begin so: In hierdie streek behoort jy ... (1)
5.13 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.
Dit is een van Suid-Afrika se mooiste gebiede. (1)
5.14 Verbeter die PUNKTUASIE in die volgende sin. Herskryf die hele sin met
die punktuasie op die korrekte plek.
Die natuurwonder is nie net pragtig om te sien nie maar ook die
geboorteplek van stories en legendes. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
PRENT
Die vrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.
TEKS G
[Bron: Afrikaans is lekker, LB. Gr 12. 2007]
5.15 Herskryf die volgende sin in ʼn VRAAGSIN.
Die man hou die selfoon met sy tone vas. (1)
5.16 Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
vraagnommer en die korrekte antwoord neer.
Die bestuurder van die motor is dronk. (1)
5.17 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Die verkeersman stop die motor. (1)
5.18 Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Skryf slegs die korrekte
antwoord neer.
ʼn Mens moet nie op ... selfoon praat terwyl jy bestuur nie. (1)
5.19 Gee die VERKLEINWOORD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
korrekte antwoord neer.
Die verkeersman se radio hang aan sy sy. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15
5.20 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die korrekte
antwoord neer.
Die man hou die (bestuurwiel/stuurwiel) vas. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper