Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
*AFRFA1*
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4, 5 en 6) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.
INSPIRERENDE SWEMMER GAAN HAAR LIG DEUR HAAR STUDIES SKYN
1 Oktober 9, 2015: Haar
positiewe lewe, kanniedood
passie en geloof het vanjaar vir
die paralimpiese swemmer,
Adri Visser, nuwe deure
oopgemaak waar sy een van
haar grootste drome najaag.
Adri, wat gebore is sonder
hande en ʼn regterbeen omdat
haar ma tydens haar
swangerskap Duitse Masels
gehad het, het keuring gekry
vir haar B.A. Hons. in Biokinetika aan die NWU Pukke en gaan die eerste
“erge” fisiese gestremde nagraadse student in dié rigting wees. Sy was net
anders as baie ander fisiese gestremdes wat net wil sit en hulself jammer kry
en nie iets wil doen nie.
2 Adri is bekend vir haar swemprestasies, maar nou wil sy haar fokus op ʼn lewe
na swem plaas, waar sy mense kan help en sodoende ’n inspirasie vir ander
kan wees. Sy het verlede jaar haar B.A.-graad in Menslike Beweging
(biokinetika) en Sielkunde voltooi en gaan haar honneurs oor twee jaar voltooi.
3 “Ek voel dat ek al so baie in my lewe geseën is. Hierdie is my manier om terug
te gee aan ander, sodat hulle ook die spesiale kanse kan ervaar wat ek al in
my werk en as biokinetika pasiënt geniet het saam met Abie van Oort, my
biokinetikus. Sonder hom sou dit nie moontlik kon wees nie,” vertel Adri, wat
nuwe hoop wil gee.
4 “Ek glo dat alles vir ʼn rede gebeur en dat God dit
toegelaat het sodat ek ander mense kan inspireer. As
ander mense na my kyk of staar, sien ek dit positief. Ek
kan mense motiveer en ’n verskil maak om hulle eie
probleme en ander se gestremdhede te oorkom,” vertel
Adri.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
5 Sy doen ook af en toe motiveringspraatjies by skole en funksies. Adri swem
al vandat sy 13 jaar oud is. Sy swem in die S5-kategorie en hou tans die
Afrika rekord in die 50m vlinderslag, 200m vryslag en 200m individuele
medley.
6 “ ’n Stokperdjie het onverwags in ʼn swemloopbaan verander en my droom
het ʼn werklikheid geword toe ek die stadion in Beijing vir die 2008
Paralimpiese Spele binnegegaan het.
7 Ek kon my oë nie glo nie,” vertel Adri wat nou agt jaar later mik om by die
2016 Paralimpiese Spele te gaan deelneem en dan daarna op ʼn hoë noot
uit swem uit te tree. Al het sy verskeie medaljes verwerf en verskeie SA- en
Afrika rekords gebreek, bly sy nederig.
8 Van haar swemafrigter, Marike van Oort sê sy: “Jou swemafrigter is so
belangrik. Dit is die persoon wat daardie ekstra in jou sien en jou met die
baie belangrike split sekonde laat wen of ondersteun om altyd jou
persoonlike beste tye te swem.”
9 Adri se lewe is nie altyd rose en maanskyn nie. Maar op sulke dae is dit
haar ma, wat haar inspireer. “My ma het my nog altyd ondersteun en sy is
trots op wat ek al bereik het en nog gaan bereik, veral in hierdie nuwe
opwindende pad. Sy en my twee sussies is my steunpilare.”
10 “Ek het oorspronklik sportkunde gekies omdat ek graag iets in ʼn sportrigting
wou doen en so het ek in my studies biokinetika ontdek en wil nou mense
se lewens verander. Ek het nie moed opgegee nie,” vertel sy. Sy erken wel
dat dit nie maklik gaan wees nie aangesien die kursus baie praktiese
elemente bevat. “Die lektore het wel gevra of ek in staat sal wees om al die
take te doen, maar ek het hulle oortuig dat ek sal kan.”
11 Ek het hulle gevra om saam met my te glo en ʼn leap of faith te neem. Ek
gebruik ook ander metodes, soos multimedia waar ek nie noodwendig iets
self kan demonstreer nie.”
12 Adri sal ook graag aan gestremdes met haar kennis in biokinetika wil
teruggee, en sy is reeds by ʼn klompie organisasies soos die jaarlikse
Loslitdag en Otto Bock SA Prosthetics betrokke. “Biokinetika beteken lewe
deur beweging en ek wil vir gestremde mense wys en help dat hulle ook ʼn
vol lewe kan lei soos ek, ten spyte wat hulle struikelblokke mag wees.”
[Aangepas en verwerk uit http://potchefstroomherald.co.za/4040/inspirerende-swemmer-
gaan-haar-lig-in-studies-skyn/]
1.1 Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat aandui dat Adri baie
gestremd is. (1)
1.2 Lees weer paragraaf 1 goed deur. Hoe vergelyk Adri se lewe met
ander fisiese gestremde mense se lewe? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
1.3 Adri wil NET op swem fokus en dan uittree.
Haal ʼn DEEL van ʼn sin uit paragraaf 2 aan om hierdie stelling as
ONWAAR te bewys. (1)
1.4 Om watter rede wil Adri aan ander teruggee? (1)
1.5 Hoekom wil Adri ander mense help? (paragraaf 4) (1)
1.6 Haal DRIE agtereenvolgende woorde aan (paragraaf 5) wat sê dat
Adri nie gereeld motiveringspraatjies lewer nie. (1)
1.7 Waarom, dink jy, lewer Adri motiveringspraatjies by skole? (1)
1.8 Hoe weet ons dat Adri ʼn baie goeie swemmer is? (paragraaf 5) (1)
1.9 Wat was Adri se grootste droom? (1)
1.10 Wat wil Adri na die 2016 Paralimpiese Spele doen? (1)
1.11 Skryf die TWEE woorde van paragraaf 6 neer wat in teenstelling met
mekaar is. (1)
1.12 Haar lewe is nie altyd rose en maanskyn nie.
1.12.1 Het die uitdrukking “rose en maanskyn” ʼn denotatiewe of
konnotatiewe betekenis? (1)
1.12.2 Wat beteken hierdie aanhaling? (2)
1.13 Adri het van die begin af professioneel begin swem.
Gee ʼn rede hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.14 Wat beteken om ʼn leap of faith te neem? (paragraaf 11) (1)
1.15 Hoe wil Adri haar gestremde vriende help? (paragraaf 12) (1)
1.16 1.16.1 Wat beteken biokinetika? (1)
1.16.2 Hoe kan biokinetika gestremde mense help? (1)
1.17 By watter instelling studeer Adri? (1)
1.18 Oor watter sosiale probleem handel die leesstuk? (1)
1.19 Watter boodskap kry ons uit die titel van die leesstuk? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
TEKS B: INLIGTING OOR MISDAAD IN DIE OOS-KAAP
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.20 Hoekom is daar ʼn grafsteen in blok 2? (1)
1.21 Hoekom is daar ʼn verskil tussen die grafika van die twee vuiste in
blok 5 en 6? (1)
1.22 Rangskik die volgende misdade van die kleinste tot die grootste
persentasie styging.
A Poging tot moord
B Motorkapings
C Moorde (1)
1.23 Hoekom wys party pyltjies in die teks op en party pyltjies af? (1)
1.24 Waarom is die gebruik van die motor in blok 4 gepas? (1)
1.25 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
(1.24) en die antwoord neer.
Mense gaan (gerus / ongerus) wees oor die blok wat handel oor poging
tot moord. (1)
1.26 Wie het al hierdie statistieke verskaf? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2: SELFOONETIKET
TEKS C
Lees hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit.
INSTRUKSIES
1. Som die sewe aspekte van SELFOONETIKET in (jou eie) SEWE
VOLSINNE op.
2. Skryf die hoofgedagtes PUNTSGEWYS IN JOU EIE WOORDE neer.
3. Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
SELFOONETIKET
1 Jy leer al van kleins af goeie maniere sodat jy maklik met ander mense oor
die weg kan kom. Maar onthou, goeie maniere geld ook vir jou slimfoon!
2 Voor jy enige boodskap, video of foto stuur, kyk weer daarna en besluit: Is dit
waar, en is dit nodig om dit te stuur? Sal dit iemand goed of sleg laat voel,
iemand help of seermaak? Dink daarom twee keer voor jy iets stuur of sê.
Dis lekker om op WhatsApp-groepe vir al jou maats op een slag ’n boodskap
te kan stuur, maar dink mooi voor jy deel word van groepe. Soms word dit
misbruik om oor ander te skinder of om iemand te boelie.
3 Stuur jou laaste boodskap voor 20:00 in die aand. Die meeste mense begin
dan rustig raak en gereed te maak vir aand. Dit is dan ongeskik om laat in die
aand boodskappe te stuur. Gee iemand tyd om op jou boodskap te reageer,
want dis onredelik om dadelik ’n antwoord te verwag. Moet nooit ongeduldig
die ander persoon aanhoudend ping nie.
4 Wees altyd bedagsaam. Onthou om goeie maniere te gebruik, of jy nou
WhatsApp, SMS of op Facebook met iemand gesels. Moenie musiek kliphard
op jou foon speel nie. Dit gaan hier net oor respek vir die mense wat naby is.
Kuier met jou maats wanneer hulle by jou is en gesels met die ander mense
aan tafel as julle eet. Dit is goed om jou foon soms uit te los. Dit is ook
ongeskik om met jou foon te peuter terwyl jy in geselskap is.
[Aangepas en verwerk uit http://www.hoezit.co.za/ekvoel/2016/9/9/slimfoon-etiket]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
3.1 Hoekom word ʼn sak met kruideniersware in die advertensie
gebruik? (1)
3.2 Hoe word die eerste maand se gratis aanbod in die advertensie
uitgelig? (1)
3.3 Hoekom, dink jy, is dit beter om die geskenkbewys op ʼn selfoon in
plaas daarvan op papier te kry? (1)
3.4 Waarvoor staan die “e” in e-geskenkbewys? (1)
3.5 Hoe word daar vir die leser gewys dat Rapport ʼn koerant is? (1)
3.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.6) en die
korrekte letter neer bv. 3.6 E.
Die uitdrukking “bepalings en voorwaardes geld” beteken ...
A daar is nie spesifieke reëls en regulasies nie.
B jy moet aan die reëls en regulasies voldoen.
C Shoprite Checkers sal bepaal wat die voorwaardes is.
D daar is reëls en regulasies wat belangriker is as ander. (1)
3.7 Gebruik die woord van in die onderstaande sin as ʼn HOMONIEM
sodat die betekenis duidelik daarin voorkom. (1)
Teken in op Rapport en ontvang ʼn R100 e-geskenkbewys van
Shoprite & Checkers.
3.8 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM. (1)
Jy moet ʼn SMS na Rapport stuur.
BEGIN SO: ʼn SMS ...
3.9 Vir meer inligting kontak ons by: 087741061.
Hoekom word die voornaamwoorde ons in die advertensie
gebruik? (1)
3.10 Gee ʼn SINONIEM vir vir die woord gratis. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
[Vertaal uit https://garfield.com/comic]
4.1 Hoe weet ons dat die klokkie lui? (1)
4.2 Watter woord in raampie 2 sê vir ons dat die seun verbaas is? (1)
4.3 Gee ʼn SINONIEM vir present in raampie 4. (1)
4.4 4.4.1 Hoe weet ons dat John nie sy sin in raampie 5 voltooi nie? (1)
4.4.2 Wat is die rede dat John nie sy sin in raampie 5 voltooi nie? (1)
4.5 Hoe weet ons dat John gelukkig in raampie 4 is? (1)
4.6 Om watter rede het mev. Prins hierdie aaklige ding gedoen? (1)
4.7 Skryf die volgende sin oor in die NEGATIEF:
Mev. Prins het al vir ons ʼn koek present gegee. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
4.8 Hoe weet ons dat dit nie Garfield is wat in raampie 2 praat nie? (1)
4.9 Verander die volgende stelling in ʼn vraag:
Garfield het ook haar Asters afgebreek. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
TEKS F
Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
Opsetlike taal- en spelfoute kom voor.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
OUERS EN HULLE TIENERS – WYSE WOORDE
Drankmisbruik onder tieners kom al meer voor. Dit word as cool beskou om te drink.
Skole raak bekommerd, want alkohol verlaag tieners se inhibisies en dan doen hulle
dinge wat hulle nooit sou gedoen het nie. Hulle vaar ook nie goed op skool nie.
Een van die redes waarom tieners drank misbruik, is omdat volwassenes en ander
tieners dit doen. Twee ander redes vir drankmisbruik is groepsdruk en ook (ʼn manier
raak ontslae van spanning.)
Maar, tieners sê dat ouers die probleem kan voorkom as hulle nie voor hulle kinders
drink nie. As ouers twee rye spore loop, dink tieners dat hulle dieselfde mag doen.
(Minder+jarig) (kind) moet gestraf word as hulle te veel drink. Hulle is nog jonk en
moet die reëls van die huis gehoorsaam. Moet nie bang wees om reëls af te dwing
nie. Tieners moet weet wat die gevolge van hulle dade gaan wees.
Kommunikasie binne die gesin is belangrik. Tieners sê: “Gesinslede moet met mekaar
praat, sodat almal weet wat hulle mag of nie mag doen nie.” Gesels met jou tiener is
die beste wenk. Praat met hulle oor verkeerde maats. Al lyk dit of hulle nie belangstel
nie, luister hulle tog.
Tieners moenie ook nie te veel sakgeld kry nie. Baie geld maak dit maklik om drank
te kan koop.
[Bron: TAT vraestel 1, Oos-Kaap 2009]
5.1 Skryf die volgende sin in die BEDRYWENDE VORM oor.
Drank word deur tieners misbruik. (1)
5.2 Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD daarom.
Dit word as “cool” beskou om te drink. Drankmisbruik onder tieners
kom al meer voor.
Begin so: Dit word ... (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
5.3 Gee die korrekte Afrikaanse woord vir die woord cool in die volgende
sin:
Dit word as “cool” beskou om te drink. (1)
5.4 Wat beteken die volgende UITDRUKKING twee rye spore loop in
die volgende sin:
As ouers twee rye spore loop, dink tieners dat hulle dieselfde mag
doen. (1)
5.5 Herskryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.
Tieners vaar goed op skool as hulle nie drank misbruik nie. (1)
5.6 Gee die ANTONIEM vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die
vraagnommer 5.6 en die antwoord neer.
Praat met hulle oor verkeerde maats. (1)
5.7 Herskryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
Tieners sê: “Gesinslede moet met mekaar praat.”
Begin so: Tieners sê dat ... (1)
5.8 Herskryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.
Kommunikasie binne die gesin is belangrik. (1)
5.9 Voltooi die sin met die KORREKTE VORM van die woord drink.
Skryf slegs die vraagnommer en die woord as jou antwoord neer.
As 'n mens baie drink, word jy (drink). (1)
5.10 Kies die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (5.10) en die antwoord neer.
ʼn (Minder+jarig) seun moet gestraf word as hy te veel drink. (1)
5.11 Verbeter die SINSKONSTRUKSIE in die volgende sin. Herskryf die
volledige sin as jou antwoord.
Tieners drink (by die Spaza) (baie drankies na mekaar) (elke dag)
om goed te voel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
5.12 Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
vraagnommer (5.12) en die antwoord neer.
Hierdie probleem vind orals plaas. (1)
5.13 Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF.
Drank is ʼn manier (raak van spanning ontslae).
Begin so: Drank is ʼn manier ... (1)
5.14 Beantwoord die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
Tieners moet asseblief sakgeld kry.
Begin so: Nee, ... (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15
TEKS G
Die taalvrae wat volg, is op die fabel hieronder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
[Bron: http://www.newkirk.k12.ok.us/page/70581_3]
ʼn 5.15 (Slaap) leeu word wakker toe 5.15 Gee die TEENWOORDIGE DEELWOORD
van die woord tussen hakies. (1)
ʼn klein 5.16 (muisie / meisie) oor sy 5.16 Kies die KORREKTE SPELLING van die
gesig hardloop. Hy word so kwaad woord tussen hakies. (1)
dat hy die diertjie gryp en wou
opeet. Die 5.17 (baie klein) diertjie 5.17 Gee die INTENSIEWE VORM van baie
klein. (1)
smeek dat die leeu sy lewe moet
spaar en belowe dat hy hom eendag
sou beloon. Die leeu laat hom toe
5.18 .... 5.18 Voltooi die sin met ʼn logiese woord. (1)
Op ʼn dag word die leeu in ʼn net
5.19 Gee die VERGROTENDE TRAP van die
gevang. Hy brul 5.19 (hard) as die
woord hard. (1)
bosgeraas. Die klein diertjie het
gehoor dat dit die leeu was wat sy
lewe gered het. Hy hardloop
soontoe en begin aan die toue 5.20 5.20 Kies die SINONIEM vir die woord knaag.
(knaag) om die leeu te bevry. Skryf slegs die vraagnommer die korrekte
“Daar,” sê hy, “jy het gelag toe ek antwoord neer.
gesê het dat ek ook eendag jou Knaag beteken (afbyt / opeet). (1)
lewe sal red. Nou sien jy, selfs so ʼn
klein mannetjie soos ek kan ʼn groot
leeu soos jy help!”
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper