Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
*AFRFA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 15 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 920.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)9 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)15 marks
- Question 6Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4, 5 en 6) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
BESOEDELING
1. Elke mens hou daarvan om skoon te wees. Jou liggaam moet skoon wees, jou
tande moet geborsel word en jou hare moet netjies gekam wees. ʼn Mens hou ook
daarvan dat jou huis stofvry moet wees.
2. Maar dit lyk nie of moderne mense van ʼn skoon aarde hou nie. Die “groenes”
skreeu al lankal dat mense nie omgee nie: mense is besig om die wêreld te
vernietig.
3. Besoedeling beteken om vuil te maak: ons planeet se lug, sy
grond, sy water en selfs die water onder die aarde. Dit word
byvoorbeeld deur fabrieke en radioaktiewe rommel asook
insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier
en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger groei
en selfs die dood veroorsaak.
4. Selfs baie harde geraas kan as besoedeling gesien word, bv. deur vliegtuie by
besige lughawens of deur motorverkeer. Te veel lawaai kan jou doof maak. Dit het
ook ander nadele soos bv. jou senuweestelsel wat kan doodgaan.
5. Vir ons gesondheid is lugbesoedeling die slegste. Die lewe op aarde is afhanklik
van ʼn balans tussen die produksie van koolstofdioksied (CO2) deur diere, vulkane en
die produksie van suurstof (O2) deur die fotosintese van groen plante.
6. Die vrystelling van te veel koolstofdioksied deur fabrieke en die oorgebruik van
natuurlike bronne soos steenkool en natuurlike bosse wat vernietig word, beïnvloed
die natuur se balans. Motors se uitlaatpype en rook uit fabrieke se skoorstene gee
ook te veel giftige gasse af.
7. Suurreën, wat die plantegroei beskadig, is ook ʼn vorm van lugbesoedeling. Dit kan
selfs gebeur dat die giftige gasse wat in een land vrygestel word, as suurreën in ʼn
ander land val om skade aan die plante- en dierelewe asook aan geboue aan te rig.
Drinkwater word ook besoedel.
8. Fabrieke wat te veel rook en giftige gasse in die lug instuur, is die grootste rede van
lugbesoedeling.
9. Ons kan dit keer deur natuurlike elektrisiteit te produseer sodat alle huise dit kan
gebruik.
10. Die storting van vuilgoed veroorsaak grondbesoedeling, veral as dit onbeheerd
gedoen word. Die mens is stadig besig om homself onder die berge afvalstowwe wat
hy maak te begrawe ... of dit nou radioaktiewe- of gewone huisrommel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
11. Orals groei rommelberge, selfs langs belangrike toeristepaaie. Die meeste vullis
beland wel op die regte rommelhope, maar plek hiervoor raak min. Hierdie plekke
bevat alle soorte huisrommel, skoonmaakmiddels en insekgif.
12. Maar dit is nie al nie. Baie gemors wat op ons
mynhope is, word in die damme by die myne, wat
dikwels langs woongebiede is, gegooi. Myngrond is
dooie grond. Daarom moet gras en plante op die
mynhope geplant word. As dit nie gebeur nie, kom
grond- en winderosie voor. Winderosie lei tot groot
stofstorms wat baie sleg vir ʼn mens se gesondheid
is.
13. Slegte stowwe soos metale, fabrieksrommel en insekgif wat in die riviere gegooi
word, is ʼn baie belangrike bewys dat water besoedel word.
14. Fabrieke, wat belangrik vir die land se ontwikkeling is, is die grootste rede dat die
omgewing lelik gemaak word. Die afvalwater van fabrieke wat onwettige giftige
chemikalieë in het, beland in ons riviere.
15. Hittebesoedeling vind plaas wanneer warm water, wat vir verkoeling van fabrieke
gebruik word, in riviere gepomp word. Die verhoogde watertemperatuur vernietig
waterlewe.
16. Insekgif, kunsmis en onkruiddoders wat boere gebruik, is nog ʼn groot oorsaak van
waterbesoedeling. Reënwater spoel hierdie chemikalieë in riviere wat later in die
see vloei.
17. Seebesoedeling is wanneer besoedelde riviere, riool, olie en ander baie giftige
produkte in die see beland.
18. Die besoedeling van die see met riool is baie hartseer. Die ideaal is dat riool by ʼn
rioolaanleg behandel moet word voordat dit in die see gepomp word.
[Artikel (verwerk en aangepas): http://www.mieliestronk.com/besoedeling.html
Foto: DLS / U.S. Fish & Wildlife Service]
WOORDEBOEKGEBRUIK
Pro·du·seer: ww. Voortbring, maak. ʼn Fabriek produseer nuwe produkte.
On·be·heer(d): b.nw. en bw. Sonder beheer of buite beheer. Die onbeheerde leerlinge
het die skool se vensters gebreek en die deure uitgeskop.
On·kruid·doders: s.nw. Gif om vuilgoed en wilde plante dood te maak.
Ri·ool: s.nw. Vuil water, afvalwater.
Ri·ool·aan·leg: s.nw. ʼn Plek waar riool skoongemaak word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
VRAE
1.1 Waarvan hou moderne mense blykbaar nie? (1)
1.2 Noem TWEE tipes besoedeling wat algemeen voorkom. (2)
1.3 Hoe kan geraas ʼn mens se gesondheid beïnvloed? Haal slegs ʼn deel van ʼn
sin as jou antwoord aan. (1)
1.4 Hoe beïnvloed waterbesoedeling die mens? (1)
1.5 Waarna of na wie verwys die “groenes” in paragraaf 2? (1)
1.6 Verduidelik die volgende uitdrukking:
“Myngrond is dooie grond.” (par 12) (1)
1.7 Hoe kan myne lugbesoedeling veroorsaak? (1)
1.8 Wat kan fabrieke doen om te keer dat vuil water nie in riviere beland nie?
Noem TWEE moontlikhede. (2)
1.9 Gee TWEE redes hoe fabrieke die land se water negatief beïnvloed.
(par 14 en 15) (2)
1.10 Waarom is lugbesoedeling baie sleg vir ons gesondheid? (1)
1.11 Op watter TWEE maniere, dink jy, beland onkruiddoders en insekgif in die
see? Beantwoord in TWEE volsinne en in jou eie woorde. (2)
1.12 Hoekom, dink jy, is besoedeling sleg vir toerisme in ons land? (1)
1.13 Noem TWEE dinge wat ʼn boer op sy plaas gebruik wat besoedeling
veroorsaak. (2)
1.14 Hoekom word daar na rommelberge verwys en nie na rommelhope nie? (1)
1.15 Hoekom, dink jy, word natuurlike bosse vernietig en bome afgekap? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
Lees die onderstaande advertensie goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
VRAE:
1.16 Wat kry elke speler, wat aan die gholfdag deelneem, gratis? (1)
1.17 “... slaan ʼn slag vir Suid-Afrika se skole”.
1.17.1 Het die bogenoemde uitdrukking ʼn denotatiewe, of ʼn konnotatiewe
betekenis? (1)
1.17.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 1.17.1. (2)
1.18 Wat moet jy doen om die Samsung HD platskerm TV te wen? (1)
1.19 Noem TWEE borge van die kompetisie. (1)
1.20 Vir wie moet jy vir meer inligting kontak? (1)
1.21 In watter provinsie is die gholfbaan? (1)
1.22 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord neer; bv. 1.22 E.
Jy mag die eerste prys ... benut.
A tydens die skoolkwartaal en naweke
B enige tyd van die jaar
C tydens langnaweke en skoolvakansies
D gedurende naweke en skoolvakansies (1)
1.23 Op watter manier, dink jy, kan die gholfdag skole help? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
INSTRUKSIES
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
Skryf 7 wenke hoe om stres in jou lewe te verminder, neer.
Skryf die wenke puntsgewys neer.
Nommer die sinne van 1 tot 7.
Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
HOE OM STRES IN JOU LEWE TE VERMINDER
1. Stres in die moderne en gejaagde lewe is een van die grootste
moordenaars. Enige mens het nodig om van stres ontslae te raak. Dit kan
op verskillende maniere gedoen word.
2. Ontspan sodra jy tuiskom. Dit is belangrik om ontspanningstyd vir jouself te
maak, al is dit net vir ʼn kort rukkie. Jy kan byvoorbeeld tyd saam met jou
familie deurbring of om met jou hond of kat te speel.
3. Kry vars lug deur oefening buite te doen. Oefening ná ʼn moeilike dag sal jou
beter laat voel en jou spanning verminder. Stap, swem, fietsry as
voorbeelde van oefeninge, kan ʼn groot verskil in hoe jy voel, maak
4. Neem ʼn week vakansie sodat jy kan wegkom van werkstres. Onthou net dat
wanneer jy met vakansie weggaan, jy liewer jou werk tuis moet los sodat jy
jouself kan dwing om te ontspan en nie om vakansietyd aan werk af te staan
nie.
5. Doen iets prakties soos byvoorbeeld ʼn stokperdjie wat jy geniet. Die
stokperdjie kan sport of handwerk wees.
6. Leer om die tekens van spanning te identifiseer voor dit jou doodmaak.
Sodra jy tekens soos hoofpyne, slaaploosheid, eetprobleme of depressie
herken, gaan spreek ʼn dokter vir hulp.
7. Kry jou gedagtes weg van jou werk deur iets lekkers te doen. Jy kan
byvoorbeeld fliek toe gaan of uiteet. Daarna sal dit voel of jy vir ʼn naweek
weg was.
8. Skryf alles neer wat jou gelukkig maak. Soms sien jy eers die goeie dinge
raak wanneer jy daarvoor soek of dit neerskryf.
[Verwerk: Lig, Julie 2013]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die vrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
[Verwerk Uit: Huisgenoot, 26 September 2013. bl.53]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
VRAE:
3.1 Voltooi die bekende uitdrukking deur die korrekte antwoord te kies. Skryf
slegs die vraagnommer (3.1) en die korrekte antwoord neer.
Die toekoms is in die ... se hande.
A onderwys
B regering
C besighede
D jeug (1)
3.2 Voltooi die sin.
Die advertensie is ʼn voorbeeld van ʼn manipulerende teks. Dit manipuleer
die leser om ... (1)
3.3 Waarom, dink jy, is die gebruik van alliterasie by Saphinda Sekondêr, ʼn
Super Skool funksioneel? (1)
3.4 Hoekom, dink jy, staan in die advertensie dat sanitasie ʼn basiese
mensereg is? (1)
3.5 Hoekom gebruik Thembeka die OORTREFFENDE TRAP van die woord
beste in die volgende sin:
“... en ek wil eendag die beste dokter word.” (1)
3.6 Hoekom word die eerstepersoon in die advertensie gebruik deur:
3.6.1 Thembeka. Sy sê: “Ek is gelukkig. Ek was bang.” (1)
3.6.2 Domestos wat sê dat meer as 50% van ons skole nie spoeltoilette
het nie. (1)
3.7 Wie is die teikengroep van die advertensie? (1)
3.8 Wat, dink jy, is die doel dat Thembeka so baie beskrywende woorde
(adjektiewe) gebruik. (1)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
VRAAG 4: STROKIE
Die vrae wat volg, is op die strokies hieronder gebaseer.
[Aangepas: Meester en Neelsie. www.daniecronje.co.za.]
VRAE:
4.1 Meneer sê dat Neelsie ʼn gemors is. (strokie 1, raampie 1)
4.1.1 Word gemors hier letterlik of figuurlik gebruik? (1)
4.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 4.1.1. (1)
4.2 Wat suggereer die UITROEPTEKENS [!] in strokie 3, raampies 1 en 2? (1)
4.3 Kies die woord om die IDIOOM korrek te voltooi. (strokie 2, raampie 1)
Daar is ʼn slang in die ...
A klas.
B gras.
C kas.
D glas. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
4.4 Hoekom word klein in HOOFLETTERS geskryf? (strokie 1, raampie 3)
Hy het gesê ek is KLEIN! (1)
4.5 Hoe weet ons, as ons na Meneer se gesig kyk, dat hy baie kwaad vir
Neelsie is? (strokie 1, raampie 1) (1)
4.6 Neelsie is bly sy tas is weg.
Wat anders suggereer Neelsie se woorde: “Jippie! Dankie tog!”?
(strokie 3 raampie 3) (2)
4.7 Deur na die prentjie te kyk, hoe weet ons dat Meneer die slang gesien en
vinnig weghardloop het? (strokie 2, raampie 2) (1)
4.8 Wat beteken dit as Meneer sê dat Neelsie useless is?
(strokie 1, raampie 2) (1)
[10]
VRAAG 5: PROSA
Die vrae wat volg, is op die prosastuk hieronder gebaseer.
(5.1) (sin 1) Weet jy regtig wat ʼn paar drankies aan jou liggaam doen?
(sin 2) ʼn Paar drankies verniel jou liggaam!
Ná een drankie word jy meer ontspanne met baie selfvertroue.
Ná twee drankies begin jou liggaam ontwater.
(5.2) Ná drie drankies word jou reaksie stadiger en jou lewer werk harder
om die gif van die alkohol uit jou liggaam te kry.
Ná vier drankies raak jy emosioneel en deurmekaar.
Ná vyf drankies begin jy sleg sien.
(5.3) Ná ses drankies raak jy depressief.
Ná agt drankies sukkel jy om te beheer wat jy sê en doen. (5.4) Jy voel naar
en jy kan jou bewussyn verloor.
Die limiet vir ʼn asemtoets is (5.5) 0,24 mg per (5.6) 1,000 milliliter, of ʼn
bloedalkohol-limiet van 0,05 g per 100 milliliter. Baie alkohol in jou bloed
kan tot jou dood (5.7) (ly / lei) omdat jy nie reg asemhaal nie of jou hart se
ritme kan deurmekaar raak.
(5.8) Kenners sê dat sosiale drinkery baie gewild onder jongmense is. Sosiale
drinkery is ook die (5.9) gevaarlik vorm van drankgebruik.
(5.10) Skoolkinders sê: “Ons drink (5.11) elke week om dronk te word. (5.12) Ons
drink vyf of meer drankies kort ná mekaar.”
(5.13) ʼn Onderwyser het ʼn 15-jarige gevra of hy al ooit 5 shooters binne 5 minute
gedrink het.
[Verwerk en aangepas uit: Huisgenoot.com_new/leefstyl/gesondheid_leefstyl
Gepubliseer op 26/8/2013 in Gesondheid, Leefstyl]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
5.1 Lees die sinne wat sin 1 en sin 2 genommer is.
5.1.1 Kies die opskrif wat vir jou die beste by die paragraaf pas:
Sin 1: Weet jy regtig wat ʼn paar drankies aan jou liggaam doen?
(Vraagsin)
Sin 2: ʼn Paar drankies verniel jou liggaam! (Uitroep)
5.1.2 Motiveer jou keuse in VRAAG 5.1.1. (1)
5.2 HERSKRYF die volgende sinne deur die VOEGWOORD en met daarom te
vervang. Skryf beide sinne volledig uit.
Ná drie eenhede alkohol word jou reaksie stadiger en jou lewer werk harder
om die gif uit jou liggaam te kry. (1)
5.3 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD oor.
Ná ses eenhede raak jy depressief. (1)
5.4 Skryf die sin in die VERLEDE TYD oor.
Jy voel naar en jy kan jou bewussyn verloor. (2)
5.5 Skryf die syfer 24 in woorde uit. (1)
5.6 Gee die afkorting van die onderstreepte woord. Skryf slegs die AFKORTING
as jou antwoord neer.
Die limiet vir ʼn asemtoets is 0,24 mg per 1 000 milliliter. (1)
5.7 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die korrekte
antwoord neer.
ʼn Hoër bloedalkohol-limiet kan tot jou dood (ly / lei). (1)
5.8 Skryf die volgende sin in die DIREKTE REDE oor.
Kenners sê dat sosiale drinkery baie gewild onder jongmense is.
Begin die sin so: Kenners sê: ... (1)
5.9 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs
die woord as antwoord neer.
Sosiale drinkery is ook die (gevaarlik) vorm van drankgebruik. (1)
5.10 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE oor.
Skoolkinders sê: “Ons drink elke week om dronk te word.”
Begin so: Skoolkinders sê dat ... (2)
5.11 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as
antwoord neer.
Kinders sê: “Ons drink (elke week) om dronk te word.” (1)
5.12 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM oor.
Hulle drink vyf of meer drankies kort ná mekaar. (1)
5.13 Beantwoord die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
Het jy al ooit 5 shooters binne 5 minute gedrink?
Begin so: Nee, ek ... (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 6: PRENT
Die vrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.
[Uit: Afrikaans is lekker, LB. Gr 12. 2007]
Gebruik die woorde in die lys hieronder om sinne 6.1–6.5 korrek te voltooi.
T-hemp om bril braaidrom lank
lang rondom bloes pot brille
6.1 Die kinders hardloop ... die huis. (1)
6.2 Oupa het ʼn ... op en rook ʼn pyp. (1)
6.3 Die mans braai vleis op ʼn ... (1)
6.4 Die man wat vleis braai, het ʼn ... aan. (1)
6.5 Die ouma wat langs die tafel staan se rok is baie ... (1)
6.6 Gebruik die onderstreepte voorsetsel as ʼn SELFSTANDIGE NAAMWOORD
in ʼn sin. Skryf die sin volledig uit.
Die meisie staan by haar vriend wat braai. (1)
[6]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper