Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
*AFRFA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 15 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)20 marks
- Question 2Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)6 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)4 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)8 marks
- Question 6Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)5 marks
- Question 7Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Kyk- en Leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3) (30)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4) (10)
AFDELING C: Taal (VRAAG 5, 6 en 7) (40)
2. Lees ALLE instruksies versigtig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep dwarsoor die bladsy na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP
VRAAG 1: KOERANTARTIKEL
Lees die volgende koerantartikel en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.
Jobs het baie bly gemaak en miljoene geïnspireer
Jobs op die voorblad van Time (April 2010) – Inside Steve’s pad
1. Niemand wou Steve Jobs hê toe hy gebore is nie. Sy biologiese pa was ʼn professor
aan die Universiteit van Wisconsin en sy ma ʼn gegradueerde student. Hulle is
verbied om te trou en sy kon nie anders nie as om hom te laat aanneem. Nadat sy
ma op ʼn ouerpaar vir hom besluit het, het dié mense op die nippertjie besluit hulle wil
eerder ʼn dogtertjie hê.
2. Sy aanneem ouers, wat op ʼn waglys vir ʼn baba was, het in die middel van die nag ʼn
oproep gekry. “Ons het ʼn babaseun. Wil julle hom hê?” Hulle het gesê: “Natuurlik”.
3. Sewentien jaar later het hy na ʼn peperduur universiteit gegaan wat byna al sy ouers
se spaargeld opgeslurp het. Die naaste wat Jobs aan ʼn graad gekom het, was toe
hy in 2005 aan die Universiteit van Stanford ʼn aanvangstoespraak (commencement
speech) gelewer het.
4. Dit was ʼn rowwe tyd. Hy het byna niks geld gehad nie, op die kamervloer van ʼn
vriend geslaap en Coke-bottels verkoop om kos te koop. Wat hy in dié tyd gedoen
het, was uit nuuskierigheid en intuïsie wat later onskatbaar sou wees, byvoorbeeld,
hy het kalligrafie-lesse geneem. Daar het hy geleer van verskillende lettertipes, die
spasie tussen letters en wat goeie tipografie “great” maak.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
5. Eers tien jaar later, toe hy en die ander Steve – Stephen Wozniak – die eerste
Macintosh-rekenaar ontwerp het, het sy kalligrafie-kennis se waarde gewys. Dit was
die eerste rekenaar met ʼn mooi tipografie. “As ek nie kalligrafie-klasse bygewoon
het nie, sou rekenaars nie die wonderlike tipografie gehad het nie.”
6. Toe hy 20 jaar oud was, het Jobs en sy vriend Wozniak, Apple in sy ouers se
motorhuis begin. Hulle het hard gewerk en binne tien jaar het Apple gegroei van net
hulle twee in ʼn motorhuis tot ʼn $2 miljard-maatskappy met meer as 4 000
werknemers.
7. ʼn Jaar nadat die eerste Macintosh bekend gestel is en Jobs 30 jaar oud geword het,
is hy afgedank. Hy vra in sy toespraak: “Hoe kan jy afgedank word by ʼn maatskappy
wat jy begin het?”
8. Lang storie in kort: Hy het iemand aangestel om die maatskappy saam met hom te
bestuur en dit het die eerste jaar goed gegaan. Maar hul toekomsvisie het baie
verskil. Hulle het ʼn uitval gehad en die direkteure het by die ander persoon gestaan.
Op 30 jaar, ná sy afdanking, was sy alles waarop hy gefokus het, verwoes. Hy is
verwerp, maar hy was steeds verlief op sy werk en het besluit om oor te begin.
Binne vyf jaar ná sy afdanking het hy NeXT én Pixar begin én hy het ʼn ongelooflike
vrou ontmoet met wie hy toe getroud is.
9. Pixar het die wêreld se eerste rekenaargeanimeerde rolprent, Toy Story, gemaak en
is nou die suksesvolste animasie-ateljee ter wêreld.
10. Iets ongeloofliks het toe gebeur: Apple het NeXT gekoop en Jobs is terug na Apple.
Hy en sy vrou, Laurene, het ook met ʼn gesin begin. “Soms is dit goed om jou kop te
stamp, moenie moed verloor nie,” was Jobs se raad in sy toespraak. “Jy moet soek
waarvoor jy lief is; dit is van toepassing op jou werk en (jou) liefde.”
11. Jobs is in 2004 met ʼn seldsame soort pankreaskanker gediagnoseer. Dokters het
gesê hulle is seker dit is ongeneeslik. Hy is huis toe gestuur om sy “sake te reël” en
daar is gesê hy sou net nog ses maande leef. Op die dag toe hy gediagnoseer is,
het sy dokter in trane uitgebars. Min mense het geglo hy sou, of kon, sterf. Hy is
gesien as die God van tegnologie wat goed, maar ook wreed, kon wees.
12. Jobs het die wêreld geleer om te glo. Sy maatskappye en produkte het baie mense
bly gemaak en miljoene mense geïnspireer. Toe hy Woensdagaand op 56 jaar
weens komplikasies van pankreaskanker dood is, was sy gesin by hom. Maar oor
die wêreld heen was miljoene Apple- en Pixar-aanhangers daar in die gees.
Jobs het sy toespraak met die volgende woorde beëindig: “Stay hungry, stay
foolish.”
[Aangepas en verwerk uit: Volksblad, 7 Oktober 2011]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
VRAE
1.1 Watter antwoord voltooi die volgende sin korrek?
Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter (A – D) neer.
“aanneemouers”, (par. 2) beteken ...
A ouerpare wat iemand ander se kind steel en as hulle eie grootmaak.
B ryk ouerpare wat ander mense se kind neem omdat hulle die kind kan
ondersteun.
C ouerpare wat iemand se kind hou totdat die kind agtien jaar oud word.
D ouerpare wat iemand ander se kind as hulle eie grootmaak. (1)
1.2 Watter woord (par.1) sê dat Jobs se biologiese ma goed opgevoed was? (1)
1.3 Hoekom wou die eerste aanneemouers (par. 1) nie Jobs hê nie? (1)
1.4 Haal die WOORD aan (par. 2) wat sê dat dié ouers nie onmiddellik ʼn baba
gekry het nie. (1)
1.5 Jobs het ʼn graad aan die Universiteit van Stanford gekry.
1.5.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.5.1 deur ʼn SINSDEEL uit
paragraaf 3 aan te haal. (1)
1.6 Noem EEN ding wat wys dat dit rêrig “ʼn rowwe tyd” (par. 4) vir Jobs was. (1)
1.7 Hoekom was die kalligrafie-lesse wat Jobs geneem het (par. 4), beskryf as
ʼn “intuïsie wat later onskatbaar sou wees.”? (2)
1.8 Watter uitwerking het hulle harde werk (par. 6) gehad? (1)
1.9 Wat was moeilik vir Jobs om te aanvaar toe hy afgedank is? (1)
1.10 Om watter rede is Jobs afgedank? (1)
1.11 Hoekom sal jy Pixar in die Guiness Book of World Records vind? (1)
1.12 Hoe het Jobs dit reggekry om terug na Apple te keer? (1)
1.13 Hoekom was die raad wat Jobs in sy toespraak gegee het (par. 10) van
toepassing op sy eie lewe. (1)
1.14 Haal die WOORD aan (par 11) wat sê dat die siekte waaraan Jobs gely
het, nie ʼn alledaagse siekte was nie. (1)
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
1.15 Die dokters het geglo dat Jobs beter sou word.
1.15.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.15.1 deur EEN WOORD uit
paragraaf 11 aan te haal. (1)
1.16 Wat beteken: “in die gees” (par. 12)? (1)
1.17 Wat het Jobs bedoel met: “Stay hungry, stay foolish.”? (1)
[20]
VRAAG 2: RESENSIE
Lees die volgende leser se brief aan Rapport en beantwoord dan die vrae wat
daarop gebaseer is.
Kry dissipline terug in die land se skole
1. Morele agteruitgang werk stremmend in op dissipline in skole. Skole vind dit al hoe
moeiliker om kinders met erge dissiplinêre probleme te hanteer. Baie tyd word
gemors om leerlinge te kry om skoolreëls te gehoorsaam.
2. Skoolhoofde vind fisieke geweld tussen leerlinge ʼn groot probleem, maar ook die
verbale geweld tussen leerlinge en tussen leerlinge en onderwysers is
kommerwekkend. So ook is diefstal, die gebruik van selfone in klasse en
dwelmprobleme.
3. Die meeste probleme kan teruggevoer word na die huis waar die ouer-kind-
verhouding versuur het en ouers wat verwag onderwysers moet hulle
opvoedingstaak “oorneem”, meen ʼn skoolhoof in die suide van Johannesburg.
4. Hoofde se regte om teen kinders op te tree is van hulle weggeneem en dit vererger
die situasie in ons skole. Die regering moet dringende stappe doen om dissipline
terug te kry in skole sodat daar op die onderwys in ons skole gefokus kan word.
H. Koorts, Gauteng
[Aangepas en verwerk uit, Rapport, 1 Junie 2010]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
VRAE
2.1 Haal TWEE AGTEREENVOLGENDE WOORDE aan wat daarop dui dat die
probleme op skole ʼn negatiewe uitwerking het. (1)
2.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A – D) neer.
Die woord “agteruitgang” beteken dat iets ...
A onveranderd bly.
B slegter word.
C verbeter.
D uit die gang gaan. (1)
2.3 Baie tyd word gemors om leerlinge te kry om skoolreëls te gehoorsaam.
(par. 1)
2.3.1 Is die bogenoemde stelling ʼn FEIT of ʼn MENING? (1)
2.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (1)
2.4 Die skrywer vind ʼn ernstige fout met ons onderwysstelsel (par. 4).
2.4.1 Watter fout vind die skrywer? (1)
2.4.2 Watter oplossing vind hy? (1)
[6]
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Lees die volgende advertensie aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop
gebaseer is.
[Verwerk uit: Huisgenoot, 16 April 2012]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
VRAE
3.1 Hoekom sê die adverteerder om nie die skuld aan Eskom te gee nie? (1)
3.2 Hoekom is die woord “KRAG” in hoofletters geskryf? (1)
3.3 “Voorkom kragverlies! Neem turbovite.”
Vul die ontbrekende WOORD in die volgende sin sodat dit dieselfde
betekenis as die bostaande sin het.
As jy nie krag wil ... nie, neem turbovite. (1)
3.4 Volgens die advertensie: “Jy kan dit ook hê!”
Hoe kan jy dit ook hê? (1)
[4]
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 4: DWELMS: COOL OF ʼn KILLER?
Som die wanbegrip/verkeerde persepsies wat mense oor dwelms het in SEWE sinne
op.
Skryf die verkeerde persepsies in volsinne neer.
Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
Laat ʼn reël tussen die sinne oop.
Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
Dui die KORREKTE GETAL woorde aan die einde van die opsomming aan.
1. In Maart vanjaar het die kwaito-ster Jub Jub en sy vriend Themba
Tshabalala skokgolwe deur die land gestuur toe hulle vier skoolseuns vermoor het
terwyl hulle deur Soweto resies gejaag het. Toe die polisie Jub Jub se bloed toets, het
dit positief getoets vir morfien, asook kokaïene.
2. Mense wat eens na hulle opgekyk het, sê nou dat selfs lewenslange gevangenisstraf
nie genoeg is vir wat hy gedoen het nie. Sy lewe en sy loopbaan, soos hy dit geken
het, is verby-alles as gevolg van dwelms. Tieners maak ʼn reusegroot fout deur te dink
dat beroemde persoonlikhede altyd “skoon” is en dat hulle goeie rolmodelle is.
3. In ʼn onlangse (SANCA) verslag is geskryf dat soveel as een in elke drie Suid-
Afrikaanse tieners elke jaar aan dwelms verslaaf raak. Die vreesaanjaendste deel is
dat verslaafdes jonger en jonger word. "Ek weet dis skokkend, maar ek het heroïene
en kokaïene in graad 5 begin gebruik," sê Luna* (17). Die meeste ouers glo dat net
ouer mense dwelms gebruik en dis heeltemal verkeerd.
4. Sy sê verder: "Ek het nie baie oor dwelms geweet nie, en ek dink nie dat skole genoeg
doen om ons te waarsku nie. As iemand met leerders in graad 7 oor dwelms kom
praat, het die helfte van die klas dwelms al gebruik. Dit is dikwels te laat; daarom is die
oortuiging dat skole baie doen om leerders teen dwelms te keer, nie reg nie.”
5. Hoewel jy nie onmiddellik vrot tande en merke op jou gesig soos Amy Winehouse sal
kry nie, begin die newe-effekte van die eerste keer wat jy dwelms gebruik. Dat jy altyd
sigbare tekens op ʼn dwelmverslaafde sal sien, is ver weg van die werklikheid af.
6. “Of jy ʼn verslaafde is of nie, gaan enige dwelm ʼn negatiewe effek hê,” sê Grant Jardine,
direkteur van die Cape Town Drug Counselling Centre. Baie mense glo dat ʼn bietjie
dwelms “nou en dan” geen skade doen nie. Die feit is of jy ʼn verslaafde is of jy net op
“spesiale geleenthede” dwelms neem, sal jy die negatiewe effekte ervaar. Die waarheid
is dat dwelms jou lewe kan verwoes-en selfs jou dood veroorsaak.
7. Wees versigtig oor die leuens wat oor dwelms vertel word, byvoorbeeld as iemand sê:
“Ek het dit by die apteek gekry, so dit is nie regtig dwelms nie.” Dis die grootste onsin.
Sommige van die gevaarlikste dwelmmiddels kan by enige apteek gekry word. Wees
dus versigtig as iemand jou iets van ʼn apteek aanbied.
8. Baie mense glo dat dwelms net by donker straathoeke en by plakkerskampe
beskikbaar is. Die gebruik en verkoop van dwelmmiddels is nou volop. ʼn Dokter kan dit
voorskryf of dit kan by ryk buurte, winkelsentrums of langs die strand verkoop word.
So, vermy die donker pad en sê “nee” heel aan die begin.
[Emily Pettit-Coetzee, Sewentien, 14 Julie 2010]
TOTAAL AFDELING B: 10
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
AFDELING C: TAAL
VRAAG 5: STROKIESPRENT
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprentjie hieronder gebaseer.
[Spotprent uit: Beeld, 16 Mei 2012]
5.1 Gee ʼn suiwer Afrikaanse woord vir die onderstreepte woord.
Die onnies wil nie selfone in skole hê nie. (1)
5.2 Kies die KORREKTE voorsetsel.
Hulle kla (op/oor/vir) die kinders wat selfone dra. (1)
5.3 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Al die kinders hou hulle selfone in hulle (reg + hand). (1)
5.4 Verbind die volgende sinne met die gegewe voegwoorde.
(aangesien/daarom)
Die kinders gebruik hulle selfone in die klas.
Die hoof raak smoorkwaad.
Hy wil die gebruik van alle selfone verbied. (3)
5.5 Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.
Die onderwyseres weet nie wat om te doen nie daarom hou sy haar kop. (2)
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
5.6 Verander die stelsin in ʼn vraagsin. Die vetgedrukte woorde is die antwoord.
Die onderwyseres praat met die kleintjies. (1)
5.7 Skryf die onderstaande woorde oor in Afrikaans.
Please call me. (1)
5.8 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
Die leerders (skenk/bring/bestee) nie aandag aan hulle werk nie. (1)
5.9 Vorm ʼn samestelling van die woorde tussen hakies.
Miskien moet leerlinge hulle selfone net tydens (eet+tyd) gebruik. (1)
5.10 Voltooi die volgende sin soos aangedui.
Die kinders gebruik hul selfone in die klas.
Die kinders hoef ... (1)
5.11 Rangskik die volgende groep woorde tussen hakies in die korrekte
volgorde. Skryf die hele sin voluit.
Die kindertjies gebruik ook hul selfone (sonder toestemming) (in die eetsaal)
(tydens pouse). (1)
5.12 Skryf die syfers tussen hakies voluit.
Daar is altesaam (44) leerders in die klas. (1)
5.13 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.
Die klaskamer is vol leerders. (1)
5.14 Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm/passief.
Die hoof verbied die gebruik van selfone. (1)
5.15 Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede.
Pa sê aan Alice: “Jy moet nie jou selfoon skool toe neem nie.”
BEGIN SO: Pa sê aan Alice dat ... (2)
5.16 Verskaf die meervoudsvorm van die vetgedrukte woord.
Mevrou Smit se elmboog is op die tafel. (1)
[20]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
VRAAG 6: WEERKAART
Die taalvrae wat volg, is op die weerkaart hieronder gebaseer.
[Uit: Die Burger, 2 September 2011]
6.1 Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Vandag gaan dit ʼn (son) dag dwarsdeur die provinsie wees. (1)
6.2 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.
Net by party plekke is daar klein (wolke). (1)
6.3 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Die heel (koud) plek gaan Aliwal-Noord wees. (1)
6.4 Herskryf die volgende sin en vervang die vetgedrukte woord met “want”.
Mense by George moet hulle reënjasse aantrek aangesien dit baie hard
gaan reën. (1)
6.5 Skryf die simbool tussen hakies voluit.
By Bhisho gaan die temperatuur 28(˚) wees. (1)
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (SEPTEMBER 2013)
6.6 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Dit lyk asof ʼn sterk (wes+wind) vandag by George gaan waai. (1)
6.7 Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.
Mense word aangeraai om hul jasse te dra. (1)
6.8 Skryf die volgende sin oor in die ontkennende vorm.
Daar is nog reën wat van die Indiese Oseaan kom. (1)
6.9 Gee die vergrotende trap van die woord tussen hakies.
Hoe vroeër jy langs die kus reis, hoe (goed) sal dit wees. (1)
6.10 Gee die ANTONIEM/TEENOORGESTELDE van die woord tussen hakies.
Die boer gaan sy werkers by Joubertina (oplaai). (1)
[10]
VRAAG 7: STROKIESPRENT
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
[Verwerk uit: Rapport, 7 Augustus 2012]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15
7.1 Skryf die volgende sin oor in die Indirekte rede.
Die vrou vra vir haar man: “Hoekom word jy nie ʼn politikus nie?” (2)
7.2 Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm/passief.
Die man het altyd die spoedboetes geïgnoreer. (1)
7.3 Voltooi die volgende sin soos aangedui.
Die man drink bier.
Die man hou … (1)
7.4 Gee die KORREKTE vorm van die deelwoord tussen hakies.
Die (slaap) hond word deur die vrou wakkergemaak. (1)
7.5 Voltooi die volgende IDIOMATIESE UITDRUKKING. Kies uit die woorde in
die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (7.5) en die antwoord neer.
niks; bier; tande; gom
Die man sit met ʼn mond vol … (1)
7.6 Skryf die volgende sin in die direkte rede.
Die vrou sê aan haar man dat hy nie sy spoedboetes betaal het nie.
BEGIN SO: Die vrou sê aan haar man: “…” (2)
7.7 Skryf die sin oor as ʼn bevelsin.
Die man betaal sy spoedboetes. (1)
7.8 Watter stereotipering maak die vrou oor politici. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper