Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
*AFRFA3*
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 7 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 1.9 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 14 questions
- Question 2.1Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.2Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50 punte)
AFDELING B: Langer transaksionele tekste (30 punte)
AFDELING C: Korter tekste: Transaksioneel/Naslaan/Informatief (20 punte)
2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word.
4. Begin elke afdeling op ʼn nuwe bladsy.
5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn
kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ens. Doen jou beplanning
VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die
beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het.
7. Beplan jou tyd so:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer die skryfstukke soos wat dit op die vraestel verskyn.
9. Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.
10. LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
word NIE.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
• Kies EEN onderwerp en skryf 250 – 300 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 1
1.1 Eers vyande – nou vriende.
Elkeen van ons ken iemand van wie ons eers nie gehou het nie, maar nou
is ons baie goeie vriende.
Skryf ʼn opstel waarin jy vertel hoekom julle nie van mekaar gehou het nie,
wat julle nader aanmekaar gebring het en wat julle vriendskap in die
toekoms vir mekaar beteken. [50]
1.2 BLY STIL, OUMA! OUPA!
Is daar nog respek vir die bejaardes (ou mense) in ons familie of
gemeenskap? Hoe voel jy oor die vraag?
Skryf ʼn opstel waarin jy hieroor redeneer.
[50]
1.3 Matriekafskeid
Is ʼn matriekafskeid wat in Aprilmaand gehou word nog ʼn afskeid vir die
graad 12-leerders of nie?
Skryf ʼn opstel waarin jy argumenteer dat April die beste tyd is/of nie die
beste tyd vir die matriekafskeid is nie. [50]
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2013)
1.4 My Dorp of My Stad
ʼn Bekende koerant het die volgende kompetisie uitgeskryf:
Die koerant, Rapport, het ʼn kompetisie waarin hulle die beste dorp of stad in
die land wil identifiseer. Ongelukkig is jy nou skaam vir jou dorp of stad.
Skryf ʼn opstel waarin jy jou dorp of stad se agteruitgang en probleme
beskryf.
Titel: (Jou dorp of stad se naam.) [50]
1.5 My lewe sal beter wees as ...
Ons lees of hoor so baie van mense, diere, dinge, boeke, ensovoorts wat
die lewe vir ons beter kan maak.
Vertel ons in ʼn opstel wie of dalk wat jy dink, jou lewe en omstandighede
positief kan beïnvloed. Vertel ook waarom jy so dink. [50]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5
1.6 Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ʼn opstel daaroor. Gee
jou skryfstuk ʼn titel.
1.6.1
[BRON: Die Burger, 22 Oktober 2012] [50]
1.6.2
[BRON: Run/Walk for Life, 2006] [50]
1.6.3
[BRON: People, 8 Junie 2012] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
• Kies EEN onderwerp en skryf 120 – 150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 2
2.1 DIALOOG
Die Blackberry en iPad is in
gesprek met mekaar waarom
een van hulle die gewildste
kommunikasiemiddel onder
tieners is.
Skryf die gesprek tussen die
twee in dialoogformaat neer. [30]
2.2 TOESPRAAK
Jy is absoluut gek oor ʼn sportsoort wat nie in jou skool beoefen word nie.
Die skoolhoof het belowe dat hy die sportsoort sal begin as daar 35 leerders
is wat belangstel. Hy sal jou die geleentheid gee om die sportsoort
gedurende ʼn saalperiode aan die leerders bekend te stel.
Skryf jou toespraak neer wat jy gaan lewer om 35 belangstellendes te kry
sodat die nuwe sport deel van jou skool se buitemuurse program kan word. [30]
2.3 RESENSIE
Die Afrikaanse Departement van jou skool moet nog besluit watter
drama/kortverhaal/prosa hulle volgende jaar met die leerders wil doen. Die
onderwysers het besluit dat die huidige graad 12-leerders die leeswerk
moet resenseer en op grond daarvan sal hulle die volgende jaar se
leeswerk kies.
Skryf ʼn resensie oor die drama/EEN van jou kortverhale/prosa wat jy
hierdie jaar gelees het en wat jy aanbeveel volgende jaar weer gelees kan
word. Onthou om die kenmerke van ʼn resensie in jou skryfstuk aan te
spreek. [30]
2.4 BRIEF MET ʼn VERSOEK
Jou kultuurklub wil graag gaan toer, maar daar is net te veel uitgawes en dit
gaan te duur wees.
Skryf ʼn brief aan ʼn instansie van jou keuse en vra vir ʼn borgskap. Verskaf
die redes vir die versoek, verduidelik waarom jy spesifiek hierdie instansie
nader as ʼn borg, verskaf alle moontlike inligting oor die toer en die kulturele
besienswaardighede wat julle wil besoek. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7
AFDELING C: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE
• Kies EEN onderwerp en skryf 80 – 100 woorde daaroor.
• Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan.
3.1 ADVERTENSIE
Jy wil graag ekstra geld verdien, maar weet nie hoe nie ... en toe besef jy
dat jy baie goed met rekenaars is!
Skryf ʼn advertensie waarin jy adverteer hoe jy mense van hulp kan wees
en sommer ook geld daarmee kan verdien. Maak gebruik van die ABBA
beginsel om jou met jou advertensie te help. (Aandag trek, Belangstelling
wek, Begeerte wek, tot Aksie oorgaan.) [20]
3.2 LYS
Die detensieklas op ʼn Vrydagmiddag is vol met graad 8’s wat gestraf word
omdat hulle sekere skoolreëls aanhoudend oortree. Jy is gevra om ʼn lys te
maak van die agt mees algemene skoolreëls wat hulle in detensie laat
beland sodat die graadhoof dit met hulle kan bespreek.
Maak ʼn lys van hierdie oortredings en nommer die oortredings van 1 – 8.
(Die lys moet in volsinne wees en nie net kriptiese woorde nie.) [20]
3.3 AANWYSINGS
Vir Lewensoriëntering moet jou groep danspassies uitwerk en vir punte
aanbied, maar nie almal in die groep kan dans nie.
Skryf die naam van die dans waarop jou groep besluit het neer en
verduidelik in ʼn paragraaf hoe die dans gedoen moet word. [20]
3.4 DAGBOEKINSKRYWING
Die strokie het jou laat dink aan die argumente wat jy byna daagliks met een
van jou ouers het. Dit ontstel jou en jou ouers.
Skryf jou gedagtes/emosies hieroor in jou dagboek. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum