You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019 hlayiso.com

Subject: Afrikaans FalGrade 1220196 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ʼn streep deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Die pad tot in graad 12 was moeilik, maar dít was die moeite werd. [50] 1.2 Daar is nie genoeg geleenthede vir jongmense in Suid-Afrika nie! [50] 1.3 Ek hou van selfies. [50] 1.4 As die son gaan sak in my woonbuurt ... [50] 1.5 Kan daar ooit regtig vrede wees? [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn OPSTEL daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van die opstel neer. LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Bron: www.googleimages.com 2018] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.6.2 [Bron: pinterest 2018] [50] 1.6.3 [Bron: pinterest 2018] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2 Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor. Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jy het so pas gehoor dat jy volgende jaar as au pair oorsee kan gaan werk. Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou broer/suster om die goeie nuus met hom/haar te deel en vertel wat alles jy as au pair moet doen. [30] 2.2 HULDEBLYK Julle huishulp is onlangs aan kanker dood. Jy is deur die familie gevra om die huldeblyk by die begrafnis te doen. Skryf die HULDEBLYK. [30] 2.3 RESENSIE ʼn Nuwe eetplek het onlangs in julle stad/dorp oopgemaak. Jy moet ʼn resensie vir julle skoolkoerant oor die nuwe eetplek skryf. Skryf nou die RESENSIE neer. [30] 2.4 ONDERHOUD Jy het aansoek gedoen om by ʼn plaaslike kinderhuis vrywillige werk te doen. Die matrone wil ʼn onderhoud met jou voer voordat sy jou sal toelaat om daar te kom werk. Skryf die ONDERHOUD neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 PLAKKAAT Daar het ʼn groot brand in julle omgewing uitgebreek en van die mense het hul huise en besittings verloor. Die leerders van julle skool wil graag help deur mense aan te moedig om donasies van klere en kos te skenk. Ontwerp ʼn PLAKKAAT om dit te adverteer. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWING Jy het verkeerdelik ʼn WhatsApp-boodskap aan een van jou vriende gestuur wat vir iemand anders bedoel was. Ongelukkig het jy hierdie vriend in die boodskap genoem en hy/sy het jou daaroor gekonfronteer. Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS: Die dag toe jy die boodskap gestuur het. Die dag toe jou vriend/in jou gekonfronteer het. [20] 3.3 INSTRUKSIES Jy is volgende jaar op pad universiteit toe en jou ouers is van plan om vir jou ʼn motor te koop sodat jy vervoer het. Hulle het egter baie duidelike instruksies aangaande die motor en jou gebruik daarvan gegee. Skryf SEWE (7) INSTRUKSIES neer wat jou ouers jou aangaande die motor gee. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all