Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
*AFRFA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)11 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4, 5 en 6) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Beplan jou tyd sό:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
BOELIES OP SOSIALE MEDIA
1 Daar is ʼn nuwe gevaar wat kinders direk raak.
2 Ons vind boelies nie meer net op skoolterreine nie. Dit gebeur
daagliks dat tieners hulle maats ook in die kuberruim (cyber
space) boelie. ʼn Selfoon, tablet of rekenaar met internet kan ʼn
wapen in ʼn tienerdogter of -seun se hande word. Indien ʼn kind
nie van ʼn skoolmaat hou nie, gebruik hy dan verskillende
maniere om ʼn skoolmaat se naam af te breek.
3 Die kuberboelies versprei daarom aspris negatiewe of onwaar skinderstories om
die slagoffer seer te maak en sleg te laat voel. En dis natuurlik soveel makliker
om katterig te wees as jy nie die teiken van jou valse kwaadpratery in die gesig
hoef te kyk nie wanneer jy hom of haar met modder gooi.
4 Maar wat is kuber-boeliery? Dit is stories wat nie waar is nie, lelike aanmerkings
en dreigemente waarmee kuberboelies hulle slagoffers op sosialemediaplatforms
viktimiseer.
5 ʼn Kind wat aanmekaar geboelie word, kan depressief raak en sy skoolwerk kan
daaronder ly. Dit kan ook sielkundige skade doen, kinders kan byvoorbeeld ʼn
minderwaardigheidsgevoel ontwikkel wat selfs eendag ʼn negatiewe effek op hulle
lewens as volwassenes kan hê.
6 As ouers nie wil hê dat hul kinders negatief beïnvloed word nie, is dit belangrik
om iets daaraan te doen.
7 Een ding wat ouers kan doen, is om te monitor watter webtuistes hul kinders
besoek en met wie hulle gesels wanneer hulle aanlyn is. Dit sal ook ʼn goeie idee
wees om die rekenaar op ʼn plek in die huis te plaas waar jy makliker kan sien
wat hulle op die web doen.
8 As ouers spontaan of openlik met hul kinders is, kan hulle met hulle oor hierdie
sake praat. Dit maak dit vir die kind maklik om aan die ouer te vertel as hulle deur
iemand aanlyn of deur hul selfoon geboelie word.
9 Dit is die ouers se verantwoordelikheid om hul kinders te leer hoe om hulself by
die skool en op die internet te beskerm. Dit is ook hul plig om seker te maak dat
hulle kinders nie ander boelie nie, want dit is verkeerd en niemand verdien om
deur so iets te gaan nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
10 Kinders moet geleer word om nie op ʼn kuberboelie se lelike
en negatiewe boodskappe te reageer nie. As kinders stilbly,
maak hulle hul nie ook skuldig aan boeliegedrag nie.
11 Alle bewyse van boeliegedrag soos WhatsApps wat die kind liggaamlik en
emosioneel bangmaak, moet gebêre word. Maak ook skermskote van
boodskappe en stuur dit aan ʼn verantwoordelike familielid van die boelie en
bespreek dit met die skoolsielkundige. Stop boeliegedrag voor dinge lelik raak,
omdat dit gewoonlik met verloop van tyd ook aggressiewer kan raak.
12 Gaan dadelik met enige bewys na die polisie. In baie gevalle kan die kuberboelie
krimineel vir sy gedrag vervolg word.
13 Ouers moet hul seun of dogter nooi om openlik met hulle oor boeliegedrag en
hulle gevoelens te praat. Ouers moet seker maak hulle kinders verstaan dit is nie
hulle skuld nie. Die kind hoef nie daaroor skaam te voel nie. Die probleem lê by
die boelie en nié by die kind nie.
14 Laastens moet ouers met hul kinders oor die verantwoordelike gebruik van sosiale
media praat. Alles wat die kinders aanlyn pos, kan teen hulle gehou word en dit
wys eintlik hulle karakter aan die wêreld.
15 Sosiale media was nog nooit bedoel om iemand seer te
maak nie. Dit is dus nie reg om die tegnologie of die
mense wat hierdie tegnologie geskep het te blameer
nie. Die een wat jy moet blameer, is hulle wat met lelike
gedagtes in die kuberruimte rondgaan en soek na 'n
gewillige of onskuldige prooi!
16 Veroorsaak sosiale media boeliegedrag? Soek eerder die fout by onetiese en
gevoellose internetgebruikers.
[Verwerk en aangepas uit http://ciskano1.com/pietventer/boelies.html/ https://
jougesin.solidariteit.co.za/hanteer-jou-kind-se-kuberboelie/. Toegang op 04 Januarie verkry.]
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 Wat is die nuwe gevaar in paragraaf 1? (1)
1.2 Hoekom word daar in paragraaf 2 van skoolterreine gepraat? (1)
1.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies.Skryf net die vraagnommer en
antwoord neer. (1)
ʼn Selfoon is ʼn wapen in ʼn kind se hand beteken dat jy iemand
(fisies/emosioneel) skade doen.
1.4 Watter WOORD in paragraaf 2 wys dat kinders baie in die kuberruim
geboelie word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
1.5 Wat beteken dit as iemand katterig optree? (1)
1.6 Jy gooi iemand met modder. (paragraaf 3):
1.6.1 Word hierdie stelling letterlik of figuurlik gebruik? (1)
1.6.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 1.6.1. (1)
1.7 Watter antwoord is nie korrek nie? Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.7) neer. (1)
Hierdie artikel ...
A is ʼn waarskuwing vir kinders wat ander boelie.
B gee raad aan kinders wat geboelie word.
C sê dat boeliery nie net by skole plaasvind nie.
D sê dat boeliery nie ernstig opgeneem moet word nie.
1.8 Noem TWEE gevolge van boeliery op kinders. (2)
1.9 Dink jy dit is ʼn goeie idee dat ouers hul kinders monitor en ook kyk na watter
webtuistes hulle besoek? Motiveer jou antwoord. (1)
1.10 Hoekom moet bewyse van boeliery aan ʼn verantwoordelike familielid gestuur
word? (1)
1.11 Wat impliseer die skrywer dat die boelie met verloop van tyd aggressiewer
raak? (1)
1.12 Hoekom is dit, volgens paragraaf 10, beter as ʼn kind nie op ʼn boelie se
slegte boodskap reageer nie? (1)
1.13 Haal TWEE AGTEREENVOLGENDE woorde aan (paragraaf 12) wat
impliseer dat die boelie moontlik tronk toe kan gaan of ʼn boete kan kry. (1)
1.14 Kies die korrekte antwoord uit KOLOM B wat by die woord in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.14.1–1.14.3) neer,
bv. 1.14.4 E.
KOLOM A KOLOM B
1.14.1 Kuberboelie A Hoef nie skaam te voel nie
1.14.2 Slagoffers B Nie bedoel om iemand seer te maak
nie
1.14.3 Internet C Sien sosiale media as ʼn wapen
D Positiewe effek op volwassenes
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.15 Jy moet ʼn paar keer geboelie word voordat jy na die polisie mag gaan.
Haal ʼn sin aan wat hierdie stelling as ONWAAR bewys. (1)
1.16 Hoekom hoef die kind (paragraaf 13) nie skaam te wees as hy/sy geboelie (1)
word nie?
1.17 Na wie verwys ʼn gewillige of onskuldige prooi in paragraaf 15? (1)
1.18 Hoe, dink jy, kan dinge wat jy aanlyn pos teen jou gehou word? Noem EEN (1)
moontlikheid.
1.19 Hoekom, dink jy, is sosiale netwerke geskep? (1)
1.20 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die antwoord op die vraag in paragraaf 16 lê in die laaste sin.
Ons kan daarom aflei dat hierdie antwoord (ja / nee) is. (1)
Kyk goed na die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS B
[Aangepas uit Die Burger, 14 Mei 2014]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
VRAE
1.21 Gee EEN moontlike rede hoekom die kinders in die jare 2016+ uiters vet
geword het. (1)
1.22 X, XL, XXL en XXXL verwys gewoonlik na die grootte van klere. Waarna
verwys hierdie simbole in die prent? (1)
1.23 Gee EEN rede waarom generasie X moontlik maerder as die ander
generasies is. (1)
1.24 Hoe kan jy uit die prent aflei dat kinders in Generasie Super XXXL nie
tevrede met hulle gewig is nie? (1)
1.25 Watter boodskap word deur die prentjies aan weerskante van die opskrif
oorgedra? (1)
1.26 Watter afleiding kan jy maak dat die seuntjies in Generasie XXL en
Generasie Super XXL geen skoolsakke dra nie? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
INSTRUKSIES
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
• Skryf SEWE wenke oor hoe ouers kan voorkom dat hulle kinders nie
afgeskeep word nie in jou EIE VOLSINNE neer.
• Skryf die wenke puntsgewys neer.
• Nommer die sinne van 1–7.
• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
• Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
OUERS KAN VOORKOM DAT HULLE KINDERS NIE AFGESKEEP WORD
NIE!
In ons moderne lewe is al twee ouers verplig om te gaan werk as gevolg van
finansiële redes. Dit het ʼn negatiewe invloed op ouerskap. Hier volg ʼn paar wenke
wat belangrik is om te voorkom dat ouers nie hulle kinders afskeep nie.
Dit het by die moderne ouers mode geword om hul sorg by hul kinders te
verminder deur duur TV- en rekenaarspeletjies te koop. Kinders moenie toegelaat
word om heeldag binne te sit en elektroniese speletjies te speel nie. Ouers kan
interessante aktiwiteite uitdink wat hulle saam met hulle kinders kan doen. Dit lei
na kreatiewe kinders wat dinge vir hulself kan doen en ook wat self kan dink. As
ouers ook hul kinders se vrae beantwoord, sal hulle veilig en benodig voel.
Kinders mimiek baie maal hulle ouers se optrede. Dit is baie belangrik dat ouers
ʼn goeie voorbeeld en rolmodel vir hulle kinders moet wees.
Speel is die beste manier om nuwe dinge te probeer, foute te maak, te leer en te
onthou. Daarom is dit belangrik dat kinders moet speel en hulle verbeelding
gebruik. ʼn Groot speelgoedmaatskappy wou sy mark toets vir watter tipe
speelgoed die populêrste is. Meer as 90% van die kinders het geantwoord dat
hulle meer kwaltiteit tyd saam met hul ouers wil spandeer. Ouers wat vir hul
kinders omgee, neem verantwoordelikheid vir hulle kind se lewe en niks of
niemand mag ʼn ouer vervang nie.
[Verwerk en aangepas http://pd.voortrekkers.org.za/pdf/Artikels/OUERSKAP.pdf. Toegang op 04
Januarie 2019 verkry.]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat
beantwoord moet word.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.
TEKS D
[Aangepas en verwerk uit GOOGLE PICTURES]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAE
3.1 Wat moet ʼn mens doen om hulp by OUT-surance te kry? (1)
3.2 Watter antwoord is ONWAAR? Skryf net die korrekte vraagnommer en die
letter as antwoord neer, bv. 3.2 E.
Die leser word gemanipuleer om ʼn kliënt van OUT-surance te word ...
A deur die prent van die meisie wat die motor stoot.
B deur die woorde waar jy altyd iets uitkry.
C deur die woorde ons is net ʼn klik weg.
D deur die gebruik van vetgedrukte woorde. (1)
3.3 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.
Die TUSSENWERPSEL wat die meisie se woorde in die advertensie die
beste sal voltooi is (Sjoe!/Foeitog!) Ek is moeg. (1)
3.4 Vir watter deel van ʼn woord staan die afstandskoppelteken in die
onderstaande sin?
Ons spesialiseer in motor- & huisversekering. (1)
3.5 Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord in die volgende sin:
Die motor het ʼn (dood) battery. (1)
3.6 Watter woord maak die advertensie persoonlik? (1)
3.7 Herskryf die sin en skryf die deel tussen hakies in die infinitief.
As jy iemand nodig het (sleep jou motor na die naaste diensverskaffer),
skakel OUT-surance. (1)
3.8 Watter voegwoord word met die & in Motor & Huisversekering
geïmpliseer? (1)
3.9 Gee ʼn sinoniem uit die advertensie wat dieselfde as verniet beteken. (1)
3.10 Hoekom gebruik die adverteerder ʼn vrou en nie ʼn man in die advertensie
nie? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
[Aangepas: Onbekende bron]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAE
4.1 Waarvoor staan die musieknote in raampie 1? (1)
4.2 Kies die korrekte antwoord om die sin korrek te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord neer.
Die seuntjie in raampie 3 staan op sy (kniee/knieë). (1)
4.3 Hoekom is die seuntjie in raampie 4 ongelukkig? (1)
4.4 Gee die VERKLEININGSVORM van die vetgedrukte woord in die volgende
sin
Ek wil vir my ma ʼn hartjie en ʼn blom gee. (1)
4.5 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
Ek wil my vir ma ʼn hartjie en ʼn blom gee.
Begin so: Die seuntjie sê dat ... (1)
4.6 Gee die INTENSIEWE VORM vir die vetgedrukte woord. Skryf net die
woord as jou antwoord neer.
In raampie 5 hardloop die seuntjie vinnig na sy ma toe. (1)
4.7 Voltooi die sin met die korrekte VOORSETSEL.
Die ma raas ... die seuntjie. (1)
4.8 Hoe weet ons dat die seuntjie in raampie 4 ongelukkig is? (1)
4.9 Hoe weet ons dat die ma, in raampie 6, op die seuntjie skree? (1)
4.10 Wat dink jy skree die ma vir die seuntjie in raampie 6? Jou antwoord moet
nie meer as VYF woorde wees nie. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G)
hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.
Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F
VUVUZELAS: EIE AAN AFRIKA
Baie mense hou van die Vuvuzela se geluid terwyl ander nie. Maar as ʼn mens
van die vuvuzela praat, verwys (5.1 ...) na die geluid wat dit maak.
Die mense sê dit lyk asof die (5.2 koedoe) se horing die vuvuzela se oeroupa is.
(5.3 Ou Afrika-stamme het ʼn koedoehoring geblaas) om stamlede bymekaar te
roep. (5.4 Sokkerentoesiaste het later dieselfde geluid probeer namaak.) Hulle
het toe ʼn blaasinstrument van blik gemaak.
In die 1990’s het twee (5.5 Kaap) besluit om dié blaasinstrument van plastiek te
maak. (5.6 Hulle het aanhou probeer tot die koedoehoring se klank perfek
nagemaak is.) Eers in 2004 het hulle die (5.7 nuwe) blaasinstrument geregistreer.
In Zoeloe beteken dit “om groot geraas te maak”.
(5.8 Sokkertoeskouers hou van die vuvuzela.) (5.9 Daarmee kan jy jou vreugde
oor of jou teleurstelling in jou span se spel uitdruk.) Die hoofdoel is om te wys dat
jy die spelers ondersteun. (5.10 Jy blaas harder. Die spelers speel beter.)
(5.11 Judith Sephuma, bekende jazz-sangeres, sê dat sy mal daaroor is.) Ons is
Afrikane en ons mag geraas maak. Toe die sokkerondersteuners eenkeer in
Bloemfontein saam met die geluid van die vuvuzela gesing het, was dit een van
die mooiste klanke wat sy nog ooit gehoor het. (5.12 Sy glo dis pret want dit bou
spangees en dis ons eie.)
(5.13 Meneer) Sepp Blatter, die president van Fifa, het gesê dit is Afrika se
kultuur. Suid-Afrikaners het dit in die (5.14 19de) Fifa-Wêreldbekertoernooi
gebruik. Hulle beoefen hul kultuur wanneer hulle kan.
[Verwerk en aangepas uit Leesbegrip. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 DBE/November 2010]
5.1 Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Skryf slegs die
vraagnommer en die korrekte woord neer.
As ʼn mens van die vuvuzela praat, verwys ... na die geluid wat dit maak. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
5.2 Kyk na die WOORDEBOEKINSKRYWING. Op watter deel van die woord
word die klem geplaas? Skryf slegs die deel van die woord wat klem dra as
antwoord neer.
Koeˈdoe s.nw [~s] (<Xh.) (1)
5.3 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Ou Afrika-stamme het ʼn koedoehoring geblaas. (1)
5.4 Herskryf die volgende sin en begin met die onderstreepte woord.
Sokkerentoesiaste het later dieselfde geluid probeer namaak. (1)
5.5 Vorm ʼn PERSOONSNAAM met die woord tussen hakies.
In die 1990’s het twee (Kaap) besluit om dié blaasinstrument van plastiek
te maak. (1)
5.6 Herskryf die volgende sin in ʼn VRAAGSIN.
Hulle het aanhou probeer tot die koedoehoring se klank perfek nagemaak
is. (1)
5.7 Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies.
Eers in 2004 het hulle die (nuwe) blaasinstrument geregistreer. (1)
5.8 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
Sokkertoeskouers hou van die vuvuzela. (1)
5.9 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Jy kan jou vreugde oor jou span se spel uitdruk. (1)
5.10 VERBIND die sinne met die woorde wat gegee word.
Jy blaas harder. Die spelers speel beter.
Begin so: Hoe harder ... (1)
5.11 Skryf die sin in die DIREKTE REDE.
Judith Sephuma sê dat sy mal daaroor is. (1)
5.12 Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN op die korrekte plek
in.
Sy glo dis pret want dit bou spangees en dis ons eie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15
5.13 Skryf die AFKORTING vir die woord tussen hakies.
(Meneer) Sepp Blatter het gesê dit is Afrika se kultuur. (1)
5.14 Skryf die GETAL tussen hakies in woorde.
Suid-Afrikaners het dit in die (19de) wêreldbekertoernooi gebruik. (1)
Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G
[Verwerk uit www.neelsie.co.za]
5.15 Gee die korrekte TEENWOORDIGE DEELWOORD van die woord tussen
hakies.
Die (lag) kind staan op die tafel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
5.16 Kies die korrekte woord tussen hakies.
Die kind (spuit/spyt) die onderwyser met ʼn tuinslang nat. (1)
5.17 Gebruik die homoniem van leer in ʼn sin sodat die betekenis duidelik blyk.
Hierdie kinders moet ʼn les leer. (1)
5.18 Vorm ʼn samestelling met die woorde tussen hakies.
Meneer het nie ʼn (tafel + doek) op sy tafel nie. (1)
5.19 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies neer.
Die (stout) kind hang aan die skryfbord. (1)
5.20 Herskryf die volgende sin en verbeter die taalfout.
Meeste kinders in die klas is stout. (1)
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper