Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2013
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 1
- Pages
- 15
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie goed.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.
Sport: Laat kinders kies!
?
?
[Uit: http://www.google.com]
1 Kinders se keuse van ʼn sportsoort en deelname aan sport is baie belangrik.
Hierdie keuse is nie eenvoudig nie, want een kind se droomsport is dalk ʼn
ander kind se nagmerrie. Dit is die rede hoekom ouers hulle kinders geleidelik
aan verskillende sportsoorte moet bekendstel. Ouers wil graag hê dat hulle
kinders op ʼn jong ouderdom aan sport begin deelneem, maar hulle is dikwels
onseker oor hoe en wanneer hulle hul kinders moet help om ʼn sportsoort te
kies. Die sport moet genotvol, veilig, maar nie te duur wees nie. Aan die begin
van elke skooljaar is baie ouers dus in dieselfde bootjie wanneer dit by die
keuse van ʼn sportsoort kom.
2 Johann en Magriet Meiring se oudste seun, Kobus (13), was in graad een toe
sy ouers hom gedwing het om rugby te speel, want hy was in daardie stadium
groot gebou en baie sterk. Johann en Magriet het gevoel rugby is ʼn gewilde
sportsoort; daarom het hulle hom gemotiveer om rugby te begin speel. Hulle
het gedink dit is ʼn sportsoort wat baie kinders ken en waarvan hulle hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
3 Maar die ouers was verkeerd! Kobus kon nie byhou met die oefening nie en
was altyd laaste met alles. Magriet het hom probeer motiveer, maar sy kon
sien hy het nie genoeg talent gehad om ʼn goeie rugbyspeler te word nie.
4 Kobus is boonop deur ander kinders by die skool geboelie. Magriet het moeg
geword vir dié geboelie. Volgens Magriet het hy die krag gehad, maar ʼn baie
klein hartjie. Binne twee maande het Kobus besluit om nie meer rugby te
speel nie.
5 Twee jaar later het Kobus ʼn interessante dokumentêre program oor karate op
televisie gesien. Kobus het sy belangstelling in karate met sy ma bespreek.
Sy kleiner boetie, André, het ook daarin begin belangstel. Kobus het selfs by
die plaaslike bibiloteek boeke gaan uitneem oor dié sportsoort. Daarna het
Magriet hom en André na ʼn karateskool toe geneem om meer oor dié
sportsoort te gaan uitvind.
6 Die seuns het self besluit om karate te doen. Magriet het die duur, wit
karatepakke gekoop en baie geld vir die afrigting betaal. Die uitgawes het
haar nie gepla nie. Sy wou net hê haar kinders moes gelukkig wees. Toe het
sy gesê as hulle ʼn ander sportsoort ontdek waarvan hulle meer hou, kon hulle
weer verander.
7 Magriet besef nou dat dit die beste is om die kinders self die sportsoort te laat
kies. Sy sê: “Kobus presteer goed omdat hy self besluit het wat hy wou doen.”
Vandag is Kobus baie in sy noppies met sy keuse. Hy het aan twee toernooie
deelgeneem en hy het onlangs sy geel gordel gekry. Hy het ook ʼn klomp
sertifikate en medaljes gewen. Volgende jaar wil hy ekstra karatelesse
bywoon en later oorsee gaan kompeteer. Magriet is verbaas oor hoeveel
selfvertroue Kobus gekry het. Hy wil selfs weer begin rugby speel.
8 André het aan dieselfde karatetoernooie as Kobus deelgeneem, maar hy het
nie so goed presteer nie. Die trane het gerol toe hy in sy heel eerste geveg ʼn
vuishou op die mond gekry het. Dit was moeilik vir Magriet om te staan en kyk
hoe André seergekry het, maar dit was sý keuse om aan karate deel te neem.
Sy het later besef dat hierdie ervaring hom uiteindelik gehelp het om dapper
en sterk te word.
9 Magriet gee die volgende advies aan ouers:
• Laat kinders self ʼn sportsoort kies en vergeet wat jy as ouer in gedagte
het.
• Moenie kinders forseer om aan ʼn spesifieke sportsoort deel te neem nie.
• Respekteer jou kinders se keuses.
• Aanvaar dat die een kind altyd beter as die ander een sal wees.
• Leer kinders dat wen nie alles is nie.
• Ondersteun en motiveer jou kinders ewe veel.
[Verwerk uit: Huisgenoot, 3 Februarie 2011]
1.1 Watter woord dui aan dat ouers nie altyd weet hoe om hulle kinders met hulle
keuses te help nie? (Paragraaf 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
1.2 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
“… is baie ouers … in dieselfde bootjie” (paragraaf 1) beteken dat ouers ...
A in dieselfde boot seil.
B in dieselfde situasie is.
C in dieselfde moeilikheid is.
D in dieselfde sport belangstel. (1)
1.3 Wat impliseer die skrywer met die woord “droomsport”? (Paragraaf 1) (1)
1.4 Gee TWEE redes waarom ʼn mens sou dink dat Kobus ʼn goeie rugbyspeler
kon wees. (2)
1.5 Wat het Magriet laat besef dat Kobus nie ʼn goeie rugbyspeler was nie?
Noem TWEE dinge. (2)
1.6 Hoe weet jy dat die kinders aggressief teenoor Kobus was? (1)
1.7 Volgens Magriet het hy die krag gehad, maar ʼn baie klein hartjie.
(Paragraaf 4)
1.7.1 Word die woorde “klein hartjie” letterlik of figuurlik bedoel? (1)
1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1. (1)
1.8 Watter les het Magriet oor die keuse van ʼn kind se sportsoort geleer? (1)
1.9 Waar het Kobus se belangstelling in karate begin? (1)
1.10 Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 7 aan wat sê dat
Kobus nou baie gelukkig met sy sportsoort is. (1)
1.11 Hoe verskil André en Kobus se prestasies in karate? (2)
1.12 Hoe het Kobus se prestasies in karate met sy karakterontwikkeling gehelp? (1)
1.13 Watter positiewe gevolg het die vuishou wat André gekry het, vir hom gehad?
(Paragraaf 8) (1)
1.14 Dink jy ʼn mens neem aan sport deel om te wen? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
1.15 Magriet glo nie daaraan om een kind voor te trek nie.
Haal ʼn SIN uit paragraaf 9 aan wat die stelling bewys. (1)
1.16 Waarom is die gebruik van die uitroepteken in die titel effektief? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
TEKS B: VOORBLAD
Bestudeer die tydskrifvoorblad hieronder en beantwoord die vrae.
25 November
2010
SPESIALE
GIDS BINNE
Bladsye vol
geskenke
Tydskrif van
die JAAR!
Advantage
Admag-
toekenning
2010
[Verwerk uit: Huisgenoot, 25 November 2010]
1.17 Die voorblad gee die leser ʼn idee van die tydskrif se inhoud.
1.17.1 Watter artikel is die belangrikste in hierdie tydskrif? Skryf die titel
van die artikel neer. (1)
1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1 met TWEE redes wat jy
uit die voorblad afgelei het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
1.18 Wat is die doel van die spesiale gids wat in hierdie tydskrif verskyn? (1)
1.19 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
Uit Kate se gesigsuitdrukking lei ons af dat sy ... is.
A onseker
B gelukkig
C ongemaklik
D verwonderd (1)
1.20 Hoe oud was die kind wat vermoor is? (1)
1.21 Hoe weet ons dat dié tydskrif een van die beste tydskrifte is? (1)
1.22 Waarom, dink jy, word die opskrif van die artikel “Wie is regtig Inge se
moordenaar?” in die vorm van ʼn vraag gestel? (1)
1.23 Mense wat van kompetisies hou, sal ook hierdie tydskrif wil koop.
1.23.1 Watter artikel sal hulle aandag trek? Skryf die opskrif van die artikel
neer. (1)
1.23.2 Waarom, dink jy, gebruik die skrywer ʼn prentjie van die motor op
die voorblad van die tydskrif? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2: HOE OM JOU AFRIKAANS TE VERBETER
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die maniere waarop jy jou Afrikaans kan verbeter in SEWE sinne op.
2. Skryf die maniere PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die sinne van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
HOE OM JOU AFRIKAANS TE VERBETER
1 Sukkel jy met Afrikaans? Daar is maniere waarop jy jou punte in Afrikaans
kan verbeter! Een van die maniere waarop jy jou punte kan verbeter, is deur
jou woordeskat uit te brei.
2 Kyk na Afrikaanse televisieprogramme. Daar is programme soos 7de Laan,
MK89 en Kwêla op die KykNET-kanaal. As jy voel jy het nie genoeg tyd in die
week nie, kan jy Sondae springmielies voor die televisie sit en eet en die 7de
Laan-omnibus geniet.
3 Luister na goeie Afrikaanse radioprogramme. As jy na die programme luister
terwyl jy jou huiswerk doen, hoor jy Afrikaans. Op Radio Sonder Grense is
daar goeie programme vir tieners. Befonk is ʼn spesiale radioprogram wat
handel oor alles wat vir jongmense belangrik is.
4 Daar is baie Afrikaanse liedjies wat gewild is onder jongmense wie se
moedertaal nie Afrikaans is nie. Luister na Afrikaanse musiek. As jy nie weet
waar om te begin nie, kyk ’n bietjie na MK89 en luister na die radio.
5 Die meeste leerders gebruik ʼn woordeboek net wanneer hulle opstelle skryf.
Gebruik woordeboeke ook as jy ʼn woord hoor wat jy nie ken nie. ʼn Pharos
Skoolwoordeboek is goed, want dit sluit nuwe woorde in.
6 Ou eksamenvraestelle is ʼn waardevolle hulpmiddel. Werk dus die vorige
vraestelle uit om uit jou foute te leer. Die foute wat jy byvoorbeeld in opstelle
en taalkunde gemaak het, sal jou bewus maak van jou probleemareas en jy
kan seker maak dat jy nie weer dieselfde foute begaan nie.
7 Het jy vriende wat goed in Afrikaans is? Gesels net in Afrikaans met jou
vriende. Mag hierdie wenke jou help om jou Afrikaans te verbeter.
[Verwerk uit: http://www.holderstebolder.co.za]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer. Daar is opsetlike
taalfoute in die advertensie.
(3.1) (Koop ʼn woord!/Jy moet asseblief ʼn woord koop.)
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Wil jy seker maak Afrikaans bly voortbestaan?
Koop ʼn woord teen R100 per woord. Jy kan ʼn ABSA-bank kontantprys van R25 000 wen.
• Die woord (3.3) wat jy vir betaal, sal die taal laat voortbestaan.
• (3.4) Al hierdie woorde verskyn in (die/dié) woordeboek.
• Jy (3.5) kry ʼn mooi sertifikaat waarop die woord of woorde wat jy koop, groot
sal verskyn.
“As TV-aanbieder wil ek (3.6) seker maak dat ek inspirasie uit ander bronne kry.”
(3.7) Charlene Truter sê dat sy hierdie woordeboek verkies.
WAT sit woorde in ons monde.
KOOP ASSEBLIEF WOORDE!
Charlene Truter
Stuur ʼn tjek saam met jou woord of woorde, adres en telefoonnommer na
WAT Trust, Posbus 245, Stellenbosch,7600
(3.8) Sluitingsdatum: 30 Maart 2013
*Volgende prystrekking: 30 April 2013
(3.9) *Die wenner van die vorige prystrekking is meneer Basil Soldatos.
[Verwerk uit: Rooi Rose, 18 Oktober 2011]
3.1 Waarom is die opskrif “Koop ʼn woord!” beter as die opskrif “Jy moet asseblief
ʼn woord koop.”? (1)
3.2 Skryf ʼn sin waarin jy verduidelik waarom die woord “jy” in plaas van “u” in
hierdie advertensie gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
3.3 Gee die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.
Die woord (wat+vir) jy betaal, sal die taal laat voortbestaan. (1)
3.4 Hoekom is dit effektief om die woord “die” in die volgende sin te beklemtoon?
Al hierdie woorde verskyn in dié woordeboek. (1)
3.5 Kies die woord wat die korrekte SINONIEM vir die onderstreepte woord is.
Skryf net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
Jy kry ʼn mooi sertifikaat.
A wen
B koop
C maak
D ontvang (1)
3.6 Gee die INTENSIEWE/VERSTERKTE VORM van die onderstreepte woord.
Skryf slegs die woord as antwoord neer.
As TV-aanbieder wil ek seker maak dat ek inspirasie uit ander bronne kry. (1)
3.7 Skryf die sin in die DIREKTE REDE neer.
Charlene Truter sê dat sy hierdie woordeboek verkies. (2)
3.8 Skryf die onderstaande inligting uit die advertensie in ʼn volsin neer.
Sluitingsdatum: 30 Maart 2013 (1)
3.9 Skryf die sin in die VERLEDE TYD neer.
Die wenner van die vorige prystrekking is meneer Soldatos.
Begin só: Die wenner ... (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
Ek onthou my en Helga Maar ek kan elke dag lank
se troue asof dit gister nie ʼn belofte te wag dat sy
HÄGAR was! onthou om ... ʼn rok kies
nie.
Die
Verskriklike Ek het belowe
om haar lief te hê
tot die dood toe.
1 2
Ons is Nee, ek kan Wat verkies jy, my man? My Jou ROOI rok!
laat, nie besluit GEEL rok of ROOI rok? Beslis jou ROOI rok!
Helga! watter rok
Is jy om aan te
amper trek nie ...
klaar?
3 4 5
DIE GROEN ROK! Vrouens vat altyd lank om aan
Hou jy van Beslis die GROEN ROK!! te trek!
die GROEN
rok of die
ORANJE
rok? Of dalk die Of wat van
SWART rok die BRUIN
... rok?
6 7 8
[Uit: Beeld, Maart 2010]
4.1 Gee die VERKLEINING vir die onderstreepte woord in die volgende sin.
Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Hägar drink ʼn bier terwyl sy vrou aantrek. (1)
4.2 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE rede neer.
Helga vra vir Hägar: “Hou jy van die groen rok?” (2)
4.3 Kies die korrekte woord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
die woord as antwoord neer.
In raampie 6 kan ons duidelik uit Helga se gesigsuitdrukking aflei dat sy
(ontsteld/onseker/ontevrede) is. (1)
4.4 Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD neer.
Vrouens vat altyd lank om aan te trek. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
4.5 Vul die korrekte VOORNAAMWOORD in om die sin korrek te voltooi. Skryf
slegs die woord as antwoord neer.
Helga wil graag hê ... man moet dink dat sy mooi lyk. (1)
4.6 Kies die woord wat die volgende SPREEKWOORD korrek VOLTOOI. Skryf
net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
As Hägar nog meer bier drink terwyl hy vir Helga wag, gaan hy hoog in die ...
wees.
A takke
B blare
C bome
D wolke (1)
4.7 Maak ʼn sin met die woord groen (raampie 7). Gebruik die woord
KONNOTATIEF. (1)
4.8 Kyk weer na raampie 8. Wie word hier deur Hägar gestereotipeer? (1)
4.9 Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
antwoord neer.
Hägar drink nie twee beker bier terwyl Helga aantrek nie. (1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
TEKS F: ARTIKEL
Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. Opsetlike taalfoute kom
voor en woorde is uitgelaat.
EKSAMENSTRES!
1 (5.1) Voel jy dat jou skoolwerk vir jou te veel raak Ons het dr. Melissa Kang
gevra om raad te gee vir daardie dae wanneer die stres te veel raak.
2 KYK NA JOU LIGGAAM
(5.2) Eet gesond en doen gereeld oefening gedeurende die eksamentyd.
(5.3) Melissa sê dat ʼn mens (5.4) sjokolade of koffie moet vermy.
3 JY MOET GENOEG SLAAP KRY
Dit help nie as jy tot in die vroeë oggendure studeer nie. (5.5) Jy moet genoeg
slaap kry. “Probeer rustiger wees,” sê Melissa. “Moenie dink jy kan met (5.6)
14 uur se slaap ná jou laaste eksamenvraestel verlore slaap inhaal nie.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
4 (5.7) JY MOET ′N STUDIEROETINE ONTWIKKEL
Melissa glo jy moet self die besluit (5.8) ... om ʼn studierooster op te stel. Jou
vriend of (5.9) ... is ook altyd daar om jou te help. (5.10) Dalk verkies jy om
elke dag ʼn bietjie te werk. Die werk raak nooit te veel nie. ʼn Goeie
studieroetine (5.11) (lui/ly/lei) beslis tot minder stres.
5 HOU KOP
“Jy moet die tekens van moegheid herken,” sê Melissa. “As jy ʼn bietjie moeg
voel nadat jy te veel geleer het, kan jy (5.12) (gaan stap om die blok vinnig).
Ontspan in ʼn warm bad met kerse en (5.13) rustig musiek.”
[Verwerk uit Huisgenoot, 11 November 2011]
5.1 Skryf die sin oor en vul die korrekte LEESTEKEN in.
Voel jy dat jou skoolwerk vir jou te veel raak (1)
5.2 Verbeter die SPELFOUT in sin 1 van paragraaf 2. (1)
5.3 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.
Melissa sê dat ʼn mens sjokolade of koffie moet vermy. (2)
5.4 Kyk na die verkorte woordeboekinskrywing. Skryf die woord in lettergrepe
neer en onderstreep die lettergreep wat die klem dra.
sjo·ko·la´de s.nw. 1. (-s) Lekkergoed van kakao, suiker en kakaobotter berei:
ʼn Doos, reep sjokolade. 2. Drank uit kakao berei: ʼn Koppie sjokolade.
[Uit: HAT, 5de uitgawe] (1)
5.5 Skryf die volgende sin in die INFINITIEF oor.
Jy moet genoeg slaap kry.
Begin só: Jy behoort ... (1)
5.6 Skryf die onderstreepte getal VOLUIT. Skryf slegs die woord as antwoord
neer.
“Moenie dink jy kan met 14 uur se slaap ná jou laaste eksamenvraestel
verlore slaap inhaal nie.” (1)
5.7 Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.
Jy moet ʼn studieroetine ontwikkel. (1)
5.8 Voltooi die volgende sin deur die WERKWOORD in te vul. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.
Melissa glo jy moet self die besluit ... om ʼn studierooster op te stel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
5.9 Vul die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord in.
Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Jou vriend of ... is ook altyd daar om jou te help. (1)
5.10 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Dalk verkies jy om elke dag ʼn bietjie te werk. Die werk raak nooit te veel nie.
(sodat) (1)
5.11 Kies die KORREKTE WOORD uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.
ʼn Goeie studieroetine (lui/ly/lei) tot minder stres. (1)
5.12 Verbeter die WOORDORDE van die onderstreepte gedeelte in die volgende
sin.
As jy ʼn bietjie moeg voel nadat jy te veel geleer het, kan jy gaan stap om die
blok vinnig. (1)
5.13 Gee die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.
Ontspan in ʼn warm bad met kerse en rustig musiek. (1)
[14]
TEKS G: PRENT
Die taalvrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.
[Uit: Huisgenoot, 3 Maart 2011]
5.14 Voltooi die volgende sin met die korrekte VOORSETSEL. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.
Pa staan ... sy dogters. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/Feb.–Mrt 2013
NSS
5.15 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
In die prentjie lyk dit asof hulle ʼn goeie (gesin+lewe) het. (1)
5.16 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.
Die meisie is tevrede met die boodskap wat sy gekry het. (1)
5.17 Kies die woorde wat die volgende sin KORREK voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
Ma lyk onseker oor die moderne tegnologie terwyl Pa wys dat hy ...
A gemaklik voel.
B onrustig is.
C bekommerd raak.
D verveeld is. (1)
5.18 Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
woord as antwoord neer.
Die jonger meisie se hare is donker as haar suster se hare. (1)
5.19 Vorm ʼn DEELWOORD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
antwoord neer.
Die glimlag jong meisie het ʼn interessante sms ontvang. (1)
[6]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Afrikaans FAL P1 Nov 2013_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012 Memo_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P2 Feb-March 2012_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr 12 Afrikaans P1 (FAL) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans EAT V1 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2023_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
