Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12201333 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary 2013, 33 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC Supplementary 2013

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2013 MEMORANDUM PUNTE: 70 Hierdie memorandum bestaan uit 33 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord net EEN vraag. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn Bos Opstelvraag 35 4 OF 2. Kringe in ʼn Bos Kontekstuele vraag 35 5 OF 3. Die ongelooflike avonture van Opstelvraag 35 Hanna Hoekom 8 OF 4. Die ongelooflike avonture van Kontekstuele vraag 35 Hanna Hoekom 9 OF 5. Meeulanders Opstelvraag 35 12 OF 6. Meeulanders Kontekstuele vraag 35 13 OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord net EEN vraag. 7. Poppie, die drama Opstelvraag 35 16 OF 8. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 35 18 OF 9. Paljas Opstelvraag 35 20 OF 10. Paljas Kontekstuele vraag 35 21 OF AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord net EEN vraag. 11. Die pakkie Opstelvraag 35 24 OF 12. Astra castra Kontekstuele vraag 35 25 OF AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte. 13. Thumela Kontekstuele vraag 17½ 28 OF 14. Woorde Kontekstuele vraag 17½ 29 OF 15. Kontak Kontekstuele vraag 17½ 30 OF 16. Kabouterliefde Kontekstuele vraag 17½ 31 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum NASIENRIGLYNE • As ʼn kandidaat in AFDELING A, B en C altwee die vrae gedoen het, word net die eerste vraag per afdeling nagesien en ʼn streep word deur die tweede vraag getrek. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) • As ʼn kandidaat meer as twee gedigte in AFDELING D beantwoord het, word die eerste twee gedigte nagesien. Trek ʼn streep deur die laaste (twee) gedig(te). • As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. Sien met ander woorde die eerste antwoord na. • As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien. • As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word die antwoord as verkeerd aangedui. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word die antwoord as korrek beskou. • Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat die kandidaat hom-/haarself gepenaliseer het. • As die opstel te lank is, laat ʼn oorskryding van ʼn maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die res van die opstel. • Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum AFDELING A: ROMAN VRAAG 1: OPSTELVRAAG KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Sien aangehegte rubriek By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM: Saul se eerste ontmoeting met Kate • Saul het Kate die eerste keer gesien toe hy saam met sy pa dorp toe gegaan het. • Terwyl Saul in die wa gesit het, het die kinders uit die skool gekom en verby die wa geloop. • Kate het hom genader. • Kate het vir Saul soos ʼn engel gelyk. Hy het haar mooi voorkoms vergelyk met dinge uit sy leefwêreld. Hy het haar glansende hare vergelyk met heuning in die son. Haar oë was vir hom soos kershout se bas. Daar was geen stof op haar mooi klere nie. • In teenstelling met Kate, was Saul vuil; daarom wou hy uit skaamte wegvlug. • Kate het hom op Engels gevra of hy van die Bos af gekom het, maar Saul het niks gesê nie. • Die ander kinders het gelag en gesê Saul-hulle praat “kitchen Dutch”. • Saul het minderwaardig teenoor Kate gevoel. • Kate het Saul gevra of daar olifante in die Bos was, maar hy kon dit ook nie beantwoord nie. Saul en Kate se geheime ontmoetings op Sondae • Toe Saul agtien geword het, het hy vir Kate se pa, Alexander MacDonald, gaan werk. Hy het in die skuur geslaap. • Kate het hom skelm in die skuur begin besoek, ten spyte van haar pa se waarskuwing om nie na die skuur toe te gaan nie. • Kate het vir Saul Charles Dickens genoem, omdat Saul, nes Charles Dickens, ook hard gewerk het om geld te verdien om sy pa se skuld af te betaal. • Aan die begin was Saul nie vriendelik nie. • Saul kon nie met Kate kommunikeer nie, want hy kon nie Engels praat nie. • Kate het gesê sy sou hom Engels leer. Sy het die boek David Copperfield aan hom gestuur. • Saul kon nie die taal verstaan nie, maar die boek was vir hom baie belangrik. • Kate het Saul elke Sondag besoek. • Saul het die moeilike werksomstandighede by MacDonalds verduur, sodat hy Kate elke Sondag kon sien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum Saul en Kate wat erken het dat hulle mekaar liefhet • Jare later het Kate Saul eendag in die Bos agtervolg. • Daar het Saul en Kate eerlik en openlik met mekaar gesels. • Kate het Saul om vergifnis gevra dat sy in die verlede gesê het dat houtwerkers en hul kinders wild en vuil was. • Sy het ook gevra om by hom in die Bos te bly, sodat sy die Bos deur Saul se oë kon sien. • Hulle het twee dae saam in die Bos deurgebring. • Toe Kate hom gevra het of hy haar liefhet, het hy dit erken. • Kate het erken dat sy vir Saul lief was. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee 2.1 Saul se ma en suster is oorlede/het gesterf. (1) 2.2 • Sy het hulle verjaarsdae spesiaal gemaak. • Sy het verseker dat daar vleiskossie op hulle verjaarsdae was. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.3 • Jy word sterk/ʼn man/groot. • Jou gewig neem toe. (Of soortgelyk) (1) 2.4 Hy kon nie besluit het of hy nog ʼn kind of al ʼn grootmens was nie. (1) 2.5 bloubok(vleis) (1) 2.6 2.6.1 • Jozef het gemaak asof hy nie vir Saul gehoor het nie. • Jozef het hom vererg. • Jozef het vir Saul gesê dat almal geweet het dat die bloubokkie se gal in die kop sit. (Enige EEN) (1) 2.6.2 • Jozef het alles wat die grootmense gesê het, as waarheid aanvaar. • Jozef het niks bevraagteken nie. • Jozef het nie die moed gehad om die waarheid te aanvaar nie. (Of soortgelyk) (1) 2.7 2.7.1 Waar. (1) 2.7.2 • Saul het geleer dat hy nie alles wat die Bosmense gesê het, as die waarheid kon aanvaar nie. • Saul het geleer dat die Bosmense nie altyd reg was nie. • Saul het geleer dat hy vir homself moes dink. (Enige EEN) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 2.8 Ja. • Dit sou Saul help om ʼn bestaan te maak. • Dit was die familietradisie. (Enige EEN) OF Nee. Joram het nie vir Saul gevra wat hy wou doen nie. (Of soortgelyk) (1) 2.9 • Jozef het die riem by Saul oorgevat. • Jozef het aangehou lank nadat Saul reeds uitgesak het. (Of soortgelyk) (1) 2.10 • Saul het bang geword. • Saul wou terughardloop Bos toe. • Saul het duiselig gevoel. (Enige EEN) (1) 2.11 2.11.1 regering (1) 2.11.2 houtkaplisensie (1) 2.11.3 dwarslêers (1) 2.11.4 merk (1) 2.12 • A • A Kersfees • Kersfees (Enige EEN) (1) 2.13 • B • B olifantlewer • olifantlewer (Enige EEN) (1) 2.14 Vyandig (1) 2.15 Jozef het gedink dat Saul die owerhede laat weet het dat hulle olifante geskiet het/dat hulle olifanttande aan MacDonald verkoop het. (1) 2.16 • Hy het Saul vals beskuldig. • Saul was onskuldig. (Enige EEN) (1) 2.17 Op Kersdag behoort families saam te wees/mense in harmonie te bly/mense gasvry te wees/versoening te soek. (1) 2.18 Hy het gesien hoe ʼn olifanttand onder die hout op hulle wa uitgesteek het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 2.19 Ja. • Hulle was arm en moes iets doen om geld te verdien. • Dit was vir hulle makliker om olifante te skiet, in plaas van hout te kap. • Hulle kon meer geld met olifanttande verdien as om hout te verkoop. OF Nee. Dit is wreed om olifante te skiet. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 2.20 2.20.1 Onwaar (1) 2.20.2 MacDonald het gesê dat houtkappers en hul kinders wild/vuil was. (1) 2.21 2.21.1 D MacDonald (1) 2.21.2 A Martiens Botha (1) 2.21.3 C Harison (1) 2.21.4 E Joram Barnard (1) 2.22 • Dit is belangrik om goeie verhoudings met familielede te hê. • Jy moet jou familielede vertrou. • ʼn Mens moet leer om ook met die familielid wat anders dink, klaar te kom. (Of soortgelyk) (1) 2.23 • Saul het Arend gevra om hom te help om Patterson uit die Bos te dra. • In die straat het Arend in ʼn perdeskoen/hoefyster getrap. • MacDonald het geweier om iets/pleisters te gee om op Arend se voet te sit. • MacDonald het geweier dat Arend in die skuur kon bly. • Arend is as gevolg van dié besering/bloedvergiftiging oorlede. (Enige DRIE) (3) [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum VRAAG 3: OPSTELVRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Sien aangehegte rubriek By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening. Die leerders hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM: Hoe Hanna Mana as ma ervaar het • Hanna het gedink dat haar ma uniek was omdat haar ma verkies het dat sy op haar naam genoem moes word. • Hanna het haar ma as mallerig beleef. • Hanna het gedink Mana was anders as ander ma’s wat op die normale manier getrou en kinders gehad het. • Dit was vir Hanna vreemd dat Mana en haar gay-woonstelmaat (Gavin) vir haar (Hanna) “geskep” het. • Hanna het gedink Mana se storie oor Tibo as proefbuisbaba was simpel. • Mana Minnaar het volgens Hanna nooit ʼn tekort aan simpel idees gehad nie – sy wou die hele gesin saamvat op haar en Beyers se wittebrood. • Hanna het baie keer gewonder of sy Mana se dogter kon wees. • Hanna het vir Mana as baasspelerig beleef. • Hanna het gevoel asof Mana haar hele lewe oorgeneem het/te baasspelerig was. • Mana het soos ʼn armlastige bywoner voor Sharon se pa gelyk, juis omdat Mana nie omgegee het hoe sy voor ander mense gelyk het nie. • Hanna het haar ma geken – sy het geweet dat Mana bekommerd was as sy te vrolik geklink het. • Na die baba se geboorte het Mana vir Hanna vaal en gewoon gelyk. • Hanna het besef dat Mana haar liefgehad het toe Mana vir Hanna gesê het: “Vir my sal jy altyd my liefste ou Hanna Hoekom bly.” Gavin se uniekheid • Gavin was Hanna se pa en het meer grimering as haar ma gedra. • Gavin was buitengewoon met sy peroksiedhare. • Hy het vir Hanna slangvelbroeke uit Londen gebring. • Volgens Hanna was haar pa “trendy”; sy was dus ʼn enorme teleurstelling vir hom. • Op die troufoto het haar pa vir haar “glamorous” gelyk in sy wit syhemp, langbroek van wit linne en bietjie maskara. • Gavin was gay en het haar saam met Mana “geskep”. • “Pappa” was vir Hanna ʼn onbekende begrip, want Gavin was nooit deel van Hanna se lewe nie. • Hanna was nie opgewonde toe Gavin laat weet het dat hy haar vyftiende verjaarsdag saam met haar wou kom vier nie, want die die vorige veertien verjaarsdae was hy nie daar nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum • Hanna het gevoel haar gay-pa gaan haar voor Sharon, haar beste vriendin, in die skande steek. • Hanna het vir Gavin as ʼn afwesige/onbetrokke pa beleef. • Toe Gavin van Hanna se geboorte gepraat het en haar ʼn “fabulous creature” genoem het, het Hanna besef dat hy tog vir haar omgegee het/liefgehad het. • Hanna het besef dat haar peroksiedpa een ding geweet het en dit was hoe om partytjie te hou. • Hanna het hom aan die einde bewonder, al was hy nie juis ʼn voorbeeldige pa nie. Hoe Hanna en Yann se verhouding was • Yann het Hanna geïrriteer, want aan die begin van die verhaal het hy gelag omdat sy haar lewensverhaal wou skryf. • Hanna het Yann haar ongelooflike “cool” sestienjarige stiefbroer genoem. • Hulle het oor min dinge saamgestem behalwe oor die wittebrood-idee. Toe het Yann en Hanna albei gevoel dit was ʼn simpel idee. • Hanna het beleef dat Yann hom aan die gesin onttrek het, veral as hy na sy “walkman” geluister het. • Hanna het gewens dat Yann haar soos ʼn ouliker jonger sussie sou begin behandel. • Hanna het besef dat Yann vir die ander meisies by die skool aantreklik was, want almal was mal oor sy oë en Hanna het haar daaroor vererg. • Yann het simpatie met Hanna gehad omdat Tibo en Amos in haar kamer gekrap het en dit het Hanna verbaas. • Hanna was eers jaloers op Sharon en Yann se verhouding, maar het dit later aanvaar. • Yann het met Hanna gespot oor haar pa en het hom ʼn queen genoem. • Yann het gesê Gavin is seker nie ʼn groter queen as sy ma nie. • Yann het vir Hanna gekomplimenteer met die swart trui en grimering. • Hanna het Yann steeds aan die einde ʼn irriterende stiefbroer genoem. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] OF VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver 4.1 4.1.1 • Margot • Yann en Amos se ma (Enige EEN) (1) 4.1.2 Sy was in Suid-Afrika (vir ʼn rol in ʼn film). (1) 4.1.3 • Yann was negatief oor Margot se besoek. • Yann was nie opgewonde oor Margot se besoek nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 4.1.4 • Margot gaan nie veel help nie. • Margot was lui. • Margot was vol fiemies. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.2 • Sharon se pa en ma was professionele mense. • Sharon-hulle doen nie interessante goed soos Hanna se gesin nie. • Sharon het as enigste kind alles gekry. • Sharon was gewoond aan ʼn luukse lewe. (Enige DRIE of soortgelyk) (3) 4.3 slim (1) 4.4 4.4.1 Onwaar (1) 4.4.2 • Hanna het gedink dat die koningin soos ʼn inbreker (met ʼn balaklawa) gelyk het. • Hanna het gedink niks aan die koningin se lyf kon natuurlik wees nie. (Enige EEN) (1) 4.5 4.5.1 E Mana (1) 4.5.2 A Beyers (1) 4.5.3 B Margot (1) 4.5.4 C Gavin (1) 4.6 4.6.1 Onwaar (1) 4.6.2 Margot het gesê dat sy bly was dat Mana vir Beyers ontmoet het, (want sy het hom nog nooit so gelukkig gesien nie). (1) 4.7 • A • A het vir Margot stokoud laat voel. • het vir Margot stokoud laat voel. (Enige EEN) (1) 4.8 Nee. Sharon het altyd gedink dat haar mond te groot was en dus nie goed genoeg vir Hollywood nie. OF Ja. Almal het altyd vir Sharon vertel hoe mooi sy was, nes ʼn filmster. (1) 4.9 Hulle klere was dramaties  en kleurvol.  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 4.10 Nee. • Yann het net gesê hoe hy vir Gavin ervaar het. • Hy het vir Margot en Gavin in dieselfde kategorie geplaas. (Enige EEN of soortgelyk) OF Ja. • Yann en Hanna het gedurig van mekaar verskil. • Yann het seergekry deur sy ma se optrede (en hy wou vir Hanna ook seergemaak het). (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.11 Gavin het gesê dat hy ʼn swak voorbeeld van ʼn pa was. (1) 4.12 • B • B modepop (1) 4.13 • Gavin het soos ʼn bosbouer gelyk. • Die klere het nie by hom gepas nie. (Enige EEN) (1) 4.14 4.14.1 histeries (1) 4.14.2 bedruk (1) 4.14.3 geïrriteerd (1) 4.14.4 bly (1) 4.15 4.15.1 Gavin het baie gesukkel om by die berghuis uit te kom en tog het hy hulle laat lag.  (2) 4.15.2 Yann was bekommerd om sy kamer met Gavin te deel. Yann het nie geweet waar Gavin sou slaap nie. (Gavin was gay) en Yann wou nie sy kamer met Gavin deel nie. (1) 4.16 • Tibo het nie geweet wie sy pa was nie. • Tibo was ʼn proefbuisbaba. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 4.17 Hanna wou nog altyd iemand anders wees. Dis ironies dat sy gesê het dat sy nie soos iemand anders wou lyk nie. (2) 4.18 • Dit kan hulle leer dat hulle hulle gesin moet liefhê/aanvaar al is die gesinslede anders. • Dit kan hulle help om hulle situasie beter te hanteer. • Dit sal hulle laat besef hulle situasie is nie uniek nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum VRAAG 5: OPSTELVRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn Sien aangehegte rubriek By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening. Die leerders hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM Fred se buite-egtelike verhoudings • Fred het Veronica een aand na werk verkrag en haar laat belowe dat sy sou stilbly. • Hy het gehoop die rol note (geld) wat hy Veronica aangebied het, sou opmaak vir sy verkeerde daad. • Uit hierdie verkragting is ʼn babatjie gebore. • Fred het later met Elsabet, wat toe nog met Jacob getroud was, ʼn verhouding gehad. • Hy wou hê dat Elsabet Jacob vir hom moes los. • Fred is later, na Sheila se dood, met Elsabet getroud. • Hy het belowe dat hy haar gelukkig sou maak. • Hy het nie sy belofte nagekom nie en het eerder ʼn verhouding met Jackie in die Kaap aangeknoop. • Elsabet het daarvan uitgevind en het hom daaroor gekonfronteer. • Hy het dit ontken, maar Elsabet het hom nie geglo nie. • Skalla het uiteindelik Elsabet se vermoedens bevestig toe hy vir haar ʼn stukkie papier gegee het met Fred se skelmpie in die Kaap se nommer daarop. • Fred was ʼn vrouejagter en kon nie ander vrouens uitlos nie. Die gevolge van Fred se buite-egtelike verhoudings • Skalla het van die verkragting van Kinnie uitgevind en het Fred afgepers. • Fred moes toegee aan Skalla se eise om aandele in die besigheid te hê, al was Fred daarteen. • Fred wou ten alle koste verhoed dat sy pa, vir wie hy groot respek gehad het, uitvind van sy ontrouheid. • Toe Sheila van Kinnie se verkragting gehoor het, het sy selfmoord gepleeg. • Sheila se dood het Fred baie ongelukkig gemaak. • Fred was geskok toe hy by Jannerik verneem het dat Jannerik Veronica se pa was. • Hierdie nuus het Fred van vrees na sy kantoor laat vlug. • Hy het benoud gevoel, want hy het gedink die verlede het hom uiteindelik ingehaal. • Hermanus het Fred oor sy verhouding met Elsabet, wat toe nog getroud was, gekonfronteer. • Dit het ʼn stramheid tussen Fred en Hermanus veroorsaak. • Terwyl Fred die verhouding met Jackie gehad het, was hy baie weg van die huis af. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum • Hy het vir Elsabet gejok en gesê dat hy vergaderings gehad het/met werk besig was. • Hy moes skelmpies vir Jackie bel om afsprake met haar te maak. • Fred was verantwoordelik vir Elsabet se drankverslawing. • Fred se pa het wel uitgevind van sy verhoudings en dit het hom, Hermanus, baie ongelukkig gemaak. • Fred se vriende het ook van sy verhoudings geweet en het dit vir Elsabet weggesteek. • Fred het ʼn rustelose lewe gelei. • Fred het dus ʼn dubbele lewe gelei om sy ontrouheid geheim te probeer hou. Hoe Fred aan die einde van die verhaal vir sy ontrouheid probeer vergoed het • Fred het besluit om vrede te maak met Jacob om te vergoed vir die feit dat Fred vir Elsabet van Jacob afgerokkel het. • Fred het ook vir Ryna belowe dat hy niemand sou vertel wie Janka se regte pa was nie. • Fred het ook belowe dat hy nie aanspraak op Janka sou maak nie, maar altyd daar vir haar sou wees. • Fred het berou oor Elsabet se dood getoon toe hy aan Ryna erken het dat hy haar mis. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn 6.1 • (Na) die wal/wal toe. • (Na) sy suster/Ousanna toe. • Salamanderbaai toe. (Enige EEN) (1) 6.2 Jacob-hulle se babadogtertjie het gesterf. (1) 6.3 Sy vrou (Miemie) se dood en sy dogter (Kinnie) se dood.  (2) 6.4 • Haar man het by dwelms betrokke geraak. • Hy het die huis aan die brand gesteek. • Hy het eers hulle seun, Ronnie, en toe homself geskiet. • Hy en hulle seun het in die brandende huis gesterf. (Enige DRIE) (3) 6.5 Ja. Janka het Jannerik se lewe weer met vreugde gevul. (1) 6.6 Ryna het ʼn moederlike geaardheid gehad./Sy was soos ʼn moeder vir Janka. (1) 6.7 • Hulle kon nie lig maak nie. • Daar was nie krag nie. (Enige EEN) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 6.8 6.8.1 C Doreen (1) 6.8.2 B Jacob (1) 6.8.3 A Ryna (1) 6.8.4 D Jannerik (1) 6.9 ʼn Mens se pyn groei in die takke in. (1) 6.10 daar is redes om te leef. (1) 6.11 • B • B moeder • moeder (Enige EEN) (1) 6.12 6.12.1 Waar (1) 6.12.2 • Ryna het die wonder van die natuur ontdek. • Ryna het besef daar is ʼn ewewig in die lewe. • Ryna het besef dat net die sterkstes in die natuur oorleef. (Enige EEN) (1) 6.13 • Elsabet het gevoel die eiland het haar vasgedruk/voel soos ʼn tronk. • Elsabet was nie gelukkig op die eiland nie. • Elsabet wou ʼn normale lewe weg van die eiland lei. • Elsabet wou wegkom van Jacob af. • Agterna wou Elsabet by Fred wees. (Enige TWEE of soortgelyk) (2) 6.14 • D • D ferm • ferm (Enige EEN) (1) 6.15 6.15.1 Waar (1) 6.15.2 • Fred het nie genoeg aandag aan Elsabet geskenk nie. • Fred het Elsabet baie alleen by die huis gelos. • Fred het Elsabet met ʼn ander vrou/Jackie verkul. (Enige EEN) (1) 6.16 Hansie wou Elsabet • laat voel het dat sy Elsabet se emosies verstaan. • laat besef het dat alles sou regkom. • laat weet het dat sy nog lief was vir haar. • laat weet het dat sy vir haar jammer gevoel het. • net vertroos. (Enige EEN of soortgelyk) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 6.17 6.17.1 Bernard wou nie na Elsabet luister nie/wou Elsabet nie aanvaar nie/wou nie toelaat dat Elsabet haar eie stempel op die huis afdruk nie. (1) 6.17.2 Skalla het Elsabet kom vertel van Fred se ontrouheid. (1) 6.17.3 Hermanus wou Elsabet nie as skoondogter aanvaar nie/het nie van Elsabet gehou nie/het Elsabet as ʼn flerrie beskou. (1) 6.18 • Sy het baie geld spandeer/onnodige duur goed gekoop. (1) • Sy het begin drink. (1) 6.19 6.19.1 eensaam (1) 6.19.2 betroubaar (1) 6.19.3 onbetroubaar (1) 6.19.4 verkeerd (1) 6.20 Sy het (in die see) verdrink. (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum AFDELING B: DRAMA Beantwoord EEN van die volgende vrae. VRAAG 7: OPSTELVRAAG POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Sien aangehegte rubriek By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM: Die 1960-opstande in Nyanga as gevolg van die Sharpeville-skietery • Met die stakings het die grootmense protes aangeteken teen die paswette en die lae betaling wat hulle ontvang het. • Die opstande het begin toe baie mans besluit het om hulle passe by die huis te los en polisiestasies toe te gaan om gearresteer te word. • Dit het gelei tot die geweld wat uiteindelik uitgeloop het op die Sharpeville- skietvoorvalle. • Die 1960-opstande in Nyanga was dus ʼn gevolg van die Sharpeville-skietery. • Poppie was toe al getroud (ongeveer 26 jaar oud). • Sy het haar broers probeer ompraat om nie betrokke te raak nie. • Stone was siek tydens die opstande en kon nie regtig deelneem aan die vergaderings nie. • Almal moes aan die stakings deelneem. • As jy nie deelgeneem het nie, kon die ander mense jou as ʼn spioen sien en kon hulle jou huis afbrand. • Die stakings het sowat drie weke aangehou en toe het die polisie die mense van Nyanga beveel om terug te gaan werk toe. • Diegene wat nie gewerk het nie, moes binnenshuis bly of is geskiet/gearresteer. • Mans wat tuis gebly het, is ook geslaan en gearresteer. • Plank was een van die mans wat deur die polisie geslaan is. • Selfs Poppie moes wegkruip vir die polisie omdat sy geen permit gehad het nie. • Die kinders van daardie tyd het hul respek vir die grootmense verloor en openlik gelag as die grootmense so vir die polisie weggehardloop het. • In hierdie drama verteenwoordig Poppie die grootmense se opstand, veral omdat sy altwee hierdie opstande beleef het. Die 1976-opstande in Nyanga as gevolg van die Soweto-opstande • In Junie 1976 het die jeug van Soweto in opstand gekom teen die verpligte onderrig in Afrikaans. • In Augustus 1976 het jeugopstande ook in die Kaap uitgebreek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum • Dit het in die Kaap begin oor toergeld wat weggeraak het, maar toe ontwikkel hierdie opstande in demonstrasies van solidariteit met hul “comrades” in Soweto. • Tydens hierdie opstande was Poppie en haar broers volwassenes. • Poppie se jongste broertjie, Jakkie, was nie meer ʼn tiener nie (24 jaar oud), maar het ook aktief deelgeneem. • Jakkie was so oud soos Poppie toe die 1960-onluste plaasgevind het. • Jakkie het die kinders se opstand verteenwoordig. • Die opstand was eers teen die biersale. • Toe het die jongmense teen die sjebeens begin optree. • Toe het dit sommer, volgens Jakkie, ʼn opstand teen die wet geword. • Tydens hierdie opstande was Poppie terug in die Kaap, want dit was na Stone se dood. • Poppie en haar ma was ongelukkig oor Jakkie se betrokkenheid by die opstande. • Jakkie het geglo hy veg namens Poppie en haar kinders en dat hy geveg het, omdat die grootmense te moeg geword het om te baklei. • Afgesien van die aanvalle op die biersale en sjebeens, het die kinders toe ook die trekarbeiders begin aanval. • Dit het gelyk asof die polisie aan die kant van die trekarbeiders was. • Kersdag 1976 is as ʼn dag van rou deur die kinders afgekondig. Almal moes rou oor die mense wat gedurende hierdie opstande gesterf het. • Die lokasie het begin oorlog maak teen die trekarbeiders, met die polisie aan die kant van die trekarbeiders. • Klippe en petrolbomme het geval. • Jakkie het op ʼn polisieman geskiet en het gevlug. • Jakkie se betrokkenheid by hierdie opstande het veroorsaak dat omtrent sy hele familie in een of ander stadium gearresteer is. Die invloed wat die 1976-opstande op Poppie se kinders gehad het • Poppie het gedink dat haar kinders veilig in Mdantsane sou wees en Herschel tydens die opstande in die Kaap. • Poppie moes teruggaan Kaap toe na Stone se dood sodat sy meer geld kon verdien om vir hulle te sorg. • Poppie het vir Vukile, haar kleinkind, by haar in die Kaap gehad. • Hy het gesterf op Tweede Kersdag toe oorlog uitgebreek het tussen die mense in die lokasie, die trekarbeiders en die polisie. • Nadat Jakkie die polisieman geskiet het, het die polisie hom gesoek vir poging tot moord, maar hy het gevlug. • Hy het Mdantsane toe gevlug om by Bonsile, Poppie se seun, te kom. • Bonsile moes vir Jakkie help om in Herschel te kom. • Poppie was bang toe die polisie haar kinders se adres by haar wou hê. • Dis toe dat sy gehoor het Jakkie het haar kinders by die opstand betrek deur hom te help vlug. • Bonsile is deur die polisie gevang toe hy teruggekom het van Herschel af. • Nomvula is in Herschel deur die polisie ondervra. • Poppie was aan die begin baie ontsteld oor haar kinders wat toe ook by die moeilikheid betrek is, maar moes aan die einde van die drama aanvaar het dat sy niks kon doen om dit te keer nie. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé 8.1 8.1.1 Hou op drank verkoop./Die ”migrants” moes ophou drank verkoop. (1) 8.1.2 • Die “migrants” het die kinders begin slaan. • Die “migrants” het die kinders beledig. • Die “migrants” het nie opgehou om drank te verkoop nie./Die “migrants” het aangehou om drank te verkoop. (Enige EEN) (1) 8.2 Die kinders het die grootmense (met latte) geslaan. (1) 8.3 Die grootmense(het dit in 1960 begin). Die kinders (het dit in 1976 begin). (2) 8.4 8.4.1 Waar (1) 8.4.2 • Die polisie het gesê die “migrants” mag maar die kinders slaan. • Die polisie het die “migrants” gehelp om die kinders te slaan. (Enige EEN) (1) 8.5 • Die kinders kon die owerhede se besluite respekteer het. • Die kinders kon gewag het totdat dinge self reggekom het. • Die kinders kon saam met hul ouers besluit het. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 8.6 Baie tevrede/opgewonde/dankbaar/hoopvol/verlig. (Enige EEN) (1) 8.7 • Die inwoners kon nie meer basiese voedsel soos vars melk en brood in die lokasie kry nie. • Dienslewering van basiese benodigdhede is gestaak. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 8.8 • Geen nuwe klere/skoene moes gekoop word nie. • Geen nuwe klere/skoene moes aangetrek word nie. • Geen presente moes aan enigiemand gegee word nie. • Geen kos moes gekook word nie. (Enige DRIE) (3) 8.9 8.9.1 tronk (1) 8.9.2 huis (1) 8.9.3 stories (1) 8.9.4 buurman (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 8.10 8.10.1 C Mr. Green (1) 8.10.2 D Poppie (1) 8.10.3 A Jakkie (1) 8.10.4 B Bonsile (1) 8.11 • Poppie was moeg/moedeloos vir al die bakleiery. • Poppie wou net rus en vrede hê. • Poppie het genoeg swaargekry. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 8.12 Na die verpligte Afrikaans in alle skole. (1) 8.13 • C • C Poppie-hulle in die huis sou doodbrand. • Poppie-hulle in die huis sou doodbrand. (Enige EEN) (1) 8.14 • In Mdantsane/In die Oos-Kaap (Enige EEN) (1) 8.15 8.15.1 Waar (1) 8.15.2 Vukile was ʼn onskuldige slagoffer. (1) 8.16 • Jakkie het ʼn polisieman geskiet. • Jakkie het oor die grens gevlug. • Jakkie het die land sonder toestemming verlaat. • Jakkie was in besit van ʼn rewolwer (sonder lisensie). (Enige EEN of soortgelyk) (1) 8.17 Bonsile en Nomvula is deur die polisie in hegtenis geneem/gevang. (1) 8.18 • Bonsile kon verantwoordeliker opgetree het. • Bonsile kon sy skoolloopbaan voltooi het. • Bonsile kon ʼn beter voorbeeld vir die ander kinders wees. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 8.19 reisdokumente (1) 8.20 • Sy was baie lief vir Jakkie. • Jakkie was haar gunstelingbroertjie. • Sy het vir Jakkie help grootmaak. (Enige EEN) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 8.21 • A • A wat haar kinders se huisadres in Herschel was. • wat haar kinders se huisadres in Herschel was. (Enige EEN) (1) 8.22 Ja • Die leerders word bewus gemaak van hoe swaar hul ouers/grootouers gekry het. • Die leerders leer om hul voorregte  (waarvoor hul ouers/grootouers geveg het), te waardeer. (Of soortgelyk) OF Nee. • Die inhoud is nie meer relevant vir kinders nie, want dit het te lank gelede gebeur. • Die drama is vervelig,want vandag se jongmense kan hulle nie daarmee identifiseer nie. (Of soortgelyk) (2) [35] VRAAG 9: OPSTELVRAAG PALJAS – Chris Barnard Sien aangehegte rubriek By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. Wat Nollie gedoen het om aan Emma te wys dat hy vir haar omgegee het • Emma wou aan die begin niks met Nollie te doen gehad het nie. • Eendag het Emma in die veld gaan stap en Nollie het per fiets gery en Emma in die veld gesien. • Nollie het vriendelik met haar gesels, maar Emma het nie met hom gepraat nie. • Toe die sirkus op Toorwater aankom, het Nollie eendag vir Emma hoor gil. • Tussen die trokke het hy vir Bertie gesien wat Emma teen die trok vasgedruk het. • Nollie het Bertie gegryp en hom van Emma af weggeruk. • ʼn Geveg tussen Bertie en Nollie het gevolg. • Nollie het Emma se hand gevat en haar weggeneem. • Katrien het Nollie se wonde versorg en Emma het die skottel met lou water vasgehou. • Nollie was bekommerd oor Emma en het gevra of sy nie seergekry het nie. • Eendag het Emma in die bad op die werf gesit. • Nollie het daar opgedaag en sy fiets naby geparkeer. • Emma het geskrik en die bad waarin sy was, het omgeval en dit het bo-oor haar gelê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum • Hy het die handdoek gevat en gesê hy sou dit aan haar gee net as sy saam met hom na die Volstruisdans toe sou gaan. • Emma het vinnig ja gesê. Hoe Emma aan die begin oor trou gevoel het • Emma het gesê sy gaan nooit trou nie. • Sy het haar ma gevra of sy (Katrien) weer sou trou as sy kon kies. • Emma het gesien dat daar probleme tussen haar ma en pa was. • Hendrik het nie juis vir Katrien soos ʼn vrou laat voel nie. • Die atmosfeer in hulle huis was nie juis dié van ʼn gelukkige gesin nie. • Emma het ook gesien hoe haar ma teenoor Frans gereageer het toe hy na hulle huis toe gekom het. • Hendrik het die verhouding tussen Nollie en Emma aangemoedig. • Hendrik se inmenging het Emma kwaad gemaak. Hoe Emma en Nollie se verhouding na die Volstruisdans verbeter het • By die Volstruisdans het Nollie voor Emma gaan staan om haar teen die tamatie- en eiergooiery te beskerm. • Nollie het vir Emma en Katrien in die motor probeer inkry om hulle te beskerm. • Nollie het sy hand op Emma se hand gesit en sy het vir hom gekyk. • By die huis het Nollie op die leuning van Emma se stoel gaan sit en sy hand op haar kop gesit. • Nollie het probeer om ʼn familietwis tussen Hendrik en Emma te keer. • Nollie en Emma het later alleen in die eetkamer gesit. • Hulle het altwee geweet dat die soen gaan kom, maar toe het Willem hulle gepla. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG PALJAS – Chris Barnard 10.1 • Die motor het gaan staan/was stukkend/het op die pad gebreek. • Hendrik het altyd gesukkel om die motor te onderhou. (Enige EEN) (1) 10.2 • Hendrik was kwaad vir Katrien. • Hy het gevoel hy moet ernstig met haar praat. (Enige EEN) (1) 10.3 Van die dokter (Oudokter) (se spreekkamer) af. (1) 10.4 10.4.1 Willem was ontsteld/ongelukkig. (1) 10.4.2 Willem het een klip misgevang/Twee klippe het geval. (1) 10.5 By Manuel/die nar. (1) 10.6 Dit is die (romantiese) musiek waarna Hendrik geluister het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 10.7 sarkasties oor dit wat Hendrik koop. (1) 10.8 10.8.1 verantwoordelik (1) 10.8.2 roekeloos (1) 10.8.3 onredelik (1) 10.8.4 ongelukkig (1) 10.9 Hendrik wou nie hê Katrien moes mooi lyk (vir ander mans) nie. (1) 10.10 • D • D Hendrik het Katrien altyd gedomineer. • Hendrik het Katrien altyd gedomineer. (Enige EEN) (1) 10.11 Emma wou glad nie trou nie/was bang om in ʼn verhouding betrokke te raak. (1) 10.12 • Hulle was bekommerd. • Hulle het skuldig gevoel. (Enige EEN) (1) 10.13 10.13.1 Waar (1) 10.13.2 Hy het altyd geraas/gebaklei (en so vir Willem bang gemaak). (1) 10.14 (Dis) beledigend/minagtend (1) 10.15 Hulle het geldelike/finansiële probleme. (1) 10.16 Toorwater (1) 10.17 Dit is ʼn vaal/vergete/eensame plek. (1) 10.18 Sy het nie van die plek gehou nie./Dit het vir haar soos ʼn tronk gevoel. (1) 10.19 • Hy was verlief op Katrien. • Hy het by Katrien gaan kuier as Hendrik nie daar was nie. • Hy het altyd kom vra of Katrien iets van die dorp af nodig gehad het. • Hy het die McDonalds op die dorp verdedig deur te sê dat hy niks vreemds op die McDonalds se werf gesien het nie. • Hy het in ʼn geveg betrokke geraak omdat hy die McDonalds verdedig het. (Enige DRIE feite) (3) 10.20 Hendrik het getwyfel (was onseker) of Katrien hom liefgehad het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 10.21 • B • B jaloesie • jaloesie (Enige EEN) (1) 10.22 10.22.1 B Hendrik (1) 10.22.2 A Manuel (1) 10.22.3 D Emma (1) 10.22.4 E Jan (1) 10.23 10.23.1 Waar. (1) 10.23.2 Katrien het erken dat sy lief vir Hendrik was. (1) 10.24 Hy was verstom/woordeloos om te hoor Katrien was lief vir hom. Hy het besef Katrien was lief vir hom. Hy was verbaas oor Katrien se liefdesverklaring. (Enige EEN of soortgelyk) (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum AFDELING C: KORTVERHALE STORIEJOERNAAL VRAAG 11: OPSTELVRAAG DIE PAKKIE – Leonard Koza Sien aangehegte rubriek By die nasien van hierdie opstel maak die memorandum vir soveel moontlike feite voorsiening. Die kandidate hoef nie al die feite te voorsien nie. Laat ruimte vir alternatiewe, toepaslike feite. INLEIDING: Die kandidaat lei die opstelvraag sinvol in. LIGGAAM: Van Esther en die geheime pakkie • Esther het van die skool af gekom en dadelik na haar kamer toe gegaan. • Sally het iemand by die hekkie gesien wat gebare gestaan en maak het. • Toe Sally wou weet wie dit was, het Esther gesê dat dit haar klasmaat was, wat ʼn pakkie kom afhaal het. • Sally het gedink dis ʼn skollie en wou weet wat in die pakkie was. • Esther het geweier om vir haar ma die pakkie te gee of te sê wat daarin was. • Esther het gesê dat dit gevaarlik was en nie haar ma se besigheid nie. Hoe Sally probeer het om uit te vind wat in die pakkie was • Sally wou geweet het wat in die pakkie was voor Esther dit vir haar klasmaat gegee het. • Sally het aangedring om die pakkie te sien. • Sally het Esther gekeer sodat sy nie verby haar kon gaan om die pakkie af te lewer nie. Hoe Sally self die probleem ná Pang en Miena se aankoms opgelos het • Pang Doodmaak en Miena het in ʼn nuwe Duitse motor voor Sally se huis stilgehou. • Sally het gedink dis die skollie-seun se pa. • Pang en Miena het die seun, Jakkals, gevra waar die pakkie was. • Hy het gesê die pakkie was in die huis by Esther. • Pang en Miena het hardhandig met Jakkals gewerk. • Pang was nie in sy bende-gebied nie en wou so gou as moontlik weggekom het. • Pang wou die pakkie hê en was bereid om geweld te gebruik as dit moes. • Pang het na Sally se huis gestap om die pakkie by Esther te gaan afhaal. • Sally het die teken van die kruis gemaak voordat sy die voordeur vir Pang oopgemaak het. • Sally het geen vrees getoon nie en dit het Pang ongemaklik laat voel. • Sally het Pang se ouers goed geken. Sy het hom oor sy ma uitgevra. • Slang, ʼn ander bendelid, wou gewelddadig raak en het gedreig om vir Sally te skiet en haar dogter te gryp. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum • Pang het met Slang oor sy gedrag in Sally se huis geraas. • Sally het met Pang en Slang oor die pakkie gepraat. • Sally het gesê dat dit ʼn gevaarlike besigheid was, omdat hulle skoolkinders gebruik het. • Sally wou weet wat gaan gebeur as hulle haar dogter sou vang. • Slang het gesê dat hy baie geld gemaak het en dat Esther ook baie geld kon maak. • Sally het vir Esther gevra om die pakkie onmiddellik af te gee. • Esther het gehuil, want sy het nie meer die pakkie gehad nie. • Esther het die pakkie by die venster uitgegooi. • Miena het met die pakkie by die voordeur ingekom en aangedui dat hulle moes ry. • Sally het die situasie goed hanteer. SLOT: Die stelling word sinvol saamgevat en afgesluit. [35] VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG ASTRA CASTRA – Dot Serfontein 12.1 Die skoolhoof wou die atlete so aanspoor/motiveer. (1) 12.2 Ettie was bang/het sleg gevoel toe sy gewen het. (1) 12.3 100 m/honderd meter (1) 12.4 12.4.1 naellopers (1) 12.4.2 wegspring (1) 12.4.3 skoolhoof (1) 12.4.4 drie (1) 12.5 Hy was vies vir haar. (1) 12.6 • Sy moes haar tienergees dissiplineer. • Sy moes die selfbeheersing van ʼn werklike atleet aanleer. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 12.7 12.7.1 Onwaar (1) 12.7.2 Eben het dadelik vir Ettie laat sit om te kyk wat fout was/haar dadelik gehelp met haar besering. (1) 12.8 Dit kon vir die ander mense geklink het asof hy meer vir haar gedoen het as om net ʼn afrigter te wees. (1) 12.9 Ettie het die eerste wedloop gewen en moes haarself toe bewys het. (Of soortgelyk) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 12.10 • Ettie moes sesuur in die oggende gaan oefen. • Ettie moes die regte kos eet. (TWEE redes) (2) 12.11 • Eben was bitter omdat sy eie atletiekloopbaan nie uitgewerk het nie. • Eben was ʼn ongelukkige mens. • Hy het ongelukkig gelyk. • Eben het nie mense om hom met liefde en begrip hanteer nie. (Enige EEN) (1) 12.12 12.12.1 Dat Ettie die Suid-Afrikaanse naelloopkampioen moes word. (1) (Of soortgelyk) 12.12.2 • Dit was al waarop hy die hele tyd gefokus het. • Niks anders behalwe hierdie ideaal het vir hom saak gemaak nie. (Of soortgelyk) (1) 12.13 • Wen is nie alles nie. • Deelname is belangriker as wen. (Of soortgelyk) (1) 12.14 • Hulle was albei atlete. • Nie een van hulle wou graag erken het dat hulle verkeerd was nie. (Enige EEN) (1) 12.15 • Mnr. Bester het agtergekom dat Dolf en Ettie afgeskryf het. • Dolf wou nie erken dat Ettie by hom afgeskryf het nie. • Dolf moes kantoor toe gaan. (DRIE sinne) (3) 12.16 Sy wou haar afrigter tevrede stel, maar sy wou ook by die partytjie wees. (2) 12.17 12.17.1 Onwaar (1) 12.17.2 • Eben het vir haar by die hoof se huis kom kuier. • Eben het vir Ettie ʼn kaartjie gelos. • Eben sou die dag van die wedloop aan Ettie dink. (Enige EEN) (1) 12.18 • Sy was veronderstel om gespanne te voel voor die wedloop. • Sy was so kalm voor die wedloop. (Enige EEN) (1) 12.19 • A • A raas met hulle. • raas met hulle. (Enige EEN) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 12.20 SA Kampioenskap (1) 12.21 12.21.1 C Skoolhoof (1) 12.21.2 D Dolf (1) 12.21.3 E Afrigter (1) 12.21.4 B Musiekonderwyser (1) 12.22 Ja. Ettie het Eben verbaas met haar kalm benadering tot die wedloop wat gewys het dat die opofferings haar volwasse gemaak het. OF Nee. Sy het die wedloop verloor; dus het al haar opofferings niks beteken nie. (Of soortgelyk)) (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum AFDELING D: GEDIGTE VERSJOERNAAL VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Thumela – Elmé Barnard 13.1 ek-spreker/eerstepersoonspreker (½) 13.2 Die leerder is klaar met skool. (1) 13.3 baie (1) 13.4 • Die leerder was uitgelate. • Die leerder was bly. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 13.5 13.5.1 die sirkelbeweging van die tas in die lug (1) 13.5.2 die blaaie wat oral rondlê (1) 13.6 13.6.1 D wonder (1) 13.6.2 A gemaak ernstig (1) 13.6.3 B laggend (1) 13.7 13.7.1 Onwaar (1) 13.7.2 • Die lyste eksamenroosters kon hom/haar nie meer raak nie. • “eksamenroosters wat jou nie meer kon raak” (Enige EEN) (1) 13.8 • D • D Personifikasie • Personifikasie (Enige EEN) (1) 13.9 Negatiewe belewenis: • Ek het nie van skoolreëls/onderwysers/skoolvakke gehou nie. • Die skoolreëls het my beperk. Positiewe belewenis: • Ek was trots op my skool. • Ek het van die onderwysers/skoolreëls/skoolvakke gehou. • Ek het respek vir my onderwysers gehad. (Enige EEN of soortgelyk) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 13.10 • B • B gewoond was aan sulke gedrag. • gewoond was aan sulke gedrag. (Enige EEN) (1) 13.11 Die skool/skoollewe/opvoeding/skoolopleiding/boeke (Enige EEN) (1) 13.12 blydskap/opgewondenheid OF hartseer/verlorenheid (Enige EEN of soortgelyk) (1) 13.13 Thumela beteken “wegstuur/versend”. Die gedig handel oor ʼn leerder wat (finaal) die skool verlaat. (2) [17½] VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG Woorde – Vincent Oliphant 14.1 Vier/4 (½) 14.2 14.2.1 Onwaar (1) 14.2.2 Sy/Haar woorde het nie krag/mag nie. Sy/Haar woorde kan nie bose magte vernietig nie. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 14.3 “sing” (1) 14.4 “my” (1) 14.5 • Die spreker se woorde kan nie beskerming bied nie  terwyl ʼn dak ʼn huis/mense skuiling/beskerming kan gee. • ʼn Dak bied/gee skuiling, maar die spreker se woorde is te swak om skuiling/beskerming te bied.  (Enige EEN of soortgelyk) (2) 14.6 Metafoor (1) 14.7 14.7.1 alleenplasing (1) 14.7.2 beklemtoning (1) 14.8 • B • B eerlik. • eerlik. (Enige EEN) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 14.9 “dat ons kromme note haal nie” (1) 14.10 Tydens oorloë/onrus. (1) 14.11 14.11.1 B my woorde kan nie seermaak nie (1) 14.11.2 C my woorde kan soebat (1) 14.11.3 D my woorde kan God aanspreek (1) 14.12 • Mense leef aparte lewens. • Verskille tussen mense laat hulle verskillend leef. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 14.13 • Ons moet mekaar aanvaar. • Ons moet verenig wees. (Enige EEN of soortgelyk) (1) [17½] VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG Kontak – Theo de Jager 15.1 Ek-spreker/eerstepersoonspreker (½) 15.2 • Om te kommunikeer/kommunikasie. • Om met iemand in verbinding te tree/verbinding. • Om met iemand in aanraking te kom. (Enige EEN of soortgelyk) (Moet die woord KONTAK omskryf) (1) 15.3 “bel” (1) “geskryf” (1) 15.4 Metafoor (1) 15.5 • die kaart was gekrap • die (selfoon se) batterye was pap • die boodskap het in die niet verdamp (Enige EEN) (1) 15.6 Die spreker sukkel om die regte woorde te vind (te sê) om sy/haar hartsbegeerte/gevoelens uit te druk. (1) 15.7 • Daar was geen woorde of geluide betrokke nie. • Daar was geen brief of telefoonboodskap nie. (Enige EEN) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 15.8 15.8.1 Onwaar (1) 15.8.2 Die spreker het vir oulaas ʼn duif na sy/haar geliefde gestuur. (1) 15.9 • Die spreker het baie moeite gedoen om kontak te maak (het probeer bel, het probeer skryf en het ʼn duif gestuur). • Die spreker “wag/hoop/bid” dat die duif sal terugkom. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 15.10 • Dit sou beteken dat die geliefde kontak wou behou/maak. • Dit sou beteken dat die geliefde die spreker ook gemis het. (Of soortgelyk) (1) 15.11 15.11.1 vrede (1) 15.11.2 hoop (1) 15.12 15.12.1 C verlang (1) 15.12.2 D verdwyn (1) 15.12.3 B skoonmaak (1) [17½] VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG Kabouterliefde – Ingrid Jonker 16.1 verbeelding (½) 16.2 rooi-rooi pet (1) 16.3 Albei se kleur is geel. (1) 16.4 Klanknabootsing/Onomatopee (1) 16.5 met die (blou) lug (1) 16.6 vrolik/romanties/speels/lighartig (1) 16.7 • Die sterre was helder. • Die maan was duidelik. • Blou-blou lug. (Enige EEN) (1) 16.8 • B • B veiligheid • veiligheid (Enige EEN) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum 16.9 16.9.1 C Vergelyking (1) 16.9.2 A Personifikasie (1) 16.9.3 B Metafoor (1) 16.10 16.10.1 Waar (1) 16.10.2 “het dit self vir my gesê”/“kadoemps” (1) 16.11 16.11.1 sprokie (1) 16.11.2 liefdesverhouding (1) 16.12 • Dit beklemtoon die spreker se liefde. • Dit dra by tot die klankrykheid. • Dit spreek die kind se kleurryke wêreld aan. (Enige EEN of soortgelyk) (1) 16.13 In die aand/in die nag (1) 16.14 • Die gedig handel oor die liefde. • Die gedig het ʼn romantiese ondertoon. • Die gedig spreek tot ʼn mens se verbeeldingswêreld. (Enige EEN of soortgelyk) (1) [17½] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS – Memorandum RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG Let op die verskil in die puntetoekenning vir inhoud versus struktuur en taal. KODES EN INHOUD [25] STRUKTUUR EN TAAL [10] PUNTETOEKENNING Interpretasie van die onderwerp. Grondige argumente, Struktuur, logiese vloei en aanbieding. Gebruik verantwoording en begrip van die voorgeskrewe werk. van taal, toon en styl in opstel. Kode 7 Uitmuntend In diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte van die Uitmuntend Samehangende en gestruktureerde opstel. A 20 tot 25 onderwerp is ten volle nagevors. 08–10 Uitstekende inleiding en slot. punte Uitstekende reaksie. (90+, uitmuntende reaksie) punte Argumente is goed gestruktureerd en duidelik ontwikkel. 80–100% Reeks pakkende argumente, uitgebreid; ondersteun uit die teks. Taal, toon en styl is gevorderd, treffend en korrek. Uitstekende begrip van genre en voorgeskrewe teks. Kode 6 Verdienstelik Bo-gemiddelde interpretasie van onderwerp. Alle aspekte van die Verdienstelik Opstel is goed gestruktureerd B 17½–19½ onderwerp is geskik nagevors. 7–7½ Goeie inleiding en afsluiting. punte Gedetailleerde reaksie. punte Argumente en gedagtelyn is maklik om te volg. 70–79% Reeks grondige argumente is gegee, goed ondersteun uit teks. Taal, toon en styl is korrek en gepas vir die doel. Baie goeie begrip van genre en teks. Goeie aanbieding. Kode 5 Beduidend Toon begrip en het onderwerp goed geïnterpreteer. Beduidend Duidelike struktuur en logiese vloei van argumente. C 15–17 punte Taamlik gedetailleerde reaksie op die onderwerp. 6–6½ Inleiding, afsluiting en ander paragrawe is samehangend Sommige grondige argumente is gegee, maar nie almal is baie punte georganiseer. (koherensie) 60–69% goed gemotiveer nie. Vloei van argumente kan gevolg word. Begrip van genre en teks duidelik. Taal, toon en styl is grootliks korrek. Kode 4 Voldoende Taamlike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte is in Voldoende Geringe bewyse van struktuur. D 12½–14½ detail nagevors nie. 5–5½ Goed gestruktureerde en logiese vloei en samehang punte Sommige goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp. punte ontbreek. 50–59% Meeste argumente is ondersteunend, maar bewyse is nie altyd Min taalfoute; toon en styl is meestal gepas. oortuigend nie. Paragrawe is meestal korrek. Basiese begrip van genre en teks. Kode 3 Matige Baie gewone en gemiddelde poging om die vraag te beantwoord. Matige Beplanning van die struktuur is gebrekkig. E 10–12 punte Baie min diepte en begrip in reaksie op die onderwerp. 4–4½ Argumente nie logies gerangskik nie. Argumente nie oortuigend nie en baie min verantwoording uit die punte Paragrawe is foutief. 40–49% teks. Opvallende taalfoute. Toon en styl nie gepas vir die doel Leerder het nie houvas en volle begrip van genre en teks nie. nie. Kode 2 Basiese Houvas op die onderwerp is swak. Basiese Swak aanbieding en gebrek aan beplanning beïnvloed die F 7½–9½ Reageer herhalend en soms van die punt af. 3–3½ vloei van die argumente. punte Geen diepte in argumentering; verkeerde interpretasie / Argumente punte Taalfoute en foutiewe styl maak opstel onsuksesvol. 30–39% word nie verantwoord uit die teks nie. Baie swak houvas op genre en teks. Kode 1 Ontoereikend Reaksie soms in verhouding met die onderwerp, maar dis moeilik Ontoereikend Moeilik om te bepaal of die onderwerp aangespreek word. F tot H 0 tot 7 om ontoepaslike argumente te volg. 0–2½ Geen bewyse van logiese beplanning nie. punte Swak poging om vraag te beantwoord. punte Geen paragrawe en koherensie nie. 0–29% Min toepaslike punte met geen verantwoording uit die teks. Swak taalgebruik. Verkeerde styl en toon. Baie swak houvas op genre en teks. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all