Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2013
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2013 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary 2013, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC Supplementary 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 1.2Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer transaksionele teks (30)
AFDELING C: Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
transaksionele tekste (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die
beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.
7. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer elke teks soos dit in die vraestel genommer is.
9. Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.
10. Dui die getal woorde aan die einde van jou skryfstuk aan.
LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
word NIE.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
• Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
neer.
1
PASOP VIR MXit!
1.1
[Uit: http://www.google.com]
Jy het gedink jou ouers en onderwysers weet niks van MXit toe hulle jou teen
die gevare van MXit gewaarsku het nie. Dis eers nadat jy as gevolg van MXit
in die moeilikheid beland het, dat jy hulle glo. Vertel wat jy uit hierdie ervaring
geleer het.
Skryf ʼn opstel hieroor. [50]
1.2
Toe staan ek daar met ʼn
rooi gesig ...
Jy was in ʼn winkel en het ʼn T-hemp aangepas. Jy het die T-hemp oor jou arm
gegooi. Jy het vergeet van die T-hemp oor jou arm, by die winkel uitgestap en
die alarm het afgegaan. Wat daarna gebeur het, het jou baie skaam laat voel.
Skryf ʼn opstel hieroor. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
1.3
[Uit: http://www.google.com]
Daar was goeie tye in jou lewe wat jy altyd sal onthou.
Skryf ʼn opstel waarin jy terugdink aan hierdie tye in jou lewe en sê waarom jy
dié tye nooit sal vergeet nie. [50]
1.4
[Uit: http://www.google.com]
Suid-Afrikaners het verskillende idees oor wat gesonde eetgewoontes is.
Skryf ʼn opstel hieroor. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
1.5
VALENTYNSDAG
[Uit: http://www.google.com]
Op Valentynsdag koop party mense graag geskenke vir geliefdes. Ander
mense dink weer dit is net geldmors om geskenke te koop.
Skryf ʼn opstel waarin jy dié twee verskillende menings bespreek. [50]
1.6 Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ʼn opstel daaroor. Gee jou
skryfstuk ʼn titel. Jou opstel moet direk by die prent aanpas.
1.6.1
[Uit: http://www.google.com] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
1.6.2
Skooltoer
2012
[Uit: http://www.google.com] [50]
1.6.3
[Uit: http://www.google.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
• Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
neer.
2.1 BRIEF VAN GELUKWENSING
[Uit: http://www.google.com]
Jou maat het in 2012 baie goeie uitslae in die matriekeksamen behaal en het
universiteit toe gegaan om verder te studeer.
Skryf ʼn brief aan jou maat waarin jy hom/haar gelukwens met sy/haar goeie
prestasie. Sê hoe trots jy op hom/haar is en wens hom/haar ook voorspoed
met die studies toe. [30]
2.2 TOESPRAAK
[Uit: http://www.google.com]
Jy is deel van julle skool se natuurklub wat die ander leerders wil inlig oor die
belangrikheid van bome in Suid-Afrika.
Skryf ʼn toespraak waarin jy die leerders motiveer om deel te neem aan die
Nasionale Boomplantdag en verduidelik hoekom dit so belangrik is om bome
aan te plant. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
2.3 ONDERHOUD
[Uit: http://www.google.com]
Jy is een van die joernaliste van julle skool se koerant. Jy moet ʼn onderhoud
met die skool se beste sportster voer en in die skoolkoerant vertel van dié
sportster se prestasies, hoe hy/sy dit regkry om so goed te doen en wat
sy/haar toekomsplanne is.
Skryf die onderhoud tussen jou en die sportster in dialoogvorm neer. [30]
2.4 VERSLAG
[Uit: http://www.google.com]
Julle moes vir Lewensoriëntering ʼn verslag opstel oor ʼn dag toe jy saam met
ʼn volwassene na sy/haar werk toe moes gaan om meer oor die werksituasie
uit te vind.
Skryf ʼn verslag en gee volledige inligting oor die werksplek, die tipe werk, wat
alles van die werkers verwag word en watter waarde hierdie dag vir jou gehad
het. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 3
• Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
neer.
3.1 ADVERTENSIE
[Uit: Clipart]
Julle skool gaan ʼn entrepreneursweek aanbied en wil graag die jongmense
van julle dorp aan hierdie program laat deelneem. Die tema vir die
entrepreneursweek is: 2013 – Dink nuut. Jy is een van die leerders wat met
die beplanning help.
Skryf ʼn advertensie vir die jongmense om die entrepreneursweek te
adverteer. Sê waar die entrepreneursweek gaan plaasvind, wanneer dit gaan
plaasvind, die doel van hierdie week en wat die jongmense uit hierdie week
kan leer. Nooi hulle uit om deel van hierdie entrepreneursweek te wees. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
[Uit: http://www.google.com]
Dis die aand voor jy jou aanvullende eksamen begin skryf. Jy weet dit is dalk
jou laaste geleentheid om matriek te slaag of om jou punte in sekere vakke te
verbeter. Jy is opgewonde, maar ook baie bang.
Skryf in jou dagboek oor hoe jy voel oor die dag en die geleenthede wat vir
jou voorlê. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS
3.3 INSTRUKSIES
Jy was verlede jaar een van die leiers van jou skool. Die hoof het jou onlangs
gevra om jou skool te besoek en aan die nuwe skoolleiers instruksies te gee
oor hoe om die skool ʼn veilige plek vir alle leerders te maak.
Skryf SEWE instruksies neer wat jy vir die skoolleiers sal gee. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2014 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper