Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 


%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)


View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL P3 Feb March 2014 Memo hlayiso.com
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2014 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 3
- Pages
- 21
- File size
- 982.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
Bylaag A: Vraag 1 Opstel
Bylaag B: Vraag 2.1 Formele brief
Vraag 2.2 Dialoog
Vraag 2.3 Koerantberig
Vraag 2.4 Toespraak
Bylaag C: Vraag 3.1 Dagboekinskrywing
Vraag 3.2 Uitnodiging
Vraag 3.3 Poskaart
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior
nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn
streep deur die res getrek.
8. Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke.
Amper korrek Te kort/te lank Heeltemal te kort/te lank
AFDELING
Afd. A: Opstel 240–49 230–239 Minder as 230
250–300 woorde 301–310 311–320 Meer as 320
Afd. B: Langer
transaksionele teks 113–119 106–112 Minder as 106
120–150 woorde 151–157 158–164 Meer as 164
Afd. C: Korter
transaksionele teks 75–79 69–74 Minder as 69
80–100 woorde 101–105 106–111 Meer as 111
9. Vraag 1.6:
• Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
• Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud
spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend,
beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as
prikkels.
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van ʼn nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde*
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES
volgens:
Afdeling A: INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte).
Afdeling B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (10 punte).
Afdeling C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (7 punte).
3. Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie kode
tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ʼn gegewe punt van 16 –19 uit
50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf
net EEN punt neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
4. Hou die persentasies by die kodes in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt
I/B 5 19½ B en C
T/S/R 2 4 I/B/F 5 12
S 5 5 T/S/R 6 7
28½ 19
TOTAAL: 29 TOTAAL: 19
6. Halwe punte word per afdeling afgerond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED
AFDELING A: OPSTELTIPES
Assesseer die opstelle sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die onderwerp
gelei.
VERHALENDE OPSTEL
• Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede).
• Dit kan vanuit die leerder se perspektief geskryf word.
• Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
• Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser.
• Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ʼn manier
gebruik dat die leser graag verder wil lees.
• Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die daarop-
volgende afloop van gebeure behoort voor te kom.
• Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• ʼn Buitengewone slot rond dit finaal af.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
BESKRYWENDE OPSTEL
• Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
• ʼn Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede soos
sig, klank, smaak, reuk en sensasie.
• ʼn Goeie woordeskat is nodig vir ʼn raak beskrywing.
• Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie belewing
en sinvolheid geniet aandag.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
BESPIEGELENDE OPSTEL
• Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid/ʼn herinnering en gee sy/haar
emosionele reaksies en gevoelens weer.
• Bespiegel oor/dink terug aan daardie moontlikheid, herinnering of lewenswaarheid.
• ʼn Bespiegelende opstel sal subjektief wees.
• Gevoelens en emosies speel ʼn baie belangrike rol.
• ʼn Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
• Hierdie beskrywings behoort realisties te wees en moet daarop gemik wees om die
gevoelens van die skrywer weer te gee.
• Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opreg en persoonlike
betrokkenheid te toon.
• Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg en ʼn slotsom word gevorm (logies en sistematies).
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL
• Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
• Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees.
• Dit is ʼn subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om
sy/haar gesigspunt te deel.
• NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van die
begin af stelling ingeneem word vir of teen ʼn argument NIE.
• Die skrywer gee ʼn subjektiewe mening oor die onderwerp.
• ʼn Reeks argumente word gegee om die mening te motiveer.
• Die skrywer konsentreer gewoonlik op argumente vir of teen die standpunt. Die
teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ʼn eie mening te
gee.
• ʼn Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter.
• Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak.
• Sterk gevoelstaal sal gebruik word, maar mag nooit kru wees nie.
• Die slot moet ʼn sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer se
gesigspunt bevestig.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
BEREDENERENDE OPSTEL
• Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ʼn
argument te gee.
• Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en gee
dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig aangebied.
• Die skrywer mag ʼn spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel, maar
die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
• Die skrywer moet BEIDE kante van die argument verstaan, daaroor nadink en op ʼn
onpartydige en goed ingeligte manier daaroor redeneer.
• Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees.
• Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word.
• Die toon is nie emosioneel nie.
• Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees.
• Die skrywer mag aan die einde ʼn aanduiding van sy/haar gesigspunt gee, maar dit
mag slegs in die slot wees.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• ʼn Gevolgtrekking kan in die slot gegee word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
VISUELE PRIKKELS
• Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die agtergrond kan in ag geneem
word om die kern toe te lig. Die kandidaat se perspektief op die kern van die prent
moet oorweeg word by assessering.
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
• Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
ag geneem.
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 FORMELE BRIEF
FOKUS:
Die leerder doen skriftelik aansoek om ʼn betrekking.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
• Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, naamlik Meneer, Geagte
Heer/Meneer/meneer Botha; Geagte Dame/Mevrou/mevrou Theys. Me./Mnr.
moet saam met ʼn van gebruik word, bv. Geagte me. Smith/mnr. Smit.
• Die inhoud moet formeel en hoflik wees en getuig van professionaliteit.
• Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die briefskrywer
en die ontvanger van die brief.
• Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
FORMAAT:
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens:
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
(Toegewing: Omdat sekere handboeke wel ʼn reël tussen die adres en datum
ooplaat, moet ons hier ʼn toegewing maak en nie die kandidate penaliseer nie.)
• Die datum word voluit geskryf bv. 18 Maart 2014.
• Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
• Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. (Sien bl. 10)
• ʼn Reёl word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat.
Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: Meneer, Geagte Meneer/Mevrou/Dame.
• Afgekorte aanspreekvorme (mnr./mev./me. ens.) moet saam met ʼn van gebruik word.
• Geen leestekens word na Die uwe gebruik nie. (Die uwe opsioneel)
• Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Die
briefskrywer kan voorletters en van onder die handtekening uitskryf.
Die paragrawe:
• ʼn Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
• Die slotparagraaf moet die brief se inhoud saaklik en hoflik saamvat.
STYL:
• Die styl is formeel.
• Die briefskrywer is oop en eerlik oor sy/haar kwalifkasies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Posbus 198
Brentpark
9499
18 Maart 2014
XXX
Die Bestuurder
Silwer Wolk Spur
Posbus 498
Durban
4000
XXX
Geagte Meneer/Mevrou (Afkortings moet saam met ʼn van gebruik word.)
XXX
AANSOEK OM BETREKKING AS KELNER/KELNERIN
XXX
Inleidingsparagraaf. Gee die rede vir die brief. Die kandidaat mag ook die
bron waarin die advertensie verskyn het, noem. Hiermee doen ek graag
aansoek om die betrekking as kelner/in wat op 17 Maart 2014 in Beeld
verskyn het.
XXX
Paragraaf 2: Brei uit op die rede vir die brief en skryf hoekom aansoek
gedoen word vir die pos van kelner/in. Verwys na die vereistes waaraan jy
voldoen, volgens die advertensie.
XXX
Paragraaf 3: Probeer die ontvanger oortuig dat jy die regte persoon vir die
pos van kelner/in is. Vertel van jou bevoegdhede en hoe jy die werk sal
benader. Vertel meer van jou persoonlikheid wat jou die ideale kandidaat vir
hierdie betrekking maak.
XXX
Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam. Spreek waardering uit vir
aandag wat geskenk sal word aan die aansoek.
XXX
Die uwe (opsioneel, geen punktuasie nie)
M. Radebe of Mark Radebe
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia straat is ʼn samestelling tussen ʼn
eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal
bespreek word na gelang van die geografiese ligging.
2.2 DIALOOG
FOKUS:
• Die leerder wil meer uitvind oor die familielid/-lede oor wie niemand praat nie.
• Die leerder vra die oupa oor hierdie persoon/persone uit.
• Die oupa beantwoord vrae oor die persoon/persone.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• ʼn Dialoog is ʼn gesprek/kommunikasie tussen die leerder en sy/haar oupa.
• Die taalgebruik, styl en register is informeel en sluit aan by die leerder se navraag
oor die familielid/-lede.
• Gebruik leestekens om emosie aan te dui.
• Gebeurtenisse en staaltjies maak die dialoog interessant.
• Die leser moet ʼn geheelbeeld van die saak waaroor gesprek handel, kry.
• Taalgebruik moet aansluit by die doel van die dialoog.
• Die geskrewe dialoog kan op ʼn vraag-antwoord-metode gedoen word.
• Die kommunikasieproses moet gemaklik en natuurlik wees.
FORMAAT:
• Die dialoog word treffend ingelei en die leser se aandag word vasgevang.
• Die inleidende sin is baie belangrik. Die spreker se navrae oor die familielid/-lede
word dadelik ingelei.
• Die sprekers (Ek/Naam en Oupa) se name staan teen die kantlyn.
• Daar is ʼn dubbelpunt na die naam.
• Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
• ʼn Reёl word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
• Ekstra inligting of beskrywing word tussen hakies geskryf.
• ʼn Treffende slot rond die dialoog af.
STYL:
• Die styl is informeel dog respekvol.
• Die styl berus op vraag en antwoord.
• Die vrae is direk en saaklik.
VOORBEELD
Gert: Oupa, hoekom praat niemand oor oom Willie nie?
Oupa: Jong, dis ʼn lang storie, maar as jy tyd het, sal ek jou vertel.
Gert: Vertel, Oupa. Ek is nou baie nuuskierig. Ma wil niks oor
hom sê nie.
Oupa: My kind, jou oom Willie was in die tronk!
Gert (geskok): In die tronk, Oupa? Hoe op aarde het ʼn Brand in die tronk
beland? Oupa is dan ʼn dominee!
Oupa: Almal maak mos maar foute. Maar kom ek vertel jou hoe
dit gebeur het.
Gert: Oupa, ek is die ene ore.
Oupa: Jou oom Willie het met diamante gesmokkel. Ons het
nooit geweet waar hy aan al sy rykdom gekom het nie,
want hy was maar ʼn gewone bankklerk.
Gert: En toe, Oupa?
Oupa: Wel, toe ons ons oë uitvee, het die polisie daar op die
plaas aangekom om hom in hegtenis te neem. Dit was ʼn
groot skande en ons wou nie hê die gemeente moes
daarvan weet nie. Ons het die fout gemaak om vir almal
te vertel dat oom Willie oorsee gegaan het.
Gert: Het niemand ooit daarvan uitgevind nie, Oupa?
Oupa: Nee, my kind. Toe hy uit die tronk ontslaan is op grond
van goeie gedrag, het hy nooit weer met ons kontak
gemaak nie. Niemand weet wat van hom geword het nie.
Gert: Ai, Oupa. Ek hoop ek stel Oupa nooit so teleur nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
2.3 KOERANTBERIG
FOKUS:
Die leerder skryf ʼn berig vir die plaaslike koerant oor diefstal van ʼn motor voor ʼn winkel
op die dorp.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Dis ʼn berig oor motordiefstal wat in ʼn koerant gepubliseer word.
• Die berig sal lesers inlig oor wat daar gebeur het.
• Die onderwerp moet in die titel saamgevat word.
• ʼn Subtitel of kort beskrywing kan ook gegee word.
• Die omgekeerde piramide-metode word vir die lyf van die berig gebruik.
• Die meeste feite word kortliks in die eerste paragraaf weergegee: Wie, wat, waar,
wanneer, waarom en hoe.
• Wie? Wat? Wanneer? Waarom? Hoe? vrae word in die volgende
paragrawe uitgebrei.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee.
• Deeglike kennis oor die onderwerp is belangrik.
• Taal en styl is formeel.
• Die slot kan ʼn samevatting van die berig wees.
FORMAAT:
• Die koerantberig kan in paragrawe of kolomme aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
• Die belangrikste sake moet eerste gestel word.
• Aanhalings kan gebruik word.
STYL:
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. (Die teikengroep is die
inwoners van die dorp.)
• Hierdie berig is formeel en informatief van aard.
• Die berig moet oortuigend en geloofwaardig wees.
• Nugter en saaklike feite word weergegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
VOORBEELD
MOTOR REG VOOR WINKEL GESTEEL
Inleidingsparagraaf
(Verduidelik watter insident reg voor die winkel op die dorp plaasgevind het.)
Inwoners van Dundee is ontsteld nadat ʼn motor gister helderoordag voor SPAR
op die dorp gesteel is.
Paragraaf 2
(Beantwoord die wie-, wat-, wanneer-, waar-, hoe- en hoekom-vrae.
Die skrywer was ʼn ooggetuie en verskaf inligting oor die gebeure.)
Mnr. Frans Erasmus, skoolhoof van die plaaslike laerskool, se motor is gesteel
terwyl hy in die winkel was. “Ek het net vinnig by Spar stilgehou om brood en
melk te koop. Ek was nie langer as 20 minute binne nie. Toe ek uitkom, was my
motor weg,” het Erasmus geskok gesê.
Paragraaf 3 en verder
(Die res van inligting in dalende orde van belangrikheid.)
Dit lyk asof motordiewe luukse Duitse motors teiken. Mnr. Frans Erasmus se
motor was die derde wat in die afgelope maand voor die Spar gesteel is. Daar is
min inligting oor hierdie diefstal beskikbaar, want daar was geen
sekuriteitskameras tydens die diefstal nie. Daar was ook geen motorwagte op
daardie oomblik voor die winkel nie.
Slotparagraaf
(Die slot kan ʼn samevatting van die koerantberig wees.)
Die polisie het enkele leidrade by die publiek gekry en hoop om binnekort ʼn
deurbraak te maak.
2.4 TOESPRAAK
FOKUS:
• Die leerder is ʼn kaptein van ʼn sportspan.
• As kaptein motiveer hy/sy die span voor ʼn belangrike wedstryd.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Die aanspreekvorm aan die begin van die toespraak moet informeel wees en die
teikengroep betrek.
• Die inligting moet duidelik, volledig en motiverend oorgedra word.
• Die motivering moet duidelik aan die span gekommunikeer word.
• Die inleiding moet so interessant wees dat dit dadelik die gehoor se aandag
sal trek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
• Daar moet ʼn duidelike spanningslyn of ʼn stygende lyn van belangrikheid wees.
• Maak gebruik van informele taalgebruik, maar nie sleng nie.
• Interessante voorbeelde en aanhalings maak die toespraak interessant.
• Die slot moet die gehoor prikkel en oortuig.
FORMAAT:
• Een of meer paragrawe is toelaatbaar.
• Aanhef
Korrekte aanspreekvorm en teikengroep moet genoem word.
• Inleiding
Die doel van die onderwerp word ingelei en die gehoor se aandag word getrek.
• Liggaam
Die toespraak sluit verskillende hoofpunte in wat die leerders motiveer om hulle
bes in die wedstryd te lewer.
• Slot
ʼn Treffende slot met ʼn finale poging om te oortuig.
Die slot moet die onderwerp saamvat en kort en bondig wees.
STYL:
• Hierdie toespraak is informeel en persoonlik van aard.
• Die spreker moet oortuigend en geloofwaardig voorkom.
• Die motivering moet duidelik blyk uit wat die spreker sê.
VOORBEELD
Beste spanmaats (Die spreker spreek die teikengroep aan.)
Inleiding: (Die inleidende sin is interessant, boeiend. Dadelik
gerig op die onderwerp van bespreking.)
Om te wen, is nie alles nie, maar om as ʼn span saam ons bes te lewer, is
die belangrikste. Geen span pak ʼn wedstryd aan sonder om te wil wen nie.
Liggaam: (Begin met onderwerp: motivering om hulle bes te lewer
tydens die wedstryd.
Gee feite oor hoekom dit so belangrik is om ʼn goeie wedstryd
te speel. Die sinne moet informatief en oortuigend wees.
Hou die spreektaal gemaklik en informeel.)
Ons het baie hard geoefen. Hierdie wedstryd is vir ons uiters belangrik.
Ons skool het nog nooit die finale rondte bereik nie; dus is dit reeds ʼn groot
prestasie vir ons. Ons ondersteuners maak op ons staat om met hierdie
wedstryd geskiedenis te maak. Hoe trots sal almal nie op ons wees nie.
Ons borge, Coca-Cola, het belowe om nog geld te belê vir oefening, ʼn
voltydse afrigter en toerusting as ons hierdie wedstryd wen.
Slot: (ʼn Verduideliking word aan spanlede gegee oor hoekom dit so
belangrik is om hulle bes in hierdie wedstryd te lewer. Dit
vorm die slot.)
Kom, spanmaats. Ons is reg vir die uitdaging! Vandag draf ons uit om te
wen! Kom wat wil!
ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 3
3.1 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS:
Die leerder skryf sy/haar gedagtes oor die eerste dag by die nuwe werk, neer.
VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die dagboekinskrywing word in die eerste persoon geskryf.
• Mense word by die naam genoem.
• Gebruik gepaste tye.
• Sinne word kort en kragtig geformuleer.
• Sinne ondersteun die kerngedagte van die opdrag, naamlik die skrywer se gedagtes
oor die nuwe dinge wat hy/sy by die werk ervaar het.
FORMAAT:
• Die kandidaat hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
• Die dagboekinskrywing moet ʼn dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.
• Die datum kan aan die linkerkant, regterkant of in die middel geskryf word.
• Die uiteensetting is in paragraafvorm of meer as een paragraaf.
• Gebruik leestekens en hoofletters funksioneel.
STYL:
• Die styl is persoonlik van aard.
• Emosiebelaai.
• Oortuigend.
VOORBEELD
15 Maart 2014
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
(Links, middel of regs)
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
(Verwoord gedagtes/gevoelens oor die eerste dag by die nuwe werk.)
Van vroeg vanoggend af, was ek baie benoud. Ek het nie geweet wat om te
verwag nie. Wat ʼn wonderlike ervaring! Die bestuurder van die maatskappy het
my kom verwelkom en ek het sommer dadelik tuis gevoel. My werksplek is
aangenaam, die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek moet eerlik wees,
my kop draai ʼn bietjie van alles wat ek vandag geleer het. Nou moet ek nog net
vriende maak en dan is my lewe volmaak. Liewe Dagboek, ek kan eintlik nie
wag om weer môre werk toe te gaan nie!
(Kan in een of meer paragrawe aangebied word.)
3.2 UITNODIGING
FOKUS:
Die leerder nooi vriende of familie formeel na ʼn troue uit d.m.v. ʼn troukaartjie.
VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die doel is om gaste uit te nooi na ʼn troue (Wat?).
• Die volgende inligting moet in die uitnodiging verskyn:
- Wie stuur die uitnodiging?
- Wie word na die troue genooi?
- Wanneer gaan (dag, datum en tyd) die troue plaasvind?
- Waar gaan die troue gehou word?
- Teen wanneer datum moet die gaste op die uitnodiging reageer?
- Hoe word daar op die uitnodiging geantwoord?
- Kontakbesonderhede?
• Ekstra inligting wat verskaf kan word:
kleredrag
akkommodasie
geskikte geskenke
padaanwysings
• Die inhoud is kort en die taal formeel.
• Die toon en register moet pas by die formele aard van ʼn uitnodigingskaartjie.
• Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT:
• Dit neem die vorm van ʼn uitnodigingskaartjie aan.
• Volledige inligting moet verskaf word.
• Sierskrif is opsioneel.
STYL:
• Toepaslike taalgebruik.
• Puntsgewys.
• Volsinne is die uitsondering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
VOORBEELD
UITNODIGING
U word hartlik uitgenooi na die huwelik/troue/bruilof van ....
(Naam van bruid en bruidegom)
DATUM: 10 Julie 2014
TYD: 16:00
PLEK: Kerkdiens: Metodiste Kerk, Klerksdorp
ONTHAAL: Oudorp Gholfklub, Klerksdorp
KLEREDRAG: Formeel
Geskenke in die vorm van geld is altyd welkom.
Kinders onder die ouderdom van twaalf word ongelukkig nie uitgenooi
nie.
RSVP: Voor 05 Julie 2014
Dis die troue van die jaar. Kom en geniet die geleentheid saam met
..... en .....
Daar is spesiaal voorsiening gemaak vir gaste wat wil oorslaap.
Kontak Themba (0838182430) vir verdere besonderhede of
padaanwysings.
3.3 POSKAART
FOKUS:
• Die leerder stuur die poskaart aan ʼn maat.
• Die leerder vertel van iets wonderliks wat tydens die vakansie met sy/haar gebeur het.
VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• ʼn Poskaart is ʼn kort kommunikasiewyse om ʼn boodskap oor te dra.
• Net hooftrekke en gebeure word genoem.
• Die tye sal wissel na gelang van die onderwerp.
• Beskrywende woorde word gebruik.
• Funksionele leestekengebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
FORMAAT:
• Die formaat van die poskaart moet korrek wees.
• Gebruik die formaat soos aangedui in die vraestel. (Halwe A4)
• Die naam en adres van ontvanger verskyn aan die regterkant van die poskaart.
• Aanhef, om aan te dui aan wie die poskaart geskryf word, kom aan die linkerkant.
• Die datum moet gegee word.
• Die boodskap aan die beste maat word aan die linkerkant geskryf.
• Dit is nie nodig om die poskaart in paragrawe aan te bied nie.
• Die leerder hoef nie reëls oop te laat nie.
Die sinne is kort en bondig bv. Ons geniet die vakansie. Baie om te sien en te
doen. Alhoewel dit nie ʼn volsin is nie, is dit aanvaarbaar.
• Indien die leerder na ʼn vakansieplek wil verwys, kan “plek” na die blyplek of
die omgewing verwys.
STYL:
• Kort sinne word gebruik.
• Informele trant.
• Informatief van aard.
VOORBEELD
15 Maart 2014
Beste Natasha POSSEËL
XXX
Vyfster hotel! Jacuzzi! Wat ʼn belewenis! Ons word soos
BBP’s behandel. Die beste nuus ooit: Ek het vir Justin
Bieber IN LEWENDE LYWE gesien! Natasha, dit voel Natasha van Wyk
soos ʼn droom! Hy het by ʼn tafeltjie gesit en roomys eet – Francis Baardstraat 7
weggesteek agter ʼn yslike sonbril. Ek het hom Pretoria
onmiddellik herken! Hy was baie vriendelik toe ek hom vir 1000
sy handtekening gevra het. Hy het sy arm om my nek
gesit vir ʼn foto. Kan jy dit glo! Die meisies gaan groen
wees as hulle hierdie foto op Facebook sien. Sien jou
Maandag by die skool.
Groete tuis.
Zintle
ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 19 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemid. Gemiddeld Ondergemid. Swak, maar slaag Te swak om te slaag
50 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
26-32 22½-25½ 19½-22 16-19 13-15½ 10-12½ 0-9½
-Inhoud toon uit- -Inhoud toon goeie -Inhoud toon bo- -Inhoud toon ’n -Inhoud toon -Inhoud dikwels -Inhoud nie ter sake
INHOUD EN stekende inter- interpretasie van gemiddelde voldoende ondergemiddelde onverstaanbaar. nie. Geen
pretasie van onder- onderwerp. interpretasie van interpretasie van interpretasie. Gebrek aan samehang nie.
BEPLANNING werp. -Idees interessant en onderwerp. onderwerp. Leemtes in same- samehang. -Idees herhaal.
-Idees uitdagend en verbeeldingryk. -Idees interessant en -Idees gewoon en hang. -Idees is min en -Beplanning en/of
volwasse. -Beplanning en/of oortuigend. diepte ontbreek. -Idees meestal dikwels herhalend. eerste poging
32 PUNTE -Beplanning en/of eerste poging lei tot -Beplanning en/of -Beplanning en/of relevant, herhalend. -Beplanning en/of ontbreek heeltemal.
eerste poging lei tot goedsaamgestelde, eerste poging lei tot eerste poging lei tot -Beplanning en/of eerste poging lei tot Swak opstel/
ʼn feitlik foutlose, gepaste opstel. ʼn goeie, gepaste ʼn bevredigende eerste poging lei tot opstel wat nie goed aanbieding.
gepaste opstel. opstel. opstel/ aanbieding. ondergemiddelde, aangebied is nie.
dog redelik
verstaanbare opstel.
10-12 8½-9½ 7½-8 6-7 5-5½ 4 0-3½
-Toon kritiese -Toon kritiese -Daar is bewyse van -ʼn Aanduiding van -Beperkte kritiese -Geen kritiese -Geen kritiese
TAAL, STYL taalbewustheid. taalbewustheid. kritiese taalbewust- kritiese taalbewust heid. taalbewustheid. taalbewustheid. taalbewustheid.
-Effektiewe gebruik -Korrekte gebruik van heid. -Taal baie eenvoudig -Taal gewoon en -Gebrekkige taal en -Ernstige gebrek aan
EN van taal en taal en punktuasie. -Taal en punktuasie: en punktuasie punktuasie dikwels punktuasie. taal en punktuasie.
REDIGERING punktuasie. Maak Kan figuurlike taal meestal korrek. voldoende. foutiewelik gebruik. -Woordkeuse -Woordkeuse
van figuurlike taal gebruik in korrekte -Woordkeuse is -Woordkeuse -Woordkeuse beperk. ontoepaslik.
gebruik. konteks. gepas vir opstel. voldoende. basies. -Styl, toon en -Styl, toon en register
12 PUNTE -Woordkeuse hoogs -ʼn Variasie in -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register register is baie gebrekkig.
toepaslik/ woordekeuse en is meestal toepaslik oor die algemeen in toon gebrek aan gebrekkig. -Opstel is besaai met
uitmuntend. word korrek gebruik. vir die onderwerp. ooreenstemming met samehang. -Opstel is besaai foute en verwarrend
-Styl, toon en register -Styl, toon en register -Opstel oor die vereistes vir die -Opstel het steeds met ten spyte van proef-
is hoogs gepas. is toepaslik vir die algemeen foutloos onderwerp. baie foute na foute ten spyte van lees en redigering.
-Opstel feitlik foutloos onderwerp. na proeflees en -Opstel het steeds proeflees en proeflees en
na proeflees en -Opstel meestal redigering. foute na proeflees en redigering. redigering.
redigering. foutloos na proeflees redigering.
en redigering.
5-6 4½ 4 3 2½ 2 0-1½
-Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Onderwerp bevat -Daar is bewyse van -Dwaal soms van die -Afgedwaal van die
STRUKTUUR onderwerp onderwerp is onderwerp sommige idees, ontwikkeling van onderwerp af. onderwerp.
samehangend met samehangend met samehangend en noodsaaklike details sommige noodsaak- Algemene gedagte- -Sinskonstruksie en
verbeeldingryke verbeeldingryke logiese ontwikkeling egter ingesluit. like idees. gang moeilik om te paragrafering:
6 PUNTE details. details. van details. -Sinskonstruksie en -Sinskonstruksie en volg. deurmekaar en
-Sinne en paragrawe -Sinne en -ʼn Verskeidenheid paragrafering mag paragrafering foutief, -Sinskonstruksie en ondeurdag.
samehangend paragrafering: tipes sinne en foute bevat, maar maar idees is paragrafering baie -Lengte is heeltemal
saamgestel. samehangend, goed paragrawe skakel opstel maak nog sin. verstaanbaar. elementêr te kort/te lank.
-Lengte is in ooreen- gekonstrueer/ logies. -Lengte is amper -Lengte is te kort/ saamgestel.
stemming met saamgestel. -Lengte is korrek. korrek. te lank. -Lengte is te kort/
vereistes. -Lengte is korrek. te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 20 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
30 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
16-20 14-15½ 12-13½ 10-11½ 8-9½ 6-7½ 0-5½
-Gespesialiseerde -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Voldoende kennis van -ʼn Gemiddelde kennis van -ʼn Elementêre kennis van -Geen kennis van
INHOUD, kennis van vereiste van
teks.
vereistes van teks.
-Gedissiplineerde
vereistes van teks.
-Behou bo-gemiddelde
vereistes van teks.
-Gemiddelde fokus, inhoud
vereistes van teks.
Respons op geskrewe
vereistes teks. Respons
op geskrewe teks toon ʼn
vereistes van teks nie.
Respons op geskrewe
BEPLANNING -Gedissiplineerde skryfwerk, behou goeie fokus, onbenullige wyk effens af van teks toon onder- beperkte/swak fokus. teks toon baie swak/geen
EN FORMAAT skryfwerk, behou
deurgaans baie goeie
fokus; byna geen
afwykings nie.
afwykings.
-Inhoud en idees
onderwerp, maar dit
belemmer nie die
gemiddelde fokus.
-Wyk af van onderwerp;
-Inhoud wyk af van
onderwerp; betekenis is
fokus.
-Inhoud wyk af van
fokus; geen afwykings -Inhoud en idees samehangend. Detail oorhoofse betekenis betekenis is plek-plek plek-plek verwarrend. onderwerp. Betekenis
20 PUNTE nie.
-Teks, algeheel same-
samehangend. Alle
detail ondersteun
ondersteun onderwerp.
-Beplanning en/of eerste
nie.
-Inhoud en idees
vaag.
-Inhoud en idees het
-Inhoud en idees omtrent
nie samehangend. Min
is verwarrend.
-Inhoud en idees is nie
hangend. Alle detail onderwerp. poging lei tot ʼn gepaste, voldoende same- leemtes in hul samehang. detail ondersteun samehangend nie. Te
ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of goeie teks. hangend. Sommige Basiese detail onderwerp. min detail ondersteun
-Beplanning en/of eerste eerste poging lei tot -Die toepassing van die van die detail ondersteun ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik ʼn goed saamgestelde, meeste van die nodige onderwerp. -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig, teks nie -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste gepaste teks. reëls vir die formaat is -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn onder- goed aangebied nie. poging afwesig/nie
teks. -Al die nodige reëls bogemiddeld. poging lei tot ʼn gemiddelde, dog redelik -Kennis van die nodige gedoen nie. Swak
-Al die nodige reëls vir vir die formaat is goed bevredigende teks. verstaanbare teks. reëls vir die formaat is aanbieding van teks.
die formaat is toegepas. -Kennis van die nodige -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die
uitstekend toegepas. reëls vir die formaat is reëls vir die formaat is nodige reëls vir die
gemiddeld/voldoende. ondergemiddeld. Kritiese, formaat nie.
nalatige foute is begaan.
8-10 7- 7½ 6-6½ 5-5½ 4-4½ 3-3½ 0- 2½
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies saam- -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
TAAL, STYL akkuraat; sinne goed
saamgestel.
akkuraat; sinne goed
saamgestel.
maklik om te lees; sinne
is goed saamgestel.
saamgestel ten spyte van
foute.
gestel. Verskeie foute.
-Woordeskat is beperk en
om te volg.
-Woordeskat benodig
saamgestel en
verwarrend.
EN -Woordeskat is baie -Woordeskat is -Woordeskat is meestal -Woordeskat is voldoende nie baie van pas vir doel remediëring en is nie -Woordeskat benodig
REDIGERING toepaslik vir doel van
teks, gehoor en
toepaslik vir doel van
teks, gehoor en konteks.
toepaslik vir doel van teks,
gehoor en konteks.
vir doel van teks, gehoor
en konteks.
van teks, gehoor en
konteks nie.
geskik vir doel van teks,
gehoor en konteks nie.
ernstige remediëring en
is nie toepaslik vir doel
konteks. -Styl, toon en register -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register nie van teks nie.
10 PUNTE -Styl, toon en register
baie toepaslik.
meestal toepaslik.
-Teks oorwegend
die algemeen toepaslik.
-Teks meestal foutloos na
voldoende.
-Teks het steeds foute na
toon gebreke.
-Teks het steeds baie
geskik vir onderwerp nie.
-Teks is besaai met foute
-Styl, toon en register
pas nie by onderwerp
-Teks feitlik foutloos na foutloos na proeflees proeflees en redigering. proeflees en redigering. foute na proeflees en ten spyte van proeflees nie.
proeflees en redigering. en redigering. -Lengte is in -Lengte is amper korrek. redigering. en redigering. -Teks is besaai met
-Lengte is in -Lengte is in ooreenstemming met -Lengte is te kort/ -Lengte is te kort/ foute en verwarrend ten
ooreenstemming ooreenstemming met vereistes. te lank. te lank. spyte van proeflees en
met vereistes. vereistes. redigering.
-Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 21 DBE/Feb.–Mrt. 2014
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
20 KODE 7 KODE 6 KODE 5: KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
10½-13 9½-10 8-9 6½-7½ 5½-6 4-5 0-3½
-Gespesialiseerde kennis -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Gemiddelde kennis van -Ondergemiddelde kennis -Swak kennis van -Swak/Geen kennis van
INHOUD, van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks nie.
-Gedissiplineerde -Gedissiplineerde -Behou bo-gemiddelde -Gemiddelde fokus, Respons op geskrewe Respons Respons op geskrewe
BEPLANNING skryfwerk; behou skryfwerk, behou goeie fokus,onbenullige inhoud wyk af van teks toon ʼn onder – op geskrewe teks toon ʼn teks toon baie swak/geen
EN deurgaans baie goeie fokus, afwykings. onderwerp, maar dit gemiddelde fokus. swak/beperkte fokus. fokus.
fokus, geen afwykings byna geen afwykings nie. -Inhoud en idees is belemmer nie die -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van
FORMAAT nie. -Inhoud en idees is samehangend, details oorhoofse betekenis onderwerp. Betekenis is Onderwerp, betekenis is onderwerp, betekenis is
-Inhoud en idees is samehangend, alle detail ondersteun onderwerp. nie. plek-plek vaag. plek-plek verwarrend. verwarrend.
algeheel samehangend; ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste -Inhoud wyk af van -Inhoud en idees het -Inhoud en idees min -Inhoud en idees nie
13 PUNTE alle detail ondersteun -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn gepaste, onderwerp, maar dit leemtes in hul samehang; samehangend, min detail samehangd nie, te min
onderwerp. poging lei tot ʼn goeie teks. belemmer nie die basiese detail ondersteun ondersteun onderwerp. detail ondersteun die
-Beplanning en/of eerste goed saamgestelde, -Meeste van die nodige betekenis nie. die onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik gepaste teks. reëls vir die formaat is -Inhoud en idees -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig. Teks -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste teks. -Al die nodige reëls vir toegepas/beduidend. voldoende samehangend, poging lei tot ʼn onder- nie goed aangebied nie. poging nie gedoen nie.
-Al die nodige reëls vir die die formaat is sommige van die detail gemiddelde dog redelik, -Kennis van die nodige Swak aanbieding van
formaat is toegepas/ toegepas/verdienstelik. ondersteun die verstaanbare teks. reëls vir die formaat is teks.
uitmuntend. onderwerp. -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die
-Beplanning en/of eerste reëls vir die formaat is nodige reëls vir die
poging lei tot ʼn ondergemiddeld. formaat nie.
bevredigende teks. Kritiese, nalatige foute is
-Kennis van die nodige begaan.
reëls vir die formaat is
voldoende.
6-7 5-5½ 4½ 3½-4 3 2½ 0- 2
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
akkuraat. Sinne goed akkuraat. Sinne goed maklik om te lees. Sinne saamgestel ten spyte van saamgestel. Verskeie om te volg. saamgestel en
TAAL, STYL saamgestel. saamgestel. is goed saamgestel. foute. foute. -Woordeskat benodig verwarrend.
-Woordeskat is baie -Woordeskat is -Woordeskat is meestal -Woordeskat is voldoende -Woordeskat is beperk en remediëring en is nie -Woordeskat benodig
EN toepaslik vir doel van meestal toepaslik vir toepaslik vir doel van vir doel van teks, gehoor nie baie van pas vir doel geskik vir doel van teks, ernstige remediëring en
REDIGERING teks, gehoor en konteks. doel van teks, teks, gehoor en konteks. en konteks. van teks, gehoor en gehoor en konteks nie. is nie toepaslik vir doel
-Styl, toon en register baie gehoor en konteks. -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register konteks nie. -Styl, toon en register nie van teks nie.
toepaslik. -Styl, toon en register die algemeen toepaslik. voldoende. -Styl, toon en register toon geskik vir onderwerp nie. -Styl, toon en register
7 PUNTE -Teks feitlik foutloos na toepaslik. -Teks meestal foutloos na -Teks het steeds foute na gebreke. -Teks is besaai met foute pas nie by onderwerp
proeflees en redigering. -Teks oorwegend proeflees en redigering. proeflees en redigering. -Teks het steeds baie ten spyte van proeflees nie.
-Lengte is in foutloos na proeflees -Lengte is in -Lengte is amper korrek. foute na proeflees en en redigering. -Teks is besaai met
ooreenstemming en redigering. ooreenstemming met redigering. -Lengte is te kort/te lank. foute en verwarrend ten
met vereistes. -Lengte is in vereistes. -Lengte is te kort/ spyte van proeflees en
ooreenstemming met te lank. redigering.
vereistes. -Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans FAL P1 Feb March 2014 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans FAL P3 Feb March 2015 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P1 Feb March 2014 hlayiso.com
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)
Question paper
Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024 hlayiso.com
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024

Question paper
Afrikaans FAL P2 Nov 2024 MG

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2024 MG

Question paper

%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)



%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
