Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 1220149 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary 2014, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC Supplementary 2014

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 1 DBE/November 2011 NSS NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer transaksionele teks (30) AFDELING C: Korter teks: Naslaan-, informatiewe en transaksionele tekste (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning nadat jy die finale produk geskryf het. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke teks soos dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer. 10. LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. ’N VRIEND WAT JY ALTYD SAL ONTHOU 1 1.1 [Uit: www.google.com] Jy het gedurende jou skoolloopbaan baie vriende gemaak. Daar is egter een vriend wat jy altyd sal onthou. Skryf ʼn opstel oor daardie vriend. [50] 1.2 ’N DAG SAAM MET ’N STRAATKIND [Uit: www.google.com] Jy het ʼn dag saam met ʼn straatkind deurgebring. Dink byvoorbeeld aan: • Wat julle gedoen het • Hoe mense julle behandel het • Die lesse wat jy geleer het Skryf ʼn opstel daaroor. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS 1.3 NUWE OU BEGIN LEWE ? Jy het besluit om jou verkeerde lewe te los. Dis tyd vir ʼn nuwe begin. Skryf ʼn opstel daaroor. [50] 1.4 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIQUE D'AFRIQUE DU SUD PASPOORT [Uit: www.google.com] Wat sal jy alles doen as jy jou paspoort het? Dink aan: • Waarom ʼn paspoort vir jou so belangrik is • Die plekke waaroor jy nog altyd gedroom het • Die loopbaangeleenthede as jy ʼn paspoort het Skryf ʼn opstel daaroor. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS 1.5 [Uit: www.google.com] Jou ouma is een van daardie mense wat sukkel om met ʼn selfoon te werk. Skryf ʼn opstel daaroor. [50] 1.6 Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ʼn opstel daaroor. Gee jou skryfstuk ʼn titel. Jou opstel moet direk by die KERN van die prent aansluit. 1.6.1 [Uit:www.google.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS 1.6.2 [Uit: www.google.com] [50] 1.6.3 [Uit: www.google.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2 • Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 FORMELE BRIEF Jy het die volgende advertensie in die koerant gelees en wil graag aansoek doen vir hierdie werk. KELNER OF KELNERIN Dié pos is vanaf 01/04/2014 by Silwer Wolk Spur beskikbaar. Vereistes: • Harde werker • Goeie kommunikasievermoëns • Lief vir mense • Eie vervoer Pos jou aansoekbrief aan: Die Bestuurder Silwer Wolk Spur Posbus 498 Durban 4000 Skryf ʼn formele brief en doen aansoek vir hierdie pos. [30] 2.2 DIALOOG Daar is een of meer van jou familielede oor wie niemand praat nie. Jy het besluit om jou oupa oor hierdie persoon/persone uit te vra. Skryf die dialoog tussen jou en jou oupa neer. [30] 2.3 KOERANTBERIG ʼn Motor is voor ʼn winkel op julle dorp gesteel. Skryf ʼn koerantberig oor wat daar gebeur het. [30] 2.4 TOESPRAAK Jy is die kaptein van ʼn sportspan. Jy moet jou span voor ʼn belangrike wedstryd motiveer. Skryf jou toespraak. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 DAGBOEKINSKRYWING Jou eerste dag by ʼn nuwe werk is verby. Skryf jou gedagtes oor daardie dag in jou dagboek neer. [20] 3.2 UITNODIGING [Uit: www.google.com] Jou suster gaan trou. Skryf die inhoud van die uitnodigingskaartjie vir die troue neer. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2014 NSS 3.3 POSKAART Jy en jou ouers is met vakansie. Daar het iets wonderliks met jou tydens hierdie vakansie gebeur. Jy kan nie wag om vir jou beste maat daarvan te vertel nie. Gebruik hierdie formaat om die nuus wat jy aan jou maat wil stuur, neer te skryf. Seël __________ __________ __________ ______ [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all