Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE TAAL V3
HOËR GRAAD
2014
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers %20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June 2014, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC June
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 496.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
NSC June 2014
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 2 DBE/2014
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Maak seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Maak seker dat jou eksamennommer op jou ANTWOORDEBOEK reg is.
3. Beantwoord EEN vraag uit elk van die AFDELINGS A, B EN C.
4. Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer.
5. Gee spesiale aandag aan spelling, taal en sinskonstruksie.
6. Beplan jou tyd só:
Afdeling A 60 minute
Afdeling B 30 minute
Afdeling C 30 minute
7. Ons beveel aan dat jy jou werk deurlees voordat jy dit inlewer.
8. Dui die getal woorde aan die einde van elkeen van jou skryfstukke aan.
9. Die wenke wat by elke skryfstuk gegee word, dien slegs as riglyne. Jy hoef dit
nie te gebruik nie.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 3 DBE/2014
SSE
AFDELING A: LANGER SKRYFSTUKKE
VRAAG 1
Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling oor EEN van die volgende
onderwerpe.
Elke vraag in hierdie afdeling tel 40 punte.
Jou opstel moet 250–300 woorde lank wees.
1.1 ’N MENS DOEN SOMS VERKEERDE DINGE
Eendag het jy gesien hoe iemand ʼn verkeerde ding gedoen het.
Skryf ʼn opstel en vertel wat die persoon verkeerd gedoen het en wat daarna
gebeur het.
Hou die volgende in gedagte:
Waar was jy toe dit gebeur het?
Wat het die persoon verkeerd gedoen?
Wat het daarna gebeur?
Hoe het die storie geëindig? [40]
1.2 DIE VROUENS WAT KOS LANGS DIE PAD VERKOOP
Elke dag sien jy stalletjies waar vrouens
kos langs die pad verkoop.
Skryf ʼn opstel en beskryf hoe die
kosverkopers en hulle stalletjies lyk.
Hou die volgende in gedagte:
Waar is die stalletjies van die
kosverkopers?
Hoe lyk die vrouens en hulle
stalletjies?
Hoe ruik dit daar?
Wat hoor jy by die stalletjies?
Waarom koop jy kos by die
stalletjies?
[Uit: Verdwaal!, Peter Ranby] [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 4 DBE/2014
SSE
1.3 AS EK MY MATRIEKSERTIFIKAAT HET ...
ʼn Matrieksertifikaat is baie belangrik.
Skryf ʼn opstel waarin jy vertel watter verskil ʼn matrieksertifikaat aan jou lewe
kan maak.
Hou die volgende in gedagte:
● Watter werk doen jy?
● Watter verskil sal ʼn matrieksertifikaat by jou werk maak?
● Watter verskil sal dit aan jou lewe maak?
● Hoe sal jy voel? [40]
1.4 MOET ’N MENS STEM?
Die verkiesing is verby.
Party mense het gestem en
en ander het nie gaan stem
nie.
Skryf ʼn opstel en argumenteer
daaroor of dit belangrik is om
te stem of nie.
Hou die volgende in gedagte:
● Wat het ʼn demokrasie tot
nou toe vir Suid-Afrikaners [Uit: Google Images]
beteken?
● Is die mense tevrede met alles wat die regering tot nou toe gedoen het?
● Kom die politieke party wat wen, al die beloftes na?
● Luister die politieke partye na wat die mense sê?
● Is dit, of is dit nie belangrik om te gaan stem nie? [40]
1.5 SUID-AFRIKA IS INTERESSANT
Suid-Afrika is ʼn baie interessante land.
Skryf ʼn opstel waarin jy inligting oor Suid-Afrika gee.
Hou die volgende in gedagte:
Die natuur
Die verskillende soorte mense
Die ekonomie
Die sportsoorte [40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 5 DBE/2014
SSE
AFDELING B: KORT SKRYFSTUKKE
VRAAG 2
Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.
Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.
Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees.
2.1 FORMELE BRIEF
Jy het boeke by die boekwinkel Leeshuis bestel, maar jy het die boeke nog
nie ontvang nie.
Skryf ʼn formele brief aan die bestuurder van Leeshuis waarin jy navraag doen
oor die boeke wat jy bestel het. Sê waarom dit belangrik is dat jy die boeke so
gou as moontlik moet ontvang.
Gebruik die volgende adres:
Die Bestuurder
Leeshuis
Posbus 1300
Johannesburg
2000
Hou die volgende in gedagte:
Watter boeke het jy bestel?
Wanneer het jy die boeke bestel?
Het jy vir die boeke betaal?
Waarvoor het jy die boeke nodig?
Wat hoop jy sal gebeur? [20]
2.2 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jy en jou vriende het verlede naweek by ʼn bekende persoon gaan kuier.
Jou een vriend/vriendin kon nie saamgaan nie.
Skryf ʼn vriendskaplike brief aan dié vriend/vriendin waarin jy vir hom/haar van
die besoek vertel.
Hou die volgende in gedagte:
By wie het julle gaan kuier?
Wie het almal saamgegaan?
Wat het julle gedoen?
Wat het julle geëet en gedrink?
Waarom sal jy die besoek onthou? [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 6 DBE/2014
SSE
2.3 DIALOOG
Jy het eendag in die straat op pad werk toe geloop en die volgende oomblik
was jy tussen ʼn groot massa mense! Die mense was kwaad en wou die
minister sê hoe hulle voel. Skielik het jy nie meer veilig gevoel nie.
Skryf in dialoogvorm die gesprek tussen jou en jou vriend/vriendin neer
waarin jy hom/haar vertel wat daarna gebeur het.
Laat elke spreker ten minste vyf keer praat en laat ʼn reël tussen elke
spreekbeurt oop.
Begin jou dialoog só:
Jy: Goeiemôre, Jo!
Jo: Goeiemôre. Hoekom lyk jy só?
Jy: Sjoe! Ek was nou baie bang ...
Hou die volgende in gedagte:
Waar was jy toe jy tussen dié mense beland het?
Wie was die mense en waaroor was hulle ongelukkig?
Wat het gebeur?
Wat het die polisie gedoen?
Hoe het jy veilig uit die situasie gekom? [20]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 7 DBE/2014
SSE
AFDELING C: ANDER KORT SKRYFSTUKKE
VRAAG 3
Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.
Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.
Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees.
3.1 FORMELE UITNODIGING
Die besigheid waarvoor jy werk, word volgende maand tien jaar oud. Die
bestuurder wil belangrike klante uitnooi na ʼn formele ete. Hy wil hulle bedank
vir hulle lojale ondersteuning. Jy is verantwoordelik vir die uitnodigings na die
formele ete in die stadsaal.
Skryf ʼn uitnodiging aan mnr. Baloyi, een van julle belangrike klante, om hom
na die formele ete uit te nooi om julle besigheid se tienjarige bestaan te vier.
Hou die volgende in gedagte:
Van wie af kom die uitnodiging?
Wie word genooi?
Waar, wanneer en hoe laat gaan die formele ete plaasvind?
Wat moet die mense aantrek?
Hoe en wanneer moet hy op die uitnodiging antwoord?
Gee ʼn paar feite oor julle besigheid wat tot die uitnodiging gelei het. [20]
3.2 ADVERTENSIE
Jy en jou vriende het ʼn motorwassery en julle wil hê meer mense moet hulle
motors daar kom was.
Ontwerp ʼn advertensie om julle motorwassery te adverteer.
Hou die volgende in gedagte:
Wat is die naam van die motorwassery?
Waar is dit?
Watter soort dienste bied julle by die motorwassery aan?
Is daar spesiale pryse?
Wie is almal welkom by die motorwassery?
Wat is julle kontakbesonderhede?
LET WEL: Daar word nie punte vir versiering gegee nie. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3 8 DBE/2014
SSE
3.3 HULDEBLYK
ʼn Belangrike persoon in julle gemeenskap is oorlede. Jy is gevra om ʼn
huldeblyk vir die koerant te skryf.
Skryf ʼn huldeblyk oor die oorledene.
Hou die volgende in gedagte:
Watter persoonlike inligting het jy oor die oorledene?
Hoe en waar is die persoon oorlede?
Wie is die gesinslede wat agtergebly het?
Watter hoogtepunte/prestasies was daar in sy/haar opleiding en lewe?
Wat het hy/sy vir die gemeenskap gedoen?
Van watter insidente in sy/haar lewe kan jy vertel?
Watter inligting het jy oor die begrafnis? [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2014 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper