Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 1220149 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June 2014, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE TAAL V3 STANDAARDGRAAD 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 2 DBE/2014 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Maak seker dat jou vraestel volledig is. 2. Maak seker dat jou eksamennommer op jou ANTWOORDEBOEK reg is. 3. Beantwoord EEN vraag uit elk van AFDELING A, B EN C. 4. Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer. 5. Gee spesiale aandag aan spelling, taal en sinskonstruksie. 6. Beplan jou tyd só: Afdeling A 60 minute Afdeling B 30 minute Afdeling C 30 minute 7. Ons beveel aan dat jy jou werk deurlees voordat jy dit inlewer. 8. Dui die getal woorde aan die einde van elkeen van jou skryfstukke aan. 9. Die wenke wat by elke skryfstuk gegee word, dien slegs as riglyne. Jy hoef dit nie te gebruik nie. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 3 DBE/2014 SSE AFDELING A: LANGER SKRYFSTUKKE VRAAG 1  Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling oor EEN van die volgende onderwerpe.  Elke vraag in hierdie afdeling tel 40 punte.  Jou opstel moet 250–300 woorde lank wees. 1.1 OP PAD WERK TOE Jy gaan elke dag werk toe. Een oggend het daar iets langs die pad gebeur. Skryf ʼn opstel en vertel wat daardie dag op pad werk toe gebeur het. [Uit: Google Images] [Uit: Verdwaal!, Peter Ranby] Hou die volgende in gedagte:  Hoe laat het jy daardie dag werk toe gegaan?  Wat het langs die pad gebeur?  Hoe het jy gevoel toe jy by die werk gekom het?  Hoe het die mense by die werk gereageer? [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 4 DBE/2014 SSE 1.2 ONS HET OP ERFENISDAG GROOT FEES GEVIER Op 24 September vier ons Erfenisdag. Verlede jaar het julle hele gemeenskap op daardie dag groot fees gevier. Skryf ʼn opstel en vertel van die interessante Erfenisdag wat julle gehad het. [Uit: Google Images] [Uit: Verdwaal!, Peter Ranby] Hou die volgende in gedagte:  Wie was almal daar?  Na watter soort musiek het julle geluister?  Wat het julle alles gedoen?  Wie het ʼn toespraak gehou en wat het hy/sy gesê?  Wat het julle geëet en gedrink? [Uit: Google Images] [40] 1.3 OUERS MAG KINDERS NIE SLAAN NIE As kinders in die ou dae nie vir hulle ouers geluister het nie, het hulle ʼn pak slae gekry. Nou is dit teen die wet om kinders te slaan. Skryf ʼn opstel waarin jy daarvoor of daarteen argumenteer dat ouers hulle kinders nie mag slaan nie. Hou die volgende in gedagte:  Waarom slaan ouers hulle kinders?  Hoe voel kinders as ouers hulle slaan?  Hoe voel ouers as hulle hulle kinders slaan?  Wat is die gevolge as ouers hulle kinders slaan?  Wat leer ʼn kind daaruit as hy so gestraf word?  Op watter ander manier kan ouers hulle kinders straf?  Dink jy ouers moet hulle kinders slaan? [Uit: Google Images] [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 5 DBE/2014 SSE 1.4 EK HET BAIE DROME VIR DIE TOEKOMS Jy droom daaroor om eendag suksesvol en gelukkig te wees. Skryf ʼn opstel en vertel van jou drome vir die toekoms. Hou die volgende in gedagte:  Waaroor droom jy vir jou toekoms?  Wat wil jy alles doen?  Is daar ʼn spesiale persoon in jou drome?  Hoe, dink jy, gaan jy daardie dag voel as jou drome waar word? [40] 1.5 DIE BESTE PRESIDENT ʼn Land se president stel vir die mense ʼn voorbeeld. Skryf ʼn opstel waarin jy vertel van die persoon wat vir jou ʼn ware president is of was. Hou die volgende in gedagte:  Wie is/was vir jou die beste president?  Hoe lyk hy/het hy gelyk?  Watter ander inligting het jy van hom?  Wat doen hy/het hy alles vir die mense gedoen?  Waarom is/was hy vir jou ʼn voorbeeld? [40] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 6 DBE/2014 SSE AFDELING B: KORT SKRYFSTUKKE VRAAG 2  Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.  Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.  Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees. 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jy het jou geld lank gespaar en uiteindelik het jy genoeg gehad om iets spesiaals daarmee te koop. Skryf ʼn brief aan jou beste vriend/vriendin waarin jy hom/haar vertel wat jy gekoop het. Hou die volgende in gedagte:  Wat wou jy nog altyd gehad het?  Wat het jy alles gedoen om die geld te spaar?  Hoeveel geld het jy nodig gehad?  Wat het jy gekoop?  Hoe het jy gevoel? [20] 2.2 FORMELE BRIEF Julle gemeenskap was baie ongelukkig omdat julle nie ʼn biblioteek gehad het nie. Die mense moet kan lees en die leerders moet navorsing vir hulle skooltake doen. Nou het julle ʼn biblioteek gekry en die mense is baie dankbaar. Skryf ʼn formele brief aan die munisipale bestuurder om dankie te sê vir die biblioteek en gee ʼn paar wenke oor hoe die munisipaliteit nog beter diens aan die gemeenskap kan lewer. Gebruik die volgende adres: Die Munisipale Bestuurder Posbus 888 (Gee jou dorp) (Gee jou poskode) Hou die volgende in gedagte:  Hoe voel die mense oor die biblioteek?  Waarom geniet die mense dit [Uit: Google images] om biblioteek toe te gaan?  Watter verskil gaan die biblioteek aan die mense se lewens maak?  Wat kan die munisipaliteit nog doen om beter dienste aan die gemeenskap te lewer? [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 7 DBE/2014 SSE 2.3 DAGBOEKINSKRYWING Jy het die man/vrou ontmoet wat ʼn groot indruk op jou gemaak het. Skryf twee dagboekinskrywings. Vertel in die eerste dagboekinskrywing hoe julle ontmoet het en in die tweede dagboekinskrywing wat die volgende dag gebeur het. Dag 1: Die dag toe jy hom/haar ontmoet het.  Waar was jy toe jy hom/haar ontmoet het?  Hoe het hy/sy gelyk?  Wat het gebeur?  Hoe het jy gevoel? [Uit: Drum, 12 Februarie 2010] Dag 2: Die volgende dag nadat jy hom/haar ontmoet het.  Hoe het jy gevoel toe jy opgestaan het?  Waar het julle mekaar weer ontmoet?  Hoe het hy/sy vir jou gelyk?  Wat het julle die dag gedoen?  Wat was die gevolge van julle ontmoeting? [20] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 8 DBE/2014 SSE AFDELING C: ANDER KORT SKRYFSTUKKE VRAAG 3  Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.  Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.  Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees. 3.1 HULDEBLYK Jou vriend/vriendin is oorlede. Sy/Haar ouers het jou gevra om by sy/haar gedenkdiens iets oor hom/haar te sê. Skryf ʼn huldeblyk oor jou vriend/vriendin wat oorlede is. Hou die volgende in gedagte:  Watter persoonlike inligting het jy oor die oorledene?  Waaraan en waar is hy/sy oorlede?  Watter hoogtepunte/prestasies was daar in sy/haar lewe?  Wat het hy/sy vir ander mense gedoen?  Watter storietjies kan jy oor sy/haar lewe vertel?  Waarom was hy/sy vir jou spesiaal?  Hoe kan jy die familie troos? [20] 3.2 INSTRUKSIES Jou broer/suster skryf vir die eerste keer eksamen. Hy/Sy weet nie hoe om te leer nie. Skryf 10 instruksies neer oor hoe ʼn mens jou moet voorberei vir die eksamen. Hou die volgende in gedagte:  Wanneer moet hy/sy begin leer?  Hoe en waar moet hy/sy leer?  Wat moet hy/sy nie doen nie?  Wat moet hy/sy die dag doen as hy/sy eksamen skryf?  Wat moet hy/sy na die eksamenlokaal saamvat? [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Taal/SG/V3 9 DBE/2014 SSE 3.3 ADVERTENSIE Jy wil ʼn winkel begin sodat jy geld kan verdien. Ontwerp ʼn advertensie om die produkte wat jy by jou winkel gaan verkoop, te adverteer. Hou die volgende in gedagte:  Waar gaan jou winkel wees?  Wat gaan jy verkoop?  Aan wie gaan jy jou produkte verkoop?  Watter spesiale pryse gaan jy hê?  Waarom moet die mense by jou koop? LET WEL: Daar word nie punte vir versiering gegee nie. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all