Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE TAAL V2
STANDAARDGRAAD
2014
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.
3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers %20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)




%20(SG)%20June%202012%20Memo_hlayiso.com_--f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa/v1-c20d5a3ffcb89f64e5ef/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June 2014, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 33
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 33
This exam
NSC June 2014
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)21 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)19 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)41 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)40 marks
Show all 12 questions
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)38 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)40 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 10Letterkunde (Literature / Set Works)15 marks
- Question 11Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 12Letterkunde (Literature / Set Works)16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 2 DBE/2014
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE die hele vraestel deurlees NIE.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Gedigte (40)
AFDELING B: Roman (40)
AFDELING C: Drama (40)
AFDELING D: Kortverhale (40)
4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
genres wat jy voorberei het, aan.
5. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE genres wat jy voorberei het en kies die
vrae wat jy wil beantwoord.
6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
9. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 3 DBE/2014
SSE
INHOUDSOPGAWE
Kies ENIGE TWEE afdelings.
AFDELING A: GEDIGTE
Beantwoord enige TWEE gedigte.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. Kontak Kontekstuele vraag 20 4
OF
2. Woorde Kontekstuele vraag 20 6
OF
3. Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8
OF
4. Wie’s hy? Kontekstuele vraag 20 10
OF
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
5. Kringe in ʼn bos Kontekstuele vraag 40 12
OF
6. Die ongelooflike avonture van Hanna
Kontekstuele vraag 40 16
Hoekom
OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
7. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 40 19
OF
8. Paljas Kontekstuele vraag 40 22
OF
AFDELING D: KORTVERHALE
Beantwoord enige TWEE kortverhale.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
9. Die storie van Piet se oupa Kontekstuele vraag 20 26
OF
10. Baby Kontekstuele vraag 20 28
OF
11. Die pakkie Kontekstuele vraag 20 30
OF
12. Op soek na Kid Khumalo Kontekstuele vraag 20 32
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 4 DBE/2014
SSE
AFDELING A: GEDIGTE
VERSJOERNAAL
Beantwoord die vrae van enige TWEE gedigte.
VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
KONTAK – Theo de Jager
1 Ek kon jou met ʼn selfoon bel
2 om te sê dat ek jou baie mis,
3 maar die kaart was gekrap, die batterye pap
4 en die boodskap het in die niet verdamp.
5 Ek het vir jou ʼn brief geskryf
6 en my hart se hoeke daarin uitgewas
7 maar my pen was krom, my vingers te dom
8 om die woorde in die koevert te pas.
9 Toe het ek maar ʼn duif gestuur
10 sonder skrif of klank, en nou wag ek,
11 hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom
12 met ʼn takkie blare in sy bek.
1.1 Wat wou die spreker in strofe 1 gebruik om met sy/haar geliefde te
kommunikeer? (1)
1.2 Die spreker het na sy/haar geliefde verlang.
1.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.2.1. Haal EEN versreël as
antwoord aan. (1)
1.3 Watter probleem het die spreker met die simkaart gehad? (1)
1.4 Haal EEN woord aan wat aandui dat die boodskap verdwyn het. (1)
1.5 Watter woord uit strofe 2 dui daarop dat die spreker sy/haar hart in ʼn brief
leeggemaak het? (1)
1.6 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (1.6.1–1.6.2) en die antwoord neer.
gepos; geskryf; getik; gefaks
In strofe 2 het die spreker ʼn brief (1.6.1) ..., maar het nie die brief (1.6.2) ...
nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 5 DBE/2014
SSE
1.7 Hoekom kon die spreker nie sy/haar pen gebruik nie? (1)
1.8 Wat kon die spreker se vingers nie doen nie? (1)
1.9 Het die spreker se geliefde in strofe 3 met hom/haar kontak gemaak?
Motiveer jou antwoord met DRIE opeenvolgende woorde uit die gedig. (2)
1.10 Voltooi die sin met EEN woord.
Die duif in die gedig is ʼn teken van ... (1)
1.11 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Versreël 10: “sonder skrif” is ʼn voorbeeld van ...
A metafoor.
B alliterasie.
C assonansie.
D vergelyking. (1)
1.12 Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
net die vraagnommer (1.12.1–1.12.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
1.12.4 E.
KOLOM A KOLOM B
1.12.1 “met ʼn takkie blare in sy bek” A ʼn baie ou manier van
(versreël 12) kommunikasie
1.12.2 “hoop ek en bid ek” B dit is al wat die spreker
(versreël 11) nou kan doen
1.12.3 “Toe het ek maar ʼn duif C dit sal ʼn positiewe
gestuur” (versreël 9) antwoord vir die spreker
wees
D ʼn moderne manier van
kommunikasie
(3 x 1) (3)
1.13 Gee TWEE redes hoekom die spreker so gesukkel het om met die geliefde
kontak te maak. (2)
1.14 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Met die skryf van die gedig het die spreker tog aan die einde op ʼn
(letterlike/simboliese) manier met sy/haar geliefde kontak gemaak. (1)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 6 DBE/2014
SSE
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
WOORDE – Vincent Oliphant
1 my woorde het nie die krag
2 om bose magte tot ʼn val te bring nie
3 my woorde kan bloot sing
4 my woorde is nie ʼn dak
5 om onder te skuil nie
6 my woorde is swak
7 my woorde kan nie keer
8 dat ons die kromme note haal nie
9 my woorde is kaal
10 glo tog
11 my woorde het nie die byt
12 van koeëls en grofgeskut nie
13 nee
14 my woorde kan bloot bid
15 en pleit
16 en wens
17 medeburgers van die lewe
18 dat ons van grense sal vergeet
19 en bloot mense sal wees
20 en medemens
2.1 Wat kan die spreker se woorde in strofe 1 nie doen nie? (1)
2.2 Waarna verwys die spreker as hy/sy praat van “bose magte” (versreël 2)? (1)
2.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Versreël 4: “my woorde is nie ʼn dak” is ʼn ...
A metafoor.
B alliterasie.
C assonansie.
D vergelyking. (1)
2.4 In strofe 2 het die spreker gevoel sy/haar woorde het nie krag nie.
2.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
2.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1. Haal EEN versreël uit
strofe 2 aan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 7 DBE/2014
SSE
2.5 Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker bedoel met die woorde “dat ons
die kromme note haal nie”. (Versreël 8) (1)
2.6 Voltooi die onderstaande sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (2.6.1–2.6.2) en die antwoord neer.
beskerm; seermaak; belowe; glo
In strofe 4 is die spreker se wens dat die mense hom/haar tog moet (2.6.1) ...
dat sy/haar woorde nie kan (2.6.2) ... soos koeëls en grofgeskut nie. (2)
2.7 Noem TWEE dinge wat die spreker se woorde in strofe 4 kan doen. (2)
2.8 Haal EEN woord aan wat verwys na al die mense rondom jou. (1)
2.9 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die spreker wil in strofe 4 hê dat ons mekaar (met respek moet
behandel/moet ignoreer). (1)
2.10 Haal die TWEE versreëls aan waarin die spreker sê dat ons as mense
gelyk is. (2)
2.11 "dat ons van grense sal vergeet" (Reël 18)
2.11.1 Wie is die "ons" na wie hier verwys word? (1)
2.11.2 Wat sal die resultaat volgens die gedig wees as die “ons” van grense
vergeet? (1)
2.12 Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (2.12.1–2.12.3) en die letter (A–D) neer,
byvoorbeeld 2.12.4 E.
KOLOM A KOLOM B
2.12.1 “my woorde kan bloot sing” A Die spreker se woorde gee
(versreël 3) hoop.
2.12.2 “my woorde is kaal” B Die spreker se woorde kan
(versreël 9) jou laat val.
2.12.3 “my woorde kan bloot bid” C Die spreker se woorde kan
(versreël 14) tot iets positief lei.
D Die spreker se woorde is
opreg.
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 8 DBE/2014
SSE
2.13 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die spreker in hierdie gedig is ʼn (ek-spreker/derdepersoonspreker). (1)
[20]
OF
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet
1 jy los my alleen
2 in ʼn huis vol geluide
3 en hoe minder ek probeer luister
4 hoe harder klink die klank
5 van ʼn onbekende voetstap
6 op die donker trap
7 bang vaak verdwaal ek laat
8 in die gange op soek
9 na slaap
10 wat om elke naghoek verdwyn
11 ek skrik
12 vir die naaldekokerstraatlig
13 deur skaars bewegende blare
14 jou jas aan die kapstok
15 is ʼn man sonder bene
16 ek is bang
17 vir die stofsuierslang
18 op die vloer van die spens
19 en tot jy terugkom
20 sleep ek my vlees
21 soos ʼn kis agter my aan
3.1 Hoekom is die spreker ongelukkig met die “jy”? (1)
3.2 Haal TWEE opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat die spreker meer
as een geluid hoor. (1)
3.3 Die geluide word sagter.
3.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur ʼn reël aan te haal. (1)
3.4 Waar hoor die spreker die voetstap? (1)
3.5 Waar soek die spreker na slaap? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 9 DBE/2014
SSE
3.6 Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die vrees veroorsaak dat die spreker (nie kan slaap nie/kan slaap). (1)
3.7 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (3.7.1–3.7.2) en die antwoord neer.
wegkruip; skrik; slaap; verdwaal
Die spreker (3.7.1) ... in sy/haar eie huis omdat die ligte in die huis af is.
Wanneer die spreker by die venster uitkyk, (3.7.2) ... die spreker wanneer
hy/sy die lig in die straat sien. (2)
3.8 Hoekom skrik die spreker wanneer hy/sy die jas sien? (1)
3.9 Hoekom is die spreker bang vir die stofsuierslang? (2)
3.10 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die herhaling van die ee-klank in “sleep ek my vlees” (versreël 20) word ...
genoem.
A metafoor
B alliterasie
C assonansie
D vergelyking (1)
3.11 Gee EEN versreël wat aandui dat die spreker se vrees hom/haar aan die dood
laat dink. (1)
3.12 Hoekom beweeg die blare nie? (1)
3.13 Waarmee vergelyk die spreker die straatlig? (1)
3.14 Kies die woord uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (3.14.1–3.14.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
3.14.4 E.
KOLOM A KOLOM B
3.14.1 Die huis voel vreemd vir die spreker. A onbekend
3.14.2 Die voetstappe maak die spreker bang. B verdwaal
3.14.3 Die spreker dra swaar aan sy/haar C verdwyn
vrees.
D sleep
(3 x 1) (3)
3.15 Wanneer sal die spreker eers rustig kan raak? (1)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 10 DBE/2014
SSE
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
WIE’S HY? – Adam Small
1 Die poet,
2 wie’s hy?
3 Djulle het so baie bek oorie poet,
4 ma wié’s hy?
5 Is hy rêrag soes djulle dink
6 die ou moerie pen ennie ink
7 wat in sy study sit en poems dink?
8 Nai,
9 djulle’s mistaken,
10 nie hy nie
11 ma djúlle is die poets,
12 djulle wat innie straat in loep
13 ennie gladde bek verkoep
14 ma die dinge sien
15 en soema net daa God tien hulle roep!
4.1 Wie is die “hy” in versreël 2? (1)
4.2 Wie is die “djulle” in die gedig? (1)
4.3 Die “djulle” het baie te sê oor die digter.
4.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
4.3.2 Haal EEN versreël uit strofe 1 aan. (1)
4.4 Waar sit tradisionele digters as hulle gedigte skryf? (1)
4.5 Wat gebruik die digter wanneer hy/sy gedigte wil skryf? Gee TWEE aparte
woorde. (2)
4.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die herhaling van die s-klank in “wat in sy study sit” (versreël 7) word ...
genoem.
A metafoor
B alliterasie
C assonansie
D vergelyking (1)
4.7 Wat wil die digter met die woord “Nai” (versreël 8) sê? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 11 DBE/2014
SSE
4.8 Wie is die digters volgens die “hy”? (1)
4.9 Waar loop die “djulle” rond? (1)
4.10 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Met “gladde bek verkoep” (versreël 13) bedoel die spreker dat die mense in
die straat (lelik van mekaar praat/altyd ʼn antwoord gereed het). (1)
4.11 Haal EEN versreël aan wat aandui dat mense teen verkeerde dinge
protesteer. (1)
4.12 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (4.12.1–4.12.2) en die antwoord neer.
sêgoed; skrywers; geroep; digters
Volgens die “hy” is dit die spontane (4.12.1) ... van die mense in die straat wat
van hulle (4.12.2) ... maak. (2)
4.13 Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (4.13.1–4.13.3) en die letter (A–D) neer,
byvoorbeeld 4.13.4 E.
KOLOM A KOLOM B
4.13.1 Die funksie van die herhaling A Dit is motiverend.
van die vraag “wie’s hy?”
B Dit veroordeel die gewone
4.13.2 Toon van die gedig mense.
4.13.3 Tema van die gedig C Beklemtoon die vraag
oor wie die digter is.
D Die gewone mense dink
kreatief.
(3 x 1) (3)
4.14 Waar is die “daa” waarna in versreël 15 verwys word? (1)
4.15 Vir wie roep die gewone mens om ook te kom hoor wat gesê word? (1)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 12 DBE/2014
SSE
AFDELING B: ROMAN
Kies die roman wat jy voorberei het.
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Hulle sê dis Oupoot wat dit gedoen het.”
2 Dit was of ʼn tweede hou hom tref. Sy eerste gedagte was dat dit ʼn slim set van
3 die ouman was en hy het die waarheid in sy oë gesoek toe hy omdraai.
4 “Wat het jy gesê?”
5 “Hulle sê dis Oupoot se werk.”
6 “Dis ʼn lieg.”
7 “Tien ander is glo saam met hom deur die skerm.”
8 “Dis ʼn lieg en jy weet dit net so goed soos ek! Oupoot sou nie tien ander
9 saamgeneem het as hy die kwaad wou doen nie. Nie hy nie.”
10 “Hulle sê sy spore was daar.”
11 “Hy mag vroeër die nag daar verbygegaan het. Waar tien vertrap het, kan jy in
12 elke geval van niks seker wees nie en dit weet Jozef-hulle ook.”
13 “Ek sê maar soos baas Gert my gesê het.”
5.1 Wat het die Bosmense die olifante genoem? (1)
5.2 Jozef het vir Patterson gevra om Oupoot te skiet.
5.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
5.2.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 5.2.1. (1)
5.3 Hoekom wou Jozef vir Oupoot laat skiet? (1)
5.4 Wie het vir Saul die nuus gebring dat Oupoot geskiet gaan word? (1)
5.5 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Saul het die nuus dat Oupoot geskiet gaan word, gekry toe (hy alreeds op die
Pictor was/nog in die Bos was). (1)
5.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die groot hartseer in Saul se lewe toe hy veertien was, was dat ...
A Kate Kaapstad toe gegaan het.
B sy ma doodgegaan het.
C sy pa hom weggejaag het.
D hy deur ’n olifant getrap is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 13 DBE/2014
SSE
5.7.1 Hoe oud was Saul toe hy Oupoot die eerste keer ontmoet het? (1)
5.7.2 Watter soort band was daar tussen Saul en Oupoot? (1)
5.8 Waar het Saul Kate die eerste keer ontmoet? (1)
5.9 Kies die persone uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (5.9.1–5.9.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 5.9.6 G.
KOLOM A KOLOM B
5.9.1 Hulle was oneerlik met die houtkappers. A delwers
5.9.2 Hulle het olifante geskiet om aan die lewe B houtkopers
te bly.
C die goewerment
5.9.3 Hulle het gesê die houtkappers het te veel
bome afgekap. D houtkappers
5.9.4 Hulle het goud gesoek en te veel bome E goudkopers
afgekap.
F prospekteerders
5.9.5 Hulle het vir die delwers gesê waar hulle
goud kon kry.
(5 x 1) (5)
5.10 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Oupoot is aan die einde (uit weerwraak/vir sy tande) geskiet. (1)
5.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (5.11.1–5.11.4) en die antwoord neer.
Saul; Jozef; hout; kat; geld; kos; hond; ivoor
(5.11.1) … was nooit weer kind ná daardie dag wat hy gesien het hoe sy pa
voor MacDonald moes kruip om sy (5.11.2) ... verkoop te kry nie. Iets het in
hom gebreek toe hy gesien het hoe sy pa soos 'n (5.11.3) … moes vra om
(5.11.4) ... en twak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 14 DBE/2014
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe Saul omkyk, het hy geskrik. Die man was so wit soos ʼn kers! “Is meneer
2 siek?” vra hy in Engels en los sy plan om hom ʼn bietjie te tart.
3 “Ek is benoud,” sê Patterson en hy klink soos ʼn man wat wou soebat. “Ons moet
4 omdraai.”
5 Sou MacDonald hom met ʼn mal man die Bos ingestuur het? het Saul skielik
6 gewonder. Die man se oë was skoon wild in sy kop.
7 “Kry jy asma, meneer?” …
8 “Nee. Ek is benoud. Die wêreld is toe om my. Dis hierdie bos!”
9 “Was meneer tevore in ʼn bos?”
10 “Nee.”
5.12 Sou MacDonald hom met ʼn mal man die Bos ingestuur het? het Saul skielik
gewonder. Die man se oë was skoon wild in sy kop. (Reël 5–6)
5.12.1 Wie is die man van wie hier gepraat word? (1)
5.12.2 Wat het hy in die Bos kom doen? (1)
5.12.3 Wat het die man later vir Saul gegee waarmee hy goud kon spoel? (1)
5.13 “Wat is dit?” het Saul uitgeroep. Arend het met sy een voet in sy hand gestaan.
5.13.1 Hoekom het Arend met sy een voet in sy hand gestaan? (1)
5.13.2 Hoeveel dae na die insident is Arend dood? (1)
5.13.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
en die antwoord neer.
Arend is dood (aan bloedvergiftiging/toe hy deur ʼn olifant getrap is). (1)
5.14 Gert Oog het geglo dat Arend se dood Saul se skuld was.
5.14.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
5.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.14.1. (1)
5.15 Saul het eendag agtergekom dat iemand hom agtervolg en het hom toe
oorhoeks geskrik toe hy gesien het dis Kate.
5.15.1 Wat het Kate in die Bos kom doen? (1)
5.15.2 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer en die antwoord neer.
Op pad na die watergat het Saul en Kate ʼn olifant gesien wat
(doodgeskiet/gekwes) was, wat Saul verskriklik ontstel het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 15 DBE/2014
SSE
5.15.3 Gee die volledige sin wat Kate oor die Bosmense moes uitskryf. (1)
5.15.4 Hoeveel keer moes sy dit uitskryf? Skryf die getal. (1)
5.16 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Saul se (5.16.1) (ma/pa) het vir (5.16.2) (Maska/Jozef) die eerste winter al Bos
toe gestuur. Nou bring hy die nuus dat Saul se pa dood is omdat (5.16.3)
(ʼn olifant hom getrap het/ʼn boom op hom geval het). (3)
5.17 Saul was aan die einde van die verhaal ʼn ryk man.
5.17.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
5.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.17.1. (1)
5.18 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Saul teruggekeer het van Stellenbosch af, het MacDonald probeer keer
dat Saul ʼn besigheid in Knysna begin. Hy was bang dat Saul ...
A weer vrede met sy broer sou maak.
B Engels sou leer praat en hulle verstaan.
C sou agterkom hoeveel sy pa vir MacDonald geskuld het.
D die houtkappers sou ompraat om hout aan hom te lewer. (1)
5.19 Wat was Saul se toekomsplanne? Gee TWEE feite. (2)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 16 DBE/2014
SSE
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe ons uiteindelik in die bed klim, lánk na middernag vra Sharon of ek darem my
2 verjaarsdag geniet het.
3 “Hmm,” antwoord ek ongeërg.
4 Dit was nie sleg nie. Ek wil nou ook nie niksgewoond klink nie, nè?
5 Maar ek glimlag so breed dat sy sweerlik my tande in die donker kan sien blink.
6 Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek amper
7 van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die eerste queen,
8 die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou nie. Steeds nie. En
9 my verjaardag, natuurlik.
10 Maar dis nie asof my lewe skielik in ʼn sprokie verander het nie. Ek is steeds
11 vasgekeer in ʼn huis met ʼn lekkende dak op ʼn verlate berg. Al wat ek sien as ek by
12 die venster uitkyk, is die lae wolke bo die huis, die groen bossies rondom die huis,
13 en ʼn rivier van modder waar die voetpaadjie voorheen was.
6.1 Wie was Fabienne? (1)
6.2 Hoe het Fabienne se voorkoms van Hanna s’n verskil? (2)
6.3 Volgens reël 11 van die uittreksel was Hanna vasgekeer in ʼn huis met ʼn
lekkende dak op ʼn verlate berg.
Waarom het Hanna gevoel dat dit nooit met Fabienne sou gebeur het nie?
Noem TWEE redes. (2)
6.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Hanna het haar vyftiende verjaardag op ... gevier.
A Bitterberg
B Botterberg
C Onderbitterberg
D Onderbotterberg (1)
6.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Dit was nie net Hanna se verjaarsdag daar op die verlate berg nie, maar ook
Mana en Beyers se (wittebrood/troue) wat hulle daar gevier het. (1)
6.6 Hoekom het Mana die hele gesin saamgenooi na die huis op die verlate berg? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 17 DBE/2014
SSE
6.7 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die geskenk aan Hanna in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (6.7.1–6.7.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
6.7.6 G.
KOLOM A KOLOM B
6.7.1 pen A Beyers
6.7.2 sjokolade B Margot
6.7.3 cashmere-trui C Gavin
6.7.4 lekkerruikgoed D Mana
6.7.5 Shakespeare se sonnette E Yann
F Tibo
(5 x 1) (5)
6.8 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Elke jaar met haar verjaardag vra Hanna vir Mana vir ʼn ..., maar dié jaar het sy
gedink daar is nie geld met die groter familie en baba op pad nie.
A ring
B boek
C parfuum
D langbroek (1)
6.9 Hoekom was Hanna so verras met die geskenk wat Yann haar gegee het? (1)
6.10 Waarom het Sharon vir Hanna grimering as ʼn geskenk gegee? (1)
6.11 Hoekom kon Gavin Hanna se vyftiende verjaardag bywoon? (1)
6.12 Wat het met Gavin gebeur dat hy so laat by die huis op die berg aangekom het? (1)
6.13 Hoekom wou Gavin nie Beyers se klere dra nie? (2)
6.14 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (6.14.1–6.14.4) en die antwoord neer.
skootrekenaar; internet; haardroër; gasstoof;
koolstoof; elektrisiteit; televisie; radio
By die huis op die berg was daar geen (6.14.1) ... nie; dus was daar geen
(6.14.2) ... om hulle mee besig te hou nie, maar hulle kon wel Margot se
(6.14.3) ... gebruik omdat dit met batterye gewerk het. Gelukkig was daar ʼn
(6.14.4) ... in die huis wat hulle warm gehou het tydens die koue, reënerige dae. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 18 DBE/2014
SSE
6.15 Wat het die gesinslede in die aande saam gedoen om hulle mee besig te hou? (1)
6.16 Voltooi die sin: Omdat die gesin op die berg vasgekeer was, het Mana gesê dat
hulle van nou af net ... gaan eet. (1)
6.17 Hoekom het Margot elke keer oefeninge voorgestel as hulle klaar geëet het? (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Ek gaan haar mis,” sug Gavin toe die helikopter met ʼn winderige lawaai opstyg.
2 “Ek ook,” sug ek.
3 Sharon kyk verras na my.
4 “Lyk my ou Hanna Heks is toe ook betower,” terg sy.
5 “My naam is nie Hanna Heks nie,” sê ek met my neus in die lug. “Ook nie Hanna
6 Hoekom nie. Van nou af kan julle my Fabulous Fabienne noem.”
7 “So ʼn bekkie moet mos botter kry,” sê Gavin en drapeer sy arm oor my skouer.
8 Miskien verbeel ek my. Maar ek kan sweer hy kyk met vaderlike trots na my.
9 Dan sien hy dat Yann kop onderstebo na ʼn struik staan en skop, terwyl Amos
10 met ʼn verwese uitdrukking oor Patat se wollerige lyf vryf, en hy klap sy hande
11 vasberade saam.
6.18 Waarom het Hanna se gesin vir haar die bynaam, “Hanna Hoekom”, gegee? (1)
6.19 Hoekom het Sharon vir Hanna die bynaam, “Hanna Heks”, gegee? (1)
6.20 6.20.1 Sharon het Hanna geterg dat sy nou ook betower is. (Reël 4)
Deur wie is Hanna nou, volgens Sharon, betower? (1)
6.20.2 Hoekom het Hanna haar opinie oor die persoon in VRAAG 6.20.1 (1)
verander?
6.21 Sharon wou saam haar ouers in die helikopter teruggegaan het.
6.21.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
6.21.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.21.1. (1)
6.22 Hoekom het Margot saam met Hanna se ouers teruggevlieg Kaapstad toe?
Gee TWEE feite. (2)
6.23 Hoekom was Yann en Amos hartseer oor hulle ma se weggaan? (1)
6.24 Wat het Gavin gedoen om die kinders beter te laat voel? (1)
6.25 Gavin en Hanna se verhouding was aan die begin van die verhaal nie goed nie.
6.25.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
6.25.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.25.1. (1)
6.26 Watter les het Hanna tydens die vakansie omtrent haarself geleer? (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 19 DBE/2014
SSE
AFDELING C: DRAMA
Kies die drama wat jy voorberei het.
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Bladsy 22)
1 POPPIE. Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Mosie, waar's julIe?
2 JulIe het my hier gelos.
3 SKOONSUSTER. Ons gaan nou vir jou die makoti-klere aantrek.
4 En dan gaan ons terug voorhuis toe. (Sy gee vir Poppie die kopdoek aan, help
5 haar om dit om te bind.)
6 POPPIE. Nou is dit die ukuyalwa ... die tyd van vermaninge.
7 Nou word vertel hoe ons moet saamlewe en hoe ons ons moet gedra. (Sy gaan sit
8 op blik.)
9 MOSIE (aan albei). Julle is nou ander soort mense ... nuwe mense.
10 SKOONSUSTER (aan Poppie). Jy moet nou na die man se mense kyk en jy moet
11 weet jy is hulle kind.
7.1 Poppie se naam, Ntombizodumo, beteken “ingang of toegang”.
7.1.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1.1. (1)
7.2 “Ons gaan nou vir jou die makoti-klere aantrek.” (Reël 3)
7.2.1 Vir watter seremonie het hulle vir Poppie gereed gemaak? (1)
7.2.2 Noem TWEE vermanings (reël 6) wat tydens die seremonie aan
Poppie gegee is. (2)
7.3 Hoe verskil die manier hoe Poppie se skoonmense suurpap gemaak het van
hoe Poppie-hulle dit in Lambertsbaai gedoen het? (2)
7.4 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Poppie het gou swanger geraak en geboorte gegee.
In die eerste winter, op (7.4.1) (drie/vyf) maande, het Poppie se kindjie aan
(7.4.2) (kinkhoes/polio) gesterwe. (2)
7.5 Wat beteken Bonsile se naam? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 20 DBE/2014
SSE
7.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die Xhosa-mense is geforseer om Lambertsbaai te verlaat, maar die ... is
toegelaat om aan te bly, al het hulle nie werk gehad nie.
A vrouens
B mans en vrouens
C mans
D vrouens en kinders (1)
7.7 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die munisipaliteit het die mense geforseer om uit Lambertsbaai te trek deur die
polisie te kry om hulle huise (7.7.1) (af te brand/plat te slaan). Die polisie het
darem (7.7.2) (die mense toegelaat om hulle goed uit te dra/die mense se goed
self eers uitgedra). (2)
7.8 “Dan sit ons jou naam op vir ʼn huis in Mdantsane.”
Noem TWEE voorwaardes wat Poppie gehad het as sy Mdantsane toe moes
trek. (2)
7.9 Toe Stone siek was, het hy na ʼn mediese dokter toe gegaan.
7.9.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.9.1. (1)
7.10 Stone is dood omdat hy ʼn maagsweer gehad het.
7.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.10.1. (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 POPPIE. Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar
2 gekry het nie.
3 JAKKIE (staan by kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir jou en jou kinders.
4 Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet.
5 MAMA (kom nader). Sisi, Jakkie is gevang! Hy’t gister saam gemarch met die
6 kinders in die stad. Die polisie het hom uitgesoek, want hulle sê hy’s al groot, wat
7 soek hy tussen die skoolkinders, hy’s ʼn leader. Hy't gesê vir hulle: Ek het maar in
8 die stad geloop en toe kom die kinders, toe march ek saam. Maar hulle het hom
9 nie geglo nie.
10 POPPlE. Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 21 DBE/2014
SSE
7.11 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Poppie se kleinkind se naam was ...
A Fezile.
B Vukile.
C Nomvula.
D Thembiza. (1)
7.12 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (7.12.1–7.12.4) en die antwoord neer.
ruk; klip; huil; bloed; sweet; stok; kombuis; voorkamer
Ons staan daar in die vrou se huis, toe gooi daai manne die kombuisvenster
stukkend met die (7.12.1) ... Die kinders (7.12.2) ... van die skrik en ek hoor my
kleinkind skreeu. Ek roep die kinders en sê hulle moet na die (7.12.3) ... toe
kom, maar my kleinkind bly lê en ek tel hom op, maar ek sien nie die (7.12.4) ...
nie. (4)
7.13 Die kinders het groot notices geskryf vir die migrants wat nie wou ophou wyn
verkoop nie.
7.13.1 Waar het die kinders die notices opgeplak? (1)
7.13.2 Wat was die migrants se reaksie op die notices? (1)
7.14 Noem DRIE redes hoekom die kinders nie daarvan gehou het dat die
grootmense gedrink het nie. (3)
7.15 Verduidelik elke keer wat die kinders met die volgende items aan dié
grootmense, wat na drank geruik het, gedoen het:
7.15.1 Latte (1)
7.15.2 Emmers water (1)
7.15.3 Vere (1)
7.16 Hoekom moes Poppie so baie keer na ʼn nuwe huis toe trek? (1)
7.17 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Mama het gesê dat die (7.17.1) (kinders/grootmense) nou astranter word en
hulleself die (7.17.2) (comrades/AmaXhosa) noem. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 22 DBE/2014
SSE
7.18 Kies die antwoorde uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (7.18.1–7.18.5) en die letter (A–F) neer,
byvoorbeeld 7.18.6 G.
KOLOM A KOLOM B
7.18.1 Dokument wat mense se bewegings reguleer A city-borners
en kontroleer
B Black Sash-
7.18.2 Maak kantore oop om onderdruktes te help mense
7.18.3 Informele huiskroeë C pasbeampte
7.18.4 Polisievangwa D nylon
7.18.5 Permanente, wettige lokasie-inwoners wat met E dompas
hulle gesinne in huise woon
F sjebiens
(5 x 1) (5)
[40]
OF
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Hendrik en die twee kinders sit by die kombuistafel brood en konfyt en eet.
2 Hendrik in sy spoorweguniform. Katrien staan en vadoeke uitspoel. Die twee
3 kinders lyk nog nie heeltemal wakker nie. Hendrik sit vir klein Willem en kyk,
4 heeltyd terwyl hy eet: openlik en benieud, soos mens vir iets kyk waaroor jy
5 nuuskierig is maar wat jy nie verstaan nie. Die kind is of onbewus daarvan of
6 gewoond daaraan. Katrien staan met haar rug na hulle toe en werk. Sy het
7 oë in haar agterkop.
8 KATRIEN: Hendrik, los die kind. (Hy hoor nie; of wil nie hoor nie; hy sit nog
9 steeds en staar.) ... Hendrik!
10 HENDRIK: Wat maak ek?
11 KATRIEN: Los hom net.
12 Die hele gesprek vind plaas sonder dat Katrien een keer omkyk. Maar op haar
13 gesig is iets soos pyn of dalk frustrasie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 23 DBE/2014
SSE
8.1 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer
en die letter (A–D) neer.
Hendrik en sy familie het op ... gebly.
A Soekmekaar
B Touwsrivier
C Lydenburg
D Toorwater (1)
8.2 Hendrik het as ʼn treindrywer gewerk.
8.2.1 Is die stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.1. (1)
8.3 Watter probleem van Willem het Hendrik nie verstaan nie? (Reël 3–5) (1)
8.4 Wat was volgens Oudokter die oorsaak van Willem se probleem? (1)
8.5 Hoe kon Hendrik volgens Oudokter vir Willem met sy probleem help? (1)
8.6 Wat moes Hendrik volgens Oudokter doen om Willem te help? (1)
8.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Katrien was ’n ... mens op die stasie waar hulle nou gebly het.
A sosiale
B tevrede
C eensame
D besluitelose (1)
8.8 Hoekom was Hendrik so gelukkig op die stasie waar hulle nou gebly het? (1)
8.9 Hoe het Hendrik, volgens Emma, sy probleme hanteer? (1)
8.10 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Volgens Katrien het Hendrik meer van (treine/karre) af geweet as van
vroumense. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 24 DBE/2014
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Bladsy 68)
1 KATRIEN (kalm): Hier bly mense in hierdie huis, Dominee. Ons is miskien arm, ja,
2 en ons is seker nie baie geleerd nie, en ons het foute. Maar ons is mense. Wat
3 partykeer sukkel. Wat partykeer allenig voel. Partykeer is ons hartseer. Of ons is
4 bly oor iets. Of bang oor baie goed. Maar jy weet niks van ons nie, Dominee.
5 Heeltemal niks nie. Jy hoor wat ander mense sê, maar jy weet van ons vier net
6 mooi niks.
7 DOMINEE: Al wat ek kan doen, is om vir julle te bid.
8 KATRIEN (nog heeltyd baie kalm): Ek sal bly wees. Bid vir my veral. Ek sal vir
9 jou ook bid. (Sy staan op en haar stemtoon verander.) Maar eers as jy van die
10 werf af is.
11 Tydens die vorige toneel sien ʼn mens onder meer vir Willem oor die werf
12 aangestap kom.
13 Die volgende keer staan hy by die voorkamervenster en luister juis wanneer die
14 dominee uitvaar teen die offers en die tekens.
8.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (8.11.1–8.11.4) en die antwoord neer.
skuur; toertjies; narrehoed; huis;
olifant; duiwelskuns; leeu; narrepak
Willem en Manuel het mekaar die eerste keer ontmoet toe Manuel ʼn (8.11.1) ...
aan ʼn tou gelei het. Hulle het mekaar daarna gereeld in die veld of by die
(8.11.2) ... ontmoet. Manuel het Willem allerhande (8.11.3) ... geleer en Katrien
moes toe later ook vir Willem ’n (8.11.4) ... maak. (4)
8.12 Hoe het die dorpenaars die MacDonalds, voor die insident by die Volstruisdans,
behandel? (1)
8.13 Watter stories het die dorpsmense oor Frans vertel? (1)
8.14 Waarmee het die mense in die dorp gedink was die MacDonalds besig? (1)
8.15 Watter probleme het Hendrik met die dominee gehad? Noem TWEE probleme. (2)
8.16 Wat het Willem vir Manuel gesê wat Manuel laat besluit het om daardie Sondag
kerk toe te gaan? (1)
8.17 Hoekom het die dominee die ouderling gevra om Manuel uit die kerk te
verwyder? (1)
8.18 Die nar het op die fiets weggejaag en die mense is agterna.
Hoekom het die dorpsmense gedink Willem was die nar toe hulle na die nar
gesoek het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 25 DBE/2014
SSE
8.19 Wanneer het die MacDonalds van Manuel uitgevind? (1)
8.20 Hoekom het Willem nie sy ouers van Manuel vertel nie? (1)
8.21 Voltooi die sin: Willem se ouers het gedink hy voer ’n ... toe hy brood uit die huis
geneem het. (1)
8.22 Aan die einde van die verhaal het die MacDonalds dit reggekry om Willem weer
te laat praat.
8.22.1 Is die stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.22.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.22.1. (1)
8.23 Waarom het Manuel besluit om weg te gaan? (1)
8.24 Wat het Manuel vir Willem gegee toe hy weggegaan het? (1)
8.25 Hoekom was Katrien so verbaas toe Hendrik vir haar gesê het dat sy mooi gelyk
het toe hulle na die Volstruisdans gegaan het? (1)
8.26 Hoekom het Hendrik-hulle nie by die Volstruisdans gebly nie? (2)
8.27 Hoekom het broer Bothma en sy vriende na die insident by die Volstruisdans na
die MacDonalds se huis toe gegaan? (1)
8.28 Hoekom het Emma weer klavier begin speel? (1)
8.29 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
net die vraagnommer (8.29.1–8.29.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
8.29.6 G.
KOLOM A KOLOM B
8.29.1 Die persoon wou nooit trou nie. A Jan Mol
8.29.2 Die persoon het soos ʼn hoenderhen gemaak om B Hendrik
Manuel te laat lag.
C Katrien
8.29.3 Die persoon het gedink Willem is met die helm
gebore. D Sakkie
8.29.4 Die persoon is ʼn moeilikheidmaker. E Willem
8.29.5 Die persoon het blou oorkrabbers gekoop. F Emma
(5 x 1)
(5)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 26 DBE/2014
SSE
AFDELING D: KORTVERHALE
STORIEJOERNAAL
Beantwoord enige TWEE kortverhale.
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE STORIE VAN PIET SE OUPA – Abraham de Vries
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Hier by ons op die plaas wou Pa mos nie bly nie. Hy lewe darem ook nog, het hy
2 gesê. Nou praat ek uit die huis uit en hy sal seker stry, maar dis die reine
3 waarheid. Pa het dié Sondag ná kerk van die dorp af uitgekom hier na ons toe.
4 Maar daardie middag toe pak die ongedurigheid hom en toe ek weer sien, is hy
5 uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. Die volgende oggend vroeg toe ek op pad
6 is veepos toe, halfvyf, toe dog ek wie kom kuier dan hierdie tyd van die oggend?
7 Want toe kom daar bo van die teerpad af darem 'n bekende motor met die deurpad
8 in. En háástig! Dog seker hy kon inkom voor die huismense opstaan ...”
9.1 Piet se oupa gedra hom soos ʼn ou man.
9.1.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
9.1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.1.1. (1)
9.2 Vir wie het Piet se oupa gehuur om hom te help om sy tagtigste
verjaarsdagpartytjie te reël? (1)
9.3 Oupa het graag by sy familie gekuier.
9.3.1. Op wie se plaas het Oupa gevoel is daar nie genoeg lewe nie? (1)
9.3.2 Hoekom het Piet se Oupa graag by Doon gaan kuier? (1)
9.4 Kies elke keer die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer en die antwoord neer.
Piet se oupa het die Sondag by die (9.4.1) (matrone/weduwee) op (9.4.2)
(Maraisburg/Calitzdorp) gaan kuier. Hy het besluit om eenuur die volgende
oggend te ry omdat die kerkklok hom geïrriteer het. (2)
9.5 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Piet se oupa en die weduwee is nooit getroud nie omdat (sy oorlede is/iemand
anders ontmoet het). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 27 DBE/2014
SSE
9.6 Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (9.6.1–9.6.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld
9.6.5 F.
KOLOM A KOLOM B
9.6.1 Piet se oupa het op ʼn Woensdag daar gaan A klawerjas
kuier.
B biduur
9.6.2 Die oupa gaan na die geleentheid by die
ouetehuis kuier. C by Netta-hulle
9.6.3 Matrone het elke Woensdagaand hierdie D by die
aktiwiteit gaan doen. weduwee
9.6.4 By wie matrone elke Woensdagaand was. E kaartspeel
(4 x 1) (4)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Etenstyd toe besluit Doon: kyk, dis tyd vir gaan eet, en dis boonop net die regte
2 dag vir Oupa se mixed grill. Dis tog maar 'n genade dat dit Oupa gespaar gebly
3 het dat hy ooit in sy lewe moes kies tussen 'n vroumens en 'n mixed grill. Twee
4 stukke tjops en boerewors wat (sê Trudie) die eienaar glo saambring van Ashton
5 af, sy ma woon nog daar, hy gaan kuier gereeld as die wors min raak.
9.7 Trudie is Piet se oupa se dogter.
9.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
9.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.7.1. (1)
9.8 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Etenstyd het Doon en Piet se oupa gou eers ʼn draai by die ... gaan maak.
A poskantoor
B kroeg
C munisipaliteit
D garage (1)
9.9 Kies elke keer die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
en die antwoord neer.
Toe hulle net begin eet het, het Piet se oupa ʼn (9.9.1) (hartaanval/beroerte)
gehad en ʼn (9.9.2) (dokter/verpleegster) wat ook daar was, het gesê hy is
oorlede. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 28 DBE/2014
SSE
9.10 Voltooi die volgende sin:
Die ambulansmanne het groot geskrik toe hulle die ambulansdeur oopgemaak
het, omdat Piet se oupa ... (1)
9.11 Hoe het Trudie gereageer toe die dokter haar gebel het met die nuus van
Oupa? (1)
9.12 Wat kon Piet se oupa onthou van die dag toe sy familie gedink het hy dood
was? (1)
[20]
OF
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
BABY – EKM Dido
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die man se een arm is om die skouers van ʼn meisie wat seker bietjie ouer as ek is.
2 Miskien so vyftien, sestien. My oë bly op die meisie. Ek het al baie vreemdelinge
3 uit die stad gesien, maar tussen oud en jonk het ek nog nooit iemand soos sy
4 gesien nie. Die krullerige, swart skouerlengte-hare staan so bos om haar kop dat
5 dit amper haar hele gesiggie versteek. Die blou grimering en bloedrooi lippe pas
6 nie by die bruin velkleur nie. So ook nie die lang rooi naels nie. Die liggeel
7 skouerlose rok is so kort dat dit hoog teen haar bene opgetrek is.
10.1 Voltooi die volgende paragraaf deur die korrekte karaktername in te vul. Skryf
slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
Die man se een arm is om die skouers van 'n meisie wat seker bietjie ouer as
ek is. (Reël 1)
Die man sê sy naam is (10.1.1) ... en die meisie se naam is (10.1.2) ... Aan die
einde van die verhaal word dit bekend dat die man se naam eintlik (10.1.3) ...
is en die meisie se naam eintlik (10.1.4) ... is. (4)
10.2 Die verteller se naam is Toetsie.
10.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
10.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.2.1. (1)
10.3 Hoekom het sersant besluit dat dit beter sou wees as die man en kind by
Nooi-hulle kom bly het? (1)
10.4 Hoekom het hierdie meisie uit die stad so vreemd vir die inwoners gelyk? (1)
10.5 Hoekom was dit vir Nooi so lekker dat die gaste nou juis by hulle gebly het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 29 DBE/2014
SSE
10.6 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (10.6.1–10.6.2) en die antwoord neer.
sanger; Oos-Londen; Johannesburg; kulkunstenaar
Die man wie se motor gebreek het, het vir Sersant gesê dat hy ʼn (10.6.1) ...
was en dat hy en die meisie op pad (10.6.2) ... toe was, toe hulle motor
gebreek het. (2)
10.7 Watter rede het die man gegee waarom die meisie nie saam met Nooi netbal
kon speel nie? Gee TWEE feite. (2)
10.8 Die meisie was gelukkig met haar omstandighede.
10.8.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
10.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.8.1. (1)
10.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Tannie Poppie het geskree omdat Baby ...
A iets gesteel het.
B half kaal was.
C ʼn motor bestuur het.
D in ʼn geveg was. (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe Sersant later by ons opdaag, is sy vrou weer by. Ek is skoon verstom.
2 Hierdie keer het sy 'n pak lekkers in haar hand. Ek sorg dat ek by bly.
3 Oom Attie spring op en hou sy hand uit om Sersant te groet voor dié nog reg oor
4 die drumpel is. “Dankie vir die break, Sarge. Ek het elke sent nodig om vir die kar
5 se regmakery te betaal. En dié Baby van my kan sing, hoor!”
10.10 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Sersant se vrou het inligting gehad wat veroorsaak het dat Attie gearresteer is.
Sy het van (Johannesburg/Pretoria) gekom en Baby se aksent herken. (1)
10.11 Hoekom was Nooi se ma so ontsteld omdat Attie in haar huis gearresteer is? (1)
10.12 Waarom het Sersant vir oom Attie in hegtenis geneem? Gee TWEE feite. (2)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 30 DBE/2014
SSE
VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE PAKKIE – Leonard Koza
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Esther skrik tot in haar tone toe haar ma skielik basuin: “Maak daai mopkop met
2 die earring in die oo’ by die hekkie vi' djou signs?”
3 Esther skrik so groot dat sy verbouereerd antwoord: “Ja! ... Nee! ...”
4 Dadelik volg mevrou Filander haar vraag op: “En waarvandaan kom die ding en
5 wat soek hy voo' my blerrie hekkie? Ek hettie tyd vi' skollies nie.”
6 Esther maak nou wilde handgebare terug terwyl sy sê: “Hy is nie ʼn skollie nie.
7 Ons is in een klas.”
11.1 Wat wou die seun by die hekkie van Esther gehad het? (Reël 5) (1)
11.2 Waar was Sally Philander toe Esther by die huis gekom het? (1)
11.3 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (11.3.1–11.3.4) en die antwoord neer.
eksamen; kamer; aandete; studeerkamer;
middagete; huiswerk; wasgoed; klastoetse
Esther het na skool dadelik na haar (11.3.1) ... toe gegaan tot (11.3.2) ...
gereed was. Sy was toe ook klaar met haar (11.3.3) .... Na ete het sy ontspan
deur ’n bietjie TV te kyk voordat sy met voorbereiding vir (11.3.4) ... begin het. (4)
11.4 Hoekom wou Esther nie die pakkie vir haar ma gegee het nie? (1)
11.5 Wat was in die pakkie wat Esther van haar ma weggesteek het? (1)
11.6 Wat kan ons aflei uit die feit dat die bendeleiers luukse motors ry? (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Mevrou Filander dink dis miskien Esther se maat se pa. Die man gryp Esther se
2 maat aan sy bors en sê: “Ek sê, mannetjie! Vat djy vi' o's twie virre gat? O's twie
3 wag osse moer af virre parcel en djy staan hie' en snot vriet innie warm son. Dan
4 dra djy nogal oek 'n earring soes rerag.”
5 Die jong seun skrik so groot dat hy nie weet wat om te antwoord nie en sê toe in
6 ʼn bewerige stem: “My naam is Jakkals.”
7 Die man vererg hom en sê: “Waa' issie parcel, djou dom jakkals?”
11.7 Lees reëls 5–7.
11.7.1 Wat sê dit van ʼn karakter as hy homself ʼn jakkals noem? (1)
11.7.2 Hoekom het die bendeleier hom ʼn dom jakkals genoem? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 31 DBE/2014
SSE
11.8 Die bende wat by Sally Philander se huis aangekom het, het geld by Esther
kom haal.
11.8.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
11.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 11.8.1. (1)
11.9 In watter gebied speel die verhaal af? (1)
11.10 Kies elke keer die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer en die antwoord neer.
Bendeleiers mag nie in ʼn plek buite hulle gebied (11.10.1) (drank/dwelms)
verkoop nie. Hulle moet eers met die leier van die plaaslike bende ʼn reëling
tref. Dan eers word die bendes toegelaat om (11.10.2) (verkopers te werf/hulle
produkte te bemark). (2)
11.11 Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die situasie in KOLOM B pas. Skryf net
die vraagnommer (11.11.1–11.11.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
11.11.4 E.
KOLOM A KOLOM B
11.11.1 Sally het vir Pang gevra wat hy by A Pang was bly.
haar huis kom doen het.
B Pang het ongemaklik
11.11.2 Sally was in die sitkamer toe Slang gevoel.
ʼn sigaret aangesteek het.
C Pang was verbaas.
11 11.3 Sally het vir Pang gevra of sy ma se
naam Moena was. D Pang was kwaad.
(3 x 1) (3)
11.12 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Slang se bynaam was ...
A “Bang vir alles”.
B “Bang vir niks”.
C “Bang vir sommige goed”.
D “Bang vir gewere”. (1)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 32 DBE/2014
SSE
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
OP SOEK NA KID KHUMALO – Dolf van Niekerk
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Bladsy 225)
1 Haar vriend Frans N’kosi hou aan sy moet ophou werk, maar hoe kan sy?
2 Miskien tog eendag, as Kid haar wil vat. Want Frans het sy eie familie, hulle twee
3 is eintlik niks van mekaar nie, al is hulle al agt jaar saam. Baie dae as haar been
4 pyn en sy byna te siek is om te loop, verlang sy na ʼn plekkie waar sy sal kan rus.
5 Soos by haar familie in Dennilton in die ou dae toe mense geweet het wanneer
6 dit tyd is om vir mekaar te sorg sodat dié wat moeg is, kan rus.
7 Sy hoor ʼn motor by die ingang. Dit kan Frans wees.
12.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Johanna se been het gepyn, want sy het gely aan (beroerte/suikersiekte). (1)
12.2 Johanna het by haar seun Kid gaan bly.
12.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
12.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.2.1. (1)
12.3 Waar het Kid ʼn goeie werk gekry? (1)
12.4 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (12.4.1–12.4.2) en die antwoord neer.
skool; universiteit; kleinseun; kleindogter;
Mamelodi; Kalafong; lobola; onderhoud
Kid was nog op (12.4.1) ... toe sy kind gebore is. Johanna het haar (12.4.2) ...
nog maar ʼn paar keer gesien. Die kind en die ma en ouma bly in (12.4.3) ...,
maar Kid moet natuurlik (12.4.4) ... betaal. (4)
12.5 Wie het Johanna kom vertel dat Kid weg is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2 33 DBE/2014
SSE
12.6 Kies die antwoorde in KOLOM B wat die sinne in KOLOM A voltooi. Skryf net
die vraagnommer (12.6.1–12.6.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
12.6.4 E.
KOLOM A KOLOM B
12.6.1 Daar was stories dat Kid se A hy iemand anders ontmoet het.
pa weggeloop het omdat ...
B ʼn vrou se plek in die huis is.
12.6.2 Johanna moes werk omdat ...
C Johanna nie met hom wou trou
12.6.3 Kid se pa het geglo dat ... nie.
D die kinders moes skoolgaan.
(3 x 1) (3)
12.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Nadat Johanna gehoor het dat Kid weg was, het sy haar seun ... gevra om te
gaan kyk wat by Kid se huis aangaan.
A Thabo
B Frans
C Theron
D Thomas (1)
12.8 Thomas was by Kid se huis. Watter nuus het Thomas oor Kid se huis gebring?
Noem DRIE dinge. (3)
12.9 Hoekom kon Johanna nie altyd by haar seuns wees toe hulle klein was nie? (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die konstabel het die boek nodig. Hulle wag. Die middag kruip verby. Toe hulle
2 kan voortgaan, is dit byna skemer. Thomas se oog val op 'n inskrywing oor 'n
3 ongeïdentifiseerde persoon wat deur ʼn motor doodgery is. Hy vestig die konstabel
4 se aandag daarop.
12.10 Kid se familie kon na sy ongeluk gekontak word.
12.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
12.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.10.1. (1)
12.11 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die polisie het eers Kid se lyk oorhandig nadat (die begrafnisreëlings getref is/
ʼn familielid hom kom uitken het). (1)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2014 Memo
%20(SG)%20June%202012%20Memo_hlayiso.com_--f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa/v1-c20d5a3ffcb89f64e5ef/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2012 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper