Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1
HOËR GRAAD
2014
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers %20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June 2014, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June 2014
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)7 marks
- Question 6Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)18 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 2 DBE/2014
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4)
AFDELING C: Kommunikatiewe taalgebruik (VRAAG 5, 6 en 7)
3. Lees die instruksies by AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde soos wat die vrae genommer is.
5. Begin ELKE VRAAG (VRAAG 1–7) boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
7. Beplan jou tyd.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 3 DBE/2014
SSE
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: KOERANTARTIKEL
Lees die koerantartikel goed deur en beantwoord die vrae.
TSHEPO 10 000-PROJEK GEE WERKLOSE
JONGMENSE HOOP
1 Duisende jong, werklose Pretorianers
sal binnekort hoop op ʼn beter toekoms
hê, glo die burgemeester van Tshwane,
Kgosientso Ramokgopa.
2 Ramokgopa het gister Tshepo 10 000,
ʼn multimiljoenrand-entrepreneurs-
projek, in Tshwane bekendgestel. Die
woord “Tshepo” beteken “hoop” in
Sotho en hierdie projek gaan help om
werkloosheid onder 10 000 jongmense
tussen 21 en 35 jaar oud in Pretoria te
verminder. Jongmense wat aansoek
doen om deel van die projek te wees,
moet kan bewys dat hulle in Tshwane woon en ID-dokumente het.
3 “Ons het alreeds drie probleme in die stad geïdentifiseer – armoede, werkloosheid en
ongelykheid. Die jongmense wat aan die projek gaan deelneem, sal ons help om iets aan
hierdie probleme te doen,” het Ramokgopa gesê. “Die idee is om jongmense se
vaardighede te ontwikkel, om vir hulle werk te skep en om entrepreneurs van hulle te
maak.”
4 Jason Ngobeni, die munisipale bestuurder van Tshwane, het gesê die munisipaliteit
begroot jaarliks R1,8 miljard vir private maatskappye net om die stad te onderhou en
skoon te hou. Dit sluit die sny van gras, regmaak van slaggate in teerpaaie en die omruil
van straatgloeilampe in. In die toekoms gaan die jongmense wat vir Tshepo 10 000
registreer, die private maatskappye help om die werk te doen. Volgens Ngobeni sal die
munisipaliteit dus slim te werk gaan met die projek.
5 Sodra hierdie jongmense basiese opleiding ontvang het, sal die Tshwane-munisipaliteit
hulle verder gebruik om te help met die teer van paaie en om elektrisiëns by te staan met
elektrisiteitsprobleme. Die mense sal ook help om huise in die townships te bou.
“Projekte soos Tshepo 10 000 help uiteindelik om die ekonomiese situasie in die land te
verbeter,” het Ngobeni gesê.
6 Die jongmense sal in fases ingeneem word, want dit is onmoontlik om die hele
10 000 tegelyk te begin oplei. Van die 10 000 sal hulle 2 500 kandidate per kwartaal
oplei. Die jongmense sal dan volgens hul vaardighede en opleiding wat hulle gekry het, in
die stad se verskillende departemente geplaas word om te werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 4 DBE/2014
SSE
7 Ná drie maande sal die beste 2 000 jongmense by die Universiteit van Pretoria en die
Tshwane-Universiteit van Tegnologie verder opgelei word. Alles sal gedoen word om te
verseker dat al 10 000 jongmense aan die einde van die projek ʼn goeie werk het.
[Verwerk uit: Beeld, 26 Julie 2013]
Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.
1.1 Wie is Kgosientso Ramokgopa? (1)
1.2 Gee TWEE redes waarom die naam van die projek so goed pas. (2)
1.3 Gee die datum waarop die projek bekendgemaak is. (1)
1.4 Hierdie projek is bedoel vir die hele land se jongmense.
1.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.4.1. (1)
1.5 Watter TWEE vereistes is daar vir jongmense om aan die projek deel te
neem. (2)
1.6 Noem TWEE probleme wat die Tshwane-munisipaliteit wil probeer oplos.
(Paragraaf 3) (2)
1.7 Op watter TWEE maniere gaan die Tshwane-munisipaliteit hierdie
jongmense se lewenskwaliteit verbeter? (Paragraaf 3) (2)
1.8 Van wie se dienste het die Tshwane-munisipaliteit tot nou toe gebruik
gemaak? Gee TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE. (1)
1.9 Watter antwoord voltooi die onderstaande sin KORREK? Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Paragraaf 4: As Tshwane “slim te werk gaan met die projek” beteken dit
dat …
A hulle nie meer ʼn begroting vir werkers gaan hê nie.
B hulle ná die projek die jongmense in diens gaan neem.
C die versorging en skoonhou van die stad verniet gaan wees.
D die projek vir opleiding gaan betaal, maar nie vir die werk nie. (1)
1.10 Noem EEN soort werk wat hierdie jongmense na hulle basiese opleiding sal
help doen. (1)
1.11 Wat sal ʼn projek soos Tshepo 10 000 vir Suid-Afrika beteken? (1)
1.12 Gaan al 10 000 jongmense dieselfde tyd opgelei word? Motiveer jou
antwoord. (1)
1.13 Wat sal die beste 2 000 kandidate ontvang? (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 5 DBE/2014
SSE
VRAAG 2: ADVERTENSIE
Lees die advertensie goed deur en beantwoord die vrae.
Teken
in op
Ontvang eerste
maand GRATIS*
15% korting daarna*
GRATIS toegang
tot Beeld.com
*Slegs per debietorder.
intekenare.noord@
TEL.: 0861 233 531 (tolvry) SMS “nuut” na 33401
media24.com
INTEKENTERMYN:
Maandeliks per debietorder (Ma.–Sa.): R165,74
Maandeliks per debietorder (Ma.–Vr.): R138,11
Neem kennis van die volgende: Slegs nuwe Beeld-intekenare mag deelneem en nie
bestaande intekenare nie. Die Beeld-intekenprys word jaarliks verhoog. SMS’e kos
R1,50 elk. Let wel: Die aflewering vind slegs binne Beeld se verspreidingsgebied plaas.
[Verwerk uit: Beeld, 24 Julie 2013]
Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.
2.1 Watter TWEE voordele kry ʼn mens as jy op Beeld inteken? (2)
2.2 ʼn Mens kan op verskillende maniere vir Beeld betaal as jy daarop inteken.
2.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
2.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.2.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 6 DBE/2014
SSE
2.3 Waarom, dink jy, het hierdie advertensie ʼn prentjie van ʼn koppie koffie en iets
om te eet daarby? (1)
2.4 Watter EEN van die maniere om met Beeld kontak te maak, gaan jou geen
geld kos nie? Motiveer jou antwoord. (2)
2.5 Kan almal wat belangstel, inskryf om die voordele te kry? Motiveer jou
antwoord deur EEN WOORD aan te haal. (1)
2.6 Waaruit lei jy af dat die prys van die koerant nie altyd dieselfde gaan bly nie? (1)
2.7 Waar kan Beeld, volgens die advertensie, afgelewer word? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 7 DBE/2014
SSE
VRAAG 3: WEERKAART
Lees die weerkaart goed deur en beantwoord die vrae.
geborg
Die weer in deur
Gedeeltelik Ligte Reën Wind
Son Bewolk Reën Donderbuie Mis Sneeu
bewolk reën met son (km//h)
Sontye Wêreldtemperature
(Johannesburg) Amsterdam 14/25 Londen 13/24
Sonop: 06:27 Athene 29/34 Los Angeles 20/33
Son sak: 17:53 Bangkok 36/34 New York 21/28
Beijing 22/33 Parys 16/25
Die week se weer Berlyn 15/22 Perth 09/18
(Johannesburg) Chicago 21/30 Rome 20/28
Môre: 08/20. Sonnig en matig Dublin 16/21 Tokio 22/29
Oormôre: 07/21. Sonnig en warm Hongkong 25/29 Washington 17/27
Jerusalem 15/31 Wene 16/18
[Verwerk uit: Beeld, 26 Augustus 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 8 DBE/2014
SSE
Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.
3.1 Wie betaal vir hierdie weerkaart om in Beeld te verskyn? (1)
3.2 Watter wêreldstad gaan dieselfde temperatuur as Phalaborwa hê? (1)
3.3 Waar in die binneland was die maksimumtemperatuur die hoogste? (1)
3.4 Watter stad langs die kus van Suid-Afrika gaan in die dag die koudste wees? (1)
3.5 Noem die DRIE weersimbole wat op die weerkaart van Suid-Afrika verskyn. (3)
[7]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 9 DBE/2014
SSE
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 4
WENKE OM EFFEKTIEF TE KLA
INSTRUKSIES
Lees eers die onderstaande artikel goed deur.
Skryf SEWE wenke neer oor hoe om effektief te kla.
Skryf elkeen van die wenke in jou eie, goeie volsin neer.
Jy mag nie meer as een sin oor elke manier skryf nie.
Skryf jou sinne puntsgewys onder mekaar van 1 tot 7 neer.
Laat ʼn reël tussen die sinne oop.
Jou opsomming mag nie langer as 100 woorde wees nie.
Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 100 woorde skryf of as jy nie die getal
woorde aandui nie.
1 Hier volg ʼn paar wenke as jy suksesvol wil wees wanneer jy oor iets gaan kla.
2 Enige transaksie vir ʼn produk of diens moet ʼn koopkontrak hê. Maar jy moet wéét wat in
die koopkontrak staan om seker te maak of jy oor iets kan gaan kla. Jy kan nie oor
ʼn tweedehandse motor se pap battery wil kla, as jou koopkontrak nie ʼn nuwe battery
insluit nie.
3 Die grootste fout wat jy kan begaan, is om dokumente weg te gooi: alles van koop-
kontrakte, fakture, kwitansies en fakse tot kopieë van e-posse. Bêre dus alle
dokumentasie vir die dag wanneer jy ʼn rede het om te gaan kla.
4 Wanneer jy gaan kla, moet jy jou emosies beheer. Die persoon wat daagliks oor en oor
verskillende klagtes aanhoor, sluit hom- of haarself maklik van emosionele mense af.
5 Om in die bank by verskillende mense soos ʼn ontvangsdame, ʼn teller, ʼn finansiële
bestuurder én nog die bankbestuurder te gaan kla, gaan jou benadeel. Moenie tegelyk by
ʼn klomp persone gaan kla nie. Jou naam kom onderaan elkeen se lysie en hulle weet dalk
nie dat jy ook by iemand anders gaan kla het nie.
6 As ʼn junior werknemer nie jou klagte kan hanteer nie, moet jy dit nie daar laat nie. Vra om
met ʼn senior persoon te gesels oor jou klagte as jy ongelukkig is oor die diens. Moenie
moed verloor nie.
7 Wees versigtig as jy jou klagte op skrif stel. Moenie die hele klagte in hoofletters met
ʼn klomp vraagtekens of uitroeptekens skryf nie. Dit skep nie ʼn goeie indruk nie. Wees
eerder vriendelik en hoflik.
8 Tyd is vir almal kosbaar. Sorg dat jou klagte, mondeling of skriftelik, kort, eenvoudig en
duidelik gestel word.
[Verwerk uit: Huisgenoot, 27 Junie 2013]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 10 DBE/2014
SSE
AFDELING C: KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK
VRAAG 5: WOORDGEBRUIK EN WOORDSTRUKTURE
Bestudeer die prent hieronder.
[Uit: Beeld, 26 Augustus 2013]
INSTRUKSIES
Voltooi die volgende paragrawe soos aan die regterkant aangedui.
Skryf net die vraagnommer 5.1–5.24 en die antwoord neer.
Marie Buckman is 5.1 (baie kwaad) want die 5.1 Gee EEN woord.
oorvol rommelhouer op die 5.2 (sypadtjie/ 5.2 Kies die korrekte vorm.
sypadjie/sypaadjie) voor haar huis is ʼn seer
5.3 (hart/oog/kop). Die Buckman gesin is 5.3 Kies die korrekte woord.
5.4 (nuut) intrekkers in die woonbuurt. 5.4 Gee die korrekte vorm.
Haar seun wil 5.5 (universiteit/universityt) toe 5.5 Kies die korrekte spelling.
gaan en hulle het besluit om ʼn 5.6 (studie + 5.6 Gee EEN woord.
kamer) aan te bou. Hulle het die rommelhouer
nodig 5.7 (gehaat/gehad) om die bou-afval in 5.7 Kies die korrekte woord.
te gooi, maar die 5.8 (erg) van alles is dat 5.8 Gee die korrekte vorm.
mense hulle kosafval bo-op die bou-afval kom
gooi het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 11 DBE/2014
SSE
Die 5.9 (mense wat gaan stap) het al gevra 5.9 Gee EEN woord.
waarom Marie niks aan hierdie rommelhouer
doen wat so sleg 5.10 (reuk) nie. Hulle sê sy 5.10 Gee die korrekte vorm.
moet 5.11 (ys/eis) dat die munisipaliteit die 5.11 Kies die korrekte woord.
rommelhouer kom verwyder. Ook Marie-hulle
se 5.12 (buurman) het al gekla oor die reuk. Sy 5.12 Gee die teenoorgestelde geslag.
sê die kosafval lok baie 5.13 (vlieg) en dat dit 5.13 Gee die korrekte vorm.
5.14 (higiënies) is! 5.14 Gee die antoniem.
Toe Marie gevra het vir die rommelhouer, was
die diens baie 5.15 (goeie). Marie het die vrou 5.15 Gee die korrekte vorm.
5.16 (wat/wie) haar gehelp het, so ʼn mooi 5.16 Kies die korrekte woord.
5.17 (komplimenteer) gegee. Die munisipale 5.17 Gee die korrekte vorm.
beamptes het vriendelik 5.18 (op/aan/vir) al die 5.18 Kies die korrekte voorsetsel.
oproepe van die publiek gereageer en hulle
was baie behulpsaam. Marie het selfs gedink
dat hierdie munisipaliteit 5.19 (goed) as ander 5.19 Gee die korrekte vorm.
munisipaliteite is, 5.20 (as gevolg van) die 5.20 Gee die afkorting.
vinnige manier 5.21 (op + wat) hulle 5.21 Gee EEN woord.
5.22 (onmiddellik) aandag gegee het aan haar 5.22 Gee die sinoniem.
versoek.
Na nog twee oproepe het sy uitgevind dat die
werkers besig is met ʼn 5.23 (staak). Daarom 5.23 Gee die korrekte vorm.
kry sy op die oomblik geen 5.24 (saam+werk) 5.24 Gee EEN woord.
van die munisipaliteit nie!
(24 ÷ 2) [12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 12 DBE/2014
SSE
VRAAG 6: SINSTRUKTURE
Die taalvrae wat volg, is op die inligting hieronder gebaseer.
CHARLIZE THERON: “Die een” vir Sean Penn
Nou toe nou! Lyk dié twee nou
nie net soos ʼn doodgewone
paartjie wat op ʼn Saterdag-
oggend gaan inkopies doen
nie? Maar dié twee verliefdes
is nie doodgewone mense nie:
hulle is die room van
Hollywood se talent met drie
Oscars tussen hulle en
miljoene in die bank.
[Uit: Huisgenoot, 6 Februarie 2014]
6.1 Rangskik die volgende groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
Skryf die hele sin uit.
6.1.1 Fotograwe het (in ʼn supermark) (op ʼn Saterdagoggend) (in die geheim)
foto’s van Charlize, Sean en Jackson geneem. (1)
6.2 Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.
6.2.1 Charlize Theron en Sean Penn moet soos enige iemand anders
inkopies gaan doen.
Gister … (1)
6.2.2 Sean het vir Jackson gesigte getrek om die kind te laat lag.
Om die kind te laat lag … (1)
6.2.3 Die mense het mekaar afgevra: “Gaan dié twee dalk met mekaar trou?”
Die mense het mekaar afgevra of … (1)
6.2.4 Jackson moet eintlik ʼn ma en ʼn pa hê.
Jackson behoort … (1)
6.2.5 Een fotograaf sê dat dié twee verliefdes nie doodgewone mense is nie.
Een fotograaf sê: “ … . ” (1)
6.2.6 Charlize en Sean het drie Oscars gewen.
Drie Oscars … (1)
6.2.7 Charlize en Sean doen baie liefdadigheidswerk.
Baie liefdadigheidswerk … (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 13 DBE/2014
SSE
6.2.8 Charlize is vir Sean net die regte meisie.
In die toekoms … (1)
6.2.9 Die Suid-Afrikaners het altyd gedink Charlize sal met ʼn Amerikaner trou.
Nee, die Suid-Afrikaners … (2)
6.2.10 Die Suid-Afrikaners voel hulle moet in Suid-Afrika kom trou.
Die Suid-Afrikaners voel hulle hoef nie … (1)
6.3 Verbind elke keer die twee sinne en begin soos aangedui.
6.3.1 Charlize het die tweejarige Jackson aangeneem. Sy het ʼn gemis in haar
lewe gevoel. (omdat)
Charlize het die tweejarige Jackson aangeneem omdat … (1)
6.3.2 Sean het Jackson heeltyd in die supermark laat lag. Die kind het die
inkopies geniet. (daarom)
Sean het Jackson heeltyd in die supermark laat lag, daarom … (1)
6.3.3 Charlize gee baie om vir mense. Sy gee aandag aan kinders sonder
ouers.
Aangesien Charlize … (1)
6.3.4 Charlize het self net ʼn ma. Haar ma het haar met groot liefde
grootgemaak.
Charlize het self net ʼn ma wat … (1)
6.4 Verander die volgende sin in ʼn vraagsin. Die onderstreepte gedeelte is
die antwoord.
Charlize het besluit om haar kind die beste te gee. (1)
6.5 Verander die volgende sin in ʼn bevelsin.
Charlize se ma wil hê sy moet gelukkig wees. (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 14 DBE/2014
SSE
VRAAG 7: KOMMUNIKASIE
INSTRUKSIES
Bestudeer die prente in hierdie vraag.
Lees die situasie by elke prent.
Voer dan die opdrag uit.
7.1
Blady y
WAARDERING UITSPREEK
[Uit: Google images]
Situasie: Jou onderwyseres het baie geduldig vir jou iets verduidelik wat jy
nie verstaan het nie.
Opdrag: Wat sal jy sê om te wys hoeveel jy haar hulp waardeer? (Nie meer
as 20 woorde nie.)
Jy: “…” (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 15 DBE/2014
SSE
7.2 IEMAND GERUSSTEL
B
Dit maak my bekommerd ...
[Uit: Afrikaans sonder grense gr. 12]
Situasie: ʼn Man en sy hond slaap terwyl die dief sy televisiestel steel. Jou
ma is bekommerd dat iemand net so maklik by julle huis sal kan
inbreek.
Opdrag: Hoe sal jy jou ma oortuig dat sy nie bekommerd moet wees nie?
(Nie meer as 20 woorde nie.)
Jy: “…“ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1 16 DBE/2014
SSE
7.3 DANKIE SÊ VIR DIE KOS
[Uit: Google Images]
Situasie: Die gesin eet saam ontbyt. Die pa het die ontbyt voorberei en hy
vra sy seun of die kos lekker lyk.
Hoe gaan die seun sy pa mooi bedank vir die lekker bord kos?
Opdrag: Kies EEN van die volgende moontlikhede.
A Ek is nie so baie honger nie, dankie.
B Pa, ek is vanoggend sommer baie honger.
C Dankie, Pa, ek is honger en die ontbyt lyk heerlik.
D Ek sal nie soveel kos inskep as ek dit nie gaan eet nie. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING C: 35
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2014 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper