Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE TAAL V2
HOËR GRAAD
2014
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.
3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers %20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June 2014, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 33
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 33
This exam
NSC June 2014
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)21 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)19 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)41 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)40 marks
Show all 12 questions
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)38 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)40 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 10Letterkunde (Literature / Set Works)15 marks
- Question 11Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 12Letterkunde (Literature / Set Works)16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 2 DBE/2014
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE die hele vraestel deurlees NIE.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Gedigte (40)
AFDELING B: Roman (40)
AFDELING C: Drama (40)
AFDELING D: Kortverhale (40)
4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
genres wat jy voorberei het, aan.
5. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE genres wat jy voorberei het en kies die
vrae wat jy wil beantwoord.
6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
9. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 3 DBE/2014
SSE
INHOUDSOPGAWE
Kies ENIGE TWEE afdelings.
AFDELING A: GEDIGTE
Beantwoord enige TWEE gedigte.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. Kontak Kontekstuele vraag 20 4
OF
2. Woorde Kontekstuele vraag 20 6
OF
3. Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 20 8
OF
4. Wie’s hy? Kontekstuele vraag 20 10
OF
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
5. Kringe in ʼn bos Kontekstuele vraag 40 12
OF
6. Die ongelooflike avonture van Hanna
Kontekstuele vraag 40 15
Hoekom
OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
7. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 40 19
OF
8. Paljas Kontekstuele vraag 40 23
OF
AFDELING D: KORTVERHALE
Beantwoord enige TWEE kortverhale.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
9. Die storie van Piet se oupa Kontekstuele vraag 20 26
OF
10. Baby Kontekstuele vraag 20 28
OF
11. Die pakkie Kontekstuele vraag 20 30
OF
12. Op soek na Kid Khumalo Kontekstuele vraag 20 32
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 4 DBE/2014
SSE
AFDELING A: GEDIGTE
VERSJOERNAAL
Beantwoord die vrae van enige TWEE gedigte.
VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
KONTAK – Theo de Jager
1 Ek kon jou met ʼn selfoon bel
2 om te sê dat ek jou baie mis,
3 maar die kaart was gekrap, die batterye pap
4 en die boodskap het in die niet verdamp.
5 Ek het vir jou ʼn brief geskryf
6 en my hart se hoeke daarin uitgewas
7 maar my pen was krom, my vingers te dom
8 om die woorde in die koevert te pas.
9 Toe het ek maar ʼn duif gestuur
10 sonder skrif of klank, en nou wag ek,
11 hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom
12 met ʼn takkie blare in sy bek.
1.1 Wat beteken die titel van die gedig? (1)
1.2 Noem die DRIE items wat die spreker wou gebruik om met sy/haar geliefde
kontak te maak. Haal slegs DRIE woorde aan. (3)
1.3 Haal EEN versreël aan vir die rede waarom die spreker met sy/haar
geliefde wou kontak maak. (1)
1.4 Hoekom het die spreker die geliefde nie gebel nie? Gee TWEE redes. (2)
1.5 Kies die korrekte antwoord om die onderstaande sin mee te voltooi. Skryf
net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“die boodskap het in die niet verdamp” (versreël 4) beteken die boodskap
het ...
A teruggekom.
B weggeraak.
C uitgegaan.
D versprei. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 5 DBE/2014
SSE
1.6 Die spreker het sy/haar brief gepos.
1.6.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.6.2 Gee ʼn aanhaling om jou antwoord op VRAAG 1.6.1 te motiveer. (1)
1.7 Kies telkens ʼn verduideliking in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
pas. Skryf net die vraagnommer (1.7.1–1.7.3) en die letter (A–D) neer,
byvoorbeeld 1.7.4 E.
KOLOM A KOL M B
1.7.1 “kon” en “maar” (strofe 1) A Die spreker het ophou kontak
maak.
1.7.2 “pen was krom” (strofe 2)
B Die spreker wou kontak
1.7.3 “hoop ek” (strofe 3) maak, maar het nie.
C Die spreker het nie moed
opgegee om kontak te maak
nie.
D ʼn Verskoning om nie kontak
te maak nie
(3 x 1) (3)
1.8 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die onderstreepte letters, “sonder skrif” (versreël 10), is ʼn voorbeeld van
(alliterasie/assonansie). (1)
1.9 Gee TWEE APARTE WOORDE uit strofe 3 wat voorbeelde van
kommunikasie is. (2)
1.10 Wie is die “hy” in versreël 11? (1)
1.11 Hoekom, dink jy, was dit vir die spreker moeilik om met die geliefde te
kommunikeer? (1)
1.12 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (1.12.1–1.12.2) en die antwoord neer.
onsuksesvol; gelukkig; ongelukkig; suksesvol
Uit hierdie gedig kan ons aflei dat daar probleme tussen die twee geliefdes
is wat die spreker (1.12.1) ... maak, maar as die duif terugkom met ʼn
takkie blare in sy bek, sal die spreker weet dat sy poging om vrede te maak
(1.12.2) ... was. (2)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 6 DBE/2014
SSE
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
WOORDE – Vincent Oliphant
1 my woorde het nie die krag
2 om bose magte tot ʼn val te bring nie
3 my woorde kan bloot sing
4 my woorde is nie ʼn dak
5 om onder te skuil nie
6 my woorde is swak
7 my woorde kan nie keer
8 dat ons die kromme note haal nie
9 my woorde is kaal
10 glo tog
11 my woorde het nie die byt
12 van koeëls en grofgeskut nie
13 nee
14 my woorde kan bloot bid
15 en pleit
16 en wens
17 medeburgers van die lewe
18 dat ons van grense sal vergeet
19 en bloot mense sal wees
20 en medemens
2.1 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die gebruik van die voornaamwoord “my” in die gedig maak die gedig ...
A lomp.
B eentonig.
C herhalend.
D persoonlik. (1)
2.2 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Versreël 4: “my woorde is nie ʼn dak” is ʼn voorbeeld van ʼn (vergelyking/
metafoor). (1)
2.3 Gee EEN woord uit die gedig wat aandui dat die spreker se woorde nie krag
het nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 7 DBE/2014
SSE
2.4 Volgens die spreker is dit maklik om probleme op te los.
2.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
2.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1 deur EEN versreël uit
strofe 3 aan te haal. (1)
2.5 Wat bedoel die spreker met "my woorde is kaal" in versreël 9? (1)
2.6 Watter woord in strofe 4 beteken dat woorde mense kan seermaak? (1)
2.7 Hoekom staan die woord “nee” alleen in versreël 13? (1)
2.8 Noem TWEE maniere in strofe 4 waarop mense in vrede kan lewe. (2)
2.9 Hoe word die lesers aangespreek? (1)
2.10 Noem DRIE dinge wat die spreker se woorde in strofe 4 kan doen. (3)
2.11 Kies ʼn antwoord uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
net die vraagnommer (2.11.1–2.11.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
2.11.4 E.
KOLOM A KOLOM B
2.11.1 “bose magte” (strofe 1) A positiewe gedrag
2.11.2 “koeëls en grofgeskut” B verskille
(strofe 4)
C oorlog
2.11.3 “grense” (strofe 4)
D onregverdige regering
(3 x 1) (3)
2.12 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die
vraagnommer (2.12.1–2.12.2) en die antwoord neer.
verander; respekteer; glo; leef
In hierdie gedig wil die spreker hê dat ons mekaar moet (2.12.1) ... en in
vrede moet (2.12.2) ... (2)
2.13 Wat is die boodskap van hierdie gedig? (1)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 8 DBE/2014
SSE
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet
1 jy los my alleen
2 in ʼn huis vol geluide
3 en hoe minder ek probeer luister
4 hoe harder klink die klank
5 van ʼn onbekende voetstap
6 op die donker trap
7 bang vaak verdwaal ek laat
8 in die gange op soek
9 na slaap
10 wat om elke naghoek verdwyn
11 ek skrik
12 vir die naaldekokerstraatlig
13 deur skaars bewegende blare
14 jou jas aan die kapstok
15 is ʼn man sonder bene
16 ek is bang
17 vir die stofsuierslang
18 op die vloer van die spens
19 en tot jy terugkom
20 sleep ek my vlees
21 soos ʼn kis agter my aan
3.1 Watter woord in die gedig dui vir ons aan dat daar niemand saam met die
spreker in die huis was nie? (1)
3.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies.
Die (gehoor/gevoel)-sintuig kom in hierdie gedig die meeste na vore. (1)
3.3 Die spreker herken die geluid op die trap.
3.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur EEN versreël uit die
gedig aan te haal. (1)
3.4 Haal die woord aan wat daarop dui dat die spreker nie sy/haar huis in die
donker ken nie. (1)
3.5 Haal EEN woord uit die gedig aan waaruit ons kan aflei dat die spreker graag
wil slaap. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 9 DBE/2014
SSE
3.6 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die herhaling van die aa-klank in “bang vaak verdwaal ek laat” (versreël 7) is ʼn
voorbeeld van (alliterasie/assonansie). (1)
3.7 Waarmee word die straatlig vergelyk? (1)
3.8 Waaraan hang die spreker se jas? (1)
3.9 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die
vraagnommer (3.9.1–3.9.2) en die antwoord neer.
slang; spens; pyp; straat
Die spreker skrik vir die (3.9.1) ... van die stofsuier wat in die (3.9.2) ... is. (2)
3.10 Wanneer sal die spreker beter voel? (1)
3.11 Uit watter woord kan ons aflei dat die spreker swaar dra aan sy/haar vrees? (1)
3.12 Wat word in reël 20–21 met mekaar vergelyk? (2)
3.13 Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (3.13.1–3.13.3) en die letter (A–D) neer,
byvoorbeeld 3.13.4 E.
KOLOM A KOLOM B
3.13.1 “om elke naghoek” A Die spreker kruip daar weg.
(versreël 10)
B Die kern van die spreker se
3.13.2 “ek is bang” probleem.
(versreël 16)
C Dit is waarheen die spreker se
3.13.3 “ʼn kis” (versreël 21) slaap verdwyn.
D Die spreker is tot die dood toe
bang.
(3 x 1) (3)
3.14 Bestaan die geluide wat die spreker hoor, regtig? Motiveer jou antwoord deur
TWEE redes te gee. (2)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 10 DBE/2014
SSE
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
WIE’S HY? – Adam Small
1 Die poet,
2 wie’s hy?
3 Djulle het so baie bek oorie poet,
4 ma wié’s hy?
5 Is hy rêrag soes djulle dink
6 die ou moerie pen ennie ink
7 wat in sy study sit en poems dink?
8 Nai,
9 djulle’s mistaken,
10 nie hy nie
11 ma djúlle is die poets,
12 djulle wat innie straat in loep
13 ennie gladde bek verkoep
14 ma die dinge sien
15 en soema net daa God tien hulle roep!
4.1 Wat is die funksie van die vrae in strofe 1? (1)
4.2 Na wie verwys die "hy" in die titel van die gedig? (1)
4.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Versreël 3: “Djulle het so baie bek” is ʼn voorbeeld van ʼn (metafoor/
vergelyking). (1)
4.4 Die tradisionele digter gebruik ʼn rekenaar om sy gedigte te skryf.
4.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
4.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1. (1)
4.5 Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord in te vul:
Die tradisionele digter het sy/haar gedigte in ʼn ... geskryf. (1)
4.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Volgens die spreker is die tradisionele digter iemand wat ...
A gedigte sit en uitdink.
B idees by ander mense kry.
C ander mense se idees steel.
D gedigte oor ander digters skryf. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 11 DBE/2014
SSE
4.7 Skryf EEN versreël neer wat aandui dat die spreker nie saamstem met wat
die mense sê nie. (1)
4.8 Wie is die “hy” in versreël 10? (1)
4.9 Wie is die “djulle” in versreël 11? (1)
4.10 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die onderstreepte konsonante, “wat in sy study sit en poems dink?”
(versreël 7) is ʼn voorbeeld van (alliterasie/assonansie). (1)
4.11 Haal ʼn VERSREËL aan wat wys dat die “djulle” dadelik praat as iets nie reg
is nie. (1)
4.12 Wie word in die laaste strofe as getuie geroep? (1)
4.13 Gee EEN rede waarom die “djulle”, volgens die spreker, die eintlike
digters is. (1)
4.14 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net
die vraagnommer (4.14.1–4.14.2) en die antwoord neer.
kla; vrees; glo; twyfel
Die gewone mense word aangesê om in hulleself te (4.14.1) ... en nie te
(4.14.2) ... dat hulle gedigte kan skryf nie. (2)
4.15 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (4.15.1–4.15.3) en die letter (A–D) neer,
byvoorbeeld 4.15.4 E.
KOLOM A KOLOM B
4.15.1 “baie bek oorie poet” A dink voor hulle praat
(versreël 3)
B sien die lewe soos dit
4.15.2 “gladde bek verkoep” werklik is
(versreël 13)
C het snaakse sêgoed
4.15.3 “die dinge sien”
(versreël 14) D het baie opinies oor die digter
(3 x 1) (3)
4.16 Waar is die “daa” in versreël 15? (1)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 12 DBE/2014
SSE
AFDELING B: ROMAN
Kies die roman wat jy voorberei het.
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 "Jy maak ʼn fout mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jóú kneg was,
2 kon dit ooit vergeet nie."
3 Dit was soos die trek van ʼn streep, die einde van ʼn tydperk. Hy het
4 omgedraai en uitgestap. Agter hom het die saal in beroering gekom en hy
5 was al ʼn hele ent in die straat af voordat die orkes weer begin speel het.
6 Dit was nagdonker. Oorkant by die kaai het die lanterns by die tolhuis dof
7 geskyn; in die waterslote het die paddas skielik opgehou met klik as hy
8 nader kom en met slurpgeluide in die water plons. Die opstand wat dae lank
9 in hom gesmeul het, het witwarm in hom gebrand.
10 All woodcutters are wild and dirty. Hy het dit amper vergeet, dink hy sinies
11 en trap versigtig oor die gaterige straat ... Kyk hoe lyk die dorp.
5.1 Na die gesprek onthou Saul die frase: “All woodcutters are wild and dirty and
so are their children."
(5.1.1) (Jane/Kate) moes die frase (5.1.2) (baie keer/paar keer) uitskryf toe
iemand vir haar (5.1.3) (pa/ma) vertel het dat sy by Saul in die skuur was. (3)
5.2 Hoe oud was Saul toe hy Kate die eerste keer ontmoet het? (1)
5.3 Vir wie het Kate kom skoolhou toe sy teruggekom het Bos toe? (1)
5.4 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (5.4.1–5.4.4) en die antwoord neer.
klere; Barnards; skip; slaapplek;
Pattersons; vyf; sewe; branders
“Julle (5.4.1) ... skuld my! Ek gee vir jou (5.4.2) ... en nou kom sê jy ek
skuld jou geld ook? Ek het (5.4.3) ... sjielings op jou pa se skuld afgetrek en
ʼn sjieling vir die tyd wat jy onder op die kaai van my gesteel het deur jou te
staan en verkyk aan die (5.4.4) ...” (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 13 DBE/2014
SSE
5.5 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
5.5.1 Toe Saul die eerste keer op MacDonald se houtwerf was, het hy
gesien hoe sy pa moes (kruip/betaal). (1)
5.5.2 By dieselfde geleentheid het MacDonald vir Joram gesê sy hout
is vrot en derdeklas en dat hulle (waenhout/dwarslêers) moet
kap. (1)
5.6 Op die vierde dag wat Saul by MacDonald gewerk het, het hy sy pa se wa
op die werf gesien en toestemming gevra om te gaan groet.
Wat het sy pa-hulle onder die hout probeer wegsteek? (1)
5.7 MacDonald het vir Saul ʼn goeie salaris betaal.
5.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
5.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.7.1 met TWEE bewyse. (2)
5.8 Saul het by Macdonald geleer van die skewe sirkels.
5.8.1 Bespreek die skewe sirkel tussen die houtkappers en die Bos. (2)
5.8.2 Bespreek die skewe sirkel tussen die houtkappers en die
houtkopers. (2)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Is daar iets verkeerd?”
2 “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.”
3 Die woorde het hulleself in sy kop herhaal voordat die werklikheid hom getref
4 het. Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard? Hy het die
5 eienaardige gevoel gekry dat een van die groot kalanders in die Bos
6 omgekap was en dat daar êrens 'n groot oopte oorbly ...
7 Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil geskop en
8 losgebreek en geweet dis met die krag van Joram Barnard wat in sy liggaam
9 sit dat hy dit gedoen het, dat hy vrygekom het! Uit Joram Barnard se hand
10 het hy die Bos leer ken, 'n skerm leer maak waaronder die kwaaiste
11 winterreën jou lyf nie bykom nie.
5.9 Hoe is Saul se pa, Joram Barnard, dood? (1)
5.10 Wat wou Saul graag eendag vir sy pa gaan wys het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 14 DBE/2014
SSE
5.11 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Na sy pa se begrafnis het Saul na Maska toe gegaan om uit te vind ...
A of hy ook wou goud delf.
B of ʼn olifant ʼn slim dier is.
C waar Jozef-hulle toe gebly het.
D of hy Kate gesien het. (1)
5.12 Nadat Saul met Maska gepraat het, het Maska iets belangriks besef.
Watter spesiale verhouding, het Maska besef, bestaan daar tussen Oupoot
en Saul? (1)
5.13 Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (5.13.1–5.13.5) en die letter (A–F) neer,
byvoorbeeld 5.13.6 G.
KOLOM A KOLOM B
5.13.1 Die delwers het Saul so genoem A spioen
5.13.2 Die ander houtkappers het Saul so B verraaier
genoem
C Oupoot se mens-
5.13.3 Patterson het Saul so genoem broer
5.13.4 Die meisies op die dorp het Saul so D vriend
genoem
E the handsome
5.13.5 Maska het Saul so genoem English Dutchman
F die moeilike delwer
van Meulbos
(5 x 1) (5)
5.14 Wat is ʼn goodfor? (1)
5.15 “En ʼn bloubokkiekop gooi jy saam met die binnegoed weg ...”
5.15.1 Hoekom het die bosmense die kop van die bloubokkie
weggegooi? (1)
5.15.2 Wat het Saul uitgevind toe hy die bloubokkie se kop oopgekap
het? Gee TWEE feite. (2)
5.15.3 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer en die antwoord neer.
Deur die bloubokkie se kop oop te kap, het Saul gewys dat hy
(bygelowig/nuuskierig) was. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 15 DBE/2014
SSE
5.16 Mister Osbourne is deur die goewerment aangestel om paaie te bou.
5.16.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
5.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.16.1. (1)
5.17 Maar die Woensdagoggend op Abraham Steyn se werf het hy wakker
geword en geweet watter kant toe hy op pad is.
5.17.1 In watter dorp was Saul op daardie stadium? (1)
5.17.2 Watter tipe ambag het Saul daar geleer? (1)
5.18 Saul was alreeds op die Pictor toe hy die nuus oor Oupoot gekry het.
5.18.1 Watter nuus het Maska vir Saul gebring oor die skiet van Oupoot? (1)
5.18.2 Om watter rede moes Oupoot geskiet word? (1)
5.18.3 Waarvoor is Oupoot aan die einde geskiet? (1)
[40]
OF
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe dog ek dalk moet ek vir my ma ʼn man soek. ʼn Normale man met ʼn das
2 en ʼn aktetas. Dan hoef sy mos nie so hard te werk om twee kinders aan die
3 lewe te hou nie. Maar elke keer as ek vir haar ʼn man gewys het wat vir my
4 perfek lyk, ʼn prokureur of ʼn rekenmeester of so iets, het sy uitgebars van die
5 lag.
6 Ek het haar nogtans omgepraat om op ʼn paar blind dates te gaan. (Net vir
7 die grap, het sy vir Tibo gesê. Net om vir Hanna stil te kry.) Elke enkele
8 afspraak was ʼn katastrofe. My ma het geweier om ordentlik aan te trek. “Hy
9 moet my vat soos hy my kry!” Helaas. G’n prokureur of rekenmeester het ooit
10 enige begeerte getoon om ʼn vrou te vat wat soos ʼn besonder bont
11 voëlverskrikker lyk nie. Een aand, toe sy saam met ʼn tandarts uit is, het sy selfs
12 geweier om ʼn blou verfkol van haar wang af te was. Dis die aand toe ek besef
13 het ek sal nooit ʼn tandarts as stiefpa hê nie.
6.1 Hanna het haar ma met ʼn bont voëlverskrikker (reël 10–11) vergelyk.
Wat het Hanna se ma op haar kop gedra wat haar anders as ander ma’s laat
lyk het? (1)
6.2 Waarom sou Hanna graag ʼn tandarts vir ʼn pa wou hê? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 16 DBE/2014
SSE
6.3 Beyers het vir Mana by ʼn partytjie ontmoet.
6.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
6.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.3.1. (1)
6.4 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Hanna en Beyers het al twee in (musiek/boeke) belanggestel. (1)
6.5 Hoekom was Beyers, volgens hom, die enigste man wat Mana gehad het?
Verwys na Mana se eerste man en Tibo se pa. (2)
6.6 Waarom het Mana en Beyers so gesukkel om die regte huis te kry? (1)
6.7 Watter tipe werk het Beyers gedoen? (1)
6.8 Hoekom het Tibo en Amos vir Hanna so geïrriteer? (1)
6.9 Kies die korrekte stelling. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
A Tibo en Amos het nooit met mekaar baklei nie.
B Yann het geglo dit was gesond om gaaf te wees.
C Hanna het Yann as ʼn sarkastiese stiefbroer beskryf.
D Sharon was bly sy het nie so ʼn groot gesin soos Hanna gehad nie. (1)
6.10 Waarom wou Mana die hele familie saamvat op hulle wittebrood? (1)
6.11 Hoekom was die kinders nie opgewonde oor die vakansiehuis nie? (1)
6.12 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
... was die enigste lid van die gesin wat betyds klaar was toe hulle met
vakansie wou gaan.
A Tibo
B Yann
C Amos
D Hanna (1)
6.13 Hoe het Yann dit reggekry om die mense om hom te ignoreer tydens die
vakansie? (1)
6.14 Wat het Hanna gedoen om die vakansie vir haarself beter te maak? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 17 DBE/2014
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Gavin daag nie voor middagete op nie. Ook nie ná middagete nie. Teen
2 laatmiddag toe dit begin skemer word en die reën steeds troosteloos uit die lae
3 wolke sif, besef ek dat hy sy gesonde verstand gebruik het en die besoek
4 afgestel het.
5 Dis ʼn besef wat my ongelooflik verlig laat voel. Dit sou nie gewerk het nie.
6 Twéé queens saam in ʼn huis soos hierdie sou ʼn katastrofe gewees het.
7 Maar kort daarna hoor ons ʼn gehamer teen die voordeur. Die deur swaai
8 oop en die volgende oomblik kruip iemand oor die drumpel. Letterlik! Hande-
9 viervoet!
10 “Gavin!” gil Mana. “Waar’s jou kar? Hoe’t jy hier gekom?”
11 Hy is heeltemal bedek met modder. Van sy skoene tot sy hare. Toe hy
12 opkyk, is net die wit van sy oë sigbaar in sy vuil gesig. Ek bly verstar op die
13 rusbank sit terwyl hy homself oor die vloer nader sleep. Tot reg voor my voete.
14 “Ek weet ek was nog altyd ʼn swak voorbeeld van ʼn vader,” prewel hy met ʼn
15 stem wat melodramaties bewe. “Maar met hierdie heldedaad het ek hopelik
16 opgemaak vir al my sondes.”
6.15 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (6.15.1–6.15.4) en die antwoord neer.
hotel; klereontwerper; gastehuis; fliek;
modeskou; sportmotor; kombi; model
Gavin was ʼn (6.15.1) ... en moes die naweek voor Hanna se verjaardag in
Kaapstad wees vir ʼn 6.15.2) ... Aangesien Mana die berghuis soos ʼn vyfster-
(6.15.3) ... laat klink het, het Gavin haar gevra om hom te nooi. Die dag
met Hanna se verjaardag het hy daar opgedaag vol modder, want die rooi
(6.15.4) ... wat hy by ʼn vriend geleen het, het in die modder vasgeval. (4)
6.16 Twéé queens saam in ʼn huis soos hierdie sou ʼn katastrofe gewees het.
(Reël 6)
Gavin was die een “queen”.
6.16.1 Wie was die ander “queen” van wie Hanna gepraat het? (Reël 6) (1)
6.16.2 Hoekom het Hanna die persoon in VRAAG 6.16.1 ʼn koningin
genoem? (1)
6.17 Hoekom het Hanna haar pa “peroksiedpa” genoem? (1)
6.18 Hoekom het Gavin gesê dat hy ʼn swak voorbeeld van ʼn pa was (reël 14)? (1)
6.19 Wat het Gavin vir Hanna vir haar vyftiende verjaardag gegee? (1)
6.20 Wat het Gavin vir Hanna gesê wat wys dat hy vir haar lief was? (1)
6.21 Hoekom is Mana se baba nie in ʼn hospitaal gebore nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 18 DBE/2014
SSE
6.22 Waarom kon Margot met die geboorte van Hanna se babasussie help? (1)
6.23 Hanna het met haar sussie se geboorte besluit dat sy haar wou beskerm.
Waarteen wou Hanna haar sussie beskerm? (1)
6.24 Watter naam wou Mana en Beyers aan hulle nuwe baba gee? (1)
6.25 Almal het met die helikopter Kaapstad toe gegaan.
6.25.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
6.25.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.25.1. (1)
6.26 Kies die karakter uit KOLOM B wat die woorde in KOLOM A gesê het. Skryf
net die vraagnommer (6.26.1–6.26.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
6.26.6 G.
KOLOM A KOLOM B
6.26.1 “Niks verkeerd daarmee as seuns met A Hanna
poppe speel nie.”
B Margot
6.26.2 “Wie is julle om te besluit of dit belangrik
is of nie? Dis ék wat dit geskryf het! C Yann
Vir my is dit belangrik.”
D Sharon
6.26.3 “Dis die eerste keer in jare dat ek ʼn
ordentlike rol kry.” E Mana
6.26.4 “Hy sal wel ʼn plan maak. Hy het genoeg F Fabienne
invloed.”
6.26.5 “Dis nie ʼn vakansie nie. Dis ʼn
strafkamp! Dis soos die army!”
(5 x 1) (5)
6.27 Hoekom het Hanna haar ma op haar naam genoem? (1)
6.28 Hoe het Hanna haar voorkoms aan die einde van die verhaal beskryf? (1)
6.29 Waaruit kan ons aan die einde van die verhaal aflei dat Hanna vrede gemaak
het met haarself en haar gesin? (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 19 DBE/2014
SSE
AFDELING C: DRAMA
Kies die drama wat jy voorberei het.
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
2 MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
3 POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir my?
4 Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor.) Maar toe ontmoet ek nou
5 hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg nader na
6 Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van Herschel, in
7 die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste boetie, Witbooi, kom kuier en nou kry hy
8 werk in die fabriek as boilerman. Ek sien hom in die fabriek, maar ek het nooit
9 met hom gepraat nie.
10 MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie.
11 HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.
7.1 Wat beteken Poppie se regte naam, Ntombizodumo? (1)
7.2 Poppie se Ouma Hannie het net Xhosa gepraat.
7.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.2.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.2.1. (1)
7.3 Poppie het met Stone, ʼn ...-man getrou.
A Xhosa
B Zoeloe
C Tswana
D Ndebele (1)
7.4 Stone en Poppie het gereeld kontak gehad.
7.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.4.1. (1)
7.5 Wat het Poppie se ma met die lobola-geld wat Stone betaal het, gekoop?
Noem enige TWEE dinge. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 20 DBE/2014
SSE
7.6 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (7.6.1–7.6.4) en die antwoord neer.
planke; sement; bakstene; sinkplaat;
beddinkie; tuintjie; tweekamerhuis; eenkamerhuis.
STONE: (vertel aan Poppie). Ek het ʼn erf gekry van die munisipaliteit en
gaan saam met my bhuti vir ons ʼn (7.6.1) ... van (7.6.2) ... en (7.6.3) ... bou.
Ek gaan ʼn (7.6.4) ... voor die huis maak waar ons pampoen en wortels en
mielies kan plant. (4)
7.7 Hoekom wou Mosie nie uit Lambertsbaai weggaan nie? Gee TWEE redes. (2)
7.8 In 1955 het Poppie uit Lambertsbaai weggegaan.
7.8.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.8.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.8.1. (1)
7.9 Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Die mense het gestaak omdat hulle gevoel het die 7.9.1 (paswette/
verblyfwette) was te streng en die 7.9.2 (vervoer/geld) te min. (2)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Poppie. Maar hoe kan ons gehardloop het, met al die kinders by ons? Ek het
2 baie dooi mense en gewondes in die strate sien lê. En Mamdungwana se oë
3 het rondgesoek na haar seuns, want sy was bang hulle is vermoor.
4 Mamdungwana se man het ons gekry. Hy het ons in sy van na Ghuguletu, na
5 Mosie se huis geneem. Toe ons ons goeters uit die van haal, sê Mosie vir my:
6 MOSIE (buk oor haar). Sisi, hoekom is die kind op jou rug so stil?
7 POPPlE. Hy slaap seker.
8 MOSIE. Ek sal jou kombers losmaak. Jou arms het nie meer krag nie.
9 Mosie maak die kind los. Poppie sit stil.
10 MOSIE. Poppie, die kind van Bonsile is dood.
11 POPPlE. Ek wil dit nie geglo het lat die kind dood is nie. Maar sy koppie het so
12 slap gelê, met die oë oop en die lippe so bietjie van mekaar af weg en soos ek
13 staan en kyk, sien ek hoe die grysheid oor hom nader kom. Vir wat, het ek
14 gedink, vir wat ...
15 Frase van “Nkosi sikelel’ iAfrika” op Hardy-boog.
7.10 Na watter dorp het mnr. Stevens vir Poppie en haar kinders gestuur? (1)
7.11 Wat anders, behalwe ʼn huis, wou Poppie vir haar kinders by haar nuwe
blyplek gehad het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 21 DBE/2014
SSE
7.12 Wat was die TWEE dinge wat Poppie by haar nuwe blyplek ongelukkig
gemaak het? (2)
7.13 Hoekom moes Poppie damage-geld betaal? Noem TWEE feite. (2)
7.14 Stone het na twee jaar vir twee weke by Poppie gaan kuier.
Hoekom sou dit die laaste keer wees dat Poppie Stone gesien het? (1)
7.15 JAKKIE: As dit die witmense pas, dan tel die wet nie.
Gee TWEE redes hoe die stelling van toepassing was toe Poppie by
Mrs Swanepoel gewerk het. (2)
7.16 Hoekom is Jakkie die eerste keer gearresteer? (1)
7.17 Die kinders het hoendervere oor die dronk mense gegooi.
7.17.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.17.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 7.17.1. (1)
7.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Bonsile se naam beteken ...
A magtige leier.
B niks is reg nie.
C my klonkie.
D iets het reggekom. (1)
7.19 Wat het Poppie se kleinkind, Vukile, se dood veroorsaak? (Reël 5) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 22 DBE/2014
SSE
7.20 Kies die woorde uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (7.20.1–7.20.5) en die letter (A–F) neer,
byvoorbeeld 7.20.6 G.
KOLOM A KOLOM B
7.20.1 Polisievangwa met ʼn draadnet A C.I.D.
7.20.2 Goedkoop arbeiders wat in die tuislande B biersale
gewerf is
C grensdiens
7.20.3 Seuns van 18 jaar moes die landsgrense
verdedig D nylon
7.20.4 Is opgerig om onwettige drankverkope en E migrants
sjebiens te stop
F city-borners
7.20.5 ʼn Organisasie van nie-uniformdraende
speurders
(5 x 1) (5)
7.21 Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
Poppie sê aan die einde van die drama dat daar (7.21.1) (nie vrede sal wees
nie/vrede sal wees) en dat hulle moet (7.21.2) (aanhou baklei/gewoond raak
aan die situasie). (2)
[40]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 23 DBE/2014
SSE
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die nar en klein Willem is in die skuur bymekaar. Hulle sit op ʼn kol waar die
2 son skyn. Die nar is in gewone klere. Hy is besig om Willem met sy hoender-
3 konsert te probeer liemaak. Hy kloek en hy skrop en hy kekkel. Die kind sit
4 net strak en kyk. NAR (uiteindelik): Oukei, jy wil nie vandag lag nie. Dis oukei.
5 (Die kind kyk weg.) Wil jy vir my skryf? (Hy hou ʼn potlood na Willem toe.) Tóé,
6 skryf. (Daar begin nou trane oor Willem se wange loop, maar sy gesig bly
7 uitdrukkingloos.) Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane nie. Die lewe is te kort
8 vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane. Altyd.
8.1 Waar het klein Willem vir Manuel die eerste keer gesien? (1)
8.2 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Willem en Manuel het mekaar geroep deur te …
A lag.
B fluit.
C sing.
D hoes. (1)
8.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Willem het gereeld vir Manuel kos uit die huis gevat, maar het vir sy ouers
gesê hy voer ʼn ... in die veld.
A skilpad
B bokkie
C voël
D haas (1)
8.4 Waarom het Willem nie vir sy ouers van Manuel vertel nie? (1)
8.5 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (8.5.1–8.5.4) en die antwoord neer.
skuur; bose geeste; altaar; tekeninge;
stasiegebou; braaiplek; speelgoed; duiwelskuns
Die polisie het in die (8.5.1) ... op allerhande (8.5.2) ... afgekom wat teen die
muur was. Hulle het ʼn vuurmaakplek gesien wat gelyk het soos ʼn (8.5.3) ...
van klippe en gedink die McDonalds was besig met (8.5.4) ... (4)
8.6 Hoekom was die polisie by die McDonalds se huis? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 24 DBE/2014
SSE
8.7 Wanneer het die gesin eers van Manuel uitgevind? (1)
8.8 Manuel het Toorwater nooit weer verlaat nie.
8.8.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.8.1. (1)
8.9 Wat is die “Paljas” wat Manuel gebruik het? (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Hy was al halfpad buite, maar hy draai om en kyk vir haar. Sy sit net na hom en
2 staar.
3 HENDRIK: Wat is dit, Katrina?
4 KATRIEN: (haar gesig ʼn gepynigde vraagteken): Hoe het ons hier gekom?
5 Hendrik gee twee versigtige treë terug in die kombuis in.
6 HENDRIK: ...
7 KATRIEN: Wat het dan gebeur dat als ... só geword het?
8 KATRIEN: Ons was tog op ʼn tyd gelukkig!
9 HENDRIK: Ons was. Ek is nóg. Partykeer. (Hy dink) Dis net: hoe meer ons
10 wou diékant toe, hoe meer het als met ons dáárdie kant toe geneuk.
11 Sy sit net vir die muur en kyk.
8.10 Om watter rede was die gesin aan die begin van die drama so ongelukkig? (1)
8.11 Hoe het hierdie ongelukkigheid die volgende persone beïnvloed?
8.11.1 Emma (1)
8.11.2 Willem (1)
8.12 Kies die woord uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommer (8.12.1–8.12.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
8.12.6 G.
KOLOM A KOLOM B
8.12.1 Dit was volgens Oudokter die rede vir A grapmaker
Willem se toestand.
B duiwelsaanbidding
8.12.2 Dit was wat die dominee dit genoem
het toe mense hulle gesigte geverf C speelgoed
het.
8.12.3 Dit was wat Hendrik die “jagters” se D angs
wapens genoem het.
E toordery
8.12.4 Dit was wat die dominee Manuel in
die kerk genoem het. F sonde
8.12.5 Die dominee het Katrien en Hendrik
hierteen gewaarsku.
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 25 DBE/2014
SSE
8.13 Hoekom het Emma nie van Frans gehou nie? (1)
8.14 Nollie het by Hendrik gekuier.
8.14.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.14.1. (1)
8.15 Hendrik en Katrien het ʼn swak verhouding met mekaar gehad.
Hoe het Hendrik gevoel oor die blou oorkrabbertjies wat Katrien vir haarself
gekoop het? Gee TWEE redes. (2)
8.16 Waarom was Katrien so verbaas toe Hendrik net voor die Volstruisdans vir
haar gesê het sy lyk baie mooi? (1)
8.17 Hoe het Nollie dit daardie dag in die veld reggekry dat Emma saam met hom
na die Volstruisdans gegaan het? Noem TWEE feite. (2)
8.18 Watter TWEE slegte dinge het die dorpsmense by die Volstruisdans aan die
McDonalds gedoen? (2)
8.19 Die MacDonalds het na die Volstruisdans by die huis gekom.
Hoe het die McDonalds die res van die aand deurgebring? Noem DRIE dinge. (3)
8.20 Hoe het Emma, volgens Hendrik, altyd opgetree as daar ʼn probleem was? (1)
8.21 Waarom het van die dorpsmense na die insident by die dans na Hendrik se
huis toe gegaan? (1)
8.22 Hoe het Hendrik vir sy besoekers gewys dat hy ʼn beter mens as die
dorpsmense was? (1)
8.23 Hendrik was aan die einde van die drama baie trots op Willem.
Wat moes Willem vir die besoekers wys? (1)
8.24 Manuel het vir Willem ʼn spesiale geskenk gegee.
8.24.1 Wat was die spesiale geskenk? (1)
8.24.2 Watter simboliese waarde het hierdie geskenk vir Willem gehad? (1)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 26 DBE/2014
SSE
AFDELING D: KORTVERHALE
STORIEJOERNAAL
Beantwoord enige TWEE kortverhale.
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE STORIE VAN PIET SE OUPA – Abraham de Vries
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Piet Wessie sê altyd vir hom is daar iets aan stories oor bejaarde mense wat
2 hom laat dink aan laatagtermiddag. Jy lag oor jy bly is dis darem nog nie aand
3 nie. Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie. Die dag toe Oupa tagtig geword
4 het op die plaas onder die ou akkerbome (met ʼn paartie waarvoor hy self die
5 VLV se vrouens gehuur het), het Matthys, Piet se pa, gesê hy weet nie hoekom
6 neuk die mense so met tagtig jaar oud nie, in hulle familie probeer almal nog
7 om sy pa groot te kry.
**********
8 Pa het die Sondag na kerk van die dorp af uitgekom hier na ons toe. Maar
9 daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is hy
10 uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier.
9.1 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
As Piet Wessie sê “Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie,” (reël 3)
bedoel hy sy oupa is …
A te oud om nog te wil kuier.
B net soos ander oumense.
C nie soos ander oumense nie.
D te oud om sy eie partytjies te reël. (1)
9.2 Maar daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is
hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. (Reël 8–10)
By wie het die oupa gaan kuier en waar het die persoon gewoon? (2)
9.3 Hoekom is die oupa toe nie met die weduwee getroud nie? (1)
9.4 ʼn Jaar lank het Piet se oupa nie weer gekuier nie.
9.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
9.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 9.4.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 27 DBE/2014
SSE
9.5 Voltooi die volgende paragraaf. Kies die woord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (9.5.1–9.5.5) en die antwoord neer.
“Baie, baie stigtelik,” het hy eerbiedig berig en rondgekyk dat
niemand hom moet hoor nie voor hy byvoeg: “Maar (9.5.1) (Vrydagaande/
Woensdagaande) na (9.5.2) (kerk/biduur) gaan speel die
(9.5.3) (matrone/verpleegster) mos (9.5.4) (klawerjas/klawerbord) by ou
(9.5.5) (Netta-hulle/Trudie-hulle).” (5)
9.6 Hoe gereeld het die oupa by sy kleindogter Trudie gaan kuier? (1)
9.7 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“Nie een van hulle was 'n werfhond van 'n mansmens nie” beteken die oupa
en Doon het...
A net by die huis gebly.
B altyd dorp toe gegaan.
C gereeld by die huis gebly.
D baie min by die huis gebly. (1)
9.8 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die `
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Een van die dinge wat Doon en Oupa saam gedoen het, was om ...
A wyn te gaan proe.
B kerk toe te gaan.
C saam te gaan kamp.
D mark toe te gaan. (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe hy die eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: “Aitsa, nogal nie min nie!” Maar
2 net toe hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die
3 stoel af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: “Waar's Oupa nou?” Toe Iê Oupa al
4 op die vloer.
9.9 Wat het die omstanders gedink is moontlik die oorsaak van Piet se oupa se
dood? (1)
9.10 Wie het die ambulans gebel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 28 DBE/2014
SSE
9.11 Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die vraagnommer (9.11.1–9.11.4) en die letter (A–E) neer, byvoorbeeld
9.11.5 F.
KOLOM A KOLOM B
9.11.1 Die verpleegster in die A die familie gebel
restaurant het …
B flou geval
9.11.2 Die bestuurder van die
ambulans het … C Oupa se lewe gered
9.11.3 Die ander ambulansman het … D gesê Oupa is dood
9.11.4 Trudie het … E weggehardloop
(4 x 1) (4)
[20]
OF
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
BABY – EKM Dido
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe pa by die huis kom, stel Sersant hom aan oom Attie en sy dogter Baby
2 voor. Sersant vertel dat hy op patrollie was en op die pa en dogter by hul
3 onklaar kar afgekom het. “Doempie,” sê Sersant en kyk verleë na Pa, “siende
4 dat die kind omtrent jou Nooi se ouderdom is, dag ek toe ek bring hulle hierheen
5 sodat sy darem ʼn maat vir die dag of twee sal hê. Terwyl haar pa netnou hul
6 bagasie van die kar na die wên toe oorgelaai het, het Baby juis vir my gesê hoe
7 baie sy na haar ma verlang.
10.1 Hoekom het die verteller Sersant nie as ʼn besoeker gesien nie? (1)
10.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Toetsie moes by haar ma (10.2.1) (lepels/koppies) gaan leen omdat Nooi se
ma nie (10.2.2) (onvoorbereid/skaam) wou wees as sy koffie vir die
besoekers bedien nie. (2)
10.3 Beskryf Baby se voorkoms in TWEE goeie sinne. (2)
10.4 Baby is 18 jaar oud.
10.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
10.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.4.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 29 DBE/2014
SSE
10.5 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Attie het gesê Baby moet pilletjies drink omdat sy ...
A hartprobleme het.
B aanvalle kry.
C ʼn verkoue het.
D op ʼn dieet is. (1)
10.6 Kies die name van die karakters uit KOLOM B wat by die inligting oor hulle in
KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (10.6.1–10.6.4) en die letter
(A–E) neer, byvoorbeeld 10.6.5 F.
KOLOM A KOLOM B
10.6.1 Werk by die algemene handelaar A Antie Poppie
10.6.2 Is die verteller B Nooi
10.6.3 Vertrou nie vir Attie nie C Toetsie
10.6.4 Bly langs die verteller D Doempie
E Tinkie
(4 x 1) (4)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Oom Attie vat-vat na Baby, maar sy is onder die kombers uit en klou om lewe en
2 dood aan Ma. En sy skree: “Mô! Ek wil my mô hê!” Oom Attie is later só vies vir
3 Baby wat nie agter Ma se breë rug wil uit nie dat hy dreig om haar dood te
4 slaan. Later haal hy 'n plastiekpakkie met vaal gespikkelde pille daarin uit sy sak
5 en hou dit in die lug vir Baby om te sien. Baby loer na die pakkie en gryp
6 floutjies daarna, maar sy bly agter Ma se rug.
10.7 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (10.7.1–10.7.4) en die antwoord neer.
ontvoer; mishandel; minderjarige; hoesstroop;
gearresteer; vrygelaat; pilletjies; volwassene
Die (10.7.1) ... wat Attie die heeltyd vir Baby gegee het, was eintlik dwelms
en Attie Brand, alias Andrew Barnard, is (10.7.2) ... omdat hy Claudine
Grootboom (10.7.3) ... het en omdat hy dwelms verskaf het aan 'n (10.7.4) ... (4)
10.8 Hoe het Sersant se vrou gehelp om die saak op te los? Gee TWEE feite. (2)
10.9 Noem TWEE plekke waar daar plakkate was met Baby se gesig op. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 30 DBE/2014
SSE
VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE PAKKIE – Leonard Koza
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die skerp geluid van die kombuisdeur trek haar aandag en sy draai stadigies
2 om. Esther groet en verdwyn in haar kamer, voordat haar ma ordentlik kan
3 teruggroet. Gewoonlik vertoef Esther in haar kamer totdat aandete gereed is.
4 Sy is dan ook net mooi klaar met haar huiswerk. Na ete ontspan sy gewoonlik
5 'n bietjie voor die TV voordat sy begin met voorbereiding vir klastoetse.
11.1 Waar het die Filanders gebly? (1)
11.2 Esther was in die laerskool.
11.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
11.2.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 11.2.1. (1)
11.3 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Sally Filander die … skielik oopmaak sien sy iemand by die hekkie.
A agterdeur
B voordeur
C sitkamervenster
D kombuisvenster (1)
11.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Sally sê die man by die hekkie is ʼn skollie omdat hy ʼn woeste (11.4.1) (baard/
haarstyl) het en omdat hy ʼn (11.4.2) (oorring/ketting) dra. (2)
11.5 Wie, het Esther vir haar ma gesê, was die seun by die hekkie? (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Esther druk 'n pakkie toegedraai in koerantpapier onder haar arm vas en dit het
2 haar ma baie bekommerd.
3 “Wat is daai onne' djou arm toegedraai in koerantpapier? Djy kommie uit die
4 kamer voordat ek wiet wie is daai wat by die hek staan nie.”
11.6 Hoekom was Sally Filander bekommerd oor die pakkie wat Esther gehad
het? (Reël 2) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 31 DBE/2014
SSE
11.7 Esther het die seun by die hekkie gewaarsku dat daar moeilikheid is.
11.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
11.7.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 11.7.1. (1)
11.8 Kort daarna het daar ʼn man en ʼn vrou by Sally en Esther se huis opgedaag.
11.8.1 Wat was die vrou se naam? (1)
11.8.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord neer.
Hulle het daar opgedaag in ʼn luukse (Amerikaanse/Duitse) motor. (1)
11.9 Hoekom móés Pang Doodmaak die pakkie terugkry? (1)
11.10 Kies die karakter uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (11.10.1–11.10.5) en die letter (A–F) neer,
byvoorbeeld 11.10.6 G.
KOLOM A KOLOM B
11.10.1 ʼn Bendeleier in die Elsiesrivier- A Esther Filander
omgewing
B Sally Filander
11.10.2 Verkoop dwelms aan skoolkinders
C Boeta
11.10.3 Is bekommerd oor wat in die pakkie is
D Slang
11.10.4 Het te laat besef dit was ʼn fout om die
pakkie te vat E Miena
11.10.5 Was die bendeleier se oorlede pa F Pang Doodmaak
(5 x 1) (5)
11.11 Wat het Esther aan die einde van die verhaal met die pakkie gedoen? (1)
11.12 Hoekom wou Pang so gou as moontlik van Sally se huis wegkom? (1)
[20]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 32 DBE/2014
SSE
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
OP SOEK NA KID KHUMALO – Dolf van Niekerk
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Haar bril met die dik raam bly van haar gesig afgly. Die bril en die lense is lankal
2 ondoeltreffend. Sy vee die sweet van haar gesig af. Haar been pyn van al die
3 beweging en ronddra van die paar meubelstukke. Haar werkgewer van dertien
4 jaar het haar blyplek laat vergroot toe sy op ʼn hartseerdag daarvan praat om by
5 haar seun Kid in Shoshanguve te gaan woon. Kid se broer Thomas is met ʼn
6 prokureur getroud maar dié wil niemand anders in hulle huis hê nie. Kid het jare
7 lank van die een werk na die ander geswerf, en baie nagte het hy nie ʼn
8 slaapplek gehad nie.
12.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Johanna kon nie meer gereeld met haar familie kontak maak nie omdat
(haar telefoon stukkend was/die Therons hulle huistelefoon laat uithaal het). (1)
12.2 Watter tipe werk het Johanna gedoen? (1)
12.3 Kid het jare lank van die een werk na die ander geswerf, en baie nagte het hy
nie 'n slaapplek gehad nie. (Reël 7 en 8)
Watter verkeerde dinge het Kid op skool al gedoen? (1)
12.4 Johanna kon nie deel wees van haar kinders se lewens nie.
12.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
12.4.2 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 12.4.1. (2)
12.5 Watter slegte nuus het Frans vir Johanna oor Kid gebring? (1)
12.6 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Johanna se …, Katrien, bring so af en toe nuus, maar sy weet ook nie aldag
wat aan die gang is nie.
A suster
B tannie
C ma
D niggie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2 33 DBE/2014
SSE
12.7 Pas die karakter in KOLOM B by die verduideliking in KOLOM A. Skryf net
die vraagnommer (12.7.1–12.7.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
12.7.6 G.
KOLOM A KOLOM B
12.7.1 Is met ʼn prokureur getroud wat nie kinders A Frans
wil hê nie
B Thomas
12.7.2 Het by Denneboom-stasie die nuus gegee
dat Kid nie by die werk is nie C die Therons
12.7.3 Johanna se mansvriend en het ook help D Thabo
soek na Kid
E Johanna
12.7.4 Het vir Johanna ʼn TV gekoop toe sy gesê
het sy wil aftree F Kid se bure
12.7.5 Was nie baie behulpsaam met waar Kid
was nie
(5 x 1) (5)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Frans en Thomas moet hulle beurt afwag. Die gesprekke in die rye handel oor
2 alles onder die son: kinders wat verdwaal het; 'n huilende meisie wat verkrag is
3 …; 'n bejaarde vrou wat wil weet waar sy haar pensioen kan gaan haal; 'n man
4 met 'n suigeling in die arms wie se vrou twee dae tevore aan vigs gesterf het.
5
12.8 Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (12.8.1–12.8.4) en die antwoord neer.
eerste; tweede; polisiestasie; hospitaal;
Katlehong; Shoshanguve; register; aanklagteboek
Die (12.8.1) ... keer toe Thomas en Frans na die (12.8.2) ... in (12.8.3) ...
gegaan het, het hulle nie Kid se naam in die (12.8.4) ... gesien nie. (4)
12.9 Wat het met Kid Khumalo gebeur? (1)
12.10 Johanna se kleinseun was by die begrafnis.
12.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
12.10.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 12.10.1. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a/v1-1ff05b08c339dd41e3e6/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper
%20(Afrikaans)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351/v1-e5094d770e96bf934628/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2014 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper