Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2013 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12201335 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2013, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC Supplementary 2013

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2013 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Moenie die hele vraestel deurlees nie. 2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help. 3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan. 5. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het en kies die tipe vraag wat jy wil doen, byvoorbeeld die opstelvraag/kontekstuele vraag. 6. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat julle behandel het. 7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 10. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord net EEN vraag. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn Bos Opstelvraag 35 4 OF 2. Kringe in ʼn Bos Kontekstuele vraag 35 4 OF 3. Die ongelooflike avonture van Opstelvraag 35 Hanna Hoekom 7 OF 4. Die ongelooflike avonture van Kontekstuele vraag 35 Hanna Hoekom 8 OF 5. Meeulanders Opstelvraag 35 11 OF 6. Meeulanders Kontekstuele vraag 35 12 OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord net EEN vraag. 7. Poppie, die drama Opstelvraag 35 16 OF 8. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 35 16 OF 9. Paljas Opstelvraag 35 20 OF 10. Paljas Kontekstuele vraag 35 20 OF AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord net EEN vraag. 11. Die pakkie Opstelvraag 35 24 OF 12. Astra castra Kontekstuele vraag 35 24 OF AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte. 13. Thumela Kontekstuele vraag 17½ 28 OF 14. Woorde Kontekstuele vraag 17½ 30 OF 15. Kontak Kontekstuele vraag 17½ 32 OF 16. Kabouterliefde Kontekstuele vraag 17½ 34 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS AFDELING A: ROMAN BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG. VRAAG 1: OPSTELVRAAG KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Een van die motiewe in Kringe in ʼn Bos is die liefdesverhouding tussen Saul en Kate. Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) oor: • Saul se eerste ontmoeting met Kate • Saul en Kate se geheime ontmoetings op Sondae • Saul en Kate wat erken het dat hulle mekaar liefhet Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35] OF VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “Dis Saul, hy verjaar vandag,” het sy pa op die ou Bosmanier teen 2 die voordag onder die skerm aangekondig. 3 “Geluk, Saul,” het oom Anneries krakerig omgedraai. 4 “Is ek nou veertien, Pa?” wou hy net seker maak. 5 “Ja. En geluk van my ook. As ʼn man eers veertien is, begin jy 6 vleis aan jou bene kry en bas aan jou vel en kan jy uitkyk na die 7 dag wat jy jou eie byl kan swaai – jy moet kom begin uitkap aan 8 die kwaallatte later vandag. Ons is amper reg vir uitsleep.” 9 Dit was ʼn vreemde gevoel. Die veertien gevoel. So asof jy in 10 twee bome gelyk staan. 11 As een van hulle verjaar het, het sy ma altyd vir ʼn vleiskossie 12 gesorg. Hy het die keer onthou toe sy pa verjaar het en die 13 wildekat die oggend die laaste hoender gevang het. Sy ma het die 14 hele dag met ʼn wip gesukkel, maar toe sy pa-hulle teen die skemer 15 uit die Bos kom, was daar ʼn fisant in die pot. 2.1 Watter groot hartseer het Saul net voor sy veertiende verjaarsdag ervaar? (1) 2.2 Watter bewys is daar in die uittreksel dat Saul se ma lief was vir die gesin? (1) 2.3 Wat beteken die woorde “begin jy vleis aan jou bene kry”? (Reël 5–6) (1) 2.4 Waarom, dink jy, het Saul gevoel asof hy in “twee bome gelyk staan”? (Reël 10) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 2.5 Watter tipe vleis wou Saul op sy veertiende verjaarsdag gehad het? (1) 2.6 Saul het vir Jozef vertel dat die bloubokkie se gal nie in die kop gesit het nie. (1) 2.6.1 Wat was Jozef se reaksie op hierdie inligting? (1) 2.6.2 Wat lei ons af uit Jozef se reaksie op hierdie inligting? (1) 2.7 Saul het ʼn belangrike lewensles op sy veertiende verjaarsdag geleer. 2.7.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1. (1) 2.8 Dink jy dit was reg dat Joram Barnard besluit het dat Saul ʼn houtkapper moes word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 2.9 Hoe kan die leser uit die uitsleep van die waenhout aflei dat Jozef fisies sterker as Saul was? (1) 2.10 Hoe het Saul gevoel toe hy op veertienjarige ouderdom die dorp vir die eerste keer gesien het? (1) 2.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (2.11.1–2.11.4) neer. dwarslêers; regering; stinkhout; kantoor; houtkaplisensie; byl; boswagter; merk ʼn Man van die (2.11.1) ... het vir Joram-hulle kom waarsku dat hulle nie enige boom kon kap nie. Hy wou Joram se (2.11.2) ... sien. Die spoorweë het die hout wat Joram gekap het, as (2.11.3) ... gebruik. Joram-hulle kon net bome kap waarop die boswagter se (2.11.4) ... was. (4) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “Ek sal nie daarvan eet nie,” het hy bitter gesê. 2 “Loop sê nou weer vir Harison ons het geskiet!” Jozef slaan 3 langs hom op die tafel met sy vuis. “Loop sê hom solat Pa weer 4 in die hof kan gaan staan en nog ʼn os moet verkoop om te betaal!” 5 “Ek weet nie waarvan jy praat nie,” het hy geskrik. 6 “Wie anders as jy kon vir Harison presies gesê het wie almal by 7 MacDonald aflewer, hul name, waar hulle woon? Wie anders 8 kon loop sê het wie steek tande onder die hout weg en wie nie? 9 Jy het dit loop sê, ek sê dit vir jou!” 10 “Ek het dit nie gesê nie.” 11 “Ontsien die dag kinders,” het sy pa moegweg gekeer. 12 “Pa, ek weet nie waarvan Jozef praat nie, ek weet nie waarvan 13 ek beskuldig word nie!” 14 “Jy lieg!”skree Jozef hom stil. “Wie anders kon hom gesê het?” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 15 “Ek weet nie. Ek weet net dis nie ek nie.” 16 “Ontsien die dag, kinders!” 17 Maar Jozef het voor hom kom staan en hom uitgedaag. 18 “Hoekom is net Pa en oom Gert en oom Wiljam van hierdie 19 kant af hof toe gesleep? Hoekom nie van die ander ook nie? Ek 20 sal jou sê hoekom nie, omlat hulle by Smith hout en tande lewer 21 en nie by MacDonald nie!” 2.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Hierdie gesprek in die uittreksel het plaasgevind toe Saul sy gesin tydens ... besoek het. A Kersfees B die jagseisoen C sy etensuur D Paasfees (1) 2.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Saul wou nie ... eet nie. A beesvleis B olifantlewer C beeslewer D olifantvleis (1) 2.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. In hierdie uitreksel was Jozef openlik (vyandig/snaaks) teenoor Saul. (1) 2.15 Hoe het Saul, volgens Jozef, sy gesin verraai? (1) 2.16 Waarom kan ons sê dat Jozef verkeerd teenoor Saul opgetree het? (1) 2.17 Waarom was dit ironies dat Saul juis op Kersdag toe hy sy gesin besoek het, kwaad die huis verlaat het? (1) 2.18 Hoe het Saul die eerste keer uitgevind dat sy eie gesin ook olifante begin skiet het? (1) 2.19 Het die Bosmense reg opgetree om olifante te skiet? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 2.20 MacDonald het groot respek vir die houtkappers en hulle kinders gehad. 2.20.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 2.20.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.20.1. (1) 2.21 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.21.1–2.21.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.21.1 Hy was Saul se eerste A Martiens Botha werkgewer. B Maska 2.21.2 Hy was Arend se vader. C Harison 2.21.3 Hy was die bewaarder van die Bos. D MacDonald 2.21.4 Hy het Saul geleer dat die Bos E Joram Barnard aan die Bosmense behoort. (4 x 1) (4) 2.22 Watter les kan jy uit hierdie uittreksel oor familieverhoudings leer? (1) 2.23 Vertel kortliks van die gebeure rondom Arend se dood. Noem DRIE feite. (3) [35] OF VRAAG 3: OPSTELVRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Vir Hanna was haar ma, biologiese pa en stiefbroer, Yann, uniek. Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die volgende bespreek: • Hoe Hanna Mana as ma ervaar het • Gavin se uniekheid • Hoe Hanna en Yann se verhouding was Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 Die koningin kom. Dit voel of iemand op ʼn beuel behoort te 2 blaas. Die skraal figuur wat uit die kar klim, lyk met die eerste 3 oogopslag soos ʼn inbreker met ʼn balaklawa. Nogal ʼn teleurstel- 4 ling. Maar dan sien ek dis net ʼn swart kledingstuk wat sy oor haar 5 kop gegooi het. Asof sy nie die sambreel vertrou om haar hare 6 droog te hou nie. Sy beweeg versigtig, voetjie vir voetjie, voor om 7 die kar en maak die passasiersdeur vir Amos oop. Hulle kom saam 8 na ons toe aangestap, styf teen mekaar onder die sambreel, statig 9 soos ʼn bruidspaar. Amos grinnik van oor tot oor. Die bruid – ek 10 bedoel die koningin – se gesig is steeds onsigbaar onder die baadjie 11 wat oor haar kop hang. 12 Eers toe sy veilig onderdak is, lig sy haar swart sluier, vroetel 13 met haar vingers in haar vlasblonde hare en glimlag vir almal van 14 ons. Dis ʼn glimlag wat selfs Sharon s’n in die skadu stel. 4.1 “Die koningin kom.” 4.1.1 Wie was die koningin wat hier by die berghuis aangekom het? (1) 4.1.2 Hoekom was dit vir die koningin moontlik om by die familie op die berg te gaan kuier? (1) 4.1.3 Hoe het Yann aan die begin oor die koningin se besoek gevoel? (1) 4.1.4 Watter negatiewe kommentaar het Beyers oor die koningin gehad voordat sy op die berg aangekom het? (1) 4.2 Sharon, Hanna se beste vriendin, het ook by die gesin kom kuier. Sharon se gesinslewe het baie anders as Hanna s’n gelyk. Gee DRIE feite waarin jy Sharon se gesinslewe beskryf. (3) 4.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Die koningin het by haar aankoms vir Hanna gesê dat sy gehoor het dat Hanna vreeslik (mooi/slim) was. (1) 4.4 Toe Hanna die koningin vir die eerste keer gesien het, was Hanna beϊndruk met die koningin se voorkoms. 4.4.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 4.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 4.5 Kies elke keer die persoon uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.5.1–4.5.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.5.1 Die persoon het nie aan A Beyers tradisionele rolle vir seuns en meisies geglo nie. B Margot 4.5.2 Volgens Hanna was dié persoon C Gavin die beste man wat Mana nog in haar lewe gehad het. D Yann 4.5.3 Die persoon was ʼn sukkelende, E Mana ouerige aërobiese instruktrise. 4.5.4 Die persoon het gesê Hanna was vir hom perfek – ʼn fabulous creature. (4 x 1) (4) 4.6 Margot was jaloers op Mana omdat Mana met Beyers getroud was. 4.6.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 4.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.6.1. (1) 4.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en letter (A–D) neer. Margot wou hê Sharon moes haar eerder op haar naam noem, want “u” ... A het vir Margot stokoud laat voel. B het nie by ʼn rolprentster gepas nie. C het Margot soos ʼn koningin laat voel. D het nie by iemand uit Amerika gepas nie. (1) 4.8 Dink jy Sharon het geglo dat sy (Sharon) in Hollywood hoort? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “My pa is nie ʼn queen nie! Jy ken hom nie eens nie!” 2 “Wel, hy’s seker nie ʼn groter queen as my ma nie,” gee hy toe. 3 Beyers vat ʼn vinnige hap van sy gebakte eier. 4 “Hy’t gesê ons moet hom nie voor middagete verwag nie,” sê 5 Mana. “Maar ek weet nie of enige kar nog hier kan uitkom nie. 6 As die reën net wil ophou!” 7 “Dis nie ʼn ophoureën nie,” sê Beyers. “Dis ʼn aanhoureën.” 8 “Van wanneer af is Pa ʼn weerprofeet?” wil Yann weet. 9 “Van ek netnou in die kar na die radio gaan luister het,” antwoord 10 Beyers. “Die hele Wes-Kaap is besig om weg te spoel.” 11 “Dan’s dit seker goed ons sit op ʼn berg,” skerts ek om my skrik weg 12 te steek. “Dit sal lank vat voor die water tot hier kan styg.” 13 Gavin daag nie voor middagete op nie. Ook nie ná middagete nie. 14 Teen laatmiddag, toe dit begin skemer word en die reën steeds 15 troosteloos uit die lae wolke sif, besef ek dat hy sy gesonde verstand 16 gebruik het en die besoek afgestel het. 17 Dis ʼn besef wat my ongelooflik verlig laat voel. Dit sou nie gewerk 18 het nie. Twéé queens saam in ʼn huis soos hierdie sou ʼn 19 katastrofe gewees het. 20 Maar kort daarna hoor ons ʼn gehamer teen die voordeur. Die 21 deur swaai oop en die volgende oomblik kruip iemand oor die 22 drumpel. Letterlik! Hande-viervoet! 23 “Gavin!” gil Mana. “Waar’s jou kar? Hoe’t jy hier gekom?” 24 Hy is heeltemal bedek met modder. 4.9 In reël 2 het Yann vir Hanna gesê: “Wel, hy’s seker nie ʼn groter queen as my ma nie.” Watter TWEE ooreenkomste was daar tussen Margot en Gavin se kleredrag? (2) 4.10 Dink jy Yann wou vir Hanna seergemaak het toe hy Gavin ʼn queen genoem het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 4.11 Wat het Gavin tydens sy kuier vir almal van sy pa-wees vertel? (1) 4.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Gavin het vir almal om verskoning gevra oor hoe hy gelyk het nadat sy kar in die modder vasgeval het. Hy het gesê dat hy gewoonlik soos ʼn ... lyk. A ontwerper B modepop C koning D akteur (1) 4.13 Hoekom het die gesin gelag toe hulle vir Gavin in Beyers se klere gesien het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 4.14 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (4.14.1–4.14.4) en die antwoord neer. wantrouig; sprakeloos; verbaas; bly; hartseer; histeries; geïrriteerd; bedruk Toe Margot gehoor het dat hulle op die berg vasgekeer was, het sy (4.14.1) ... gegil. Gavin was eers (4.14.2) ... oor die nuus, maar het hom gou reggeruk. Beyers was effens (4.14.3) ... met Margot se optrede. Sharon was baie (4.14.4) ... toe sy gehoor het dat sy dalk langer in die huis op die berg moes bly. (4) 4.15 Sharon en Yann het Gavin vir die eerste keer by die berghuis ontmoet. 4.15.1 Waarom het Sharon vir Gavin bewonder? Noem TWEE feite. (2) 4.15.2 Waaroor was Yann bekommerd nadat Yann vir Gavin ontmoet het? (1) 4.16 Hoekom kon Tibo nie saampraat as die ander kinders oor hulle pa’s gepraat het nie? (1) 4.17 Toe Margot en Sharon vir Hanna wou grimeer, het Hanna gesê: “Ek wil nie soos ... soos iemand anders lyk nie.” Waarom is hierdie woorde van Hanna ironies? (2) 4.18 Hoekom sal jy vir ander jongmense met “aangelapte” gesinne aanbeveel om hierdie verhaal te lees? (1) [35] OF VRAAG 5: OPSTELVRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn Fred was nie ʼn goeie man vir sy vrouens nie, want hy kon nie getrou bly aan hulle nie. Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van: • Fred se buite-egtelike verhoudings • Die gevolge van Fred se buite-egtelike verhoudings • Hoe Fred aan die einde van die verhaal vir sy ontrouheid probeer vergoed het Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “En julle moet onthou om die nuwe lem vir die windlaaier saam te bring. 2 Voor die battery pap is. Hulle het gesê Vrydag.” 3 “Janne-ri-ik, Janne-ri-ik!” kom Ryna met ʼn vaart oor die jettie 4 aangehardloop. Sy het twee warm brode, in waspapier toegedraai, in 5 haar hande. “Jannerik!” 6 Sy kom uitasem by hom. “Vanoggend se brood het reg gekom. Dis 7 een vir jou. En een vir Skipper.” 8 Hy kyk in haar begrypende oë en sy seer word te swaar. Die skerp 9 gekrys van meeue klink meteens op. Hulle hoor dit albei: die klank wat 10 deur elkeen se eie pyn sny. En hy, net hy, verstaan wat sy sag sê: “Dit 11 sal weer stil word, Jannerik.” Sy lê haar hand op sy verweerde vingers 12 wat die brood vashou. 13 “Ja, Mama-Meeu.” Hy sug swaar. “Die Djere-God deel ons 14 smart uit soos die visfabriek sy kwotas. Ons skyde en ons vragte is nie 15 ammal dieselle nie. Maar elkeen kry net wat hy kan hendel.” 6.1 Waarheen was Jannerik met die boot op pad? (1) 6.2 Wat het daardie Vrydag gebeur wat vir Jacob pyn veroorsaak het? (1) 6.3 Watter TWEE gebeurtenisse het Jannerik se pyn veroorsaak? (2) 6.4 Wat het vir Ryna baie pyn veroorsaak voordat sy Meeuland toe gekom het? Skryf slegs DRIE sinne neer. (3) 6.5 Het Jannerik se pyn waarna Ryna verwys het, weer stil geraak? Motiveer jou antwoord. (1) 6.6 Hoekom was Ryna se kodenaam “Mama-Meeu” ʼn goeie keuse? (1) 6.7 Jannerik het sonder die nuwe lem vir die windlaaier na Meeuland teruggekeer. Watter probleem het dit die aand van die geboorte van Jacob-hulle se baba veroorsaak? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 6.8 Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.8.1–6.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.8.1 Hierdie persoon het studeer om A Ryna van die pyn te vergeet. B Jacob 6.8.2 Hierdie persoon het op Meeuland weggekruip om van die pyn te C Doreen probeer vergeet. D Jannerik 6.8.3 Hierdie persoon het in die gastehuis se tuin vrede met die E Skalla pyn gevind. 6.8.4 Hierdie persoon wou ʼn wildevyeboom plant om van die pyn ontslae te raak. (4 x 1) (4) 6.9 Wat was Ousanna se teorie oor die plant van ʼn wildevyeboom wanneer ʼn mens pyn het? (1) 6.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Toe Ryna later die malgasse sien broei het, het sy besef (dis lekker om te leef/daar is redes om te leef). (1) 6.11 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Jannerik het dit baie maklik gevind om sy pyn met Ryna te deel, want sy het vir hom soos ʼn ... gevoel. A suster B moeder C vriendin D sielkundige (1) 6.12 Ryna se ervaring van die natuur op Meeuland het haar van haar pyn genees. 6.12.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 6.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.12.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “Ek vra maar. Want Emily het vir Koeka wat by Missies Maritz 2 werk gesê die kinders is so handuit ... veral die seun. Jy sal seker 3 maar van die begin af jou voet moet dwars sit. Stiefkinders kan 4 maklik die huweliksbed vol hobbels maak. Nie dat ek 5 voorspooksels wil maak nie.” 6 Elsabet kyk haar geïrriteerd aan. “Ma klink nou soos die hele 7 Baai. Almal wil tog so graag hê iets moet verkeerd loop.” 8 “Dis nie so nie, Elsabet,” sê Hansie sag. “Wil jy ʼn bietjie tee 9 drink?” 10 “Nee dankie, Ma. Ek het nog honderde dinge wat moet klaarkom. 11 Ek het eintlik net kom groet. Ons gaan Natal toe vir die wittebrood.” 12 “Met die mouterkar?” 13 “Ons gaan vlieg.” 14 “Ek wou sê, want Fred het ʼn naam dat hy gevaarlik vinnig ry met 15 daardie kar van hom.” 16 “Fred het ʼn naam vir baie dinge, Ma,” sê Elsabet opstandig en 17 staan op. “Maar ek het hom lief. Ek sal gelukkig wees, Ma.” 18 “Ek hoop so, Twilight,” sê Hansie ná ʼn rukkie sag. 19 En sy sien hoe Elsabet se gesig bleek word, sodat die 20 fyn sproetjies op haar vel duidelik uitstaan. Ek moes nie 21 vir haar Twilight gesê het nie, dink Hansie berouvol. 22 Twilight behoort aan die eilandtyd. Sy steek haar arms uit en 23 omvou Elsabet teen haar bors. ʼn Kort oomblik lank voel dit asof sy 24 die kind se lyf voel bewe. 6.13 Noem TWEE redes waarom Elsabet nie op die eiland wou bly nie. (2) 6.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “Jy sal seker maar van die begin af jou voet moet dwars sit.” (Reël 3–4) Hierdie stelling beteken Elsabet sou ... met die kinders moes wees. A vriendelik B onbeskof C gaaf D ferm (1) 6.15 Fred het sy en Elsabet se huweliksbed vol hobbels gemaak. 6.15.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 6.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.15.1. (1) 6.16 Watter woordelose boodskap wou Hansie aan Elsabet gee toe sy Elsabet teen haar bors vasgedruk het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 6.17 Hoe het elkeen van die volgende karakters bygedra tot Elsabet se ongelukkigheid in haar huwelik? 6.17.1 Bernard (1) 6.17.2 Skalla (1) 6.17.3 Hermanus Blanckenberg (1) 6.18 Noem TWEE maniere waarop Elsabet die pyn van haar ongelukkige huwelik probeer verwerk het. (2) 6.19 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (6.19.1–6.19.4) en die antwoord neer. opstandig; gelukkig; verkeerd; eensaam; selfversekerd; betroubaar; onbetroubaar; reg Elsabet was baie (6.19.1) ... en sy het haar lewe lank na ware liefde gesoek. Eers was sy met Jacob getroud. Hy was (6.19.2) ..., maar sy wou nie saam met hom op Meeuland gewoon het nie. Sy het vir Fred verkies. Anders as Jacob, was Fred (6.19.3) ... Sy het aan die einde van die verhaal gesterf. Dit is ʼn aanduiding dat sy (6.19.4) ... opgetree het deur met Fred te trou. (4) 6.20 Hoe is Elsabet dood? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS AFDELING B: DRAMA BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG. VRAAG 7: OPSTELVRAAG POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Poppie het TWEE opstande beleef wat ʼn groot invloed op haar lewe gehad het. Een van hierdie opstande het ook ʼn invloed op haar kinders gehad. Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van:  Die 1960-opstande in Nyanga as gevolg van die Sharpeville-skietery  Die 1976-opstande in Nyanga as gevolg van die Soweto-opstande  Die invloed wat die 1976-opstande op Poppie se kinders gehad het Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35] OF VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 MAMA (begin weer huil). En hulle sê hy’s ʼn leader. 2 MOSIE. My sustertjie, ek like nie hierdie riots nie, ek like dit nie dat my 3 kinders die owerhede tease en seerkry nie, of lat hulle my kar stop en 4 skree donate! donate! totlat ek vir hulle petrol vir hulle petrol bombs 5 uittap nie. Maar my sustertjie, ek kan nie dit help nie, daar’s 6 iets in my hart wat sê: At last. Maar ek druk dit af in my hart, want 7 hierdie manier is nie die Here se manier nie. En dan kom dit weer in 8 my hart: At last. 9 POPPIE Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek 10 so swaar gekry het nie. 11 JAKKIE (staan by die kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir 12 jou en jou kinders. Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar 13 teen die wet. 14 MAMA (kom nader). Sisi, Jakkie is gevang! Hy’t gister saam 15 gemarch met die kinders in die stad. Die polisie het hom uitgesoek, 16 want hulle sê hy’s al te groot, wat soek hy tussen die skoolkinders, 17 hy’s ʼn leader. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 8.1 Voor die onluste het die kinders kennisgewings aan die grootmense uitgedeel. 8.1.1 Noem EEN ding wat op die kennisgewings gestaan het. (1) 8.1.2 Hoe het die “migrants” op hierdie kennisgewings van die kinders gereageer? (1) 8.2 Wat het die kinders met die grootmense gedoen as die grootmense dronk op straat was? (1) 8.3 Noem EEN verskil tussen die 1960-opstande en die 1976-opstande. Verwys na wie elke keer die opstand begin het. (2) 8.4 Die polisie was aan die “migrants” se kant. 8.4.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 8.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.4.1. (1) 8.5 Mosie het gesê dat die opstande van die kinders teen die owerhede nie die Here se manier van dinge doen was nie. Gestel Mosie was reg. Wat kon die kinders eerder gedoen het as om te baklei? (1) 8.6 Hoe, dink jy, voel Mosie oor die opstande wanneer hy sê: “At last”? (Reël 6 en 8) (1) 8.7 Die skollies het die K.T.C.-basaar in Guguletu tydens die opstande beroof. Watter negatiewe effek het hierdie daad van die skollies op die inwoners van die lokasie gehad? (1) 8.8 Vertel in DRIE sinne hoe die mense tydens die onluste in daardie Kersseisoen moes rou. (3) 8.9 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (8.9.1–8.9.4) en die antwoord neer. tronk; trekarbeiders; stories; lokasie; huis; verraaiers; buurman; hospitaal Toe Jakkie in die (8.9.1) .... was, het Mama ʼn week lank gesukkel om hom (8.9.2) … toe te laat kom. Jakkie wou nie sê of hy daar geslaan is of nie. Hy was bang vir die (8.9.3) … wat sou rondgaan, want dalk was die (8.9.4) … die polisie se informant. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 8.10 Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (8.10.1–8.10.4) neer. KOLOM A KOLOM B 8.10.1 Hierdie persoon se seun is grens A Jakkie toe. B Bonsile 8.10.2 As hierdie persoon die krag gehad het om te veg, sou hy/sy C Mr. Green veg. D Poppie 8.10.3 Hierdie persoon het oor die grens gevlug. E Fezi 8.10.4 Die polisie het hierdie persoon verkeerdelik gevang. (4 x 1) (4) Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 POPPIE. Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama? 2 MOSIE. Dit sal nie maklik end kry nie, Sisi. Dit was nie net die Afrikaans 3 education-ding nie. Soos die Xhosa-spreekwoord sê: bendifu-na nje 4 inyathele ekonsini. Ek wou gehad het jy moet op my liddoring trap, daai 5 slag as jy op my liddoring trap, gaan ek jou slaat, nie net vir die liddoring 6 nie, maar vir die ou goete ook. Ek dink dis wat nou gebeur. Toe hulle vir 7 die education-ding geskiet is, toe kom al die ou goed van die swaar van 8 die ouers en alles op, die skool was net die liddoring gewees. 9 MAMA. Die kinders word nou astranter. Hulle noem hulself die Comrades, 10 hulle sê vir die grootmense: 11 JAKKIE. Julle tyd is verby. 8.11 Waarom kan die leser vir Poppie jammer voel wanneer sy die woorde in reël 1 sê? (1) 8.12 Waarna verwys die “Afrikaans education-ding” (reëls 2–3) waarvan Mosie gepraat het? (1) 8.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Poppie-hulle het die tweede Kersdag tydens die opstande van 1976 uit die huis gehardloop, omdat hulle besef het dat ... A die kinders en Vukile ontsteld was. B die onlusmakers al die vensters gebreek het. C Poppie-hulle in die huis sou doodbrand. D die onlusmakers Poppie-hulle wou doodmaak. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 8.14 Waar was Bonsile tydens die 1976-onluste? (1) 8.15 Onskuldige slagoffers het tydens die gevegte/oorloë tussen die “migrants” en die lokasie-mense in Nyanga gesterf. 8.15.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 8.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.15.1. (1) 8.16 Waarom het die polisie na Jakkie gesoek? (1) 8.17 Die polisie kon nie vir Jakkie kry nie. Watter gevolg het dit vir Bonsile en Nomvula gehad? (1) 8.18 Wat, dink jy, kon Bonsile gedoen het om sy ma se lewe makliker te maak? (1) 8.19 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Die koerante het geskryf dat pasboeke afgeskaf sou word en dat die swartmense (reisdokumente/identiteitsdokumente) sou kry. (1) 8.20 Waarom, dink jy, was dit vir Poppie so moeilik om vir Jakkie kwaad te word oor al die moeilikheid wat hy veroorsaak het? (1) 8.21 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Toe die polisie vir Poppie by mev. Swanepoel ondervra, wou hulle weet ... A wat haar kinders se huisadres in Herschel was. B waar sy Jakkie laat wegkruip het. C of sy ʼn geldige pas gehad het. D waarom sy nie meer in Mdantsane was nie. (1) 8.22 Dink jy hierdie drama is ʼn geskikte boek om vir graad 12-leerders voor te skryf? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS VRAAG 9: OPSTELVRAAG PALJAS – Chris Barnard Nollie het van Emma gehou, maar dit het gelyk asof Emma nie in Nollie belanggestel het nie. Na die Volstruisdans het hulle verhouding verbeter. Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel: • Wat Nollie gedoen het om aan Emma te wys dat hy vir haar omgegee het • Hoe Emma aan die begin oor trou gevoel het • Hoe Emma en Nollie se verhouding ná die Volstruisdans verbeter het Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35] OF VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG PALJAS – Chris Barnard Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 KATRIEN: Gekoop. (Sy kyk vir Hendrik, ʼn bietjie uitdagend.) 2 Met my eie geld. 3 HENDRIK: Jou eie geld. Wat jy waar kry? 4 KATRIEN: Spaargeld. 5 HENDRIK: Wat jy waar kry? 6 KATRIEN: Afknypgeld. Weglêhenne se eiergeld, as jy dan moet 7 weet. 8 HENDRIK: Katrina, as ek ʼn ekstra geldjie kry, sit ek dit in 9 die huis in; ek koop nie vir myself oorbelle nie. 10 KATRIEN: O, Jy koop nooit niks. Ook nie haelgeweerpatrone 11 nie? 12 HENDRIK: Om vir die pot te skiet! 13 KATRIEN: En die plate? 14 HENDRIK (bars uit): Hier sukkel ek my mallemaai af om ʼn kar 15 aan die loop te hou, maar jy koop oorbelle! 16 KATRIEN (nou self kwaad): ʼn Kar! Watse kar? Noem jy dit ʼn 17 kar? (Die kind is besig om met sy drie klippe te goël. Die kar is 18 op die agtergrond. En Hendrik regs. Terwyl die struweling vlam 19 vat, klim Katrien links uit en klap haar deur toe.) Jy kan nie ʼn kar 20 se wieldoppe bekostig nie, Hendrik McDonald! 21 HENDRIK: Katrina, oppas wat jy sê ... 22 KATRIEN: Hoekom? (Die kind vang ʼn klip mis en die ander 23 twee val ook tussen sy hande deur.) Dis my oorbelle. Dis my 24 geld. Dis my lewe. Jy’t my lank genoeg gehiet en gebied. Ek 25 het honderd rand daarvoor betaal en ek het vir my poeier op 26 skuld gekoop en wat daarvan? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 27 HENDRIK (onheilspellend sag): Jy’t wát? 28 KATRIEN: Ek is klaar gesukkel. Ek gaan nou vir myself begin 29 sorg. 10.1 Watter aanduiding is daar in die drama dat Hendrik se motor nie in ʼn goeie toestand was nie? (1) 10.2 Hendrik noem sy vrou Katrina (reël 8) in plaas van Katrien. Wat sê dit vir jou oor hoe hy op daardie oomblik teenoor haar gevoel het? (1) 10.3 Waarvandaan was Hendrik, Katrien en Willem op pad huis toe? (1) 10.4 Willem het sy ouers met mekaar sien stry. 10.4.1 Hoe het Willem gevoel terwyl dit gebeur het? (1) 10.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.4.1 deur na die uittreksel te verwys. (1) 10.5 By wie het Willem geleer om te toor? (1) 10.6 Wat is die “plate” (reël 13) waarna Katrien verwys? (1) 10.7 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Wanneer Katrien sê: “O, Jy koop nooit niks” (reël 10) is sy eintlik (verbaas dat Hendrik niks koop nie/sarkasties oor dit wat Hendrik koop). (1) 10.8 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (10.8.1–10.8.4) neer. onredelik; gelukkig; ongelukkig; tevrede; verantwoordelik; onskuldig; roekeloos; regverdig Hendrik wou altyd die beste vir sy gesin gehad het, daarom het hy die ekstra geld (10.8.1) ... gebruik. Hendrik het egter geglo dat Katrien dit (10.8.2) ... spandeer het. Katrien het gevoel dat Hendrik (10.8.3) ... was, want hy het ook dinge gekoop wat nie nodig was nie. Hierdie rusie het hulle altwee (10.8.4) ... gemaak. (4) 10.9 Watter dieper rede was daar waarom Hendrik kwaad was dat Katrien oorbelle gekoop het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 10.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “Jy’t my lank genoeg gehiet en gebied” (reël 24) beteken: A Hendrik het Katrien altyd bedien. B Hendrik het Katrien altyd geslaan. C Hendrik het altyd vir Katrien gebid. D Hendrik het Katrien altyd gedomineer. (1) 10.11 Watter uitwerking het Hendrik en Katrien se ongelukkige verhouding op Emma gehad? (1) 10.12 Hoe het Katrien en Hendrik later gevoel toe hulle besef het dat Willem verdwyn het? (1) 10.13 Volgens Oudokter het Hendrik se manier van praat vir Willem negatief beïnvloed. 10.13.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 10.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.13.1 deur na Hendrik se manier van praat te verwys. (1) 10.14 Beskryf die toon van Katrien se woorde toe sy gesê het: “Jy kan nie ʼn kar se wieldoppe bekostig nie, Hendrik McDonald!” (Reël 19–20) (1) 10.15 “Ek is klaar gesukkel.” (Reël 28) Na watter probleem in Katrien en Hendrik se lewens verwys hierdie woorde? (1) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 HENDRIK (eenvoudig): Dis lekker hier, Katrina. 2 KATRIEN: ... Is dit? 3 HENDRIK: Hier is niemand wat jou by my probeer wegvat nie. Behalwe 4 Frans miskien – maar vir Frans sien ek kans. 5 KATRIEN: Wat? (Sy weet glad nie wat hy bedoel nie.) 6 HENDRIK: Op Touwsrivier was dit die stasiemeester. Moenie sê jy’t 7 vergeet nie. Hy kon nie sy kloue van jou afhou nie. Op Lydenburg was 8 dit die onderwyser én die afslaer. Op Soekmekaar was dit omtrent 9 almal. Op Twyfelfontein was dit Pieterse met sy Mercedes en sy 10 volstruisvelkamaste en sy strandhuis en sy bliksemse presente! 11 KATRIEN (kyk weg): Ek glo nie wat ek hoor nie. 12 HENDRIK: Ek wou jou vir myself hê! 13 KATRIEN: En toe wat? (Hy staan net vir haar en kyk. Haar stem is 14 bitter.) Jy is al een wat ek ooit liefgehad het, Hendrik McDonald. En jy 15 is al een wat dit nooit wou glo nie. 16 Hy staan ʼn hele ruk net doodstil vir haar en kyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 10.16 Waar is “hier” (reël 1) waarna Hendrik verwys? (1) 10.17 Hoe word dié plek in die drama beskryf? (1) 10.18 Hoe het Katrien gevoel oor hierdie plek waar hulle gebly het? (1) 10.19 Verduidelik watter rol Frans in die lewe van die McDonalds gespeel het. Noem DRIE feite. (3) 10.20 Waarom was die naam van die plek “Twyfelfontein” simbolies van die verhouding tussen Hendrik en Katrien? (1) 10.21 Voltooi die volgende stelling met die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Die emosie waaraan Hendrik in hierdie uittreksel uiting gee, is ... A geluk. B jaloesie. C treurigheid. D opgewondenheid. (1) 10.22 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (10.22.1–10.22.4) neer. KOLOM A KOLOM B 10.22.1 Hierdie karakter was ʼn A Manuel romantiese siel wat gehunker het na verre plekke. B Hendrik 10.22.2 Hierdie persoon het Willem se C Bertie vertroueling geword. D Emma 10.22.3 Hierdie karakter kon goed klavier speel. E Jan 10.22.4 Frans het met hierdie persoon in ʼn geveg betrokke geraak oor die McDonalds. (4 x 1) (4) 10.23 Daar was nog hoop vir die verhouding tussen Hendrik en Katrien. 10.23.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 10.23.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.23.1. (1) 10.24 Waarom, dink jy, staan Hendrik “doodstil” (reël 16)? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS AFDELING C: KORTVERHALE STORIEJOERNAAL BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG. VRAAG 11: OPSTELVRAAG DIE PAKKIE – Leonard Koza Die pakkie wat Esther Filander na skool vir haar klasmaat moes gegee het, het groot moeilikheid tussen Esther en haar ma veroorsaak. Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel: • Van Esther en die geheimsinnige pakkie • Hoe Sally probeer het om uit te vind wat in die pakkie was • Hoe Sally self die probleem ná Pang en Miena se aankoms opgelos het Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35] OF VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG ASTRA CASTRA – Dot Serfontein Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 ʼn Soutsmaak van onvoldaanheid is op Ettie se lippe agtergelaat, maar dan 2 sien sy hulle, haar eie mense, haar eie spesiale eilandjie van aanmoediging, 3 wat wild op die pawiljoen te kere gaan. Voordag vanmôre van Estville af 4 weg. ʼn Paar onderwysers, die skoolhoof, haar ouers, nog ʼn paar atlete, 5 maar nie so goed soos Ettie nie, nou nooit weer so goed soos Ettie nie. Sy 6 waai vir hulle, maar Eben Bester neem haar aan die arm. Hierso, gaan trek 7 gou aan. Sportsak met haar sweetpak en skoene. Die stadige, versigtige 8 afkoel van spiere. Ek trek sommer hier aan, dink sy en pluk haar sweetpak 10 oor haar atletiekklere aan. Die aantrekkamer ... 11 ʺHaai, Meneer, ek wil nie by die kleedkamer ingaan nie. Sê nou ek kry 12 juffrou Dewalt daar.ʺ ʺMaar jy het haar mos net geklop. Jy het haar nie 13 gestamp of gepootjie nie.ʺ ʺEk weet, Meneer. Maar ek voel aardig.ʺ Die 14 verskrikking van verloor was nog nooit so naby as noudat sy gewen het nie. 12.1 Hoekom het die hoof die woorde “Astra Castra” gebruik toe hy met die atlete gepraat het? (1) 12.2 Hoe weet ons dat die woorde “Astra Castra” nie vir Ettie dieselfde betekenis gehad het as vir haar skoolhoof nie? (1) 12.3 Aan watter naelloop-item het Ettie deelgeneem? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 12.4 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (12.4.1–12.4.4) neer. drie; eindpoging; langafstandatlete; twee; wegspring; skoolhoof; afrigter; naellopers Toe die skoot knal, het die (12.4.1) ... weggespring. Hanna was van die begin af twee meter voor Ettie, omdat haar (12.4.2) ... beter was. Toe Ettie by die wenpaal gekom het, was haar (12.4.3) ... daar om haar te vang. Ettie het Hanna se rekord wat al (12.4.4) ... jaar staan, geëwenaar. (4) 12.5 Wat was Eben Bester se reaksie toe Ettie na die wedloop nie in die kleedkamer wou gaan aantrek nie? (1) 12.6 Wat was, volgens Eben Bester, die belangrikste ding wat Ettie moes leer indien sy werklik ʼn atleet wou wees? (1) 12.7 Eben Bester was ʼn afrigter wat glad nie in sy atlete se gesondheid belanggestel het nie. 12.7.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 12.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.7.1 en verwys spesifiek na die insident net na die eerste wedloop toe Ettie van pyn gekla het. (1) 12.8 Waarom het Eben ongemaklik gevoel toe Ettie hom voor almal bedank het vir wat hy vir haar gedoen het? (1) 12.9 Waarom, dink jy, sou die volgende wedloop tussen Ettie en Hanna moeiliker vir Ettie wees? (1) Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 Oom Spekies by die huis is heeltemal ʼn ander mens as die gevreesde hoof by 2 die skool, en om saans voor die kaggelvuur te leer, terwyl die koshuisbrakke 3 by hul boeke sit en bibber, is nogal ʼn aardigheid. Minder lekker om soggens 4 halfses in die donker af te stryk atletiekbaan toe, waar Bittergal staan en wag. 5 En ná die oefening stap hulle saam weg, en hy gesels. Altyd oor atletiek. 6 Maar sy leer baie meer as net van atletiek. Sy sien sy verterende idealisme 7 en die toewyding waarmee hy haar afrigting doen, die noukeurigheid van 8 besonderhede. Sy merk ook op dat hy geen vriende het nie. Hoewel hy die 10 verloofde van ʼn gewilde meisie is, kom hy met ʼn ongelukkige gesig soggens 11 op die veld aan. Eers daar raak hy kalm. En sy merk dat sy self soggens 12 ongelukkig by die baan kom, want sy raak ook afgesonder van haar maats, 13 deel nie meer in hul gesprekke nie. So praat die meisies lankal van die 14 koshuispartytjie voor sy iets daarvan agterkom. Ek is nie gevra nie, moet sy 15 erken. ʺMaar Dolf wil jou vra. Hy is net bang vir Bittergal. Hy sal darem nie 16 nóg straf vat net vir jou nie.ʺ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 12.10 Noem TWEE redes waarom Ettie voor die wedloop in Port Elizabeth by die skoolhoof moes bly in plaas van in die koshuis. (2) 12.11 Hoekom het Eben Bester die bynaam Bittergal gekry? (1) 12.12 Ettie het Eben se “verterende idealisme” (reël 6) gesien. 12.12.1 Watter ideaal het Eben nagestreef? (1) 12.12.2 Waarom word sy idealisme as “verterend” beskryf? (1) 12.13 Waarom is dit verkeerd om soveel druk op atlete te plaas om te wen? Motiveer jou antwoord. (1) 12.14 Noem EEN ooreenkoms tussen Ettie en Eben. (1) 12.15 Vertel in DRIE sinne wat met Dolf in die Wiskundeklas gebeur het. (3) 12.16 Terwyl die ander by die partytjie was en Ettie na die filmopname gekyk het, het Ettie innerlike konflik ervaar. Motiveer hierdie stelling. (2) 12.17 Die feit dat Ettie nie saam met Dolf partytjie toe kon gaan nie, het hulle verhouding finaal beëindig. 12.17.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 12.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.17.1. (1) 12.18 Toe Ettie aangetree het vir die SA Kampioenskap, het sy gesê: ʺNee, Meneer, ek voel goed.ʺ Waarom het Ettie se woorde vir Eben verbaas? (1) 12.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “Al trap hy hulle gedurig voor ander uit” beteken die onderwyser ... A raas met hulle. B vloek op hulle. C slaan hulle. D skop hulle. (1) 12.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Ettie kon nie die seunskoshuispartytjie bywoon nie, omdat dit twee aande voor die (SA Kampioenskap/matriekeksamen) plaasgevind het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 12.21 Kies elke keer die persoon uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (12.21.1–12.21.4) neer. KOLOM A KOLOM B 12.21.1 “Reik na die kroon.” A Wiskunde-onderwyser 12.21.2 “Moet ek langs jou kom sit en B Musiekonderwyser dit verduidelik?” C Skoolhoof 12.21.3 “Al die raas en dril en opdreun?” D Dolf 12.21.4 “Sy is ten spyte van alles net E Afrigter ʼn doodgewone meisie wat dalk doodgewone dinge doen en glo.” (4 x 1) (4) 12.22 Ettie moes baie opofferings maak om haar titel in die tweede wedloop te verdedig. Dink jy hierdie opofferings was die moeite werd as ons na die verhaal se einde kyk? (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS AFDELING D: GEDIGTE VERSJOERNAAL Beantwoord twee van die volgende gedigte. VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Thumela – Elmé Barnard 1 tot siens meneer 2 het jy geskree 3 en vir oulaas gemaak ernstig 4 na ʼn kennisgewingbord 5 met hordes sportaankondigings 6 en lyste eksamenroosters 7 wat jou nie meer kon raak 8 gestaar 9 jou boeksak toe 10 met ʼn wilde tol 11 die lug ingeskiet 12 en ʼn geskiedenisboek gepos 13 sodat die blaaie 14 verward 15 oor die verlate skoolvierkant saai 16 terwyl jy laggend 17 om ʼn hoek verdwyn 18 gemaak geskok 19 het meneer weggedraai 20 maar ek het bly wonder 21 of dit vir jou 22 dan niks beteken 13.1 Wat tipe spreker kry ons in hierdie gedig? (½) 13.2 Waarom het die leerder die onderwyser in versreël 1 gegroet? (1) 13.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Die woord “hordes” sê dat daar (belangrike/baie) sportaankondigings was. (1) 13.4 Waarom “skree” die leerder in versreël 2 in plaas daarvan om te praat? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 13.5 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (13.5.1–13.5.2) en die antwoord neer. die blaaie wat verward was; die sirkelbeweging van die tas in die lug; die tas wat oor die vierkant gerol het; die blaaie wat oral rondlê Die boektas wat die leerder wild in die lug laat tol het (versreël 10), dui op (13.5.1) ... Hierdie aksie het die blaaie van die boek gesaai (versreël 15), wat dui op (13.5.2) ... (2) 13.6 Kies elke keer die reaksie uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (13.6.1–13.6.3) neer. KOLOM A KOLOM B 13.6.1 Die spreker dink oor die A gemaak ernstig leerder se optrede. B laggend 13.6.2 Die leerder gee voor dat hy/sy belangstel in die skool se C gestaar aktiwiteite. D wonder 13.6.3 Die leerder het op hierdie manier om die hoek verdwyn. (3 x 1) (3) 13.7 Hierdie leerder moes nog ʼn vraestel skryf. 13.7.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 13.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 13.7.1. (1) 13.8 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Watter tipe beeldspraak word in “... die blaaie verward” (versreëls 13–14) gebruik? A Vergelyking B Metafoor C Klanknabootsing D Personifikasie (1) 13.9 In hierdie gedig kry ons ʼn leerder wat die skool negatief beleef het (versreëls 1–17) en die spreker wat die skool positief beleef het (versreëls 20–22). Kies die persoon met wie jy kan identifiseer en motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 13.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “gemaak geskok” (versreël 18) beteken dat die onderwyser ... A verbaas was oor sulke gedrag. B gewoond was aan sulke gedrag. C geskok was oor die leerder se optrede. D ongelukkig was oor die leerder se optrede. (1) 13.11 Waarna verwys “dit” in versreël 21 in terme van die leerder se optrede? (1) 13.12 Watter emosie sal jy beleef as jy klaar is met jou skooljare? (1) 13.13 Watter verband is daar tussen die titel en die inhoud van die gedig? (2) [17½] OF VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Woorde – Vincent Oliphant 1 my woorde het nie die krag 2 om bose magte tot ʼn val te bring nie 3 my woorde kan bloot sing 4 my woorde is nie ʼn dak 5 om onder te skuil nie 6 my woorde is swak 7 my woorde kan nie keer 8 dat ons die kromme note haal nie 9 my woorde is kaal 10 glo tog 11 my woorde het nie die byt 12 van koeëls en grofgeskut nie 13 nee 14 my woorde kan bloot bid 15 en pleit 16 en wens 17 medeburgers van die lewe 18 dat ons van ons grense sal vergeet 19 en bloot mens sal wees 20 en medemens Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 14.1 Uit hoeveel strofes bestaan hierdie gedig? (½) 14.2 Die spreker sê sy/haar woorde kan enigiets regkry. 14.2.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 14.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 14.2.1 in jou EIE woorde deur na strofe EEN te verwys. (1) 14.3 Haal EEN woord aan wat vir jou sê dat die spreker se woorde harmonie wil bring. (1) 14.4 Watter woord word dikwels herhaal om aan te dui dat die spreker sy/haar persoonlike gevoelens uitdruk? (1) 14.5 Wat is die verskil tussen die spreker se woorde en ʼn “dak”? (Versreël 4) (2) 14.6 Watter beeldspraak gebruik die digter in “my woorde is kaal”? (Versreël 9) (1) 14.7 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (14.7.1–14.7.2) neer. alleenplasing; alliterasie; herhaling; beklemtoning Die woord “nee” in versreël 13 is ʼn voorbeeld van (14.7.1) ... Dit staan in ʼn nuwe versreël ter wille van (14.7.2) ... (2) 14.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “(M)y woorde is kaal” (versreël 9) beteken die woorde is ... A onbelangrik. B eerlik. C onskuldig. D spontaan. (1) 14.9 Haal die versreël aan wat daarop dui dat dit nie vir die spreker maklik is om probleme met sy woorde op te los nie. (1) 14.10 Wanneer word dinge soos “koeëls” en “grofgeskut” (versreël 12) gewoonlik gebruik? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 14.11 Kies elke keer die verklaring uit KOLOM B wat by die versreël in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (14.11.1–14.11.3) neer. KOLOM A KOLOM B 14.11.1 “my woorde het nie die byt” A my woorde kan beskerm (versreël 11) B my woorde kan nie seermaak 14.11.2 “en pleit” (versreël 15) nie 14.11.3 “my woorde kan bloot bid” C my woorde kan soebat (versreël 14) D my woorde kan God aanspreek (3 x 1) (3) 14.12 Wat sê die woord “grense” (versreël 18) oor die manier waarop mense leef? (1) 14.13 Watter les kan jy uit hierdie gedig oor menseverhoudings leer? (1) [17½] OF VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Kontak – Theo de Jager 1 Ek kon jou met ʼn selfoon bel 2 om te sê dat ek jou baie mis, 3 maar die kaart was gekrap, die batterye pap 4 en die boodskap het in die niet verdamp. 5 Ek het vir jou ʼn brief geskryf 6 en my hart se hoeke daarin uitgewas 7 maar my pen was krom, my vingers te dom 8 om die woorde in die koevert te pas. 9 Toe het ek maar ʼn duif gestuur 10 sonder skrif of klank, en nou wag ek, 11 hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom 12 met ʼn takkie blare in sy bek. 15.1 Watter tipe spreker is aan die woord in die gedig? (½) 15.2 Wat beteken die woord “Kontak”, die titel van die gedig? (1) 15.3 Haal TWEE APARTE WERKWOORDE uit die eerste twee strofes aan wat daarop dui dat die spreker met sy/haar geliefde kontak wou maak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 15.4 Benoem die beeldspraak wat in strofe 2 voorkom. (1) 15.5 Noem EEN rede volgens strofe 1 waarom die spreker se pogings om kontak met sy/haar geliefde te maak, misluk het. (1) 15.6 Verduidelik wat die versreël “om die woorde in die koevert te pas” (versreël 8) beteken. (1) 15.7 Wat beteken die woorde “sonder skrif of klank”? (Versreël 10) (2) 15.8 Die spreker het moed opgegee om met sy/haar geliefde in verbinding te tree. 15.8.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 15.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 15.8.1 in jou EIE woorde. (1) 15.9 Hoe weet jy die spreker wil nie sy/haar geliefde verloor nie? (1) 15.10 Hoekom sou die spreker baie bly gewees het as die duif met ʼn takkie in sy bek teruggekom het? (1) 15.11 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (15.11.1–15.11.2) neer. vryheid; hoop; geluk; vrede In hierdie gedig is die duif (versreël 9) ʼn simbool van (15.11.1) ..., terwyl die takkie blare (versreël 12) ʼn simbool van (15.11.2) ... is. (2) 15.12 Kies elke keer die woord uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (15.12.1–15.12.3) neer. KOLOM A KOLOM B 15.12.1 “om te sê dat ek jou baie A beskerm mis” (versreël 2) B skoonmaak 15.12.2 “in die niet verdamp” (versreël 4) C verlang 15.12.3 “hart se hoeke daarin D verdwyn uitgewas” (versreël 6) (3 x 1) (3) [17½] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Kabouterliefde – Ingrid Jonker 1 Die kabouter met die rooi-rooi pet 2 die kabouter met die geel hemp aan 3 het sy hart gistraand vir my gegee 4 en sy hemp is vir die maan 5 die hoepelronde blou-blou lug 6 het kadoemps op die grond geval 7 hy’t dit blink-blou in sy hand gerol 8 toe speel ons daarmee bal 9 Die sterre met hul wit ligte 10 het geknipoog toe ons lag 11 hul’t rondom ons ʼn kring getrek 12 soos ʼn laer in die nag 13 Die aandblom het sy trom-trompet 14 geblaas in die warrelwindkring 15 die kalkoentjies met hul rooi mondjies 16 het die sprinkaan-wals gesing 17 Die maan met sy geel lyfie 18 het gaan plat lê op sy rug 19 hy’t gaan slaap by die gousblomme 20 met sy boepens in die lug 21 Die kabouter met die rooi-rooi hart 22 het dit self vir my gesê 23 hy’t die aardbol oor sy kop gegooi 24 o dis hier waar die liefde lê 16.1 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. In hierdie gedig leef die kabouter in die spreker se (tuin/verbeelding). (½) 16.2 Wat het die kabouter op sy kop gehad? Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE aan. (1) 16.3 Wat is die ooreenkoms tussen die kabouter se hemp en die maan? (1) 16.4 Watter beeldspraak word aangedui met die woord “kadoemps” in versreël 6? (1) 16.5 Waarmee het die spreker en die kabouter “bal” gespeel? (1) 16.6 Hoe sou jy die atmosfeer in strofe 3 beskryf? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/Feb.–Mrt. 2013 NSS 16.7 Hoe weet die leser dat daar geen wolke in die lug was nie? (1) 16.8 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Die “laer” (versreël 12) het die spreker en die kabouter ʼn gevoel van ... gegee. A vrees B veiligheid C alleenheid D aanvaarding (1) 16.9 Kies elke keer die woord uit KOLOM B wat by die versreël(s) in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die nommer (16.9.1–16.9.3) neer. KOLOM A KOLOM B 16.9.1 “soos ʼn laer in die nag” A Personifikasie (versreël 12) B Metafoor 16.9.2 “kalkoentjies het die sprinkaanwals gesing” C Vergelyking (versreël 15–16) D Progressie 16.9.3 “die hoepelronde blou-blou lug” (versreël 5) (3 x 1) (3) 16.10 Die digter lê ook klem op dinge wat die spreker kan hoor. 16.10.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1) 16.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 16.10.1 met ʼn aanhaling uit strofe 6. (1) 16.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lysie hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (16.11.1–16.11.2) neer. ware storie; sprokie; liefdesverhouding; diereverhaal Die titel van hierdie gedig dui daarop dat die inhoud moontlik ʼn (16.11.1) ... is, maar die inhoud kan ook na ʼn (16.11.2) ... verwys. (2) 16.12 Wat is die funksie van die herhaling van “rooi” in “rooi-rooi hart”? (Versreël 21) (1) 16.13 Wanneer vind die ontmoeting tussen die spreker en die kabouter meestal plaas? (1) 16.14 Waarom sal grootmense dit ook geniet om hierdie gedig te lees? (1) [17½] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all