Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef/v1-17cc10b711f82c4442de/card.webp)





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary 2015, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2015 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC Supplementary 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)18 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.
4. Trek ʼn streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.
DAAR IS HOOP …
1 Toe Angela Larkan in 2009 ’n naam gesoek het vir haar organisasie, wou sy iets
kies wat haar doel perfek beskryf het. Daarom het sy besluit op die Zoeloe-woord
“thanda”, wat “liefhê” beteken.
2 Thanda, Angela se organisasie, voed en versorg VIGS-weeskinders in die armste
gebiede van KwaZulu-Natal. Dié weeskinders het geen volwassenes om hulle te
versorg nie.
3 Angela werk nie alleen nie. Sy het in haar beplanning seker gemaak dat sy mense
uit dieselfde arm gemeenskap waarvandaan die weeskinders gekom het, aanstel
om deel van haar span te wees. “In plaas van die weeskinders weg te neem uit
hulle eie omgewing, word plaaslike jongmense opgelei om dié kinders elke middag
na skool te versorg en te leer. Die kinders het dan iemand in hulle eie omgewing
met wie hulle kan identifiseer. Die kinders leer by hierdie naskoolsentrum nuwe
vaardighede,” sê sy.
4 As jong meisie het dit Angela se hart gebreek toe sy gesien het dat daar
straatkinders was wat op sypaadjies onder kartonne slaap, terwyl sy elke aand in
haar warm bed gelê het. Sy het ook eendag in ʼn koerantartikel gelees van die
impak wat VIGS en armoede op kinders het. Angela het net daar besluit om ʼn
verskil te maak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5 “Ek het besef Suid-Afrika se infrastruktuur kan nie al die weeskinders ondersteun
nie. Ek was bekommerd oor wat van hulle sou word. Dis toe dat ek besluit het ek
moes iets doen,” sê Angela.
6 Aan die begin het Thanda elke dag vir die weeskinders toebroodjies gemaak. Vir
baie van die weeskinders was dit die enigste ete van die dag, maar toe Angela ʼn
geldprys ontvang het as die wenner van die tydskrif, Sarie, se Dinamiese Vrou-
kompetisie, het dinge verander.
7 Volgens Angela was dit beslis die moeite werd om aan dié kompetisie deel te
neem. “Dit het my en my span gemotiveer om meer vir die kinders te doen. Dit het
ook die hoop gegee dat daar nog hulp sal kom.”
8 Sy het die R200 000 gebruik om ʼn voedingsentrum met ʼn groot kombuis te bou en
so kon sy ’n beter voedingskema by die naskoolsentrum begin. Nou kry die kinders
nie meer net toebroodjies na skool nie, maar ʼn gebalanseerde ete. “Omdat dit ’n
hoër voedingswaarde het, is dit baie gesond,” het Angela gesê.
9 In 2014 was haar grootste doel om ook ’n biblioteek by dié sentrum te begin. Sy het
hierdie doel bereik. Sy kon ongelukkig nie haar tweede groot doel – om genoeg
geld in te samel om nog 50 kinders in te neem – bereik nie. Nou droom sy daarvan
om genoeg geld in te samel om teen die einde van 2015 daagliks sowat 200 ekstra
kinders te bereik.
10 Een van die lesse wat Angela geleer het, was hoe belangrik dit is om ’n verhouding
met die mense wat sy help, te bou. Sy het aan die begin baie meer tyd in die
kantoor as tussen die weeskinders deurgebring. Nadat die Thanda-biblioteek in
2014 gebou is, het sy besluit om vir ’n paar weke daar te gaan werk. Later het sy
ook saam met die personeel en kinders hoenderhokke gebou. Hierdie saamwerk
het haar laat besef dat sy deel van die gemeenskap is.
11 Dis nou al vyf jaar dat Thanda as organisasie die plaaslike jeug ondersteun en leer
deur die naskoolsentrum, die voedingskema en die biblioteek. Angela voel trots op
wat sy en haar span bereik het. “Ons is deel van die geskiedenis. Ons is ook deel
van die hede wat mense weer hoop gee en ons bou so aan hulle toekoms.”
12 Angela en haar span bemagtig die kinders by die sentrum en maak hulle die helde
in hul eie lewens en in die gemeenskap. “Dit is wat ons anders as ander
organisasies maak – ons help die kinders om hul trauma te oorkom. Ons sien hulle
nie as slagoffers nie, maar as helde.”
[Verwerk uit: www.sarie.com]
1.1 Uit watter taal is die woord “thanda” afkomstig? (1)
1.2 Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat die doel van Angela se organisasie
opsom. (1)
1.3 Waarom was dit belangrik dat Angela plaaslike jongmense gebruik het om
haar te help? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.4 Dit het Angela se “hart gebreek”. (Paragraaf 4)
1.4.1 Word dié woorde letterlik of figuurlik bedoel? (1)
1.4.2 Verduidelik in jou eie woorde wat met die woorde bedoel word. (1)
1.5 Watter verskil was daar tussen Angela se slaapplek en dié van die
straatkinders? (2)
1.6 Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde aan wat aandui dat Angela dadelik
op die koerantartikel gereageer het. (Paragraaf 4) (1)
1.7 Hoekom, volgens paragraaf 5, het Angela by weeskinders betrokke geraak? (1)
1.8 Watter verskil het die geldprys wat Angela gewen het, gemaak ten opsigte van
die kos wat die weeskinders gekry het? (2)
1.9 Noem TWEE positiewe gevolge wat die prysgeld op Angela se span gehad
het. (Paragraaf 7) (2)
1.10 Angela het haar hele prysgeld gebruik om die weeskinders te help.
Watter TWEE karaktertrekke van Angela kan ʼn mens hieruit aflei? (2)
1.11 Waarom was 2014 nie vir Angela ʼn totale mislukking nie? (Paragraaf 9) (1)
1.12 Hoe, dink jy, sal Angela se biblioteek die weeskinders help? (1)
1.13 Angela se droom is om teen die einde van 2015 daagliks sowat 200 ekstra
kinders te bereik. (Paragraaf 9)
Waarom sal Angela dalk nie haar droom vir 2015 bereik nie? (1)
1.14 Die kinders het geleer om hoenderhokke te bou. (Paragraaf 10)
Hoe kan die aktiwiteit die weeskinders help? (1)
1.15 Wat het Angela besef toe sy saam met die personeel en kinders gewerk het? (1)
1.16 “Ons sien hulle nie as slagoffers nie, maar as helde.” (Paragraaf 12)
1.16.1 In watter opsig is hierdie kinders slagoffers? (1)
1.16.2 In watter opsig is hierdie kinders helde? (1)
1.17 Waarom is die plasing van die prent aan die begin van die artikel effektief? (1)
1.18 Hoekom is Angela ʼn positiewe rolmodel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
TEKS B: DIE IMPAK VAN GERAAS, GEMEET IN DESIBEL
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE IMPAK VAN GERAAS, GEMEET IN DESIBEL (dB)
Bla
Meer
as
40 dB 45 dB 50 dB 63 dB 75 dB 85 dB 93 dB 112 dB
Muskiet se Ligte Klop aan Man se Grassnyer Klas vol Boeing of
Gehoor-
zoem gesnork die deur stem graad 1- rockkonsert
skade
in slaap- kinders
na ʼn
kamer
sekere
tyd
0 dB–75 dB is veilig,
sonder enige gehoorskade Gehoor- Gehoor- Gehoorskade
skade binne skade binne binne ʼn
ʼn uur 7 minute minuut
[Verwerk uit: www.Grafika24.com]
1.19 Waarna verwys die zzz-klank in die visuele teks? (1)
1.20 Dit is nadelig om langer as ʼn uur die gras met ʼn grassnyer te sny. Motiveer
hierdie stelling deur na die teks te verwys. (1)
1.21 Waarom is die geraas in ʼn klas vol graad 1-kinders gevaarliker vir jou ore as ʼn
man se stem?
Verwys in jou antwoord na die graad 1-kinders EN die man. (2)
1.22 Kies die korrekte antwoord.
ʼn Klop aan die deur veroorsaak …
A ernstige gehoorskade.
B geen gehoorskade nie.
C meer skade as ʼn Boeing.
D minder skade as ʼn muskiet. (1)
1.23 Waarom is dit effektief dat die inligting in dié spesifieke volgorde van die
muskiet tot die Boeing gerangskik is? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke oor hoe om kritiek met grasie te hanteer, op.
2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C: HANTEER KRITIEK MET GRASIE
Niemand hou daarvan om gekritiseer te word nie. Daarom lei kritiek dikwels tot
negatiewe emosies. Wat kan jy doen om kritiek positief vir jou te laat werk? Tejvan
Pettinger gee die volgende wenke.
Voel jy miserabel oor kritiek? Al mag kritiek vir jou negatief lyk, is daar gewoonlik ʼn
stukkie waarheid in. Evalueer eerstens kritiek om te kyk of dit dalk regverdige kritiek is
oor iets wat jy wel verkeerd gedoen het. ʼn Belangrike wenk is om onregverdige kritiek
te ignoreer as jy weet dat jy onskuldig is.
Die persoon wat jou kritiseer se aggressiewe stemtoon of lyftaal kan dieselfde reaksie
by jou uitlok. Daarom is dit absoluut nodig dat jy so kalm moontlik op kritiek moet
reageer as jy met grasie wil optree.
Nog ʼn wenk is om nie dadelik op kritiek te reageer nie! Die rede hiervoor is dat, as jy
tot later wag, jy minder kwaad of seergemaak sal voel. Hoe moet jy op kritiek reageer
om te wys jy is in beheer? Glimlag terwyl jy na die kritiek luister, selfs al voel jy nie
gelukkig daaroor nie.
Die moeilikste wenk is seker om nie kritiek persoonlik op te neem nie. Oorsensitiewe
mense vergeet gewoonlik kritiek handel oor iets wat hulle doen en wat hulle kan
verander. Daarom gaan sit hulle in ʼn hoekie om hulself te bejammer.
Waardeer dit as iemand jou regverdig kritiseer. Daardie persoon kon jou geïgnoreer
het sodat jy later weer dieselfde fout maak.
As jy hierdie wenke volg, kan jy kritiek met grasie hanteer.
[Verwerk uit: http://www.lifehack.org]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
• Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
moet word.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
LADISMITH BOTTER – ALMAL SE KEUSE
Die Ladismith botterfamilie is daarop gerig om iets
spesiaals te hê vir almal se smaak.
MA, wat soos alle ma’s daagliks die kos maak, gebruik die
Ladismitter Kultuurbotter om (3.2) (Ma se) kos daardie ekstra geur te gee.
PA verkies regte botter; daarom is Ladismith Botter die beste botter vir hom.
OUBOET en KLEINSUS verkies die Ladismith Smeerbotter
omdat dit die (3.5) (heerlik) smaak.
(3.6) Wat ook al jou smaak, Ladismith het net die botter vir jou?
Ons Ladismith botterfamilie bied iets vir almal se
smaak.
WENNER VAN
DIE QUALITÉ-
TOEKENNING
2014
Nou beskikbaar by eksklusiewe supermarkte.
[Verwerk uit: Huisgenoot, 19 September 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.1 Waarom is die woorde: “LADISMITH BOTTER – ALMAL SE KEUSE” in groot
hoofletters geskryf? (1)
3.2 Vervang die woorde tussen hakies met die korrekte VOORNAAMWOORD.
Ma, wat soos alle ma’s daagliks die kos maak, gebruik die Ladismitter
Kultuurbotter om (Ma se) kos daardie ekstra geur te gee. (1)
3.3 Op watter manier word ma’s in hierdie advertensie gestereotipeer? (1)
3.4 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi.
Die woord, … , dui aan dat die produk nie by alle winkels te koop is nie.
A “regte”
B “qualité”
C “spesiaals”
D “eksklusiewe” (1)
3.5 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies:
Ouboet en Kleinsus verkies die Ladismith Smeerbotter omdat dit die (heerlik)
smaak. (1)
3.6 Skryf die volgende sin oor en verbeter die LEESTEKENFOUT:
Wat ook al jou smaak, Ladismith het net die botter vir jou? (1)
3.7 Die “TROTS SUID-AFRIKAANS”-logo verskyn links onder in die advertensie.
Op watter manier word Suid-Afrikaners met hierdie logo gemanipuleer? (1)
3.8 Waarom dink jy word die inligting “Wenner van die Qualité-toekenning” in die
advertensie ingesluit? (1)
3.9 Verwys na die prent in die advertensie.
3.9.1 Waarom plaas die adverteerder die botter in die voorgrond? (1)
3.9.2 Hoe skep die adverteerder die indruk dat mense wat hierdie botter
gebruik, gelukkig is? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
NEELSIE deur Danie Cronjé
Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3
Weet Pa wat? Jako en ek Ongelooflik! Het Jako jou in Oraait … ek’s uitgevang. Jako het
het 95% vir ons die toets gehelp, Neelsie? 90% gekry … en ek 5%.
Wiskundetoets gekry!
[Verwerk uit: www.daniecronje.co.za]
4.1 Verbeter die woordorde in die volgende sin. Skryf die sin volledig uit.
Jako en ek het 95% vir ons Wiskundetoets gekry! (1)
4.2 Verwys na raampie 1.
4.2.1 Hoe weet jy dat Neelsie die woorde “95%” hard sê? (1)
4.2.2 Watter leesteken wys dat Neelsie sy woorde beklemtoon? (1)
4.3 Watter VOORNAAMWOORD dui aan dat Neelsie en Jako albei die
Wiskundetoets geskryf het? (1)
4.4 Watter indruk probeer Neelsie in verband met sy EIE punte in die
Wiskundetoets skep? (Raampie 1) (1)
4.5 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.
Met die woord “ongelooflik” in raampie 2 sê die pa dat hy …
A nie gewoond is aan sulke punte nie.
B nie verbaas is oor sulke punte nie.
C teleurgesteld is met sulke punte.
D woedend is oor sulke punte. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.6 Noem TWEE maniere waarop die pa se gesigsuitdrukking sy woorde
ondersteun. (Raampie 2) (2)
4.7 Vervang die woord “Oraait” in raampie 3 met ʼn goeie Afrikaanse woord met
dieselfde betekenis. (1)
4.8 Gee ʼn sinoniem vir die woord “gekry” in raampie 3. (1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
5.1 TEKS F
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
GOEIE MANIERE
(5.1.1) “Goeie maniere is belangrik,” sê Ouma. (5.1.2) Is jou ouma altyd reg?
Het jy al ooit soos ʼn (5.1.3) wurm gevoel? Jy daag met leë hande by ʼn (5.1.4)
(werk+partytjie) op. (5.1.5) Al die ander kry die boodskap dat hulle iets moet
saambring. Domkop! (5.1.6) Daar was ʼn boodskap. Die ander gaste het goeie
maniere gehad. Met Anna Musson, kenner van goeie maniere, se wenke kan
jy jou maniere verbeter.
By ʼn formele ete
Vra altyd wat jy kan saambring. Dit is goeie maniere vir die gasvrou om te sê:
“Niks nie.” Anna sê: “ʼn Goeie (5.1.7) gas moet iets saamneem.” (5.1.8) ʼn
Gasvrou verwelkom altyd sjokolade.
RSVP
RSVP beteken “antwoord asseblief”. Dis nie goeie maniere om mense aan
(5.1.9) ʼn lyntjie te hou nie.
Tafelmaniere
Daar is niks ergers as ʼn (5.1.10) ongemanierd mens aan tafel nie. Die ander
groot fout is om lang (5.1.11) telefoongesprek aan tafel te voer.
Wegbly
Wegbly is die maklikste manier om (5.1.12) seker te maak dat mense jou nie
weer sal nooi nie. (5.1.13) Dit is die beste om dadelik te bel. Jy kan om
verskoning vra.
[Verwerk uit: Huisgenoot, 17 Oktober 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.1.1 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
“Goeie maniere is belangrik,” sê Ouma.
Begin met: Ouma sê dat … (1)
5.1.2 Verander die VRAAGSIN na ʼn STELSIN.
Is jou ouma altyd reg? (1)
5.1.3 Gee die VERKLEININGSVORM vir die vetgedrukte woord in die
volgende sin.
Het jy al ooit soos ʼn wurm gevoel? (1)
5.1.4 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woord tussen hakies.
Jy daag met leë hande by ʼn (werk + partytjie) op. (1)
5.1.5 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.
Al die ander kry die boodskap dat hulle iets moet saambring. (2)
5.1.6 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.
Daar was ʼn boodskap. (1)
5.1.7 ’n Goeie gas sal altyd iets saamneem.
Gebruik die HOMONIEM van gas in ʼn sin sodat die betekenis
duidelik blyk. (1)
5.1.8 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.
ʼn Gasvrou verwelkom altyd sjokolade. (1)
5.1.9 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.
Om iemand “aan ʼn lyntjie te hou” beteken om …
A wasgoed vir iemand op te hang.
B iemand met wie jy oor die telefoon praat, te laat wag.
C iemand rond te lei.
D iemand in onsekerheid te hou. (1)
5.1.10 Gee die KORREKTE VORM van die vetgedrukte woord.
Daar is niks ergers as ʼn ongemanierd mens aan tafel nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.1.11 Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.
Die ander groot fout is om lang telefoongesprek aan tafel te voer. (1)
5.1.12 Gee die INTENSIEWE vorm van die vetgedrukte woord.
Wegbly is die maklikste manier om seker te maak dat mense jou
nie weer sal nooi nie. (1)
5.1.13 Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen
hakies.
Dit is die beste om dadelik te bel. Jy kan om verskoning vra.
(sodat)
Begin met: Dit is die beste om dadelik te bel sodat … (1)
5.2 TEKS G
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.
NOODGEVAL!
[Verwerk uit: Die Burger, 11 Junie 2013]
Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1–5.2.6) te voltooi.
mombakkies; pasiënt; portier; gehoorbuis; koppenent; kruisie; tydskrif;
sterretjie; koerant; masker; stetoskoop; voetenent
5.2.1 Die verpleegster met die ligte hare kyk weg van die … af. (1)
5.2.2 Die man op die bed noem ons die … (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
5.2.3 Die embleem op die verpleërs se moue is ʼn … (1)
5.2.4 Die verpleër aan die … van die bed dra ʼn bril. (1)
5.2.5 Die verpleër naby die deur is die enigste een wat ʼn … dra. (1)
5.2.6 Die dokter se … hang bo-oor die kombers. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef/v1-17cc10b711f82c4442de/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2012 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper