Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2012
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2012 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 864.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC Supplementary 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)26 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)19 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie goed.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.
Tot siens
Makhaya
Hy was ʼn rolmodel vir baie mense,
maar nou het Makhaya Ntini uit
internasionale krieket getree.
1 Makhaya Ntini is op 6 Julie 1977 in die Oos-Kaap gebore. Hy het grootgeword
op ʼn klein dorpie, Mdingi, naby King William’s Town.
2 Raymond Booi, ʼn krieketafrigter van die Grens, het Makhaya Ntini se
kriekettalent eerste raakgesien toe Makhaya saam met ʼn paar seuns op ʼn
oop stuk veld krieket gespeel het. Hy het gesien hoe entoesiasties Makhaya
oor die sport was en met hoeveel talent hy die bal geboul het. Raymond het
geweet hy het goud raak geboor toe hy sien hoe dié 15-jarige seun die
krieketbal met die spoed van lig na die paaltjies gooi.
3 Alhoewel Makhaya te groot en te oud was om aan die mini-krieketprogram
deel te neem, het Raymond hom tog ʼn kans gegee. Makhaya het ook die
ander afrigters beïndruk met sy goeie boulwerk en hulle het hom in die
krieketprogram opgeneem.
4 Makhaya Ntini was ʼn rolmodel vir baie Suid-Afrikaanse jongmense. Hy was ʼn
man met selfdissipline en baie hardwerkend. Hy was dalk een van die fiksste
krieketspelers in die land. Met sy stoute glimlag het hy diep in die harte van
Suid-Afrikaners van alle rasse gekruip.
5 In November 1995 het Makhaya in sy eerste internasionale wedstryd as
onder 19-speler teen Engeland gespeel. Almal het gepraat van die jong
Makhaya toe hy spelers alreeds in dié wedstryd uitgeboul het. Drie jaar later
is Mahkaya as die eerste swart krieketspeler vir Suid-Afrika se Proteas
gekies. Hy het die krieketbase baie beïndruk met sy goeie boulwerk toe die
Proteas teen Nieu-Seeland in Perth gespeel het. Hy het amper die hele span
van Nieu-Seeland uitgeboul.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
6 Makhaya was die eerste Suid-Afrikaanse speler wat later groot sukses met
die bal op die bekende Lords-krieketveld in ʼn toetswedstryd teen Engeland
behaal het. Hy het byna in elke wedstryd daarna die meeste spelers
uitgeboul. Hy kan spog dat hy die Proteas se beste bouler in toetswedstryde
was.
7 Twaalf jaar ná sy eerste nasionale wedstryd, het Makhaya by die Moses
Mabida-stadion in Durban vir die laaste keer in die Proteas se kleure op die
veld gestap. Hy het voor ʼn skare mense van 50 000 teen Indië gespeel.
Agterna het Krieket Suid-Afrika hom met ʼn spesiale medalje vereer.
8 Die Mdingi Express, soos Makhaya oral bekend is, speel nou nie meer
internasionale krieket nie, maar sy invloed op die spel sal bly voortleef. Hy sal
nog vir die Oos-Kaap Warriors speel. Hy wil hom besig hou met sy
krieketakademie vir jong krieketspelers in Mdantsane, ʼn woonbuurt naby Oos-
Londen. Makhaya wil met sy krieketakademie iets aan die gemeenskap
teruggee. Hy wil ook graag dinge vir die gemeenskap probeer verander. Hy
hoop om met die bal en kolf in te spring om die arm mense van die platteland
ʼn beter toekoms te gee.
9 Al het Makhaya so goed op die krieketveld gedoen, is hy nie ʼn grootprater
nie. Hy is egter trots daarop dat hy gegroei het van ʼn beeswagter tot ʼn
internasionale krieketspeler. Hy gee erkenning aan almal wat hom op sy
suksespad gehelp het. Hy bedank ook sy ondersteuners van die afgelope
twaalf jaar. Nou wil hy graag sý deel vir die gemeenskap doen.
[Verwerk uit: Huisgenoot, 20 Januarie 2011]
1.1 Wie het Makhaya se kriekettalent eerste raakgesien? (1)
1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Die uitdrukking “hy het goud raak geboor” (paragraaf 2) beteken dat hy ...
A baie seuns krieket sien speel het.
B seuns met baie krieketballe gesien het.
C ʼn seun met baie kriekettalent gesien het.
D seuns op ʼn groot, oop krieketveld gesien het. (1)
1.3 Makhaya kon van ʼn jong ouderdom af reeds baie vinnig boul.
1.3.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.3.1 deur VYF
OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 2 aan te haal. (1)
1.4 Gee EEN rede wat amper verhinder het dat Makhaya aan die mini-
krieketprogram deelgeneem het. (Paragraaf 3) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
1.5 Gee TWEE redes uit paragraaf 4 waarom Makhaya Ntini as ʼn rolmodel
beskryf kan word. (2)
1.6 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 4 aan wat aandui
dat Makhaya nie net ʼn rolmodel vir een deel van Suid-Afrika se bevolking was
nie. (1)
1.7 Watter woord in paragraaf 5 dui aan dat die krieketbase gedink het Makhaya
was ʼn goeie bouler? (1)
1.8 Kies ʼn plek in KOLOM B om by ʼn stelling in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.8.1–1.8.3) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.8.1 Makhaya boul amper die A Moses Mabida-stadion in Durban
hele span uit.
B Mdantsane naby Oos-Londen
1.8.2 Makhaya neem afskeid van
internasionale krieket. C Perth in Nieu-Seeland
1.8.3 Makhaya gaan jong spelers D Mdingi naby King William’s Town
afrig
(3 x 1) (3)
1.9 Volgens paragraaf 7 het Krieket Suid-Afrika vir Makhaya Ntini ʼn spesiale
medalje gegee.
Is dit ʼn gepaste wyse om sportmanne wat uittree, te vereer? Motiveer jou
opinie. (1)
1.10 Volgens paragraaf 8 het Makhaya die bynaam “Mdingi Express” gekry.
Waarom het hy dié bynaam gekry? Skryf TWEE feite uit die teks neer. (2)
1.11 Op watter TWEE maniere gaan Makhaya nog steeds by krieket betrokke
wees? (Paragraaf 8) (2)
1.12 Lees eers die onderstaande stelling. Kies dan die KORREKTE antwoord
tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
“Hy hoop om met die bal en kolf in te spring om die arm mense van die
platteland ʼn beter toekoms te gee.” (Paragraaf 8)
Hierdie stelling beteken dat Makhaya (alle arm mense gaan leer om krieket te
speel/krieket wil gebruik om die arm mense te help). (1)
1.13 Watter belangrike les kan ʼn mens uit Makhaya se sukses leer? Verwys na
paragraaf 9 in jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
1.14 Verskillende mense het bygedra tot Makhaya Ntini se krieketloopbaan.
1.14.1 Is hierdie stelling ʼn MENING of ʼn FEIT? (1)
1.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.14.1 deur EEN sin uit die
laaste paragraaf aan te haal. (1)
1.15 Waarom is Makhaya Ntini reg as hy sê hy wil iets aan sy gemeenskap
teruggee? (Paragraaf 9). Motiveer jou opinie. (1)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
TEKS B: ADVERTENSIE
Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae.
Hoezit! maak vir kinders ʼn wêreld van hul eie oop. Hierdie
boek bevat verskillende onderwerpe: skoolwerk,
speletjies, snaakse diere en inligting oor bekendes.
Hoezit! is ʼn sukseskombinasie van leersame inhoud en
die nuutste, interessantste aktiwiteite. ʼn Pretboek met
breinkrag en ʼn lekker houding daarby!
[Verwerk uit: Taalgenoot, Februarie 2010]
1.16 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die titel “Hoezit!” is gepas vir tieners, want dit (klink snaaks om uit te spreek/
sluit aan by die taalgebruik van die jongmense). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
1.17 Wat impliseer die woord “cool!” (bokant die banier) in die advertensie? (1)
1.18 Waarom is ʼn ander lettertipe vir die woord “wêreld” gebruik? (1)
1.19 Die tydskrif bevat verskillende onderwerpe wat saam die leerders se
leerervarings sal verbeter.
1.19.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1 deur EEN woord uit die
advertensie aan te haal. (1)
1.20 Kyk weer na die banier wat opwaarts deur die vliegtuigie getrek word. Wat
suggereer die drie stippels na die woord “kou”? (1)
1.21 Die tydskrif se inhoud bestaan uit speletjies en onderwerpe vir die
klaskamer. Haal TWEE APARTE woorde aan wat die skrywer gebruik om dit
aan te dui. (2)
[8]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2: OUER, WEES BETROKKE BY JOU KIND SE SKOOLLEWE
• Som die hoofgedagtes van hoe jy as ouer betrokke moet wees by jou kind se
skoollewe, in sewe sinne op.
• Skryf elke hoofgedagte in ʼn volsin neer.
• Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
• Laat ʼn reël tussen die sinne oop.
• Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
• Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
OUER, WEES BETROKKE BY JOU KIND SE SKOOLLEWE
1 Jy as ouer help om die skool goed te laat funksioneer wanneer jy deel van jou
kind se skoollewe is. Só word jy deel van jou kind se leerervaring.
2 Jy as ouer moet sorg dat jou kind gereeld skool bywoon. As jou kind klasse
misloop, gaan waardevolle tyd verlore wat hulle moeilik inhaal. As jou kind
eers agter geraak het met skoolwerk, raak dit moeilik om by te hou met nuwe
werk.
3 Party kinders gebruik taxi’s of busse om by die skool te kom. Ander kinders
word by die huis opgelaai of die ouers neem hulle self skool toe. Jy as ouer
moet belangstel in jou kind se skoollewe en seker maak dat jou kind altyd
betyds by die skool is.
4 Dit is jou plig om toe te sien dat jou kind elke dag genoeg tyd het om tuiswerk
te doen. ʼn Kind moenie te veel huistakies as verskoning hê om nie by
tuiswerk uit te kom nie.
5 Daar is baie verskillende boeke, koerante en tydskrifte in winkels en biblioteke
waaruit kinders kan kies. Jy as ouer moet jou kind aanmoedig om gereeld te
lees. Kinders wat baie lees, se woordeskat brei uit.
6 Kommunikasie tussen ʼn ouer en ʼn kind is baie belangrik. Gesels elke dag oor
enige iets met jou kind. Net soos lees, help kommunikasie om kinders se
taalvaardigheid te verbeter.
7 Jy as ouer kan wys dat jy in jou kind belangstel deur oueraande by te woon.
Dis waar jy uitvind hoe jou kind vorder en hoe jy die skool kan ondersteun.
Kinders wie se ouers só betrokke is by die skool, se kanse op akademiese
sukses is groot.
[Verwerk uit: Kuier, 3 Augustus 2011]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer. In die teks is
opsetlike taalfoute begaan.
3.3 (Inteken op ons gereëlde nuusbrief.) Daarin kry jy
interessante 3.4 (inlig) oor gebeure in dié stede. Hierdie
nuusbrief is 3.5 gratis en is regtig 3.6 ʼn fees om te lees.
SLIM MENSE VERKIES DIE 3.7 (STAD + LEWE).
[Verwerk uit: Vrouekeur, 15 April 2011]
3.1 Hoe sal jy die onderstreepte NAAMWOORD in die onderstaande sin verander
as jy dit in jou Afrikaanse opstel wil gebruik?
Wat kook in Joburg, Durbs en Kaapstad? (1)
3.2 Wat kook in Joburg, Durbs en Kaapstad?
3.2.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die onderstreepte woord maak die sin ʼn voorbeeld van
(denotasie/konnotasie). (1)
3.2.2 Gee ʼn REDE vir jou antwoord op VRAAG 3.2.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
3.3 Skryf die onderstaande sin oor en verbeter die TAALFOUT én die
SPELFOUT.
Inteken op ons gereëlde nuusbrief. (2)
3.4 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
In die nuusbrief kry jy interesssante (inlig) oor gebeure in dié stede. (1)
3.5 Gee ʼn SINONIEM vir die vetgedrukte woord.
Hierdie nuusbrief is gratis. (1)
3.6 Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord (A–D) neer.
Die nuusbrief is regtig ʼn fees om te lees, beteken die nuusbrief …
A bevat inligting om te lees oor ʼn fees.
B bevat baie interessante inligting om te lees.
C se inligting is vervelig om te lees.
D se inligting is net vir jongmense om te lees. (1)
3.7 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Slim mense verkies die (stad + lewe). (1)
3.8 Lees die volgende sin: Slim mense verkies die lewe in ʼn stad.
Voltooi nou die stelling: Hierdie sin is ʼn voorbeeld van partydigheid, want ... (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.
Gmf! Dit gaan seker
Wie is by Dit is dokter Hy wil weet of iemand in dié huis nie goed met sy
die deur, Zook! siek is … praktyk nie!
Helga?
[Verwerk uit: Beeld, 17 Februarie 2011]
4.1 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.
Wie is by die deur, Helga? (1)
4.2 Skryf die AFKORTING vir die vetgedrukte woord neer.
Dit is dokter Zook! (1)
4.3 Verander die uitroepsin na ʼn VRAAGSIN sodat die vetgedrukte woord die
antwoord is.
Dokter Zook wil met jou praat! (1)
4.4 Skryf die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord neer.
Dokter Zook hoop iemand in dié huis is siek. (1)
4.5 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM neer.
Daar is iemand by die deur. (2)
4.6 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.
Hy wil weet of iemand in dié huis siek is.
Begin só: Hy wil weet: “...” (2)
4.7 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies neer.
Hägar is die (siek) van almal in die huis. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
4.8 Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.
Dokter Zook besoek siek mense by die huis. (1)
[10]
VRAAG 5
TEKS A: WENKE OM MISDAAD TE BEVEG
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande teks gebaseer. In die teks is opsetlike
taalfoute begaan.
OM MISDAAD TE BEVEG, BEGIN BY JOU!
1. Sorg dat jy die telefoonnommers 2. Hou jou identiteitsdokument en
van jou ouers en die polisie ken. bestuurderslisensie veilig. Die
Moenie kortpad deur ʼn verlate plek gebruik van ʼn telefoon kan ʼn mens
loop nie. Moenie mense te maklik se lewe red, maar moenie luister
vertrou nie. Diewe maak asof hulle as iemand sê: “Jy kan miljoene
inspekteurs is, maar eintlik is hulle rande oor die foon maak” nie.
wolwe in skaapsklere.
3. Vermy verlate OTM’s, veral 4. Moenie drankies en kos aanvaar
snags. Moet nooit jou kaart of van mense wat jy nie ken nie.
persoonlike identifikasienommer ʼn (5.11) mens moet nooit jou drankie
aan enige iemand gee nie. Moet neersit wegloop en later terugkom
nooit (5.8) help van iemand by ʼn om dit te drink nie.
OTM aanvaar nie. Moenie baie
geld by ʼn OTM onttrek nie. Hou
jou selfoon waar niemand dit kan
sien nie.
5. Jy moet geweld of 6. Moenie gesteelde goed koop nie.
mishandeling teen vroue of jong Ander mense betaal duur vir die
meisies by Mishandeling van gesteelde goed (5.13) (vir + wat) jy
Vroue rapporteer. Binne een min betaal.
week ontvang dié organisasie tot
44 oproepe.
[Verwerk uit: Kuier, 22 Desember 2010]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
5.1 In die verkorte woordeboekinskrywing hieronder is polisie in lettergrepe
verdeel. Skryf die lettergreep wat die klem dra, neer.
po.li´.sie. 1. Afdeling van die staatsdiens belas
met die sorg vir die openbare orde en veiligheid:
[Uit: HAT] (1)
5.2 Gee die VERKLEINWOORD van die vetgedrukte woord.
Moenie kortpad deur ʼn verlate plek loop nie. (1)
5.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Die idioom, hulle is wolwe in skaapsklere (raam 1), beteken die mense is ...
A goed.
B skelm.
C suinig.
D trots. (1)
5.4 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM.
Jy moet geweld of mishandeling rapporteer.
Begin só: Geweld of mishandeling ... (1)
5.5 Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.
Die gebruik van telefoon kan lewens red. (1)
5.6 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. (Raam 2)
Die man sê: “Ek kan miljoene rande oor die foon maak.”
Begin só: Die man sê dat ... (2)
5.7 Skryf die AKRONIEM vir die vetgedrukte woord. (Raam 3)
Moet nooit jou kaart of persoonlike identifikasienommer aan enige iemand
gee nie. (1)
5.8 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. (Raam 3)
Moet nooit (help) van iemand by ʼn OTM aanvaar nie. (1)
5.9 Skryf die sin oor in die INFINITIEF.
Moenie baie geld by ʼn OTM onttrek nie. (Raam 3)
Begin só: Jy behoort nie ... (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
5.10 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Moenie drankies en kos aanvaar van (mense wat jy nie ken nie) nie. (1)
5.11 Skryf die sin oor en vul die korrekte HOOFLETTER en LEESTEKEN in.
ʼn mens moet nooit jou drankie neersit wegloop en later terugkom om dit te
drink nie. (Raam 4) (2)
5.12 Skryf die vetgedrukte GETAL in die onderstaande sin in woorde. (Raam 5)
Binne een week ontvang dié organisasie tot 44 oproepe. (1)
5.13 Skryf die regte vorm van die betreklike VOORNAAMWOORD tussen hakies
neer.
Ander mense het duur betaal vir die gesteelde goed (vir + wat) jy so min
betaal. (1)
[15]
TEKS B: PRENT
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.
[Uit: Huisgenoot.com, 12 Maart 2009]
5.14 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Jy kan aan sport deelneem. Jy is gestrem. (al)
Begin so: Jy kan ... (1)
5.15 Skryf die sin oor en rangskik die woorde tussen hakies in die KORREKTE
VOLGORDE.
Die seuns oefen (by die huis/getrou/elke dag). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
5.16 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.
Hierdie seuns het die (verbruik/gebruik) van hulle bene verloor. (1)
5.17 Kies die korrekte VOORSETSEL.
Die een seun gooi die bal (teen/aan/oor) die ander seun se kop. (1)
5.18 Gee die KORREKTE DEELWOORD vir die woorde tussen hakies.
Die (wat gestrem is) seuns neem aan baie wedstryde deel. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper