Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
FEBRUARIE/MAART 2012
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 


%20(SG)%20June%202012%20Memo_hlayiso.com_--f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa/v1-c20d5a3ffcb89f64e5ef/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2012, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 290.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 35
This exam
NSC Supplementary 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35) Kies EEN vraag uit ʼn afdeling/
AFDELING C: Kortverhale (35) afdelings wat jy behandel het.
AFDELING D: Gedigte (35) Kies TWEE vrae indien jy
hierdie afdeling behandel het.
4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en merk die vraagnommers van die
TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het.
5. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle gedoen het en kies die
tipe vraag wat jy wil doen, byvoorbeeld die opstelvraag/kontekstuele vraag.
6. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
julle gedoen het. Kies EEN vraag uit AFDELING A of B of C indien jy daardie
afdeling behandel het. Indien jy AFDELING D behandel het, kies TWEE vrae
uit daardie afdeling.
7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
10. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAG 1: Kringe in ʼn Bos Opstelvraag 35 punte
OF
VRAAG 2: Kringe in ʼn Bos Kontekstuele vraag 35 punte
OF
VRAAG 3: Die Ongelooflike Avonture van Opstelvraag 35 punte
Hanna Hoekom
OF
VRAAG 4: Die Ongelooflike Avonture van Kontekstuele vraag 35 punte
Hanna Hoekom
OF
VRAAG 5: Meeulanders Opstelvraag 35 punte
OF
VRAAG 6: Meeulanders Kontekstuele vraag 35 punte
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAG 7: Poppie, Die Drama Opstelvraag 35 punte
OF
VRAAG 8: Poppie, Die Drama Kontekstuele vraag 35 punte
OF
VRAAG 9: Paljas Opstelvraag 35 punte
OF
VRAAG 10: Paljas Kontekstuele vraag 35 punte
OF
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAG 11: Benedicta Opstelvraag 35 punte
OF
VRAAG 12: Agter ʼn Baard Kontekstuele vraag 35 punte
OF
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor enige TWEE van die gedigte.
VRAAG 13: Die hanswors Kontekstuele vraag 17½ punte
OF
VRAAG 14: Brief Kontekstuele vraag 17½ punte
OF
VRAAG 15: Wie’s hy? Kontekstuele vraag 17½ punte
OF
VRAAG 16: Thumela Kontekstuele vraag 17½ punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
AFDELING A: ROMAN
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Vir Saul was dit belangrik dat die Bos en die olifante goed opgepas moes word,
daarom was hy nie populêr by sy eie mense, die Bosmense, nie.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel wat Saul gedoen het om te wys dat
hy omgegee het vir die Bos en die olifante. Dui ook aan hoe hy en die Bosmense van
mekaar verskil het ten opsigte van die bewaring van die Bos en die olifante. Jou opstel
moet ʼn inleiding en ʼn slot hê.
Verwys in jou opstel na:
• Wat Saul gedoen het om die Bos te bewaar
• Wat Saul gedoen het om die olifante te bewaar
• Hoe Saul anders as die Bosmense gedink het oor die bewaring van die Bos en
olifante [35]
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Wat soek jý hier?”
2 “Vir jou.” Die manier waarop Maska daar gestaan het, sy ge-
3 sig, het die tyding vooruitgeloop.
4 “Is daar iets verkeerd?”
5 “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.”
***
6 Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard?
7 Hy het die eienaardige gevoel gekry dat een van die groot
8 kalanders in die Bos omgekap was en dat daar
9 êrens ʼn groot oopte oorbly …
10 Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil
11 geskop en losgebreek en geweet dis met die krag van Joram
12 Barnard wat in sy liggaam sit dat hy dit gedoen het, dat hy vry-
13 gekom het!
2.1 Waarom was Saul verbaas om Maska by Meulbos te sien? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
2.2 Maska en die Bosmense was bygelowig oor die dood.
2.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
2.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.2.1. (1)
2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Saul die tyding van sy pa se dood gekry het, was Saul besig om geld te
verdien deur ...
A goud te delf.
B meubels te maak.
C hout te kap.
D ivoor te verkoop. (1)
2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Saul het ʼn gevoel van ... ervaar toe hy van sy pa se dood gehoor het.
A verligting
B leegheid
C vrede
D woede (1)
2.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die korrekte antwoord neer.
ʼn Voorbeeld van hoe Saul teen sy pa gerebelleer het, was toe Saul (die
kalander moes kap/besluit het om Oupoot te skiet). (1)
2.6 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (2.6.1–2.6.4) en die antwoord neer.
houtkapper; houtkoper; meubelmaker; wildbewaarder; slaaf; gouddelwer;
diamantdelwer; middelaar
Joram was ʼn (2.6.1) .... Hy het sy hout aan mnr. MacDonald, die (2.6.2) ...,
gelewer. Saul het tevergeefs vir Joram probeer oortuig om ʼn (2.6.3) ... te word
sodat Joram meer geld kon verdien. Nadat Saul sy bande met sy gesin
verbreek het, was Maska die (2.6.4) ... wat nuus aan Saul oor die Barnards
oorgedra het. (4)
2.7 Joram Barnard was ʼn goeie pa vir Saul. Stem jy saam met hierdie stelling?
Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)
2.8 Watter verskil tussen Saul en Jozef kon ʼn mens duidelik by Joram se
begrafnis sien? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Ek het dan gehoor dat jy gaat saam met die skip weg?” Die
2 agterdog is nog daar, maar nie die kwaad nie.
3 “Ek wil graag bly. Maar ek kan dit alleenlik doen as julle
4 saam met my staan en my help om ʼn eie besigheid te begin –
5 ek kan dit alleenlik doen as julle saam met my staan en my help
6 om te red wat oor is van die Bos.”
7 “En hulle?” vra Jozef met ʼn beweging van sy kop in die rig-
8 ting van die tente en die huise. “Wat van hulle wat kap en mors
9 soos hulle wil?”
10 “Nie meer vir lank nie. Hulle is aan die oppak ... Eendag,
11 wanneer hulle weg is, sal ek jou kinders wys hoe ʼn mens goud
12 uitwas. Daar sal iewers ʼn bietjie weggesteek lê in die spruite.”
***
13 “Jozef,” sê Saul moeg, “kom ons los ons dinge en ons wys vir
14 die wêreld wat uit die Bos kan kom.”
15 Jozef laat sak sy kop en skop, skop met sy flenterskoen se punt.
16 “Dis nie waarom jy teruggekom het nie,” sê hy
17 stilweg.
18 “Nee. Ek het gekom omdat ek geweet het dit kon nie Ou-
19 poot gewees het nie ...”
2.9 Na wie verwys die woord “hulle”? (Reël 7) (1)
2.10 Watter soort besigheid wou Saul begin? (1)
2.11 Watter rol sou Jozef in Saul se besigheid speel? (1)
2.12 By wie het Saul geleer om goud te delf? (1)
2.13 Wat was Joram se reaksie toe Saul eenkeer vir hom en Jozef aangemoedig
het om ook goud te delf? (1)
2.14 Watter plan, behalwe goud delf, het Saul vir Izak se toekoms gehad? (1)
2.15 Waarom het Kate Thompson se hoekerf gekoop? (1)
2.16 Gee EEN rede hoekom ons kan sê dat die aksies van die gouddelwers
onverantwoordelik was. (1)
2.17 Saul het hoop vir die Bos gehad.
2.17.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1 deur na die uittreksel te
verwys. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
2.18 Kies ʼn naam uit KOLOM B om by ʼn stelling in KOLOM A te pas. Skryf net die
vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.18.1 Saul het vir hierdie persoon gewerk om A Arend
sy gesin se skuld af te betaal.
B MacDonald
2.18.2 Hierdie man het saam met Joram
grootgeword. C Barkley
2.18.3 Hierdie man het Saul se eerste goud D Maska
gekoop.
E Steyn
2.18.4 Hy was ʼn meubelmaker van Swellendam.
(4 x 1) (4)
2.19 Wat lei jy uit die uittreksel af oor Saul se karakter? Gee DRIE feite. (3)
2.20 Watter les leer jy uit die roman oor jou verhouding met die volgende?
2.20.1 Jou gesinslede (1)
2.20.2 Die natuur (1)
2.21 Gee TWEE redes waarom Saul se besluit om in Knysna te bly, goed vir die
houtkappers sou kon wees. (2)
[35]
OF
VRAAG 3: OPSTELVRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Hanna se gesin het onverwagte gaste gekry wat by hulle in die huis op die berg kom
kuier het.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Gavin en Margot se kuier by
Hanna se gesin in die huis op die berg en hoe hulle vir Hanna gehelp het om meer van
haarself te hou. Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê.
Verwys in jou opstel na:
• Gavin se kuier by die gesin
• Margot se paar dae by die gesin
• Hoe Gavin en Margot vir Hanna gehelp het om haarself te aanvaar [35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Fabienne het die soort gesin wat in styl vakansie hou. Hulle het genoeg geld
2 om in deftige hotelle te bly. Of in gemaklike gastehuise. Op eksotiese
3 eilande en sulke soort plekke. Hulle sal beslis nie ʼn bouval op ʼn berg by
4 iemand hoef te leen nie. En aangesien Fabienne saam met haar eie ma en
5 haar eie pa in ʼn huis woon, sonder enige aangelapte stieffamilie, sal sy
6 ook nie met kuiergaste soos Gavin of Margot hoef te sukkel nie. Miskien
7 moet ek ʼn toneelstuk probeer skryf. Oor ʼn klomp vreemde karakters wat in ʼn
8 huis vasgekeer is. En dan word een van die karakters vermoor (Margot sal
9 beslis my eerste keuse wees) en die res moet uitvind wie die moordenaar is.
10 Teen dié tyd het die meeste van ons seker al ʼn rede om vir Margot uit die
11 weg te ruim. Mana sal Verdagte Nommer Een wees.
***
12 En Beyers sal Verdagte Nommer Twee wees.
4.1 Wie was Fabienne? (1)
4.2 Watter belangrike gebeurtenis het Hanna in die huis op die berg gevier? (1)
4.3 Waarom het Hanna gesê haar stieffamilie is aangelap? (Reël 5) (1)
4.4 4.4.1 Hoe het Yann opgetree toe Margot by die huis op die berg
aangekom het? (1)
4.4.2 Hoe het Amos gevoel toe hy vir Margot uit die kar sien klim het? (1)
4.5 Hoekom het Hanna reeds voor Margot se koms negatief oor Margot gedink? (1)
4.6 Hoekom wou Hanna vir Mana Verdagte Nommer Een in haar toneelstuk
maak? (1)
4.7 Hoekom het Hanna gedink dat Beyers Verdagte Nommer Twee in haar
toneelstuk sou wees? (1)
4.8 Het Tibo van Margot gehou? Motiveer jou antwoord. (1)
4.9 Hoekom wou Hanna graag hierdie toneelstuk skryf? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Hanna en Sharon, julle kan my helpers wees.” Ek en Sharon loer
2 na mekaar. As ons soldate was, het ons sweerlik nou gedros. “Sit
3 solank ʼn paar potte water op die stoof. Ons gaan kookwater
4 nodig hê. Beyers, gaan haal ʼn klam waslap in die badkamer. Om
5 haar gesig mee af te vee as sy sweterig word. Gavin, bring jy vir
6 my die twee gaslampe kamer toe. Ek dink nie ons gaan helder lig
7 nodig hê nie, babas word al eeue lank by kerslig gebore, maar dis
8 beter om die gaslampe byderhand te hê. Net vir ingeval.”
9 “Ingeval van wat?” piep Gavin soos ʼn verskrikte muis.
10 “Enigiets kan gebeur. Ek wil voorbereid wees.”
11 “Dis presies wat ek wou hoor,” prewel Beyers, van nuuts af
12 paniekbevange, en strompel badkamer toe om die waslap te gaan
13 haal.
14 “Solank ek net nie die vertoning hoef te aanskou nie,” sê Gavin
15 met ʼn skril laggie. “Ek is seker Mana sal my nie kwalik neem nie.
16 Sy weet ek ...”
4.10 Hoekom sou Hanna en Sharon veel eerder wou “dros”? (Reël 2) (1)
4.11 Mana het beplan om haar baba in die huis op die berg te hê.
4.11.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
4.11.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.11.1. (1)
4.12 Gavin kon die besonderhede van Hanna se geboorte onthou.
4.12.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
4.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.12.1 deur na ʼn gesprek tussen
Gavin en Hanna oor haar geboorte te verwys. (1)
4.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Margot was die beste persoon om vir Mana met die geboorte te help, want
Margot ...
A het baie van die drama tydens die geboorte van ʼn baba gehou.
B het darem al self twee kinders in die lewe gebring.
C het darem vier jaar as ʼn opgeleide verpleegster gewerk.
D het al in haar flieks gesien hoe ʼn baba gebore word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
4.14 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (4.14.1–4.14.4) en die antwoord neer.
vuur; dokter; CD; pa; water; baba; radio
Die kombi was buite die huis geparkeer. Yann het besluit om die (4.14.1) ... te
speel om vir Mana te help kalmeer. Yann was bekommerd dat Mana en die
(4.14.2) ... hulp sou nodig hê en dan was die kombi se battery pap. Tydens
die geboorte het Gavin hom soos ʼn (4.14.3) ... in ʼn outydse fliek gedra. Na die
geboorte het Mana besluit dat haar dogter se naam Amanzi moet wees, dit
het iets met (4.14.4) ... te doen. (4)
4.15 Kies ʼn persoon uit KOLOM B om by ʼn beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf
net die vraagnommer (4.15.1–4.15.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.15.1 Hierdie persoon het besef dat sy Hanna se A Margot
beste vriendin is.
B Fabienne
4.15.2 Hierdie persoon het vir Hanna liefste Hanna
Hoekom genoem. C Mana
4.15.3 Hierdie persoon het vir Hanna ʼn karakter D Gavin
geword wat sy graag wou wees.
E Sharon
4.15.4 Hierdie persoon het van Hanna ʼn roman
verwag wat die wêreld gaan verower.
(4 x 1) (4)
4.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Mana het voor die geboorte die baba Ditjie genoem, want sy ...
A het nog nie op ʼn naam vir die baba besluit nie.
B het nie gedink dat ʼn naam soveel saak gemaak het nie.
C het nie geweet of dit ʼn seun of ʼn dogter sou wees nie.
D het nie van gewone name gehou nie en het gedink dit was uniek. (1)
4.17 Noem DRIE dinge op wat Gavin vir die kinders gedoen het, nadat die
helikopter vertrek het. (3)
4.18 Waarom het Hanna aan die einde van die verhaal meer positief oor Margot
gevoel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
4.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Hanna die eerste keer haar sussie gesien het, het sy gedink dat sy ...
A nie graag die aandag met ʼn sussie wou deel nie.
B nie wou hê dat sy ooit in haar lewe moes seerkry nie.
C nog nooit so ʼn lelike pienk baba gesien het nie.
D nog nooit iets so kleins en leliks gesien het nie. (1)
4.20 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Sharon was nie opgewonde oor haar ouers se koms met die helikopter nie,
want (sy wou die gesin beter leer ken/sy wou nog langer by Yann wees). (1)
4.21 Wat het Margot aan die einde van die verhaal vir Yann belowe? (1)
4.22 Aan die einde van die verhaal oorweeg Hanna dit om ʼn verhaal te skryf oor ʼn
gemiddelde vaal meisiekind met ʼn onwaarskynlike ma en ʼn selfs meer
onwaarskynlike pa. Sê waarom dit ʼn aanduiding is dat Hanna haar gesin
beter verstaan en dus aanvaar. (1)
4.23 Dink jy die titel van hierdie roman is gepas? Motiveer jou antwoord met TWEE
redes. (2)
[35]
OF
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Hermanus Blanckenberg was baie lief vir sy twee seuns, maar elkeen het dinge
gedoen wat Hermanus gelukkig of ongelukkig gemaak het.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel hoe Fred vir sy pa, Hermanus,
gelukkig en ongelukkig gemaak het. Sê ook hoe Schalk (Skalla) vir Hermanus nét
ongelukkig gemaak het. Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê.
Verwys in jou opstel na:
• Hoe Fred vir Hermanus gelukkig en ongelukkig gemaak het
• Hoe Schalk (Skalla) vir Hermanus nét ongelukkig gemaak het
• Hoe Hermanus gevoel het oor Fred en Schalk (Skalla) se verkeerde optrede [35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel en beantwoord die vraag wat daarop volg.
1 “Destyds ... het dit vir my lank geneem ... om te vergeet.
2 En dit was nie maklik nie.”
3 “En het jy vergeet, Elsabet?”
4 “My lewe op Meeuland maak dit nie vir my maklik
5 om te vergeet nie. En nou met die baba ... voel ek meer
6 ingehok as ooit voorheen. Mens vergeet seker nooit regtig
7 nie.”
8 “Ek wou jou nie seermaak nie. Ek wou nie.”
9 “Ek weet dit. Maar ek hét seergekry. Vir Sheila se part
10 ook.”
11 “Ek mag dit seker nie vra nie, maar hoekom het jy so
12 skielik daarna met Jacob getrou?”
13 Sy laat toe dat haar trane onbesonne oor haar wange
14 loop. “Jy weet mos hoekom. Die mense in die dorp het
15 begin praat. En ek ... wou wegkom. Nee, gaan wegkruip.
16 Meeuland was ʼn oplossing. Die enigste oplossing.”
17 “Was dit?”
6.1 Wat het “destyds” (reël 1) tussen Fred en Elsabet gebeur wat sy liewer wou
vergeet? (1)
6.2 Waarom wou Elsabet nie op Meeuland bly nie? Gee TWEE redes. (2)
6.3 Wat het vir Elsabet so seergemaak? (Reël 9 en 10) (1)
6.4 Wat was die rede waarom Elsabet “skielik” (reël 12) met Jacob getrou het? (1)
6.5 Hoe, dink jy, het Elsabet gevoel toe sy wou gaan “wegkruip” (reël 15) op
Meeuland? Gee die gevoel/emosie EN ʼn rede wat daarby pas. (2)
6.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Hansie vir Elsabet Twilight genoem het, het Elsabet bleek geword,
want ...
A Elsabet het heeltemal van daardie naam vergeet.
B die naam het Elsabet aan Jacob laat dink.
C Elsabet het die naam met geluk geassosieer.
D die naam het perfek by Elsabet se nuwe leefstyl gepas. (1)
6.7 Wat het met Elsabet gebeur toe sy alleen op Fred se seiljag na Meeuland
teruggegaan het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Sy (Elsabet) wou vir hom (Fred) sê dat Jacob nie vir Janka
2 sommer sal prysgee nie. Maar sy het nie gepraat nie. Sy was tot
3 die dood toe moeg.
4 Alleen voor die storms oor haar toesak. Sy wil nie eens
5 dink aan wat voorlê nie. Daar is haar skoonma en skoonpa.
6 Hulle sal eerste moet weet. Daar is Fred se kinders en sy
7 pa. Daar is die hele Salamanderbaai. Maar die ergste is
8 haar kind. Sy sou Janka saambring ... dit was tog so beplan.
9 Maar vanoggend toe sy besig was om die babagoedjies in
10 die sak te pak, het sy meteens besef sy kan nie. Al wou sy
11 Jacob hoe seer maak, sy kon dit nie aan hom doen nie. Sy
12 kan maar net hoop dat hulle later daaroor kan praat en
13 iets saam kan uitwerk. Intussen sal Ryna daar wees vir
14 Janka. Dis die enigste ligpunt: dat daar iemand naby haar
15 kind is ... iemand wat omgee.
6.8 Waar het Elsabet voor haar troue met Fred gebly? (1)
6.9 Gee DRIE redes waarom Hermanus Blanckenberg nie gelukkig gevoel het
oor die verhouding tussen Fred en Elsabet nie. (3)
6.10 Waar sou Fred vir Elsabet voor die troue wou laat bly? (1)
6.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“ ... voor die storms oor haar toesak” (reël 4), het verwys na Elsabet se ...
A haastige vertrek van Meeuland af.
B verduideliking oor hoekom sy Jacob verlaat het.
C vinnige reëlings vir haar troue saam met Fred.
D lewe wat sy in Salamanderbaai saam met Fred sou hê. (1)
6.12 Hoe het Elsabet vir Hansie na haar troue met Fred genoem? (1)
6.13 Wat het Elsabet met Sheila se portret en ornamente gedoen? (1)
6.14 Hoe het Elsabet gevoel oor Sheila se goed wat nog die hele huis volgestaan (1)
het?
6.15 Het Elsabet ʼn goeie besluit geneem om Janka by Jacob te los? Motiveer jou
antwoord. (1)
6.16 Wie, behalwe Ryna, het ook op Meeuland vir Janka omgegee? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
6.17 Kies ʼn naam in KOLOM B om by ʼn stelling in KOLOM A te pas. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.17.1 Sy wil eerder op die eiland as op die wal A Elsabet
bly.
B Ryna
6.17.2 Sy voel nie gelukkig oor Elsabet se
besluit om die eiland te verlaat nie. C Janka
6.17.3 Sy het nie meer kans gesien vir ʼn D Hansie
eensame bestaan nie.
E Doreen
6.17.4 Sy hunker na vrede in haar lewe.
(4 x 4) (4)
6.18 Wat het Janka tydens haar besoek aan Elsabet gedoen om te wys dat sy nie
gemaklik by Elsabet gevoel het nie? (1)
6.19 Fred het getrou aan Elsabet gebly.
6.19.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
6.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.19.1. (1)
6.20 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die antwoord neer.
praat; dans; kuier; drink; bly; speel; rook; braai
Elsabet het begin (6.20.1) ..., want sy was eensaam omdat Fred so baie weg
van die huis af was. Sy was ook ontevrede met Fred toe sy alleen by Alwyn-
hulle moes gaan (6.20.2) ... By die huis het sy magteloos gevoel, omdat sy
geen beheer oor Bernard gehad het nie. Bernard het haar nie aanvaar nie en
wou nie graag met haar (6.20.3) ... nie. Elsabet het Janka gemis en wou hê
dat Janka by haar moes kom (6.20.4) ...
(4)
6.21 Elsabet was ook ontrou aan Fred.
6.21.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
6.21.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.21.1 deur na die insident op
die seiljag te verwys. (1)
6.22 Elsabet het besluit om eers met Jacob en toe met Fred te trou, maar was nie
by een van die twee mans gelukkig nie. Gee EEN rede waarom sy nie liefde
en geluk by hulle gevind het nie. (1)
6.23 Watter les het jy uit Elsabet se besluit om Jacob vir Fred te verlaat, geleer? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
AFDELING B: DRAMA
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Poppie, Stone en hulle kinders het nie ʼn gelukkige gesinslewe gehad nie.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel wat Poppie, Stone en die vyf
kinders se lewens so ongelukkig gemaak het. Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê.
Verwys in jou opstel na:
• Poppie-hulle se ongelukkige tyd in die Kaap
• Poppie-hulle se tweede verskuiwing na Mdantsane
• Poppie en die kinders se ongelukkige tyd na Stone se dood [35]
OF
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 PASBEAMPTE. Ons wil jou Ciskei toe stuur, na jou skoonmense toe.
2 POPPIE (wys na haar lyf). Ek kan nie met vyf kinders na my skoon-
3 mense toe gaan nie. Die mense is weggeneem van waar hulle
4 gewoon het, hulle is in ʼn trustdorpie gesit, nou het hulle nie
5 groot hutte nie, maar klein hutte. Nou hoe kan ek met vyf kin-
6 ders daarnatoe gaan? Nou sê ek vir julle: Ja, ek sal weggaan,
7 as julle vir my ʼn huis gee. Uit ʼn huis na ʼn ander huis toe.
8 PASBEAMPTE. Ons sal laat weet as ons vir jou ʼn huis het.
9 (Stempel haar pas) Twee weke extension. (Kyk na haar lyf en
10 ongemaklike houding.) Wanneer kom die kind?
11 POPPIE. Ek is verby my tyd.
12 PASBEAMPTE. Ek verander dit na twee maande. Maar dis die
13 laaste extension wat jy gaan kry.
14 POPPIE (aan Stone). Ek is nou net mooi moeg. Ek kan dit nie
15 meer staan nie. Ek voel ek kan dit nie meer hou nie, ek moet
16 liewerste weggaan. Ek kan nie meer praat nie. As daar op ʼn
17 ander plek lewe is, sal ek daar gaan lewe. Dis nie jy wat die
18 op en af loop moet doen nie, dis op my rug wat die moei-
19 likheid is. Ek is moeg, tata-ka-Bonsile.
8.1 Wat het Poppie in die kerk gaan doen voordat sy na die pasbeampte gegaan
het om ʼn verlenging van haar pas te kry? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
8.2 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Volgens Mosie het Poppie (bang/sterk) gevoel nadat sy die kerk verlaat het. (1)
8.3 Waarom is Poppie weggestuur Ciskei toe? (1)
8.4 Waarom kon Poppie nie na haar skoonmense, wat nou in “klein hutte” (reël 5)
bly, gaan nie? (1)
8.5 Gee TWEE positiewe karaktertrekke van Poppie. (2)
8.6 Wat bedoel Poppie met “Ek is verby my tyd”? (Reël 11) (1)
8.7 Hoe het die pasbeampte teenoor Poppie gevoel toe hy haar pas van twee
weke na twee maande verleng het? (1)
8.8 Waarom kan ons sê dat Poppie onregverdig teenoor Stone was toe sy gesê
het dat sy alleen swaar kry? (Reël 17–19). (1)
8.9 Waarom spreek Poppie Stone as “tata-ka-Bonsile” aan? (Reël 19) (1)
8.10 Kies ʼn persoon uit KOLOM B om by ʼn aanhaling in KOLOM A te pas. Skryf
net die vraagnommer (8.10.1–8.10.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
8.10.1 “Ek kan nie die wet met my hande breek nie.” A Mosie
8.10.2 “Dis nie ons wat jou wegstuur nie, dit is die B Stone
wet.”
C Poppie
8.10.3 “As dit die Here se wil is dat jy bly, sal jy bly,
Rachel.” D Mev. Retief
8.10.4 “Dan is dit die beste dat jy vroeg in die nuwe E Pasbeampte
jaar weggaan.”
(4 x 1) (4)
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 POPPIE. (terwyl ander “Lied van die vreemde plek” op die agtergrond
2 sing). Toe lyk dit vir my baie rou, die plek, want dis mos nuwe
3 huise en ons is al mense in die straat. En daar lê nog
4 suffel rowwe stukke sement in ons pad, en omgedolwe
5 grond, en die gras is lank rondom die huis. Toe gaan ons in
6 en ek voel baie hartseer, want die plek is so vreemd, en
7 ek ken niemand nie. Toe voel ek regtig ek is nou kom wegge-
8 gooi. Maar die huis is skoon; daar is sementvloere en ruite in
9 die vensters, maar nie ceilings nie, dit moet jy self insit.
8.11 Bonsile wou by sy pa agterbly. Gee DRIE redes waarom hy, volgens Poppie,
saam met haar móés gaan. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
8.12 Waar sou Stone gaan bly? (1)
8.13 Waar het Poppie en haar kinders ʼn huis gekry? (1)
8.14 Poppie het in Mdantsane ʼn goeie verhouding met Bonsile gehad.
8.14.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.14.1. (1)
8.15 Poppie was baie opgewonde toe sy by die nuwe huis se deur instap.
8.15.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.15.1. (1)
8.16 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (8.16.1–8.16.4) en die antwoord neer.
hart; taxi; migrants; wet; brein; stasie; lewe; blyplek
Poppie se man, mama en broers het haar by die (8.16.1) ... gegroet en saam
van haar af weggeloop. Sy was ook kwaad dat die (8.16.2) ... haar van haar
huis, wat haar man vir haar gebou het, weggeskeur het. Dit het gevoel asof
haar (8.16.3) ... ook vir die Here doodgegaan het, want Hy kon die swaarkry
van haar af weggeneem het. In die nuwe (8.16.4) ... het Poppie gesien dat
Bonsile sy eie pad geloop het en soms in die aande laat weggebly het. Dan
het sy bekommerd wakker gelê totdat hy ingekom het. (4)
8.17 Poppie het darem gereeld briewe van haar familie in die Kaap gekry.
8.17.1 Hoe het Poppie gevoel elke keer as sy ʼn brief van haar familie in
die Kaap gekry het? (1)
8.17.2 Gee EEN rede waarom sy so gevoel het. (1)
8.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die nommer en
die letter (A–D) neer.
Na twee jaar het ... uiteindelik by Poppie in Mdantsane gaan kuier.
A Mosie
B Jakkie
C Stone
D Fezi (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
8.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die nommer en
die letter (A–D) neer.
Poppie het mielies geplant om ...
A kos aan haar kinders te voorsien.
B te betaal vir die ander kinders se skoolgeld.
C dit aan die gemeenskap te verkoop.
D dinge aan haar huis te verbeter. (1)
8.20 Waarom moes Poppie en Stone damagegeld betaal? (1)
8.21 Waarom het Poppie besluit om werk in Oos-Londen te soek? (1)
8.22 Hoe kon Bonsile help om Poppie se las ligter te maak? (1)
8.23 Waarom het Poppie na Stone se dood besluit om eerder in die Kaap (as in
Mdantsane) te bly? (1)
[35]
OF
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Die dorpsmense het die McDonalds sleg behandel by die Volstruisdans, maar
uiteindelik het Manuel se paljas ook daar gewerk en die verhaal het ʼn positiewe slot.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel wat by die dans gebeur het en hoe
Manuel se paljas alles uiteindelik weer laat regkom het. Jou opstel moet ʼn inleiding en
ʼn slot hê.
Verwys in jou opstel na:
• Wat met die McDonalds by die dans gebeur het
• Wat tussen die huismense gebeur het nadat hulle die dans verlaat het
• Hoe Manuel se paljas alles uiteindelik weer laat regkom het [35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Sy lóóp.
2 Hy klim weer onder die kar se kap in.
3 Die kind is nêrens.
4 65. Hendrik hou op die werf stil en klim uit sy motor uit. Sy
5 gesig is pikswart. Emma kom by die agterdeur uit.
6 EMMA: Waar’s Willem?
7 HENDRIK: Vra jou ma.
8 EMMA: Ma sê hy’s by Pa.
9 HENDRIK: (steek vas en kyk haar): Hy’s twaalfuur vanmôre
10 saam met jou ma by my weg. Vra haar. (Hy verdwyn om die hoek.)
11 66. Katrien kom op die stoep uit.
12 KATRIEN: Willem! (En harder.) Willem! (Sy storm weer in die
13 huis in, hardloop in die gang af en roep. Sy bars in haar
14 kamer in en roep. Willem se kamer. Emma se kamer. By die
15 agterdeur uit. Sy roep al harder en aanhoudend.) W-i-l-l-e-m!
10.1 Wat het Katrien vir haarself met haar spaargeld gekoop om beter oor haarself
te voel? (1)
10.2 Hoekom was Hendrik so kwaad toe Katrien sê sy het dit met haar eie geld
gekoop? (1)
10.3 Hoe het Willem opgetree toe Hendrik en Katrien so met mekaar baklei? (1)
10.4 Waarom kan ons sê dat die stukkende motor simbolies van Hendrik en sy
gesin was? (1)
10.5 Hendrik en Katrien was die hele tyd ongelukkig met mekaar. Waarvan het
Katrien vir Hendrik beskuldig? Gee DRIE feite. (3)
10.6 Manuel het vir Willem laat lag as hulle bymekaar was.
10.6.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
10.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.6.1. (1)
10.7 Manuel het Willem probeer help en het gesê: “Ons vee die ou Willem uit en
ons teken ʼn nuwe Willem.”
10.7.1 Hoekom kon Willem nie vir Manuel sê wat hom so hartseer
gemaak het nie? (1)
10.7.2 Wat, dink jy, het Manuel met “ ʼn nuwe Willem” bedoel? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
10.8 Motiveer waarom ons kan sê dat Manuel vir Willem aanvaar het vir die mens
wat hy was? (1)
10.9 Watter les leer ʼn mens oor kommunikasie uit Hendrik en Katrien se
verhouding? (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Daar hou nou ʼn polisievangwa en twee motors op die stasie stil.
2 HENDRIK: Ons kan nie uitvind nie. Hy't mos ... (En hy beduie na sy
3 mond toe.) Hy praat mos nie eintlik nie.
4 Die konstabel kyk die ander agterna – en fluit. Die polisiemanne en
5 hulle honde het nou by die ou skuur aangekom. Hulle hoor nie die
6 konstabel se gefluit nie. Hendrik en die konstabel begin draf soontoe. In
7 die verbygaan roep die konstabel na die nuwe aankomelinge by die
8 voertuie.
9 KONSTABEL: Die klein swernoot is terug. Ons het ons tyd gemors!
10 76. Die honde storm blaffend die skuur in. Die polisie agterna.
11 77. Op die werf staan Katrien besorgd na die skuur toe en kyk.
12 Dan kom Willem by die agterdeur uit.
13 EMMA (nog in die huis): Kom hier, Willem, ek is nog nie klaar nie.
14 Hy steek vas wanneer hy die honde sien. Dan gee hy een skree en
15 storm by sy ma verby.
16 Sy probeer keer, maar hy is te vinnig. Sy hardloop agterna.
10.10 Hoekom het die polisie op daardie dag by die McDonalds se huis opgedaag? (1)
10.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (10.11.1–10.11.4) en die antwoord neer.
huis; skuur; stoep; motor; bed; hoenderkonsert; kerkdiens; skool
Die nar en Willem was bymekaar in die (10.11.1) ... Die nar wou Willem met ʼn
(10.11.2) ... vermaak, want Willem was nie daardie dag baie gelukkig nie.
Later het die nar vir Willem gesê dat dit al agtuur was en dat Willem
(10.11.3) ... toe moes gaan. Die volgende oggend het Emma vir Willem vas
aan die slaap op die (10.11.4) ... gekry. (4)
10.12 Hoekom het die polisie vir Manuel in ʼn negatiewe lig gesien? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
10.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Willem het verbygestorm op pad skuur toe om ...
A al die toorgoed weg te steek.
B al die prente te gaan toemaak.
C vir Manuel te gaan waarsku.
D vir Manuel kos te vat om te eet. (1)
10.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die polisie het die tafel gesien en daar het ʼn swart doek gelê met iets wat
gelyk het soos ...
A ʼn bobbejaan en ʼn kat se kopbene.
B ʼn hond en ʼn perd se kopbene.
C ʼn draak en ʼn hond se geraamte.
D ʼn paar leeutande en ʼn bobbejaan se kopbeen. (1)
10.15 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die swernoot (reël 9) na wie die konstabel verwys, was (Willem/Manuel). (1)
10.16 Kies ʼn aksie uit KOLOM B om by ʼn naam in KOLOM A te pas. Skryf net die
vraagnommer (10.16.1–10.16.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
10.16.1 Emma A het gereeld by die McDonaldgesin gekuier
10.16.2 Nollie B het weer die McDonaldgesin laat lag
10.16.3 Dorpenaars C het vir Hendrik gesê dat hy moes ophou praat
oor dinge wat nie saak maak nie
10.16.4 Manuel
D het met die McDonaldgesin gespot
E het besef die McDonaldgesin is net gewone
mense
(4 x 1) (4)
10.17 Dit was Hendrik se skuld dat die polisie vir Willem van toordery verdink het.
10.17.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
10.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.17.1. (1)
10.18 Noem EEN ding wat die polisie teen die skuur se mure gesien het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
10.19 Watter verduideliking het Hendrik gegee vir Willem wat altyd goed gesien het
wat niemand anders gesien het nie? (1)
10.20 Watter verduideliking wou die sersant vir die vuurmaakplek en vreemde
voorwerpe in die skuur gee? (1)
10.21 Wat het die dorpsmense ná hierdie polisie-insident gedoen wanneer hulle die
McDonalds gesien het? (1)
10.22 Watter rol het Manuel se paljas aan die einde van die verhaal in Emma se
lewe gespeel? (1)
10.23 Watter les, dink jy, kon die dorpsmense aan die einde van die verhaal oor
skinderstories leer? (1)
10.24 Dink jy al die gebeure deur die drama het aan die einde vir Hendrik en Katrien
geluk gebring? Sê hoekom jy so sê. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
OF
AFDELING C: KORTVERHALE
STORIEJOERNAAL
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
BENEDICTA – Margaret Bakkes
Toe Christiaan se ma hoor hy is deur ʼn krokodil aangeval, het sy aan al Christiaan se
ander noue ontkomings van kleintyd af gedink. Hierdie krokodilaanval was egter baie
erger as al die vorige ontkomings.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Christiaan se ontkomings, hoe
sy ma oor die krokodilaanval gevoel het en dui ook aan hoe Benedicta vir Christiaan se
ma weer moed gegee het.
Verwys in jou opstel na:
• Christiaan se ontkomings
• Die uitwerking van Christiaan se krokodilaanval op sy ma
• Hoe Benedicta Christiaan se ma weer moed gegee het [35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
AGTER ’N BAARD – Hennie Aucamp
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Hulle beweeg saam met talle mense na die uitgang, maar stadig, want die hele stad is
2 daar om die manne van die grens af te verwelkom. Die luidsprekers hou vol, oor en
3 oor: “Ons vir jou, Suid-Afrika.”
4 Marina besef dat hulle nog net oor sy baard gepraat het.
5 “En verder gesond?” vra sy.
6 “Dit leef, dit leef,” sê hy neutraal, en dan met groot hartstog: “Ek is by jóú, Marina. En
7 by Bennie. Hy steek sy hand uit na die seuntjie, maar Bennie deins terug; klou
8 wantrouig aan sy ma se rok.
9 “Nee, Bennaman,” betig Marina hom, “jy smeer my rok vuil, jong.”
10 “Hoe gaan dit met die nuwe een?” Deon fluister by haar oor, sommer uit lus om haar
11 hare te ruik en sy asem oor haar nek te blaas sodat sy – gepla – kan beswaar maak:
12 “Ag nee, man, daar’s ʼn tyd vir alles.”
13 Dié keer sê sy niks nie; verduur die ritueel, maar vryf daarna oor haar nek. “O,” sê sy
14 ná ʼn rukkie, “omtrent die aanstaande: nie so goed soos destyds met Bennie nie. Sal
15 wel spanning wees.”
16 By die motor vra sy: “Wil jy bestuur?”
12.1 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die antwoord
neer.
“ ..., want die hele stad is daar om die manne van die grens af te verwelkom.”
(Reël 1–2)
Hierdie optrede van die mense dui op ʼn gevoel van (jammerte/blydskap). (1)
12.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die woorde, “Ons vir jou, Suid-Afrika,” skep ʼn gevoel van ... op die stasie.
A hartseer
B onrus
C vrees
D trots (1)
12.3 Waarom het die kind gekla toe sy pa hom soen? (1)
12.4 Toe Marina Deon met sy baard op die stasie gesien het, het sy nie daarvan
gehou nie. Gee TWEE redes waarom sy nie daarvan gehou het nie. (2)
12.5 Wat wou Marina hê moes Deon met sy baard doen? (1)
12.6 Waarom, dink jy, het Deon ʼn baard gehad? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
12.7 Marina het Deon se toenadering op die stasie verwelkom.
12.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
12.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.7.1. (1)
12.8 Na wie verwys Deon as hy praat van “die nuwe een” (reël 10)? (1)
12.9 Waarom wou Marina hê Deon moes bestuur? (1)
12.10 Deon het Bennie se aanraking gemis.
12.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
12.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.10.1. (1)
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Slaap hy?” vra Marina. “Die dag was te vol vir hom.”
2 “Vir my ook,” sê Deon. “Net ná ete moet ons bed toe.”
3 Marina voel bedreig en bedruk. Deon het die reg op haar, selfs nou, met haar
4 groot lyf; hy was weg en het swaar gekry en was alleen; sekerlik mag hy troos
5 vra. Maar dis Deon met sy oop gesig wat sy by haar wil hê, en nie ʼn bebaarde
6 man wat na drank ruik nie.
7 “Die struike het mooi aangekom,” sê Deon aan tafel, en skink vir hulle wyn.
12.11 Waarom, dink jy, het Deon gevoel dat hy brandewyn móés drink? Gee TWEE
redes. (2)
12.12 Hoe het Marina oor Deon se drinkery gevoel? Gee EEN emosie en ʼn rede
wat daarby pas. (2)
12.13 Wat het dit vir Marina moeilik gemaak om daardie aand Deon se toenadering
te verwelkom? (1)
12.14 Kies ʼn persoon uit KOLOM B om by ʼn stelling in KOLOM A te pas. Skryf net
die vraagnommer (12.14.1–12.14.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
12.14.1 Hierdie persoon wou ʼn storie van bosape A Grenssoldaat
en terrorisme hoor.
B Deon
12.14.2 Hierdie persoon wou nie na
oorlogervarings luister nie. C Verteller
12.14.3 Hierdie persoon was bang om in die kamer D Bennie
oor oorlogervarings te praat.
E Marina
12.14.4 Hierdie persoon het in die oorlog gesterf.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
12.15 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (12.15.1–12.15.4) en die antwoord neer.
praat; slaap; huil; lag; luister; skree; vertel; wag
Toe Marina in die slaapkamer kom, het Deon alreeds op die bed gelê. Marina
was moeg en wou net (12.15.1) ..., maar Deon wou haar net bietjie vertroetel.
Deon wou nie hê Marina moes oor sy baard (12.15.2) ... nie. Hy wou
(12.15.3) ... toe Marina vir hom sê dat hy mos niks het om agter sy baard weg
te steek nie. Marina wou (12.15.4) ..., omdat sy gevoel het Deon is
onsimpatiek teenoor haar. (4)
12.16 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die antwoord
neer.
Toe Marina wakker geword het in die nag, was sy (geskok/kwaad) toe sy
Deon in die donker voor haar sien staan het. (1)
12.17 Hoe het Deon in die nag voor Marina verskyn? (1)
12.18 Waarom, dink jy, het Deon só voor Marina verskyn? (1)
12.19 Waarom het Deon uiteindelik begin huil, nadat hy klaar met Marina gepraat
het? (1)
12.20 Wat het Deon vir Marina van die oorlog vertel wat haar so ontstel het? (1)
12.21 Hoe kon Marina vir Deon help om van sy grenservaringe te vergeet? (1)
12.22 Waarom kan ons sê dat die slot van hierdie verhaal ironies is? (1)
12.23 Watter insig sou Marina oor Deon se baard gehad het, nadat sy al die
oorlogervarings gehoor het? (1)
12.24 Wat is die figuurlike betekenis van die baard in die titel van die verhaal? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
AFDELING D: GEDIGTE
VERSJOERNAAL
BEANTWOORD TWEE VAN DIE VOLGENDE GEDIGTE.
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Die hanswors – SJ Pretorius
1 Oor sy afsigtelike boggel
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.
5 Tussen die diere in ʼn hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 “Met klere wat gedurig gaar is,
8 Wat doen die vent met sy salaris?”
9 Hy’t maandeliks by die poskantoor
10 ʼn brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 “Sou daar tog êrens iemand wees?”
13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater vir die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.
23 Toe het ʼn brief gekom eendag ...
24 Hy't oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl ʼn boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: “Dankie my kind ...”
13.1 Oor wie handel hierdie gedig? (½)
13.2 Haal EEN woord uit strofe 1 aan wat sê dat die mense die hanswors geterg
het. (1)
13.3 Watter fisiese pyn het die hanswors gehad? (1)
13.4 Watter rympatroon word in strofe 1 gebruik? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
13.5 Die hanswors se klere was netjies en heel.
13.5.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
13.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 13.5.1 deur EEN WOORD as
antwoord aan te haal. (1)
13.6 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die sirkusbaas het geweet dat dit vir die sirkus goed was om die hanswors
daar te hê, want hy het (die diere die beste van almal verstaan/geld vir die
sirkus ingebring). (1)
13.7 Kies ʼn frase uit KOLOM B om by ʼn stelling in KOLOM A pas. Skryf net die
vraagnommer (13.7.1–13.7.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
13.7.1 Die hanswors het veilig by hulle A die skare
gevoel.
B die sirkusbaas
13.7.2 Hulle het die hanswors gespot.
C die diere
13.7.3 Hier is die hanswors nog as snaaks D die ander sirkusmense
beleef.
(3 x 1) (3)
13.8 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (13.8.1–13.8.2) en die antwoord neer.
onverstaanbare; slegte; belangrike; ongevoelige
Die brief wat die hanswors “oor en oor” (reël 11) gelees het, wys op die
(13.8.1) ... inhoud wat in dié briewe vir die hanswors was. Die laaste brief het
(13.8.2) ... nuus gebring oor die vroutjie wat op haar sterfbed gelê het
(reël 26). (2)
13.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“En daardie ewige reuk en drank” (reël 13) wys dat die hanswors ...
A gedrink het en homself nie goed versorg het nie.
B altyd saam met die ander sirkusmense gedrink het.
C tussen die diere geslaap het en daarom ruik hy sleg.
D gesweet het van al die rondklouter en nou ruik hy sleg. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
13.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
As die digter in reël 16 sê dat die hanswors “aapagtig” klouter, bedoel die
digter dat die hanswors baie ... was.
A rats
B dapper
C stadig
D bang (1)
13.11 Waarvoor het die boggelvroutjie die hanswors in reël 26 bedank? (1)
13.12 Het die hanswors geweet wat die ander mense van hom gesê en gedink het?
Motiveer jou antwoord. (1)
13.13 Watter les kan ons by die hanswors leer as ons na die laaste strofe kyk? (1)
13.14 Hoe kry die spreker dit reg dat die leser jammer vir die hanswors voel? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Brief – Fernel R Abrahams
1 Mammie, ek skryf ook vir Ma ʼn kaalvoet gedig
2 sommer so, nes Antjie
3 maar ek gebruik soms leestekens
4 en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie
5 want dit hoort vir my
6 nes plastiekblomme en wit skoene
7 nie by Ma nie.
8 Ek het grootgeword, weet Ma –
9 ek skrik soms vir myself
10 want my skoolbaadjie pas nie meer nie
11 my hare is lank
12 ek wil ʼn oorring dra
13 ek bid byna nooit nie
14 en ek glo nie sommer net in God nie
15 ek dink, praat, skryf selfs oor die dood
16 - ek wonder of Ma van my verse sal hou -
17 Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly -
18 en ek het nie
19 kon nie
20 ’skuus Mammie
21 maar ek is nog Ma se kind
22 grootmenskind
23 anderster kind
14.1 Vir wie is die gedig geskryf? (½)
14.2 Watter woord in strofe 1 sê vir ons dat hierdie gedig net ʼn gewone,
eenvoudige gedig is? (1)
14.3 Watter emosie is duidelik met die spreker se gebruik van die woord “Mammie”? (1)
14.4 Waarom sou “plastiekblomme”, volgens die spreker, nie by sy ma hoort nie? (1)
14.5 Haal ʼn versreël uit die gedig aan wat sê dat hierdie gedig nie dieselfde as
“Antjie” se gedig is nie. (1)
14.6 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die spreker voel soms (kwaad/bang) oor die feit dat hy grootgeword het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
14.7 Die spreker is baie seker oor sy geloof.
14.7.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
14.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 14.7.1 deur ʼn versreël aan te
haal. (1)
14.8 Gee DRIE voorbeelde uit die gedig wat aandui hoe die spreker verander het.
(3)
14.9 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (14.91–14.9.2) en die antwoord neer.
opgewonde; bang; tevrede; kwaad
Die spreker is nie (14.9.1) ... om oor die dood te skryf nie en hoop sy ma is
(14.9.2) ... met die gedigte wat hy skryf. (2)
14.10 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B om by ʼn strofe in KOLOM A te pas. Skryf net
die vraagnommer (14.10.1–14.10.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
14.10.1 Strofe 1 A Die spreker vra om verskoning dat hy nie
meer is wat sy ma wou hê nie.
14.10.2 Strofe 2
B Die spreker is volwasse en neem sy eie
14.10.3 Strofe 3 besluite.
C Die spreker toon respek vir sy ma.
D Die spreker se ma hou van sy gedigte.
(3 x 1) (3)
14.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die toon van die gedig is ...
A gespanne.
B aggressief.
C vrolik.
D stemmig. (1)
14.12 Wat leer jy uit die gedig oor jou verhouding met jou ma? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Wie’s hy? – Adam Small
1 Die poet,
2 wie’s hy?
3 Djulle het so baie bek oorie poet,
4 ma wié’s hy?
5 Is hy rêrag soes djulle dink
6 die ou moerie pen ennie ink
7 wat in sy study sit en poems dink?
8 Nai,
9 djulle’s mistaken,
10 nie hy nie
11 ma djúlle is die poets,
12 djulle wat innie straat in loep
13 ennie gladde bek verkoep
14 ma die dinge sien
15 en soema net daa God tien hulle roep!
15.1 Wie is die “hy” in die gedig? (½)
15.2 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer (15.2.1–15.2.2) en die antwoord neer.
godsdienstige; gewone; kreatiewe; geleerde
Volgens die spreker kan ʼn (15.2.1) ... persoon taal op ʼn (15.2.2) ... wyse
gebruik. (2)
15.3 Kies die woorde uit KOLOM B om by ʼn funksie in KOLOM A te pas. Skryf net
die vraagnommer (15.3.1–15.3.3) en die letter (A–D ) neer.
KOLOM A KOLOM B
15.3.1 Die funksie van die uitroepteken A om te beklemtoon
aan die einde van versreël 15
B om emosie uit te druk
15.3.2 Die funksie van die enjambement in
versreël 6 en 7 C om een gedagte uit te druk
15.3.3 Die funksie van die aksentteken in D om die tema uit te lig
versreël 4
(3 x 1) (3)
15.4 Waarom word Engels en Afrikaans in hierdie gedig gebruik? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
15.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Versreël 3 beteken gewone mense ...
A weet niks van die digter nie.
B het ʼn probleem met die digter.
C het baie te sê oor die digter.
D veroordeel die digter. (1)
15.6 Waarom is die vraag “Wie’s hy?” nie ʼn retoriese vraag nie? (1)
15.7 Waarom word die woorde “wie’s hy?” in strofe 1 herhaal? (1)
15.8 Waar, volgens die spreker, word digters gevind? (1)
15.9 Die woord “Nai” (versreël 8) staan alleen (om die woord te beklemtoon/omdat
dit die klimaks is). (1)
15.10 Die spreker stem saam met wat gewone mense dink oor wie die digter is.
15.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
15.10.2 Haal ʼn versreël aan om jou antwoord op VRAAG 15.10.1 te
motiveer. (1)
15.11 Watter “dinge” (versreël 14) sien gewone mense? (1)
15.12 Haal die versreël aan wat sê dat mense onmiddellik kan reageer as hulle
“dinge” sien. (1)
15.13 Wat is die waarde van poësie vir jou as leerder? (1)
15.14 Gee ʼn rede waarom ons kan sê dat die spreker in die gedig ʼn positiewe
invloed op mense het. (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Thumela – Elmé Barnard
1 tot siens meneer
2 het jy geskree
3 en vir oulaas gemaak ernstig
4 na ʼn kennisgewingbord
5 met hordes sportaankondigings
6 en lyste eksamenroosters
7 wat jou nie meer kon raak
8 gestaar
9 jou boeksak toe
10 met ʼn wilde tol
11 die lug ingeskiet
12 en ʼn geskiedenisboek gepos
13 sodat die blaaie
14 verward
15 oor die verlate skoolvierkant saai
16 terwyl jy laggend
17 om ʼn hoek verdwyn
18 gemaak geskok
19 het meneer weggedraai
20 maar ek het bly wonder
21 of dit vir jou
22 dan niks beteken
16.1 Wie is die “jy” in hierdie gedig? (½)
16.2 Die leerder het elke onderwyser persoonlik gaan groet.
16.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
16.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 16.2.1 met ʼn aanhaling uit die
gedig. (1)
16.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
antwoord neer.
“... vir oulaas” (reël 3) beteken die leerder het vir die (soveelste/laaste) keer
die sportaankondigings gelees. (1)
16.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Die woord “hordes” (reël 5) beteken ...
A ʼn paar.
B baie.
C genoeg.
D enkele. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
16.5 Haal EEN woord uit die gedig aan wat daarop dui dat die leerder vir ʼn hele
ruk lank na die sportaankondigings gekyk het. (1)
16.6 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
net die vraagnommer en die antwoord neer.
gemaklik; vrolik; hartseer; ernstig
Dit lyk asof hierdie leerder nie (16.6.1) .... was om die skool finaal te verlaat
nie, want hy/sy het (16.6.2) ... om die hoek verdwyn. (2)
16.7 Watter ooreenkoms wil die woord “gemaak” (reël 3 en reël 18) tussen die
seun se optrede en dié van die onderwyser uitbeeld? (1)
16.8 Hoe weet jy daar was nie ander leerders in die skoolvierkant nie? Skryf net
EEN woord uit die gedig neer. (1)
16.9 Watter woord in reël 16–21 sê dat die onderwyser die leerder nie meer kan
sien nie? (1)
16.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Dié gedig is in die vorm van ʼn vrye vers geskryf. Dit beteken die digter ...
A gee nie ʼn titel aan die gedig nie.
B maak nie gebruik van paarrym nie.
C beskryf alles volledig in die gedig.
D maak nie gebruik van ʼn vaste rympatroon nie. (1)
16.11 Kies ʼn stelling uit KOLOM B om by ʼn persoon in KOLOM A te pas. Skryf net
die vraagnommer (16.11.1–16.11.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
16.11.1 Meneer A Hierdie persoon dink dat alle leerders so bly is
om die skool te verlaat.
16.11.2 “jy”
B Hierdie persoon dink dié wilde optrede van die
leerder is onnodig.
16.11.3 “ek”
C Hierdie persoon is gewoond aan die wilde
optrede van leerders wat die skool verlaat.
D Hierdie persoon dink dís hoe ʼn mens moet
optree wanneer jy die skool verlaat.
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS
16.12 Die leerder het sy/haar boeke verniel.
16.12.1 Wat sê hierdie optrede vir jou van die leerder se karakter? (1)
16.12.2 Wat sou jy voorstel kon die leerder met sy/haar boeke doen? (1)
16.13 Kan jy die optrede van die leerder teenoor die onderwyser in reël 1 en 2
regverdig? Motiveer jou antwoord. (1)
[17½]
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2012 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2012 Memo
%20(SG)%20June%202012%20Memo_hlayiso.com_--f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa/v1-c20d5a3ffcb89f64e5ef/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper