Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2012
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 566.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 35
This exam
NSC November Exam 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)69 marks
- Question 10Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 12Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35) Kies EEN vraag uit die afdeling/
AFDELING C: Kortverhale (35) afdelings wat jy behandel het.
AFDELING D: Gedigte (35) Kies TWEE vrae indien jy hierdie
afdeling behandel het.
4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.
5. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het en kies die
tipe vraag wat jy wil doen, byvoorbeeld die opstelvraag/kontekstuele vraag.
6. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
julle behandel het.
7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
10. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2012
NSS
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn Bos Opstelvraag 35 punte 4
OF
2. Kringe in ʼn Bos Kontekstuele vraag 35 punte 4
OF
3. Die ongelooflike avonture van Opstelvraag 35 punte
Hanna Hoekom 7
OF
4. Die ongelooflike avonture van Kontekstuele vraag 35 punte
Hanna Hoekom 8
OF
5. Meeulanders Opstelvraag 35 punte 11
OF
6. Meeulanders Kontekstuele vraag 35 punte 11
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.
7. Poppie, die drama Opstelvraag 35 punte 15
OF
8. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 35 punte 15
OF
9. Paljas Opstelvraag 35 punte 18
OF
10. Paljas Kontekstuele vraag 35 punte 19
OF
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord net EEN vraag.
11. Die storie van Piet se oupa Opstelvraag 35 punte 23
OF
12. Rooi kombersie Kontekstuele vraag 35 punte 23
OF
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13. Stad in die mis Kontekstuele vraag 17½ punte 27
OF
14. Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 17½ punte 29
OF
15. Spore op die maan Kontekstuele vraag 17½ punte 31
OF
16. Die hanswors Kontekstuele vraag 17½ punte 33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A: ROMAN
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
In die roman Kringe in ʼn Bos ervaar Saul uiterlike en innerlike konflik.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die volgende konflikte bespreek:
• Konflik tussen Saul en sy gesinslede
• Konflik tussen Saul en die delwers
• Saul se innerlike konflik
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Ek wil só graag ʼn olifant sien,” het sy aangehou. “Sien jy dikwels olifante?”
2 Hy het sy kop geknik en gehoop sy sou tevrede wees en haar loop kry. Maar
3 nee!
4 “Grotes?”
5 “Ja,” het hy onderlangs gesê; dalk loop sy dan as sy weet wat sy wil weet.
6 “Hóé groot?”
7 “Baie groot.” Hy het nie opgekyk nie.
8 “My pa het baie olifanttande. Hulle laai die tande op die skepe, maar hy sê
9 hulle maak nie die olifante dood om die tande te kry nie, hulle vang hulle net,
10 en trek hulle tande uit.”
11 “Dis ʼn lieg!” Hy het ʼn oomblik van sy penarie vergeet en dit reguit in haar
12 gesig gesê. “Waar sal ʼn olifant hom vir ʼn tandetrekkery laat staan vang?
13 Klink vir my na ʼn regte bloubokkie-se-gal-storie.”
14 “Ekskuus?”
15 “Niks.”
16 “Hoe oud is jy?”
17 “Veertien.” Vir wat wou sy dit weet?
18 “Ek is tien. My naam is Kate en dis my sussie, Mary. Wat is jou naam?”
19 “Saul.”
20 “Ons het eers in die Kaap gewoon en daar skoolgegaan. Ons gaan nou hier
21 skool. Waar gaan jy skool?”
22 Hy het haar nie geantwoord nie.
2.1 Waar in die dorp het hierdie tweede ontmoeting tussen Saul en Kate
plaasgevind? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2012
NSS
2.2 Wat het Joram vir Saul gevra om daar in die dorp te gaan doen? (1)
2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Saul die eerste keer vir Kate gesien het, het sy vir hom soos ʼn ... gelyk.
A engel
B model
C prinses
D koningin (1)
2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Kate se skoolmaats die eerste keer vir Saul gesien het, het hulle ...
A gesê hy was wild en vuil.
B sy naam gevra.
C hom geïgnoreer.
D vir hom gelag. (1)
2.5 Waarom het Saul so sterk in reël 11–13 gereageer? (1)
2.6 Kate het haar pa se leuen oor die olifante geglo. Wat sê dit oor die tipe mens
wat Kate was? (1)
2.7 Verduidelik in DRIE sinne waarom Saul na die “bloubokkie-se-gal-storie”
(reël 13) verwys het toe Kate van haar pa se leuen vertel het. (3)
2.8 Watter belangrike les kan jy as leser, net soos Saul, uit die “bloubokkie-se-gal-
storie” (reël 13) leer? (1)
2.9 MacDonald was oneerlik teenoor die houtkappers. Stem jy saam met hierdie
stelling? Motiveer jou antwoord. (1)
2.10 Waarom wou MacDonald nie vir Kate toelaat om met Saul te gesels nie? (1)
2.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (2.11.1–2.11.4) en die antwoord neer.
arm; nuuskierig; ryk; skaam; stom; selfversekerd; ongelukkig; bekommerd
Daar was groot verskille tussen Kate en Saul. Kate se gesin was (2.11.1) ...,
maar Saul se gesin was (2.11.2) ... Kate was baie (2.11.3) ..., daarom het sy
oor olifante uitgevra. Saul kon nie ʼn woord aan Kate sê toe sy die eerste keer
met hom gepraat het nie, want hy was (2.11.4) ... (4)
2.12 Dink jy Saul het rede gehad om minderwaardig teenoor Kate te voel omdat hy
nie skool bygewoon het nie? Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2012
NSS
2.13 Hoe het MacDonald dit toe tog moontlik gemaak dat Kate en Saul mekaar
beter kon leer ken? (1)
2.14 Waarom het Saul na Sondae uitgesien? (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Hy het lank agter die verlate skool gewag. Toe Kate kom, was sy bleek.
2 “Hulle gaan my met ʼn skip Kaap toe stuur,” het sy verslae gesê. “Ek moet
3 nou daar gaan skoolgaan.”
4 “Kaap toe?”
5 “Jane se ma het my deur die draad sien kruip na jou toe en sy het vir my
6 ma gaan vertel.”
7 “Stuur hulle jou daaroor weg?”
8 “Omdat ek stout is ook,” erken sy gelate. “Ek doen altyd die verkeerde
9 dinge, maar ek wil nie weggaan nie, Saul! Jy moet my wegneem en my in die
10 Bos gaan wegsteek totdat hulle spyt kry en die skip weg is. Asseblief?”
11 Sy mond was skielik droog. “Kate, wag nou ...”
12 “Ek wil nie weggaan nie, Saul.”
13 “Ek kan jou nie Bos toe neem nie, jou pa sal my doodmaak!”
14 “Hy hoef nie te weet nie.”
15 “Kate, jy weet nie wat jy praat nie! Ek is klaar in die moeilikheid by jou pa.
16 Patterson sê ek het sy pan gesteel en jou pa sê die pan moet uitkom of hy
17 vat my magistraat toe.”
18 Hy sal vir MacDonald werk tot Kate weggaan, het hy besluit. Net tot dan.
19 Maar toe kom sê oom Gert van Arend.
2.15 Waarom was Kate “bleek” (reël 1) toe sy by Saul kom? (1)
2.16 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Kate het gedink Saul was net soos die skrywer (Charles Dickens/Oliver Twist). (1)
2.17 Kate het Saul aangemoedig om Engels te leer en te lees. Hoekom kon Saul
nie boeke by die biblioteek op die dorp uitneem nie? (1)
2.18 Waarom wou MacDonald vir Kate Kaap toe stuur? (1)
2.19 Wat het finaal daartoe gelei dat Saul sy werk by MacDonald verlaat het? (1)
2.20 Waarom, dink jy, het Saul reg besluit toe hy geweier het om Kate in die Bos
weg te steek? (1)
2.21 Kate het jare later teruggekeer om vir haar pa te kom werk.
2.21.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
2.21.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.21.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2012
NSS
2.22 Kies elke keer 'n karakter uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommer (2.22.1–2.22.4) en die antwoord neer.
KOLOM A KOLOM B
2.22.1 Dié persoon het gereël dat Kate met Saul A James Stopforth
praat.
B Jane
2.22.2 MacDonald het vir Saul laat weet dat hierdie
persoon aan Kate verloof gaan raak. C Beth
2.22.3 Saul het dié persoon aan die einde van die D Maska
verhaal gevra om vir Kate te gaan roep.
E James Stewart
2.22.4 Hierdie persoon wou graag met Saul trou.
(4 x 1) (4)
2.23 Watter geskenk het Kate aan Saul gestuur toe hy besluit het om Engeland toe
te gaan? (1)
2.24 Watter leuen het mev. MacDonald vir Saul vertel om hom te oortuig dat hy nie
goed genoeg vir Kate was nie? (1)
2.25 Kate het dit vir Saul moontlik gemaak om na Oupoot se dood in Knysna agter
te bly.
2.25.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
2.25.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.25.1. (1)
[35]
OF
VRAAG 3: OPSTELVRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Sharon was Hanna se beste vriendin en het by die gesin op die berg kom kuier.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy die volgende bespreek:
• Sharon se aankoms by die berghuis
• Sharon se ervaring van die berghuis
• Sharon se interaksie met Hanna en Yann
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 (Ek kon nie ʼn k sê tot kort voor my tweede verjaardag nie.) Nie mamma of
2 pappa soos normale babas nie (sê Mana trots) maar die grootste filosofiese
3 vraag van alle tye: Hoekom?
4 Liewe leser, wat anders kon ek sê? Mamma was ʼn onbekende woord, want
5 Mana het haarself nooit só genoem nie. En pappa was nie net ʼn onbekende
6 woord nie, dit was heeltemal ʼn onbekende begrip. Toe ek tien maande oud
7 was, het Gavin lankal nie meer saam met ons gewoon nie.
8 Nee, hulle is nie kwaad uitmekaar nie, hulle het vooraf besluit sy sou my
9 alleen grootmaak. Gavin sou nie babakots op sy modieuse klere kon hanteer
10 nie.
11 As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord
12 ʼn gil van woede. Hoekom kan ek nie maar ʼn normale baba met ʼn normale ma
13 en ʼn normale pa wees nie?
14 En nou is ek vasgekeer op ʼn berg waar ek oor tien dae my vyftiende
15 verjaardag moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin,
16 my beste vriendin en – wait for this – my pa met die peroksiedhare. Ek was
17 vreeslik dankbaar toe Sharon vra of sy nie ook so ʼn stukkie van hierdie
18 vreemde wittebrood saam met my kan kom hou nie. (Sy dink mos my
19 gesinslewe is opwindend. Ná ʼn paar dae saam met ons op die berg sal sy
20 beslis anders dink.) En ek was vieslik ondankbaar toe Gavin uit
21 Johannesburg laat weet hy wil óók my verjaarsdag saam met my kom vier.
4.1 Hoekom het Mana nooit na haarself as “mamma” verwys nie? (1)
4.2 Mana het met die eerste twee babas wat sy wou gehad het, vreemde besluite
geneem.
4.2.1 Wie het sy gebruik om Hanna te “skep”? (1)
4.2.2 Hoe is Tibo “geskep”? (1)
4.3 Hoe het Mana van die begin af na haar derde, ongebore baba verwys? (1)
4.4 Wat suggereer Hanna se filosofiese vraag in reël 3? (1)
4.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Mana het besluit dat die hele gesin saam met haar en Beyers berghuis toe
moes gaan, omdat ...
A hulle mekaar beter moes leer ken.
B dit normaal was om so iets te doen.
C sy self na haar kinders wou omsien.
D die kinders graag in die berghuis wou bly. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2012
NSS
4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die berghuis waar die gesin met vakansie was, was op ...
A Onderbotterberg.
B Bitterberg.
C Botterberg.
D Onderbitterberg. (1)
4.7 Gavin het spesiaal van Johannesburg af gekom om by Hanna te wees vir
haar vyftiende verjaarsdag.
4.7.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
4.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1. (1)
4.8 Verduidelik waarom Hanna se gesin kompleks was. Noem TWEE feite. (2)
4.9 Watter TWEE aanduidings is daar in die verhaal dat Yann tog vir Hanna
omgegee het? (2)
4.10 Wat het Hanna van Beyers as man gedink? (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek
2 amper van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die
3 eerste queen, die koms van die tweede queen.
4 Die reën wat nie wil ophou nie. Steeds nie. En my verjaarsdag, natuurlik.
5 Maar dis nou nie asof my lewe skielik in ʼn sprokie verander het nie. Ek is
6 steeds vasgekeer in ʼn huis met ʼn lekkende dak op ʼn verlate berg. Al wat ek
7 sien as ek by die venster uitkyk, is die lae wolke bo die huis, die groen
8 bossies rondom die huis, en ʼn rivier van modder waar die voetpaadjie
9 voorheen was. En ek is steeds geïrriteer deur Margot ...
4.11 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Gavin het glad nie soos ʼn (akteur/mode-ontwerper) gelyk toe hy by die
berghuis aangekom het nie. (1)
4.12 Aan die einde van die verhaal het Gavin die kinders besig gehou toe hulle
alleen in die berghuis agtergebly het. Wat het Gavin tydens hierdie insident
gedoen wat jou laat lag het? (1)
4.13 Die stories wat Hanna oor Fabienne uitgedink het, het ooreengestem met dit
wat in Hanna se lewe gebeur het.
4.13.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
4.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.13.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2012
NSS
4.14 Kies elke keer 'n persoon uit KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te
pas. Skryf slegs die vraagnommer (4.14.1–4.14.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.14.1 Die karakter drink graag groen tee. A Gavin
4.14.2 Die karakter het ʼn goeie verbeelding en B Mana
kan na ʼn ander wêreld ontvlug.
C Beyers
4.14.3 Die karakter kan ʼn begrafnis in ʼn fees
verander. D Hanna
4.14.4 Die karakter doen graag verhoogwerk E Margot
en is ook aanbieder en omroeper.
(4 x 1) (4)
4.15 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf slegs die vraagnommer (4.15.1–4.15.4) en die antwoord neer.
skildersessie; spelkompetisie; konsert; ontbyt; speletjie; partytjie;
danskompetisie; oefening
Die gesin moes hulle in die aande self met ʼn (4.15.1) ... besig hou, want daar
was nie elektrisiteit in die huis nie. Beyers het gesorg dat die gesin in die
oggende (4.15.2) ... kry. Toe hulle besef dat hulle vasgekeer was, het Gavin ʼn
(4.15.3) ... voorgestel om almal in die huis se aandag van die reën af te trek.
Nadat die helikopter vertrek het, het Gavin ʼn (4.15.4) ... gehou sodat die
kinders besig kon bly. (4)
4.16 Gee ʼn rede waarom die gesin letterlik op die berg vasgekeer was. (1)
4.17 Gee ʼn rede waarom Hanna aan die begin figuurlik op die berg vasgekeer
gevoel het. (1)
4.18 Hoe het Hanna oor Yann en Sharon se vriendskap gevoel? (1)
4.19 Wat, dink jy, het Margot as ma teenoor haar seuns verkeerd gedoen? (1)
4.20 Was Margot ʼn maklike kuiergas as jy aan haar optrede aan tafel dink? Gee ʼn
rede vir jou antwoord. (1)
4.21 Hoe het Sharon se ouers tot die gesin se redding gekom? (1)
4.22 Hoekom was dit vir Margot so belangrik om van die berg af te kom? (1)
4.23 Hoe was Hanna se houding teenoor haar nuwe babasussie? (1)
4.24 Het Mana se plan om die gesin bymekaar te bring, uiteindelik geslaag?
Motiveer jou antwoord. (1)
[35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Op die eiland het Ryna erken: “Ek weet nie wat my lewe sonder Meeuland sal beteken
nie.”
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel:
• Hoekom Ryna op Meeuland gaan bly het
• Hoe Ryna se ervarings op die eiland haar lewe beïnvloed het
• Wat die redes was waarom Ryna nie van die eiland af kon weggaan nie
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Mollie trek ʼn laai in die kabinet oop en begin soek deur ʼn paar onafgehaalde
2 lone-koeverte. “Kinnie Kuiper? Nee. Hier is wel ʼn Veronica Kuiper.”
3 “Dis sy! Jacoba Veronica!” jubel Jannerik.
4 Die naam Veronica slaan vir Fred Blankenberg teen die kop. Hy stap na sy
5 kantoor en maak die deur agter hom toe.
6 Hy bly teen die kosyn staan en rem sy das los. Die wêreld het meteens vir
7 hom baie klein geword. Die veraf dreuning van die bote se pompe word ʼn
8 donderende gemaal in sy kop.
9 Shit! Hy het die aand laat gewerk. En toe hy onder by die hek uitry, het sy
10 daar gestaan: die ene lyf.
11 Nou voel dit asof ʼn koue vrees hom wil laat omkantel.
12 Hy word bewus van sweet op sy voorkop soos een wat koors kry. Al wat hy
13 van haar kan onthou, is haar oë. Toe hy klaar was, het hy ʼn rol note uit sy
14 sak gehaal. “Wat is jou naam?”
15 “Veronica, meneer.” Sy het met bang oë na hom gekyk.
16 “Ek wil nooit weer hiervan hoor nie.”
17 “Nee, meneer.”
18 Maar hy het weer van haar gehoor.
19 Hoe de hel kon hy weet haar pa werk vir Jacob Langhans van alle mense?
20 Shit!
6.1 Waarom het Jannerik Kinnie se geld by die fabriek gaan haal? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2012
NSS
6.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
“Die naam Veronica slaan vir Fred Blankenberg teen die kop” (reël 4) beteken
Fred was ... toe hy die naam gehoor het.
A geskok
B ongelukkig
C teleurgesteld
D verbaas (1)
6.3 Wat suggereer die woorde: “Die wêreld het meteens vir hom baie klein
geword”? (Reëls 6–7) (1)
6.4 Fred het die misbruik van Veronica net as ʼn saketransaksie beskou.
6.4.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
6.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.4.1. (1)
6.5 Gee EEN woord om Fred se houding in reël 16 te beskryf. (1)
6.6 Wat het die volgende persone gedoen toe hulle gehoor het wat Fred aan
Kinnie gedoen het?
6.6.1 Skalla (1)
6.6.2 Sheila (1)
6.7 Hoekom, dink jy, was Fred se optrede teenoor Kinnie verkeerd? Gee TWEE
redes vir jou antwoord. (2)
6.8 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Fred was ontrou aan sy vrouens, want hy was ʼn (vrouehater/vrouejagter). (1)
6.9 Kies elke keer 'n naam uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommer (6.9.1–6.9.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.9.1 Sy het Fred van Janka vertel. A Sheila
6.9.2 Sy was Fred se eerste vrou. B Elsabet
6.9.3 Fred het ʼn verhouding met haar in die C Ryna
Kaap gehad.
D Jackie
6.9.4 Fred het na sy eerste vrou se dood met
haar getrou. E Doreen
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2012
NSS
6.10 Toe Fred die waarheid oor Janka se geboorte hoor, het hy belowe dat Janka
altyd op hom sou kon staatmaak vir hulp.
6.10.1 Waarom kon ʼn mens vir Fred respekteer vir hierdie belofte wat hy
gemaak het? (1)
6.10.2 Dink jy dit sou beter vir Janka gewees het om by Fred te bly?
Motiveer jou antwoord. (1)
6.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Na Janka se ongeluk het ... besluit dat Fred moes weet dat Janka sy kind
was.
A Jannerik
B Jacob
C Skalla
D Ryna (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 “Wat is dit, ant Ousanna?” Sy hoop nie dis ʼn lang storie nie.
2 “Jy is veertig jaar oud vandag,” sê Ousanna in die lug in.
3 Doreen dek die paar borde van die ontbyttafel af, want sy is te haastig om stil
4 te staan. “Ja, ant Ousanna. Ek word nie jonger nie.”
5 “Ek wil maar net sê, Doreen, dat partykeer gebeur dit in ʼn vrou se lewe ... dat
6 sy iemand ontmoet wat haar oë, haar stem ... haar hele gelaat laat gloei.”
7 Doreen se hande word stil in die wasbak. “Waarvan praat ant Ousanna tog?”
8 Ant Ousanna kan tog partymaal sommer ʼn gedagte uit die lug uit gryp.
9 “Jy weet waarvan ek praat. Blus hom, my kind. Nou. Terwyl die vlam nog net
10 ʼn vonk is.”
11 Doreen kyk haar ontsteld aan. ʼn Oomblik lank is sy lus om ʼn verskriklike ding
12 vir die ou vrou te sê. Maar Donavan kom in. “Ons moet ry, Mammie.”
13 Sy soengroet ant Ousanna en voel die stramheid in die ou vrou se skouers
14 aan.
15 “Ant Ousanna is verniet begaan,” sê sy sag. Maar sy weet die ou vrou glo
16 haar nie.
6.12 Doreen het na haarself as “die onbesproke juffrou Bindeman” verwys.
Wat sê hierdie woorde van Doreen se karakter? (1)
6.13 Hoekom het Doreen die oggend van haar veertigste verjaarsdag so ontevrede
met haar lewe gevoel? (1)
6.14 Wie is die “iemand” wat Doreen ontmoet het wat haar “hele gelaat laat gloei”
het? (Reël 6) (1)
6.15 Watter emosie spreek uit Doreen se hande wat “stil (word) in die wasbak”?
(Reël 7) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2012
NSS
6.16 Wat het ant Ousanna bedoel toe sy vir Doreen gesê het: “Blus hom, my kind.
Nou. Terwyl die vlam nog net ʼn vonk is”? (Reëls 9–10) (1)
6.17 Wat het Doreen besef toe sy vir ant Ousanna “ontsteld” aangekyk het?
(Reël 11) (1)
6.18 Doreen het gelieg toe sy gesê het ant Ousanna is verniet bekommerd.
6.18.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
6.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.18.1. (1)
6.19 Vertel in DRIE sinne wat op Doreen se veertigste verjaarsdag by die skool
gebeur het wat amper haar hele lewe verander het. (3)
6.20 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf slegs die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die antwoord neer.
goed; kalm; jammer; woedend; ongeërg; hartseer; roekeloos; bly
Die insident by die skool het Doreen laat besef dat sy in ʼn oomblik van
waarheid (6.20.1) ... opgetree het. Tog was sy (6.20.2) ... toe sy en Donavan
later huis toe gery het. Sy kon nie anders as om (6.20.3) ... te voel oor dít wat
by die skool gebeur het nie. Sy het geweet dat as haar man hiervan moes
uitvind, hy (6.20.4) ... sou gewees het. (4)
6.21 Doreen het na hierdie insident by die skool ʼn groot opoffering ten opsigte van
haar loopbaan gemaak. Watter opoffering het sy gemaak? (1)
6.22 Watter aanduiding was daar dat Doreen (na die opoffering in VRAAG 6.21)
haar tyd by die huis goed gebruik het? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B: DRAMA
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
In die drama is daar drie mans wat ʼn rol in Poppie se lewe gespeel het.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende:
• Stone se rol in Poppie se lewe
• Jakkie se rol in Poppie se lewe
• Bonsile se rol in Poppie se lewe
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 PLANK. Sy het vir Ouma vertel dat die pa van haar kinders in die oorlog
2 afgedood het.
3 MAMA. Maar hy was nog nooit ʼn pa vir my kinders gewees nie – vir hom het
4 ek nie trane nie. Kom, Poppie.
5 MOSIE. Poppie is daarna saam met ma Lena na Lambertsbaai toe waar ma
6 Lena werk gekry het by die visfabriek. (Hy kyk om te sien of Poppie nie
7 hoor nie – sy word altyd kwaad as daar van Mbatane gepraat word!)
8 Daar het sy ʼn nuwe pa gekry!
9 POPPIE. Hy was nooit my pa nie! (Sy het tog wel gehoor: Kwaai aan
10 Mosie.) Maar ek het nooit van hom gehou nie! (Aan gehoor:) Ek het vir
11 hom gesê oom. Dan word hy kwaad. Toe sê ek vir hom oom Mbatane,
12 want sy Xhosa-naam was Mbatane. Later het Plank vir hom gesê bhuti –
13 soos mens vir ʼn ouer mens sê, toe begin ek vir hom ook so sê. Maar ek
14 het nooit vir hom Pa gesê nie. Tot vandag toe.
15 MOSIE. Au, Sisi! (Terg haar totdat sy begin saamspeel.)
8.1 Op watter dorp het Poppie tot haar negende jaar gewoon? (1)
8.2 Ouma Hannie het ʼn groot rol in Poppie se opvoeding gespeel.
8.2.1 Waarom moes Poppie van haar babadae af by haar ouma woon? (1)
8.2.2 Wat het ouma Hannie vir Poppie geleer wat haar later, toe sy met
Stone getrou het, gehelp het? (1)
8.2.3 Watter kompliment, lank na ouma Hannie se dood, het Stone vir
Poppie se ouma gegee? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2012
NSS
8.3 Ouma Hannie was baie streng met haar kleinkinders.
8.3.1 Watter gedrag het sy nie toegelaat nie? (1)
8.3.2 Hoe het sy gewys dat sy nie van daardie gedrag gehou het nie? (1)
8.4 Watter aanduiding is daar in die drama dat ouma Hannie ...
8.4.1 godsdienstig was? (1)
8.4.2 trots op haar taal was? (1)
8.5 Noem DRIE ooreenkomste tussen Poppie se lewe en haar ouma se lewe. (3)
8.6 Waarom kon Poppie tydens die sestigerjare nie so vry rond beweeg soos
ouma Hannie in haar lewe nie? (1)
8.7 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Poppie en haar broers het gedurende hulle kinderjare (tyd in die natuur
deurgebring/deelgeneem aan protesaksies). (1)
8.8 Waarom het Poppie en haar broers as kinders net Afrikaans gepraat? (1)
8.9 Poppie het op Lambertsbaai skoolgegaan.
8.9.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
8.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.9.1. (1)
8.10 Kies elke keer 'n persoon in KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommer (8.10.1–8.10.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
8.10.1 Hy het op vyftienjarige ouderdom op A Veleli
die skuite begin werk.
B Hoedjie
8.10.2 Hy het vir Poppie skoolliedjies geleer.
C Jakkie
8.10.3 Hy wou altyd die tydskrif Jongspan vir
homself hou. D Mosie
8.10.4 Hy was Poppie se gunstelingboetie. E Plank
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2012
NSS
8.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Toe Poppie dertien jaar oud was, het sy as ... gaan werk.
A skoonmaker
B huisbediende
C kantoorwerker
D kinderoppasser (1)
8.12 Dink jy Poppie het genoeg tyd gehad om haar kinderjare te geniet? Gee
TWEE redes vir jou antwoord. (2)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
2 MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
3 POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir
4 my? Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor:) Maar toe
5 ontmoet ek nou hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is.
6 (Stone beweeg nader na Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou
7 nie, want hy het van Herschel, in die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste
8 boetie, Witbooi, kom kuier en nou kry hy werk in die fabriek as boilerman.
9 Ek sien hom in die fabriek, maar ek het nooit met hom gepraat nie.
10 MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie. Sy jonger
11 boetie kuier by hom.
12 HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.
13 PLANK. Hulle sê hy’t klaar ʼn ogie op jou ...
14 POPPIE. Ek is nie lus nie. Ek is nie gewoond aan die mense wat van die
15 land af kom nie. (Aan gehoor:) Maar toe begin hy briefies aan my skrywe,
16 so skelm-skelm. Ek was toe sestien.
8.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Poppie se familie het ingestem dat Poppie en Stone kon trou toe ...
A hulle gehoor het dat Stone Afrikaans gepraat het.
B Stone gesê het dat Plank die strooijonker kon wees.
C hulle agtergekom het dat Stone en Poppie mekaar liefgehad het.
D Stone bereid was om binne ʼn jaar die lobola te betaal. (1)
8.14 Poppie het haar man na die geboorte van haar seun steeds Stone genoem.
8.14.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
8.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.14.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2012
NSS
8.15 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf slegs die vraagnommer (8.15.1–8.15.4) en die antwoord neer.
melkery; dammetjie; stene; eenkamerhuis; munisipaliteit; sinkplaat;
tuintjie; dubbelverdieping
Poppie en Stone het aan die begin lekker in Lambertsbaai gewoon. Stone het
vir hulle ʼn erf van die (8.15.1) ... gekry. Hy het vir hulle op hierdie erf ʼn
(8.15.2) ... gebou. Hulle huis was gerieflik, al was dit van (8.15.3) ... en plank
gebou. Daar was selfs ʼn (8.15.4) ... voor die huis. (4)
8.16 Op watter dorp het Poppie gewoon toe Stone dood is? (1)
8.17 Waarom is Poppie se huwelik ʼn motoriese moment in hierdie drama? (1)
8.18 Waarom, dink jy, was dit belangrik dat Poppie se kinders moes skoolgaan? (1)
8.19 Hoekom sal hierdie drama vrouens kan inspireer? (1)
8.20 Bonsile beteken “iets het reggekom”. Dink jy Poppie het ʼn rede gehad toe sy
haar oudste seun hierdie naam gegee het? Motiveer jou antwoord. (1)
[35]
OF
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Nadat Manuel en die sirkus op Toorwater aangekom het, het Willem vir Manuel
ontmoet. Só het Manuel deel van Willem se lewe geword en het later ook ʼn vriendskap
met Hendrik begin.
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende:
• Manuel se aankoms en eerste ontmoeting met Willem op Toorwater
• Manuel se rol in Willem se lewe
• Die vriendskap wat tussen Manuel en Hendrik ontwikkel het
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die nar kom deur die veld aangestap. Hy dra Willem se fiets oor sy skouer,
2 en in sy los hand die fietsketting. Die ketting het gebreek. Hy het nog
3 dieselfde mondering aan as die oggend in die kerk, maar sy grimering is al
4 erg verniel.
5 Die nar gaan staan skielik. Want iewers was die klapgeluid van ʼn
6 geweerskoot. Die ouderling staan op die hoek van die skuur met sy geweer
7 nog aan sy skouer. Dis hy wat geskiet het. ʼn Paar henne kekkel verskrik.
8 Sakkie du Toit kom om die hoek.
9 SAKKIE: Wat is dit?
10 OUDERLING BOTHMA: Ek dag ek sien iets beweeg.
11 SAKKIE: Jy moenie sommer skiet nie, man. Nou’t jy die hele wêreld wakker.
12 Nollie en Emma hang by die sitkamervenster uit.
13 NOLLIE: Hier’s moeilikheid. (Hy klouter deur die venster buite toe.)
14 EMMA: Nollie wag!
15 NOLLIE: Jou pa is daar ...
16 Die nar staan en kyk na die McDonald-werf. Hy is omtrent driehonderd meter
17 van die huis af, half agter die bome. Hy sien Nollie oor die werf hardloop in
18 die rigting van die skuur, en Katrien wat by die wasgoeddraad staan en roep
19 na Willem. Dan begin sy hardloop.
10.1 Wat het die dominee tydens sy huisbesoek gesê wat Willem ontstel het? (1)
10.2 Hoekom het die ouderling en Sakkie du Toit die nar juis by die skuur gaan
soek? (1)
10.3 Hendrik het geweet wie die hanswors was van wie die ouderling gepraat het.
10.3.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
10.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.3.1. (1)
10.4 Noem TWEE skinderstories wat die dorpsmense oor Willem vertel het. (2)
10.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Toe die mans op die nar geskiet het, was hulle nie bang vir die gevolge nie,
want hulle het geglo dat (hulle die gemeenskap sou red/die dominee aan hulle
kant was). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2012
NSS
10.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Thys Briekman het vir Emma gevra waar die nar was en was sarkasties toe hy
gevra het of ...
A Emma gedink het haar klavierspel sou hulle aandag aftrek.
B die nar moontlik in een van die kaste weggekruip het.
C sy ook gedink het dat die nar glad nie bestaan nie.
D sy ook stom was en haar tong ook afgesny was. (1)
10.7 Wie het die nar geskiet? (1)
10.8 Hoe het Willem aan Hendrik verduidelik wie die nar was? Noem TWEE feite. (2)
10.9 Wat het Hendrik gedoen nadat Willem verduidelik het wie die nar was? (1)
10.10 Hoekom het Willem nie aan die begin vir sy ouers van die nar in die skuur
vertel nie? (1)
10.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (10.11.1–10.11.4) en die antwoord neer.
onttrek; luister; toor; aanvaar; stry; baklei; kommunikeer; kyk
Die nar se paljas het baie mense positief beïnvloed. Manuel het vir Willem
geleer (10.11.1) ... Emma het Nollie begin (10.11.2) ... Hendrik en Katrien het
weer na mekaar begin (10.11.3) ... Die McDonald-gesin het weer met mekaar
begin (10.11.4) ... (4)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 MANUEL (wys nee): Dis Willem s’n. Hy moet leer om dit te
2 speel. (Tot Willem.) Onthou nè, jy’t belowe. Oefen daardie
3 paar drukke wat ek jou gewys het. (Tot Hendrik.) Hy gaan die
4 ding leer speel, en hy gaan aanhou glimlag.
5 Die trein begin trek.
6 HENDRIK: Gou hier’s nog. (Hy gee iets aan en Manuel gryp.)
7 Al jou toorgoed.
8 Hulle lag.
9 Die trein ry.
10 Almal staan en waai.
11 Willem hardloop al langs Manuel se venster en waai.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2012
NSS
12 Katrien en Emma is besig om aan te trek. Katrien het ʼn mooi
13 rok aan wat sy voor die spieël staan en bekyk. Die rok se kleur
14 pas presies by die blou oorkrabbers.
15 KATRIEN: Jong, lyk ek nie bietjie soos ʼn tert nie?
16 EMMA: Ma kan nie soos ʼn tert lyk nie, al smeer ons Ma vol jam.
17 KATRIEN: Maar dis bietjie oop hierso. (Sy wys vaagweg bo
18 langs.)
19 EMMA: Ag, Ma!
20 Daar is ʼn klop aan die deur.
21 HENDRIK: Kan ek inkom?
22 Maar hy kom in sonder toestemming – en steek vas.
23 Hy het ʼn das en baadjie en wit langbroek aan.
24 HENDRIK: Demmit, maar jy’s mooi!
25 KATRIEN (uit die veld geslaan): Dankie!
10.12 Manuel het besluit om permanent op Toorwater te bly.
10.12.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
10.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.12.1. (1)
10.13 Noem DRIE maniere waarop die McDonalds Manuel versorg het nadat hy
geskiet is. (3)
10.14 Waarom was Hendrik kwaad oor die blou oorkrabbers wat Katrien gekoop het? (1)
10.15 Waarheen was die gesin in hierdie uittreksel op pad met hulle deftige klere? (1)
10.16 Kies elke keer 'n persoon uit KOLOM B wat die woorde in KOLOM A gesê het.
Skryf slegs die vraagnommer (10.16.1–10.16.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
10.16.1 “Vanaand is die aand wat die manne A Willem
vuis slaan oor jou!”
B Sakkie
10.16.2 “Dis al wat ons doen heeltyd. Ons
maak of niks gebeur het nie.” C Emma
10.16.3 “Ons het maar net kom sê ons is D Hendrik
jammer oor daardie spul. Dit was nie
nodig nie.” E Frans
10.16.4 “Jy’t gesê lag is beter as huil.”
(4 x 1) (4)
10.17 Hoekom, dink jy, was Katrien so verbaas toe Hendrik vir haar gesê het dat sy
mooi is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2012
NSS
10.18 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Manuel het sy ... vir Willem gegee as bewys van die hoop vir die toekoms.
A toorgoed
B paljas
C trekklavier
D konsertina (1)
10.19 Hoe het Hendrik teenoor die dorpsmense opgetree toe hulle na die eiergooiery
op Toorwater aangekom het? (1)
10.20 Emma het na die Volstruisdans vir haar ouers gesê: “Ons gaan nooit weer
maak of niks gebeur het nie, Pa. Ons gaan oor als praat. Al maak dit hoe seer.”
Hoe, dink jy, gaan dit die McDonalds help as hulle oor hulle probleme praat? (1)
10.21 Wat simboliseer die treine in hierdie drama? (1)
10.22 Hoe, dink jy, was die verhouding tussen die McDonalds en die dorpsmense na
die Volstruisdans? (1)
10.23 Die drama eindig met Willem wat bo-op die windpomp sit. Motiveer waarom dit
ʼn effektiewe slot is. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2012
NSS
AFDELING C: KORTVERHALE
STORIEJOERNAAL
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
Die storie van Piet se oupa – AH de Vries
Die lewe van Piet se oupa was interessant!
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende:
• Oupa se tagtigste verjaarsdagpartytjie
• Die vrouens in Oupa se lewe
• Wat die dag gebeur het toe Oupa in die hospitaal beland het
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
Rooi kombersie – Rachelle Greeff
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Lila se ma het die kombers destyds vir haar in Port Elizabeth gekoop, die
2 vakansie voor sy universiteit toe is in die Boland. Hulle het gewoon op ʼn dorp
3 in die Groot-Karoo waar haar stiefpa, oom Kakie, ʼn klerewinkel gehad het.
4 Hulle huis was vas aan die winkel. Daardie vakansie in Port Elizabeth het
5 hulle nóg universiteitsgoed gekoop, maar dis net die kombers wat sy onthou.
6 Aan die einde van Lila se eerste jaar op universiteit is sy vir die
7 somervakansie huis toe. Sy moes haar deel van die dubbelkoshuiskamer,
8 waar die kombers heeljaar op haar bed gelê het, ontruim. Alles is in die
9 bagasiebak van die Rambler Rogue (wat oom Kakie net ʼn maand tevore op
10 Springfontein in die Vrystaat gaan koop het) saam terug Karoo toe. Die
11 kombers het langs haar op die agtersitplek gelê. In sy voue, versteek vir haar
12 ma en oom Kakie, was die jaar se verrassings, die skrik, die nuwe, vreemde
13 drome. Sy sou nog besluit wat sy met hulle sou deel.
12.1 Hoe lank het Lila al hierdie rooi kombersie gehad? (1)
12.2 Hoe weet ons dat Lila moeite gedoen het om hierdie kombersie goed op te
pas? Noem TWEE feite. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2012
NSS
12.3 Voltooi die paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die
vraagnommer (12.3.1–12.3.4) en die antwoord neer.
deurskynend; huis; gewigloos; enkelbed; kole; waatlemoene;
dubbelbed; tamaties
Vir Lila was die kombersie iets besonders. Dit was ʼn (12.3.1) ...-kombers. Die
kombers was warm, tog (12.3.2) ... Die kleur van die kombers kon ʼn mens
vergelyk met die binnekant van ryp (12.3.3) ... Toe die brand uitgebreek het,
het die kombers soos die hart van die (12.3.4) ... gelyk. (4)
12.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
In Lila se kombers se voue was “die jaar se verrassings, die skrik, die nuwe
vreemde drome” versteek. Dit beteken dat Lila ...
A sigarette in die kombers se voue weggesteek het.
B al die ervarings van haar eerste jaar saamgevat het huis toe.
C snags snaakse drome gedroom het.
D se ervarings daardie jaar net negatief was. (1)
12.5 Watter mal ding het Lila, volgens tannie Koekie, tydens die brand gedoen?
Sê hoekom Lila dit gedoen het. (2)
12.6 Lila het besef dat ʼn brand ʼn mens “klein” kan maak. Wat word met dié
aangehaalde woord bedoel? (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Lila is groen. Só omgewingsvriendelik dat sy miere met tabakstof verjaag en
2 plantluise – suksesvol – met knoffel vermoor. In haar huis is daar ook geen
3 spuitkannetjies nie, veral nie dié met gif vir vlieë of kakkerlakke nie. Niks word
4 ooit vergiftig nie – behalwe moontlik die kleremotte in haar rooi kombersie.
*******************
5 Dit het ʼn hoë, spits dak en staan alleen bo-op ʼn berg, nie ver van Kaappunt nie.
6 Rondom die huis is alles groen.
7 Sy’t die baie reën van die Skiereiland gewoond geraak en liefgekry. Die
8 sewejaarsoutbosse van die Karoo het sy nooit vergeet nie (haar ma, wat verseg
9 om dood te gaan en nou al met haar derde man getroud is, woon steeds op die
10 dorp), maar nou is sy elke dag doenig met die bewaring van fynbos en die
11 uitroei van indringerplante, van denne, rooikrans, stinkboon en portjackson. Sy
12 ken haar nuwe wêreld se baie plante soos kinders elkeen by die naam, sy en
13 Daniel, haar man. Maartlelies, vuurlelies, sewejaartjies, speldekussings. Hulle
14 hou werkwinkels, dien in omgewingskomitees, skryf pamflette, briewe aan
15 dagblaaie en word vereer vir hulle diens aan die omgewing. Dis net sy en Daniel
16 en die twee katte, Scar en Frats. Lila loop verkieslik kaalvoet en haar ligte
17 sondor hare is lank en los, soos dié van party vroue wat in die sestigerjare jonk
18 was.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2012
NSS
12.7 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Lila het nie daarvan gehou om gif te gebruik nie, behalwe as insekte haar
(rooi kombersie beskadig/plante opvreet). (1)
12.8 Kies elke keer 'n persoon uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te
pas. Skryf slegs die vraagnommer (12.8.1–12.8.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
12.8.1 Hierdie persoon was na al die jare nog A Oom Frikkie
Lila se kontak met die Karoo.
B Ma
12.8.2 Hierdie persoon het tydens die inbraak
kortaf en streng met Lila gepraat. C Inbreker
12.8.3 Hierdie persoon het die rooi kombers D Daniel
om Lila se skouers gevou.
E Oom Kakie
12.8.4 Hierdie persoon het met die
assuransiepapiere by die huis
uitgehardloop.
(4 x 1) (4)
12.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
ʼn Aanduiding dat Lila “groen” was, is dat ...
A al die plantegroei om haar huis groen was.
B sy aan die reӫn in die Kaap gewoond was.
C die bewaring van die natuur vir haar belangrik was.
D sy saans met wawyd oop vensters geslaap het. (1)
12.10 Hierdie kortverhaal word chronologies vertel.
12.10.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
12.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.10.1 deur na die begin en
einde van die kortverhaal te verwys. (1)
12.11 Wat het die inbrekers tydens die inbraak met Lila en Daniel gedoen? Vertel in
DRIE sinne. (3)
12.12 Lila het twee slegte ervarings in haar lewe gehad: die brand en die inbraak.
12.12.1 Gee EEN woord wat die atmosfeer net voor albei situasies beskryf. (1)
12.12.2 Watter simboliese betekenis het die rooi kombersie tydens die
inbraak vir Lila gehad? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2012
NSS
12.13 Noem TWEE dinge wat Daniel vir die inbrekers wou gee. (2)
12.14 Toe Lila die inbrekers gesien het, was sy kalm.
12.14.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
12.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.14.1 deur na Lila se eerste
reaksie te verwys. (1)
12.15 Noem EEN wapen wat die inbrekers gehad het. (1)
12.16 Watter belangrike besitting van Daniel het die inbreker in die werkkamer
gevat? (1)
12.17 Waarom is die slot van die verhaal ironies as jy aan Lila se leefwyse dink? (2)
12.18 Dink jy Daniel het tydens die inbraak reg opgetree? Motiveer jou antwoord. (1)
12.19 Watter belangrike les het jy uit die inbraak oor veiligheid geleer? (1)
12.20 Watter groot probleem in Suid-Afrika word uitgelig as jy dink aan dit wat met
Daniel en Lila gebeur het? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2012
NSS
AFDELING D: GEDIGTE
VERSJOERNAAL
BEANTWOORD TWEE VAN DIE VOLGENDE GEDIGTE.
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Stad in die mis – DJ Opperman
1 Met gespanne spier
2 loop ek deur die mis
3 want om my sluip ʼn dier
4 onder wit duisternis;
5 ek hoor hom knor en in oop mote
6 waggel sy pilare-pote
7 en sy kantelende rug metaal:
8 op hoeke van die strate blink
9 sy oë bloedbelope,
10 en met sy hap sluit staal op staal
13.1 In watter plek speel hierdie gedig af? (½)
13.2 Gee EEN WOORD wat sê hoe die spreker voel as hy deur die stad stap. (1)
13.3 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (13.3.1–13.3.2) en die antwoord neer.
kontraste; leestekens; enjambement; klanknabootsing
Die digter gebruik (13.3.1) ... om die beweging van die dier en die spreker te
beklemtoon. Die gebruik van (13.3.2) ... verdeel die gedig in drie dele om die
fokus elke keer op ʼn ander plek te plaas. (2)
13.4 Kies elke keer 'n woord uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te
pas. Skryf slegs die vraagnommer (13.4.1–13.4.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
13.4.1 wit duisternis A verkeersligte
13.4.2 kantelende rug B besoedeling
13.4.3 oë bloedbelope C dakke
D motors
(3 x 1) (3)
13.5 Watter EEN WOORD beskryf die oop gebiede tussen die geboue in die stad? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2012
NSS
13.6 Daar is ʼn derdepersoonspreker in hierdie gedig.
13.6.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
13.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 13.6.1 deur EEN VERSREËL uit
reël 5–7 aan te haal. (1)
13.7 Watter woord sê dat die dier moeilik beweeg het? (1)
13.8 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Die herhaling van die s-klank in die woorde “gespanne spier” is ʼn voorbeeld
van (assonansie/alliterasie). (1)
13.9 Watter TWEE dinge kon die spreker die dier hoor doen? (2)
13.10 Wie is die “hom” waarna in versreël 5 verwys word? (1)
13.11 Wat moet die spreker in hierdie gedig doen om veilig in die stad te voel? (1)
13.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
In hierdie gedig is die stad soos ʼn ... dier.
A gevaarlike
B gespanne
C bloederige
D getroue (1)
13.13 Watter gevoel oor die stad kry jy wanneer jy die woorde “staal op staal”
(reël 10) lees? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Things that go bump in the night – Rosa Keet
1 jy los my alleen
2 in ʼn huis vol geluide
3 en hoe minder ek probeer luister
4 hoe harder klink die klank
5 van ʼn onbekende voetstap
6 op die donker trap
7 bang vaak verdwaal ek laat
8 in die gange op soek
9 na slaap
10 wat om elke naghoek verdwyn
11 ek skrik
12 vir die naaldekokerstraatlig
13 deur skaars bewegende blare
14 jou jas aan die kapstok
15 is ʼn man sonder bene
16 ek is bang
17 vir die stofsuierslang
18 op die vloer van die spens
19 en tot jy terugkom
20 sleep ek my vlees
21 soos ʼn kis agter my aan
14.1 Voltooi die volgende sin. Skryf slegs EEN woord as antwoord neer.
ʼn “(B)ump” is ʼn ... wat ʼn mens hoor. (½)
14.2 Wat gebeur as die spreker minder na al die geluide probeer luister? (1)
14.3 Watter WOORD in versreël 5 dui op iets vreemds op die trap? (1)
14.4 Dink jy die spreker het rede om bang te wees? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
14.5 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (14.5.1–14.5.2) en die antwoord neer.
vrees; onvermoë; geduld; ongelukkigheid
Die tema van die gedig dui op mense se (14.5.1) ... om hulle (14.5.2) ... te
verwerk. (2)
14.6 Waarna het die spreker in die gange gesoek? (1)
14.7 Wat het die spreker buite die huis gesien wat hom/haar bang gemaak het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2012
NSS
14.8 Dit was ʼn winderige nag.
14.8.1 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
14.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 14.8.1 deur ʼn versreël aan te
haal. (1)
14.9 Wat word in versreӫl 17 met mekaar vergelyk? (2)
14.10 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Dit was die spreker se (nagmerrie/verbeelding) wat hom/haar bang gemaak
het. (1)
14.11 Kies elke keer 'n term uit KOLOM B om by die aanhaling in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommer (14.11.1–14.11.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
14.11.1 “sleep ek my vlees” A personifikasie
14.11.2 “vaak verdwaal” B alliterasie
14.11.3 “jou jas aan die kapstok C assonansie
is ʼn man sonder bene”
D metafoor
(3 x 1) (3)
14.12 Kies die KORREKTE antwoord om die stelling mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die woord “kis” (reël 21) word met ... geassosieer.
A slaap
B dood
C lewe
D naggeluide (1)
14.13 Hoekom is die titel van die gedig in Engels so gepas? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Spore op die maan – Koos du Plessis
1 Elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel,
2 want iets sê: “Stomme drommel,
3 die ruimte lê vol rommel”
4 En ek begin verstaan:
5 Daar is geen nuwe oord om heen te gaan,
6 want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
7 Want die stad blom elke nag,
8 strooi sy saad en skemerdag
9 breek staalspruite deur die aardkors.
10 waar jy gaan.
11 Rommelberge groei omheen
12 en daar’s swaelsuur in die reën –
13 en, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
14 Waarheen sou ek gaan?
15 Ontvlug is onbegonne;
16 selfs droom is onbesonne,
17 want die wêreld is oorwonne
18 en ek begin verstaan:
19 Daar is geen nuwe paaie om te baan;
20 want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
21 Elke hektaar is verkoop,
22 elke opstal lê gesloop
23 en die wêreld wag verwese, in die waan
24 dat ʼn wonder sal gebeur
25 om sy rusperleërs te keer –
26 maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
27 Vlug na berg of woud ...
28 Meen jy dat daar geeneen is;
29 dat jy eindelik alleen is?
30 Ag, verspieders loer op Venus
31 en ek begin verstaan:
32 Daar is geen nuwe oord om heen te gaan,
33 want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
34 Elke woord is retoriek,
35 elke droom is bloot plastiek
36 en atoom’s die idioom van wie verstaan.
37 Iewers moet ʼn rusplek wees
38 Vir die afgematte gees –
39 maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan;
40 duisend donker spore op die maan.
41 Kyk, daar lê reeds spore op die maan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/November 2012
NSS
15.1 Watter tipe spreker kry ons in hierdie gedig? (½)
15.2 Waarom is die plan “verfrommel”? (Versreël 1) (1)
15.3 Wie se skuld is dit dat daar “rommel” (versreël 3) in die ruimte is? (1)
15.4 Wat suggereer die woorde “Daar lê reeds spore op die maan”? (Versreël 6) (1)
15.5 Waarna verwys die woorde “want die stad blom elke nag”? (Versreël 7) (1)
15.6 Kies elke keer 'n term uit KOLOM B om by die aanhaling in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommer (15.6.1–15.6.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
15.6.1 “Stomme drommel” A personifikasie
15.6.2 “Want die stad blom elke nag” B alliterasie
15.6.3 “die wêreld wag verwese” C metafoor
D vergelyking
(3 x 1) (3)
15.7 Die retoriese vraag in reël 14 suggereer dat die mens nog kan kies waarheen
om te gaan.
15.7.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
15.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 15.7.1 met ʼn aanhaling uit strofe 3. (1)
15.8 Haal EEN WOORD uit strofe 4 aan wat dieselfde beteken as afgebreek. (1)
15.9 Lees strofe 4.
15.9.1 Waarmee word die mens vergelyk? (1)
15.9.2 Motiveer waarom dit so ʼn goeie manier is om die mens te beskryf. (1)
15.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“Ag, verspieders loer op Venus” (versreël 30) beteken dat ...
A daar alreeds mense op Venus bly.
B die mens op aarde loer wat die mense op Venus maak.
C daar gekyk word of mense op die planeet Venus kan gaan bly.
D die mense op Venus loer wat die mense op aarde maak. (1)
15.11 Watter gevoel word uit die woord “Ag” (versreël 30) afgelei? Gee ʼn rede vir
jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/November 2012
NSS
15.12 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die nommer en die
antwoord neer.
Hierdie gedig is in (liriekvorm/vrye vers) geskryf. (1)
15.13 Wat is, volgens die gedig, die mens se verantwoordelikheid teenoor die
natuur? (1)
[17½]
OF
VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Die hanswors – SJ Pretorius
1 Oor sy afsigtelike boggel
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.
5 Tussen die diere in ʼn hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 “Met klere wat gedurig gaar is,
8 Wat doen die vent met sy salaris?”
9 Hy’t maandeliks by die poskantoor
10 ʼn brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 “Sou daar tog êrens iemand wees?”
13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater van die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.
23 Toe het ʼn brief gekom eendag ...
24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl ʼn boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: “Dankie, my kind ... ”
16.1 Waar het die hanswors gewerk? (½)
16.2 Waaroor is die hanswors gespot? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/November 2012
NSS
16.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Die woord “venyn” (versreël 3) sê dat die mense (onbeskof/hatig) teenoor die
hanswors was. (1)
16.4 Watter EEN WOORD in strofe 2 sê dat die ander mense nie respek vir die
hanswors as mens gehad het nie? (1)
16.5 Waarom het die hanswors na die diere toe gegaan? (Versreëls 5 en 11) (1)
16.6 Wat bedoel die spreker as hy sê dat die hanswors se klere “gaar” was? (1)
16.7 Waarom, dink jy, het die hanswors die brief “oor en oor” gelees? (Versreël 11) (1)
16.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die vraag “Sou daar tog êrens iemand wees?” (versreël 12) suggereer dat die
mense ... was, omdat iemand vir die hanswors omgegee het.
A verlig
B bekommerd
C hartseer
D verbaas (1)
16.9 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan wat aandui dat die hanswors
nooit lekker geruik het nie. (1)
16.10 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan wat aandui hoe gevaarlik
die hanswors se werk was. (1)
16.11 Die toeskouers het die hanswors se toertjies baie geniet.
16.11.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
16.11.2 Haal EEN VERSREËL aan om jou antwoord op VRAAG 16.11.1 te
motiveer. (1)
16.12 Waarom was die hanswors ʼn “bate” vir sy baas? (Versreël 22) (1)
16.13 Wat suggereer die stippels aan die einde van versreël 23? (1)
16.14 Waarom, dink jy, was die hanswors “verblind”? (Versreël 24) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/November 2012
NSS
16.15 Kies elke keer 'n woord uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommer (16.15.1–16.15.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
16.15.1 Dit verwys na die hanswors se A aapagtig
liggaamsbou.
B firmament
16.15.2 Dit verwys na die hanswors se
toertjies. C kabouter
16.15.3 Dit verwys na hoe rats die hanswors D duiwelstreke
was.
(3 x 1) (3)
[17½]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper