You're offline
Skip to content
Memorandum

Afrikaans FAL P3 Nov 2012 Memo_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 12201221 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2012 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye wat drie rubrieke insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2012 NSS – Memorandum ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne. Bylaag A: Vraag 1 Opstel Bylaag B: Vraag 2.1 Formele Brief Vraag 2.2 Toespraak Vraag 2.3 Dialoog Vraag 2.4 Skoolkoerantartikel Bylaag C: Vraag 3.1 Advertensie Vraag 3.2 Poskaart Vraag 3.3 Instruksies 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. 4. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word. 5. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste kode. 6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR. 7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn streep deur die res getrek. 8. Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke. Amper korrek Te kort/te lank Heeltemal te kort/te lank AFDELING Afd. A: Opstel 240–249 230–239 Minder as 230 250–300 woorde 301–310 311–320 Meer as 320 Afd. B: Langer transaksionele teks 113–119 106–112 Minder as 106 120–150 woorde 151–157 158–164 Meer as 164 Afd. C: Korter transaksionele teks 75–79 69–74 Minder as 69 80–100 woorde 101–105 106–111 Meer as 111 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 9. By Vraag 1.6: • Indien die titel en inhoud nie ooreenstem nie, moet die titel geïgnoreer word. Die rubriek maak nie voorsiening vir sodanige penalisering nie. • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels. SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word. VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde (...) Hakies en kort pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van ʼn nuwe sin sin Woorde uit ander tale/*nie- X Trek ʼn X oor die verkeerde woord. funksionele/vreemde woorde *Standaardafrikaans bly die norm. Gebruiksafrikaans moet vermy word. Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse streekswoorde/ streeksuitdrukkings. Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bokant goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2012 NSS – Memorandum NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES volgens: Afdeling A: INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte). Afdeling B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (10 punte). Afdeling C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (7 punte). 3. Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie kode tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ʼn gegewe punt van 16–19 uit 50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf net EEN punt neer. 4. Hou die persentasies by die kodes in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel. 5. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt I/B 5 19½ B en C T/S/R 2 4 I/B/F 5 12 S 5 5 T/S/R 6 7 28½ 19 TOTAAL: 29 TOTAAL: 19 6. Halwe punte word per afdeling afgerond. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2012 NSS – Memorandum LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED AFDELING A: OPSTELTIPES Assesseer die opstelle sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die onderwerp gelei. VERHALENDE OPSTEL • Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede). • Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. • Die inleiding moet die leser se aandag vasvang. • Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser. • Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ʼn manier gebruik dat die leser graag verder wil lees. • Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die daarop- volgende afloop van gebeure behoort voor te kom. • Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees. • Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • ʼn Buitengewone slot rond dit finaal af. • Kru taal word nie toegelaat nie. BESKRYWENDE OPSTEL • Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. • ʼn Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede soos sig, klank, smaak, reuk en sensasie. • ʼn Goeie woordeskat is nodig vir ʼn raak beskrywing. • Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. • Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Kru taal word nie toegelaat nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2012 NSS – Memorandum BESPIEGELENDE OPSTEL • Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid/ʼn herinnering en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. • Bespiegel oor/dink terug aan daardie moontlikheid, herinnering of lewenswaarheid. • ʼn Bespiegelende opstel sal subjektief wees. • Gevoelens en emosies speel ʼn baie belangrike rol. • ʼn Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees. • Hierdie beskrywings behoort realisties te wees en moet daarop gemik wees om die gevoelens van die skrywer weer te gee. • Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opreg en persoonlike betrokkenheid te toon. • Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg en ʼn slotsom word gevorm (logies en sistematies). • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Kru taal word nie toegelaat nie. ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL • Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. • Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. • Dit is ʼn subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/haar gesigspunt te deel. • NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van die begin af stelling ingeneem word vir of teen ʼn argument NIE. • Die skrywer gee ʼn subjektiewe mening oor die onderwerp. • ʼn Reeks argumente word gegee om die mening te motiveer. • Die skrywer konsentreer gewoonlik op argumente vir of teen die standpunt. Die teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ʼn eie mening te gee. • ʼn Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter. • Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak. • Sterk gevoelstaal sal gebruik word, maar mag nooit kru wees nie. • Die slot moet ʼn sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer se gesigspunt bevestig. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2012 NSS – Memorandum BEREDENERENDE OPSTEL • Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ʼn argument te gee. • Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en gee dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig aangebied. • Die skrywer mag ʼn spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees. • Die skrywer moet BEIDE kante van die argument verstaan, daaroor nadink en op ʼn onpartydige en goed ingeligte manier daaroor redeneer. • Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees. • Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word. • Die toon is nie emosioneel nie. • Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees. • Die skrywer mag aan die einde ʼn aanduiding van sy/haar gesigspunt gee, maar dit mag slegs in die slot wees. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • ʼn Gevolgtrekking kan in die slot gegee word. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Kru taal word nie toegelaat nie. VISUELE PRIKKELS • Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkel oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet oorweeg word by assessering. ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG • Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word. • Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val, maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 FORMELE BRIEF • Die formele brief hanteer die inhoud m.b.t. taalgebruik en styl, formeel en saaklik. Die brief spreek die teikenpersoon/aangesprokene formeel aan, naamlik Meneer, Geagte Meneer/meneer Botha; Geagte Mevrou/mevrou Theys; Geagte Professor/professor Steyn. Me. moet saam met ʼn van gebruik word, bv. Geagte me. Smith • Die inhoud moet formeel en hoflik wees. Dit moet getuig van professionaliteit. • Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die briefskrywer en die ontvanger van die brief. • Wees hoflik, al is jy kwaad. • Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees: Leestekens: • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum: • Die adres van die skrywer word regs, bo-aan in blokvorm geskryf. • Toegewing: Omdat sekere handboeke wel ʼn reël tussen die adres en datum ooplaat, moet ons hier ʼn toegewing maak en nie die kandidate penaliseer nie. • Die datum word voluit geskryf: 18 November 2012. • Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf. • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. • ʼn Reёl word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat. Die aanhef, afsluiting en slot: • Aanhef: Meneer, Geagte Meneer/Mevrou/Dame. • Afgekorte aanspreekvorme (mnr./mev./dr./me. ens.) moet saam met ʼn van gebruik word. • Geen leestekens word na Die uwe gebruik nie. • Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Die briefskrywer kan voorletters en van onder die handtekening uitskryf. Die paragrawe: • ʼn Reël word tussen paragrawe oopgelaat. • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik en moet ʼn skakel tussen die briefskrywer en die ontvanger van die brief wees. • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. • Die slotparagraaf moet die brief saaklik en hoflik saamvat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VOORBEELD Posbus 198 Brentpark 9499 18 November 2012 XXX Die Munisipale Bestuurder Privaatsak X 05 Kroonstad 9500 XXX Geagte Meneer/Mevrou/dr. Steyn/prof. Steyn (Afkortings moet saam met ʼn van gebruik word.) XXX MAAK ONS DORP GROEN of Maak ons dorp groen XXX Inleidingsparagraaf. Gee die rede vir die brief duidelik; die ontvanger word alreeds in hierdie paragraaf ingelig waaroor die inhoud van die brief gaan handel. XXX Paragraaf 2: Brei uit op die rede vir die brief en omskryf die projek wat die gemeenskap wil begin. XXX Paragraaf 3: Probeer die ontvanger aanspoor om die gemeenskap te help. XXX Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam. Spreek waardering uit vir aandag wat geskenk sal word. XXX Ons hoop om so spoedig moontlik u antwoord te ontvang. XXX Die uwe (geen punktuasie nie) M. Loods of Mark Loods Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling van TWEE soortname is. Arcadia straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl.121) Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal bespreek word na gelang van die geografiese ligging. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.2 FORMELE TOESPRAAK • Die formele toespraak word gelewer om die gehoor te oortuig. • Die keuse van die onderwerp is baie belangrik. • Die styl is formeel en die doel is om die gehoor in te lig. • Emosionele momente kan soms met die gehoor gedeel word. • Die inhoud moet toepaslik wees. • Die inhoud moet georden en logies wees. • Die formele toespraak is kort en bondig. • Koherensie (samehang) is baie belangrik. • Die taal, styl en register moet by die gehoor en die onderwerp pas. • Die spreker gebruik sover moontlik die bedrywende vorm. • ʼn Treffende slot wat die onderwerp sinvol saamvat. FORMAAT • Daar is ʼn opskrif wat by die res van die toespraak se inhoud pas. • Die spreker se feite moet korrek wees. Goeie navorsing moet gedoen word en bronverwysings sal feite versterk. • Die toespraak kan puntsgewys of in paragraafvorm aangebied word. • Die inleiding. • Die spreker spreek waardering uit vir aandag wat verleen word. • Die slot mag ʼn gevolgtrekking insluit. • Wees hoflik. • Die slot moet die gehoor prikkel, aanmoedig en oortuig. VOORBEELD OPSKRIF: MATRIEKS LEEF VOLGENS MOEDER TERESA SE WYSHEID Inleidingingsparagraaf: Onderwerp word ingelei. Die gehoor se aandag word onmiddellik vasgevang. XXX Inleiding: Waaroor handel die toespraak Verband moet gelê word tussen die matriekafskeid en die aanhaling. XXX Liggaam Verduidelik hoe die matriekleerders hierdie wyse woorde ʼn leefwyse kan maak. • Die feite moet korrek wees. Goeie praktiese voorbeelde. • Inhoud moet logies en georden wees. • Koherensie (samehang) is baie belangrik. XXX Slot: Die slot moet die gehoor prikkel en aanmoedig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.3 DIALOOG • ʼn Dialoog is ʼn gesprek/kommunikasie tussen twee mense. • Die taal, styl en register moet by die sprekers en die onderwerp pas. • Gebruik leestekens om emosie aan te dui. • Gebeurtenisse en staaltjies maak die dialoog interessant. • Die leser (gehoor) moet ʼn geheelbeeld van die onderwerp (saak waaroor gesprek gaan) kry. • Maak gebruik van informele spreektaal. Taal moet toepaslik wees. • Die geskrewe vorm moet op ʼn vraag-antwoord-metode gedoen word. • Die kommunikasieproses moet gemaklik en natuurlik wees. FORMAAT • Die dialoog word ingelei en die gehoor se aandag word vasgevang. Die inleiding moet oor die kwessie ter sake gaan. Die inleidende sin is baie belangrik. • Die spreker se hulp aan die vriend/vriendin word dadelik ingelei. • Die sprekers se name staan teen die kantlyn. • Daar is ʼn dubbelpunt na die naam. • Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie. • ʼn Reёl word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat. • Ekstra inligting of beskrywing word tussen hakies geskryf. • ʼn Treffende slot wat moontlik die probleem tussen die sprekers kan oplos. VOORBEELD Mark: Ben, kan ons asseblief oor jou probleem praat? Tshepo: Ja, maar dit is baie sensitief. Mark: Jy weet jy kan altyd op my staatmaak en ek sal luister en probeer help. Tshepo: ... • Slotparagraaf ʼn Treffende slot wat moontlik die probleem van die spreker oplos. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.4 SKOOLKOERANTARTIKEL • ʼn Artikel oor ʼn bepaalde onderwerp wat in ʼn skoolkoerant gepubliseer word. • Die artikel kan lesers vermaak of oor aktuele sake inlig. • Die onderwerp moet in die titel saamgevat word. • ʼn Subtitel kan ook gegee word. • Die omgekeerde piramide-metode word gebruik. • Die meeste feite word in die eerste paragraaf weergegee: Wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe. • Die wie-, wat-, wanneer-, waarom- en hoe-vrae word in die volgende paragrawe uitgebrei. • Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee. • Deeglike kennis oor die onderwerp is belangrik. • Taal en styl is formeel. Die artikel word in die bedrywende vorm geskryf. • Die slot vat die artikel saam. FORMAAT • Die skoolkoerantartikel kan in paragrawe of kolomme aangebied word. • Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas. • Die belangrikste sake moet eerste gestel word. • Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. (Die teikengroep is die leerders.) • Aanhalings kan gebruik word. • Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. VOORBEELD Is daardie matriekbaadjie regtig nodig? Inleidingsparagraaf: Stel die probleem duidelik soos dit in die onderwerp/ opskrif staan. Paragraaf 2 Neem standpunt in: Ja/Nee. Gee ʼn rede vir die standpunt wat ingeneem is. Beantwoord die wie-, wat-, wanneer-, waar-, hoe- en hoekom-vrae. Paragraaf 3 en verder Die res van inligting in dalende orde van belangrikheid. SLOTPARAGRAAF Die slot vat die artikel saam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2012 NSS – Memorandum ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING B: 30 AFDELING C: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 3 3.1 ADVERTENSIE • Die advertensie moet die jongmense oortuig om met hierdie projek te kom help. Die begeerte moet ontstaan om deel van die projek te wees. • Die advertensie word geskep vir ʼn spesifieke groep mense. • Die leser moet oortuig word om betrokke te raak. • Die krag van die advertensie lê in sy eenvoud. • Hou die advertensie kort en bondig. • Lettergroottes en -tipes is baie belangrik. (Uitleg speel ʼn belangrike rol.) • Die advertensie berus op die ABBA-beginsel van AANDAG trek, BELANGSTELLING vir die produk wek, BEGEERTE by die mense skep, sal tot AKSIE oorgaan. FORMAAT • Die kandidaat moet die W-vrae (wat, wie waar, waarom en wanneer) beantwoord. • Die uiteensetting word volgens die ABBA-beginsel geskoei. • Die leser moet die advertensie verstaan en dit moet eenvoudig en maklik wees. • Die doel is om die leser tot aksie te laat oorgaan om die produk te koop of wil koop/of van die dienste gebruik maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VOORBEELD UBUNTU GEE SAAM MET ONS OM! Wat? Son kyn ouEt hui s e s ZE ES RAA , B K T T ra ndfo tr Waar? Ons gaan uitreik en die ouetehuis skoonmaak en verf. Wat alles? SATERDAG, 15 DESEMBER 2012 Wanneer? 08:00 – 16:00 Alle jongmense van die dorp word uitgenooi! Vir wie? Trek ou klere aan en kom werk lekker saam. Maak saam met ons ʼn verskil. Ons kan die bejaardes se dag en omgewing soveel mooier maak. IETS VIR ALMAL OM TE DOEN! VOEL GOED OOR JOU BYDRAE TOT UBUNTU Vir verdere navrae en skenkings: Bel vir Palesa Nkosi by tel: 016-5193785 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 3.2 POSKAART • ʼn Poskaart is ʼn kommunikasiewyse waarop een mens vir ʼn ander ʼn kort boodskap stuur. • Net interessante inligting word weergegee. • Sinne word kort en kragtig geformuleer. FORMAAT • Naam en adres van ontvanger verskyn aan regterkant van poskaart. • Aanhef, om aan te dui aan wie die poskaart geskryf word, aan linkerkant. • Die datum moet gegee word. • NIE nodig vir paragrawe NIE. • Die sinne is kort en bondig. Waak teen kripties skryf. Hou by volsinne. VOORBEELD 11 November 2012 POSSEËL Beste Asjaven XXX Die byeenkoms vir jongmense saam met mnr. Zuma was Asjaven Naidoo wonderlik! Hy weet hoe om jongmense goed te laat voel. Mbekistraat 345 Hy glo elke jongmens het baie potensiaal en dat die jeug Durban hulle deel moet bydra om ʼn suksesvolle Suid-Afrika te 4001 verseker. Ons gaan môre saam met mnr. Zuma ʼn paar interessante plekke in Durban besoek. Groete tuis. XXX Jalie 3.3 INSTRUKSIES • Die instruksies moet logies, saaklik en duidelik uiteengesit word. • Die inligting is bedoel om leiding te gee. • Die instruksies kan ʼn opskrif hê. • Sinne word kort en kragtig geformuleer sonder omhaal van woorde. FORMAAT • Die uiteensetting: puntsgewys/reëls oopgelaat/ander aanduiders gebruik. • Die instruksies is kort en bondig. • Die sin kan elke keer met ʼn werkwoord begin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VOORBEELD Kandidate kan noem wat hulle mag EN nie mag doen nie. INSTRUKSIES 1. Laat die bure vroegtydig weet dat julle partytjie gaan hou. 2. Moenie die musiek te hard speel nie. 3. Moenie drankies en kos op die meubels mors nie. 4. Bly weg van dwelmmisbruik in ons huis! 5. Almal moet na die partytjie help om op te ruim. 6. Niemand mag drink en bestuur nie. 7. As jou vriende oorslaap, moet seuns en meisies in aparte kamers slaap. 8. Moenie die meubels in die huis rondskuif of uitdra nie. 9. Niemand mag in die huis rook nie. 10. Werk versigtig met die breekgoed sodat dit nie breek nie. ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 7. KONTROLELYS VIR OPSTEL EN MODERERING ALGEMENE NKV BEGINSELS VRAAGNOMMER KOMMENTAAR 1. Sosiale transformasie Afdeling A, B en C 2. Uitkomsgebaseerde onderwys Afdeling A, B en C As uitvloeisel van UGO 3. Hoë kennis/vaardigheid Afdeling A, B en C 4. Integrasie Afdeling A, B en C 5. Progresssie Vlgs. NKV van gr.10 – 12 6. Artikulasie/oordraagbaarheid Indien kandidaat voldoen aan vereistes 7. Menseregte/inklusiwiteit/ Afdeling A, B en C omgewings-/sosiale geregtigheid 8. Waardering vir inheemse 9. Geloofwaardigheid/kwaliteit/ Afdeling A, B en C doeltreffendheid Uitkomsgebaseerde onderwys: KRITIEKE UITKOMSTE VRAAGNOMMER KOMMENTAAR 1. Identifiseer/los probleme op 1.3 1.6.3 2.3 2.4 2. Werk doeltreffend in groep(e) Nie van toepassing nie. Eksamen 3. Organiseer en bestuur die self 1.1 1.2 1.3 1.4 1.6 2.1 2.2 2.3 2.4 3.1 3.2 3.3 4. Inligting versamel, ontleed, Afdeling A, B en C organiseer en evalueer 5. Kommunikeer doeltreffend Afdeling A, B en C 6. Gebruik wet./tegn. doeltreffend 7. Die wêreld as sisteem: 1.6.1 1.6.3 2.4 Uitreik na ander probleme nie in isolasie nie Uitkomsgebaseerde onderwys: ONTWIKKELINGSUITKOMSTE VRAAGNOMMER KOMMENTAAR 1. Verskillende leerstrategieë Afdeling A, B en C 2. Verantwoordelike burgerskap 1.2 1.4 1.6.2 2.2 2.3 3.1 3.2 3.3 3. Kultureel/esteties sensitief 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 2.1 2.2 2.3 2.4 3.1 3.2 3.3 4. Beroepsmoontlikhede 1.4 1.6.2 2.1.. 5. Entrepreneurskap 2.1 2.4 3.3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 8. OPSOMMING VAN DIE VRAE IN VRAESTEL 3: NOVEMBER 2011 LU 3 TIPE Die leerder is in staat om vir ʼn wye SKRYF verskeidenheid doeleindes en SKRYFSTUK teikengroepe te skryf en aan te bied deur konvensies en verskillende kontekste te gebruik. AS ■ Beplan volgens doel, teikengroep en konteks. ■ Toon gebruik van skryfstrategieë. AFDELING A OPSTEL ■ Dink na oor, ontleed en evalueer, met inagneming van ander se sienings, VRAAG 1 eie werk en bied die finale produk aan. 1.1 Al vyf tipes 1.2 Al vyf tipes 1.3 Al vyf tipes 1.4 Al vyf tipes 1.5 Al vyf tipes 1.6.1 – 1.6.3 Al vyf tipes AFDELING B LANGER VRAAG 2 TRANSAKSIONELE TEKSTE 2.1 Formele brief 2.2 Toespraak 2.3 Dialoog 2.4 Koerantartikel AFDELING C TRANSAKSIONELE, VRAAG 3 NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE 3.1 Advertensie 3.2 Poskaart 3.3 Instruksies 15 onderwerpe/keuses 12 tipes skryfstukke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/November 2011 NSS – Memorandum AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL Baie goed - Puik Goed Bo-gemid. Gemiddeld Ondergemid. Swak, maar slaag Te swak om te slaag 50 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1 PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend 80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29% 26-32 22½-25½ 19½-22 16-19 13-15½ 10-12½ 0-9½ -Inhoud toon uit- -Inhoud toon goeie -Inhoud toon bo- -Inhoud toon ’n -Inhoud toon -Inhoud dikwels -Inhoud nie ter sake INHOUD EN stekende inter- interpretasie van gemiddelde voldoende ondergemiddelde onverstaanbaar. nie. Geen pretasie van onder- onderwerp. interpretasie van interpretasie van interpretasie. Gebrek aan samehang nie. BEPLANNING werp. -Idees interessant en onderwerp. onderwerp. Leemtes in same- samehang. -Idees herhaal. -Idees uitdagend en verbeeldingryk. -Idees interessant en -Idees gewoon en hang. -Idees is min en -Beplanning en/of volwasse. -Beplanning en/of oortuigend. diepte ontbreek. -Idees meestal dikwels herhalend. eerste poging 32 PUNTE -Beplanning en/of eerste poging lei tot -Beplanning en/of -Beplanning en/of relevant, herhalend. -Beplanning en/of ontbreek heeltemal. eerste poging lei tot goedsaamgestelde, eerste poging lei tot eerste poging lei tot -Beplanning en/of eerste poging lei tot Swak opstel/ ʼn feitlik foutlose, gepaste opstel. ʼn goeie, gepaste ʼn bevredigende eerste poging lei tot opstel wat nie goed aanbieding. gepaste opstel. opstel. opstel/ aanbieding. ondergemiddelde, aangebied is nie. dog redelik verstaanbare opstel. 10-12 8½-9½ 7½-8 6-7 5-5½ 4 0-3½ -Toon kritiese -Toon kritiese -Daar is bewyse van -ʼn Aanduiding van -Beperkte kritiese -Geen kritiese -Geen kritiese TAAL, STYL taalbewustheid. taalbewustheid. kritiese taalbewust- kritiese taalbewust- taalbewustheid. taalbewustheid. taalbewustheid. -Effektiewe gebruik -Korrekte gebruik van heid. heid. -Taal gewoon en -Gebrekkige taal en -Ernstige gebrek aan EN van taal en taal en punktuasie. -Taal en punktuasie: -Taal baie eenvoudig punktuasie dikwels punktuasie. taal en punktuasie. REDIGERING punktuasie. Maak Kan figuurlike taal meestal korrek. en punktuasie foutiewelik gebruik. -Woordkeuse -Woordkeuse van figuurlike taal gebruik in korrekte -Woordkeuse is voldoende. -Woordkeuse beperk. ontoepaslik. gebruik. konteks. gepas vir opstel. -Woordkeuse basies. -Styl, toon en register -Styl, toon en register 12 PUNTE -Woordkeuse hoogs -ʼn Variasie in -Styl, toon en register voldoende. -Styl, toon en register gebrekkig. is baie gebrekkig. toepaslik/ woordekeuse en is meestal toepaslik -Styl, toon en register toon gebrek aan -Opstel is besaai met -Opstel is besaai met uitmuntend. word korrek gebruik. vir die onderwerp. oor die algemeen in samehang. foute ten spyte van foute en verwarrend -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Opstel oor die ooreenstemming met -Opstel het steeds proeflees en ten spyte van proef- is hoogs gepas. is toepaslik vir die algemeen foutloos vereistes vir die baie foute na redigering. lees en redigering. -Opstel feitlik foutloos onderwerp. na proeflees en onderwerp. proeflees en na proeflees en -Opstel meestal redigering. -Opstel het steeds redigering. redigering. foutloos na proeflees foute na proeflees en en redigering. redigering. 5-6 4½ 4 3 2½ 2 0-1½ -Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Onderwerp bevat -Daar is bewyse van -Dwaal soms van die -Afgedwaal van die STRUKTUUR onderwerp onderwerp is onderwerp sommige idees, ontwikkeling van onderwerp af. onderwerp. samehangend met samehangend met samehangend en noodsaaklike details sommige noodsaak- Algemene gedagte- -Sinskonstruksie en verbeeldingryke verbeeldingryke logiese ontwikkeling egter ingesluit. like idees. gang moeilik om te paragrafering: 6 PUNTE details. details. van details. -Sinskonstruksie en -Sinskonstruksie en volg. deurmekaar en -Sinne en paragrawe -Sinne en -ʼn Verskeidenheid paragrafering mag paragrafering foutief, -Sinskonstruksie en ondeurdag. samehangend paragrafering: tipes sinne en foute bevat, maar maar idees is paragrafering baie -Lengte is heeltemal saamgestel. samehangend, goed paragrawe skakel opstel maak nog sin. verstaanbaar. elementêr te kort/te lank. -Lengte is in gekonstrueer/ logies. -Lengte is amper -Lengte is te kort/ saamgestel. ooreenstemming met saamgestel. -Lengte is korrek. korrek. te lank. -Lengte is te kort/ vereistes. -Lengte is korrek. te lank. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/November 2011 NSS – Memorandum AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS - EERSTE ADDISIONELE TAAL Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag 30 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1 PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend 80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29% 16-20 14-15½ 12-13½ 10-11½ 8-9½ 6-7½ 0-5½ -Gespesialiseerde -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Voldoende kennis van -ʼn Gemiddelde kennis van -ʼn Elementêre kennis van -Geen kennis van INHOUD, kennis van vereiste van teks. vereistes van teks. -Gedissiplineerde vereistes van teks. -Behou bo-gemiddelde vereistes van teks. -Gemiddelde fokus, inhoud vereistes van teks. Respons op geskrewe vereistes teks. Respons op geskrewe teks toon ʼn vereistes van teks nie. Respons op geskrewe BEPLANNING -Gedissiplineerde skryfwerk, behou goeie fokus, onbenullige wyk effens af van teks toon onder- beperkte/swak fokus. teks toon baie swak/geen EN FORMAAT skryfwerk, behou deurgaans baie goeie fokus; byna geen afwykings nie. afwykings. -Inhoud en idees onderwerp, maar dit belemmer nie die gemiddelde fokus. -Wyk af van onderwerp; -Inhoud wyk af van onderwerp; betekenis is fokus. -Inhoud wyk af van fokus; geen afwykings -Inhoud en idees samehangend. Detail oorhoofse betekenis betekenis is plek-plek plek-plek verwarrend. onderwerp. Betekenis 20 PUNTE nie. -Teks, algeheel same- samehangend. Alle detail ondersteun ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste nie. -Inhoud en idees vaag. -Inhoud en idees het -Inhoud en idees omtrent nie samehangend. Min is verwarrend. -Inhoud en idees is nie hangend. Alle detail onderwerp. poging lei tot ʼn gepaste, voldoende same- leemtes in hul samehang. detail ondersteun samehangend nie. Te ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of goeie teks. hangend. Sommige Basiese detail onderwerp. min detail ondersteun -Beplanning en/of eerste eerste poging lei tot -Die toepassing van die van die detail ondersteun ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp. poging lei tot ʼn feitlik ʼn goed saamgestelde, meeste van die nodige onderwerp. -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig, teks nie -Beplanning en/of eerste foutlose, gepaste gepaste teks. reëls vir die formaat is -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn onder- goed aangebied nie. poging afwesig/nie teks. -Al die nodige reëls bogemiddeld. poging lei tot ʼn gemiddelde, dog redelik -Kennis van die nodige gedoen nie. Swak -Al die nodige reëls vir vir die formaat is goed bevredigende teks. verstaanbare teks. reëls vir die formaat is aanbieding van teks. die formaat is toegepas. -Kennis van die nodige -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die uitstekend toegepas. reëls vir die formaat is reëls vir die formaat is nodige reëls vir die gemiddeld/voldoende. ondergemiddeld. Kritiese, formaat nie. nalatige foute is begaan. 8-10 7- 7½ 6-6½ 5-5½ 4-4½ 3-3½ 0- 2½ -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies saam- -Teks is swak en moeilik -Teks is swak TAAL, STYL akkuraat; sinne goed saamgestel. akkuraat; sinne goed saamgestel. maklik om te lees; sinne is goed saamgestel. saamgestel ten spyte van foute. gestel. Verskeie foute. -Woordeskat is beperk en om te volg. -Woordeskat benodig saamgestel en verwarrend. EN -Woordeskat is baie -Woordeskat is meestal -Woordeskat is toepaslik -Woordeskat is voldoende nie baie van pas vir doel remediëring en is nie -Woordeskat benodig REDIGERING toepaslik vir doel van teks, gehoor en toepaslik vir doel van teks, gehoor en konteks. vir doel van teks, gehoor en konteks. vir doel van teks, gehoor en konteks. van teks, gehoor en konteks nie. geskik vir doel van teks, gehoor en konteks nie. ernstige remediëring en is nie toepaslik vir doel konteks. -Styl, toon en register -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register nie van teks nie. 10 PUNTE -Styl, toon en register baie toepaslik. meestal toepaslik. -Teks oorwegend die algemeen toepaslik. -Teks meestal foutloos na voldoende. -Teks het steeds foute na toon gebreke. -Teks het steeds baie geskik vir onderwerp nie. -Teks is besaai met foute -Styl, toon en register pas nie by onderwerp -Teks feitlik foutloos na foutloos na proeflees proeflees en redigering. proeflees en redigering. foute na proeflees en ten spyte van proeflees nie. proeflees en redigering. en redigering. -Lengte is in -Lengte is amper korrek. redigering. en redigering. -Teks is besaai met -Lengte is in -Lengte is in ooreenstemming met -Lengte is te kort/ -Lengte is te kort/ foute en verwarrend ten ooreenstemming ooreenstemming met vereistes. te lank. te lank. spyte van proeflees en met vereistes. vereistes. redigering. -Lengte is heeltemal te kort/te lank. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 21 DBE/November 2011 NSS – Memorandum AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS - EERSTE ADDISIONELE TAAL Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag 20 KODE 7 KODE 6 KODE 5: KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1 PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend 80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29% 10½-13 9½-10 8-9 6½-7½ 5½-6 4-5 0-3½ -Gespesialiseerde kennis -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Gemiddelde kennis van -Ondergemiddelde kennis -Swak kennis van -Swak/Geen kennis van INHOUD, van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks nie. -Gedissiplineerde -Gedissiplineerde -Behou bo-gemiddelde -Gemiddelde fokus, Respons op geskrewe Respons Respons op geskrewe BEPLANNING skryfwerk; behou skryfwerk, behou goeie fokus,onbenullige Inhoud wyk af van teks toon ʼn onder – op geskrewe teks toon ʼn teks toon baie swak/geen EN deurgaans baie goeie fokus, afwykings. onderwerp, maar dit gemiddelde fokus. swak/beperkte fokus. fokus. fokus, geen afwykings byna geen afwykings nie. -Inhoud en idees is belemmer nie die -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van FORMAAT nie. -Inhoud en idees is samehangend, details oorhoofse betekenis onderwerp. Betekenis is Onderwerp, betekenis is onderwerp, betekenis is -Inhoud en idees is samehangend, alle detail ondersteun onderwerp. nie. plek-plek vaag. plek-plek verwarrend. verwarrend. algeheel samehangend; ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste -Inhoud en idees het -Inhoud en idees min -Inhoud en idees nie 13 PUNTE alle detail ondersteun -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn gepaste, -Inhoud en idees leemtes in hul samehang; samehangend, min detail samehangend nie, te min onderwerp. poging lei tot ʼn goeie teks. voldoende samehangend, basiese detail ondersteun ondersteun onderwerp. detail ondersteun die -Beplanning en/of eerste goed saamgestelde, -Meeste van die nodige sommige van die detail die onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp. poging lei tot ʼn feitlik gepaste teks. reëls vir die formaat is ondersteun die -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig. Teks -Beplanning en/of eerste foutlose, gepaste teks. -Al die nodige reëls vir toegepas/beduidend. onderwerp. poging lei tot ʼn onder- nie goed aangebied nie. poging nie gedoen nie. -Al die nodige reëls vir die die formaat is -Beplanning en/of eerste gemiddelde dog redelik, -Kennis van die nodige Swak aanbieding van formaat is toegepas/ toegepas/verdienstelik. poging lei tot ʼn verstaanbare teks. reëls vir die formaat is teks. uitmuntend. bevredigende teks. -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die -Kennis van die nodige reëls vir die formaat is nodige reëls vir die reëls vir die formaat is ondergemiddeld. formaat nie. voldoende. Kritiese, nalatige foute is begaan. 6-7 5-5½ 4½ 3½-4 3 2½ 0- 2 -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies -Teks is swak en moeilik -Teks is swak akkuraat. Sinne goed akkuraat. Sinne goed maklik om te lees. Sinne saamgestel ten spyte van saamgestel. Verskeie om te volg. saamgestel en TAAL, STYL saamgestel. saamgestel. is goed saamgestel. foute. foute. -Woordeskat benodig verwarrend. -Woordeskat is baie -Woordeskat is -Woordeskat is toepaslik -Woordeskat is voldoende -Woordeskat is beperk en remediëring en is nie -Woordeskat benodig EN toepaslik vir doel van meestal toepaslik vir vir doel van teks, gehoor vir doel van teks, gehoor nie baie van pas vir doel geskik vir doel van teks, ernstige remediëring en REDIGERING teks, gehoor en konteks. doel van teks, en konteks. en konteks. van teks, gehoor en gehoor en konteks nie. is nie toepaslik vir doel -Styl, toon en register baie gehoor en konteks. -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register konteks nie. -Styl, toon en register nie van teks nie. toepaslik. -Styl, toon en register die algemeen toepaslik. voldoende. -Styl, toon en register toon geskik vir onderwerp nie. -Styl, toon en register 7 PUNTE -Teks feitlik foutloos na meestal toepaslik. -Teks meestal foutloos na -Teks het steeds foute na gebreke. -Teks is besaai met foute pas nie by onderwerp proeflees en redigering. -Teks oorwegend proeflees en redigering. proeflees en redigering. -Teks het steeds baie ten spyte van proeflees nie. -Lengte is in foutloos na proeflees -Lengte is in -Lengte is amper korrek. foute na proeflees en en redigering. -Teks is besaai met ooreenstemming en redigering. ooreenstemming met redigering. -Lengte is te kort/te lank. foute en verwarrend ten met vereistes. -Lengte is in vereistes. -Lengte is te kort/ spyte van proeflees en ooreenstemming met te lank. redigering. vereistes. -Lengte is heeltemal te kort/te lank. Kopiereg voorbehou

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · Afrikaans Fal · 2012 · NSC November Exam · Memorandum · Paper 3 · Afrikaans | Hlayiso | Hlayiso