Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2012
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2012, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 963.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC November Exam 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)100 marks
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer transaksionele teks (30)
AFDELING C: Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
transaksionele tekste (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die
beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.
7. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8. Nommer elke teks soos dit in die vraestel genommer is.
9. Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.
10. Dui die getal woorde aan die einde van jou skryfstuk aan.
LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
word NIE.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
• Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
neer.
1.1 ’N VAKANSIEDAG WAT EK NOOIT
SAL VERGEET NIE!
Jy hou baie van vakansiedae, want jy en jou gesin doen altyd iets spesiaals
op so ʼn dag. Daar is egter één spesifieke vakansiedag wat jy nooit sal vergeet
nie.
Skryf ʼn opstel waarin jy vertel wat daardie spesifieke dag gebeur het, waar dit
gebeur het en hoe die gebeurtenis jou en jou gesin se lewens beïnvloed het. [50]
1.2
‘N GROOT TELEURSTELLING!
[Uit: Huisgenoot, 22 Desember 2011]
Jy het die mooiste foto’s met jou nuwe digitale kamera geneem. Toe het die
kamera weggeraak en daarmee saam die foto’s van die spesiale geleentheid.
Jy was baie teleurgesteld.
Skryf ʼn opstel hieroor. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2012
NSS
1.3
BEHOORT LEERDERS ’N DERDE TAAL
OP SKOOL TE LEER?
IsiZulu IsiXhosa Setswana
Engels Sesotho Xitsonga AFRIKAANS
IsiNdebele Sepedi Tshivenda Siswati
Suid-Afrika het elf amptelike tale. Om ʼn goeie burger van hierdie land te
wees, behoort ʼn mens ten minste drie van hierdie elf tale te kan praat. Dit
beteken dat leerders op skool drie tale behoort te leer. Stem jy saam
hiermee?
Skryf ʼn opstel waarin jy jou opinie gee. [50]
1.4
[Uit: http/www.google.com]
Jy is uiteindelik klaar met matriek. Jy het DRIE doelwitte vir jouself gestel wat jy
na skool wil bereik.
Skryf ʼn opstel waarin jy verduidelik watter DRIE doelwitte jy vir jouself vir die
toekoms gestel het. Vertel ook hoe jy dit gaan bereik, selfs al moet jy sekere
dinge in die toekoms anders doen. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2012
NSS
1.5
[Uit: Vrouekeur, 27 Januarie 2012]
Is dit so dat tieners deesdae eerder met hulle selfone besig raak as om met
familie en vriende te kuier of te gesels?
Skryf ʼn opstel hieroor. [50]
1.6 Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ʼn opstel daaroor. Gee jou
skryfstuk ʼn titel. Jou opstel moet direk by die prent aansluit.
1.6.1
[Uit: google http://www.google.com] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2012
NSS
1.6.2
[Uit: Re a ipela, 2006] [50]
1.6.3
[Uit: http://www.google.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
• Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk
neer.
2.1 FORMELE BRIEF
Leef groen – leef in harmonie met
die natuur
[Uit: http//www.google.com]
Die gemeenskap op jou dorp wil hê dat die munisipaliteit hulle moet help om
groen te leef – hulle gaan water en krag bespaar, bome plant, groentetuine
maak en die omgewing skoon hou.
Skryf ʼn formele brief aan die munisipale bestuurder waarin jy hom/haar
vertel van die gemeenskap se besluit en sê ook hoe die munisipaliteit die
gemeenskap met hierdie projek kan help. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2012
NSS
2.2 TOESPRAAK: FORMEEL
“Leef die liefde uit!
Moet nooit dat
iemand van jou
wegstap sonder dat
hy/sy ʼn gelukkige
mens is nie.”
Verwerk: Moeder Teresa
[Uit: http//www.google.com]
Die onderwyser wat die matriekafskeid reël, het jou gevra om die spreker vir
die aand te wees.
Skryf ʼn toespraak waarin jy die matriekleerders aanmoedig om volgens
Moeder Teresa se woorde te leef. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2012
NSS
2.3 DIALOOG
[Uit: http//www.google.com]
Jou vriend/vriendin wou onlangs selfmoord pleeg, maar jy kon dit regkry om
hom/haar van plan te laat verander.
Skryf die dialoog wat tussen julle twee plaasgevind het. [30]
2.4 SKOOLKOERANTARTIKEL
MATRIEK
2012
[Uit: Huisgenoot, 22 Desember 2011]
Elke jaar wil matriekleerders spesiale baadjies hê om anders te lyk as die res
van die skool. Baie ouers kla dat dit te duur geword het.
Skryf ʼn artikel vir jou skoolkoerant hieroor.
Gee jou koerantartikel die onderstaande opskrif:
Is daardie matriekbaadjie regtig nodig? [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2012
NSS
AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 3
Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer.
3.1 ADVERTENSIE
[Uit: Huisgenoot, 22 Januarie 2012]
As deel van ʼn gemeenskapsprojek het jy en ʼn paar vriende besluit om die
ouetehuis op julle dorp skoon te maak en te verf. Julle wil graag die ander
jongmense op die dorp vra om met hierdie projek te kom help.
Ontwerp ʼn advertensie (A4-grootte) waarin jy die ander jongmense op julle
dorp oor hierdie projek inlig en hulle uitnooi om betrokke te raak. [20]
3.2 POSKAART
Jy is een van die leerders uit jou provinsie wat gekies is om saam met die
President van Suid-Afrika ʼn byeenkoms vir jongmense by te woon.
Skryf ʼn poskaart aan jou beste maat waarin jy vertel van jou ervarings, wat
julle gedoen het en wie jy ontmoet het.
Teken die poskaart in jou ANTWOORDEBOEK oor en skryf jou boodskap
volledig uit.
POSSEËL
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2012
NSS
3.3 INSTRUKSIES
[Uit: Clipart]
Jy het by jou ouers toestemming gekry om ná die matriekafskeid ʼn partytjie by
julle huis te hou. Hulle het egter duidelike instruksies gegee oor wat jy en jou
vriende mag doen en nie mag doen nie.
Skryf die TIEN instruksies neer wat jou ouers vir jou en jou maats gegee het.
[20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2020 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper