Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2012
MEMORANDUM
PUNTE: 70
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye, wat die 3 rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2012 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary 2012, 22 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 366.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC Supplementary 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.2Luister en Praat (Listening and Speaking)
Show all 11 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
■ ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
BYLAAG A: VRAAG 1 Opstel
BYLAAG B: VRAAG 2.1 Vriendskaplike brief
VRAAG 2.2 Dialoog
VRAAG 2.3 Koerantberig
VRAAG 2.4 Toespraak
BYLAAG C: VRAAG 3.1 Poskaart
VRAAG 3.2 Advertensie
VRAAG 3.3 Rigtingaanwysings
2. Bestudeer en bespreek hierdie rubrieke baie deeglik. Let veral
daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die
rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na
die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke
baie laag op inhoud aangeslaan word.
4. Die vetgedrukte instruksiewoorde in die opdrag by AFDELING A is
slegs 'n riglyn en moenie eng geïnterpreteer word nie.
5. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke)
bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
6. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of
dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, sal die
skryfstuk nie logies opeenvolg nie en die kandidaat ontvang dan
geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk
nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se
eie werk is, assesseer dan hierdie dele volgens die laagste kodes.
7. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole op bladsy 3 by
die nasien van ʼn skryfstuk gebruik. ʼn Blote streep onder ʼn fout is
ONAANVAARBAAR.
8. Indien die skryfstuk te lank is, sien slegs na tot by maksimum getal
woorde en trek 'n streep deur die res.
9. Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke.
Amper korrek Te kort/te lank Heeltemal te kort/te lank
AFDELING
Afd. A: Opstel 240 – 249 230 – 239 Minder as 230
250–300 woorde 301 – 310 311 – 320 Meer as 320
Afd. B: Langer 113 – 119 106 – 112 Minder as 106
transaksionele teks 151 – 157 158 – 164 Meer as 164
120–150 woorde
Afd. C: Korter 75 – 79 69 – 74 Minder as 69
transaksionele teks 101 – 105 106 – 111 Meer as 111
80–100 woorde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
10. Indien beplanning ontbreek, word die kandidaat met EEN punt in die
geselekteerde kode gepenaliseer. Dui onder aan die skryfstuk aan:
BEPLANNING ONTBREEK.
11. By VRAAG 1.6 word die kandidaat nie gepenaliseer indien die titel en inhoud
nie ooreenstem nie. Die rubriek maak nie voorsiening vir sodanige
penalisering nie. Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend,
beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels. ʼn
Wye interpretasie van onderwerpe moet geakkommodeer word.
■ SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te
word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute –––– Streep onder taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang lomp sin [ Begin van nuwe sin
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
Woorde uit ander tale/*nie X (deur die woord) Maak n kruis deur die woord.
funksionele/vreemde woorde
*Standaardafrikaans bly die
norm. Gebruiksafrikaans moet
vermy word. Aanvaar
tegnologieterme met geen
Afrikaanse ekwivalent.
Aanvaar gemotiveerde
Afrikaanse
streekswoorde/uitdrukkings.
Erkenning van Afrikaanse 9(bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
taaljuwele idees of uitdrukkings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
■ NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES
volgens:
Afdeling A: INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte).
Afdeling B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (10 punte).
Afdeling C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (7 punte).
3. Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie Kode
tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ʼn gegewe punt van 16–19 uit
50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf
net EEN punt neer.
4. Hou die persentasies by die Kodes in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt
I/B 4 19 ½ B en C
I/B/F 5 12
T/S/R 2 4 T/S/R 6 7
S 5 5 19
28 ½ TOTAAL: 19
TOTAAL: 29
6. Halwe punte word per afdeling afgerond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED
AFDELING A: OPSTELTIPES
VERHALENDE OPSTEL
• Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die
verlede.)
• Dit word vanuit die perspektief van die kandidaat geskryf.
• Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
• Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser van die
skrywer se spyt.
• Verlede tyd is die aangewese hooftyd.
• Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ʼn
manier gebruik dat die leser graag verder wil lees.
• Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die
daaropvolgende afloop van gebeure behoort voor te kom.
• Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• ʼn Buitengewone slot rond die opstel finaal af.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
• Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om
sy/haar standpunt te motiveer.
• Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees.
• Dit is ʼn subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig
om sy/haar gesigspunt te deel.
• NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van
die begin af stelling ingeneem word vir of teen ʼn argument NIE.
• Die skrywer gee ʼn subjektiewe mening omtrent geslagsgelykheid op ʼn baie
oorspronklike en treffende manier.
• ʼn Reeks argumente om hierdie gesigspunt te steun, word gegee en
gemotiveer.
• Die skrywer konsentreer op argumente vir of teen geslagsgelykheid. Die
teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ʼn eie
mening te gee.
• ʼn Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter.
• Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak.
• Sterk gevoelstaal sal gebruik word, maar mag nooit kru wees nie.
• Die slot moet ʼn sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer
se gesigspunt bevestig.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
BESKRYWENDE OPSTEL
• Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
• ʼn Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede
soos sig, klank, smaak, reuk en sensasie tydens die soektog na en die vind
van die onderwyser se motorsleutel.
• ʼn Goeie woordeskat is nodig vir raak beskrywings.
• Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie
belewing en sinvolheid moet baie aandag geniet.
• Akkurate beskryf van gebeure, vrees, woede, magteloosheid, verligting, ens.
• Karakters moet lewensgetrou wees: Innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse
aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
BESPIEGELENDE OPSTEL
• Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid/ʼn herinnering en gee
sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer.
• Bespiegel oor/dink terug aan daardie idee, droom, herinnering of
lewenswaarheid.
• Die skrywer wonder of alleen bly die regte besluit sal wees.
• Bespiegel hoe sy/haar ouers daaroor sal voel.
• Gevoelens en emosies speel ʼn baie belangrike rol.
• ʼn Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
• Hierdie beskrywings behoort lewendig te wees en moet daarop gemik wees
om die idees, herinneringe of gevoelens van die skrywer in die leser te laat
herleef.
• Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opreg en
persoonlike betrokkenheid te toon.
• Die onderwerp van bespiegeling word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg en ʼn slotsom word gevorm (logies en sistematies).
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
BEREDENERENDE OPSTEL
• Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van albei kante van
ʼn argument te gee.
• Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking
en gee dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig
aangebied.
• Die skrywer mag ʼn spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel,
maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
• Die skrywer moet BEIDE kante van die argument aangaande die beste plek vir
bejaardes verstaan, daaroor nadink op ʼn onpartydige en goed ingeligte manier
en daaroor redeneer.
• Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees.
• Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word.
• Die toon is nie emosioneel nie.
• Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees.
• Die skrywer mag aan die einde ʼn aanduiding van sy/haar gesigspunt gee,
maar dit mag slegs in die slot wees.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• ʼn Gevolgtrekking word in die slot bereik.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
VISUELE TEKSTE
Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die nasiener moet onthou dat
hierdie visuele prikkel oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se
perspektief moet oorweeg word by assessering.
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding
van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
• Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
opstelle bevat. Verskillende kognitiewe vlakke, persoonlikheidstipes en
belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
• Die adres van die skrywer word regs, bo-aan in blokvorm geskryf.
• Die vriendskaplike brief hanteer die inhoud m.b.t. taalgebruik en styl informeel
en gemaklik en neem die teikenpersoon in aanmerking – dit is persoonlik,
openhartig en vriendelik.
• Spreek die ontvanger direk aan.
• Die inhoud moet lewendig en interessant wees. Dit moet getuig van blydskap,
maar ook die ondertoon van erns.
• Die toon en register moet pas by die vriendskapsverhouding tussen die
briefskrywer en die ontvanger van die brief.
• Vermy slordige taal en slengwoorde, sms-taal ingesluit.
• Indien ʼn Engelse woord onvermydelik is, moet aanhalingstekens gebruik word.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens:
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, bo-aan in blokvorm geskryf.
• Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Toegewing: Omdat handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n toegewing
maak en nie penaliseer nie.
• Die datum word voluit geskryf: 20 Maart 2012.
• Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Toegewing: Omdat sekere handboeke nie 'n rel tussen die adres en die aanhef
ooplaat nie, penaliseer ons nie hier nie.
Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Daar word nie ʼn reël tussen: Jou vriend/vriendin en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing “Jou vriend(in)” voor die briefskrywer se naam is opsioneel.
Die paragrawe:
• ʼn Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik en moet ʼn skakel
tussen die briefskrywer en die ontvanger van die brief wees.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die skrywer wens
sy/haar maat geluk. Die uitdagings van bestuur word genoem, asook die
bekommernis of die spreker gereed is en waarskuwings teen gevare op die
pad.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Posbus 14
Bloemfontein
9300
20 Maart 2012
XXX
Beste/Liewe Tom
XXX
Inleidingsparagraaf: Gee die rede vir die brief duidelik; laat hierdie paragraaf
ʼn skakel wees tussen die onderwerp en die ontvanger van die brief.
XXX
Paragraaf 2: Brei uit op die rede vir die brief.
XXX
Paragraaf 3: Brei verder uit op die rede vir die brief.
XXX
Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam en dalk ook ʼn seënwens
vir veilige reis uitspreek.
XXX
Liefdegroete./Beste wense.
XXX
Jou vriend/vriendin
Naam (geen punktuasie nie)
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn
samestelling van TWEE soortname is. Arcadia straat is ʼn samestelling
tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf
word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS,
2009 bl.121)
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal
bespreek word na gelang van die geografiese ligging.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
2.2 DIALOOG
• Die gesprek het ʼn definitiewe tema.
• Elke spreekbeurt is funksioneel.
• Die korrekte gesprekstrategieë word gebruik tussen die twee sprekers.
• Die korrekte aanspreekvorm word gebruik.
• Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm.
• Die taal en styl moet by die onderwerp en sprekers pas.
• Dit word geskryf in ʼn informele geselstrant waarin die kandidaat verbasing en
bewondering uitdruk om sy/haar sportheld/in te sien.
• Die kandidaat vra die persoon uit oor sy/haar loopbaan.
FORMAAT
• Die name van die sprekers is netjies onder mekaar neergeskryf, teenaan
die linkerkantlyn.
• Die naam van die spreker kan vervang word deur “Ek”.
• Na elke naam is ʼn dubbelpunt, maar geen aanhalingstekens word gebruik
nie.
• Laat ʼn reël tussen elke spreekbeurt oop.
• Die spreekbeurte is in blokvorm.
• Ekstra inligting word tussen hakies geskryf. Beperk dit tot ʼn minimum.
• Daar is progressie in die gesprek; dis nie net blote rondgooi van woorde
nie.
• Elke spreekbeurt dra by tot die hoogtepunt van die slotspreekbeurt.
VOORBEELD
Tom: My wêreld! Bianca! Ek kan my oë nie glo nie!
XXX
Bianca: Reageer op spreekbeurt met ʼn antwoord.
XXX
Tom: Reageer op vorige spreekbeurt.
XXX
Bianca: Reageer op vorige spreekbeurt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
2.3 KOERANTBERIG
• Feite of inligting word in ʼn koerantberig gegee.
• Die titel vat die onderwerp saam.
• ʼn Subtitel kan ook gegee word.
• Die eerste paragraaf gee antwoorde op wie, wat, waar, wanneer?
• Die omgekeerde piramide-struktuur word gevolg.
• Die tema of onderwerp is aktueel, prikkel dus die leser se
belangstelling en word interessant aangebied.
• Die inhoud/inligting is logies/duidelik uiteengesit en betroubaar.
• Die joernalis moet objektief wees in beriggewing.
• Feite word gegee; nie persoonlike menings van joernalis nie.
• Feite kan opspraakwekkend wees.
• Die berig word in die bedrywende vorm geskryf en die woorde/taal
moet eenvoudig/maklik verstaanbaar en interessant wees. Die
teikengroep moet dus in gedagte gehou word.
• Die styl is eenvoudig.
• Direkte rede (aanhalings) skep geloofwaardigheid.
• Die slotparagraaf bind die berig saam.
FORMAAT
• Die titel/opskrif soos op die vraestel gegee, word gebruik.
• ʼn Subtitel is toelaatbaar.
• Die titel se lettertipe en –grootte verskil van die res van die berig.
• Die koerantberig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
• Die omgekeerde piramide-metode word gebruik, m.a.w. die meeste feite
word in die eerste paragraaf gegee: Wie, wat, waar, wanneer, waarom?
• Die wie, wat, waar, wanneer en waarom word in die volgende
paragrawe uitgebrei.
• Die slot vat die artikel saam.
VOORBEELD
OPSKRIF: HOND RED KIND SE LEWE
(Subtitel toelaatbaar)
Inleidingsparagraaf: Verduidelik wat in die berig bespreek gaan word. Wie is
gered, waar het dit gebeur, wanneer het dit gebeur en
wie het die persoon gered?
XXX
Paragraaf 2 en verder:
• Die feite word duidelik en stap vir stap uiteengesit.
• Taal is eenvoudig en duidelik.
k XXX
Slotparagraaf: Vat die berig saam.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
• Informele toesprake word by heildronke, verjaarsdagpartytjies of aftredes
gelewer.
• Die taal, styl en register moet by die gaste pas. Dit is informeel, maar nie
goedkoop nie. Slengwoorde word vermy.
• Spreek die persoon oor wie die toespraak handel asook die gaste, reg aan
die begin aan.
• Die inhoud moet georden, logies en interessant wees.
• Die inhoud moet in ʼn stygende orde van belangrikheid aangebied word.
• Samehang is baie belangrik.
• Die doel van die toespraak moet genoem word.
• Die spreker moet onderskei wanneer hy/sy met die persoon praat oor wie die
toespraak gaan en wanneer hy/sy met die gaste oor die persoon praat.
• Meld indien die spreker namens die groep praat. Dan moet die spreker ons
gebruik en nie ek nie.
FORMAAT
• Inleiding:
- Noem die doel van die toespraak en namens wie daar gepraat word.
- Die onderwerp word ingelei en die gaste se aandag word getrek. Die inleiding
moet só interessant wees dat dit die gehoor se aandag onmiddellik boei. Die
inleidende sin is baie belangrik.
• Verder:
- Die onderwerp word in verskillende hoofpunte verdeel en dit kan in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek word.
- Elke paragraaf handel (verkieslik) oor ʼn nuwe feit.
- Lig hoogtepunte van die persoon se lewe uit.
• Slot:
- ʼn Treffende slot som die onderwerp op.
VOORBEELD
Liewe X en Vriende
XXX
Inleiding: Inleidende sin is interessant, boeiend.
XXX
Verder: Sorg vir ʼn definitiewe spanningslyn deur die belangrikste/interessantste
feit vir laaste te los.
Hou sinne kort en kragtig.
Laat gedagtes mooi saamhang.
Hou spreektaal gemaklik, maar nie sleng nie.
XXX
Slot: Som op.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp
van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAK-
SIONELE TEKSTE
3.1 POSKAART
• Die doel van ʼn poskaart is om informeel en bondig te kommunikeer.
• Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die poskaartskrywer
en die ontvanger.
• Die poskaart se inhoud is kort en die taalgebruik informeel en gemaklik. Dit
hou deurentyd die teikengroep in gedagte. Dit is persoonlik, openhartig en
vriendelik.
• Dit spreek die ontvanger direk aan en moet lewendig en interessant wees.
• Vermy slordige taal en slengwoorde; sms-taal ingesluit.
• Indien ʼn Engelse woord onvermydelik is, moet aanhalingstekens gebruik
word.
FORMAAT
Die formaat van die poskaart moet korrek wees.
Die adres en datum:
• ʼn Eie adres/pleknaam is opsioneel.
• Die datum moet gegee word en dit word voluit geskryf: 20 Maart 2012.
• Die ontvanger se naam en adres is verpligtend en moet volledig wees.
Die aanhef, afsluiting en slot:
• Die ontvanger en die skrywer se name vorm die aanhef en die slot.
• Die afsluiting is opsioneel.
Die paragrawe:
• Een of meer paragrawe is aanvaarbaar.
• Reëls hoef nie tussen die verskillende paragrawe oopgelaat te word nie.
• Die sinne is kort en soms kripties en net die heel interessantste inligting
word gegee.
VOORBEELD
Kroonstad
(Opsioneel)
2 Maart 2012
X
Beste/Liewe (Maat se naam) Naam van ontvanger
X Adres
Die kompetisie is veeleisend. Slaap maar min. Ek (Moet korrek wees)
oefen baie hard en stres my dood oor die finaal.
Die grootste uitdaging is ...
XXX
Hou duimvas!
XXX
Gail
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
3.2 ADVERTENSIE
• ʼn Advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel.
’n Advertensie moet onmiddellik die leser se aandag trek.
Die leser se belangstelling vir die produk moet gewek word. Oortuig die leser
om van die diens gebruik te maak.
Die advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan.
• Die krag van ʼn advertensie lê in sy eenvoud. Die vrae wat beantwoord moet
word, is: Wat, waar, wat alles en vir wie?
• Lettergroottes en lettertipes is baie belangrik. (Uitleg is belangrik)
• ʼn Advertensie gee net die noodsaaklike inligting oor die produk.
FORMAAT
• Dis ʼn kommunikasiewyse waarop die persoon as adverteerder sy/haar
teikenmark (ouers en leerders) probeer oortuig om van sy/haar diens om
kinders op te pas, gebruik te maak.
• Sê presies wat geadverteer word – verkieslik in groot druk.
• Wat word geadverteer?
• Waar word die diens aangebied?
• Wie bied die diens aan?
• Wat behels die diens?
• Met watter aktiwiteite gaan jy die kinders besig hou?
• Wanneer en tussen watter tye word die dienste aangebied?
• Hoeveel gaan dit per dag per kind kos?
• Waarom kan die ouers op jou staatmaak om hulle kinders op te pas?
• Waar kry belangstellendes meer inligting?
• Gee nog ander relevante inligting.
• Geen volsinne nie, want die inligting word kripties gestel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
VOORBEELD
by
STELLA de JONGH
BETROUBARE EN BEKWAME KINDERVERSORGER
Ek bied aan:
• Lees (Engels en Afrikaans)
• Storietyd
• Video’s en Rekenaarspeletjies
• Klim en klouterspeletjies
• Touspring
• Skattejag
• Swem en vele meer.
Maandag – Vrydag
07:00 – 17:30
Slegs R30,00 per dag/per kind
Laai u kind met gemoedsrus af.
VEILIGHEID gewaarborg
Rig navrae aan: Stella de Jongh
Selfoon: 082 2304 469
E-pos: www.dejonghs@wawiel.co.za
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
• Die doel is om vir iemand te verduidelik hoe om by ʼn sekere punt uit te kom.
• Die inhoud is bondig en die taal formeel.
• Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die persoon wat die
aanwysings gee en die ontvanger daarvan. Dit spreek die ontvanger direk
aan en is persoonlik en vriendelik.
• Vermy slordige taal en slengwoorde.
FORMAAT
• Die doel is om vir Dozi die inligting te gee oor hoe om vanaf sy hotel, waar hy
tuis is, tot by die skool te kom.
• Die instruksies moet op die meegaande kaart gebaseer wees.
• Instruksies kan met werkwoorde begin.
• Beskryf die roete van punt A na punt B.
• Verwys na bakens langs die roete.
• Taal, styl en register is belangrik.
• Bakens sluit in: Straatname, geboue, winkels en parke.
VOORBEELD
RIGTINGAANWYSINGS
(Enige sewe. Kandidaat moet ten minste twee bakens noem.)
1. Ry by die hotel se uitgang uit.
2. Draai regs in President Steynstraat.
3. Draai regs in Nelstraat, daar sal ʼn kerk aan jou linkerkant wees.
4. Draai links in Kerkstraat en regs in Boomstraat.
5. Suidpark is aan jou linkerkant.
6. Ry reguit aan in Boomstraat tot by Absa bank aan jou regterkant.
7. Draai regs in Bergstraat en ry tot by die stopstraat.
8. Draai regs by die stopstraat.
9. Ry reguit aan verby die skool.
10. Die skool se parkering is aan jou linkerkant, net na die skool.
ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp
van die kandidaat verwag word. Verskillende kognitiewe vlakke,
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
KONTROLELYS VIR OPSTEL EN MODERERING
ALGEMENE NKV BEGINSELS VRAAGNOMMER KOMMENTAAR
1. Sosiale transformasie Afdeling A, B en C
2. Uitkomsgebaseerde onderwys Afdeling A, B en C As uitvloeisel van UGO
3. Hoë kennis/vaardigheid Afdeling A, B en C
4. Integrasie Afdeling A, B en C
5. Progressie Vlgs. NKV van gr.10–12
6. Artikulasie/oordraagbaarheid Indien kandidaat voldoen
aan vereistes
7. Menseregte/inklusiwiteit/ Afdeling A, B en C
omgewings-/sosiale geregtigheid
8. Waardering vir inheemse Afdeling A, B en C
9. Geloofwaardigheid/kwaliteit/ Afdeling A, B en C
doeltreffendheid
Uitkomsgebaseerde onderwys:
KRITIEKE UITKOMSTE VRAAGNOMMER KOMMENTAAR
1. Identifiseer/los probleme op 1.1 1.4 1.5 1.6 2.1
2.4 3.2 3.3
2. Werk doeltreffend in groep(e) Nie van toepassing Eksamen
3. Organiseer en bestuur die self 1.1 1.2 1.4 1.5 1.6
2.1 2.2 2.4 3.1 3.2
3.3
4. Inligting versamel, ontleed, Afdeling A, B en C
organiseer en evalueer
5. Kommunikeer doeltreffend Afdeling A, B en C
6. Gebruik wet./tegn. doeltreffend
7. Die wêreld as sisteem: 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5
probleme nie in isolasie nie 1.6.1 1.6.2 1.6.3 2.1
2.2 2.3 2.4 3.1 3.2
3.3
Uitkomsgebaseerde onderwys:
ONTWIKKELINGSUITKOMSTE VRAAGNOMMER KOMMENTAAR
1. Verskillende leerstrategieë Afdeling A, B en C
2. Verantwoordelike burgerskap 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5
1.6 2.1 2.2 2.3 2.4
3.1 3.2 3.3
3. Kultureel/esteties sensitief 1.1 1.2 1.4 1.5 1.6
2.2 2.3 3.1 3.2 3.3
4. Beroepsmoontlikhede 1.2 1.4 1.5 1.6.1 1.6.2
1.6.3 2.3 3.3
5. Entrepreneurskap 1.3 1.5 1.6.1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
OPSOMMING VAN MOEILIKHEIDSGRAAD VAN VRAE IN VRAESTEL 3:
MAART 2012
LU 3
SKRYF TIPE Die leerder is in staat om vir ʼn wye
verskeidenheid doeleindes en
SKRYFSTUK teikengroepe te skryf en aan te bied
deur konvensies en verskillende
kontekste te gebruik.
AS
■ Beplan volgens doel, teikengroep en
konteks.
■ Toon gebruik van skryfstrategieë.
AFDELING A OPSTEL ■ Dink na oor, ontleed en evalueer,
VRAAG 1 met inagneming van ander se sienings,
eie werk en bied die finale produk aan.
1.1 Verhalend/Beskrywend
1.2 Argumenterend
1.3 Verhalend/Beskrywend
1.4 Beskrywend/Bespiegelend
1.5 Beredenerend
1.6.1–1.6.3 Al vyf tipes
AFDELING B LANGER
VRAAG 2 TRANSAKSIONELE
TEKSTE
2.1 Vriendskaplike brief
2.2 Dialoog
2.3 Koerantberig
2.4 Informele toespraak
AFDELING C TRANSAKSIONELE,
VRAAG 3 NASLAAN- EN
INFORMATIEWE TEKSTE
3.1 Poskaart
3.2 Advertensie
3.3 Rigtingaanwysings
15 onderwerpe/keuses 13 tipes skryfstukke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 20 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed – Puik Goed Bo-gemid. Gemiddeld Ondergemid. Swak, maar slaag Te swak om te slaag
50 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 0–29%
26–32 22½–25½ 19½–22 16–19 13–15½ 10–12½ 0–9½
-Inhoud toon uit- -Inhoud toon goeie -Inhoud toon bo- -Inhoud toon ’n -Inhoud toon -Inhoud dikwels -Inhoud nie ter sake
INHOUD EN stekende inter- interpretasie van gemiddelde voldoende ondergemiddelde onverstaanbaar. nie. Geen
pretasie van onder- onderwerp. interpretasie van interpretasie van interpretasie. Gebrek aan samehang nie.
BEPLANNING werp. -Idees interessant en onderwerp. onderwerp. Leemtes in same- samehang. -Idees herhaal.
-Idees uitdagend en verbeeldingryk. -Idees interessant en -Idees gewoon en hang. -Idees is min en -Beplanning en/of
volwasse. -Beplanning en/of oortuigend. diepte ontbreek. -Idees meestal dikwels herhalend. eerste poging
32 PUNTE -Beplanning en/of eerste poging lei tot -Beplanning en/of -Beplanning en/of relevant, herhalend. -Beplanning en/of ontbreek heeltemal.
eerste poging lei tot goedsaamgestelde, eerste poging lei tot eerste poging lei tot -Beplanning en/of eerste poging lei tot Swak opstel/
ʼn feitlik foutlose, gepaste opstel. ʼn goeie, gepaste ʼn bevredigende eerste poging lei tot opstel wat nie goed aanbieding.
gepaste opstel. opstel. opstel/ aanbieding. ondergemiddelde, aangebied is nie.
dog redelik
verstaanbare opstel.
10–12 8½–9½ 7½–8 6–7 5–5½ 4 0–3½
-Toon kritiese -Toon kritiese -Daar is bewyse van -ʼn Aanduiding van -Beperkte kritiese -Geen kritiese -Geen kritiese
TAAL, STYL taalbewustheid. taalbewustheid. kritiese taalbewust- kritiese taalbewust- taalbewustheid. taalbewustheid. taalbewustheid.
-Effektiewe gebruik -Korrekte gebruik van heid. heid. -Taal gewoon en -Gebrekkige taal en -Ernstige gebrek aan
EN van taal en taal en punktuasie. -Taal en punktuasie: -Taal baie eenvoudig punktuasie dikwels punktuasie. taal en punktuasie.
REDIGERING punktuasie. Maak Kan figuurlike taal meestal korrek. en punktuasie foutiewelik gebruik. -Woordkeuse -Woordkeuse
van figuurlike taal gebruik in korrekte -Woordkeuse is voldoende. -Woordkeuse beperk. ontoepaslik.
gebruik. konteks. gepas vir opstel. -Woordkeuse basies. -Styl, toon en register -Styl, toon en register
12 PUNTE -Woordkeuse hoogs -ʼn Variasie in -Styl, toon en register voldoende. -Styl, toon en register gebrekkig. is baie gebrekkig.
toepaslik/ woordekeuse en is meestal toepaslik -Styl, toon en register toon gebrek aan -Opstel is besaai met -Opstel is besaai met
uitmuntend. word korrek gebruik. vir die onderwerp. oor die algemeen in samehang. foute ten spyte van foute en verwarrend
-Styl, toon en register -Styl, toon en register -Opstel oor die ooreenstemming met -Opstel het steeds proeflees en ten spyte van proef-
is hoogs gepas. is toepaslik vir die algemeen foutloos vereistes vir die baie foute na redigering. lees en redigering.
-Opstel feitlik foutloos onderwerp. na proeflees en onderwerp. proeflees en
na proeflees en -Opstel meestal redigering. -Opstel het steeds redigering.
redigering. foutloos na proeflees foute na proeflees en
en redigering. redigering.
5–6 4½ 4 3 2½ 2 0–1½
-Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Onderwerp bevat -Daar is bewyse van -Dwaal soms van die -Afgedwaal van die
STRUKTUUR onderwerp onderwerp is onderwerp sommige idees, ontwikkeling van onderwerp af. onderwerp.
samehangend met samehangend met samehangend en noodsaaklike details sommige noodsaak- Algemene gedagte- -Sinskonstruksie en
verbeeldingryke verbeeldingryke logiese ontwikkeling egter ingesluit. like idees. gang moeilik om te paragrafering:
6 PUNTE details. details. van details. -Sinskonstruksie en -Sinskonstruksie en volg. deurmekaar en
-Sinne en paragrawe -Sinne en -ʼn Verskeidenheid paragrafering mag paragrafering foutief, -Sinskonstruksie en ondeurdag.
samehangend paragrafering: tipes sinne en foute bevat, maar maar idees is paragrafering baie -Lengte is heeltemal
saamgestel. samehangend, goed paragrawe skakel opstel maak nog sin. verstaanbaar. elementêr te kort/te lank.
-Lengte is in gekonstrueer/ logies. -Lengte is amper -Lengte is te kort/ saamgestel.
ooreenstemming met saamgestel. -Lengte is korrek. korrek. te lank. -Lengte is te kort/
vereistes. -Lengte is korrek. te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 21 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed – Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
30 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 0–29%
16–20 14–15½ 12–13½ 10–11½ 8–9½ 6–7½ 0–5½
-Gespesialiseerde -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Voldoende kennis van -ʼn Gemiddelde kennis van -ʼn Elementêre kennis van -Geen kennis van
INHOUD, kennis van vereiste van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes teks. Respons vereistes van teks nie.
teks. -Gedissiplineerde -Behou bo-gemiddelde -Gemiddelde fokus, inhoud Respons op geskrewe op geskrewe teks toon ʼn Respons op geskrewe
BEPLANNING -Gedissiplineerde skryfwerk, behou goeie fokus, onbenullige wyk effens af van teks toon onder- beperkte/swak fokus. teks toon baie swak/geen
EN FORMAAT skryfwerk, behou fokus; byna geen afwykings. onderwerp, maar dit gemiddelde fokus. -Inhoud wyk af van fokus.
deurgaans baie goeie afwykings nie. -Inhoud en idees belemmer nie die -Wyk af van onderwerp; onderwerp; betekenis is -Inhoud wyk af van
fokus; gene afwykings -Inhoud en idees samehangend. Detail oorhoofse betekenis betekenis is plek-plek plek-plek verwarrend. onderwerp. Betekenis
20 PUNTE nie. samehangend. Alle ondersteun onderwerp. nie. vaag. -Inhoud en idees omtrent is verwarrend.
-Teks, algeheel same- detail ondersteun -Beplanning en/of eerste -Inhoud en idees -Inhoud en idees het nie samehangend. Min -Inhoud en idees is nie
hangend. Alle detail onderwerp. poging lei tot ʼn gepaste, voldoende same- leemtes in hul samehang. detail ondersteun samehangend nie. Te
ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of goeie teks. hangend. Sommige Basiese detail onderwerp. min detail ondersteun
-Beplanning en/of eerste eerste poging lei tot -Die toepassing van die van die detail ondersteun ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik ʼn goed saamgestelde, meeste van die nodige onderwerp. -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig, teks nie -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste gepaste teks. reëls vir die formaat is -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn onder- goed aangebied nie. poging afwesig/nie
teks. -Al die nodige reëls bogemiddeld. poging lei tot ʼn gemiddelde, dog redelik -Kennis van die nodige gedoen nie. Swak
-Al die nodige reëls vir vir die formaat is goed bevredigende teks. verstaanbare teks. reëls vir die formaat is aanbieding van teks.
die formaat is toegepas. -Kennis van die nodige -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die
uitstekend toegepas. reëls vir die formaat is reëls vir die formaat is nodige reëls vir die
gemiddeld/voldoende. ondergemiddeld. Kritiese, formaat nie.
nalatige foute is begaan.
8–10 7-–7½ 6–6½ 5–5½ 4–4½ 3–3½ 0–2½
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies saam- -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
TAAL, STYL akkuraat; sinne goed akkuraat; sinne goed maklik om te lees; sinne saamgestel ten spyte van gestel. Verskeie foute. om te volg. saamgestel en
saamgestel. saamgestel. is goed saamgestel. foute. -Woordeskat is beperk en -Woordeskat benodig verwarrend.
EN -Woordeskat is baie -Woordeskat is meestal -Woordeskat is toepaslik -Woordeskat is voldoende nie baie van pas vir doel remediëring en is nie -Woordeskat benodig
REDIGERING toepaslik vir doel van toepaslik vir doel van vir doel van teks, gehoor vir doel van teks, gehoor van teks, gehoor en geskik vir doel van teks, ernstige remediëring en
teks, gehoor en teks, gehoor en konteks. en konteks. en konteks. konteks nie. gehoor en konteks nie. is nie toepaslik vir doel
konteks. -Styl, toon en register -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register nie van teks nie.
10 PUNTE -Styl, toon en register meestal toepaslik. die algemeen toepaslik. voldoende. toon gebreke. geskik vir onderwerp nie. -Styl, toon en register
baie toepaslik. -Teks oorwegend -Teks meestal foutloos na -Teks het steeds foute na -Teks het steeds baie -Teks is besaai met foute pas nie by onderwerp
-Teks feitlik foutloos na foutloos na proeflees proeflees en redigering. proeflees en redigering. foute na proeflees en ten spyte van proeflees nie.
proeflees en redigering. en redigering. -Lengte is in -Lengte is amper korrek. redigering. en redigering. -Teks is besaai met
-Lengte is in -Lengte is in ooreenstemming met -Lengte is te kort/ -Lengte is te kort/ foute en verwarrend ten
ooreenstemming ooreenstemming met vereistes. te lank. te lank. spyte van proeflees en
met vereistes. vereistes. redigering.
-Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 22 DBE/Feb.–Mrt. 2012
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed – Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
20 KODE 7 KODE 6 KODE 5: KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 0–29%
10½–13 9½–10 8–9 6½–7½ 5½–6 4–5 0–3½
-Gespesialiseerde kennis -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Gemiddelde kennis van -Ondergemiddelde kennis -Swak kennis van -Swak/Geen kennis van
INHOUD, van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks nie.
-Gedissiplineerde -Gedissiplineerde -Behou bo-gemiddelde -Gemiddelde fokus, Respons op geskrewe Respons Respons op geskrewe
BEPLANNING skryfwerk; behou skryfwerk, behou goeie fokus,onbenullige -Inhoud wyk af van teks toon ʼn onder – op geskrewe teks toon ʼn teks toon baie swak/geen
EN deurgaans baie goeie fokus, afwykings. onderwerp, maar dit gemiddelde fokus. swak/beperkte fokus. fokus.
fokus, geen afwykings byna geen afwykings nie. -Inhoud en idees is belemmer nie die -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van
FORMAAT nie. -Inhoud en idees is samehangend, details betekenis nie. onderwerp. Betekenis is Onderwerp, betekenis is onderwerp, betekenis is
-Inhoud en idees is samehangend, alle detail ondersteun onderwerp. -Inhoud en idees plek-plek vaag. plek-plek verwarrend. verwarrend.
algeheel samehangend; ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste voldoende samehangend, -Inhoud en idees het -Inhoud en idees min -Inhoud en idees nie
13 PUNTE alle detail ondersteun -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn gepaste, sommige van die detail leemtes in hul samehang; samehangend, min detail samehangd nie, te min
onderwerp. poging lei tot ʼn goeie teks. ondersteun die basiese detail ondersteun ondersteun onderwerp. detail ondersteun die
-Beplanning en/of eerste goed saamgestelde, -Meeste van die nodige onderwerp. die onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik gepaste teks. reëls vir die formaat is -Beplanning en/of eerste -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig. Teks -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste teks. -Al die nodige reëls vir toegepas/beduidend. poging lei tot ʼn poging lei tot ʼn onder- nie goed aangebied nie. poging nie gedoen nie.
-Al die nodige reëls vir die die formaat is bevredigende teks. gemiddelde dog redelik, -Kennis van die nodige Swak aanbieding van
formaat is toegepas/ toegepas/verdienstelik. -Kennis van die nodige verstaanbare teks. reëls vir die formaat is teks.
uitmuntend. reëls vir die formaat is -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die
voldoende. reëls vir die formaat is nodige reëls vir die
ondergemiddeld. formaat nie.
Kritiese, nalatige foute is
begaan.
5–5½ 4½ 3½–4 3 2½ 0–2
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
akkuraat. Sinne goed maklik om te lees. Sinne saamgestel ten spyte van saamgestel. Verskeie om te volg. saamgestel en
TAAL, STYL saamgestel. is goed saamgestel. foute. foute. -Woordeskat benodig verwarrend.
-Woordeskat is -Woordeskat is toepaslik -Woordeskat is voldoende -Woordeskat is beperk en remediëring en is nie -Woordeskat benodig
EN meestal toepaslik vir vir doel van teks, gehoor vir doel van teks, gehoor nie baie van pas vir doel geskik vir doel van teks, ernstige remediëring en
REDIGERING doel van teks, en konteks. en konteks. van teks, gehoor en gehoor en konteks nie. is nie toepaslik vir doel
gehoor en konteks. -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register konteks nie. -Styl, toon en register nie van teks nie.
-Styl, toon en register die algemeen toepaslik. voldoende. -Styl, toon en register toon geskik vir onderwerp nie. -Styl, toon en register
meestal toepaslik. -Teks meestal foutloos na -Teks het steeds foute na gebreke. -Teks is besaai met foute pas nie by onderwerp
7 PUNTE -Teks oorwegend proeflees en redigering. proeflees en redigering. -Teks het steeds baie ten spyte van proeflees nie.
foutloos na proeflees -Lengte is in -Lengte is amper korrek. foute na proeflees en en redigering. -Teks is besaai met
en redigering. ooreenstemming met redigering. -Lengte is te kort/te lank. foute en verwarrend ten
-Lengte is in vereistes. -Lengte is te kort/ spyte van proeflees en
ooreenstemming met te lank. redigering.
vereistes. -Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2014 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2012 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper