Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12201316 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2013

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30) AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10) AFDELING C: Taal (VRAAG 3, 4 en 5) (40) 2. Lees AL die instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 3 DBE/November 2013 NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: ARTIKEL Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PRAKTIESE EKSAMENWENKE IN SPELETJIEVORM Voor elke eksamen sê jou ouers en onderwysers gewoonlik vir jou dat jy hard moet studeer, gesond moet eet en ontspan. Maar hoe doen jy dit? Hier is ʼn hele klomp praktiese wenke wat jou sal help om die eksamen speel-speel te slaag. BEGIN 1. 2. 3. SPRING SÓ WEG! GLO IN JOUSELF! BLY POSITIEF! Werk hard: Dink jy voor ’n eksamen jy Almal wil jou laat glo dat daar is nie goed genoeg nie? niks moeiliker as matriek is nie. Dis nie die volle waarheid Skakel daardie negatiewe nie! As jy hard werk, kan jy stemmetjie af! suksesvol wees. As jy in jouself glo, sal jy jou studies met vertroue Uit met: Maak tyd om te ontspan: aanpak en dan kan jy die • Ek het nie hard genoeg Monitor jou stres, rus genoeg eksamenmonster maklik geleer nie! en ontspan as die studies vir oorwin. • Ek is dom! jou te veel raak. • Ek gaan druip! Stel jou plan van aksie In met: op: • Ek het gedoen wat ek kon! Stel ʼn hersieningsprogram op en bly daarby. Stel vir jou • Ek werk hard! daaglikse doelwitte om te • Ek ken die werk! bereik. • Ek gaan my bes doen! Niemand kan jou so goed • Ek gaan sukses behaal! help soos jyself nie! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 4 DBE/November 2013 NSS 6. 5. 4. BREINKOS DRINK GENOEG WATER! HET JY GEWEET? As jy moeg voel, drink ʼn Moenie jou brein laat As jy jou brein wil stimuleer, melkdrankie wat bestaan uit: uitdroog nie. Drink baie moet jy ʼn kombinasie van water wanneer jy leer – proteïene, koolhidrate en 1 koppie melk dan dink jy helderder en dan stres vet eet, byvoorbeeld 1 koppie gemengde bessies jy minder. ʼn appel en kaas 1 teelepel heuning of Navorsing het bewys net 1 glas brood met ham en kaas. Gee jou brein woema met ʼn handvol water voor ʼn toets laat ʼn mens amandels, neute, sonneblomsade 33% beter vaar. en gedroogde appels wat jy orals in ʼn sakkie saam met jou kan neem. Moenie net op water staatmaak nie. Jy het ook breinkos nodig ... 7. 8. 9. STUDEER SÓ: KRY GENOEG SLAAP! OEFEN! Moenie té lank Moenie dink dit Oefen jou handspiere gereeld om krampe te intensief studeer nie, sal jou help as jy voorkom. Net soos enige spier in jou lyf, het want dit is uitputtend vir dwarsdeur die jou handspiere ook oefening nodig. Deur die jou brein. Leer eerder nag studeer nie. regte oefeninge te doen, kan jy jou handspiere in kort sessies. Jou sterk hou. brein sal op hierdie manier meer inneem. ʼn Leerder moet ten minste Oefening is ook goed as jy voel agt uur per nag slaap. jou kop wil bars. Doen byvoorbeeld tien opstote of gaan stap om die blok. 12. 11. 10. IN DIE WARM STOEL! ASEMHALING Tot siens, Die vraestel lê oop voor jou, maar jy dink jy Wanneer jy studeer of eksamen skryf, is verstaan nie die vraag nie. diep asemhaling belangrik. stres Jou brein staan stil. Wat nou? Haal ʼn paar keer diep asem, lees die Onthou hierdie oefeninge wat jou sal help: eksamenvraag oor en oor. Maak ʼn paar notas om jou brein te aktiveer en kom later • Sit jou hand op jou maag, haal diep terug na die vraag toe. Moenie by een asem en asem dan stadig uit. vraag vashaak nie! • Voel die asemhaling onder in jou maag. Hallo, PROBEER OOK DIE VOLGENDE: • Doen dit omtrent tien keer of totdat jy sukses! Onthou. Los die negatiewe gedagtes. ontspanne voel. Ontspan. Sit agteroor. Haal ʼn paar keer Diep asemhaling is soos ʼn energiedrankie diep asem. Maak jou oë toe en fokus op jou vir jou lyf en brein! asemhaling totdat jy kalmer voel. Sug van verligting. As jy ʼn paar keer na Probeer weer. Probeer weer die vraag as mekaar diep sug, sal jy dadelik ontspan. jy rustig is of kom later terug na die vraag Só sal jy beter kan konsentreer, alle feite EINDE! toe. Bly kalm en jy sal onthou wat jy geleer onthou en ʼn goeie eksamen beleef. het. Motiveer jouself en sê: “Een klein vragie gaan my nie laat moed opgee nie!” [Verwerk uit: http//www.jip.co.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 5 DBE/November 2013 NSS 1.1 Noem TWEE wenke wat ouers en onderwysers gewoonlik voor ʼn eksamen vir jou gee. (2) 1.2 Hoe kan jy die eksamenmonster maklik oorwin? (Blokkie 2) (1) 1.3 Wat is die ooreenkoms tussen ʼn eksamen en ʼn monster? (1) 1.4 Noem EEN spesifieke ding wat jou negatiewe stem vir jou sê. (Blokkie 3) (1) 1.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer. “Ek gaan sukses behaal!” (blokkie 3) beteken dat jy ... A positief oor jouself voel. B te veel van jouself dink. C twyfel of jy suksesvol gaan wees. D wonder of jy suksesvol gaan wees. (1) 1.6 Een glas water voor ʼn toets laat ʼn mens 33% beter vaar. (Blokkie 5) 1.6.1 Is die stelling ʼn FEIT of ʼn MENING? (1) 1.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.6.1 deur DRIE opeenvolgende woorde uit blokkie 5 aan te haal. (1) 1.7 Wat is die rede vir die gebruik van die stippels aan die einde van blokkie 5? (1) 1.8 Sê wat die woord “woema” (blokkie 6) beteken. (1) 1.9 Sê watter effek elk van die volgende studiesessies op die brein het: 1.9.1 ʼn Lang, intensiewe studiesessie (1) 1.9.2 ʼn Kort studiesessie (1) 1.10 Leerders moet genoeg slaap. (Blokkie 8) 1.10.1 Hoeveel uur per nag word as “genoeg slaap” vir leerders beskou? (1) 1.10.2 Waarom vorm die prentjie ʼn kontras met die stelling? (1) 1.11 Waarom moet jy jou handspiere gereeld oefen? (1) 1.12 Watter “energiedrankie” het jou lyf en brein tydens studie nodig? Haal TWEE opeenvolgende woorde uit blokkie 10 aan. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 6 DBE/November 2013 NSS 1.13 “In die warm stoel!” (Blokkie 11) 1.13.1 Word die woorde “warm stoel” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1) 1.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.13.1 deur te verduidelik wat in hierdie konteks met warm bedoel word. (1) 1.14 Waarom is dit effektief om ʼn artikel in hierdie vorm aan te bied? (1) 1.15 Hoekom, dink jy, verskyn daar jaarliks soveel artikels oor eksamenwenke in die media? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 7 DBE/November 2013 NSS TEKS B: SENSUS Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BEHUISING ? FORMEEL INFORMEEL TRADISIONEEL ANDER 77,6% 13,6% 7,9% 0,9% ELEKTRISITEIT Die toename in die persentasie huishoudings wat elektrisiteit gebruik 2001–2011 75% 2011 60% 2001 58% 1996 WATER 73,4% 17,9% 8,8% Soveel mense het lopende Soveel mense moet water by Soveel mense het geen water uit krane in hulle krane buite hulle wonings toegang tot lopende water uit wonings. gaan haal. krane nie. Daar is 1,2 miljoen huise landwyd sonder toegang tot lopende water. WERKLOOSHEID NASIONAAL PROVINSIAAL 29,8% LIMPOPO 38,9% 20–24 JAAR 50+ JAAR Hoogste 48,6% 17,4% Werkloos Werkloos WES-KAAP 21,6% Laagste [Verwerk uit: Huisgenoot, 15 November 2012] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 8 DBE/November 2013 NSS 1.16 Watter woord beskryf die soort huis waarin die meeste Suid-Afrikaners woon? (1) 1.17 Hoekom word ʼn vraagteken gebruik om aan te dui waar 0,9% van die mense woon? (1) 1.18 Wat impliseer die pyltjie in die gloeilamp? (2) 1.19 Watter persentasie van Suid-Afrika se mense hoef nie hulle water huis toe te dra nie? (1) 1.20 Hoeveel huise in die land is sonder lopende water? (Nie persentasie nie) (1) 1.21 Hoekom word koeke gebruik om die verskillende ouderdomsgroepe aan te dui? (1) 1.22 Watter provinsie het die grootste werkloosheidsprobleem in Suid-Afrika? (1) 1.23 Waarom is die gebruik van prentjies in hierdie sensusartikel so effektief? Gee TWEE redes. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 9 DBE/November 2013 NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2: MAAK NUWE VRIENDE! In die artikel hieronder word wenke gegee oor hoe om nuwe vriende te maak. Lees hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som die sewe wenke in SEWE sinne op. 2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer. 3. Nommer die sinne van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C: MAAK NUWE VRIENDE! Dit is nooit maklik om nuwe vriende te maak nie. Hier is ʼn paar praktiese wenke wat jou kan help. Jy moet uitgaan om nuwe vriende te ontmoet, want as jy net voor die televisie sit, sal jy nie vriende ontmoet nie. Sluit by klubs op jou tuisdorp aan waar daar ander mense is wat jou belangstellings deel. Reis laat nuwe wêrelde vir jou oopgaan. Deur vreemde plekke te besoek, sal jy ook nuwe vriende ontmoet. Beweeg ʼn bietjie uit jou gemaksone en doen nuwe dinge, soos om kursusse by te woon. Daar kan jy met nuwe vriende in aanraking kom. Registreer op een van die sosiale netwerke op die Internet en ontmoet sό nuwe vriende. Wees net baie versigtig om nie by die verkeerde mense betrokke te raak nie. As jy vreemde mense raakloop, begin jou gesprek met ʼn kompliment oor iets positiefs wat jy in ʼn ander persoon raaksien. Alle mense hou daarvan om gekomplimenteer te word. ʼn Mens wil so graag ontvang, maar dit is eers wanneer jy gee dat jy die grootste vriende sal maak. En wat moet jy gee? Jou tyd, jou energie of jou aandag. Dit hoef nie materiële dinge soos duur geskenke te wees nie. As jy positief is, trek jy mense na jou toe aan. Niemand hou van negatiewe mense nie. Met ʼn positiewe houding sal jy nooit ʼn tekort aan vriende hê nie. Jou vermoë om van vreemde mense vriende te maak, laat jou as mens groei en gee vir jou nuwe geleenthede om jou vriendekring uit te brei. [Verwerk uit: www.jouwêreld.co.za] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 10 DBE/November 2013 NSS AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE TEKS D • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer. • Daar is opsetlike taalfoute in die advertensie. • Voer die instruksies by elke vraag uit. (3.2) Die GOED MATRIEKAFSKEID-EKSPO OOIT! (3.7) TOEGANG GRATIS ’n Ekspo waarin graad 12-leerlinge sal belangstel 10–11 Oktober 2013 Vodaworld Midrand  Vroueklere is beskikbaar.  (3.3) Klere vir mans is ook beskikbaar.  Motors te huur  (3.4) Ons bespreek hare en skoonheid.  Danslesse kan gereël word. (3.5) Beeld reël wonderlik aktiwiteite by die ekspo:  ʼn Modeskou  (3.6) ʼn Lewendige show deur VONK (3.8) Kan jy pryse wen? JA ... • JJ Schoeman sal ʼn rok ter waarde van R15 000 maak. • Grimering word gratis gedoen. • ʼn Naweek by die see Vir meer inligting gaan na www.matriekekspo.co.za. Leon Mare – Organiseerder – 011 404 1503/JJ Schoeman – 011 713 9046 Beeld (3.9) Jou wêreld. Jou koerant. [Verwerk uit: Huisgenoot, 23 Februarie 2012] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 11 DBE/November 2013 NSS 3.1 Wie is die teikengroep van hierdie advertensie? (1) 3.2 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die onderstreepte woord in die opskrif van die advertensie. Skryf slegs die woord as antwoord neer. Die goed matriekafskeid-ekspo ooit! (1) 3.3 Gee EEN WOORD vir die beskrywing tussen hakies. Skryf slegs die antwoord neer. (Klere vir mans) is ook beskikbaar. (1) 3.4 Skryf die sin in die lydende vorm. Ons bespreek hare en skoonheid. (1) 3.5 Gee die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer. Beeld reël wonderlik aktiwiteite by die ekspo. (1) 3.6 Kies die korrekte AFRIKAANSE WOORD vir die onderstreepte woord. ʼn Lewendige show deur VONK. A skou B ekspo C aktiwiteit D vertoning (1) 3.7 Hoekom trek die inligting “toegang gratis” dadelik die leser se aandag? (1) 3.8 Verander die VRAAGSIN in die advertensie na ʼn STELSIN. Kan jy pryse wen? (1) 3.9 Waarom gebruik Beeld die woord “jou” in die slagspreuk “Jou wêreld. Jou koerant”? (1) 3.10 Hoekom is dit effektief om verskillende lettertipes in die advertensie te gebruik? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 12 DBE/November 2013 NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT TEKS E • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer. • Voer die instruksies by elke vraag uit. HÄGAR RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 Hulle sê daar is ... en sy werk 24 uur per ʼn vrou agter elke dag om hom suksesvol te suksesvolle man ... probeer maak! [Uit: Beeld, 15 November 2012] In hierdie strokie is Hägar se vrou, Helga, besig om met haar dogter te praat terwyl sy werk. 4.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die antwoord neer. Helga (stereotipeer/manipuleer) mans as sy sê dat daar ʼn vrou agter elke suksesvolle man is. (1) 4.2 Kies ʼn woord uit die blokkie om die sin korrek mee te voltooi. Skryf slegs die antwoord neer. kwaad; skaam; verbaas In raampie 1 kan ons duidelik uit die meisie se gesigsuitdrukking aflei dat sy ... is. (1) 4.3 Wat kan jy uit raampie 2 aflei oor die feit dat die meisie met haar hande agter haar rug staan? (1) 4.4 Skryf die sin hieronder oor en vervang die onderstreepte voegwoord met DAAROM. Helga werk 24 uur per dag en sy is ʼn voorbeeld vir haar dogter. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 13 DBE/November 2013 NSS 4.5 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Sy werk 24 uur per dag. (1) 4.6 Kies die woord wat die volgende VASTE UITDRUKKING korrek voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer. Hägar se vrou swoeg en ... heeldag om haar man gelukkig te maak. A wroeg B sweet C ploeg D meet (1) 4.7 Gee die ANTONIEM van die onderstreepte woord. Skryf slegs EEN woord as antwoord neer. Die boodskap van die strokie is dat Hägar suksesvol sal wees as sy vrou nie agter hom staan nie. (1) 4.8 Voltooi die sin deur te verwys na wat jy in raampie 2 kan sien. Skryf die sin oor. In raampie 2 kan ʼn mens sien dat die klere nog nat is, want ... (1) 4.9 Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer. In die strokie probeer Hägar se vrou vir die jong meisie ʼn (lewe + les) leer. (1) 4.10 Hoekom word ʼn uitroepteken in raampie 2 gebruik? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 14 DBE/November 2013 NSS VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT TEKS F • Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. • Opsetlike taalfoute kom voor. • Voer die instruksies by elke vraag uit. (5.1) INTERESANTE FEITE OOR HONDE EN KATTE (5.2) Johnna Rizzo het dierenavorsing gedoen. (5.3) Sy het gesê dat diere die wonderlikste onderwerp is om te bestudeer. Honde gaap om snaakse redes, (5.4) byvoorbeeld omdat hulle gespanne of opgewonde is. Laika was die eerste hond wat ʼn (5.5) reis na die ruimte onderneem het. ʼn Sint Bernard-hond, met die naam Barry, het glo in sy lewe meer as 40 mense se (5.6) lewens gered. (5.7) Honde drink soms water uit toiletbakke. (5.8) Die water in toiletbakke bly koel as die water in hulle bakke. Honde kan nie soos katte agteruit teen (5.9) boom afklim nie. Dit is net ʼn mite dat katte by die huis sal bly as jy botter aan hulle pote smeer. (5.10) Iemand moet hierdie mite glo. (5.11) ʼn Kat se hart klop twee keer vinniger as ʼn mens s’n. (5.12) Selfs klein katte se oë het drie ooglede elk. (5.13) ʼn Kaliko-kat is byna altyd ʼn wyfie. [Verwerk uit: Kids, Julie 2011] 5.1 Verbeter die SPELFOUT in die opskrif. Skryf slegs die korrekte spelling as antwoord neer. (1) 5.2 Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm. Johnna Rizzo het dierenavorsing gedoen. (1) 5.3 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE. Sy het gesê dat diere die wonderlikste onderwerp is om te bestudeer. (2) 5.4 Skryf die onderstreepte woord as ʼn AFKORTING neer. Skryf slegs die woord as antwoord neer. Honde gaap om snaakse redes, byvoorbeeld omdat hulle gespanne of opgewonde is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 15 DBE/November 2013 NSS 5.5 Laika was die eerste hond wat ʼn reis na die ruimte onderneem het. Gebruik die HOMOFOON rys in ʼn goeie sin sodat die betekenis duidelik blyk. Skryf jou eie sin volledig uit. (1) 5.6 Skryf die onderstreepte woord in LETTERGREPE neer. ʼn Sint Bernard-hond, met die naam Barry, het glo in sy lewe meer as veertig mense se lewens gered. (1) 5.7 Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD. Honde drink soms water uit toiletbakke. (1) 5.8 Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer. Die water in die toiletbakke bly koel as die water in hulle bakke. (1) 5.9 Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer. Honde kan nie soos katte agteruit teen boom afklim nie. (1) 5.10 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Iemand moet hierdie mite glo. (1) 5.11 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. Moenie bekommerd wees as jou kat se hart twee keer vinniger as joune klop nie. Skryf die hele sin oor en begin só: Jy HOEF NIE bekommerd ... (1) 5.12 Gee die VERKLEININGSVORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer. Selfs klein katte se oë het drie ooglede elk. (1) 5.13 Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer. ʼn Kaliko-kat is byna altyd ʼn wyfie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste AddisioneleTaal/V1 16 DBE/November 2013 NSS PRENT TEKS G Die taalvrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer. [Uit: Vrouekeur, 6 November 2009] Gebruik die woorde in die lys hieronder en voltooi die sinne (5.14–5.19). almanak; muurprop; bottoe; meisies; besem; pikswart; muisies; deurknop; soplepel; blikkie; vloer; stoofplaat 5.14 Die kombuis is vol ... (1) 5.15 Die teëls van die kombuisvloer is ... (1) 5.16 Die drie laaie is ... sodat daar niks kan inklim nie. (1) 5.17 Op die ... is daar ʼn prent van ʼn groot, vet kat. (1) 5.18 Die ketel is ingeprop by die ... (1) 5.19 Gebruik die onderstreepte woord as ʼn VOORSETSEL in ʼn sin. Skryf jou eie sin volledig uit. Die koppie hang aan sy oor onder die een kas. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all