Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 

View all
Afrikaans FAL P3 Nov 2013 Memo_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Pages
- 22
- File size
- 798.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
Bylaag A: Vraag 1 Opstel
Bylaag B: Vraag 2.1 Vriendskaplike brief
Vraag 2.2 Verslag
Vraag 2.3 Huldeblyk
Vraag 2.4 Pamflet
Bylaag C: Vraag 3.1 Dagboekinskrywing
Vraag 3.2 Advertensie
Vraag 3.3 Instruksies
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior
nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn
streep deur die res getrek. Dan word die kandidaat nie verder per kategorie
by struktuur gepenaliseer nie.
8. Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke.
Amper korrek Te kort/te lank Heeltemal te kort/te lank
AFDELING
Afd. A: Opstel 240–249 230–239 Minder as 230
250–300 woorde 301–310 Meer as 320
311–320
Afd. B: Langer
transaksionele teks 113–119 106–112 Minder as 106
120–150 woorde 151–157 158–164 Meer as 164
Afd. C: Korter
transaksionele teks 75–79 69–74 Minder as 69
80–100 woorde 101–105 106–111 Meer as 111
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
9. Vraag 1.6:
• Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud
spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend,
beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as
prikkels.
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies/pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van ʼn nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde*
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES
volgens:
Afdeling A: INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte).
Afdeling B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (10 punte).
Afdeling C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (7 punte).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
3. Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie kode
tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ʼn gegewe punt van 16–19 uit
50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf
net EEN punt neer.
4. Hou die persentasies by die kodes in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt
I/B 5 19½ B en C
T/S/R 2 4 I/B/F 5 12
S 5 5 T/S/R 6 7
28½ 19
TOTAAL: 29 TOTAAL: 19
6. Halwe punte word per afdeling afgerond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED
AFDELING A: OPSTELTIPES
Assesseer die opstelle sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die onderwerp
gelei.
VERHALENDE OPSTEL
• Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede).
• Dit kan vanuit die leerder se perspektief geskryf word.
• Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
• Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser.
• Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ʼn manier
gebruik dat die leser graag verder wil lees.
• Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die daaropvolgende
afloop van gebeure behoort voor te kom.
• Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• ʼn Buitengewone slot rond dit finaal af.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
BESKRYWENDE OPSTEL
• Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
• ʼn Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede soos sig,
klank, smaak, reuk en sensasie.
• ʼn Goeie woordeskat is nodig vir ʼn raak beskrywing.
• Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie belewing
en sinvolheid geniet aandag.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
BESPIEGELENDE OPSTEL
• Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid/ʼn herinnering en gee sy/haar
emosionele reaksies en gevoelens weer.
• Bespiegel oor/dink terug aan daardie moontlikheid, herinnering of lewenswaarheid.
• ʼn Bespiegelende opstel sal subjektief wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
• Gevoelens en emosies speel ʼn baie belangrike rol.
• ʼn Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
• Hierdie beskrywings behoort realisties te wees en moet daarop gemik wees om die
gevoelens van die skrywer weer te gee.
• Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opregte en persoonlike
betrokkenheid te toon.
• Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg en ʼn slotsom word gevorm (logies en sistematies).
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL
• Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
• Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees.
• Dit is ʼn subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om
sy/haar gesigspunt te deel.
• NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van die begin
af stelling ingeneem word vir of teen ʼn argument NIE.
• Die skrywer gee ʼn subjektiewe mening oor die onderwerp.
• ʼn Reeks argumente word gegee om die mening te motiveer.
• Die skrywer konsentreer gewoonlik op argumente vir of teen die standpunt. Die
teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ʼn eie mening te
gee.
• ʼn Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter.
• Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak.
• Sterk gevoelstaal sal gebruik word, maar mag nooit kru wees nie.
• Die slot moet ʼn sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer se
gesigspunt bevestig.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
BEREDENERENDE OPSTEL
• Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ʼn
argument te gee.
• Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en gee
dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig aangebied.
• Die skrywer mag ʼn spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel, maar
die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
• Die skrywer moet BEIDE kante van die argument verstaan, daaroor nadink en op ʼn
onpartydige en goed ingeligte manier daaroor redeneer.
• Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees.
• Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word.
• Die toon is nie emosioneel nie.
• Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees.
• Die skrywer mag aan die einde ʼn aanduiding van sy/haar gesigspunt gee, maar dit
mag slegs in die slot wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• ʼn Gevolgtrekking kan in die slot gegee word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.
VISUELE PRIKKELS
• Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die nasiener moet onthou dat
alhoewel hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies, die
opstel direk by die kern van elke prent moet aansluit. Die agtergrond kan in ag
geneem word om die kern toe te lig. Die kandidaat se perspektief op die kern
van die prent moet oorweeg word by assessering.
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/kern van die prent van die kandidaat verwag word.
• Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
ag geneem.
TOTAAL AFDELING A: 50
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS:
ʼn Graad 12-leerder gee aan sy/haar maat raad oor die keuse tussen Wiskunde en
Wiskundige Geletterdheid.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Die aanhef van die brief moet informeel wees.
• ʼn Goeie inleiding voorsien die rede vir die brief.
• Die paragrawe wat volg, brei uit op die fokus van die brief.
• Die vriendskaplike brief hanteer die inhoud m.b.t. taalgebruik en styl informeel en
gemaklik.
• Die brief neem die teikenpersoon, naamlik die maat, in aanmerking – dit is
persoonlik, openhartig en vriendelik.
• Die briefskrywer moet definitiewe raad gee om die keuse tussen Wiskunde en
Wiskundige Geletterdheid makliker te maak.
• Die toon en register moet by die vriendskap tussen die briefskrywer en die
ontvanger van die brief aansluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
• Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
• Indien ʼn Engelse woord onvermydelik is, moet aanhalingstekens gebruik word.
• Die briefskrywer sluit die brief gepas af.
• Die briefskrywer mag groete oordra aan die maat se familie.
FORMAAT:
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens:
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
• Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
(Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.)
• Die datum word voluit geskryf: 25 November 2013.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. (Bl. 9)
Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
• Groete/Liefdegroete kan aan die einde gebruik word.
• Daar word nie ʼn reël tussen Jou maat en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing Jou maat voor die briefskrywer se naam is opsioneel.
Die paragrawe:
• ʼn Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. om raad te gee.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief, naamlik om ʼn maat te
help met sy/haar vakkeuse.
• Die slotparagraaf moet die inhoud van die brief saamvat.
STYL:
• Hierdie brief is persoonlik en vriendskaplik van aard.
• Die briefskrywer is openhartig.
• Die toon van die brief is vriendelik, informeel, raadgewend en simpatiek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Posbus 795
Johannesburg
2000
25 November 2013
XXX
Liewe Marie
XXX
Inleidingsparagraaf: Gee die rede vir die brief duidelik; die ontvanger word
alreeds in hierdie paragraaf ingelig waaroor die inhoud van die brief gaan
handel.
XXX
Paragraaf 2: Gee raad oor die keuse tussen Wiskunde en Wiskundige
Geletterdheid.
XXX
Paragraaf 3: Brei verder uit op die redes vir die keuse.
XXX
Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam.
XXX
Liefdegroete./Beste wense.
XXX
Jou maat
Naam (geen punktuasie nie)
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia straat is ʼn samestelling tussen ʼn
eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal
bespreek word na gelang van die geografiese ligging.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
2.2 VERSLAG
FOKUS:
• ʼn Graad 12-leerder skryf ʼn verslag aan ʼn skoolhoof.
• Gebeure rondom ʼn leerder wat oneerlik in die eksamen was, word beskryf.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Die verslag is kort en bondig. Detail moet egter nie uitgelaat word nie.
• Die paragrawe volg logies opmekaar, volgens die gebeure wat in die eksamen-
lokaal waargeneem is.
• Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees. Dit is op feite gebaseer wat self
waargeneem is.
• Besonderhede oor tyd, datum, plek en insident is deel van die detail. (Wie? Wat?
Wanneer? Waar? Hoe?)
• Die slot vat alles saam.
• Die taalgebruik pas by die gedagte van inligting verskaf/oordra.
• Die verslag word in die verlede tyd aangebied.
• Geen emosionele taal of persoonlike oordeel word aanvaar nie.
FORMAAT:
• Daar is ʼn opskrif wat by die res van die verslag se inhoud pas.
• Die leerder mag met persoonlike besonderhede begin.
• Die inleidende paragraaf spreek die doel van die verslag direk aan.
• In die volgende paragrawe word eerstehandse inligting oor waar, wanneer, wie
betrokke was en hoe die insident plaasgevind het, gegee.
• Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.
• Die slotparagraaf mag ʼn gevolgtrekking insluit.
• Die verslag mag onderteken en gedateer word.
STYL:
• ʼn Gepaste styl vir die verslaggewing aan die skoolhoof.
• ʼn Nugter weergawe van die gebeure word gegee.
• Saaklik en direk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
OPSKRIF: VERSLAG OOR INSIDENT IN DIE EKSAMENLOKAAL
Inleidingsparagraaf:
Verduidelik die doel van die verslag. Leerder mag met persoonlike besonderhede
begin.
Ek, Andrew Johnson, skryf hierdie verslag oor wat ek in die eksamenlokaal gesien
het toe ons Geskiedenis geskryf het.
X
Paragraaf 2 en verder:
• Die feite word duidelik en stap vir stap uiteengesit.
• Tyd, datum en plek word gegee.
• Taal is eenvoudig en duidelik, maar formeel.
Donovan Jeffreys het voor my in die eksamenlokaal gesit toe ons Donderdag, 12
November Geskiedenis Vraestel 1 geskryf het. Die eksamen het om 9:00 begin.
Donovan se baadjie het agter oor sy stoelleuning gehang. Sowat 30 minute nadat
ons begin het, het ek gesien hoe hy ʼn wit papier versigtig uit sy baadjiesak gehaal
het. Hy het hierdie papier onder sy eksamenboek ingedruk.
Ek het my hand opgesteek om die toesighouer te roep. Die toesighouer het die
papier met notas op, onder sy eksamenboek uitgehaal. Dit was definitief die
papier wat hy uit sy baadjiesak gehaal het.
X
Slotparagraaf:
Vat die verslag saam en kom tot ʼn gevolgtrekking (opsioneel).
Ek verklaar dat alles wat ek hier geskryf het die waarheid is. Ek is bly as ek die
skool kan help om sy stem dik te maak teen korrupsie.
X
Handtekening: (opsioneel) __________ Datum: (opsioneel)____________
2.3 HULDEBLYK
FOKUS:
• ʼn Leerder wat tydens die begrafnis/gedenkdiens van ʼn medeleerder ʼn huldeblyk
lewer.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• ʼn Huldeblyk word gewoonlik gelewer by meer formele/georganiseerde
samekomste, bv. begrafnisse.
• Die huldeblyk begin met die groet van die aanwesiges op ʼn gepaste wyse, bv.
Geagte ...
• Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en van,
ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of hoogtepunte van
die oorledene se lewe, staaltjies oor die oorledene en persoonlike herinneringe.
• Die doel van hierdie huldeblyk is om die oorledene se lewe te vereer en om
die betekenisvolle bydrae wat die persoon gelewer het, uit te lig. Die gehoor moet
ʼn geheelbeeld van die oorledene kry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
• Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige of
toekomende tyd geskryf.
• Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die oorledene
verwys word.
• Die taal, styl en register moet by die gehoor en die onderwerp pas.
• Maak gebruik van formele spreektaal. Kort en kragtige sinne het trefkrag.
FORMAAT:
• Inleidende paragraaf
Die huldeblyk word met die groet ingelei en die begrafnisgangers se aandag word
vasgevang.
Die inleiding moet oor die verering van die persoon se lewe handel. Die inleidende
sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoofpunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies
van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe
bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor ʼn nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
ʼn Treffende slot. Die slot kan ook vir die familie sterkte toewens.
• Die huldeblyk hoef nie in paragrawe te wees nie, maar die aanhef, liggaam en slot
moet duidelik blyk.
STYL:
• Die styl is formeel.
• Die sinne is kort en bondig.
• Die gehoor word met respek aangespreek.
• Die huldeblyk is vertroostend/bemoedigend van aard.
• Vermy eufemisme of sentimentaliteit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Geagte Ouers, Familie en Vriende
(Die spreker groet die begrafnisgangers).
Dit is vir my ʼn voorreg om vandag hulde te bring aan ʼn vriend, sielsgenoot en
mentor.
XXX
Inleidende paragraaf: Die inleidende sin is interessant, boeiend.
(Naam van oorledene) was ʼn persoon wat ʼn impak gemaak het op elkeen se lewe
met wie hy/sy te doen gekry het. Hy/Sy was ʼn inspirasie vir jonk en oud. Ons sal
hom/haar mis.
XXX
Paragraaf 2: Begin met bekende gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene.
Noem die nalatenskap van die oorledene vir die gehoor.
Hou sinne kort en kragtig.
Laat gedagtes mooi saamhang.
Wie sal ooit die dag vergeet toe ons meneer Gouws in sy kantoor toegesluit het en
ʼn heerlike partytjie in sy klas gehou het? (Naam) was die brein agter hierdie
besluit. Hy/sy het ook agterna die straf namens almal gedra. My maat was ʼn goeie
luisteraar, ʼn vriend deur dik en dun.
XXX
Paragraaf 3 en verder: Elke paragraaf (verkieslik) ʼn nuwe feit/gedagte.
(Naam van oorledene) se jong lewe is tragies deur kanker beëindig, maar in sy/haar
swaarkry, het hy/sy ons vertroos en baie geleer.
XXX
Slot: Sterkte word vir die familie toegewens. Dit vorm die slotparagraaf.
Ek weet julle harte is nou seer en ek bid dat julle krag sal ontvang om deur hierdie
moeilike tyd te kom.
2.4 PAMFLET
FOKUS:
ʼn Pamflet stel ʼn sangkompetisie (Idols) aan leerders bekend.
VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Inligting moet duidelik uiteengesit word om aandag te behou.
• Daar word onderskei tussen algemene inligting en reëls.
• Die pamflet moet eenvoudig dog effektief wees.
• Die pamflet is gerig op ʼn spesifieke teikengroep, nl. tieners.
• Verskaf die volgende inligting: wat, waar, wanneer die kompetisie gaan plaasvind
en kontakbesonderhede van die organiseerders.
• Noodsaaklike reëls moet gegee word.
• Die kandidaat hoef nie ewe veel op albei aspekte (inligting en reëls) te konsentreer
nie.
• Woordspeling en alliterasie kan effektief gebruik word.
• Hooftyd word deur die onderwerp bepaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
FORMAAT:
• Die pamflet kan volgens die formaat op die vraestel aangebied word.
• Die inligting word onder twee onderafdelings aangebied: algemene inligting en
reëls.
• Gebruik kort sinne.
• Verskillende lettertipes word gebruik.
• Verskillende lettergroottes word gebruik.
• Prente (opsioneel).
• Effektiewe leestekengebruik.
STYL:
• Die styl is informatief van aard.
• Ekonomiese woordgebruik.
• Die inligting op die pamflet kan puntsgewys aangebied word.
VOORBEELD
Algemene inligting Reëls
• Die sluitingsdatum vir hierdie
• Hierdie kompetisie is ideaal vir leerders kompetisie is 1 Desember
wat die talent het om te sing. 2013.
• Die kompetisie vind op 26 Desember • Geen laat inskrywings word
2013 in die Burgersentrum in Bisho plaas. aanvaar nie.
• Daar is wonderlike pryse om te wen, • Slegs een inskrywing per
leerder.
naamlik CD-kontrakte en kontantpryse.
• Elke inskrywing kos R10.00.
Daar is ook gelukkige trekkings.
• Jy mag net inskryf as jy nog op
• Toegang vir toeskouers is gratis. skool is.
• Die kompetisie begin om 19:00. • Liedjies mag in enige taal
• Vir verdere inligting kan jy vir Martha gesing word.
Ndabeni by 041 996 2485 skakel. • Eie komposisies is ook
welkom.
• Elke deelnemer moet vir sy/haar eie • Geen musiekinstrument mag
vervoer en verblyf betaal. gebruik word nie.
• Die beoordelaars se beslissing
is finaal.
ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TEKS
NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 3
3.1 DAGBOEKINSKRYWING
FOKUS:
Die skrywer verwoord sy/haar gevoel oor sy/haar ouers se besluit om te weier dat
hy/sy ná die eindeksamen saam met matriekmaats vakansie kan gaan hou.
VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die dagboekinskrywing word in die eerste persoon geskryf.
• Persone word op die naam genoem. Daar kan na ouers as Ma/Pa/my ouers
verwys word.
• Gebruik gepaste hooftye.
• Gebruik adjektiewe funksioneel.
• Die dagboekinskrywing moet ʼn dag en/of datum hê.
• Dit is ʼn informele skryfstuk gerig op die persoon se eie ervaring(s), gevoelens wat
ervaar is oor die ouers se besluit.
• Sinne kan kort en kragtig geformuleer word.
• Gemotiveerde eenwoordbeskrywings is aanvaarbaar.
• Sinne ondersteun die kerngedagte van die opdrag, naamlik die skrywer se
gevoelens oor die ouers se besluit.
FORMAAT:
• Die kandidaat hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
• Die dagboekinskrywing moet ʼn dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.
• Die datum kan aan die linkerkant, regterkant of in die middel geskryf word.
• Die uiteensetting is in paragraafvorm of meer as een paragraaf.
• Gebruik leestekens en hoofletters funksioneel.
STYL:
• Die styl is persoonlik van aard.
• Emosiebelaaide taal kan gebruik word.
• Die inhoud moet getuig van die skrywer se gevoelens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
15 November 2013
(Links, middel of regs)
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
Paragraaf 1:
(Verwoord gevoelens oor ouers se besluit oor die matriekvakansie.)
Die lewe is onregverdig! Hoekom is Ma en Pa so onregverdig? Nou word ek
verbied om saam met my maats te gaan vakansie hou. Genugtig! Ek is nie meer
ʼn baba nie. Ek is agtien jaar oud.
XXX
Paragraaf 2:
(Bespiegel oor die rede vir die ouers se weiering/brei uit oor gevoelens. Hierdie
inligting is slegs ʼn voorbeeld van moontlike uitbreiding.)
Hulle het my mos goed grootgemaak. Nou is hulle bekommerd dat ek my te buite
sal gaan met drank en dwelms en wie weet wat nog! Vertrou hulle my dan nie?
Al wat ek vra, is die geleentheid om vir oulaas saam met my vriende ʼn sorgvrye
vakansie deur te bring. Ek dink ek verdien dit na TWAALF jaar se harde werk.
(Kan ook net in een paragraaf aangebied word).
3.2 ADVERTENSIE
FOKUS:
Die leerder moet ʼn advertensie vir tekkies ontwerp wat in ʼn tienertydskrif geadverteer
word.
VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die advertensie word vir ʼn spesifieke groep mense geskep, nl. tieners.
• Die krag van ʼn advertensie lê in eenvoud.
• Dit moet onmiddellik die tiener se aandag trek.
• Moenie te veel woorde gebruik nie.
• Die advertensie moet maklik verstaanbaar wees.
• Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
- Wie die tekkies kan koop
- Die plekke waar die tekkies gekoop kan word
- Die prys van die tekkies
- Hoe die tieners daarby kan baat vind deur hierdie tekkies te koop
- ʼn Goeie slagspreuk wat tieners se aandag sal trek, is opsioneel
- Kontakbesonderhede van die maatskappy wat die tekkies verkoop
• ’n Advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
-’n Advertensie moet ʼn leser se aandag trek.
- Die leser se belangstelling moet gewek word.
- Die advertensie moet ʼn begeerte by die leser wek.
- As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
FORMAAT:
• Lettergroottes en lettertipes is baie belangrik. (Uitleg is belangrik)
• Prente (opsioneel).
• Effektiewe leestekengebruik.
STYL:
• Die styl is oorredend van aard.
• Ekonomiese woordgebruik.
• Effektiewe woordkeuse.
• Die advertensie kan puntsgewys aangebied word.
• Beperk die gebruik van volsinne.
VOORBEELD
Jy móét hierdie tekkies koop om “in” te
wees en modern te lyk! Wat?
As jy een van daardie tieners is wat glo in styl en om in die mode te
wees, mag jy nie by hierdie tekkies verbystap nie. Wie?
STOP! KOOP DIT! DRA DIT! WEES IN!
DIE TEKKIES IS NOU BESKIKBAAR! KOM RAAP DIT
OP!
PLEKKE WAAR JY JOU BLITSTEKKIES KAN KOOP:
Waar?
PickʼnPay, Game, Checkers, Edgars of
uitgesoekte winkels van Total Sports
TE KOOP TEEN R339,99 PER PAAR.
Prys?
Dink nuut! K oop jou blitstekkies NOU !
Bel Blitsverkopers (082 715 1371) vir verdere
besonderhede of lees Huisgenoot en Jip van
18 November 2013
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS:
Die leerder gee aan sy/haar broer wenke in die vorm van instruksies sodat hy ʼn goeie
indruk by sy meisie se ouers, wat hy vir die eerste keer gaan ontmoet, skep.
VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die instruksies moet logies, saaklik en duidelik uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om ʼn indruk op jou meisie/kêrel se
ouers te maak.
• Dit kan ʼn opskrif hê.
• Sinne word kort en kragtig geformuleer.
• Die instruksies hoef nie met werkwoorde te begin nie.
FORMAAT:
• Dit kan ʼn opskrif hê.
• Die uiteensetting: puntsgewys/reëls oopgelaat/ander aanduiders kan gebruik word.
• Die instruksies is kort en bondig, maar moet in volsinne aangebied word.
• Daar mag meer as een sin per instruksie wees.
STYL:
• Die styl is persoonlik van aard.
• Die sinne is in die vorm van instruksies.
VOORBEELD
INSTRUKSIES
1. Trek netjies aan vir die besoek.
XXX
2. Jy moet vriendelik wees. Dit skep ʼn goeie indruk.
XXX
3. Wees betyds vir jou afspraak omdat dit reeds iets van jou karakter sê.
XXX
4. Kyk almal in die oë as jy groet en hou jou handdruk ferm.
XXX
5. Neem ʼn klein geskenkie saam om dankie te sê vir die ete/kuier.
XXX
6. Gesels met almal.
XXX
7. Moenie te veel oor jouself praat nie.
XXX
8. Onthou jou maniere: sê dankie en asseblief. Staan op as die grootmense
die vertrek inkom.
XXX
9. Vermy fisiese kontak met jou meisie/kêrel; dit hoort nie in ʼn geselskap nie.
XXX
10. Vra die familie uit oor waarin hulle belangstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3
Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/November 2011
NSS – Memorandum
AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemid. Gemiddeld Ondergemid. Swak, maar slaag Te swak om te slaag
50 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
26-32 22½-25½ 19½-22 16-19 13-15½ 10-12½ 0-9½
-Inhoud toon uit- -Inhoud toon goeie -Inhoud toon bo- -Inhoud toon ’n -Inhoud toon -Inhoud dikwels -Inhoud nie ter sake
INHOUD EN stekende inter- interpretasie van gemiddelde gemiddelde ondergemiddelde onverstaanbaar. nie. Geen
pretasie van onder- onderwerp. interpretasie van interpretasie van interpretasie. Gebrek aan samehang nie.
BEPLANNING werp. -Idees interessant en onderwerp. onderwerp. Leemtes in samehang. samehang. -Idees herhaal.
-Idees uitdagend en verbeeldingryk. -Idees interessant en -Idees gewoon en -Idees meestal -Idees is min en -Beplanning en/of
volwasse. -Beplanning en/of oortuigend. diepte ontbreek. relevant, herhalend. dikwels herhalend. eerste poging
32 PUNTE -Beplanning en/of eerste poging lei tot -Beplanning en/of -Beplanning en/of -Beplanning en/of -Beplanning en/of ontbreek heeltemal.
eerste poging lei tot goedsaamgestelde, eerste poging lei tot eerste poging lei tot eerste poging lei tot eerste poging lei tot Swak opstel/
ʼn feitlik foutlose, gepaste opstel. ʼn goeie, gepaste ʼn bevredigende ondergemiddelde, opstel wat nie goed aanbieding.
gepaste opstel. opstel. opstel/ aanbieding. dog redelik aangebied is nie.
verstaanbare opstel.
10-12 8½-9½ 7½-8 6-7 5-5½ 4 0-3½
-Toon kritiese -Toon kritiese -Daar is bewyse van -ʼn Aanduiding van -Beperkte kritiese -Geen kritiese -Geen kritiese
TAAL, STYL taalbewustheid. taalbewustheid. kritiese taalbewust- kritiese taalbewustheid. taalbewustheid. taalbewustheid nie. Taalbewustheid nie.
-Effektiewe gebruik -Korrekte gebruik van heid. -Taal baie eenvoudig -Taal gewoon en -Gebrekkige taal en -Ernstige gebrek aan
EN van taal en taal en punktuasie. -Taal en punktuasie: en punktuasie punktuasie dikwels punktuasie. taal en punktuasie.
REDIGERING punktuasie. Maak Kan figuurlike taal meestal korrek. gemiddeld. foutiewelik gebruik. -Woordkeuse -Woordkeuse
van figuurlike taal gebruik in korrekte -Woordkeuse is -Woordkeuse -Woordkeuse beperk. ontoepaslik.
gebruik. konteks. gepas vir opstel. gemiddeld. basies. -Styl, toon en register -Styl, toon en register
12 PUNTE -Woordkeuse hoogs -ʼn Variasie in -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register gebrekkig. is baie gebrekkig.
toepaslik/ woordekeuse en is meestal toepaslik oor die algemeen in toon gebrek aan -Opstel is besaai met -Opstel is besaai met
uitmuntend. word korrek gebruik. vir die onderwerp. ooreenstemming met samehang. foute ten spyte van foute en verwarrend
-Styl, toon en register -Styl, toon en register -Opstel oor die vereistes vir die -Opstel het steeds proeflees en ten spyte van proef-
is hoogs gepas. is toepaslik vir die algemeen foutloos onderwerp. baie foute na redigering. lees en redigering.
-Opstel feitlik foutloos onderwerp. na proeflees en -Opstel het steeds proeflees en
na proeflees en -Opstel meestal redigering. foute na proeflees en redigering.
redigering. foutloos na proeflees redigering.
en redigering.
5-6 4½ 4 3 2½ 2 0-1½
-Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Onderwerp bevat -Daar is bewyse van -Dwaal soms van die -Afgedwaal van die
STRUKTUUR onderwerp onderwerp is onderwerp sommige idees, ontwikkeling van onderwerp af. onderwerp.
samehangend met samehangend met samehangend en noodsaaklike details sommige noodsaak- Algemene gedagte- -Sinskonstruksie en
verbeeldingryke goeie details. logiese ontwikkeling ingesluit. like idees. gang moeilik om te paragrafering:
6 PUNTE details. -Sinne en van details. -Sinskonstruksie en -Sinskonstruksie en volg. deurmekaar en
-Sinne en paragrawe paragrafering: -ʼn Verskeidenheid paragrafering mag paragrafering foutief, -Sinskonstruksie en ondeurdag.
samehangend samehangend, goed tipes sinne en foute bevat, maar maar idees is paragrafering baie -Lengte is heeltemal
saamgestel. gekonstrueer/ paragrawe skakel opstel maak nog sin. verstaanbaar. elementêr te kort/te lank.
-Lengte is in saamgestel. logies. -Lengte is amper -Lengte is te kort/ saamgestel.
ooreenstemming met -Lengte is korrek. -Lengte is korrek. korrek. te lank. -Lengte is te kort/
vereistes. te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3
Downloaded from hlayiso.com 21 DBE/November 2011
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
30 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
16-20 14-15½ 12-13½ 10-11½ 8-9½ 6-7½ 0-5½
-Gespesialiseerde -Goeie kennis van -Redelike kennis van - Gemiddelde kennis van -ʼn Ondergemiddelde -ʼn Elementêre kennis van -Geen kennis van
INHOUD, kennis van vereiste van
teks.
vereistes van teks.
-Gedissiplineerde
vereistes van teks.
-Behou bo-gemiddelde
vereistes van teks.
-Gemiddelde fokus, inhoud
kennis van
vereistes van teks.
vereistes teks. Respons
op geskrewe teks toon ʼn
vereistes van teks nie.
Respons op geskrewe
BEPLANNING -Gedissiplineerde skryfwerk, behou goeie fokus, onbenullige wyk effens af van Respons op geskrewe beperkte/swak fokus. teks toon baie swak/geen
EN FORMAAT skryfwerk, behou
deurgaans baie goeie
fokus; byna geen
afwykings nie.
afwykings.
-Inhoud en idees
onderwerp, maar dit
belemmer nie die
teks toon onder-
gemiddelde fokus.
-Inhoud wyk af van
onderwerp; betekenis is
fokus.
-Inhoud wyk af van
fokus; geen afwykings -Inhoud en idees samehangend. Detail oorhoofse betekenis -Wyk af van onderwerp; plek-plek verwarrend. onderwerp. Betekenis
20 PUNTE nie.
-Teks, algeheel same-
samehangend. Alle
detail ondersteun
ondersteun onderwerp.
-Beplanning en/of eerste
nie.
-Inhoud en idees
betekenis is plek-plek
vaag.
-Inhoud en idees nie
samehangend nie.
is verwarrend.
-Inhoud en idees is nie
hangend. Alle detail onderwerp. poging lei tot ʼn gepaste, voldoende same- -Inhoud en idees het Min detail ondersteun samehangend nie. Te
ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of goeie teks. hangend. Sommige leemtes in hul samehang. onderwerp. min detail ondersteun
-Beplanning en/of eerste eerste poging lei tot -Die toepassing van die van die detail ondersteun Basiese detail -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik ʼn goed saamgestelde, meeste van die nodige onderwerp. ondersteun onderwerp. poging gebrekkig, teks nie -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste gepaste teks. reëls vir die formaat is -Beplanning en/of eerste -Beplanning en/of eerste goed aangebied nie. poging afwesig/nie
teks. -Al die nodige reëls bogemiddeld. poging lei tot ʼn poging lei tot ʼn onder- -Kennis van die nodige gedoen nie. Swak
-Al die nodige reëls vir vir die formaat is goed bevredigende teks. gemiddelde, dog redelik reëls vir die formaat is aanbieding van teks.
die formaat is toegepas. -Kennis van die nodige verstaanbare teks. vaag. -Geen kennis van die
uitstekend toegepas. reëls vir die formaat is -Kennis van die nodige nodige reëls vir die
gemiddeld/voldoende. reëls vir die formaat is formaat nie.
ondergemiddeld. Kritiese,
nalatige foute is begaan.
8-10 7- 7½ 6-6½ 5-5½ 4-4½ 3-3½ 0- 2½
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is gemiddeld -Teks is basies saam- -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
TAAL, STYL akkuraat; sinne goed
saamgestel.
akkuraat; sinne goed
saamgestel.
maklik om te lees; sinne
is goed saamgestel.
saamgestel ten spyte van
foute.
gestel. Verskeie foute.
-Woordeskat is beperk en
om te volg.
-Woordeskat benodig
saamgestel en
verwarrend.
EN -Woordeskat is baie - Woordeskat is toepaslik - Woordeskat is meestal -Woordeskat is gemiddeld nie baie van pas vir doel remediëring en is nie -Woordeskat benodig
REDIGERING toepaslik vir doel van
teks, gehoor en
vir doel van teks, gehoor
en konteks.
toepaslik vir doel van
teks, gehoor en konteks
vir doel van teks, gehoor
en konteks.
van teks, gehoor en
konteks nie.
geskik vir doel van teks,
gehoor en konteks nie.
ernstige remediëring en
is nie toepaslik vir doel
konteks. -Styl, toon en register -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register nie van teks nie.
10 PUNTE -Styl, toon en register
baie toepaslik.
meestal toepaslik.
-Teks oorwegend
die algemeen toepaslik.
-Teks meestal foutloos na
gemiddeld.
-Teks het steeds foute na
toon gebreke.
-Teks het steeds baie
geskik vir onderwerp nie.
-Teks is besaai met foute
-Styl, toon en register
pas nie by onderwerp
-Teks feitlik foutloos na foutloos na proeflees proeflees en redigering. proeflees en redigering. foute na proeflees en ten spyte van proeflees nie.
proeflees en redigering. en redigering. -Lengte is in -Lengte is amper korrek. redigering. en redigering. -Teks is besaai met
-Lengte is in -Lengte is in ooreenstemming met -Lengte is te kort/ -Lengte is te kort/ foute en verwarrend ten
ooreenstemming ooreenstemming met vereistes. te lank. te lank. spyte van proeflees en
met vereistes. vereistes. redigering.
-Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3
Downloaded from hlayiso.com 22 DBE/November 2011
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
20 KODE 7 KODE 6 KODE 5: KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
10½-13 9½-10 8-9 6½-7½ 5½-6 4-5 0-3½
-Gespesialiseerde kennis -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Gemiddelde kennis van -Ondergemiddelde kennis -Elementêre kennis van -Swak/Geen kennis van
INHOUD, van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks nie.
-Gedissiplineerde -Gedissiplineerde -Behou bo-gemiddelde -Gemiddelde fokus, Respons op geskrewe Respons op geskrewe Respons op geskrewe
BEPLANNING skryfwerk; behou skryfwerk, behou goeie fokus,onbenullige inhoud wyk af van teks toon ʼn onder – teks toon ʼn swak/ teks toon baie swak/geen
EN deurgaans baie goeie fokus, afwykings. onderwerp, maar dit gemiddelde fokus. beperkte fokus. fokus.
fokus, geen afwykings byna geen afwykings nie. -Inhoud en idees is belemmer nie die -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van
FORMAAT nie. -Inhoud en idees is samehangend, details oorhoofse betekenis onderwerp. Betekenis is Onderwerp, betekenis is onderwerp, betekenis is
-Inhoud en idees is samehangend, alle detail ondersteun onderwerp. nie. plek-plek vaag. plek-plek verwarrend. verwarrend.
algeheel samehangend; ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste -Inhoud wyk af van -Inhoud en idees het -Inhoud en idees nie -Inhoud en idees nie
13 PUNTE alle detail ondersteun -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn gepaste, onderwerp, maar dit leemtes in hul samehang; Samehangend nie. Min samehangd nie, te min
onderwerp. poging lei tot ʼn goeie teks. belemmer nie die basiese detail ondersteun detail ondersteun detail ondersteun die
-Beplanning en/of eerste goed saamgestelde, -Meeste van die nodige betekenis nie. die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik gepaste teks. reëls vir die formaat is -Inhoud en idees -Beplanning en/of eerste -Beplanning en/of eerste -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste teks. -Al die nodige reëls vir toegepas/beduidend. voldoende samehangend, poging lei tot ʼn onder- poging gebrekkig. Teks poging nie gedoen nie.
-Al die nodige reëls vir die die formaat is sommige van die detail gemiddelde dog redelik, nie goed aangebied nie. Swak aanbieding van
formaat is toegepas/ toegepas/verdienstelik. ondersteun die verstaanbare teks. -Kennis van die nodige teks.
uitmuntend. onderwerp. -Kennis van die nodige reëls vir die formaat is -Geen kennis van die
-Beplanning en/of eerste reëls vir die formaat is vaag. nodige reëls vir die
poging lei tot ʼn ondergemiddeld. formaat nie.
bevredigende teks. Kritiese, nalatige foute is
-Kennis van die nodige begaan.
reëls vir die formaat is
voldoende.
6-7 5-5½ 4½ 3½-4 3 2½ 0- 2
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is gemiddeld -Teks is ondergemiddeld -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
akkuraat. Sinne goed akkuraat. Sinne goed maklik om te lees. Sinne saamgestel ten spyte van saamgestel. Verskeie om te volg. saamgestel en
TAAL, STYL saamgestel. saamgestel. is goed saamgestel. foute. foute. -Woordeskat benodig verwarrend.
-Woordeskat is baie - Woordeskat is toepaslik - Woordeskat is -Woordeskat is gemiddeld -Woordeskat is beperk en remediëring en is nie -Woordeskat benodig
EN toepaslik vir doel van vir doel van teks, gehoor meestal toepaslik vir vir doel van teks, gehoor nie baie van pas vir doel geskik vir doel van teks, ernstige remediëring en
REDIGERING teks, gehoor en konteks. en konteks. doel van teks, gehoor en en konteks. van teks, gehoor en gehoor en konteks nie. is nie toepaslik vir doel
-Styl, toon en register baie -Styl, toon en register konteks. -Styl, toon en register konteks nie. -Styl, toon en register nie van teks nie.
toepaslik. meestal toepaslik. -Styl, toon en register oor gemiddeld. -Styl, toon en register toon geskik vir onderwerp nie. -Styl, toon en register
7 PUNTE -Teks feitlik foutloos na -Teks oorwegend die algemeen toepaslik. -Teks het steeds foute na gebreke. -Teks is besaai met foute pas nie by onderwerp
proeflees en redigering. foutloos na proeflees -Teks meestal foutloos na proeflees en redigering. -Teks het steeds baie ten spyte van proeflees nie.
-Lengte is in en redigering. proeflees en redigering. -Lengte is amper korrek. foute na proeflees en en redigering. -Teks is besaai met
ooreenstemming -Lengte is in -Lengte is in redigering. -Lengte is te kort/te lank. foute en verwarrend ten
met vereistes. ooreenstemming met ooreenstemming met -Lengte is te kort/ spyte van proeflees en
vereistes. vereistes. te lank. redigering.
-Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr 12 Afrikaans P1 (FAL) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans EAT V1 Memo_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2023_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT2023_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
Afrikaans FAL P3 Nov 2018 Memo FINAL_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Afrikaans FAL P3 Nov 2012 Memo_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P1 Nov 2013_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2022 MG_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2021_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Afrikaans FAL P3 Nov 2020_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.
