Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2013
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 624.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 35
This exam
NSC November Exam 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 10Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 12Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
2. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35) Kies EEN vraag uit die afdeling/
AFDELING C: Kortverhale (35) afdelings wat jy behandel het.
AFDELING D: Gedigte (35) Kies TWEE vrae indien jy hierdie
afdeling behandel het.
3. Dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle behandel het
op die inhoudsopgawe op bladsy 3 aan.
4. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE letterkundetekste.
5. Kies die vraag wat jy wil doen, volg die instruksies en beantwoord die vrae.
LET WEL: Indien jy AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy TWEE vrae
uit hierdie afdeling kies.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
9. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2013
NSS
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn Bos Opstelvraag 35 punte 4
OF
2. Kringe in ʼn Bos Kontekstuele vraag 35 punte 4
OF
3. Die ongelooflike avonture van Opstelvraag 35 punte 8
Hanna Hoekom
OF
4. Die ongelooflike avonture van Kontekstuele vraag 35 punte 8
Hanna Hoekom
OF
5. Meeulanders Opstelvraag 35 punte 12
OF
6. Meeulanders Kontekstuele vraag 35 punte 12
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.
7. Poppie, die drama Opstelvraag 35 punte 16
OF
8. Poppie, die drama Kontekstuele vraag 35 punte 16
OF
9. Paljas Opstelvraag 35 punte 20
OF
10. Paljas Kontekstuele vraag 35 punte 20
OF
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord net EEN vraag.
11. Agter ʼn baard Opstelvraag 35 punte 24
OF
12. Die storie van Piet se oupa Kontekstuele vraag 35 punte 24
OF
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor enige TWEE van die gedigte.
13. Brief Kontekstuele vraag 17½ punte 28
OF
14. Die hanswors Kontekstuele vraag 17½ punte 30
OF
15. things that go bump in the night Kontekstuele vraag 17½ punte 32
OF
16. Wie’s Hy? Kontekstuele vraag 17½ punte 34
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2013
NSS
AFDELING A: ROMAN
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die rol wat die volgende
mense in Saul se lewe gespeel het:
• Maska as hart-broer
• MacDonald as werkgewer
• Abraham Steyn as leermeester
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 ʺOns moet net eers ʼn rukkie wag en kyk of dit nie opklaar nie,ʺ het hy
2 nogtans uitstel probeer soek. ʺGaan lê in die tent dat jou oë dit nie sien nie.ʺ
3 ʺNee! Help my, Barnard! Kry my hier uit!ʺ
4 Toe hy hom die beker tee in sy hand gee, het Saul vir die eerste keer
5 werklik geskrik. Patterson het die kokende tee uit sy hand laat val, oor sy
6 bene, en dit skynbaar nie gevoel nie. ʼn Bang man is een ding, ʼn man wat van
7 vrees aan die mal raak is, ʼn ander ding. En hy het deur die as en die tee
8 gekruip om Saul weer om die enkels beet te kry.
9 ʺStaan op, Patterson! Jy smeer jou vuil!ʺ
10 ʺHelp my! Help my! Help my!ʺ
11 Dit was aardig. En die plan het skielik in Saul opgekom.
12 Sonder skroom en skuldgevoel. ʺPatterson!ʺ Hy het afgebuk en hom op sy
13 voete gehelp. ʺKyk na my! Ons kan oppak en omdraai, ons gaan terug dorp
14 toe, Patterson! Hoor jy wat ek sê?ʺ
15 ʺHelp my, Barnard!ʺ
2.1 Waar is die ʺhierʺ waarna Patterson verwys? (Reël 3) (1)
2.2 Watter leuen oor hoekom Patterson Bos toe moes gaan, het MacDonald vir
Saul vertel? (1)
2.3 Watter werk het Patterson gedoen voordat hy Bos toe gekom het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2013
NSS
2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
MacDonald het Saul gevra om Patterson Bos toe te neem omdat ...
A MacDonald vir Saul van Kate af wou weghou.
B Saul die Bos goed geken het.
C Saul geweet het waar die goud was.
D MacDonald vir Saul in sy mag wou hou. (1)
2.5 Wat was MacDonald se planne indien Patterson goud sou vind? (1)
2.6 Gee EEN rede waarom Patterson, volgens die uittreksel, so bang was. (1)
2.7 Het jy simpatie met Patterson se optrede in reël 5–15? Motiveer jou antwoord. (1)
2.8 Wat, dink jy, is die rede vir die herhaling van die woorde ʺHelp my!ʺ in
reël 10 en 15? (1)
2.9 Saul het besluit om Patterson te help om terug te gaan dorp toe.
2.9.1 Op watter voorwaarde het Saul besluit om Patterson te help? (1)
2.9.2 Dink jy dit was reg dat Saul ʼn voorwaarde gestel het om Patterson
te help? Motiveer jou antwoord. (1)
2.10 Watter plan het Saul gemaak om Patterson veilig tot by oom Martiens-hulle te
kry? (1)
2.11 Gee DRIE feite wat aanleiding tot Arend se dood gegee het. (3)
2.12 Saul en Joram se siening oor die delf van goud het verskil.
2.12.1 Wat was Saul se siening oor hierdie gouddelwery? (1)
2.12.2 Wat was Joram se siening oor hierdie gouddelwery? (1)
2.13 Watter keerpunt het Arend se dood in Saul se lewe gebring? (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die gebied waar die delwers was, het later te groot geword om elke
2 Sondag na te loop en te bespied. Hy het toe maar om die beurt in elke rigting
3 waar hy geweet het delwers is, geloop. As hy ʼn geweer had, het hy sekerlik ʼn
4 klompie van hulle geskiet!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2013
NSS
5 "Is dit nodig dat julle die hele Bos moet uitroei om by die goud te kom!?"
6 kon hy hom een Sondag nie bedwing nie. Duskant ʼn tent, teen ʼn jong
7 kalander was die bokskedels in rye vasgespyker, en asof hulle kleur aan die
8 uitstalling wou gee, is die oopgespreide loerievlerke tussenin vasgemaak. Op
9 die vuurhouthoop het net stinkhout opgestapel gelê. En toe wil die Ier hom
10 nog vererg ook.
11 ʺKyk hierso, Dutchman, jy het niks met ons te doen nie! Kry jou loop en
12 loop kap jou hout!ʺ
13 ʺHier is genoeg dooihout in die Bos om mee vuur te maak,ʺ het Saul hom
14 ingelig, ʺmaar julle maak met die skaarsste hout in die Bos vuur en kom sê vir
15 my ek het niks daarmee te doen nie?ʺ
16 Daar was drie van hulle by die tent. ʺOns het nie jou opinie gevra nie!ʺ
17 skree een van die ander twee. Saul het geweet hy gaan sy hande op daardie
18 Sabbatdag laat sonde doen.
2.14 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf net die vraagnommer (2.14.1–2.14.4) en die antwoord neer.
houtkappers; olifantjagters; bosbewaarders; verraaiers;
goudkopers; gouddelwers; houtkopers; spioene
Dit was Harison, een van die (2.14.1) ... wat Saul vir die eerste keer bewus
gemaak het van die belangrikheid van die bewaring van bome. Harison het
met die (2.14.2) ... hieroor gepraat. Hulle kon hul houtlisensies verloor het as
hulle die verkeerde bome afgekap het. Dit was egter die (2.14.3) ... van
Knysna en die (2.14.4) ... wat van oral af ingestroom het, wat hulle nie aan
Harison se uitsprake gesteur het nie. Hulle het nie omgegee dat die Bos
uitgeroei word nie. (4)
2.15 Arend het heeltyd geglo dat Saul onskuldig was.
2.15.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
2.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.15.1. (1)
2.16 Al hoe meer delwers het die Bos binnegekom. Saul het die delwers probeer
bangmaak om hulle uit die Bos weg te kry en die Bos te beskerm.
2.16.1 Op watter TWEE maniere het Saul die delwers op hierdie stadium
probeer bangmaak? (2)
2.16.2 Het Saul reg teenoor die delwers opgetree? Motiveer jou antwoord. (1)
2.16.3 Op watter ander aanvaarbare manier, dink jy, kon Saul ook
probeer het om die delwers uit die Bos te kry? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2013
NSS
2.17 Saul en Peter Crompton het mekaar ontmoet toe Saul besig was om die
delwers uitmekaar te jaag.
2.17.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1. (1)
2.18 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.18.1 ... het vir Saul baie oor die Bos geleer. A Stopforth
2.18.2 ... het Saul se eerste goud gekoop. B Steyn
2.18.3 ... was die bestuurder van ʼn C Joram
mynmaatskappy.
D Barkley
2.18.4 Saul het by ... geleer hoe om meubels
te maak. E Terblans
(4 x 1) (4)
2.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Saul is later in die hoë sosiale kringe van Knysna aanvaar, want hy ...
A kon meubels maak.
B het ryk geword.
C was ʼn houtkapper.
D was snobisties. (1)
2.20 Aan die einde van die verhaal het Saul besluit om in die Bos te bly. Watter
waarde het hierdie besluit van Saul vir die Bos gehad? (1)
[35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2013
NSS
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 3: OPSTELVRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van Mana as unieke karakter.
Jy moet in jou opstel verwys na:
• Mana se idees oor ʼn pa vir Hanna en Tibo
• Mana wat anders as ander ma’s was
• Mana se kleredrag
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 ... Ek is besig om aan die slaap te raak. Ek voer ʼn eensame stryd teen ʼn
2 bose koningin wat almal om haar betower.
3 Behalwe vir my. Wees verseker, liewe leser. Hanna Heks gaan
4 haar nie laat betower nie!
5 Dit voel soos ʼn droom. Vir die eerste keer in tien dae word ek nie
6 douvoordag deur Beyers uit die bed geboender nie. Ek word saggies wakker
7 van ʼn opgewonde fluister in my kamer. Toe ek my oë oopmaak, staan hulle
8 almal langs my bed, Sharon heel voor met haar Julia Roberts-glimlag en ʼn
9 volgelaaide skinkbord in haar hande, die ander om haar saamgedrom. En
10 hulle sing vir my!
11 ʺVeels geluk, liewe maatjie ...ʺ sing hulle almal saam, uit volle bors, party
12 taamlik vals.
13 Selfs Yann sing saam. Met ʼn spottende trek om sy mond, asof hy my wil
14 waarsku om dit asseblief tog net nie ernstig op te neem nie. Die blonde
15 koningin sing ook saam. Nie spottend nie. En ook nie vals nie. Om die
16 waarheid te sê, sy het ʼn fantastiese stem. Sy laat die afgesaagde verjaars-
17 dagliedjie soos ʼn kabaretnommer klink. Ek vee die slaap uit my oë en trek my
18 vingers deur my hare en ek hoop ek lyk nie té afskuwelik nie. Ek wil hulle nie
19 afskrik voor hulle kans gekry het om hulle presente te oorhandig nie. Hulle
20 hou omtrent almal geskenkpakkies vas. Nie Yann nie (natuurlik nie) maar al
21 die ander. Selfs Margot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2013
NSS
4.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
... het vir Hanna "Hanna Heks" genoem.
A Sharon
B Mana
C Yann
D Beyers (1)
4.2 Yann en Hanna se verhouding het verbeter. Gee TWEE feite deur te verwys
na die oggend van Hanna se verjaarsdag. (2)
4.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Margot en Sharon wou Hanna grimeer, want Hanna het haarself altyd beskryf
as ʼn (blonde pop met ʼn brein/gemiddelde vaal meisiekind). (1)
4.4 Gee DRIE redes waarom Hanna vir Margot die "bose koningin" genoem het.
(Reël 1–4) (3)
4.5 Kies elke keer die persoon uit KOLOM B wat by die geskenk in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (4.5.1–4.5.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.5.1 Sjokolade A Gavin
4.5.2 Grimeerstelletjie B Beyers
4.5.3 ʼn Bundeltjie met sonnette C Margot
4.5.4 ʼn Grys oortrektrui D Amos
E Sharon
(4 x 1) (4)
4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Hanna het gevoel dat haar pa haar nie geken het nie, want hy het die vorige
keer vir haar ʼn ... as geskenk gegee waarvan sy nie gehou het nie.
A cashmere trui
B grys oortrektrui
C stywe jeans
D stywe slangvelbroek (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2013
NSS
4.7 Vertel hoe Margot die volgende karakters beïndruk het:
4.7.1 Tibo (1)
4.7.2 Sharon (1)
4.8 Mana het vir Hanna op haar vyftiende verjaarsdag ʼn boek as geskenk gegee.
4.8.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
4.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.8.1. (1)
4.9 Gavin wou graag by Hanna se verjaarsdag wees.
4.9.1 Waarom was dit vir Gavin moontlik om Hanna se verjaarsdag by te
woon? (1)
4.9.2 Wat het Gavin gedoen om Hanna se verjaarsdag vir die hele gesin
spesiaal te maak? (1)
4.10 Hoe het Gavin se voorkoms verskil van toe hy by die berghuis opgedaag het
en hoe hy gewoonlik gelyk het? (2)
4.11 Watter karaktereienskap van Gavin het Margot met Gavin se aankoms
waardeer? (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 ʺMaar dis nie ... dit kan tog nie ... dis mos heeltemal te vroeg?ʺ stotter
2 Beyers, sy gesig doodsbleek.
3 ʺHanna is ook ʼn paar weke vroeg gebore,ʺ sê Mana terwyl sy weer stadig
4 regop sit.
5 ʺAs ek dit geweet het,ʺ roep Beyers uit, ʺhet ek nóóit hier op die berg kom
6 vakansie hou nie!ʺ
7 ʺEk het nie geweet ons gaan vasgereën word nie, Bey. Ek het gedog as
8 iets gebeur, sal ek wel betyds by ʼn hospitaal kan uitkom ...ʺ
9 ʺEn nou?ʺ Beyers hap na lug soos een wat besig is om te verdrink. Ek het
10 hom nog nooit so paniekerig sien lyk nie. ʺWat nóú?ʺ
11 ʺWel, dit lyk nie of hierdie babatjie in ʼn hospitaal gebore gaan word nie,ʺ sê
12 my ma met ʼn dapper glimlag.
13 ʺMaar waar ... wat gaan ons ... wat gaan gebeur?" stotter Tibo, amper so
14 bleek soos Beyers.
15 ʺDis te vroeg!ʺ kerm Beyers.
16 ʺHanna was ʼn gesonde baba, Bey, al het sy te vroeg opgedaag. Ek weet
17 nie, miskien het ek my misgis met die datum. Jy weet hoe sleg is ek met
18 datums ...ʺ
4.12 Hoekom was Margot die ideale persoon om vir Mana met die baba se
geboorte te help? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2013
NSS
4.13 Wat het Gavin onthou van die eerste keer toe hy Hanna na haar geboorte
gesien het? (1)
4.14 Watter naam sou Gavin vir Hanna gegee het as hy vir haar ʼn naam kon kies? (1)
4.15 Hanna het glad nie omgegee vir haar pasgebore babasussie nie.
4.15.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
4.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1 deur spesifiek te verwys na
Hanna se voorneme toe sy haar sussie gesien het. (1)
4.16 Hoekom wou Mana vir die babasussie ʼn naam gegee het wat iets met water
te doen gehad het? (1)
4.17 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf slegs die vraagnommer (4.17.1–4.17.4) en die antwoord neer.
begrafnis; konsert; viertrekvoertuig; rol;
partytjie; onderhoud; helikopter; geboorte
Aan die einde van die verhaal, na die baba se geboorte, was almal rustig.
Sharon se pa het hulle met ʼn (4.17.1) ... kom haal. Margot sou betyds in
Johannesburg wees vir haar (4.17.2) ... Gavin sou by die kinders agterbly en
hulle aandag aflei met ʼn (4.17.3) ... Hanna het respek vir haar pa gekry, want
sy het toe Mana se woorde verstaan dat hy selfs lewe in ʼn (4.17.4) ... kon
blaas. (4)
4.18 Waarom hou die leser aan die einde van die verhaal meer van Margot as
aan die begin? (2)
4.19 Hoe, dink jy, het hierdie roman gehelp om die idee oor stiefma’s of stiefpa’s te
verander? (1)
4.20 Waarom, dink jy, was die wittebroodplan uiteindelik ʼn goeie idee? (1)
[35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2013
NSS
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende rol(le) wat Fred
en Schalk in Jacob Langhans se lewe gespeel het:
• Schalk Blanckenberg se negatiewe rol
• Fred Blanckenberg se negatiewe rol
• Fred Blanckenberg se positiewe rol
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Toe sy hoor hoe Jannerik buite in die tuintjie vroetel, gaan sy uit. Hy’s besig om
2 twee groot koolkoppe af te sny.
3 ʺHoe laat is dit, Mama-Meeu?ʺ
4 ʺVieruur.ʺ
5 ʺDie Meeuw sal darem seker teen halfvyf inkom.ʺ
6 ʺWil jy ʼn bietjie koffie drink, Jannerik?ʺ
7 ʺDankie, Mama-Meeu.ʺ
8 Hulle sit met hulle bekers koffie buitekant by die buitetafeltjie wat Attie aanme-
9 kaar getimmer het. Sy sien hoedat hy kort-kort met sy sakdoek oor sy oë vee en
10 see toe kyk. ʺMiskien sal Twilight nie weer vir Pikkewyntjie wil laat gaan nie.ʺ
11 ʺEk weet nie, Jannerik. Ek weet regtig nie.ʺ
12 Hy sug diep. "Mama-Meeu?ʺ
13 ʺJa, Jannerik?ʺ
14 ʺOns moet ʼn boom plant.ʺ
15 Sy kyk hom intens aan.
16 ʺOusanna het eenmaal gesê dat ʼn mens ʼn boom moet plant wanneer mens
17 pyn het. Dan groei die pyn in die takke in. En hoe groter lat hy word, hoe minder
18 word mens se pyn.ʺ
19 ʺGlo jy dit, Jannerik?ʺ
20 ʺDie Here gee ons wat ons norig het om te groei. As ons ʼn boom plant, sal
21 ons kan sien hoelat ons gegroei het, dwarsdeur ons swaar tye. En dan sal hy
22 hier staan ... vir eendag, wanneer ons nie meer hierso is nie.ʺ
23 ʺSal ʼn boom hier groei, Jannerik?ʺ
24 ʺKykie koolkoppe, Mama-Meeu. Kyk ons petunias ...ʺ
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2013
NSS
6.1 Vir wie het Jannerik en Ryna gewag om met Die Meeuw te kom? (Reël 5) (1)
6.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Jannerik se diep sug (reël 12) het daarop gedui dat hy ... was.
A geskok
B hartseer
C teleurgesteld
D onbedagsaam (1)
6.3 Waarom het die karakters ook ander name soos Mama-Meeu, Twilight en
Pikkewyntjie in die roman gehad? (1)
6.4 Jannerik was bang dat Elsabet vir Janka van die eiland af sou wegvat. Het
Jannerik rede gehad vir hierdie vrees? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)
6.5 Hoekom het Jannerik op hierdie stadium aan Ousanna se woorde gedink?
(Reël 16–18) (1)
6.6 Gee TWEE voorbeelde uit Jannerik se lewe waar die volgende woorde van
Ousanna waar geword het: ʺEn hoe groter lat hy word, hoe minder word
mens se pyn.ʺ (Reël 17–18) (2)
6.7 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (6.7.1–6.7.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.7.1 Jannerik se suster wat sy omstandighede A Miena
geken het
B Kinnie
6.7.2 Jannerik het hierdie karakter vertrou en
hulle was sielsgenote. C Ousanna
6.7.3 Jannerik se kleinkind D Ryna
6.7.4 Jannerik se dogter wat ʼn getroude man se E Janka
kind gekry het
(4 x 1) (4)
6.8 Elsabet was ʼn ongelukkige mens op die eiland. Hoe het Elsabet die eiland
beleef? (1)
6.9 Gee ʼn voorbeeld uit die verhaal wat aandui dat Elsabet vir Ryna as ʼn vriendin
beskou het. (1)
6.10 Waarom was dit vir Ryna die regte besluit om uit Kaapstad na Meeuland toe
te kom? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2013
NSS
6.11 Hoe het Ryna die eiland ervaar toe sy daar gebly het? (1)
6.12 Hoe het Schalk bygedra tot die hartseer in Ryna se lewe voordat sy uit die
Kaap weg is? (1)
6.13 Ryna was nog baie hartseer oor haar man en seun se dood.
6.13.1 Waarom het Ryna, toe sy vir Daniel ontmoet het, na hom gestaan
en staar? (1)
6.13.2 Hoe het Ryna se lewe ten opsigte van hierdie hartseer aan die einde
van die verhaal verander? (1)
6.14 Kies elke keer die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die feit dat ʼn boom ook op Meeuland groei, simboliseer dat Meeuland ...
A ideaal was vir mense wat lief was vir tuinmaak.
B se grond vrugbaar was as gevolg van die ghwano.
C mense heel en gelukkig kon maak.
D ʼn ideale wegkruipplek was. (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Hy kyk haar magteloos aan. ʺRyna ... ek dink nie ooit aan Janka as
2 enigiemand anders se kind nie.ʺ
3 ʺEk weet dit. Ek ook nie. Maar daar is feite ... wat ons in die gesig
4 moet kyk ... en jy weet ... so goed as ek wat dit is.ʺ
5 Sy stem breek en dit word ondraaglik om hom so te sien. ʺSy’s myne.ʺ
6 Die woorde wat niemand nog ooit wou uitspreek nie, kom stadig oor haar
7 lippe: ʺWat gaan ons maak as sy miskien later verander en ... nie blank lyk
8 nie? En haar maatjies spot haar. Wat dan?ʺ
9 ʼn Diep pynlike woede breek in hom los. ʺDan is sy nog altyd myne! Die
10 Here weet dat ek nie omgee watse kleur sy is nie! Hy het haar vir ons voor-
11 sien. Hy sal verder ook voorsien.ʺ Hy draai effens weg van haar, druk sy
12 vuis teen die muur en bly so staan met sy liggaam snaarstyf gespan. Sy kyk
13 hom ʼn lang, ontsettende oomblik aan en sy voel ʼn oneindige deernis in haar
14 opwel. Sy het behoefte om haar arms om hom te slaan en hom te troos.
15 ʺJacob ...ʺ Hy kyk haar gebroke aan. ʺNag,ʺ sê sy en loop uit.
6.15 Jacob en Ryna het ʼn geheim met mekaar gedeel.
6.15.1 Watter geheim het Jacob en Ryna van die aand met die baba se
geboorte af gedeel? (1)
6.15.2 Wie het ook hierdie geheim met Jacob en Ryna gedeel? (1)
6.15.3 Hoe het Ousanna van hierdie geheim geweet? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2013
NSS
6.16 Ryna wou Jacob met die feite oor Janka seermaak. (Reël 3)
6.16.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
6.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.16.1. (1)
6.17 Jacob ervaar " ʼn Diep pynlike woede". (Reël 9)
Vertel van DRIE hartseer gebeurtenisse in Jacob se lewe wat hierdie diep
woede by hom veroorsaak het. (3)
6.18 Hoe word Jacob as gelowige mens in die uittreksel uitgebeeld? (1)
6.19 Attie het besluit om vir altyd op die eiland te bly.
6.19.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
6.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.19.1. (1)
6.20 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf slegs die vraagnommer (6.20.1–6.20.4) en die antwoord neer.
gastekamer; skilderlesse; navorsingstasie; onderwys;
buitekamer; tronkstraf; opleidingstasie; kontrak
Meeuland speel ʼn sentrale rol in baie karakters se lewens. Aan die einde van
die verhaal het die Parkeraad besluit dat Meeuland as (6.20.1) ... gesluit
moes word. Dit het ʼn effek op baie karakters se lewens gehad. Jacob moes
eers sy (6.20.2) ... uitdien. Ryna het op Salamanderbaai gaan bly en
(6.20.3) ... gegee. Jannerik sou by Ryna in die (6.20.4) ... gaan bly. (4)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2013
NSS
AFDELING B: DRAMA
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel hoe die volgende vroue Poppie se
lewe beïnvloed het:
• Ouma Hannie
• Mama
• Mrs Swanepoel
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 POPPIE. Hulle het my ʼn extension van ses maande gegee, maar toe ek ná
2 ses maande weer daar kom, ek het toe nog nie werk gekry nie, want ek het
3 al drie kindertjies tuis gehad en met my man se siekte was dit moeilik – toe
4 kyk Mr Strydom my pas en hy sê:
5 MR STRYDOM. Jy kwalifiseer nie hier in die Kaap nie. Jy is getroud met ʼn
6 man uit die Ciskei, jy moet Ciskei toe.
7 POPPIE. Dit is die eerste keer dat ek dié woorde hoor. Ek het gedink: hulle
8 het my hier na die Kaap toe gebring – hulle sal mos nie nou so sê nie. (Draai
9 na Mama.) Mama ...
10 MAMA. Ja, Poppie?
11 POPPIE. ... Hulle wil my Kafferland toe stuur!
12 MAMA. Dan moet jy sorg dat jy werk kry. As jy werk het, kan hulle jou nie
13 wegstuur nie. Katie moet maar die skool los en jou kinders kom oppas.
14 POPPIE. Nee, Mama – Katie moet nie haar skool verloor nie. Ek sal maar
15 self klaarkom.
8.1 Poppie het gesê: ʺ... hulle het my hier na die Kaap toe gebring." (Reël 8)
8.1.1 Wie was die ʺhulleʺ van wie Poppie gepraat het? (1)
8.1.2 Waarom, dink jy, was dit reg dat Poppie Lambertsbaai verlaat het? (1)
8.1.3 Waar in die Kaap moes die swart mense gaan bly het? (1)
8.1.4 Van watter wet het Poppie vir die eerste keer in die Kaap gehoor? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2013
NSS
8.2 Watter soort werk het Poppie se man in Lambertsbaai gedoen? (1)
8.3 By watter plek in Phillipi het Stone werk aanvaar? (1)
8.4 Poppie was baie bly oor die werk wat Stone in die Kaap gekry het.
8.4.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
8.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.4.1 deur te verwys na Poppie se
reaksie toe sy van Stone se werk gehoor het. (1)
8.5 Mama het gesê: ʺKatie moet maar die skool los en jou kinders kom oppas.ʺ
(Reël 13)
8.5.1 Watter ooreenkoms is daar tussen Mama se plan in reël 13 en Poppie
se kinderjare? (1)
8.5.2 Watter plan het Poppie met haar kinders gemaak? (1)
8.6 Watter TWEE vereistes het Poppie aan Mr Stevens vir haar nuwe blyplek
gestel? (2)
8.7 Hoekom het Stone nie saam met Poppie-hulle na die Ciskei toe getrek nie? (1)
8.8 Kies elke keer die plek in KOLOM B wat by die sin in KOLOM A pas. Skryf
slegs die vraagnommer (8.8.1–8.8.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
8.8.1 Poppie het hier as kind met die A Mdantsane
dorpslewe kennisgemaak.
B Lambertsbaai
8.8.2 Poppie het vir Stone hier ontmoet.
C Upington
8.8.3 Mr Stevens het gedink dit sou vir
Poppie beter wees om daarnatoe te D Herschell
trek.
E Nyanga
8.8.4 Poppie se skoonouers het hier
gewoon.
(4 x 1) (4)
8.9 Daar was konflik tussen Poppie en Bonsile omdat Poppie vir Bonsile wou
saamneem Ciskei toe en Bonsile by sy pa wou gebly het.
8.9.1 Met wie se standpunt (Poppie s’n of Bonsile s’n) stem jy saam? Gee ʼn
rede vir jou antwoord. (1)
8.9.2 Was dit regverdig dat Stone nie deel van die besluit oor die kinders se
verhuising na die Ciskei toe was nie? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2013
NSS
8.10 Die verskuiwing na die Ciskei was nie goed vir Poppie en Stone se
verhouding nie. Motiveer die stelling. (1)
8.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
Skryf slegs die vraagnommer (8.11.1–8.11.4) en die antwoord neer.
hospitaal; kerk; inrigting; kwekery;
melkery; regering; skool; universiteit
Die enigste manier waarop Poppie ʼn pas kon kry, was deur te bewys dat sy ʼn
werk het. Haar eerste werk in die Kaap was by ʼn (8.11.1) ... waar sy ’n
inslaapwerk gekry het en lang ure vir min geld gewerk het. Toe Stone Kaap
toe gekom het en ’n werk gekry het, kon Poppie ’n halfdagwerk vat en meer
by haar kinders wees, maar Stone het siek geword en is in ʼn (8.11.2) ...
opgeneem. Poppie was later moedeloos en het in die (8.11.3) ... gaan troos
soek soos ouma Hannie haar geleer het. Na Stone se dood het sy deur
Mrs Swanepoel, wie se man vir die (8.11.4) ... gewerk het, dit reggekry om ’n
wettige pas te verkry. (4)
8.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Poppie het voorgestel dat Bonsile na Stone se dood moes teruggaan skool
toe, want ...
A sy kon nie vir hom ʼn werk by die garage-eienaar kry nie.
B hy sou nog meisies swanger gemaak het.
C Poppie was bang hy sou ook by die onrus betrokke raak.
D Poppie was bang hy mors haar geld op vreemde dinge in die Kaap. (1)
8.13 By wie het Poppie se twee dogters na Stone se dood gaan woon? (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 PLANK. Die kind was sieklik en verwaarloos, in die sorg van ʼn ou vrou wat
2 vir geld kinders oppas. Die kind is makwena, agterlik, hy kruip nie, hy speel
3 nie en hy ken nie mense nie, sê die ou vrou vir Poppie. Poppie het ʼn diep
4 skaamte gevoel dat bloed van haar bloed soos ʼn weggooikind moet groot-
5 word.
6 POPPIE. Ek kan hom nie hier laat staan nie. Hy sal van honger en ver-
7 waarlosing doodgaan. Hy kan by Mosie en Rhoda in die huis bly, en Katie
8 moet die skool los en hom oppas. En as ek dan vir Fezi nie kan terugneem
9 Kaap toe nie en hy hier by Bonsile moet agterbly, dan is dit soos die Here dit
10 beskik het. Die Here het my ʼn kindjie gegee, en Hy het een geneem.
8.14 Poppie het besluit dat Katie die skool moes los om Bonsile se kind op te pas.
(Reël 7–8)
Waarom kan ʼn mens sê dat Poppie dus van besluit verander het as jy die
stelling hierbo lees? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2013
NSS
8.15 Poppie het in reël 10 gesê: ʺDie Here het my ʼn kindjie gegee, en Hy het een
geneem.ʺ
8.15.1 Wat vertel hierdie woorde oor Poppie se geloof? (1)
8.15.2 Wat het Poppie bedoel met die woorde "en Hy het een geneem"? (1)
8.16 Dit was vir Vukile veiliger in die Kaap as in Mdantsane.
8.16.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
8.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.16.1 deur na Tweede Kersdag
se gebeure te verwys. (1)
8.17 Toe Bonsile gebore is, het Poppie geglo: ʺiets het reggekomʺ, maar sy het
uiteindelik baie probleme met hom gehad.
Noem enige TWEE probleme wat Bonsile vir Poppie in die Ciskei veroorsaak
het. (2)
8.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
In hierdie drama verteenwoordig Poppie die vrou wat ...
A haar kinders moes motiveer om vir hulle regte op te staan.
B in die afwesigheid van ʼn pa-figuur alle besluite moes neem.
C besef het dat sy nie haar kinders reg grootgemaak het nie.
D moes sukkel om ʼn werk en ʼn huis te kry. (1)
8.19 Hoe, dink jy, sou dit die verloop van die drama verander het as Poppie nie na
die Ciskei toe getrek het nie? (1)
[35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2013
NSS
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die volgende verhoudings in
die McDonald-gesin:
• Hendrik en Katrien
• Hendrik en Emma
• Hendrik en Willem
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
PALJAS – Chris Barnard
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 FRANS: Wat se stories?
2 THYS: Nee, allerhande goed. Hulle sê die kind toor glo.
3 PIETA: Daardie mannetjie is met die maan gepla.
4 FRANS: Wat? Net oor hy nie meer praat nie?
5 PIETA: Hoekom praat hy nie meer nie? Hulle sê Oudokter sê sy pa het sy
6 tong uitgesny.
7 JAN MOL: Seker vir een of ander offerande.
8 FRANS: Wat?
9 JAN MOL: Hoor hier, ek het dit met my eie oë gesien hoe hulle offer en als.
10 Ek sal julle nou die altaar gaan wys. Dis duiwelsgoed, man.
11 FRANS: Dis als bog.
12 THYS (laai nog heeltyd sakke meel): Nee, hulle sê hy loop heeltyd in die
13 nag rond en hy sien gesigte en hy roep geeste op en offer dik snye brood vir
14 die afgode.
15 SAKKIE: En hy maak die eienaardigste tekeninge van goed wat hy sien.
16 JAN MOL: Ek het dit met my eie oë gesien. Teen die mure van daardie ou
17 murasie.
18 SAKKIE: Maar dis nog niks – jy moet sien hoe mal raak hy as mens naby sy
19 plek kom. Dit kos ʼn paar mense om hom vas te hou.
10.1 Wie is die ʺhulleʺ van wie Thys praat? (Reël 2) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2013
NSS
10.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die eerste persoon wat stories in die dorp vertel het oor wat in die skuur aan
die gang was, was ...
A ouderling Bothma.
B Sakkie du Toit.
C die dominee.
D Jan Mol. (1)
10.3 Frans het die skinderstories oor die McDonalds geglo.
10.3.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
10.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.3.1. (1)
10.4 Jan Mol het vir Frans gesê Frans sou niks verkeerds op die McDonalds se werf
sien nie.
Wat het Jan Mol met hierdie woorde geïmpliseer? (1)
10.5 Waarom was die stories wat die mense oor die McDonalds vertel het,
onregverdig? (1)
10.6 Waaroor het Frans en Jan Mol baklei? (1)
10.7 Watter ander karakter het ook al vir Hendrik van die stories op die dorp vertel? (1)
10.8 Nadat die stories oor die McDonald-gesin op die dorp vertel is, het Dominee by
die McDonalds opgedaag.
Hoekom was die dominee se besoek aan die McDonalds ironies? (2)
10.9 Pieta het Oudokter in reël 5–6 verkeerd aangehaal.
Wat was volgens Oudokter moontlike oorsake van Willem se spraakprobleem?
Gee TWEE oorsake. (2)
10.10 Waarom het Willem so mal geraak as mense naby sy plek gekom het?
(Reël 18) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2013
NSS
10.11 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (10.11.1–10.11.4) en die antwoord neer.
speletjies; draak; nar; toertjies;
olifante; narrepak; hase; uniform
Willem het op ʼn dag vreemde dinge begin doen. Die gesin was verstom oor die
(10.11.1) ... wat Willem kon wys. Die tekening van die (10.11.2) ... wat Willem
vir Katrien gewys het, het haar ook verbaas. Willem wou hê Katrien moes vir
hom net so ʼn (10.11.3) ... maak soos in die tekening. Die kos wat Willem so
geheimsinnig uit die huis gevat het, was glo altyd vir (10.11.4) ... (4)
10.12 Wat het Manuel met sy paljas in Willem se lewe reggekry? (1)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Drie, vier motors kom op die werf aan. Hulle ry stadig. Hulle hou langs mekaar
2 stil – hulle kopligte verblindend op die huis. Hendrik verskyn op die werf. Hy
3 staan vir die motorligte en kyk. Katrien kom tot langs hom, met Emma en Nollie
4 agter hulle op die stoep.
5 HENDRIK: Gaan in die huis in, Katrina. Julle almal.
6 Die motorligte word die een na die ander afgeskakel. Dis Sakkie du Toit wat
7 eerste uit sy motor klim. Nog twee motors kom aan en hou stil. Ouderling
8 Bothma klim uit ʼn tweede motor en Thys Briekman uit die derde motor. Ander
9 mense bly in die motors sit. Hendrik kom nader. Die drie mans stap na hom
10 toe. Nog ʼn motor hou stil.
11 HENDRIK: Naand ...
12 Katrien en Emma-hulle gee nie pad nie. Hulle staan en kyk.
10.13 Die Volstruisdans was vir die McDonalds ʼn antiklimaks.
Verduidelik hierdie stelling deur te verwys na hulle voorbereidings en
aankoms by die dans. Gee altesaam DRIE feite. (3)
10.14 Watter belofte het Emma ná die Volstruisdans van haar gesin gevra? (1)
10.15 Hoekom het Hendrik vir Katrien-hulle gevra om in die huis in te gaan toe die
motors op die werf aangekom het? (1)
10.16 Wat was die rede vir die dorpsmense se besoek aan die McDonalds ná die
Volstruisdans? (1)
10.17 Die kuiermense het vir Manuel by die McDonalds ontmoet.
10.17.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
10.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.17.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2013
NSS
10.18 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Willem het op die windpomp geklim, want dit het vir hom die simbool van ...
geword.
A gesag
B opstand
C vrede
D waardering (1)
10.19 Hoekom het Willem vir Manuel aan die einde van die drama nie meer nodig
gehad nie? (1)
10.20 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (10.20.1–10.20.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
10.20.1 ʺJy’t gesê lag is beter as huil.ʺ A Hendrik
10.20.2 ʺDis Willem s’n. Hy moet leer om dit te B Willem
speel.ʺ
C Emma
10.20.3 ʺEk praat. Ek praat heeltyd. Ek is al een
wat praat!ʺ D Manuel
10.20.4 ʺHulle jaag ons soos melaatses van die E Katrien
Volstruisdans af weg, maar ons moet
maak of niks gebeur het nie.ʺ
(4 x 1) (4)
10.21 Watter aanduiding was daar aan die einde dat Manuel se paljas ook in Emma
se lewe gewerk het? (1)
10.22 Hoe het die drama vir Hendrik en Katrien op Toorwater op ʼn positiewe manier
geëindig? (1)
10.23 Wat het hierdie drama jou geleer oor kommunikasie in ’n gesin? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2013
NSS
AFDELING C: KORTVERHALE
BEANTWOORD ÓF DIE OPSTELVRAAG ÓF DIE KONTEKSTUELE VRAAG.
STORIEJOERNAAL
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
Agter ʼn baard – Hennie Aucamp
Skryf ʼn OPSTEL (250–300 woorde) waarin jy vertel van die rol wat Deon se baard in
die verhaal gespeel het.
Jy moet in jou opstel verwys na:
• Deon se aankoms op die stasie
• Die gesin se reaksie op Deon se baard
• Die gebeure nadat Deon die baard afgeskeer het
Jou opstel moet ʼn inleiding en ʼn slot hê. [35]
OF
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
Die storie van Piet se oupa – Abraham H de Vries
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 ʺHier by ons op die plaas wou Oupa mos nie bly nie. Hy lewe darem ook nog,
2 het hy gesê. Nou praat ek uit die huis uit en hy sal seker stry, maar dis die
3 reine waarheid. Pa het dié Sondag ná kerk van die dorp af uitgekom hier na
4 ons toe. Maar daardie middag toe pak die ongedurigheid hom en toe ek weer
5 sien, is hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. Die volgende oggend vroeg
6 toe ek op pad is veepos toe, halfvyf, toe dog ek wie kom kuier dan hierdie tyd
7 van die oggend? Want toe kom daar bo van die teerpad af darem ʼn bekende
8 motor met die deurpad in. En háástig! Dog seker hy kon inkom voor die
9 huismense opstaan ...ʺ
10 ʺDog g’n niks, Thys,ʺ sê Oupa bedaard. ʺDit was twee-uur. Ek is eenuur op
11 Calitzdorp weg. G’n mens kan slaap by daardie kerkklok nie. Hy lawaai elke
12 kwartier. Toe ry ek maar.ʺ Ja en toe bloos daardie weduwee met die netjiese
13 bolla wat langs hom sit bloedrooi, maar sy sê kliphard: ʺDis waar, ek het op
14 my horlosie gekyk toe ek hom hoor opstaan in die vrykamer!ʺ
15 Ramkat! dog die kuiermense, en jy kan aan hulle gesigte sien hulle dink:
16 Ramkat, daardie oumatjie is Oupa se toom. Sy gaan hom mak maak.
12.1 Hoe het Oupa die plaaslewe ervaar? (1)
12.2 Waarom het Oupa ʼn partytjie gehou? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2013
NSS
12.3 Wie se huis was naby die kerkklok? (1)
12.4 Hoekom het die weduwee gebloos? (Reël 12) (1)
12.5 Was die humoristiese manier waarop Piet sy oupa beskryf het, vir jou
effektief? Motiveer jou antwoord. (1)
12.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die woord ʺRamkatʺ druk ... uit.
A geluk
B bewondering
C jaloesie
D pyn (1)
12.7 Waarom het Oupa nie met die weduwee getrou nie? (1)
12.8 Die weduwee in VRAAG 12.7 was die laaste vrou in Oupa se lewe.
12.8.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
12.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.8.1. (1)
12.9 Dit het Oupa gepas dat die matrone een keer per week gaan kaart speel het.
12.9.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
12.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 12.9.1. (1)
12.10 In die verhaal word daar na Oupa en Doon as "karperde" verwys.
12.10.1 Wat beteken hierdie metafoor? (1)
12.10.2 Gee TWEE voorbeelde uit die verhaal wat die metafoor
ondersteun. (2)
Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 ... Toe hy die eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: "Aitsa, nogal nie min nie!"
2 Maar net toe hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies
3 van die stoel af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: ʺWaar’s Oupa nou?ʺ Toe
4 lê Oupa al op die vloer.
5 ʼn Matrone skrik nie maklik vir ʼn floutetjie nie, maar dit moet die manier
6 gewees het waarop Oupa lê wat Trudie laat skrik het. Gelukkig maar, net toe
7 Doon die tafel wegskuif, toe staan ʼn ander verpleegster langs hom wat hulp in
8 sulke tye van nood geken het. Dis sy wat toe haastig alles wat sy weet,
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2013
NSS
9 probeer: druk en voel en pomp sy bors en kyk op die horlosietjie wat voor
10 haar bors vasgegespe was. Tot sy later opkyk en vir Doon sê: ʺMiskien moet
11 jy die eienaar gaan roep. Ons het Oupa verloor.ʺ
12 Hulle is met Oupa daar uit na die kelners se ruskamertjie toe net langs die
13 kombuis. Om die ander restaurantmense nou nie te veel te ontstel nie.
14 ʺHart,ʺ het die verpleegster gesê en Trudie aan die skouer gevat.
12.11 Wat het Trudie vir hulle by die restaurant bestel? (1)
12.12 Waarom het Trudie gesê dat Oupa in die hoek moes sit? (1)
12.13 Die verpleegster het gesê: ʺOns het Oupa verloor.ʺ (Reël 11)
12.13.1 Wat het die verpleegster daarmee bedoel? (1)
12.13.2 Hoekom was dit effektief om hierdie woorde te gebruik? (1)
12.13.3 Watter beeldspraak het sy gebruik? (1)
12.14 Trudie was ʼn praktiese persoon.
Gee ʼn voorbeeld ná Oupa se "dood" om dit te bewys. (1)
12.15 Voltooi die paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die
vraagnommer (12.15.1–12.15.4) en die antwoord neer.
stopstrate; gate; padwerke; hart;
pols; toetse; ongelukke; operasies
Op die pad waarop die ambulans gery het, was daar (12.15.1) ... aan die gang
en daar was baie (12.15.2) ... Die ambulansbestuurder het vinnig gery en
dit het Oupa rondgeskud. Gelukkig het dit Oupa se (12.15.3) ... weer laat klop.
Die dokters het allerhande (12.15.4) ... gedoen en kon niks fout met Oupa
vind nie. (4)
12.16 Waaruit kan die leser aflei dat die ambulansman en die bestuurder geskrik het
toe hulle die ambulansdeur by die hospitaal oopgemaak het? (2)
12.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Oupa het die snaakse gewoonte gehad om sy ... te draai as hy gelukkig was.
A wenkbrou
B snor
C horlosie
D ring (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2013
NSS
12.18 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommer (12.18.1–12.18.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
12.18.1 ... was op pad met Oupa se kis na A Matthys
Trudie-hulle toe.
B Piet
12.18.2 ... het vir Trudie geskakel om Oupa
te kom haal. C Die restauranteienaar
12.18.3 ... het nie geglo dat Oupa ʼn D Die dokter
bejaarde was nie.
E Doon
12.18.4 ... het met perde geboer.
(4 x 1) (4)
12.19 Is Oupa se gedrag stereotiperend van alle tagtigjarige mans? Motiveer jou
antwoord. (1)
12.20 Verwys na die slot van die verhaal.
12.20.1 Waarom kan ʼn mens die slot as verrassend beskryf? (1)
12.20.2 Waarom kan ʼn mens die slot as humorisities beskryf? (1)
12.21 Noem EEN les wat jongmense uit Oupa se lewe kan leer. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2013
NSS
AFDELING D: GEDIGTE
BEANTWOORD TWEE VAN DIE VOLGENDE VRAE.
VERSJOERNAAL
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Brief – R Fernel Abrahams
1 Mammie, ek skryf ook vir Ma ʼn kaalvoet gedig
2 sommer so, nes Antjie
3 maar ek gebruik soms leestekens
4 en ek sal nie vir Mamma ʺjyʺ sê nie
5 want dit hoort vir my
6 nes plastiekblomme en wit skoene
7 nie by Ma nie.
8 Ek het grootgeword, weet Ma –
9 ek skrik soms vir myself
10 want my skoolbaadjie pas nie meer nie
11 my hare is lank
12 ek wil ʼn oorring dra
13 ek bid byna nooit nie
14 en ek glo nie sommer net in God nie
15 ek dink, praat, skryf selfs oor die dood
16 – ek wonder of Ma van my verse sal hou –
17 Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly –
18 en ek het nie
19 kon nie
20 ’skuus Mammie
21 maar ek is nog Ma se kind
22 grootmenskind
23 anderster kind
13.1 Aan wie skryf die spreker die brief? (½)
13.2 Wat beteken ʼn ʺkaalvoet gedigʺ in hierdie konteks? (1)
13.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Die woord ʺmaarʺ in versreël 3 dui aan dat hierdie gedig (dieselfde/anders) as
Antjie se gedig is. (1)
13.4 Hoekom noem die spreker sy ma nie ʺjyʺ nie? (1)
13.5 Noem die eerste fisiese bewys in die gedig dat die spreker grootgeword het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2013
NSS
13.6 Waarom, dink jy, is dit reg dat die spreker sy gevoelens oor verskillende sake
met sy ma deel? (1)
13.7 Kies elke keer die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die feit dat die spreker sy ma ʺmamma" en "mammieʺ genoem het, dui op die
spreker se ...
A irritasie.
B vrees.
C liefde.
D verlange. (1)
13.8 Waaroor het hierdie spreker gedigte geskryf? (1)
13.9 Hoe het die spreker se idee oor godsdiens van kleintyd tot nou verander? (2)
13.10 Die spreker het geweet dat die ma van sy ʺverseʺ sou hou.
13.10.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
13.10.2 Haal EEN WOORD aan om jou antwoord op VRAAG 13.10.1 te
motiveer. (1)
13.11 Wat is die funksie van die aandagstrepe aan die begin en einde van
versreël 16? (1)
13.12 Waarom, dink jy, het die spreker die woord ʺkindʺ in die laaste strofe herhaal? (1)
13.13 Kies telkens die woord uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die vraagnommer (13.13.1–13.13.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
13.13.1 Dit wys op die rebelsheid van die spreker. A bid
13.13.2 Die spreker assosieer nie sy ma daarmee B ‘skuus
nie.
C oorring
13.13.3 Dit dui daarop dat die spreker jammer is
dat hy nie kan wees wie sy ma wou hê hy D plastiekblomme
moes wees nie.
(3 x 1) (3)
13.14 Watter les kan ouers uit hierdie gedig leer? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Die hanswors – SJ Pretorius
1 Oor sy afsigtelike boggel
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.
5 Tussen die diere in ʼn hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 ʺMet klere wat gedurig gaar is,
8 Wat doen die vent met sy salaris?ʺ
9 Hy’t maandeliks by die poskantoor
10 ʼn brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 ʺSou daar tog êrens iemand wees?ʺ
13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater van die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.
23 Toe het ʼn brief gekom eendag ...
24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl ʼn boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: ʺDankie my kind ... ʺ
14.1 Gee ʼn ander woord vir ʺhansworsʺ. (½)
14.2 Watter woord in strofe 1 dui aan dat die hanswors se krom rug lelik was om
na te kyk? (1)
14.3 Die hanswors se pyn was fisies en emosioneel. (Strofe 1)
14.3.1 Wat was die rede vir sy fisiese pyn? (1)
14.3.2 Wat was die rede vir sy emosionele pyn? (1)
14.4 Haal EEN WOORD uit strofe 2 aan wat daarop dui dat die ander mense
sonder respek van die hanswors gepraat het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2013
NSS
14.5 Mense het oor die hanswors geskinder.
14.5.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
14.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 14.5.1 in jou EIE woorde. (1)
14.6 Waarom, dink jy, het die hanswors begin drink? (1)
14.7 Kies elke keer die letterkundige begrip uit KOLOM B wat by die aanhaling in
KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (14.7.1–14.7.3) en die
letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
14.7.1 ʺhy’tʺ A paarrym
14.7.2 ʺToe het ʼn brief gekom eendag ...ʺ B hiperbool
14.7.3 ʺhoog teen die takelwerk, kon klouter, C elisie
die dood uittart, en, klein kabouterʺ
D ellips
(3 x 1) (3)
14.8 Hoe het mense gereageer toe die hanswors sy ʺduiwelstrekeʺ uitgehaal het? (1)
14.9 Wat het die hanswors ʺverblindʺ? (Versreël 24) (1)
14.10 Waarom is dit effektief dat die verkleiningsvorm ʺboggelvroutjieʺ (versreël 25)
gebruik word? (1)
14.11 Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde dui op die familieband tussen die
ʺboggelvroutjieʺ en die hanswors? (Strofe 5) (1)
14.12 Waarvoor, dink jy, het die sterwende vrou die hanswors bedank? (1)
14.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die stemming in hierdie gedig is ...
A vrolik.
B rustig.
C hartseer.
D nostalgies. (1)
14.14 Die hanswors het in sy werk aangebly terwyl die ander werkers hom sleg
behandel het.
Hoe sou jy opgetree het as jy in dieselfde posisie as die hanswors was? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
things that go bump in the night – Rosa Keet
1 jy los my alleen
2 in ʼn huis vol geluide
3 en hoe minder ek probeer luister
4 hoe harder klink die klank
5 van ʼn onbekende voetstap
6 op die donker trap
7 bang vaak verdwaal ek laat
8 in die gange op soek
9 na slaap
10 wat om elke naghoek verdwyn
11 ek skrik
12 vir die naaldekokerstraatlig
13 deur skaars bewegende blare
14 jou jas aan die kapstok
15 is ʼn man sonder bene
16 ek is bang
17 vir die stofsuierslang
18 op die vloer van die spens
19 en tot jy terugkom
20 sleep ek my vlees
21 soos ʼn kis agter my aan
15.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
en die antwoord neer.
Die titel van hierdie gedig verwys na (dinge wat jy jou verbeel/dinge wat
werklik gebeur). (½)
15.2 Waarom was die spreker ongelukkig om alleen in die huis te wees?
(Versreël 1) (1)
15.3 Waar kom die geluid van die voetstap, volgens die spreker, vandaan? (1)
15.4 Waarom is die gebruik van die gehoorsintuig effektief in hierdie gedig? (1)
15.5 Watter ironie is daar in versreël 7–9? (2)
15.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die sterkste emosie wat die spreker ervaar, is ...
A woede.
B vrees.
C bitterheid.
D magteloosheid. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/November 2013
NSS
15.7 Verwys na versreël 11.
15.7.1 Waarom word versreël 11 alleen geplaas? (1)
15.7.2 Haal ʼn ander versreël aan wat ongeveer dieselfde as versreël 11
beteken. (1)
15.8 Die spreker sal uiteindelik nie meer bang wees nie.
15.8.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
15.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 15.8.1 in jou EIE woorde. (1)
15.9 Kies elke keer die letterkundige begrip uit KOLOM B wat by die aanhaling in
KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (15.9.1–15.9.3) en die letter
(A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
15.9.1 ʺbewegende blareʺ A assonansie
15.9.2 ʺbang vaak verdwaal ek laatʺ B alliterasie
15.9.3 ʺsleep ek my vlees C personifikasie
soos ʼn kis agter my aanʺ
D vergelyking
(3 x 1) (3)
15.10 In watter vertrek is die stofsuier gebêre? (1)
15.11 Verwys na versreël 17.
15.11.1 Waarmee word die pyp van die stofsuier vergelyk? (1)
15.11.2 Waarom is die herhaling van die ʺsʺ-klank in die woord ʺstofsuier-
slangʺ effektief? (1)
15.12 Waarmee word die woord ʺkisʺ (versreël 21) geassosieer? (1)
[17½]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/November 2013
NSS
VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Wie’s Hy? – Adam Small
1 Die poet,
2 wie’s hy?
3 Djulle het so baie bek oorie poet,
4 ma wie’s hy?
5 Is hy rêrag soes djulle dink
6 die ou moerie pen ennie ink
7 wat in sy study sit en poems dink?
8 Nai,
9 djulle’s mistaken,
10 nie hy nie
11 ma djúlle is die poets,
12 djulle wat innie straat in loep
13 ennie gladde bek verkoep
14 ma die dinge sien
15 en soema net daa God tien hulle roep!
16.1 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en
die antwoord neer.
Hierdie gedig is in (vrye vers/gebroke rym) geskryf. (½)
16.2 Gee die Standaardafrikaans vir die woord ʺmaʺ. (Versreël 4) (1)
16.3 Waarom is die herhaling van die vraag ʺwie’s hy?ʺ effektief? (1)
16.4 Wat beteken die woorde ʺhet so baie bekʺ (versreël 3) in die konteks van
hierdie gedig? (1)
16.5 Watter TWEE verkeerde idees het mense oor die tradisionele digter?
(Strofe 1) (2)
16.6 Waarom praat die spreker van "die ou"? (Versreël 6) (1)
16.7 Waarom is die alleenplasing van die woord ʺnaiʺ (versreël 8) so effektief? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/November 2013
NSS
16.8 Kies elke keer die aanhaling uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (16.8.1–16.8.3) en die letter (A–D) neer.
KOLOM A KOLOM B
16.8.1 Die man op straat A "straat"
16.8.2 Die tradisionele digter B "djulle"
16.8.3 Die plek waar die tradisionele digter C "die ou"
werk
D "study"
(3 x 1) (3)
16.9 Die boodskap in hierdie gedig is dat net tradisionele digters gedigte kan skryf.
16.9.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. (1)
16.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 16.9.1. (1)
16.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter (A–D) neer.
Die woorde ʺgladde bek verkoepʺ (versreël 13) beteken om ...
A snaakse sêgoed te hê.
B onverstaanbare goed te sê.
C vreemde idees te hê.
D bekende gedigte op te sê. (1)
16.11 Waarna verwys ʺdie dingeʺ in versreël 14? (1)
16.12 Wat bedoel die spreker as hy sê: "... God tien hulle roep"? (Versreël 15) (1)
16.13 Hoekom, dink jy, is die taalgebruik in hierdie gedig Kaapse Afrikaans? (1)
16.14 Stem jy saam met die algemene idee oor digters wat in strofe 1 genoem
word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
[17½]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper