Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye, wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2013 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary 2013, 21 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC Supplementary
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 904.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC Supplementary 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 1.2Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
Bylaag A: Vraag 1 Opstel
Bylaag B: Vraag 2.1 Brief van gelukwensing
Vraag 2.2 Toespraak
Vraag 2.3 Onderhoud
Vraag 2.4 Verslag
Bylaag C: Vraag 3.1 Advertensie
Vraag 3.2 Dagboekinskrywing
Vraag 3.3 Instruksies
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior
nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn
streep deur die res getrek.
8. Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke.
Amper korrek Te kort/te lank Heeltemal te kort/te lank
AFDELING
Afd. A: Opstel 240–249 230–239 Minder as 230
250–300 woorde 301–310 311–320 Meer as 320
Afd. B: Langer
transaksionele teks 113–119 106–112 Minder as 106
120–150 woorde 151–157 158–164 Meer as 164
Afd. C: Korter
transaksionele teks 75–79 69–74 Minder as 69
80–100 woorde 101–105 106–111 Meer as 111
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
9. Vraag 1.6:
• Indien die titel en inhoud nie ooreenstem nie moet die titel geïgnoreer
word. Die rubriek maak nie voorsiening vir sodanige penalisering nie.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van ʼn nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/*nie- X Trek ʼn X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bokant goeie
taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES
volgens:
Afdeling A: INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte).
Afdeling B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (10 punte).
Afdeling C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (7 punte).
3. Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie kode
tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ʼn gegewe punt van 16–19 uit
50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf
net EEN punt neer.
4. Hou die persentasies by die kodes in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt
I/B 5 19½ B en C
T/S/R 2 4 I/B/F 5 12
S 5 5 T/S/R 6 7
28½ 19
TOTAAL: 29 TOTAAL: 19
6. Halwe punte word per afdeling afgerond.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED
AFDELING A: OPSTEL
Assesseer die opstelle sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die
onderwerp gelei.
VERHALENDE OPSTEL
• Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die
verlede).
• Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
• Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
• Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser.
• Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ʼn manier
gebruik dat die leser graag verder wil lees.
• Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die daarop-
volgende afloop van gebeure behoort voor te kom.
• Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• ʼn Buitengewone slot rond dit finaal af.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
BESKRYWENDE OPSTEL
• Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
• ʼn Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede soos
sig, klank, smaak, reuk en sensasie.
• ʼn Goeie woordeskat is nodig vir ʼn raak beskrywing.
• Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie
belewing en sinvolheid geniet aandag.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
BESPIEGELENDE OPSTEL
• Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid/ʼn herinnering en gee
sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer.
• Bespiegel oor/dink terug aan daardie moontlikheid, herinnering of lewenswaarheid.
• ʼn Bespiegelende opstel sal subjektief wees.
• Gevoelens en emosies speel ʼn baie belangrike rol.
• ʼn Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
• Hierdie beskrywings behoort realisties te wees en moet daarop gemik wees om die
gevoelens van die skrywer weer te gee.
• Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opreg en persoonlike
betrokkenheid te toon.
• Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg en ʼn slotsom word gevorm (logies en sistematies).
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL
• Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
• Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees.
• Dit is ʼn subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om
sy/haar gesigspunt te deel.
• NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van die
begin af stelling ingeneem word vir of teen ʼn argument NIE.
• Die skrywer gee ʼn subjektiewe mening oor die onderwerp.
• ʼn Reeks argumente word gegee om die mening te motiveer.
• Die skrywer konsentreer gewoonlik op argumente vir of teen die standpunt. Die
teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ʼn eie mening te
gee.
• ʼn Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter.
• Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak.
• Sterk gevoelstaal kan gebruik word, maar mag nooit kru wees nie.
• Die slot moet ʼn sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer se
gesigspunt bevestig.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
BEREDENERENDE OPSTEL
• Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ʼn
argument te gee.
• Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en
gee dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig aangebied.
• Die skrywer mag ʼn spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel,
maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
• Die skrywer moet BEIDE kante van die argument verstaan, daaroor nadink en op ʼn
onpartydige en goed ingeligte manier daaroor redeneer.
• Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees.
• Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word.
• Die toon is nie emosioneel nie.
• Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees.
• Die skrywer mag aan die einde ʼn aanduiding van sy/haar gesigspunt gee, maar dit
mag slegs in die slot wees.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• ʼn Gevolgtrekking kan in die slot gegee word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Kru taal word nie toegelaat nie.
VISUELE PRIKKELS
• Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die nasiener moet onthou dat
hierdie visuele prikkel oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se
perspektief moet oorweeg word by assessering.
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
• Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
maar nie noodwendig nie. ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
ag geneem.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 BRIEF VAN GELUKWENSING
• Die brief van gelukwensing is ʼn vriendskaplike brief en hanteer die
inhoud m.b.t. taalgebruik en styl informeel en gemaklik. Die brief neem
die teikenpersoon, naamlik die maat, in aanmerking – dit is persoonlik,
openhartig en vriendelik.
• Dit spreek die teikenpersoon, naamlik die maat, direk aan.
• Die inhoud moet realisties en interessant wees. Dit moet getuig van
opgewondenheid.
• Die toon en register moet pas by die vriendskap tussen die briefskrywer
en die ontvanger van die brief.
• Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens:
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
• Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
• Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 15 Maart 2013.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. (Bl. 9)
Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/Liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.
• Daar word nie ʼn reël tussen Jou maat en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing Jou maat voor die briefskrywer se naam is opsioneel.
Die paragrawe:
• ʼn Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik en moet ʼn
skakel tussen die briefskrywer en die ontvanger van die brief wees.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die skrywer
vertel hoe trots hy/sy op die maat is en wens hom/haar voorspoed met
die studies toe.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Posbus 198
Harrismith
9880
15 Maart 2013
XXX
Liewe Marie
XXX
Inleidingsparagraaf: Gee die rede vir die brief duidelik; die ontvanger word
alreeds in hierdie paragraaf ingelig waaroor die inhoud van die brief gaan
handel.
XXX
Paragraaf 2: Brei uit op die rede vir die brief.
XXX
Paragraaf 3: Brei verder uit op die rede vir die brief.
XXX
Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam.
XXX
Liefdegroete./Beste wense.
XXX
Jou maat
Naam (geen punktuasie nie)
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia straat is ʼn samestelling tussen ʼn
eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.
(AWS, 2009 bl.121)
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal
bespreek word na gelang van die geografiese ligging.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
2.2 TOESPRAAK
• ʼn Toespraak word gehou om die gehoor van jou standpunt te oortuig en
hulle oor ʼn saak in te lig.
• Die aanspreekvorm aan die begin van die toespraak moet informeel
wees en die teikengroep betrek.
• Die inligting moet duidelik, volledig en informatief oorgedra word.
• Feite moet korrek oorgedra word.
• Die inleiding moet so interessant en waar wees dat dit dadelik die gehoor
se aandag sal trek.
• Daar moet ʼn duidelike spanningslyn of ʼn stygende lyn van belangrikheid
wees.
• Maak gebruik van formele taalgebruik.
• Interessante voorbeelde en aanhalings maak die toespraak interessant.
• Die slot moet die gehoor prikkel en oortuig.
FORMAAT (een of meer paragrawe is toelaatbaar)
Aanhef: Korrekte aanspreekvorm en teikengroep moet genoem word.
• Inleiding
Die doel van die onderwerp word ingelei en die gehoor se aandag word
getrek.
• Liggaam
Die toespraak sluit verskillende hoofpunte in wat die leerders motiveer
om deel te neem aan die Nasionale Boomplantdag en verduidelik
hoekom dit so belangrik is om bome aan te plant.
• Slot
ʼn Treffende slot met ʼn verduideliking en ʼn finale poging om te oortuig.
Die slot moet die onderwerp saamvat en kort en bondig wees.
VOORBEELD
Geagte ... Die spreker spreek die teikengroep aan en betrek die gehoor.
Inleiding: Die inleidende sin is interessant, boeiend. Dadelik
gerig op die onderwerp van bespreking.
Liggaam: Begin met onderwerp en die motivering om deel te neem aan
Nasionale Boomplantdag.
Gee feite oor hoekom dit so belangrik is om bome aan te
plant.
Hou sinne informatief en oortuigend.
Laat gedagtes mooi saamhang.
Hou spreektaal gemaklik, maar nie te informeel nie.
Slot: ʼn Verduideliking word aan leerders gegee oor hoekom bome
so belangrik in Suid-Afrika is. Dit vorm die slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 11 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
2.3 ONDERHOUD
• Die onderhoud word in ʼn vraag-en-antwoord-metode (dialoog) gedoen.
• Die doel van die onderhoud is gewoonlik om inligting te versamel.
• Die slot vat die kern van die onderhoud saam.
• Die leser se belangstelling moet geprikkel word.
• Die inligting moet logies/betroubaar wees.
• Duidelike en kort vrae is nodig.
• Relevante antwoorde moet verskaf word en moenie te lank wees nie.
• Taal moet maklik verstaanbaar wees.
• Die styl moet toepaslik en interessant wees.
• Die lesers moet in gedagte gehou word, want dit bepaal die tipe vrae.
• Die kommunikasieproses is gemaklik en moet natuurlik wees.
FORMAAT
• Die sprekers se name staan in die kantlyn. Daar is ʼn dubbelpunt na
die naam.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• ʼn Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
• Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
• Begin dadelik met die onderhoud en dit moet interessant aangebied
word.
VOORBEELD
Onderhoudvoerder: Watter prestasies het jy ... ?
Sportster: Ek het Suid-Afrikaanse kleure in skole-atletiek en
kry gereeld medaljes ...
Onderhoudvoerder: Hoe het jy dit reggekry om ... ?
Sportster: Ek moes hard werk aan my ...
Onderhoudvoerder: Waarom is dit belangrik om goed in jou loopbaan te doen?
Sportster: Ek werk baie hard en glo daaraan om altyd my
persoonlike tye te verbeter. My droom is om eendag ʼn
professionele sportster te wees.
Volledige inligting oor die prestasies, hoe hy/sy dit reggekry het om so goed
te doen en wat die sportman/sportvrou se toekomsplanne is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 12 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
2.4 VERSLAG
• Daar is ʼn opskrif wat die doel van die verslag opsom.
• Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees.
• Geen emosionele taal nie; die styl is formeel.
• Die paragrawe moet ʼn logiese verduideliking wees van wat gebeur het.
• Die verslag is kort en bondig. Detail moet egter nie uitgelaat word nie.
• Tyd, datum, plek en aktiwiteit se besonderhede is deel van die detail.
• Die taalgebruik pas by die gedagte van inligting verskaf/oordra.
• Die leerder gebruik sover moontlik die bedrywende vorm.
• Die verslag word in die verlede tyd aangebied.
FORMAAT
• Daar is ʼn opskrif wat by die res van die verslag se inhoud pas.
• Die leerder mag met persoonlike besonderhede begin.
• Die inleidende paragraaf spreek die doel van die verslag direk aan.
• Eerstehandse inligting oor waar en wanneer die besoek plaasgevind het,
word gegee.
• Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.
• Die leerder vertel in detail wat hy/sy gesien en ervaar het.
• Die slotparagraaf mag ʼn gevolgtrekking insluit.
• Die verslag word onderteken en gedateer.
VOORBEELD
OPSKRIF: Verslag oor ʼn dag in ʼn prokureurskantoor
Inleidingsparagraaf:
Verduidelik die doel van die verslag. Leerder mag met persoonlike besonderhede
begin ter verduideliking van die rede vir die verslag.
X
Paragraaf 2 en verder:
• Tyd, datum en plek word in detail beskryf, indien nie reeds in aanhef
gedoen is nie.
• Die feite oor wat daar plaasgevind het.
• Die waarde wat die dag vir die leerder gehad het, moet genoem word.
• Taal is eenvoudig en duidelik.
k X
Slotparagraaf:
Vat die verslag saam en kom tot ʼn gevolgtrekking (opsioneel).
X
Handtekening: ____________ Datum: ______________
ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 13 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
• Die advertensie moet die leerders oorreed om aan die
entrepreneursweek deel te neem.
• ʼn Begeerte moet ontstaan om betrokke te raak.
• Die advertensie word vir ʼn spesifieke groep mense geskep.
• Die leser moet oortuig word om deel van die program te wees of die
entrepreneursweek by te woon.
• Die krag van ʼn advertensie lê in sy eenvoud.
• Dit moet onmiddellik die leser se aandag trek.
• Moenie te veel woorde gebruik nie. Die leser wil nie te veel lees nie.
• Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
• Lettergroottes en lettertipes is baie belangrik. (Uitleg is belangrik)
• Dit moet al die inligting gee.
• ’n Advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
- ’n Advertensie moet ʼn leser se aandag trek.
- Die leser se belangstelling moet gewek word.
- Die advertensie moet ‘n begeerte by die leser wek. As die advertensie
in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan.
- Die vrae wat?, waar?, wat alles? en vir wie? moet beantwoord kan
word.
FORMAAT
• Die doel is om die jongmense van jou dorp uit te nooi na ʼn
entrepreneursweek wat julle skool gaan aanbied.
• Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
- Wie genooi word en vir watter geleentheid
- Wanneer (dag, datum en tyd) die geleentheid gaan plaasvind
- Hoe lank die funksie gaan aanhou
- Die plek waar die geleentheid gehou word
- Die tema vir die week
- Die doel van die week
- Wat die jongmense hieruit kan leer
- Kontakbesonderhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 14 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Alle jongmense van Standerton word vriendelik
uitgenooi na ʼn entrepreneursweek. Wie?
Die doel van hierdie week is om julle kreatief te laat dink oor
hoe om die entrepreneurs van die toekoms te word. Wat?
DATUM: 23–27 Maart 2013 Wanneer?
TYD: 08:00 tot 16:00 Wanneer?
PLEK: Hoërskool Fairlands Waar?
TEMA: 2013 – Dink nuut
• Jongmense kan leer om nuut te dink en planne te maak om die beste
entrepreneur vir die toekoms te wees.
• Nuwe idees kan by ander jongmense geleer word.
• Jongmense kan ʼn verskil maak in die ekonomie van die land.
Bel Harry (0827151371) vir verdere besonderhede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 15 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
3.2 DAGBOEKINSKRYWING
• Die dagboekinskrywing moet ʼn dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Dit is ʼn informele skryfstuk gerig op dinge wat gebeur het, die persoon se
eie ervaring(s), gevoelens wat ervaar is of dinge wat ʼn mens nie wil
vergeet nie.
• Sinne word kort en kragtig geformuleer.
FORMAAT
• Die kandidaat hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
• Die uiteensetting is in paragraafvorm en daar word oor jou gevoelens oor
die aanvullende eksamen en die geleenthede wat voorlê, geskryf.
• Die stuk word in die eerste persoon geskryf.
• Skryf hoofsaaklik in die verlede tyd.
• Gevoelens/ervarings wat beleef is, word op ʼn informele wyse aangebied.
• Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
• Sinne ondersteun die kerngedagte van die opdrag.
VOORBEELD
15 Maart 2013
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
Paragraaf 1:
Vertel van jou gevoelens oor die aanvullende eksamen.
XXX
Paragraaf 2:
Vertel van die geleenthede wat voorlê.
(Kan ook net in een paragraaf aangebied word).
3.3 INSTRUKSIES
• Die instruksies moet logies, saaklik en duidelik uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee.
• Dit kan ʼn opskrif hê.
• Sinne word kort en kragtig geformuleer, sonder omhaal van woorde.
FORMAAT
• Die uiteensetting: puntsgewys/reëls oopgelaat/ander aanduiders gebruik.
• Die instruksies is kort en bondig, maar moet in volsinne aangebied word.
• Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 16 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
VOORBEELD
INSTRUKSIES
1. Wees te alle tye op die uitkyk vir vreemde mense op die skoolterrein.
XXX
2. Jy moet dadelik ʼn ongewone situasie aan die skoolhoof of onderwysers
rapporteer.
XXX
3. Wees bedag op leerders wat wapens of vreemde voorwerpe skool toe bring.
XXX
4.Waarsku leerders teen mense wat moontlik dwelms aan hulle wil verkoop.
XXX
5.Werk saam met onderwysers as ʼn noodsituasie ontstaan.
XXX
6.Moenie eetgoed of drinkgoed by iemand neem wat jy nie ken nie.
XXX
7. Ken te alle tye die polisie en nooddienste se telefoonnommers.
ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 17 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
7. KONTROLELYS VIR OPSTEL EN MODERERING
ALGEMENE NKV BEGINSELS AFDELING KOMMENTAAR
1. Sosiale transformasie Afdeling A, B en C
2. Uitkomsgebaseerde onderwys Afdeling A, B en C As uitvloeisel van UGO
3. Hoë kennis/vaardigheid Afdeling A, B en C
4. Integrasie Afdeling A, B en C
5. Progresssie Vlgs. NKV van gr.10 – 12
6. Artikulasie/oordraagbaarheid Indien kandidaat voldoen
aan vereistes
7. Menseregte/inklusiwiteit/ Afdeling A, B en C
omgewings-/sosiale geregtigheid
8. Waardering vir inheemse Afdeling A en B
9. Geloofwaardigheid/kwaliteit/ Afdeling A, B en C
doeltreffendheid
Uitkomsgebaseerde onderwys:
KRITIEKE UITKOMSTE VRAAGNOMMER KOMMENTAAR
1. Identifiseer/los probleme op 1.1 1.4 1.6.3 2.2 3.3
2. Werk doeltreffend in groep(e) Nie van toepassing nie. Eksamen
3. Organiseer en bestuur die self 1.1 1.2 1.3 1.4 1.6
2.2 2.3 2.4 3.1 3.2
4. Inligting versamel, ontleed, Afdeling A, B en C
organiseer en evalueer
5. Kommunikeer doeltreffend Afdeling A, B en C
6. Gebruik wet./tegn. doeltreffend 1.1 2.2 2.4 3.1
7. Die wêreld as sisteem: 1.1 1.2 1.4 1.6.1 1.6.3 Uitreik na ander
probleme nie in isolasie nie 2.2 3.2 3.3
Uitkomsgebaseerde onderwys:
ONTWIKKELINGSUITKOMSTE VRAAGNOMMER KOMMENTAAR
1. Verskillende leerstrategieë Afdeling A, B en C
2. Verantwoordelike burgerskap 1.1 1.2 1.4 1.6.1 1.6.3
2.1 2.2 3.1 3.3
3. Kultureel/esteties sensitief 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6
2.1 2.2 2.3 2.4 3.1 3.2
3.3
4. Beroepsmoontlikhede 1.6.2 2.4 3.1 3.2
5. Entrepreneurskap 3.1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 18 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
8. OPSOMMING VAN DIE VRAE IN VRAESTEL 3:
FEBRUARIE/MAART 2013
SKRYF TIPE
SKRYFSTUK
AFDELING A OPSTEL
VRAAG 1
1.1 Al vyf tipes
LU 3
1.2 Al vyf tipes
Die leerder is in staat om vir ʼn wye
1.3 Al vyf tipes verskeidenheid doeleindes en
1.4 Al vyf tipes teikengroepe te skryf en aan te bied deur
1.5 Al vyf tipes konvensies en verskillende kontekste te
1.6.1 – 1.6.3 Al vyf tipes gebruik.
AFDELING B LANGER AS
TRANSAKSIONELE ■ Beplan volgens doel, teikengroep en
VRAAG 2 konteks.
TEKSTE ■ Toon gebruik van skryfstrategieë.
2.1 Brief van gelukwensing ■ Dink na oor, ontleed en evalueer, met
2.2 Toespraak inagneming van ander se sienings,
2.3 Onderhoud eie werk en bied die finale produk
2.4 Verslag aan.
AFDELING C TRANSAKSIONELE,
VRAAG 3 NASLAAN- EN
INFORMATIEWE
TEKSTE
3.1 Advertensie
3.2 Dagboekinskrywing
3.3 Instruksies
15 onderwerpe/keuses 12 tipes skryfstukke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 19 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemid. Gemiddeld Ondergemid. Swak, maar slaag Te swak om te slaag
50 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
26-32 22½-25½ 19½-22 16-19 13-15½ 10-12½ 0-9½
-Inhoud toon uit- -Inhoud toon goeie -Inhoud toon bo- -Inhoud toon ’n -Inhoud toon -Inhoud dikwels -Inhoud nie ter sake
INHOUD EN stekende inter- interpretasie van gemiddelde voldoende ondergemiddelde onverstaanbaar. nie. Geen
pretasie van onder- onderwerp. interpretasie van interpretasie van interpretasie. Gebrek aan samehang nie.
BEPLANNING werp. -Idees interessant en onderwerp. onderwerp. Leemtes in same- samehang. -Idees herhaal.
-Idees uitdagend en verbeeldingryk. -Idees interessant en -Idees gewoon en hang. -Idees is min en -Beplanning en/of
volwasse. -Beplanning en/of oortuigend. diepte ontbreek. -Idees meestal dikwels herhalend. eerste poging
32 PUNTE -Beplanning en/of eerste poging lei tot -Beplanning en/of -Beplanning en/of relevant, herhalend. -Beplanning en/of ontbreek heeltemal.
eerste poging lei tot goedsaamgestelde, eerste poging lei tot eerste poging lei tot -Beplanning en/of eerste poging lei tot Swak opstel/
ʼn feitlik foutlose, gepaste opstel. ʼn goeie, gepaste ʼn bevredigende eerste poging lei tot opstel wat nie goed aanbieding.
gepaste opstel. opstel. opstel/ aanbieding. ondergemiddelde, aangebied is nie.
dog redelik
verstaanbare opstel.
10-12 8½-9½ 7½-8 6-7 5-5½ 4 0-3½
-Toon kritiese -Toon kritiese -Daar is bewyse van -ʼn Aanduiding van -Beperkte kritiese -Geen kritiese -Geen kritiese
TAAL, STYL taalbewustheid. taalbewustheid. kritiese taalbewust- kritiese taalbewust- taalbewustheid. taalbewustheid. taalbewustheid.
-Effektiewe gebruik -Korrekte gebruik van heid. heid. -Taal gewoon en -Gebrekkige taal en -Ernstige gebrek aan
EN van taal en taal en punktuasie. -Taal en punktuasie: -Taal baie eenvoudig punktuasie dikwels punktuasie. taal en punktuasie.
REDIGERING punktuasie. Maak Kan figuurlike taal meestal korrek. en punktuasie foutiewelik gebruik. -Woordkeuse -Woordkeuse
van figuurlike taal gebruik in korrekte -Woordkeuse is voldoende. -Woordkeuse beperk. ontoepaslik.
gebruik. konteks. gepas vir opstel. -Woordkeuse basies. -Styl, toon en register -Styl, toon en register
12 PUNTE -Woordkeuse hoogs -ʼn Variasie in -Styl, toon en register voldoende. -Styl, toon en register gebrekkig. is baie gebrekkig.
toepaslik/ woordkeuse en is meestal toepaslik -Styl, toon en register toon gebrek aan -Opstel is besaai met -Opstel is besaai met
uitmuntend. word korrek gebruik. vir die onderwerp. oor die algemeen in samehang. foute ten spyte van foute en verwarrend
-Styl, toon en register -Styl, toon en register -Opstel oor die ooreenstemming met -Opstel het steeds proeflees en ten spyte van proef-
is hoogs gepas. is toepaslik vir die algemeen foutloos vereistes vir die baie foute na redigering. lees en redigering.
-Opstel feitlik foutloos onderwerp. na proeflees en onderwerp. proeflees en
na proeflees en -Opstel meestal redigering. -Opstel het steeds redigering.
redigering. foutloos na proeflees foute na proeflees en
en redigering. redigering.
5-6 4½ 4 3 2½ 2 0-1½
-Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Ontwikkeling van -Onderwerp bevat -Daar is bewyse van -Dwaal soms van die -Afgedwaal van die
STRUKTUUR onderwerp onderwerp is onderwerp sommige idees, ontwikkeling van onderwerp af. onderwerp.
samehangend met samehangend met samehangend en noodsaaklike details sommige noodsaak- Algemene gedagte- -Sinskonstruksie en
verbeeldingryke verbeeldingryke logiese ontwikkeling egter ingesluit. like idees. gang moeilik om te paragrafering:
6 PUNTE details. details. van details. -Sinskonstruksie en -Sinskonstruksie en volg. deurmekaar en
-Sinne en paragrawe -Sinne en -ʼn Verskeidenheid paragrafering mag paragrafering foutief, -Sinskonstruksie en ondeurdag.
samehangend paragrafering: tipes sinne en foute bevat, maar maar idees is paragrafering baie -Lengte is heeltemal
saamgestel. samehangend, goed paragrawe skakel opstel maak nog sin. verstaanbaar. elementêr te kort/te lank.
-Lengte is in gekonstrueer/ logies. -Lengte is amper -Lengte is te kort/ saamgestel.
ooreenstemming met saamgestel. -Lengte is korrek. korrek. te lank. -Lengte is te kort/
vereistes. -Lengte is korrek. te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 20 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS - EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
30 KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
16-20 14-15½ 12-13½ 10-11½ 8-9½ 6-7½ 0-5½
-Gespesialiseerde -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Voldoende kennis van -ʼn Gemiddelde kennis van -ʼn Elementêre kennis van -Geen kennis van
INHOUD, kennis van vereiste van
teks.
vereistes van teks.
-Gedissiplineerde
vereistes van teks.
-Behou bo-gemiddelde
vereistes van teks.
-Gemiddelde fokus, inhoud
vereistes van teks.
Respons op geskrewe
vereistes teks. Respons
op geskrewe teks toon ʼn
vereistes van teks nie.
Respons op geskrewe
BEPLANNING -Gedissiplineerde skryfwerk, behou goeie fokus, onbenullige wyk effens af van teks toon onder- beperkte/swak fokus. teks toon baie swak/geen
EN FORMAAT skryfwerk, behou
deurgaans baie goeie
fokus; byna geen
afwykings nie.
afwykings.
-Inhoud en idees
onderwerp, maar dit
belemmer nie die
gemiddelde fokus.
-Wyk af van onderwerp;
-Inhoud wyk af van
onderwerp; betekenis is
fokus.
-Inhoud wyk af van
fokus; geen afwykings -Inhoud en idees samehangend. Detail oorhoofse betekenis betekenis is plek-plek plek-plek verwarrend. onderwerp. Betekenis
20 PUNTE nie.
-Teks, algeheel same-
samehangend. Alle
detail ondersteun
ondersteun onderwerp.
-Beplanning en/of eerste
nie.
-Inhoud en idees
vaag.
-Inhoud en idees het
-Inhoud en idees omtrent
nie samehangend. Min
is verwarrend.
-Inhoud en idees is nie
hangend. Alle detail onderwerp. poging lei tot ʼn gepaste, voldoende same- leemtes in hul samehang. detail ondersteun samehangend nie. Te
ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of goeie teks. hangend. Sommige Basiese detail onderwerp. min detail ondersteun
-Beplanning en/of eerste eerste poging lei tot -Die toepassing van die van die detail ondersteun ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik ʼn goed saamgestelde, meeste van die nodige onderwerp. -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig, teks nie -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste gepaste teks. reëls vir die formaat is -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn onder- goed aangebied nie. poging afwesig/nie
teks. -Al die nodige reëls bogemiddeld. poging lei tot ʼn gemiddelde, dog redelik -Kennis van die nodige gedoen nie. Swak
-Al die nodige reëls vir vir die formaat is goed bevredigende teks. verstaanbare teks. reëls vir die formaat is aanbieding van teks.
die formaat is toegepas. -Kennis van die nodige -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die
uitstekend toegepas. reëls vir die formaat is reëls vir die formaat is nodige reëls vir die
gemiddeld/voldoende. ondergemiddeld. Kritiese, formaat nie.
nalatige foute is begaan.
8-10 7- 7½ 6-6½ 5-5½ 4-4½ 3-3½ 0- 2½
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies saam- -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
TAAL, STYL akkuraat; sinne goed
saamgestel.
akkuraat; sinne goed
saamgestel.
maklik om te lees; sinne
is goed saamgestel.
saamgestel ten spyte van
foute.
gestel. Verskeie foute.
-Woordeskat is beperk en
om te volg.
-Woordeskat benodig
saamgestel en
verwarrend.
EN -Woordeskat is baie -Woordeskat is meestal -Woordeskat is toepaslik -Woordeskat is voldoende nie baie van pas vir doel remediëring en is nie -Woordeskat benodig
REDIGERING toepaslik vir doel van
teks, gehoor en
toepaslik vir doel van
teks, gehoor en konteks.
vir doel van teks, gehoor
en konteks.
vir doel van teks, gehoor
en konteks.
van teks, gehoor en
konteks nie.
geskik vir doel van teks,
gehoor en konteks nie.
ernstige remediëring en
is nie toepaslik vir doel
konteks. -Styl, toon en register -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register -Styl, toon en register -Styl, toon en register nie van teks nie.
10 PUNTE -Styl, toon en register
baie toepaslik.
meestal toepaslik.
-Teks oorwegend
die algemeen toepaslik.
-Teks meestal foutloos na
voldoende.
-Teks het steeds foute na
toon gebreke.
-Teks het steeds baie
geskik vir onderwerp nie.
-Teks is besaai met foute
-Styl, toon en register
pas nie by onderwerp
-Teks feitlik foutloos na foutloos na proeflees proeflees en redigering. proeflees en redigering. foute na proeflees en ten spyte van proeflees nie.
proeflees en redigering. en redigering. -Lengte is in -Lengte is amper korrek. redigering. en redigering. -Teks is besaai met
-Lengte is in -Lengte is in ooreenstemming met -Lengte is te kort/ -Lengte is te kort/ foute en verwarrend ten
ooreenstemming ooreenstemming met vereistes. te lank. te lank. spyte van proeflees en
met vereistes. vereistes. redigering.
-Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3 21 DBE/Feb.–Mrt. 2013
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS - EERSTE ADDISIONELE TAAL
Baie goed - Puik Goed Bo-gemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak, maar slaag Te swak om te slaag
20 KODE 7 KODE 6 KODE 5: KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1
PUNTE Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
10½-13 9½-10 8-9 6½-7½ 5½-6 4-5 0-3½
-Gespesialiseerde kennis -Goeie kennis van -Redelike kennis van -Gemiddelde kennis van -Ondergemiddelde kennis -Swak kennis van -Swak/Geen kennis van
INHOUD, van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks. van vereistes van teks. vereistes van teks. vereistes van teks nie.
-Gedissiplineerde -Gedissiplineerde -Behou bo-gemiddelde -Gemiddelde fokus, Respons op geskrewe Respons Respons op geskrewe
BEPLANNING skryfwerk; behou skryfwerk, behou goeie fokus, onbenullige inhoud wyk af van teks toon ʼn onder – op geskrewe teks toon ʼn teks toon baie swak/geen
EN deurgaans baie goeie fokus, byna geen afwykings. onderwerp, maar dit gemiddelde fokus. swak/beperkte fokus. fokus.
fokus, geen afwykings afwykings nie. -Inhoud en idees is belemmer nie die -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van -Inhoud wyk af van
FORMAAT nie. -Inhoud en idees is samehangend, details oorhoofse betekenis onderwerp. Betekenis is Onderwerp, betekenis is onderwerp, betekenis is
-Inhoud en idees is samehangend, alle detail ondersteun onderwerp. nie. plek-plek vaag. plek-plek verwarrend. verwarrend.
algeheel samehangend; ondersteun onderwerp. -Beplanning en/of eerste -Inhoud en idees -Inhoud en idees het -Inhoud en idees min -Inhoud en idees nie
13 PUNTE alle detail ondersteun -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn gepaste, voldoende samehangend, leemtes in hul samehang; samehangend, min detail samehangend nie, te min
onderwerp. poging lei tot ʼn goeie teks. sommige van die detail basiese detail ondersteun ondersteun onderwerp. detail ondersteun die
-Beplanning en/of eerste goed saamgestelde, -Meeste van die nodige ondersteun die die onderwerp. -Beplanning en/of eerste onderwerp.
poging lei tot ʼn feitlik gepaste teks. reëls vir die formaat is onderwerp. -Beplanning en/of eerste poging gebrekkig. Teks -Beplanning en/of eerste
foutlose, gepaste teks. -Al die nodige reëls vir toegepas/beduidend. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn onder- nie goed aangebied nie. poging nie gedoen nie.
-Al die nodige reëls vir die die formaat is poging lei tot ʼn gemiddelde dog redelik, -Kennis van die nodige Swak aanbieding van
formaat is toegepas/ toegepas/verdienstelik. bevredigende teks. verstaanbare teks. reëls vir die formaat is teks.
uitmuntend. -Kennis van die nodige -Kennis van die nodige vaag. -Geen kennis van die
reëls vir die formaat is reëls vir die formaat is nodige reëls vir die
voldoende. ondergemiddeld. formaat nie.
Kritiese, nalatige foute is
begaan.
6-7 5-5½ 4½ 3½-4 3 2½ 0- 2
-Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is grammatikaal -Teks is voldoende -Teks is basies -Teks is swak en moeilik -Teks is swak
akkuraat. Sinne goed akkuraat. Sinne goed maklik om te lees. Sinne saamgestel ten spyte van saamgestel. Verskeie om te volg. saamgestel en
TAAL, STYL saamgestel. saamgestel. is goed saamgestel. foute. foute. -Woordeskat benodig verwarrend.
-Woordeskat is baie -Woordeskat is -Woordeskat is toepaslik -Woordeskat is voldoende -Woordeskat is beperk en remediëring en is nie -Woordeskat benodig
EN toepaslik vir doel van meestal toepaslik vir vir doel van teks, gehoor vir doel van teks, gehoor nie baie van pas vir doel geskik vir doel van teks, ernstige remediëring en
REDIGERING teks, gehoor en konteks. doel van teks, en konteks. en konteks. van teks, gehoor en gehoor en konteks nie. is nie toepaslik vir doel
-Styl, toon en register baie gehoor en konteks. -Styl, toon en register oor -Styl, toon en register konteks nie. -Styl, toon en register nie van teks nie.
toepaslik. -Styl, toon en register die algemeen toepaslik. voldoende. -Styl, toon en register toon geskik vir onderwerp nie. -Styl, toon en register
7 PUNTE -Teks feitlik foutloos na meestal toepaslik. -Teks meestal foutloos na -Teks het steeds foute na gebreke. -Teks is besaai met foute pas nie by onderwerp
proeflees en redigering. -Teks oorwegend proeflees en redigering. proeflees en redigering. -Teks het steeds baie ten spyte van proeflees nie.
-Lengte is in foutloos na proeflees -Lengte is in -Lengte is amper korrek. foute na proeflees en en redigering. -Teks is besaai met
ooreenstemming en redigering. ooreenstemming met redigering. -Lengte is te kort/te lank. foute en verwarrend ten
met vereistes. -Lengte is in vereistes. -Lengte is te kort/ spyte van proeflees en
ooreenstemming met te lank. redigering.
vereistes. -Lengte is heeltemal te
kort/te lank.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2014 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper