Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 1220178 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. *AFRFA3*
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ʼn streep deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1  Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Die portrette op ons sitkamermuur. [50] 1.2 Om suksesvol te wees, beteken ... [50] 1.3 Wie nie waag nie, wen nie. [50] 1.4 Daar is ʼn seisoen vir alles en ʼn Perfekte Tyd vir elke begeerte. [50] 1.5 LOCAL IS LEKKER! Ek ondersteun eerder plaaslike musikante as internasionale popsterre. Stem jy saam met die stelling? Skryf ʼn opstel waarin jy jou standpunt hieroor lug. [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn OPSTEL daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van die opstel neer. LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Uit: www.google images.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.6.2 [Uit: www.google images.com] [50] 1.6.3 [Uit: Huisgenoot, Desember 2015] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer. 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jou meisie/kêrel woon in ʼn ander dorp/stad. Jy voel dat die verhouding nie meer werk nie. Skryf nou ʼn brief waarin jy redes gee waarom jy voel dat julle die verhouding moet beëindig. [30] 2.2 TYDSKRIFARTIKEL Skryf ʼn artikel vir ʼn bekende tydskrif, waarin jy beskryf wat die beste opsie vir ʼn jongmens na matriek is. [30] 2.3 INFORMELE VERSLAG Jou ma behoort aan ʼn spaarklub/stokvel en het jou gevra om haar te help met haar jaarlikse verslag. Skryf nou die verslag en noem ook ʼn paar aanbevelings wat hulle klub sal verbeter. [30] 2.4 TOESPRAAK Jou ma/pa het ʼn B.A. graad ontvang. Skryf nou die toespraak wat jy vir hom/haar by die gradeplegtigheidspartytjie sal lewer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. 3.1 ADVERTENSIE Jou familie gaan na ʼn ander dorp/stad verhuis. Jy het besluit om ʼn garage- uitverkoping te hou om van alle onnodige artikels ontslae te raak. Ontwerp ʼn advertensie om jou bure van die uitverkoping in kennis te stel. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Jou familie gaan na ʼn ander dorp/stad verhuis. Deel jou gevoelens hieroor met jou dagboek. Maak TWEE dagboekinskrywings – die aand VOOR julle verhuis en ʼn week NADAT julle in die nuwe huis ingetrek het. [20] 3.3 PADAANWYSINGS Julle hou ʼn partytjie om julle nuwe huis te vier. Skryf nou die padaanwysings vir julle gaste wat na die partytjie sal kom. Begin by die lughawe en volg die pyltjies. Dui alle bakens op die pad aan. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all