Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 1220176 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2017, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2017 SSE AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Daardie dag het ek my buurman/buurvrou regtig leer ken [50] 1.2 Die interessante mense in die taxi [50] 1.3 Ek wil in die mode wees ... [50] 1.4 Moet daar meer publieke vakansiedae wees? [50] 1.5 Straatkinders is almal se probleem [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Bron: www.familylife.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2017 SSE 1.6.2 [Bron: www.popularmechanics.com] [50] 1.6.3 [Bron: www.wallarthd.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2017 SSE AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF Jou beste maat van laerskooldae het in graad 9 na 'n ander provinsie getrek. Hy/Sy wil weet hoe die plek waar julle grootgeword het, verander het. Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan dié maat waarin jy hom/haar vertel van hierdie veranderinge. [30] 2.2 HULDEBLYK Die skoonmaker by jou skool/werk is oorlede. Jy was baie lief vir hom/haar. Omdat jy hom/haar so goed geken het, moet jy 'n huldeblyk by sy/haar begrafnis lewer. Skryf die HULDEBLYK wat jy by die skoonmaker se begrafnis gaan lewer. [30] 2.3 KOERANTBERIG HOND BYT KIND (3) Skryf 'n KOERANTBERIG met hierdie opskrif. [30] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK 'n Paar graad 11-leerders by die plaaslike hoërskool het besluit om die skool te verlaat. Die skoolhoof het jou gevra om 'n toespraak te lewer oor hoekom dit belangrik is om graad 12 te voltooi. Skryf die INFORMELE TOESPRAAK neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2017 SSE AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. • Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Jy wil tweedehandse klere verkoop om geld te verdien. Ontwerp 'n ADVERTENSIE om die klere wat jy wil verkoop, te adverteer. Jy gaan hierdie advertensie by een van die winkels opplak. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Jy het 'n baie goeie werk gekry. Jy is baie opgewonde daaroor, maar tog ook 'n bietjie bang vir hierdie nuwe uitdaging. Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae hieroor soos volg: • Dag 1: Die aand nadat jy gehoor het dat jy die werk gekry het • Dag 2: Die aand voordat jy die volgende dag moet begin werk [20] 3.3 INSTRUKSIES Jy het by jou ouma op 'n dorp gaan kuier waar dit baie droog is en waar daar waterbeperking is. Op die eerste dag het sy vir jou instruksies gegee oor wat jy moet doen om minder water te gebruik. Skryf SEWE instruksies neer wat jou ouma jou gegee het om water te bespaar as jy in die kombuis en die badkamer is. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all