Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12201733 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 2017 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om jou te help. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 7. Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/2017 SSE INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in 'n Bos 35 4 2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 9 3. Meeulanders 35 13 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 4. Poppie – die drama 35 17 5. Paljas 35 21 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. 6. ''Op soek na Kid Khumalo'' 18 26 ''Die storie van Piet se Oupa'' 17 28 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. 7. ''Stad in die mis'' 17 31 ''Hanswors'' 18 33 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. GETAL VRAE DUI AAN AFDELING VRAAGNOMMERS BEANTWOORD () A: Roman 1–3 1 B: Drama 4–5 1 C: Kortverhale 6 1 (Sluit twee kortverhale in) D: Gedigte 7 1 (Sluit twee gedigte in) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/2017 SSE AFDELING A: ROMAN VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A 1 ''Ja, mister. As mister ons net met 'n goodfor kan help tot dan toe. Pa het 2 gesê ...'' Maar sy asem wou nie verder nie; agter MacDonald, met 'n voetpad 3 wat deur die lang gras oopgetrap was bo van die groot huis af, het twee 4 meisiekinders aangestap gekom en die voorste een was die een wat soos 'n 5 engel lyk en wat by die wa gestaan het ... As hy net 'n hoed had om voor sy 6 gesig te druk ... 7 ''Hallo, Daddy!'' roep die meisiekind toe hulle deur die hekkie kom, en waai 8 vir MacDonald. 9 ''Go home, Kate! Take Mary home and stay there!'' het MacDonald met 10 hulle geraas en by die skuur ingeloop. Hy het nie gesien dat die meisiekinders 11 nie vir hom luister nie en reguit na hom toe aankom nie! 12 ''Hallo!'' kom sê sy sonder skroom en reg voor hom. ''Was dit dan nie jy wat 13 die ander dag op die wa gesit het nie?'' 14 As hy net 'n hoed had! 15 ''Ek het gewonder wanneer julle weer kom hout aflaai. Het jy al 'n olifant 16 gesien?'' 17 Sy keel was aan die toewurg en hy het dit oorweeg om onder die wa in te 18 spring, tussen die agterwiele deur te kruip en te hol. Maar hy moes 'n goodfor 19 hê! Waarom kom MacDonald nie uit en verwilder hulle nie? Vir wat het sy 20 hom so gestaan en aanstaar? 1.1 Waarvoor moes die goodfor gebruik word? (1) 1.2 Hierdie besoek aan Knysna was Saul se tweede kennismaking met die lewe buite die Bos. Tydens Saul se eerste besoek aan die dorp het hy dinge gesien wat hy net nie kon glo nie. Noem DRIE van hierdie dinge. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/2017 SSE 1.3 Die afkap van die kalander was vir Saul 'n traumatiese insident. Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) neer, byvoorbeeld 1.3.5 F. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Hierdie persoon het vir Saul A Mister MacDonald gedwing om aan die kalander te kap. B Anneries 1.3.2 Hierdie persoon het aangebied C Joram om in Saul se plek aan die kalander te kap. D Jozef 1.3.3 Hierdie persoon moes seker E Mister Mostert maak dat die Barnards nie op verkeerde plekke in die Bos hout kap nie. 1.3.4 Hierdie persoon moes saam met Saul gaan vra vir die goodfor terwyl die ander mans in die span nog die kalander opgesaag het. (4 x 1) (4) 1.4 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (1.4) en die antwoord neer. ''As hy net 'n hoed had om voor sy gesig te druk ...'' (reël 5–6) dui aan dat Saul (skaam voor Kate was/ryker voor Kate wou lyk). (1) 1.5 Dit was die enigste keer dat Kate aan haar pa ongehoorsaam was. (Reël 9–11) Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer, byvoorbeeld 1.6 E. ''Sy keel was aan die toewurg …'' (reël 17) dui aan dat Saul … was. A skaam B kwaad C paniekerig D gefrustreerd (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/2017 SSE 1.7 Saul en Kate se persepsies van die Bos het verskil. 1.7.1 Hoe het Saul die Bos beleef? (1) 1.7.2 Wat was Kate se persepsie van die Bos? (1) 1.8 MacDonald was gewoond daaraan dat ander mense doen wat hy sê. 1.8.1 Hoe kan jy dit uit hierdie uittreksel aflei? (1) 1.8.2 Hoe was hierdie stelling ook op die houtkappers van toepassing? (1) 1.9 Toe Saul hier by MacDonald was, het MacDonald vir Saul gevra om vir hom te kom werk. Hoe, dink jy, sou Saul se lewe anders gewees het as hy nie later by MacDonald gaan werk het nie? (1) 1.10 Waarom is Saul se beskrywing van Kate as 'n engel so effektief? (1) 1.11 Hoe kry die verteller dit in reël 17–20 reg om vir ons te wys dat dit vir Saul baie belangrik was om die goodfor te kry? Jy kan jou antwoord só begin: Die verteller ... (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B 1 Sy kom nader en kom staan 'n hand se uitsteek van hom af weg, haar oë 2 verskrik, haar hare deurmekaar. 3 ''Saul?'' 4 ''Kate ...'' Daar is nie woorde in hom oor nie. 5 Dis Maska wat die intense stilte tussen hulle kom verbreek: 6 ''Sien jy nou wat hy wou hê jy moes sien, baas Saul? Sién jy nou?'' 7 Saul antwoord hom nie. Nie in sy donkerste drome het hy gedroom dat hulle 8 so sou vernietig nie. Onder in die kloof lê Oupoot dood en om hom lê die 9 wêreld dood. As dit bestem was dat hy hierdie keer tot op die afsaksels moes 10 drink, dink hy verslae, dan proe hy op hierdie oomblik die bitter droesem. 11 En daar is geen haas in sy bewegings toe hy die kwartponder en die sak 12 met die buskruit en goed van sy skouer afhaal en dit na Maska uithou nie. 13 ''Kom vat jou goed, Maska.'' 14 ''Hoe dan nou?'' 15 ''Kom vat die geweer en laat my en miss Kate 'n oomblik alleen. Gaan wag 16 daar anderkant vir haar.'' 17 ''Hoe dan nou?'' vra die ou man weer, agterdogtig. 18 ''Omdat ek hier omdraai, Maska. Ek gaan nie verder nie – dis hier waar ons 19 mekaar moet groet.'' 20 Toe ou Maska se skraal lyf regop ruk, is hy soos 'n dier wat skielik besef dat 21 hy vasgekeer is. ''Voor die Here sil jy gaat staan as jy vandag hier omdraai, 22 Saul Barnard! Voor die Here, sê ek jou!'' Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/2017 SSE 1.12 ''Sien jy nou wat hy wou hê jy moes sien, baas Saul? Sién jy nou?'' (Reël 6) 1.12.1 Van wie het Maska hier gepraat? (1) 1.12.2 Wat is dit wat die ''hy'' vir Saul wou wys? (1) 1.13 Jozef het 'n man gevra om vir Oupoot dood te skiet. Uiteindelik het 'n ander man sy dood veroorsaak. Wie was hierdie TWEE persone? (2) 1.14 Die gebeure hieronder is deel van Saul se vyfdag-soektog na Oupoot. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Saul het Maska se geweer geleen. • Saul het gehoor hoe Oupoot geskiet word. • Saul het Groot Eiland en vir Ousanna besoek. • Saul het Maska se verflenterde baadjie opgetel. (4) 1.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (1.15) en die woord neer. ''… haar oë verskrik …'' (Reël 1–2) Kate se oë was verskrik omdat sy bang was dat Saul (nie betyds voor die koeie gaan wegkom nie/op haar en die delwers gaan begin skiet). (1) 1.16 Saul het vir Maska sy hart-broer genoem. Stem jy saam dat Maska ná Oupoot se dood soos 'n broer vir Saul opgetree het? Motiveer jou antwoord. (1) 1.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer, byvoorbeeld 1.17 E. Saul het vir Maska die geweer teruggegee, omdat ... A Saul die Bos wou verlaat. B Kate bang was hy pleeg moord. C Maska die geweer by iemand gaan leen het. D Jozef hom sou ignoreer as hy gewapen was. (1) 1.18 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.18.1–1.18.2) neer. onverskillig; regverdig; simpatiek; verantwoordelik Deur met geld vir die hout te betaal, het Saul getoon dat hy (1.18.1) ... teenoor sy broers sou optree. Saul sou ook net hout met die boswagters se merk op aanvaar. Hiermee sou Saul wys dat hy (1.8.2) ... teenoor die Bos wou optree. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/2017 SSE 1.19 Toe Saul vir Kate die eerste keer gesien het, het sy vir hom soos 'n engel gelyk. Hoe word Kate aan die einde van die roman die engel wat vir Saul help om die Bos en sy familie te red? (1) 1.20 In die roman het MacDonald alles gedoen wat hy kon om vir Saul en Kate uit mekaar te hou. Daarom sal party lesers dink dat MacDonald 'n pa was wat omgegee het vir Kate, terwyl ander sou dink dat hy juis nie vir Kate omgegee het nie. Was MacDonald, volgens jou, 'n omgee-pa, of nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) 1.21 Waarom kan 'n mens sê dat Oupoot aan die einde van die verhaal vir Saul en Kate by mekaar uitgebring het? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/2017 SSE VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C 1 Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek 2 amper van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die 3 eerste queen, die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou 4 nie. Steeds nie. En my verjaardag, natuurlik. 5 Maar dis nou nie asof my lewe skielik in 'n sprokie verander het nie. Ek is 6 steeds vasgekeer in 'n huis met 'n lekkende dak op 'n verlate berg. Al wat ek 7 sien as ek by die venster uitkyk, is die lae wolke bo die huis, die groen 8 bossies rondom die huis, en 'n rivier van modder waar die voetpaadjie 9 voorheen was. En ek is steeds geïrriteer deur Margot wat nie rooivleis of koek 10 wil eet nie, nie koffie of tee of enigiets behalwe kookwater wil drink nie, en 11 aanmekaar kla oor hoe haar hare lyk. En oor sy nie oefening kry nie. 12 Vanoggend het sy darem nie weer probeer draf nie. Sy het nog een van 13 haar glimmende eenstukpakke aangetrek, dié keer skokpienk met turkoois 14 strepe, en 'n aërobiese klas op die sitkamervloer begin gee. Op die oomblik 15 dawer die musiek van een of ander techno-groep deur die luidsprekers van 16 haar draagbare CD-speler terwyl sy op en af hop voor drie hygende 17 volgelinge: Sharon, Tibo en Amos. 2.1 Noem die naam van die plek waar Hanna en haar gesin gaan vakansie hou het. (1) 2.2 Waarom het dié hele gesin hierdie vakansie nodig gehad? (1) 2.3 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (2.3) en die antwoord neer. Aan die begin van die vakansie het die kinders (positief/negatief) gevoel oor die vakansieplek. (1) 2.4 Noem DRIE dinge wat die gesin in hierdie vakansie saam gedoen het. (3) 2.5 '' ... dat ek amper van Fabienne vergeet het.'' (Reël 1–2) 2.5.1 Wie was Fabienne? (1) 2.5.2 Watter rol het Fabienne in Hanna se lewe gespeel? (1) 2.6 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.6.1–2.6.2) neer. Yann; Margot; Gavin; Sharon In reël 3 verwys Hanna na die twee ''queens''. Die eerste ''queen'' was (2.6.1) ..., wat almal laat voel het dat hulle deel van die aktiwiteite was. Die tweede ''queen'' verwys na (2.6.2) ... , wat daarvan gehou het om aktief te wees. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/2017 SSE 2.7 Wat het Hanna se verjaardag hierdie keer anders as haar vorige verjaardae gemaak? Noem EEN feit. (1) 2.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.8) neer, byvoorbeeld 2.8 E. Uit die beskrywing van Margot in reël 9–14 kan 'n mens aflei dat sy ... A ryk was. B 'n suksesvolle loopbaan gehad het. C aandag aan haar voorkoms gegee het. D 'n goeie verhouding met haar kinders gehad het. (1) 2.9 Kies die manlike karakter, wat 'n rol in Hanna se lewe gespeel het, in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.9.1–2.9.4) neer, byvoorbeeld 2.9.5 F. KOLOM A KOLOM B 2.9.1 Hierdie karakter het Hanna se liefde vir A Gavin letterkunde gedeel. B Tibo 2.9.2 Hierdie karakter sou vir Hanna dieselfde naam gee as wat sy vir haarself sou gee. C Amos 2.9.3 Hierdie karakter het vir Hanna 'n present D Yann gegee wat sy in haar skryfwerk kon gebruik. E Beyers 2.9.4 Hierdie karakter se vrae oor sy pa het Hanna emosioneel geraak. (4 x 1) (4) 2.10 2.10.1 Sharon het uit 'n ryk huis gekom, maar sy het nie gedink sy was beter as ander mense nie. Hoe kry die verteller dit reg om dit vir ons in die verhaal uit te beeld? Jy kan jou antwoord só begin: Die verteller ... (1) 2.10.2 Waarom was dit goed vir Hanna om 'n vriendin met so 'n mooi eienskap te hê? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/2017 SSE Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D 1 Margot steek haar arms uit om my te omhels. 2 ''Fabulous Fabienne,'' sê sy. Asof sy dit bedoel. Sodat ek haar glo. ''Van jóú 3 verwag ek 'n roman wat die wêreld gaan verower.'' 4 ''En as dit in 'n fantastiese fliek verander word, wil jy die hoofrol hê?'' 5 ''Ag, kom ons los die hoofrol vir die Julia Robertse van die toekoms. Ek sal 6 heeltemal tevrede wees om 'n verleidelike ouer vrou te speel. Jy weet, 'n 7 fassinerende moederfiguur, so iets?'' 8 ''Noudat jy dit noem,'' sê ek met 'n snaakse borrelende gevoel in my maag. 9 ''Ek het dalk 'n idee ...'' 10 ''Ek wag in spanning,'' glimlag Margot en draai na Tibo, wat amper so bek-af 11 soos Amos lyk. ''En dié lang gesig? Wat het van die hartebreker-glimlag 12 geword?'' 13 ''Wanneer sien ek jou weer?'' wil Tibo weet. 14 ''Wel, jy gaan my op TV sien!'' 15 ''Ek kan nie met jou práát as jy op TV sit nie. En daar's nog baie dinge wat 16 ek jou wou vra. En jy moet nog my kaarte lees.'' 17 ''Maar ons gaan mos nog baie tyd kry om te praat! Het jy dan nie gesê dat jy 18 in Hollywood wil kom werk nie?'' 19 ''Ek moet eers klaarmaak met skool,'' sê Tibo met 'n mismoedige gesig. 20 ''Nou ja, dan sal ek 'n ander plan moet maak. Om die waarheid te sê, ek dink 21 daaraan om binnekort 'n draai in die Kaap te kom maak ...'' 2.11 Margot moes weggaan. 2.11.1 Waarheen moes Margot gaan? (1) 2.11.2 Hoekom moes Margot na die plek in VRAAG 2.11.1 gaan? (1) 2.12 Aan die einde van die roman het Margot Hanna as ''fabulous'' beskryf. Hoe kon hierdie beskrywing Hanna motiveer om haarself te aanvaar? (1) 2.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.13) neer, byvoorbeeld 2.13 E. ''En dié lang gesig?'' (Reël 11) Uit hierdie vraag van Margot kan 'n mens aflei dat Tibo ... was. A opgewonde B hartseer C gelukkig D bang (1) 2.14 Oor watter onderwerp het Tibo en Margot lekker gesels? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/2017 SSE 2.15 Margot se kaarte moes aandui of Tibo ooit werk in Hollywood sou kry. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 2.16 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.16) neer. Mana was eintlik die fassinerende moederfiguur wat haar gesin op 'n (tradisionele/unieke) manier versorg het. (1) 2.17 Die volgende gebeure hou verband met die koms van die baba. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Die seuns het gejuig. • Mana het die vuil vloere gewas. • Sharon het die geboorte aangekondig. • Margot het vir almal take gegee om te doen. (4) 2.18 ''Van jóú verwag ek 'n roman wat die wêreld gaan verower.'' (Reël 2–3) Hoekom sou Hanna 'n goeie skrywer kon word? (1) 2.19 ''Ek het dalk 'n idee ...'' (Reël 9) 2.19.1 Watter idee het Hanna toe vir haar boek gekry? (1) 2.19.2 Hoekom, dink jy, het Hanna juis hiérdie idee gekry? (1) 2.20 Die leser leer Margot in die roman ken deur dit wat Beyers van haar gesê het en hoe sy in die roman opgetree het. 2.20.1 Watter idee oor Margot het Beyers aan die begin van die roman by die leser geskep? (1) 2.20.2 Hoe het Margot self vir Beyers verkeerd bewys? (1) 2.21 Dink jy dat Margot se kuier op die berg haar verhouding met haar kinders verbeter het? Motiveer jou antwoord. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/2017 SSE VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS E 1 ... ''Geelbek! Geelbek! Kom in, Geelbek!'' 2 ''Praat van die duiwel,'' sê Hansie en storm nader. Sy tel die mikrofoontjie 3 van die mikkie af en praat onnodig hard: ''Duiker! Dis Geelbek! Hoor jy my?'' 4 Die stem klink kwaai: ''Geelbek! MacDonald van die kantoor het my nou net 5 geroep. Hy sê dié Van Rensburg van die Kaap kom vir drie jaar! In my brief 6 staan drie dae. Ek weet wragtag nie hoe hulle iemand vir drie jaar hiernatoe 7 kan stuur nie! MacDonald sê dis die Kaapse kantoor wat dit gereël het. Waar 8 dink hulle gaan ons plek kry? Elsabet sien nie kans vir 'n vreemde vir so lank 9 nie. En die ander blyplek het nie eers beddegoed nie.'' 10 Hansie probeer ongemaklik 'n woord inkry: ''Duiker ... ek sal linne 11 saamstuur!'' Maar Jacob se stem gee haar g'n kans nie en dreun ongeduldig 12 voort: ''Wat wil 'n navorser hier kom maak vir drie jaar lank? Die eiers 13 uitbroei? Die voëls voer? Of wat?'' 14 Wie dink hierdie Stem nou eintlik is hy? Op die aansoekvorms het daar 15 duidelik gestaan dat ek die hoofman met sy ondersoeke op die voëls sal help. 16 Hansie raak al hoe meer verleë en probeer te red wat te redde is: ''Duiker, 17 ek sal kyk wat ek kan saamstuur. Sê vir Twilight ek het nog vier baadjietjies 18 klaar. Ek stuur dit môre saam. Pienketjies. Mens moet darem iets pienks hê.'' 3.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (3.1) neer. In hierdie uittreksel is Ryna op (Meeuland/Salamanderbaai) in ant Hansie se huis. (1) 3.2 Ryna wou baie graag die Kaap verlaat. Wat het in die Kaap gebeur dat sy wou weggaan? (1) 3.3 Hoekom, dink jy, was dit nodig dat Ryna haar naam verander het voor sy na die guano-eiland gegaan het? (1) 3.4 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.4.1–3.4.2) neer. opgewonde; verlig; ontevrede; ongemaklik Uit die gesprek tussen Jacob en ant Hansie kon 'n mens aflei dat Jacob (3.4.1) ... oor die koms van die navorser op Meeuland was. Die dinge wat hy van Ryna oor die radio gesê het, het ant Hansie (3.4.2) ... laat voel, omdat Ryna dit alles gehoor het. (2) 3.5 Waarom was die burgerbandradio so belangrik vir die Meeulanders? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/2017 SSE 3.6 Die volgende karakters het Ryna se lewe positief of negatief beïnvloed. Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (3.6.1–3.6.4) neer, byvoorbeeld 3.6.5 F. KOLOM A KOLOM B 3.6.1 Hierdie persoon het héél aan die A Skalla begin vir Ryna gehelp om 'n nuwe lewe te beplan. B Fred 3.6.2 Hierdie persoon se ondervinding van C Prof. Van Keulen hartseer het vir Ryna gehelp om haar eie hartseer te verwerk. D Jannerik 3.6.3 Hierdie persoon het weer vir Ryna E Attie soos 'n vrou laat voel. 3.6.4 Hierdie persoon was verantwoordelik vir Ryna se grootste hartseer. (4 x 1) (4) 3.7 Ryna was gelukkig om mense soos Jannerik en Doreen in haar lewe te hê. 3.7.1 Watter karaktereienskap het Jannerik in Ryna raakgesien toe hy vir haar die naam Mama-Meeu gegee het? (1) 3.7.2 Waarom kan 'n mens sê dat Ryna vir Doreen heeltemal vertrou het? Verwys in jou antwoord na 'n gesprek tussen Ryna en Doreen. (1) 3.8 Verwys na reël 14–15. Waarom is hierdie woorde in skuinsdruk/kursief geskryf? (1) 3.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.9) neer, byvoorbeeld 3.9 E. Toe Ryna gesê het: ''Wie dink hierdie Stem nou eintlik is hy?'', het sy gewys dat sy ... was. A bang B hartseer C geïrriteerd D opgewonde (1) 3.10 Jacob het nie vir Ryna gehelp om haar huisie op Meeuland reg te kry nie. 3.10.1 Hoe het Ryna die huis vir haarself leefbaar gemaak? Noem TWEE feite. (2) 3.10.2 Waarom moes Jacob eintlik vir Ryna gehelp het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/2017 SSE 3.11 Jacob het later in die roman gesien dat Ryna die regte persoon vir die werk op die eiland was. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS F 1 Die geel mini hou stil voor Mama-Meeu en sy kyk met 'n opwelling van 2 vreugde na haar wit huisie. Sy maak die hekkie oop en hardloop die 3 sementpaadjie af. Daar het sand in die hoeke van die stoep gewaai en daar 4 staan 'n karton voor die deur. Sy sit al haar goed neer en maak die wit briefie bo- 5 op oop. ''Aan Mama-Meeu. Van Duiker,'' lees sy die enkele woorde. Sy dra die 6 karton binnetoe en maak dit op die tafel oop. Dis die ou platespeler, nou mooi 7 skoongemaak en behoorlik aan 'n driepuntprop gekoppel, met een plaat daarby. 8 Sy dra dit na die naaste kragpunt en sit die plaat op die draaitafel. Die klanke 9 weergalm deur die huis van Mama-Meeu: ''I don't know why I love you, but I 10 do ...'' 11 Ek het jou lief, Jacob Langhans. Ek het jou lief. 12 ''Kom in, Duiker! Kom in, kom in. Duiker?'' 13 ''Mama-Meeu?'' 14 ''Duiker ... ek het vanoggend teruggekom.'' 15 ''Ek is bly. Ek ... was toe by advokaat Metcalfe. Hy gaan my saak behartig.'' ''Ek 16 is bly.'' 17 ''Mama-Meeu?'' 18 ''Ek is hier.'' 19 ''Gaan kry jou permit by Mac en dan ... kom jy na my toe. Oor.'' 20 ''Ek ... kom na jou toe, Duiker. Oor en uit.'' 3.12 By wie het Ryna hierdie wit huisie gekoop? (1) 3.13 Waarom, dink jy, was Ryna so bly om by die wit huisie te wees? (1) 3.14 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (3.14) neer. Ryna het Kaap toe gegaan omdat sy kwaad was vir Jacob. Sy het gevoel dat Jacob te (koppig/skaam) was om Fred se hulp te aanvaar. (1) 3.15 ''Dis die ou platespeler ... , met een plaat daarby.'' (Reël 6–7) Dink jy dit was 'n slim plan van Jacob om vir Ryna hierdie plaat te gee? Motiveer jou antwoord. (1) 3.16 Verwys na reël 11–12. Wat is die funksie van die tipografiese wit gedeelte tussen die twee reëls? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/2017 SSE 3.17 ''Ek ... was toe by advokaat Metcalfe. Hy gaan my saak behartig.'' (Reël 15) 3.17.1 Van watter saak het Jacob hier gepraat? (1) 3.17.2 Waarom, dink jy, het Jacob ingestem om advokaat Metcalfe te gaan spreek? (1) 3.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.18) neer, byvoorbeeld 3.18 E. Die feit dat Fred Blanckenberg 'n advokaat gereël het, het gewys dat Fred ... A skaam gevoel het oor Elsabet. B empatie met Jacob gehad het. C teleurgesteld in Schalk was. D hartseer oor Janka was. (1) 3.19 Die volgende gebeure vorm deel van die slot van hierdie roman. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Skalla het vir Janka geskiet. • Jacob het vir Skalla doodgesteek. • Jacob het tronkstraf van sewe jaar gekry. • Daniel het gesien waar Skalla weggekruip het. (4) 3.20 Terwyl Jacob in die tronk was, kon Janka en Jannerik op Ryna staatmaak. Motiveer hierdie stelling deur te sê hoe Ryna vir: 3.20.1 Janka ondersteun het (1) 3.20.2 Jannerik ondersteun het (1) 3.21 Noem DRIE redes waarom ons kan sê dat Ryna se koms na Meeuland goed vir Jacob was. (3) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/2017 SSE AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G 1 MAMA (roep by kombuisdeur). Skoonseun! (Draai om na Poppie.) Hy wag al 2 vir jou vandat hy uit die werk gekom het. 3 POPPIE. Het hy dan werk gekry? Hoe hy ook al sukkel, hy kan mos g'n 4 permit kry nie. (Stone kom binne, Poppie gaan staan by hom. Mama skink 5 tee.) Waar is Mosie, Mama? 6 MAMA. Hy sing vanaand. Die kerk-group het hom kom vra om te sing. 7 POPPIE (ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie). Sê vir hom hy kan vir 8 my part ook sing. 9 MAMA. Hauk! Wat het jy dan nou teen Mosie? 10 POPPIE. Hy en die ander daar in Sea Point ... hulle is vier wat vir twee 11 mense werk, en ek is een wat vir nege mense werk. Ek is moeg, Mama. 12 (Sy leun vooroor, drink nie tee nie.) Ek moet nou loop, Mama, anders kry 13 ek nie die bus nie. (Sy gee die kind vir Katie. Haal kos uit haar sak.) Ek het 14 kos saamgebring, Mama. Die brood wat al hard is, kan die kinders in die 15 koffie sag maak. Die ou man wat in die tuin werk, het vir my die paar uie en 16 aartappels saamgegee. Kan Mama wag tot die end van die maand vir die 17 geld? (Aan Katie.) Neem hom kamer toe, lat hy nie sien as ek loop nie ... 18 anders huil hy weer. (Poppie tel haar sak op.) 4.1 Waar het Poppie op hierdie stadium gewerk? (1) 4.2 Noem TWEE redes waarom Poppie nie gelukkig in hierdie werk was nie. (2) 4.3 Stone het by die melkery in Philippi gewerk. 4.3.1 Noem DRIE voordele wat hierdie werk vir Stone en sy gesin ingehou het. (3) 4.3.2 Waarom was Poppie ontsteld oor hierdie werk? (1) 4.4 Dink jy dit was reg van Stone om hierdie werk te vat, al was Poppie ontevrede daaroor? Motiveer jou antwoord. (1) 4.5 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.5.1–4.5.2) neer. regverdig; onregverdig; jaloers; trots Poppie het gesukkel om werk te kry. Sy het gevoel dat die wet (4.5.1) ... teenoor 'n getroude vrou was. Sy was (4.5.2) ... op Mosie omdat dinge vir hom makliker was. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/2017 SSE 4.6 Die volgende karakters was almal deel van Poppie se lewe. Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.6.1–4.6.4) neer, byvoorbeeld 4.6.5 F. KOLOM A KOLOM B 4.6.1 Hierdie karakter het Poppie A Stone aangemoedig om haar papiere te kry. B Plank 4.6.2 Hierdie karakter het Poppie gevra om in vrede met die ander mense te leef. C Katie 4.6.3 Hierdie karakter was ontevrede oor D Mama die lang ure wat Poppie moes werk. E Hoedjie 4.6.4 Hierdie karakter moes die skool verlaat om Bonsile op te pas. (4 x 1) (4) 4.7 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (4.7) neer. ''(ken nie die gevoel wat in haar hart kom nie)'' (reël 7) is 'n voorbeeld van (dialoog/neweteks). (1) 4.8 Hoe kry die dramaturg dit in hierdie uittreksel reg dat die leser simpatie met Poppie het? Jy kan jou antwoord só begin: Die dramaturg ... (1) 4.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.9) neer, byvoorbeeld 4.9 E. Poppie het onder moeilike omstandighede aanhou werk. Dit dui aan dat sy 'n ... ma was. A streng B liefdelose C hardkoppige D verantwoordelike (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/2017 SSE Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H 1 Stone kom aan met bliktrommel. Bonsile en Poppie ontmoet hom by stasie. 2 Bonsile dra die trommel verder. 3 POPPIE. Molo. (Sy gee vir hom hand.) 4 STONE. Molo. 5 POPPIE (terwyl hulle begin loop). Bly jy goed waar jy nou is? 6 STONE. Hulle is goed vir my. 7 POPPIE. En hoe gaan dit met Mama en bhuti Plank en bhuti Hoedjie? 8 STONE. Hulle het eers rondgebly, maar toe het hulle maar weer ingetrek by 9 ou Makhulu, in ons huis. Sy kyk goed na hulle. 10 POPPIE. En bhuti Mosie? 11 STONE. Hy het twee jaar gewag en toe sy eie huis gekry. 12 POPPIE (met bitterheid). Dit gaan goed met almal. Almal het huise. En ons 13 dan? Ek wat hier ver by die vreemde mense moet bly? Almal kom klaar 14 sonder my. *** 15 PLANK. Ná twee weke is Stone weer huis toe. 16 JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se huis kom aanklop. 17 Poppie sit op blik, skryf 'n brief aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop. 18 POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sê: Iets het 19 verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. 4.10 Watter TWEE voorwaardes het Poppie gestel om vrywillig Mdantsane toe te gaan? (2) 4.11 Waarom het Stone nie ook in Mdantsane gebly nie? (1) 4.12 Terwyl Poppie-hulle in Mdantsane gebly het, het Stone sy gesin eerste gestel. Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1) 4.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.13) neer, byvoorbeeld 4.13 E. Na die besoek aan Mdantsane het Stone met 'n geruste hart teruggegaan, want Poppie ... A het 'n goeie werk gehad. B en die kinders was versorg. C sou hom gou weer sien. D het nie meer haar mense so baie gemis nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/2017 SSE 4.14 Kort daarna het moeilikheid by Poppie se huis kom aanklop. (Reël 16) 4.14.1 Watter moeilikheid het Bonsile hier veroorsaak? (1) 4.14.2 Hoe het Stone hierdie probleem opgelos? (1) 4.15 Hoe het die moeilikheid wat Bonsile veroorsaak het, later in die drama Poppie se probleem geword? (1) 4.16 Hoe kon Poppie en Stone hierdie situasie anders hanteer het om vir Bonsile 'n les te leer? (1) 4.17 Net soos Bonsile het Jakkie ook verkeerde keuses gemaak. 4.17.1 Hoe het Jakkie tot Mama se bekommernis bygedra? (1) 4.17.2 Hoe het Jakkie tot Poppie se bekommernis bygedra? (1) 4.18 Die volgende gebeure hou verband met Poppie se terugkeer na die Kaap. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Poppie het haar dogters na haar skoonouers in Herschel geneem. • Poppie het die probleme met haar pas uitgestryk. • Poppie het 'n werk by mevrou Swanepoel gekry. • Stone het gesterf. (4) 4.19 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (4.19) neer. In hierdie drama het apartheidswette daartoe gelei dat gesinne soos Poppie s'n (uitmekaar gedryf het/nader aan mekaar beweeg het). (1) 4.20 Poppie se naam beteken ''meisie uit 'n geslag van groot vroue''. Hoe word Poppie in die drama as 'n ''groot'' vrou uitgebeeld? (1) 4.21 Watter positiewe les kan 'n mens uit Poppie se verhouding met haar skoonfamilie leer? (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/2017 SSE VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I 1 HENDRIK: ... Die oorlaaitrein is Oudtshoorn toe. Die 34 sal nie die vrag 2 vat nie. 3 KATRIEN: Arme mense. Het hulle ooit iets om te eet vanaand? 4 HENDRIK: Hoe moet ek weet? 5 KATRIEN: Maar ons moet seker gaan hoor ... 6 HENDRIK: Hulle het 'n kombi. Die dorp is net oor die bult. 7 KATRIEN: Ja, maar al die diere. 8 HENDRIK: Leeus vreet een keer 'n week. (Hy kyk vir Willem en vee oor sy 9 hare.) Hè, Willempie – wat sê jy? Gaan jy vanaand in jou eie kamer slaap? 10 KATRIEN: Hendrik! (Sy skud haar kop.) 11 EMMA: Ek wonder waar slaap húlle? 12 HENDRIK (tot Emma): En vir wat is jy so opgetof vanaand? 13 EMMA: Waar's ek opgetof? 14 HENDRIK (tot Katrien, asof hy ondersteuning soek.): Sy kleur nooit haar 15 gesig in as Nollie kom kuier nie. (Dan direk tot Emma.) Jy bly weg van 16 daardie spul af, gehoor? Dis 'n klomp nikswerd Spaanse en Taljaners. En jy 17 weet hoe's uitlanders. Hulle's net agter een ding aan. 18 Emma spring op en verdwyn in die gang; los haar kos net so. 19 KATRIEN: Dis nou wat jy daarvoor het. 20 HENDRIK: Wat? Dis my vaderlike plig. (Katrien kyk vies weg.) Sy's glads te 21 wipperig deesdae. 22 KATRIEN: Die dag as jy ophou om Nollie aan haar te probeer afsmeer, sal sy 23 dalk ophou om haar te wip. 24 HENDRIK: Ek praat van die teertoue hier oorkant die spoor, Katrina. Dis 25 waarvan ek praat. 26 KATRIEN: Emma is nie so onnosel soos ek was nie. 27 HENDRIK: Om te wat nie? 28 Sy staan op en gaan uit. 5.1 Van watter vrag het Hendrik in reël 1 gepraat? (1) 5.2 Verwys na reël 1 en 2. 5.2.1 Hoekom het Hendrik so goed geweet waar elke trein behoort te wees? (1) 5.2.2 Waarom was Hendrik so kwaad oor die vrag op sy stasie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/2017 SSE 5.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (5.3) neer. ''KATRIEN: Arme mense. Het hulle ooit iets om te eet vanaand?'' (Reël 3) Uit Katrien se woorde kan 'n mens aflei dat sy (empatie het met/opgewonde is oor) die mense op die trein. (1) 5.4 Vir die grootste deel van hierdie drama is die verhouding tussen Hendrik en Katrien nie goed nie. Noem TWEE dinge waaruit 'n mens dit kan aflei. (2) 5.5 Hoekom, dink jy, het Emma haar daardie aand opgetof? (1) 5.6 Katrien het Hendrik gehelp om vir Emma en Nollie bymekaar uit te bring. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 5.7 ''Dis 'n klomp nikswerd Spaanse en Taljaners. En jy weet hoe's uitlanders.'' (Reël 16–17) Lees die eerste sin en voltooi dan die tweede sin. Hendrik was bevooroordeeld. Hy het nie die sirkusmense geken nie, maar hy het ... (1) 5.8 Hendrik en Katrien se swak verhouding het vir Emma en Willem ongelukkig gemaak. 5.8.1 Hoe weet ons dat Emma ongelukkig was? (1) 5.8.2 Hoe weet ons dat Willem ongelukkig was? (1) 5.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.9) neer, byvoorbeeld 5.9 E. ''(Katrien kyk vies weg.)'' (reël 20) is deel van die ... in die drama. A dekor B dialoog C boodskap D toneelaanwysings (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/2017 SSE 5.10 Dit was nie net die trein met die diere wat Hendrik ontstel het nie, maar ook die sirkusmense. Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (5.10.1–5.10.4) neer, byvoorbeeld 5.10.5 F. KOLOM A KOLOM B 5.10.1 Hierdie karakter kon nie sy hande A Sollie van Emma afhou nie. B Bertie 5.10.2 Hierdie karakter het Hendrik as persoon beledig. C Barnie 5.10.3 Volgens Hendrik het hierdie karakter D Sambo nie respek vir die spoorwegeiendom gehad nie. E Manuel 5.10.4 Hierdie karakter het Hendrik met messe probeer intimideer. (4 x 1) (4) 5.11 ''Sy staan op en gaan uit.'' (Reël 28) Was dit 'n goeie besluit van Katrien om op te staan en uit te loop sonder om Hendrik te antwoord? Motiveer jou antwoord. (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J 1 137. Hendrik, Emma, Willem en Manuel is in die eetkamer bymekaar. Dis ná 2 aandete. 3 Hendrik sit met pikgare en 'n dik naald 'n ou leersak se hingsel en vaswerk. 4 Emma is besig om af te dek. Sy het 'n voorskoot aan. Katrien maak Manuel 5 se narrepak reg. 6 KATRIEN: Ek weet nie of jy die regte ding doen nie, Manuel. Jy is nog ver van 7 gesond af. 8 HENDRIK: Hy't miere. Dis wat hy het. Of wat sê jy, Willem? 9 MANUEL: Dis seker maar waar – die storie van once a clown, always a fool. 10 Ek mis die ou groot tent. Ek weet nie hoekom nie. 11 HENDRIK: Al wat ek weet is: hierdie hingsel gaan wragtig nie weer breek nie. 12 (Hy weeg die leersak aan sy vasgewerkte hingsel.) 13 MANUEL (vat die sak by Hendrik): Dankie, Hendrik. 14 KATRIEN: Hierdie broek van jou het gate op plekke wat 'n broek liewer nie 15 gate moet hê nie. 16 Willem is besig om met sy handskaduwee teen die muur 'n volstruis te 17 maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/2017 SSE 18 WILLEM: Kyk, Manuel! (Hy sien Manuel reageer nie en gaan staan reg voor 19 hom. Manuel is 'n bietjie aangedaan.) Haai, Manuel. Wat nou? 20 MANUEL: Nou niks. 21 WILLEM: Jy het gesê lag is beter as huil. 22 MANUEL (ruk homself oombliklik reg): Julle was baie goed vir my. 23 HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy't hierdie kind se tong weer losgeknoop. 5.12 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (5.12.1–5.12.2) neer. bekommerd; dankbaar; hartseer; entoesiasties In hierdie uittreksel is dit duidelik dat Hendrik (5.12.1) ... is oor Manuel se rol in hulle lewens. Manuel is op sy beurt (5.12.2) ... om die McDonalds te groet. (2) 5.13 Wat bedoel Hendrik as hy in reël 8 sê dat Manuel ''miere'' het? (1) 5.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.14) neer, byvoorbeeld 5.14 E. As Katrien in reël 14–15 na die gate in Manuel se broek verwys, probeer sy om ... A met Manuel te spot. B die dorpsmense te kritiseer. C humor in die situasie te bring. D Manuel te oorreed om 'n nuwe broek te koop. (1) 5.15 ''WILLEM: Jy het gesê lag is beter as huil.'' (Reël 21) 5.15.1 Wat het Willem se hartseer veroorsaak die dag toe Manuel hom met hierdie woorde moes troos? (1) 5.15.2 Wat was die laaste ding wat Manuel daardie dag (VRAAG 5.15.1) gedoen het om Willem weer te laat lag? (1) 5.16 ''Willem is besig om met sy handskaduwee teen die muur 'n volstruis te maak.'' (Reël 16–17) 5.16.1 Die woord ''volstruis'' in hierdie sin laat 'n mens aan die Volstruisdans dink. Noem DRIE lelike dinge wat die aand by die dans gebeur het. (3) 5.16.2 Op watter mooi manier het die aand vir Hendrik en die dorpsmense geëindig? (1) 5.17 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (5.17) neer. In hierdie uittreksel is die verhouding tussen die McDonalds meer (ontspanne/gespanne). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/2017 SSE 5.18 ''HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy't hierdie kind se tong weer losgeknoop.'' (Reël 23) Watter mooi karaktereienskap van Hendrik kan 'n mens uit sy woorde aflei? (1) 5.19 Die volgende gebeure hou verband met die bou van die drama. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Hendrik en Katrien het oor die oorbelle baklei. • Willem het weer begin praat. • Die leser het kennis gemaak met die McDonald-gesin • Die sirkustrein het op die stasie aangekom. (4) 5.20 Watter les kan 'n mens by Manuel leer oor hoe jy na die lewe moet kyk? (1) 5.21 Hoekom kan 'n mens sê dat Paljas 'n gepaste titel vir hierdie drama is? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/2017 SSE AFDELING C: KORTVERHALE STORIEJOERNAAL Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale. VRAAG 6 ''OP SOEK NA KID KHUMALO'' – Dolf van Niekerk Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K 1 Tien dae verloop waarin Frans nie sy verskyning maak nie. Sy wil die 2 hospitaal bel, maar haar been pyn só dat sy nie kans sien om na die 3 straattelefoon toe te loop nie. Van haar niggie hoor sy ook niks, en Thomas 4 en sy geleerde vrou swyg soos gewoonlik. Die spanning wat haar 5 afgeslotenheid meebring, wil haar onderkry. Die Therons het haar laat 6 verstaan dat selfoonoproepe baie duur is. Sy wou al vir hulle sê dat sy sonder 7 televisiestel sal klaarkom as sy maar net met haar mense kan praat. Hulle 8 weet tog sy het nooit die telefoon misbruik nie. 9 Die Saterdagoggend vertel sy die vrou van haar bekommernis oor Kid. Sy 10 het nooit die mense met haar familiesake gepla nie, maar dié keer kan sy nie 11 anders nie. Sal die vrou nie asseblief by Kalafong-hospitaal probeer uitvind 12 van Kid nie? Die vrou preek eers vir haar oor die geld voor sy instem. Dit word 13 'n lang oproep, die vrou raak ongeduldig. Uiteindelik kom sy by iemand uit wat 14 inligting kan verskaf. Ja, sy weet van Kid Khumalo. Ja, Kid Khumalo is al twee 15 weke lank nie op sy pos nie. Nee, niemand weet waar hy hom bevind nie. 16 Verlof? Nee. Afgedank? Hulle sou mos geweet het. Sal hulle dié nommer bel 17 as hy opdaag? Ja, sy teken dit aan. 18 Johanna weet meteens waarheen Kid verdwyn het. 6.1 Johanna het eers tien dae nadat sy die nuus van Kid se verdwyning gekry het, begin navraag doen. 6.1.1 Moet 'n mens hieruit aflei dat Johanna nie bekommerd oor Kid was nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite uit die verhaal. (2) 6.1.2 Waarom was die Kalafong-hospitaal 'n goeie plek vir Johanna om na Kid te begin soek? (1) 6.2 ''… en Thomas en sy geleerde vrou swyg soos gewoonlik.'' (Reël 3–4) Wat kan jy uit die sin hierbo aflei oor die verhouding tussen Johanna en Thomas-hulle? (1) 6.3 Waaruit kan jy in hierdie uittreksel aflei dat Johanna nie maklik met haar probleme na haar werkgewer toe gegaan het nie? (1) 6.4 Wat was Johanna se eerste vrees toe sy gehoor het dat Kid verdwyn het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/2017 SSE 6.5 Kies die karakter in KOLOM B wat by die soektog na Kid betrokke was, wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (6.5.1–6.5.4) neer, byvoorbeeld 6.5.5 F. KOLOM A KOLOM B 6.5.1 Hierdie persoon het eerste die nuus van A Die konstabel Kid se verdwyning bekend gemaak. B Thabo 6.5.2 Hierdie persoon het vir Kid se ma vertel dat Kid weg was. C Frans 6.5.3 Hierdie persoon het vir Kid by sy huis D Thomas gaan soek. E Johanna 6.5.4 Hierdie persoon het Kid amptelik by die lykhuis uitgeken. (4 x 1) (4) 6.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.6) neer, byvoorbeeld 6.6 E. Ons leer Kid se karakter veral ken deur … A hoe Thomas teenoor hom opgetree het. B wat Johanna oor hom gedink het. C feite uit die polisieverslag. D wat Katrien van hom gesê het. (1) 6.7 Iemand het by Kid se begrafnis gesê dat Kid se dood vir Johanna voordele ingehou het. 6.7.1 Waarom was dit baie onsensitief om so iets te sê? (1) 6.7.2 Motiveer waarom dit wat die persoon gesê het, tog WAAR was. (1) 6.8 Frans was vir Johanna iemand op wie sy kon steun. Motiveer hierdie stelling met DRIE redes. (3) 6.9 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (6.9) neer. Die boodskap van hierdie kortverhaal is dat mense soos Kid in vandag se samelewing ('n belangrike rol vervul/net 'n nommer is). (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/2017 SSE ''DIE STORIE VAN PIET SE OUPA'' – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L 1 Trudie moes solank gaan bestel. Hulle twee het nog net 'n draaitjie gehad om 2 te loop. Doon knik vir sy vrou en hy vat Oupa aan die arm om hom oor die straat 3 te help. Die arme man het op Somerset nooit in 'n kroeg gekom nie, maar hy 4 ken mos vir Oupa en hy ken ons dorpgewoontes. 5 'n Doppie of twee later toe soek hulle waar sit Trudie met die drie mixed grills 6 in daardie restaurant met die damastafeldoeke en die blink eetgoed en die 7 waaiers teen die dak. Teen die muur is 'n wingerd en 'n berg geskilder wat dit 8 maak lyk asof jy na daardie kant toe ook kan uitkyk. 9 ''Oupa, sit Oupa in die hoek, dan kan Oupa mooi sien, hier kom partymaal ryk 10 vrouens ook ...,'' spot Trudie nog en sy skuif die bord kos 'n bietjie weg dat 11 Oupa kan inskuif sonder dat sy baadjiepante in die sous hang. 12 Of dit die lopery was en of iets in die oggend se hoofpynpoeiertjies nie 13 geakkordeer het met die doppie brandewyn nie, dit sal niemand ooit weet nie. 14 Oupa het sy servet netjies oor sy onderbaadjie gehaak. Toe hy die eerste 15 tjoppie sny, het hy nog gesê: ''Aitsa, nogal nie min nie!'' Maar net toe hy die 16 eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die stoel af dat 17 Trudie, wat weggekyk het, vra: ''Waar's Oupa nou?'' Toe lê Oupa al op die vloer. 6.10 Hoekom was Trudie-hulle daardie oggend in die dorp? (1) 6.11 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (6.11) neer. In die kortverhaal word Oupa en Doon ''karperde'' genoem. Dit beteken dat hulle (saam perd gery het/in dieselfde dinge belang gestel het). (1) 6.12 Lees weer reël 6–8. Dink jy dit is nodig dat daar soveel feite oor die binnekant van die restaurant genoem word? Motiveer jou antwoord. (1) 6.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.13) neer, byvoorbeeld 6.13 E. Verwys na reël 10–11. Die feit dat Trudie die bord kos voor Oupa weggeskuif het, laat ons aflei dat Trudie 'n ... mens was. A sorgsame B geduldige C gespanne D bekommerde (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/2017 SSE 6.14 Trudie het later in die verhaal gedink dat Oupa dood is. Watter verrassing is daar in die slot van die kortverhaal? (1) 6.15 Die mixed grill speel 'n belangrike rol in hierdie kortverhaal. 6.15.1 Waarom het Trudie juis mixed grills bestel? (1) 6.15.2 Watter karaktereienskap van Trudie leer ons ken toe sy later die tjoppie en wors wat van die mixed grill oor was, ingepak het? (1) 6.16 Oupa was 80 jaar oud. Noem TWEE maniere waarop Oupa anders was as ander mans van sy ouderdom. (2) 6.17 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woorde langs die vraagnommer (6.17.1–6.17.2) neer. newekarakter; alomteenwoordige verteller; ek-verteller; hoofkarakter In kortverhale kry 'n mens verskillende vertellers en karakters. In hierdie kortverhaal is daar 'n (6.17.1) … wat die storie vertel. Oupa is die (6.17.2) … in die verhaal, omdat ons hom die beste leer ken. (2) 6.18 Die titel van die kortverhaal is ''Die storie van Piet se oupa'', maar ons lees baie min van Piet in die kortverhaal. Waarom word ''Piet'' dan in die titel genoem? (1) 6.19 Die volgende gebeure hou verband met die bou van die kortverhaal. Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Oupa het lekker aan die tjoppie gesmul. • Oupa het saam met Trudie en Doon dorp toe gegaan. • Oupa en sy familie word aan die leser bekend gestel. • Oupa het van sy stoel afgegly. (4) 6.20 Hierdie storie word vir die waarheid vertel. Watter deel van die storie maak dit vir jou moeilik om te glo? Motiveer jou antwoord. (1) 6.21 Die doel van hierdie kortverhaal is NIE om 'n belangrike lewensles oor te dra NIE. Motiveer hierdie stelling. (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/2017 SSE AFDELING D: GEDIGTE VERSJOERNAAL Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 7 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. STAD IN DIE MIS – DJ Opperman 1 Met gespanne spier 2 loop ek deur die mis 3 want om my sluip 'n dier 4 onder wit duisternis; 5 ek hoor hom knor en in oop mote 6 waggel sy pilare-pote 7 en sy kantelende rug metaal; 8 op hoeke van die strate blink 9 sy oë bloedbelope, 10 en met sy hap sluit staal op staal. 7.1 Watter woord dui aan dat die spreker senuweeagtig is? (1) 7.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.2) neer, byvoorbeeld 7.2 E. Die digter gebruik ... om die stad as 'n dreigende monster voor te stel. A 'n vergelyking B 'n metafoor C eufemisme D kontras (1) 7.3 ''Met gespanne spier loop ek deur die mis'' (Reël 1–2) Wat is die funksie van enjambement in hierdie reëls? (1) 7.4 Watter soort rym kom in reël 1–4 voor? (1) 7.5 ''want om my sluip 'n dier'' (Reël 3) Hoekom praat die spreker in die gedig van '' 'n dier'' en nie van ''die dier'' nie? (1) 7.6 Verduidelik in jou eie woorde waarom die spreker die wit mis as ''duisternis'' beskryf. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/2017 SSE 7.7 Benoem die halfrym in die onderstreepte woorde: ''ek hoor hom knor en in oop mote'' (Reël 5) (1) 7.8 Daar is progressie in die manier waarop die dier beskryf word. Skryf telkens die woord uit die volgende reëls neer wat hierdie progressie aandui: 7.8.1 Reël 3 (1) 7.8.2 Reël 5 (1) 7.8.3 Reël 10 (1) 7.9 Kies die aanhaling in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (7.9.1–7.9.4) neer, byvoorbeeld 7.9.5 F. KOLOM A KOLOM B 7.9.1 verskillende dakhoogtes A ''sy pilare-pote'' 7.9.2 verkeersligte in strate B ''ek hoor hom knor'' 7.9.3 brûe in die stad C ''blink sy oë bloedbelope'' 7.9.4 stadsgeluide D ''onder wit duisternis'' E ''kantelende rug metaal'' (4 x 1) (4) 7.10 Dink jy die ek-spreker sou die stad op dieselfde manier beleef het as daar nie mis was nie? Motiveer jou antwoord. (1) 7.11 Watter TWEE sintuie gebruik die ek-spreker in die gedig? (2) 7.12 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (7.12) en die woord neer. Die stemming in die gedig is (optimisties/pessimisties). (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/2017 SSE Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. DIE HANSWORS – SJ Pretorius 1 Oor sy afsigtelike boggel 2 en kromheid, het hul hom gekoggel, 3 en bitterder was hul venyn 4 as sy vergroeide ruggraatpyn. 5 Tussen die diere in 'n hoek 6 het hy die eensaamheid gesoek: 7 ''Met klere wat gedurig gaar is, 8 Wat doen die vent met sy salaris?'' 9 Hy't maandeliks by die poskantoor 10 'n brief gepos of een gelees 11 by die dierkratte, oor en oor, 12 ''Sou daar tog êrens iemand wees?'' 13 En daardie ewige reuk en drank: 14 nie een sou huil as hy bedank, 15 maar waar hy in die sirkustent 16 aapagtig teen die firmament, 17 hoog teen die takelwerk, kon klouter, 18 die dood uittart, en, klein kabouter, 19 sy duiwelstreke uithaal onder 20 dat almal skater vir die wonder, 21 is hy, hoeseer verag, verlate, 22 nog deur die baas beskou as bate. 23 Toe het 'n brief gekom eendag ... 24 Hy't oor die bed gebuk, verblind, 25 terwyl 'n boggelvroutjie, sag, 26 sterwend fluister: ''Dankie my kind ...'' 7.13 Waaroor het die mense die hanswors gekoggel? Verwys na strofe 1. (1) 7.14 Waarom, dink jy, was dit vir die hanswors beter om eensaam in 'n hoek by die diere te gaan sit? (1) 7.15 Wat noem ons 'n strofe wat uit vier versreëls bestaan? (1) 7.16 Waarom het die hanswors elke maand poskantoor toe gegaan? (1) 7.17 Noem TWEE dinge wat in strofe 4 van die hanswors gesê word, wat hom seergemaak het. (2) 7.18 Hoe weet jy dat die hanswors se werk gevaarlik was? Haal DRIE OPEENVOLGENDE woorde uit die gedig aan. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/2017 SSE 7.19 Hoe weet jy dat die toeskouers die hanswors se toertjies geniet het? Skryf net EEN werkwoord neer. (1) 7.20 Hoekom was die hanswors vir sy baas '' 'n bate''? (1) 7.21 In die slotstrofe van die gedig kry die leser die antwoorde op die vrae van reël 8 en reël 12. Wat is die antwoord op die volgende vrae? 7.21.1 ''Wat doen die vent met sy salaris?'' (1) 7.21.2 ''Sou daar tog êrens iemand wees?'' (1) 7.22 Kies die KORREKTE antwoord om die stelling mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (7.22) neer, byvoorbeeld 7.22 E. 'n Mens kan uit die gedig aflei dat die hanswors ... is. A krities B sensitief C gelukkig D selfsugtig (1) 7.23 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (7.23.1–7.23.2) neer. liggaamsbou; boggel; ratsheid; lompheid Die leser kan afleidings oor die hanswors maak uit die woorde waarmee die digter hom beskryf. ''Aapagtig kon klouter'' verwys na sy (7.23.1) ... en ''klein kabouter'' verwys na sy (7.23.2) ... (2) 7.24 Die mense wat saam met die hanswors gewerk het, het sy omstandighede verstaan. Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 7.25 ''Dankie my kind ...'' (Reël 26) Hoekom is dit funksioneel om die ma se direkte woorde hier te gebruik? (1) 7.26 Hoe kry die spreker dit reg dat die leser jammer voel vir die hanswors? Jy kan jou antwoord só begin: Die spreker ... (1) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all