Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye, wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2017, 19 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 475.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)100 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
BYLAE A: VRAAG 1 OPSTEL
BYLAE B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 KOERANTBERIG
VRAAG 2.4 INFORMELE TOESPRAAK
BYLAE C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die
senior nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
5. Indien dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie
dele volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van 'n skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.
7. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
8. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek 'n X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
- Standaardafrikaans bly die
norm.
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3. • Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener
22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.
• Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die vlakomskrywings in gedagte. Dis 'n
hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
I/B Knap + 22 I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Uitsonderlik - 13 T/S/R Elementêr 5
S Knap 4 TOTAAL: 15
TOTAAL: 39
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.
LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
AFDELING A: OPSTEL
1.1 DAARDIE DAG HET EK MY BUURMAN/BUURVROU REGTIG LEER KEN
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld verhalend/
beskrywend/bespiegelend.
• 'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op 'n interessante wyse wat
gebeur het dat hy/sy die buurman/buurvrou regtig leer ken het.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat bv. sy/haar buurman/buurvrou
op 'n lewendige wyse soos hy/sy die persoon regtig leer ken het.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat bv. oor die
insig/verandering oor hoe hy/sy die buurman/buurvrou ervaar. Die kandidaat
kan ook bespiegel hoe anders hy/sy die buurman/buurvrou nou ken as
voorheen en hoekom. Dis belangrik dat die uiteinde van die bespiegeling by die
onderwerp aanpas, naamlik dat die kandidaat besef dat verandering in hoe
hy/sy die buurman/buurvrou beskou, plaasgevind het.
• Die opstel kan positief of negatief geïnterpreteer word.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.2 DIE INTERESSANTE MENSE IN DIE TAXI
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld beskrywend/
verhalend/bespiegelend/argumenterend.
• 'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige/realistiese
wyse die interessante mense in die taxi vanuit die perspektief dat hy/sy óf 'n
buitestaander is óf een van die mense in die taxi.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op interessante wyse van 'n
gebeurtenis toe hy/sy in 'n taxi gery en sό die mense in 'n taxi as interessant
beleef het.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat bv. oor hoe dit sal wees
om in 'n taxi te ry/wie die mense in die taxi is/waarheen hulle op pad is/wat in
hulle lewe aangaan, ens. Die klem val egter op die interessante mense en nie
bloot 'n rit op die taxi nie.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 EK WIL IN DIE MODE WEES ...
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/
verhalend/beskrywend.
• 'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat bv. oor hoe mense lyk wat
in die mode is/hoe dit moet voel om in die mode te wees/hoe mense teenoor
jou sal optree as jy in die mode is, ens. Die kandidaat sal die situasie wat hy/sy
skep, oorweeg/deurdink.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat bv. op 'n lewendige wyse hoe
dit sal wees om in die mode te wees/hoe hy/sy moet aantrek/optree om in die
mode te wees. Die beskrywing kan ook fokus op die emosies of gevoelens wat
mense ervaar wanneer hulle volgens die mode kan aantrek/optree.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op 'n interessante wyse hoe
hy/sy gewens het om in die mode te wees en iets daaromtrent gedoen het –
met moontlike positiewe of negatiewe gevolge.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.4 MOET DAAR MEER PUBLIEKE VAKANSIEDAE WEES?
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld
beredeneerd/argumenterend/verhalend/beskrywend/bespiegelend.
• 'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier kan die kandidaat die moontlike rede(s) aanvoer
waarom meer publieke vakansiedae die lewe/die ekonomie/Suid-Afrika beter sal
maak of nie. 'n Standpunt word reg aan die begin ingeneem en deurgaans
gemotiveer.
Beredeneerde opstel: Hier moet die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel
redeneer in watter opsig(te) meer publieke vakansiedae goed of sleg is. Die
kandidaat moet die standpunt(e) motiveer en kan 'n gevolgtrekking insluit.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op 'n interessante wyse van 'n
insident as bewys dat meer publieke vakansiedae die lewe/die ekonomie/Suid-
Afrika beter maak of nie.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat bv. op 'n lewendige wyse 'n
verbeterde lewe/ekonomie/Suid-Afrika met meer publieke vakansiedae of die
agteruitgang met meer publieke vakansiedae.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat bv. of meer
publieke vakansiedae die lewe/ekonomie/Suid-Afrika beter sal maak of nie.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 STRAATKINDERS IS ALMAL SE PROBLEEM
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld
beredeneerd/argumenterend/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
• 'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of
straatkinders almal se probleem is of nie. Die kandidaat mag in die slot 'n
gevolgtrekking insluit.
Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af die
standpunt in, nl. dat straatkinders almal/nie almal/niemand se probleem is (nie)
en motiveer die standpunt.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat bv. oor of
straatkinders almal se probleem is of nie. Die bespiegeling kan wyer uitgebrei
word na ander aspekte/mense wat by die kwessie betrek kan word.
Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. 'n verhaal wat uitbeeld dat
straatkinders almal se probleem is.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat bv. op 'n lewendige wyse die
lewe van straatkinders en hoe dit almal raak of 'n probleem/probleme wat met
straatkinders verband hou.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.6 VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die
kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word.
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
• 'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
1.6.1 PRENTJIE: VROU/MA EN KIND
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied:
Letterlike interpretasie: ma-en-kind-verhoudings, moederlike versorging/liefde,
saamwees, kinders grootmaak/ouerskap, kinders hê, pret, speel,ens.
Figuurlike interpretasie: liefde, aanvaarding, kinderherinneringe, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 PRENTJIE: OORSTROMING/MOTOR IN DAM/RIVIER
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied:
Letterlike interpretasie: rivier wat sy walle oorstroom het/dam wat gebreek het/baie
reën/wolkbreuk/motor wat die pad verlaat het en in dam/rivier beland het/fokus op
swane.
Figuurlike interpretasie: slegte tyd/krisistyd/oormaat van iets waarvoor jy gevra [50]
het, maar ook die positiewe te midde van die negatiewe (as kandidaat fokus op
die eende/swane rondom die motor).
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie.
1.6.3 PRENTJIE: SLOT
• Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied:
Letterlike interpretasie: verskillende soorte/gebruike van slotte/iets toesluit,
misdaad, ens.
Figuurlike interpretasie: vasgevang voel/geen vryheid/beskerming, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en [50]
volgens sy/haar interpretasie.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n informele brief aan die beste maat van laerskooldae af
wat in graad 9 na 'n ander provinsie getrek het. Daar word vertel watter
ding(e)/mense/omstandighede in die plek waar hulle grootgeword het,
verander het.
KENMERKE
• Die informele brief word aan 'n maat gerig.
• Die taal en styl van die brief is informeel/vriendelik/vreugdevol.
• Die inleidingsparagraaf kan die doel van die brief inlei.
• Die liggaam brei uit oor die jare en moontlike verandering(e) in die plek
waar hulle grootgeword het.
• Die toon en woordkeuse is optimisties/positief/ondersteunend/vreugdevol,
maar ook moontlik hartseer/ongelukkig.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf
word.
• Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2017.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot
• Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is informeel.
• Maak toegewings vir die verskillende wyses waarop die maat
aangespreek kan word.
• Die briefskrywer se naam vorm die slot.
Die paragrawe
• 'n Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009
bl. 121)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 HULDEBLYK
FOKUS
• Die kandidaat skryf 'n huldeblyk oor 'n skoonmaker.
• Die huldeblyk handel oor die oorledene wat 'n belangrike rol in die
kandidaat se lewe gespeel het.
• Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en
van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, hoogtepunte van
die persoon se lewe, staaltjies oor die oorledene, die rol wat die oorledene
in mense se lewens gespeel het.
KENMERKE
• Die doel van die huldeblyk is om die persoon se lewe te vereer en om die
betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.
• Die begrafnisgangers moet 'n geheelbeeld van die persoon kry.
• Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die
teenwoordige/toekomende tyd geskryf.
• Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
persoon verwys word.
• Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol,
vertroostend, bemoedigend en taktvol.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet 'n opskrif hê.
Die huldeblyk mag 'n subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag
word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die persoon se
lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
en staaltjies van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor 'n nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker ook vir die familie/gemeenskap sterkte toewens. [30]
2.3 KOERANTBERIG
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n koerantberig oor 'n kind wat deur 'n hond gebyt is.
KENMERKE
• Feite of inligting moet in 'n koerantberig gegee word.
• Die titel vat die onderwerp saam.
• 'n Subtitel kan ook gegee word.
• Die tema of onderwerp is aktueel, prikkel dus die leser se belangstelling
en word interessant aangebied.
• Die inhoud/inligting is logies en duidelik uiteengesit en betroubaar.
• Feite kan opspraakwekkend wees.
• Die berig kan in die bedrywende of lydende vorm geskryf word en die
woorde/taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar en interessant wees.
Die teikengroep moet dus in gedagte gehou word.
• Die styl is gemaklik, maar moenie te informeel wees nie.
FORMAAT
• Die omgekeerde piramide-metode word gebruik, m.a.w. die meeste feite
word in die eerste paragraaf gegee: Wie, wat, waar, wanneer, waarom?
• Die koerantberig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
• Die wie, wat, waar, wanneer en waarom word in die volgende paragrawe
uitgebrei.
• Die slot vat die berig saam. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
FOKUS
Die kandidaat lewer 'n informele toespraak vir die graad 11-leerders wat die
skool wil verlaat. Hy/sy moet hulle inlig waarom dit belangrik is om graad 12
te voltooi.
KENMERKE
• Die toespraak word gelewer as motivering aan leerders.
• Die informele toespraak begin met die groet van die aanwesiges op 'n
gepaste wyse, bv. Goeienaand Leerders/Vriende.
• Die inhoud van die informele toespraak se taalgebruik en styl is informeel
en gemaklik.
• Die inhoud moet georden, logies en interessant wees.
• Samehang is baie belangrik.
• Styl, toon en woordkeuse is respekvol en motiverend.
FORMAAT
• Opskrif
Dit is 'n bondige weergawe van die inhoud van die toespraak, bv. 'n graad
12-sertifikaat is belangrik vir die toekoms.
• Aanhef
Die gehoor, nl. die leerders, word gegroet, bv. Goeienaand Graad 11-
leerders.
• Inleidende paragraaf
In die inleidingsparagraaf word die onderwerp ingelei en die gehoor se
aandag word getrek. Die openingsin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die liggaam word in verskillende hoofpunte verdeel en dit word in die
verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek.
• Slotparagraaf
'n Treffende slot som die toespraak op. [30]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 ADVERTENSIE
FOKUS
Die kandidaat ontwerp 'n advertensie om die tweedehandse klere wat hy/sy
verkoop, te adverteer.
KENMERKE
• Die advertensie moet die mense oorreed om van die klere te koop.
• Die advertensie se teikenmark is die mense wat die klere sal wil koop.
• Die advertensie noem waar en wanneer die klere verkoop word, asook
watter tipe klere gekoop kan word.
• Die krag van 'n advertensie lê in sy eenvoud.
• Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
• Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die advertensie moet 'n leser se aandag trek deur verskillende
lettertipes en lettergroottes.
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Hierdie advertensie moet 'n begeerte by die leser wek om van die
klere te kom koop deur bv. die winskopie-aspek te noem.
As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
die tweedehandse klereverkope ondersteun. Die advertensie moet
hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting soos bv.
kontaknommers, ens. te verskaf.
• Toon, styl en woordkeuse is manipulerend om lesers te oorreed om die
klere te koop.
FORMAAT
Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
Wie is die teikengroep?
Wat word aangebied?
Waar word die tweedehandse klere verkoop?
Wat is die voordele van die tweedehandse klere?
Waarom word die tweedehandse klere te koop aangebied?
Kontakbesonderhede [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings:
EEN inskrywing om uiting te gee aan sy/haar opgewondenheid oor die
werk wat hy/sy gekry het.
EEN inskrywing om sy/haar gevoelens/vrese oor die vreemde wêreld van
werk uit te spreek.
(Die kandidaat sou in albei inskrywings kon verwys na opgewondenheid of
vrees vir die onbekende of die dae en emosies selfs omruil.)
KENMERKE
• Die dagboek is 'n informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se
emosies en gedagtes oor die nuwe werk.
• Gevoelens/gedagtes wat beleef word, word beskryf.
• Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
• Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
• Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun van albei
inskrywings ondersteun, nl. uitspreek van gevoelens van
opgewondenheid/verrassing/vrees/blydskap/senuweeagtigheid, ens.
FORMAAT
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Die kandidaat moet TWEE dagboekinskrywings maak.
• Die kandidaat hoef nie met ʺLiewe Dagboekʺ te begin nie.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
LET WEL:
Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet dus
as 'n geheel geassesseer word.
Indien een van die inskrywings ontbreek, word die kandidaat by die
kategorie inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die kandidaat kan
'n maksimum van 7/12 punte behaal. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS
Die kandidaat gee sewe instruksies hoe om water in die kombuis en die
badkamer te bespaar.
KENMERKE
• Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe mense water in die
kombuis en badkamer kan bespaar.
• Toon, styl en woordkeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik wees.
FORMAAT
• Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:
Puntsgewys
Reëls tussen-in oopgelaat
Ander aanduiders soos kolpunte
Paragraafvorm
• Die skryfstuk mag 'n opskrif hê.
• Die instruksies moet in volsinne aangebied word.
• Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
en belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3
Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
OPSOMMING VAN DIE VRAE IN VRAESTEL 3: JUNIE 2017
SKRYF EN AANBIED
SKRYF TIPE ONDERWERP
SKRYFSTUK Skryf en aanbied kombineer drie aspekte:
1. Om prosesskryf te gebruik.
AFDELING A OPSTEL 2. Om die kennis van die strukture en kenmerke van die
VRAAG 1 verskillende tekste te leer en toe te pas.
1.1 Drie tipes Daardie dag het ek my buurman/buurvrou regtig leer 3. Om die kennis van paragrawe, sinstrukture en
ken punktuasie te leer en toe te pas.
1.2 Drie tipes Die interessante mense in die taxi
1.3 Drie tipes Ek wil in die mode wees ...
1.4 Vyf tipes Moet daar meer publieke vakansiedae wees?
1.5 Vyf tipes Straatkinders is almal se probleem
1.6.1–1.6.3 Al vyf tipes Visuele prikkels
LANG
AFDELING B TRANSAKSIONELE
VRAAG 2 TEKS
2.1 Informele brief Brief aan 'n maat
2.2 Huldeblyk Van 'n skoonmaker by jou skool/werk
2.3 Koerantberig 'n Kind wat deur 'n hond gebyt is
2.4 Informele toespraak Oorreed graad 11-leerders om graad 12 te voltooi
KORT
AFDELING C TRANSAKSIONELE
VRAAG 3 TEKS
3.1 Advertensie Om tweedehandse klere te verkoop
3.2 Dagboekinskrywings Oor nuwe werk
3.3 Instruksies Om water te bespaar
15 onderwerpe/keuses 12 tipes skryfstukke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
BYLAE A
LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
BYLAE A
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas woordeskat minder
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie en konteks
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar
konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk
Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om
Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak
konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte
punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat
grammatika, spelling
13 10 7 4
15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
-Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie
spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
-Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word
gedaan spelling opgemerk
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer
5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie
gekonstrueer effens sin
VERSPREIDING VAN
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
BYLAE B
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com19 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
BYLAE C
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis van
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kenmerke van die soort teks nie
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die -Betekenis onduidelik met groot
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks afwyking
Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van -Geen samehang in idees en
Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met inhoud nie
en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings -Baie min detail ondersteun die
soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie onderwerp
12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend -Nodige reëls van formaat nie
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie toegepas nie
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie ooreen
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir met doel, gehoor en konteks nie
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en -Besaai met foute en
en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks verwarrend
Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Woordeskat nie geskik vir doel
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike nie
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Betekenis ernstig belemmer
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat
8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper