Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 100
GOEDGEKEUR:
INTERNE
MODERATOR
28 Maart 2017
Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017, 17 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 441.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
BYLAE A: VRAAG 1 OPSTEL
BYLAE B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 HULDEBLYK
VRAAG 2.3 RESENSIE
VRAAG 2.4 DIALOOG
BYLAE C: VRAAG 3.1 PLAKKAAT
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior
nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
5. Indien dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie
dele volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.
7. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of
meer as die maksimum woorde gebruik nie.
8. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3
Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van ʼn nuwe sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
- Standaardafrikaans bly die
norm.
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3. Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
byvoorbeeld KNAP.
Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.
Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener
22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.
Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die vlakomskrywings in gedagte. Dis ʼn
hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
I/B Knap + 22 I/B/F Gemiddeld 10
T/S/R Uitsonderlik - 13 T/S/R Elementêr 5
S Knap 4 TOTAAL: 15
TOTAAL: 39
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.
LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
AFDELING A: OPSTEL
1.1 So ʼn kans kom net een keer.
Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/
bespiegelend.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel van ʼn/die
kans wat net een keer in ʼn mens se lewe kom. Die kans kan die skrywer dus
beïnvloed/herinner om anders oor ʼn saak/persoon/gebeurtenis te dink. Kandidaat mag
ook skryf oor kanse in die meervoud, maar dit moet duidelik blyk dat dit geleenthede is
wat selde voorkom.
Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse die kans wat net
een keer in ʼn mens se lewe kom, beskryf.
Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor die kans wat net een keer kom,
bespiegel. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie/kans wat net een keer kom. Die
leerder kan ook bv. bespiegel hoe anders dinge kon wees indien hy/sy nie die kans
gehad het nie. Dis belangrik dat die uiteinde van die bespiegeling by die onderwerp
aanpas, naamlik dat die leerder besef dat die kans net een keer in ʼn mens se lewe
kom.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.2 Die foto’s van my hoërskooljare
Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/verhalend/
bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
Kandidaat kan die foto‟s as positiewe of negatiewe herinneringe voorhou.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse die foto‟s
van sy/haar hoërskooljare beskryf.
Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse van
gebeure rondom die foto‟s van sy/haar hoërskooljare vertel.
Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. oor die foto‟s van sy/haar
hoërskooljare bespiegel. Die leerder sal die foto‟s oorweeg/deurdink en dalk
wonder wat van al die skoolmaats geword het.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens [50]
sy/haar interpretasie.
1.3 Is ek reg vir 2017?
Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/verhalend/
beskrywend/beredeneerd/argumenterend.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
Die begrip “reg” moet in hierdie opstel as “gereed” geïnterpreteer word.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. bespiegel oor of hy/sy werklik
reg is vir die lewe/geleenthede/2017, ens. Die leerder sal die situasie wat hy/sy
skep, oorweeg/deurdink.
Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel wat
gebeur (het) dat hy/sy by die vraag uitkom of hy/sy werklik reg is/was vir 2017.
Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ʼn gebalanseerde opstel
redeneer in watter opsig(te) hy/sy werklik reg is vir watter situasie hy/sy
ookal skep met 2017 in gedagte. Die leerder moet die standpunt(e)
motiveer en mag ʼn gevolgtrekking insluit.
Argumenterende opstel: Hier moet die leerder ʼn rede/redes aanvoer waarom
hy/sy gereed is of nie.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.4 Wen is nie alles nie.
Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
argumenterend/verhalend/beskrywend/ bespiegelend.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
Dis belangrik dat die kandidaat nie bloot vassteek by “wen” nie. Die opdrag is
duidelik: die kern van hierdie opstel is dat wen nie die oorheersende faktor behoort
te wees nie.
Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ʼn gebalanseerde opstel
redeneer waarom hy/sy sê wen is nie alles nie of wen is alles. Die leerder moet
die standpunt(e) motiveer en kan tot ʼn gevolgtrekking kom.
Argumenterende opstel: Hier moet die leerder ʼn rede/redes aanvoer waarom
wen nie alles is nie of wel alles is.
Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel van
ʼn insident as bewys dat wen nie alles is nie en/of wat wel belangrik in sy/haar
lewe is.
Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse beskryf
hoe/waarom wen nie alles is nie.
Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. bespiegel/wonder of wen alles [50]
is of nie.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie.
1.5 Ons moet meer liefhê.
Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
Die begrip “meer” moet in die opstel raakgesien word.
Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
standpunt in, naamlik dat ons meer moet liefhê en motiveer die standpunt.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ʼn gebalanseerde opstel of
ons meer moet liefhê of nie. Die leerder mag uiteindelik ʼn gevolgtrekking insluit.
Bespiegelende opstel: Hier kan die leerder bv. bespiegel/wonder hoekom/of
ons meer moet liefhê of nie.
Verhalende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn interessante wyse vertel van
ʼn insident waar hy/sy uitgevind het dat om meer lief te hê die antwoord is.
Beskrywende opstel: Hier kan die leerder bv. op ʼn lewendige wyse beskryf
waarom ons meer moet liefhê of nie.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens [50]
sy/haar interpretasie.
1.6 VISUELE PRIKKELS
Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid interpretasies. Die
leerder se perspektief moet by assessering oorweeg word.
Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike inkleding van
die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
1.6.1 Prentjie: Gesin wat in ʼn rigting wys
Die leerder kan enige soort opstel aanbied:
Letterlike interpretasie: gesin wat iets sien, enkelouergesinne, die rol van
verskillende lede van die gesin, die gesin wat saam na iets kyk, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Figuurlike interpretasie: Gesinsbande, die gevoel van ʺom te behoortʺ, mense het
ander mense nodig, die toekoms saam, ens.
Indien die kandidaat leiding/rigtingwysing in die verkeerde rigting aangespreek het,
(bv bendes) moet sodanige opstel met diskresie nagesien word. Die prent dui veel [50]
eerder in „n positiewe rigting.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie.
1.6.2 Prentjie: Kers wat brand
Die leerder kan enige soort opstel aanbied:
Letterlike interpretasie: Kerse gebruik, elektrisiteitskrisis, beurtkrag, arm grootword,
ens.
Figuurlike interpretasie: romantiese aand, idiomatiese betekenis bv. Die kers aan
beide kante brand (te hard werk, te veel hê om te doen), iemand se kers uitdoof
(laat ophou), nie by iemand kan kers vashou nie (nie sy gelyke wees nie), ʼn kers
vir iemand brand (aan hom/haar dink), ens.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
1.6.3 Prentjie: Plaaspad met oop hek en windpompe
Die leerder kan enige soort opstel aanbied:
Letterlike interpretasie: Die plaaslewe, die plaasomgewing, oop hekke, die natuur,
windpompe, water, die noodsaaklikheid van water, plaasaanvalle.
Figuurlike interpretasie: vryheid, rustigheid, eensaamheid, afgesonderheid,
geleenthede (oop hek), gevaar, (familie-)erfenis, moeilike paaie, bekende paaie.
Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die leerder skryf ʼn informele brief aan sy/haar maat om vir hom/haar raad te
gee oor hoe om sy/haar gevoelens aan ʼn meisie/seun oor te dra.
KENMERKE
Die informele brief word aan ʼn vriend/vriendin gerig.
Die taal en styl van die brief is informeel.
Die inleidingsparagraaf lei die doel van die brief in.
Die liggaam brei uit op sy/haar raad en gee moontlike voorbeelde.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf
word.
Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
Die datum word voluit geskryf: 15 Maart 2017.
Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot
Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf.
Maak toegewings vir die verskillende wyses waarop die vriend/vriendin
aangespreek kan word.
Die briefskrywer se naam vorm die slot.
Die paragrawe
ʼn Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn
samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ʼn samestelling
tussen ʼn eienaam en ʼn soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf
word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl. 121)
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie. [30]
2.2 HULDEBLYK
FOKUS
Die leerder skryf ʼn huldeblyk oor ʼn klasmaat.
KENMERKE
Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ʼn belangrike rol in die leerder
se lewe gespeel het.
Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en
van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of
hoogtepunte van die klasmaat se lewe, staaltjies oor die oorledene, die
rol wat die oorledene in die leerder se lewe gespeel het.
Die doel van die huldeblyk is om die klasmaat se lewe te vereer en om
die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.
Die gehoor moet ʼn geheelbeeld van die klasmaat kry.
Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige/
toekomende tyd geskryf.
Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
klasmaat verwys word.
Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol,
vertroostend, bemoedigend en taktvol van aard.
Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
FORMAAT
Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê.
Die huldeblyk mag ʼn subopskrif insluit.
Inleidende paragraaf
Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag
word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die klasmaat se
lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
en staaltjies van die klasmaat se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor ʼn nuwe feit/gedagte.
Slotparagraaf
In die slot kan die spreker ook vir die familie/klasmaats sterkte toewens. [30]
2.3 RESENSIE
FOKUS
Die leerder skryf ʼn resensie oor ʼn Afrikaans moet-lees boek.
KENMERKE
ʼn Resensie word geskryf as iemand iets beoordeel.
Die boek word bespreek.
Daar word kommentaar daarop gelewer.
Om ʼn mate van objektiwiteit te handhaaf, word die teks gewoonlik in die
derde persoon geskryf.
Die inhoud moet voldoende feite bevat om die leser te oorreed om die
boek te lees of nie.
Die titel gee gewoonlik klaar ʼn aanduiding van die skrywer se mening.
In die eerste paragraaf word die boek se naam gegee, gesê of die boek
goed of sleg is. Die name van die skrywer en die karakters word gegee.
Die tweede paragraaf kan ʼn algemene indruk oor die boek gee.
Die derde paragraaf kan iets oor die inhoud van die boek vertel.
Die vierde paragraaf kan meer oor die taal van die boek vertel.
Die slotparagraaf kan die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/
samevatting en aanbeveling van die boek gee.
FORMAAT
Die resensie moet ʼn titel hê.
Die resensie word in paragrawe geskryf. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die leerder skryf die gesprek tussen hom/haar en sy/haar maat in
dialoogvorm. Jy nooi jou maat om saam met jou met vakansie te gaan.
KENMERKE
Die dialoog handel oor die vakansie wat julle saam beplan.
Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.
Die spreekbeurte volg op mekaar om ʼn aaneenlopende gesprek te vorm.
Toon, styl en woordkeuse is vrolik en positief.
FORMAAT
Leerder mag ʼn konteks skets voordat die dialoog geskryf word.
Die sprekers (leerder en maat) word netjies onder mekaar teenaan die
linkerkantlyn aangedui.
Die naam van die leerder kan met “Ek” vervang word.
Na elke naam is ʼn dubbelpunt.
Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
Laat ʼn reël na elke spreekbeurt oop. (Moenie penaliseer indien die reëls
nie oopgelaat is nie.)
Die spreekbeurte is in blokvorm.
Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of
waar dit toepaslik is. [30]
LET WEL: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers
word getel.
ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 PLAKKAAT
FOKUS
Die leerder ontwerp ʼn plakkaat om leerders te oortuig om in Suid-Afrika te bly.
KENMERKE
Die plakkaat moet die graad 12-leerders oorreed in Suid-Afrika aan te bly
en ʼn verskil te maak.
Die plakkaat teiken die graad 12-leerders.
Die plakkaat noem waarom daar ʼn toekoms in Suid-Afrika is.
Die krag van ʼn plakkaat lê in sy eenvoud.
Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die plakkaat moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende lettertipes
en lettergroottes.
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Visuele aspekte en gevoelstaal is ook hier ter sprake.
Hierdie plakkaat moet ʼn begeerte by die leser skep om in Suid-Afrika
te wil bly.
As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en in
Suid-Afrika bly en ʼn verskil maak.
Toon, styl en woordkeuse moet lesers oorreed om in Suid-Afrika te bly.
FORMAAT
Die volgende inligting moet in die plakkaat verskyn:
Hoekom moet ons in Suid-Afrika bly?
Watter bydrae kan die teikengroep in Suid-Afrika lewer?
Hoe kan die teikengroep daarby baat om in Suid-Afrika te bly?
Waarom word die inligting aangebied?
Kontakbesonderhede vir verdere navrae. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings om te vertel van die
afwagting die dag voor die konsert en die emosies die aand na die konsert.
KENMERKE
Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
emosies oor die konsert en die ontmoeting van die gunstelingsanger/
-sangeres weergegee word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
Gevoelens/ervarings wat beleef word, word beskryf.
Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
FORMAAT
Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
Die leerder moet TWEE dagboekinskrywings maak.
Die eerste inskrywing behoort te handel oor die dag voor die konsert en
die tweede inskrywing oor die aand na die konsert.
Die leerder hoef nie met ʺLiewe Dagboekʺ te begin nie.
Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
LET WEL:
Getal woorde:
In die dagboekinskrywings word slegs die getal woorde in die inhoud getel. [20]
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS
Die leerder skryf instruksies neer oor hoe om ʼn vuur vir ʼn vleisbraai te maak.
KENMERKE
Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
Die fokus van die instruksies is oor hoe om ʼn vuur te maak.
Toon, styl en woordkeuse moet by die ontvanger van die instruksies en by die
inhoud pas.
FORMAAT
Die uiteensetting kan soos volg aangebied word:
Puntsgewys:
Reëls tussen-in oopgelaat
Ander aanduiders soos koeëlpunte
Paragraafvorm
Die skryfstuk kan ʼn opskrif hê, bv. Hoe om ʼn vuur te maak.
Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met werkwoorde
begin. [20]
ONTLEDING VAN KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BYLAE A
LET WEL:
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ‟n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in ‟n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning;
Hoë vlak
volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ‟n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ‟n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -‟n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BYLAE A
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas woordeskat minder
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie en konteks
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar
konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars beperk dat dit
Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat
grammatika, spelling
13 10 7 4
15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
-Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie
spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
-Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word
gedaan spelling opgemerk
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie
5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog meer sin nie
gekonstrueer effens sin
VERSPREIDING VAN
PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BYLAE B
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BYLAE C
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2016 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2018 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper