Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2017 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 1220176 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC Supplementary Exam 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy ʼn streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 • Skryf ʼn opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Só ʼn kans kom net een keer. [50] 1.2 Die foto’s van my hoërskooljare [50] 1.3 Is ek reg vir 2017? [50] 1.4 Wen is nie alles nie. [50] 1.5 Ons moet meer liefhê. [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf ʼn opstel daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet ʼn duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Uit: www.taalmonument.co.za] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.6.2 [Uit: www.googleimages.com] [50] 1.6.3 [Uit: www.wegry.co.za] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2 • Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor. • Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF Jou maat het op ʼn meisie/seun verlief geraak, maar is te skaam om haar/hom te vertel. Skryf ʼn INFORMELE BRIEF aan dié maat waarin jy hom/haar raad gee oor hoe om sy/haar gevoelens aan die meisie/seun oor te dra. [30] 2.2 HULDEBLYK Jou klasmaat is skielik oorlede. Almal was lief vir hom/haar. Jy is gevra om namens die klas ʼn huldeblyk te lewer. Skryf die HULDEBLYK wat jy by die begrafnis gaan lewer. [30] 2.3 RESENSIE Jy het ʼn baie goeie Afrikaanse boek gelees en voel ander tieners moet dit ook lees. Skryf ʼn RESENSIE oor dié moet-lees-boek. [30] 2.4 DIALOOG Dit is die eerste keer wat jy die geleentheid kry om met vakansie te gaan. Jy nooi jou vriend/vriendin om saam te gaan. Julle beplan en bespreek die vakansie. Skryf die DIALOOG tussen jou en jou vriend/vriendin neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor. • Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 PLAKKAAT Baie van jou vriende dink daar is geen toekoms in Suid-Afrika nie en hulle wil eerder oorsee gaan werk. Jy is trots Suid-Afrikaans. Jy besluit om die graad 12-leerders te oortuig om in Suid-Afrika te bly en hier ʼn verskil te maak. Maak ʼn PLAKKAAT en gee die redes waarom jongmense in Suid-Afrika moet bly. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Daar is ʼn konsert in julle dorp/stad. Jy gaan die geleentheid kry om jou gunstelingsanger/-sangeres te ontmoet. Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae hieroor soos volg: • EEN inskrywing oor die dag voordat jy die konsert bywoon • EEN inskrywing oor die aand na die konsert [20] 3.3 INSTRUKSIES Jou jonger boetie wil graag vir die familie ʼn vleisbraai hou, maar weet nie hoe om ʼn vuur te maak nie. Verduidelik stap vir stap hoe hy die vuur moet maak totdat die vuur gereed is vir die vleisbraai. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all