Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2018 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 1220186 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC Supplementary Exam 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Lang transaksionele teks (30) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek. 7. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 80 minute AFDELING B: 40 minute AFDELING C: 30 minute 8. Nommer elke skryfstuk soos dit in die vraestel genommer is. 9. Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk. 10. Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1  Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 1.1 Nóú weet ek dat ek verlede jaar harder moes studeer het. [50] 1.2 Die huisie langs die rivier [50] 1.3 As my kamermure kon praat [50] 1.4 Moet naskoolse opleiding gratis wees? [50] 1.5 Respekteer mekaar se privaatheid. [50] 1.6 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer. LET WEL: Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die prent wat jy gekies het. 1.6.1 [Bron: www hoezit.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.6.2 [Bron: www.savingwater.com] [50] 1.6.3 [Bron: google clipart] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 2  Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 2.1 INFORMELE BRIEF Een van jou beste maats het baie goed in die matriekeindeksamen geslaag. Jy is baie opgewonde daaroor. Skryf 'n BRIEF VAN GELUKWENSING aan jou maat. [30] 2.2 HULDEBLYK Julle skoolhoof is oorlede. Jy was baie lief vir hom/haar. Jy moet 'n huldeblyk by sy/haar begrafnis lewer. Skryf die HULDEBLYK wat jy by die skoolhoof se begrafnis sal lewer. [30] 2.3 INFORMELE VERSLAG Jy was 'n passasier in 'n bus wat in 'n ongeluk was. Die polisie het jou gevra om 'n verslag oor die ongeluk te skryf. Skryf 'n INFORMELE VERSLAG oor die busongeluk. [30] 2.4 DIALOOG Jou maat wil ná hierdie eksamen gaan werk soek eerder as om verder te studeer. Jy probeer hom/haar oortuig dat dit beter is om liewer verder te studeer. Skryf julle gesprek in DIALOOGVORM neer. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.  Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer. 3.1 ADVERTENSIE Die aanvullende eksamen begin een van die dae en party leerders voel dat hulle ekstra hulp in Afrikaans nodig het. Jy weet hoe om hierdie leerders te help en sal vir hulle ekstra klasse aanbied. Ontwerp 'n ADVERTENSIE waarin jy jou klasse adverteer. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS Jy het jou ma se selfoon sonder haar toestemming geleen en die selfoon het weggeraak. Jy moet die hele situasie aan jou ma verduidelik en jy weet nie wat om te verwag nie. Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae soos volg:  Net nadat jy die selfoon verloor het  Net nadat jy jou ma vertel het [20] 3.3 INSTRUKSIES Julle bure is genooi na 'n partytjie waar kinders nie toegelaat word nie. Hulle vra jou om hulle vyfjarige seuntjie op te pas terwyl hulle vir die naweek weg sal wees. Skryf SEWE INSTRUKSIES neer wat die seuntjie se ma vir jou gee oor wat jy moet doen om seker te maak dat hy veilig en versorg is. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all