Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2018 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12201819 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018, 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC Supplementary Exam 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye wat drie rubrieke insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die assesseringsrubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF VRAAG 2.2 HULDEBLYK VRAAG 2.3 INFORMELE VERSLAG VRAAG 2.4 DIALOOG AFDELING C: VRAAG 3.1 ADVERTENSIE VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. 5. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste kode. 6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van 'n skryfstuk gebruik. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR. 7. Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3  Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp [ Begin van 'n nuwe sin sin Woorde uit ander tale/ X Trek 'n X bo die verkeerde nie-funksionele/ woord. vreemde woorde LET WEL: - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, taaljuweeltjies idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte). AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte). AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 3.  Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP.  Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.  Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22-24) kies en skryf jy 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.  Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die vlakomskrywings in gedagte. Dis 'n hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie. 6. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt I/B Knap + 22 I/B/F Gemiddeld 10 T/S/R Uitsonderlik - 13 T/S/R Elementêr 5 S Knap 4 TOTAAL: 39 TOTAAL: 15 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. AFDELING A: OPSTEL 1.1 NÓÚ WEET EK DAT EK VERLEDE JAAR HARDER MOES STUDEER HET  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld verhalend/ beskrywend.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op 'n interessante wyse hoe hy/sy geleer het dat hy/sy verlede jaar harder moes studeer het.  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat bv. op 'n lewendige wyse hoe hy/sy verlede jaar harder moes studeer het.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 1.2 DIE HUISIE LANGS DIE RIVIER  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld beskrywend/ verhalend/ bespiegelend.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die/sy/haar huisie langs die rivier op 'n lewendige/realistiese wyse, vanuit die perspektief dat hy/sy 'n buitestaander is of in die huisie langs die rivier bly.  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op interessante wyse van 'n gebeurtenis toe hy/sy met die huisie langs die rivier te doen gekry het vanuit die perspektief dat hy/sy 'n buitestaander is of in die huisie langs die rivier bly.  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat bv. oor hoe dit sal wees om in die huisie langs die rivier te bly, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie [50] 1.3 AS MY KAMERMURE KON PRAAT  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/ verhalend/beskrywend/beredeneerd/argumenterend.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat bv. oor hoe dit sou wees as sy/haar kamermure kon praat. Die kandidaat sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/deurdink.  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op 'n interessante wyse wat gebeur het toe sy/haar kamermure begin praat het – met moontlike positiewe of negatiewe gevolge.  Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat bv. op 'n lewendige wyse hoe dit sou wees as sy/haar kamermure sou begin praat. Die beskrywing kan ook fokus op die emosies of gevoelens wat mense ervaar wanneer hulle kamermure begin praat. Dit sluit negatiewe en positiewe gevoelens in.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 1.4 MOET NASKOOLSE OPLEIDING GRATIS WEES?  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld argumenterend/ beredeneerd//verhalend/beskrywend/bespiegelend.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Argumenterende opstel: Hier moet die kandidaat 'n rede(s) aanvoer waarom naskoolse opleiding in Suid-Afrika gratis moet wees of nie. 'n Standpunt word reg aan die begin ingeneem en deurgaans gemotiveer.  Beredeneerde opstel: Hier moet die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel redeneer in watter opsig(te) gratis naskoolse opleiding in Suid-Afrika goed/sleg/ moontlik/onmoontlik is. Die kandidaat moet die standpunt(e) motiveer en kan 'n gevolgtrekking insluit.  Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat bv. op 'n interessante wyse van 'n insident as bewys dat naskoolse opleiding in Suid-Afrika gratis moet wees of nie.  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat bv. of naskoolse opleiding in Suid-Afrika gratis moet wees of nie. Die kandidaat kan ook bespiegel oor hoe dit die situasie sal bevoordeel/benadeel indien naskoolse opleiding gratis is.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.5 RESPEKTEER MEKAAR SE PRIVAATHEID  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied, byvoorbeeld argumenterend/ beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:  Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of mekaar se privaatheid respekteer moet word of nie. Die kandidaat mag in die slot 'n gevolgtrekking insluit.  Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af die standpunt in, nl. dat privaatheid gerespekteer moet word of nie en motiveer die standpunt.  Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat bv. oor of mense mekaar se privaatheid moet respekteer of nie. Die bespiegeling kan wyer uitgebrei word na ander aspekte/mense wat by die kwessie betrek kan word. Die kandidaat mag hunker na privaatheid indien dit nie daar is nie.  Verhalende opstel: Hier demonstreer die kandidaat bv. met 'n verhaal/vertelling dat privaatheid gerespekteer moet word/nie gerespekteer moet word nie.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 1.6 VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word.  Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. 1.6.1 PRENTJIE: OUER/ANDER VOLWASSENE EN KIND MET SERTIFIKAAT  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied: Letterlike interpretasie: prestasie/goeie uitslae, ouers wat druk op kinders plaas, ens. Figuurlike interpretasie: hoë doelwitte bereik, stres, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6.2 PRENTJIE: POTJIE  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied: Letterlike interpretasie: 'n potjie, ete, kamp, ens. Figuurlike interpretasie: kultuuraand, vakansie, rustige kuiertjie, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] 1.6.3 PRENTJIE: MAN WAT VAN EEN ROTS NA 'N ANDER SPRING  Die kandidaat kan verskillende tipes opstelle aanbied: Letterlike interpretasie: sprong, hardloop weg van gevaar, ens. Figuurlike interpretasie: nuwe toekoms, hoop, drome, gevaar, veranderinge, ens.  Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 INFORMELE BRIEF FOKUS Die kandidaat skryf 'n informele brief van gelukwensing aan 'n vriend/ vriendin wat baie goed in die matriekeindeksamen geslaag het. KENMERKE  Die informele brief word aan 'n vriend/vriendin gerig.  Die taal en styl van die brief is informeel/vriendelik/vreugdevol.  Die inleidingsparagraaf kan die doel van die brief inlei.  Die liggaam brei uit oor die eindeksamen waarin hy/sy baie goed gedoen het en watter positiewe moontlikhede dit inhou.  Die toon en woordkeuse is optimisties/positief/ondersteunend/vreugdevol. FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.  Die datum word voluit geskryf: 15 Februarie 2018.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Die aanhef, afsluiting en slot  Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is informeel.  Maak toegewings vir die verskillende wyses waarop die vriend/vriendin aangespreek kan word.  Die briefskrywer se naam vorm die slot. Die paragrawe  'n Reël word na elke paragraaf oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.  Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. Voorbeelde van die briefskrywer se adres: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10 of Sewende Laan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl. 121) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. [30] 2.2 HULDEBLYK FOKUS  Die kandidaat skryf 'n huldeblyk oor 'n skoolhoof.  Die huldeblyk handel oor die oorledene wat 'n belangrike rol in die kandidaat se lewe gespeel het.  Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of hoogtepunte van die persoon se lewe, staaltjies oor die oorledene, die rol wat die oorledene in mense se lewens gespeel het. KENMERKE  Die doel van die huldeblyk is om die persoon se lewe te vereer en om die betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.  Die begrafnisgangers moet 'n geheelbeeld van die persoon kry.  Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige/ toekomende tyd geskryf.  Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die persoon verwys word.  Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol.  Kultuurkontekste moet in ag geneem word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Opskrif Die huldeblyk moet 'n opskrif hê. Die huldeblyk mag 'n subopskrif insluit.  Inleidende paragraaf Die huldeblyk word met 'n groet ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die persoon se lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.  Paragraaf 2 en verder Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor 'n nuwe feit/gedagte.  Slotparagraaf In die slot kan die spreker ook vir die familie/gemeenskap sterkte toewens. [30] 2.3 INFORMELE VERSLAG FOKUS Die leerder skryf 'n informele verslag oor die busongeluk. KENMERKE  Die inhoud van die informele verslag is opsommend en saaklik en lig die besonderhede van die busongeluk uit.  Die verslag verskaf inligting oor die vrae: wie?, wat?, waar? en wanneer?  Die toon, styl en woordkeuse is saaklik en objektief. FORMAAT  Daar is 'n opskrif wat die doel van die verslag aandui.  Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees.  Geen emosionele taal nie; die styl is saaklik.  Die kandidaat mag met persoonlike besonderhede begin.  Die paragrawe moet 'n logiese verduideliking wees van wat gebeur het.  Die verslag is kort en bondig, maar moet soveel moontlike detail verskaf.  Die inleidingsparagraaf stel die konteks duidelik.  Die liggaam gee meer inligting oor die busongeluk.  Tyd, datum, plek van die busongeluk kan as deel van die detail gegee word.  Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.  Die kandidaat gebruik sover moontlik die bedrywende vorm.  Die verslag word in die verlede tyd aangebied.  Die slotparagraaf mag 'n gevolgtrekking insluit.  Die verslag word onderteken. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 2.4 DIALOOG FOKUS Die kandidaat skryf die gesprek tussen hom/haar en sy/haar maat neer. Die kandidaat probeer om die maat te oortuig om verder te studeer. KENMERKE  Die dialoog handel oor die kandidaat se poging om sy/haar maat te oortuig om verder te studeer.  Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog, nl. om te oortuig.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.  Die spreekbeurte volg op mekaar om 'n aaneenlopende gesprek te vorm.  Toon, styl en woordkeuse getuig van oorreding. FORMAAT  Kandidate mag 'n konteks skets voordat die dialoog geskryf word.  Die name van die sprekers (kandidaat en sy/haar maat) word netjies onder mekaar teenaan die linkerkantlyn aangedui.  Die naam van die kandidaat kan met "Ek" vervang word.  Na elke naam is 'n dubbelpunt.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. Moenie penaliseer indien reëls nie oopgelaat is nie.  Die spreekbeurte is in blokvorm.  Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of waar dit toepaslik is. [30] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 ADVERTENSIE FOKUS Die kandidaat ontwerp 'n advertensie om klasse wat hy/sy gee, te adverteer. KENMERKE  Die advertensie moet die leerders oorreed om van die adverteerder se dienste gebruik te maak.  Die advertensie se teikenmark is die leerders wat ekstra Afrikaanse klasse voor die eksamen wil hê.  Die advertensie noem waar en wanneer die klasse aangebied word.  Die krag van 'n advertensie lê in sy eenvoud.  Die leser moet die advertensie maklik verstaan.  Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:  Die advertensie moet 'n leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en lettergroottes.  Die leser se belangstelling moet deur middel van interessante inhoud en uitleg gewek word.  Hierdie advertensie moet 'n begeerte by die leser wek om die klasse by te woon, deur bv. die voordele van die klasse of die verbetering wat die ekstra klasse sal bied, te beklemtoon.  As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en van die klasse gebruik maak. Die advertensie moet hierdie aksie vergemaklik deur volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.  Toon, styl en woordkeuse is manipulerend om lesers te oorreed om die diens te benut. FORMAAT Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:  Wie is die teikengroep?  Wat word aangebied?  Waar word die klasse aangebied?  Wanneer word die klasse aangebied?  Wat is die voordele van die klasse?  Kontakbesonderhede [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS FOKUS Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings:  EEN inskrywing om uiting te gee aan sy/haar gevoelens en gedagtes net nadat hy/sy die selfoon verloor het, bv. skuldig, bang, ontsteld of senuweeagtig.  EEN inskrywing om sy/haar gevoelens/gedagtes, die oomblik nadat sy/haar ma vertel is, uit te druk, bv. verlig. Mag ook vlugtig na die ma se reaksie verwys. KENMERKE  Die dagboek is 'n informele skryfstuk wat spreek van die kandidaat se emosies en gedagtes oor die selfoon wat hy/sy verloor het.  Gevoelens/gedagtes wat beleef word, word beskryf.  Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.  Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.  Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun, nl. uitspreek van gevoelens van bekommernis/skok/blydskap, ens. FORMAAT  Die kandidaat moet TWEE dagboekinskrywings maak.  Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.  Die kandidaat hoef nie met ʺLiewe Dagboekʺ te begin nie.  Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. LET WEL:  Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet dus as 'n geheel geassesseer word.  Indien een van die inskrywings ontbreek, word die kandidaat by die kategorie inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die kandidaat kan 'n maksimum van 7/12 punte behaal. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die kandidaat skryf sewe instruksies neer wat hy/sy behoort te volg as hy/sy die bure se seuntjie veilig moet hou en versorg. KENMERKE  Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.  Die fokus van die instruksies is hoe om 'n kind veilig te hou en te versorg.  Toon, styl en woordkeuse moet by die ontvanger van die instruksies en by die inhoud pas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Die uiteensetting kan soos volg aangebied word:  Puntsgewys  Reëls tussen-in oopgelaat  Ander aanduiders soos koeëlpunte  Paragraafvorm  Die skryfstuk mag 'n opskrif hê.  Die instruksies moet in volsinne aangebied word.  Die instruksies hoef nie met werkwoorde te begin nie. [20] ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne OPSOMMING VAN DIE VRAE IN VRAESTEL 3: FEBRUARIE/MAART 2018 SKRYF EN AANBIED SKRYF TIPE ONDERWERP SKRYFSTUK Skryf en aanbied kombineer drie aspekte: 1. Om prosesskryf te gebruik. AFDELING A OPSTEL 2. Om die kennis van die strukture en kenmerke van die VRAAG 1 verskillende tekste te leer en toe te pas. 1.1 Twee tipes Nou weet ek dat ek verlede jaar harder moes 3. Om die kennis van paragrawe, sinstrukture en punktuasie te studeer het leer en toe te pas. 1.2 Drie tipes Die huisie langs die rivier 1.3 Drie tipes As my kamermure kon praat 1.4 Vier tipes Moet naskoolse opleiding gratis wees? 1.5 Vier tipes Respekteer mekaar se privaatheid 1.6.1–1.6.3 Al vyf tipes Visuele prikkels LANG AFDELING B TRANSAKSIONELE VRAAG 2 TEKS 2.1 Informele brief Brief aan 'n maat 2.2 Huldeblyk Oor 'n skoolhoof 2.3 Informele verslag Oor 'n busongeluk 2.4 Dialoog Tussen twee maats oor verdere studie KORT AFDELING C TRANSAKSIONELE VRAAG 3 TEKS 3.1 Advertensie Ekstra klasse 3.2 Dagboekinskrywings Ma se selfoon verloor 3.3 Instruksies Om bure se seuntjie op te pas 15 onderwerpe/keuses 12 tipes skryfstukke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van bevredigend samehang in irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting vaardigheid -Idees redelik respons -Idees deurmekaar Organisering van -Idees is intelligent, -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie en nie op onderwerp idees vir beplanning; Hoë vlak volwasse en relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid en redelik organisasie en -Geen organisasie -Uitsonderlike -Organisasie baie samehangend, samehang nie en is 30 PUNTE organisasie en goed en insluitend inleiding, onsamehangend samehang, insluitend samehangend, liggaam en inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik getuig van bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe vaardigheid verval soms in -Idees begin los ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek -Idees relevant, onduidelikheid staan en kan onderwerp te wees Lae vlak -Idees intelligent en interessant -Idees redelik verwarrend wees nie volwasse -Organisasie goed en samehangend en -Skaars 'n bewys van -Heeltemal irrelevant -Knap organisasie en samehangend, oortuigend organisasie en en ontoepaslik samehang, insluitend insluitend inleiding, -'n Mate van samehang -Deurmekaar en geen inleiding, liggaam en liggaam en organisasie en fokus nie samevatting/slot samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, styl, register -Toon, register, styl - Toon, register, styl -Taal onverstaanbaar en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas en woordeskat minder -Toon, register, styl Toon, register, styl en gepas vir doel, gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, en woordeskat nie woordeskat is geskik gehoor en konteks gehoor en konteks konteks gehoor en konteks gepas vir doel, Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie gehoor en konteks konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies nie Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse -Woordeskat so Taalgebruik en -Toon retories gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik beperk dat dit konvensies, treffend en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte onmoontlik is om sin punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat te maak grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is toepaslik en oor die taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp details -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Samehangend goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik logies en toon effens sin nie gekonstrueer variasie VERSPREIDING VAN PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verwarrend Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer VERSPREIDING VAN PUNTE 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail 12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verwarrend Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer VERSPREIDING VAN PUNTE 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all