Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
FEBRUARIE/MAART 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye wat drie rubrieke insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 




%20Preperatory%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51/v1-ca15ba2bff75bc2140da/card.webp)
View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016, 22 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 688.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
Bylaag A: Vraag 1 OPSTEL
Bylaag B: Vraag 2.1 INFORMELE BRIEF
Vraag 2.2 HULDEBLYK
Vraag 2.3 RESENSIE
Vraag 2.4 ONDERHOUD
Bylaag C: Vraag 3.1 PLAKKAAT
Vraag 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
Vraag 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As ʼn onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor ʼn onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien ʼn skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste kode.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl.3) gebruik by die
nasien van ʼn skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.
7. By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ʼn
streep deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte
gepenaliseer nie.
8. Vraag 1.6:
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder ʼn woord
Woordkeuse / Haal met ʼn streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van ʼn nuwe sin
Woorde uit ander tale/nie- X Trek ʼn X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde*
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terminologie waarvoor
Afrikaans nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
KATEGORIEË volgens:
Afdeling A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
Afdeling B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (12 punte).
Afdeling C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
3. Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens INHOUD EN BEPLANNING
byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Besluit
dan of die INHOUD EN BEPLANNING aan die beskrywing van die hoë vlak of
die lae vlak voldoen. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf
net EEN punt neer.
Let Wel: Volg dieselfde werkwyse vir TAAL, STYL EN REDIGERING. Let
daarop dat, by die bepaling van die punt vir STRUKTUUR, daar nie ʼn hoë en
ʼn lae vlak is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
4. Hou die persentasies by die kategorieë in gedagte. Dis ʼn hulpmiddel.
5. Vir Afdeling B en Afdeling C: Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens
INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK,
GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken
moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN
REDIGERING.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING Kode Punt
I/B Knap 23 B
T/S/R Uitsonderlik 13 I/B/F Gemiddeld 9
S Knap 4 T/S/R Elementêr 5
TOTAAL: 40 TOTAAL: 14
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
AFDELING A: OPSTEL
1.1 Dit was ʼn dom ding om te doen.
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/
beskrywend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse
van die dom ding wat hy/sy gedoen het.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse
die dom ding wat hy/sy gedoen het, maar kan ook konsentreer op ʼn
beskrywing van die emosies en gevolge van die dom ding wat hy/sy
gedoen het.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die dom ding
wat hy/sy gedoen het. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie
waarin hy/sy beland het en wonder of hy/sy nie maar iets anders
moes gedoen het nie. Die leerder kan ook bespiegel hoe anders
dinge kon wees indien hy/sy nie dié dom ding gedoen het nie.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder of hy/sy ʼn dom ding
gedoen het. Die gevolge van die dom ding wat hy/sy gedoen het
word teen iets anders opgeweeg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin ʼn
standpunt in, naamlik: “Dit was ʼn dom ding om te doen.” Die leerder
gee dan redes vir hierdie standpunt. Die leerder kan ook met die
onderwerp verskil en sy standpunt motiveer.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 Perfekte kinders
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/
verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse
wat dit behels om perfekte kinders te wees/wat grootmense/ander
mense van kinders verwag.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse
van ʼn insident wat tot die gevolgtrekking lei dat kinders perfek is.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor perfekte
kinders. Die leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/
deurdink.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder of kinders perfek
is/kan wees of nie. Die leerder motiveer beide kante van die
onderwerp en kan tot ʼn gevolgtrekking kom.
Argumenterende opstel: Hier argumenteer die leerder reg van die
begin af dat kinders perfek is of dalk dat die idee van perfek-wees nie
moontlik is nie. Die leerder gee dan redes vir sy/haar standpunt.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt [50]
en volgens sy/haar interpretasie.
1.3 Respekteer die lewe.
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/
verhalend/beskrywend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die waarde
van die lewe/hoekom ʼn mens die lewe moet respekteer. Die leerder
sal die lewe oordink en oorweeg.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse
van ʼn insident wat hom/haar leer dat die lewe gerespekteer moet
word.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse
die lewe wat gerespekteer moet word.
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af
ʼn standpunt in, naamlik dat die lewe gerespekteer moet word en
motiveer die standpunt.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1.4 Dissiplineer sport ʼn mens? Ja of nee?
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
beredeneerd/verhalend/beskrywend/ bespiegelend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af
ʼn standpunt in, naamlik dat sport ʼn mens dissiplineer of nie en
motiveer die standpunt met redes daarvoor.
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ʼn gebalanseerde
opstel of sport ʼn mens dissiplineer of nie.
Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ʼn interessante wyse
van ʼn gebeurtenis waarin sport ʼn mens dissiplineer het of nie.
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse
hoe sport ʼn mens dissiplineer of nie.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die gedagte
dat sport ʼn mens dissiplineer of nie. Die leerder sal die gedagte
deurdink en moontlik ander opsies oorweeg.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 Ons kan die oorlog teen dwelms wen.
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
argumenterend/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ʼn gebalanseerde
opstel of ons die oorlog teen dwelms kan wen of nie. Die leerder mag
uiteindelik ʼn standpunt inneem.
Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af
ʼn standpunt in, naamlik: Ons kan (kan nie) die oorlog teen dwelms
wen (nie) en motiveer die standpunt.
Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die leerder
of ons die oorlog teen dwelms kan wen (of nie) en of daar enige
wenners in hierdie oorlog is, ens.
Verhalende opstel: In ʼn verhalende opstel vertel die leerder van ʼn
interessante insident/-e wat bewys waarom/hoe ons die oorlog teen
dwelms kan wen (of nie).
Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ʼn lewendige wyse
hoe die oorlog teen dwelms gewen kan word (of nie).
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1.6 VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener
moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ʼn verskeidenheid
interpretasies. Die leerder se perspektief moet by assessering oorweeg
word.
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ʼn persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
• ʼn Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
geneem.
1.6.1 Prentjie: Handevat
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Handevat byvoorbeeld as deel van ʼn
aktiwiteit of spel.
• Figuurlike interpretasie: Handevat byvoorbeeld as ʼn simbool
van liefde, versoening, ondersteuning, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.2 Prentjie: Motorwrak/Ou motor
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Die motor het onklaar geraak/geroeste
motor/ou motor, ens.
• Figuurlike interpretasie: ʼn Situasie waarin daar geen uitweg is
nie (motor kan nie weer aan die gang gekry word nie),
lewenswrakke, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.6.3 Prentjie: Kitaar en musiek
• Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Kitaarspel/musiek/musiekgroepe, ens.
• Figuurlike interpretasie: Die lewe is soos musiek/iets waarvan
jy baie hou, kan soos musiek in jou ore wees/harmonie, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se
oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die leerder se maat is gespanne oor sy/haar eerste werksdag. Die leerder
skryf ʼn informele brief aan sy/haar maat om hom/haar raad te gee.
KENMERKE
• Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is persoonlik, openhartig, simpatiek
en vriendelik van aard. Die taalgebruik en styl is informeel en gemaklik.
• Die leerder spreek die maat direk aan.
• Die brief moet die maat raad gee.
• Die toon, styl en woordkeuse moet by die vriendskap tussen die leerder en
die maat pas, aanmoedigend en informeel wees.
• Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Leestekens:
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
• Daar behoort nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
word nie.
Toegewing: ʼn Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
• Die datum word voluit geskryf: 26 Februarie 2016.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/Liefdegroete kry ʼn punt aan die einde.
• Daar word nie ʼn reël tussen Jou maat en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing Jou maat voor die briefskrywer se naam is opsioneel.
Die paragrawe:
• ʼn Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer gehoor het dat die maat bang vir die eerste werksdag is.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
help sy/haar maat met raad.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10 OF Sewende Laan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ʼn samestelling van TWEE
soortname is. Arcadia straat is ʼn samestelling tussen ʼn eienaan en ʼn soortnaam en daarom
kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl. 121)
Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie.
VOORBEELD
Posbus 100
Glencoe
2930
26 Februarie 2016
XXX
Liewe Marie
XXX
Dis wonderlik dat jy die pos as bibliotekaresse gekry het! Om senuweeagtig te
wees, is normaal. Ek weet dis jou eerste werk, maar hou op om jou naels te
byt. Gelukkig is daar hulp om van daardie senuwees ontslae te raak. Ek hoop
dat my raad jou sal help.
XXX
Maak seker dat jy betyds by die werk opdaag sodat jy ʼn kans kry om asem te
skep en rustig te raak.
XXX
My ma sê altyd die eerste indruk tel die meeste; jy moet dus seker maak dat
jou voorkoms jou kollegas en die publiek beïndruk. Wees altyd hoflik en kyk
die mense reguit in die oë. Glimlag vriendelik vir almal.
XXX
Ek glo in jou. Wees net jouself en moenie iemand probeer wees wat jy nie is
nie. Jy is goed net soos jy is.
XXX
Alles van die beste met jou werk.
XXX
Beste wense.
XXX
Jou maat
Tshepo
(142 woorde) [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.2 HULDEBLYK
FOKUS
Die leerder skryf ʼn huldeblyk oor sy/haar maat se ma wat onlangs oorlede is.
KENMERKE
• Die huldeblyk handel oor die maat se ma.
• Die volgende besonderhede oor die maat se ma kan gegee word: naam,
ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, herinneringe of
hoogtepunte uit haar lewe, staaltjies oor die maat se ma, die rol wat die
maat se ma in mense se lewe gespeel het.
• Die doel van die huldeblyk is om die maat se ma se lewe te vereer en om
die betekenisvolle bydrae wat sy gelewer het, uit te lig.
• Die lesers moet ʼn geheelbeeld van die maat se ma kry.
• Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die maat se
ma verwys word.
• Die toon is versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol
van aard.
• Die toon, styl en woordkeuse is versagtend, liefdevol, vertroostend,
bemoedigend en moet by die inhoud pas.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word.
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet ʼn opskrif hê.
Die huldeblyk mag ʼn subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die huldeblyk word ingelei met ʼn inleidende sin wat die lesers se aandag
vasvang. Die inleiding moet oor die waardering van die maat se ma se
lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende herinnerings en hoogtepunte in wat
persoonlike gebeure en staaltjies oor die maat se ma bevat. Dit word in
verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel
(verkieslik) oor ʼn nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker ook vir die res van die gesin sterkte toewens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Maria Lourens: Moeder Hen, Mamma Maria
Geagte Familie en Vriende
Mamma Maria se huis en hart was altyd oop vir enigiemand. By haar het ons
veilig gevoel as die lewe druk, want sy sou jou in haar arms toevou en vir jou
vertel hoekom jy belangrik en spesiaal was.
Mamma Maria het vir ons geleer om eers aan ’n oplossing te dink voordat ons
die probleem vir haar noem. Sy het ons geleer dat liefde en respek nie met
geld gekoop kan word nie.
Na wie toe het jy gehardloop as jou skoolbroek geskeur het? Wie kon help om
’n brug vir Tegnologie te bou? Wie het stem dik gemaak as jy verbrou het?
Mamma Maria.
Familie en Vriende, ons sal hierdie dierbare vrou altyd onthou. Oom Manie,
Theresa en Benjamin, ons sal julle ondersteun soos Mamma Maria dit vir ons
gedoen het. Rus in vrede, Moeder Hen!
(148 woorde) [30]
2.3 RESENSIE
FOKUS
Die leerder skryf ʼn resensie oor ʼn Afrikaans boek wat hy/sy aanbeveel.
KENMERKE
• Hierdie resensie is ʼn verslag waarin ʼn boek beoordeel word.
• Die resensie moet die leser oortuig om die boek te lees.
• In hierdie resensie word die volgende aspekte aangeraak:
Die boek se sterk punte en kenmerke ten opsigte van inhoud,
karakters en taal.
Aanbevelings
• Die resensie word gewoonlik in die derde persoon geskryf om ʼn mate van
objektiwiteit te handhaaf.
• Die ontknoping van die boek word egter nie gegee nie.
• Kultuurverskille moet in ag geneem word.
• Die teenwoordige/verlede tyd word gebruik.
• Woorde wat op waardering en evaluering dui, moet gebruik word,
byvoorbeeld: uitstaande, opwindend, dramaties, uiters vervelig/
interessant, ens.
• Styl, toon en woordkeuse moet by die lesers van ʼn jeugtydskrif asook by
die resensent se mening oor die boek pas en geloofwaardig wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
FORMAAT
• Titel
Die titel gee ʼn aanduiding van die resensent se standpunt ten opsigte
van die boek.
Die resensent se naam volg na die titel.
• Paragraaf 1
Die titel van die boek, skrywer en karakters word gegee.
• Paragraaf 2 en verder
ʼn Algemene indruk oor die boek word gegee.
Meer besonderhede oor die boek, bv. oor die inhoud, karakters,
spanning, ens. word verskaf.
• Slotparagraaf
Die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/aanbeveling volg.
VOORBEELD
Die Silwer Borsspeld deur Henri Mathee
ʼn Prikkelende liefdesverhaal
XXX
Resensent: Ricardo Mntungwa
XXX
Die Silwer Borsspeld is ʼn liefdesverhaal wat ook die ander belangrike
elemente van ʼn interessante verhaal het, soos spanning, komedie,
geloofwaardige karakters en ʼn uiters verrassende slot. Dit is Henri Mathee se
tweede boek. Dié verhaal word aanbeveel vir almal, veral vir dié wat nog in
die positiewe waarde van liefde glo. Dit word sterker aanbeveel vir dié wat
bitter oor die liefde geword het, want hierdie verhaal belowe om
gevoelens te verander.
XXX
Die verhaal speel in die hart van ʼn plakkerskamp af. Die hoofkarakter,
Themba, ʼn jong man met ʼn verskriklike geheim, Mama Thembu, die
aantreklike huishulp van die Smit-gesin en Jos, die skurk wat die hele gebied
met sy aaklige aksies beheer, is oortuigend.
XXX
Die spanning bou op tot die klimaks waarin Themba sy geheim moet verklap.
XXX
Is liefde genoeg om pyn te verlig? Die slot verras.
(149 woorde) [30]
2.4 ONDERHOUD
FOKUS
Die leerder voer ʼn onderhoud met iemand in sy/haar gemeenskap wat ʼn kind
se lewe gered het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
KENMERKE
• Die onderhoud behoort in vraag-en-antwoordmetode geskryf te word.
• Die doel van die onderhoud is om inligting in te win oor wat gebeur het.
• Die slot vat die kern van die onderhoud saam.
• Die leser se belangstelling moet geprikkel word.
• Duidelike en kort vrae is nodig.
• Relevante antwoorde moet verskaf word.
• Die toon, styl en woordkeuse moet respekvol wees.
• Die woordkeuse moet by die onderwerp en die teikengroep van die
koerant pas.
• Die toon en woordkeuse word ook bepaal deur die persoon met wie die
onderhoud gevoer word.
• Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik.
FORMAAT
• As die onderhoud in vraag-en-antwoordmetode aangebied word, word die
vrae en antwoorde onder mekaar neergeskryf.
• ʼn Reël word na elke vraag-en-antwoordstel oopgelaat.
• Na die woorde VRAAG en ANTWOORD is ʼn dubbelpunt.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
VOORBEELD
Onderhoud met mnr. Sisonke, held van Laingsburg
Vraag: Dit was ʼn groot heldedaad wat u Woensdag verrig het.
Sal u asseblief vertel wat gebeur het?
Antwoord: Wel, ek weet nie of dit ʼn groot heldedaad was nie. Ek
het vroeg my huis verlaat en bushalte toe gestap. Op
pad het ek ʼn kind hoor skree. Instinktief het ek in daardie
rigting gehardloop en toe sien ek ʼn huis wat aan die
brand was. By die venster was ʼn jong kind wat gegil het.
Sonder om te dink, het ek die huis binnegestorm en
daarin geslaag om by die kind te kom. Ek het haar
buitentoe gedra.
XXX
Vraag: Het u enige beserings opgedoen?
Antwoord: Ag, dit was net ʼn paar ligte brandwonde. Ek is dankbaar
dat ek die kind kon help. Haar ma se vreugde is
belangriker as die wonde.
XXX
Vraag: Hoe voel u oor die burgemeester se toekenning vir u
heldedaad?
Antwoord Dit is vir my ʼn groot eer, maar ek sou dit ook sonder ’n
toekenning gedoen het.
(157 woorde) [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 PLAKKAAT [20]
FOKUS
Die leerder ontwerp ʼn plakkaat waarin mense in kennis gestel word van ʼn
konsert wat by die skool sal plaasvind.
KENMERKE
• Hierdie plakkaat adverteer ʼn konsert.
• Die plakkaat teiken enigiemand wat in drama en vermaak belangstel.
• Die plakkaat moet die nodige inligting verskaf. Die vrae wanneer?, wat?,
waar?, hoeveel kos dit? en vir wie? moet beantwoord kan word.
• Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
Die plakkaat moet ʼn leser se aandag trek deur verskillende lettertipes
en lettergroottes te hê.
Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
Hierdie plakkaat moet ʼn begeerte by die leser wek om die konsert by
te woon deur middel van inligting soos die akteurs wat daar sal optree,
die verversings wat te koop kan word, ens.
As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan deur
die konsert by te woon.
• Toon, styl en woordkeuse moet die gemeenskap oorreed om die konsert
by te woon.
FORMAAT
• Die volgende inligting moet op die plakkaat verskyn:
Wie is die teikengroep?
Wat word aangebied? (verkieslik in groot druk)
Wanneer (dag, datum en tyd) word die konsert gehou?
Waar word die konsert gehou?
Wie tree op?
Wat behels die konsert?
Hoeveel kos die kaartjies?
Hoe kan die teikengroep daarby baat?
Kontakbesonderhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VOORBEELD
Wat?
VIR ALMAL WAT VAN VERMAAK HOU
Teikengroep
Kom geniet ʼn vertoning saam met
bekende akteurs!
Die vier finaliste in Komiese Karakters talentkompetisie is hier
Deur wie?
in Ladysmith om julle te vermaak!
Baat
Daisy Dee
Gyan Govender
Pindi Paula
DATUM: 02 Maart 2016 Wanneer?
TYD: 19.00 tot middernag Tyd
PLEK: Hoërskool Ladysmith Waar?
KOSTE: Net R100 per persoon
Koste
ʼn Gratis geskenk vir die eerste tien mense wat kaartjies koop!
Die prys sluit verversings in.
Aandete saam met die akteurs vir VIER gelukkige
kaartjiehouers.
Kaartjies by die skool beskikbaar.
Skakel Shawn (0827151371) vir verdere besonderhede. Kontak-
besonderhede
(94 woorde)
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings, een VOOR die matriekuitslae
in die koerant verskyn het en een NADAT die matriekuitslae bekendgestel is.
KENMERKE
• Die dagboek is ʼn informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
gevoelens/gedagtes voor die uitslae wat in die koerant verskyn het en die
leerder se gevoelens/gedagtes nadat die uitslae bekendgestel is.
• Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf.
• Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
• Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
• Die inhoud ondersteun die leerder se gevoelens/gedagtes oor die
matriekuitslae.
• Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
FORMAAT
• Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
word.
• Die leerder moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
• Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
• Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
Let wel:
• Getal woorde:
o In die dagboekinskrywing word slegs die getal woorde in die inhoud getel.
o Die getal woorde vir albei inskrywings moet 80-100 woorde wees.
• Assessering:
o Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet dus as ʼn
geheel geassesseer word.
o Indien een van die inskrywings ontbreek, word die leerder by die kategorie
inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die leerder kan ʼn maksimum van
7/12 punte behaal.
VOORBEELD
5 Januarie (2016) (of aan regterkant van die bladsy)
OF
Woensdag
OF
Woensdag, 5 Januarie (2016)
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
My angs is onbeskryflik! Kan nie die spanning verduur nie! Wonder of Tina en
Terry ook so voel of is dit net ek wat abnormaal is ...
6 Januarie 2016 (of aan regterkant van die bladsy)
Liewe Dagboek (opsioneel)
XXX
Wat ʼn verligting! Ek het darem Wiskunde geslaag, al was dit met ʼn E-simbool.
Al het sy nie so gesê nie, kon ek die teleurstelling in Ma se oë sien. Wel, die
uitslae was niks indrukwekkends nie, maar ek kon dit nie help nie. Net jy,
liewe Dagboekie, weet van die pyn en hartseer wat ek tydens die eksamentyd
moes deurgaan ...
Wel, ek gaan oor die Aanvullende Eksamen uitvind. Ek verdien nog ʼn kans.
(99 woorde) [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS
Die leerder gee sewe instruksies hoe om ʼn spel te speel. Dis gerig aan
iemand wat nie die reëls van die spel ken nie. Dit sluit bord- of sportverwante
speletjies in.
KENMERKE
• Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om ʼn speletjie te speel.
• Toon, styl en woordekeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik wees.
FORMAAT
• Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:
Puntsgewys
Reëls tussen-in oopgelaat
Ander aanduiders soos koeëlpunte
Paragraafvorm
• Die skryfstuk mag ʼn opskrif hê, bv. Hoe om sokker/UNO te speel.
• Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met
werkwoorde begin.
VOORBEELD
INSTRUKSIES
Hoe om UNO te speel.
1. Skommel die pak UNO kaarte deeglik.
2. Deel aan elke speler elf UNO kaarte uit met die gesigte na onder sodat
niemand kan sien watter kaarte die speler ontvang nie.
3. Elke speler tel sy kaarte op en rangskik dit volgens kleur en nommers.
4. Die boonste kaart van die ekstra pak kaarte word omgedraai.
5. Die jongste speler speel eerste.
6. Die nommer of kleur kaart wat bo lê, bepaal watter kaart (die kleur of die
nommer) deur spelers uitgegooi moet word.
7. Die speler wat al sy kaarte uitgegooi het, is die wenner.
(89 woorde) [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat ʼn persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
belangstellingsvelde word in ag geneem.
TOTAAL AFDELING C: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van
punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
(Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
Hoë vlak
vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en
samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas -Toon, register, styl en
Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en vir doel, gehoor en woordeskat minder
woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks konteks nie gepas vir doel, gehoor
Hoë vlak
vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie en konteks
konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so
Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit
Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin
konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak
punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat
grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk
-Knap gedaan -Baie goed gedoen
15 PUNTE 13 10 7 4
-Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik
uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende
retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige
Lae vlak
-Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie
-Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk
gedaan grammatika en beperkte gebruik van
spelling retoriese middele
-Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte
Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief
-Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin
5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie
gekonstrueer
VERSPREIDING VAN PUNTE 43–50 33–40 23–30 13–20 0–10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN PUNTE 25–30 19–23 14–17 9–12 0–7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 22 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20
PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik
Organisering van idees; volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking
Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in
en konteks kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie
soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail
12 PUNTE -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die
fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas
-Idees behoorlik onbeduidende foute. -Formaat oorwegend onderwerp nie
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL & 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel,
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks
en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie
Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en
Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward
Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie
8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
belemmer
VERSPREIDING VAN PUNTE 17–20 13–15 10–11 7–8 0–5
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2018 QP
%20Preperatory%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51/v1-ca15ba2bff75bc2140da/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper