Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12201840 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018, 40 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Gauteng Mock Exam 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2018 10022 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 70 40 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 2 (Vraestel 2) 10022 / 18 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN AFRIKAANS (Eerste Addisionele Taal) Tweede Vraestel TYD: 2 uur PUNTE: 70 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE die hele vraestel deurlees NIE. 2. Gebruik die inhoudsopgawe op bladsy 5 om jou met jou keuses te help. 3. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 4. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat jy bestudeer het. AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. 5. Dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle hierdie jaar bestudeer het, op die kontrolelys aan. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste. 6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 3 (Vraestel 2) 10022 / 18 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 8. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 9. Vrae moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in ʼn ander taal nie. 10. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 4 (Vraestel 2) 10022 / 18 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. AFDELING VRAAGNOMMERS AANTAL VRAE DUI BEANTWOORD AAN () A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 5 (Vraestel 2) 10022 / 18 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn bos 35 6 2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 10 3. Meeulanders – 13 Word nie geasseseer nie 4. Lien se lankstaanskoene 35 14 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 5. Poppie – die drama 35 18 6. Paljas 35 22 7. Fiela se kind – die drama 35 26 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die kortverhale. 8. “Roep van die vleikuiken” 17 31 8. “Die Ballade van Robbie de Wee” 18 33 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die gedigte. 9.1 “Pryslied” 17 35 9.2 “By die robot in Eerstelaan” 18 38 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 6 (Vraestel 2) 10022 / 18 AFDELING A: ROMAN VRAAG 1: KRINGE IN ʼN BOS – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A En hier sit hý in die boom en die kwartponder lê onder in die onderbos, dink Saul wrang. Is die mens moedswillig? Is hy só domslim dat hy dit nie weet nie? Maak dit werklik saak wie Oupoot skiet? Ja, dit maak saak. Dis net ironies dat dit hy moet wees wat ná al die jare en al die ander gewere wat al vir Oupoot gelaai was, dit moet doen. Dié keer gaan Oupoot se sluheid en slimheid hom nie weer red 5 nie … Êrens in hierdie bos treur Jozef vannag oor sy seun. Die lewe het hulle sulke ompaaie om mekaar laat leef dat hy nie vandag sy hand na Jozef kan uitsteek nie en sê: Ek is jammer oor wat met jou kind gebeur het. Nee! keer hy homself, soos wat sy vinger sonder gevoel die sneller moet trek, só moet sy gedagtes sonder 10 gevoel vir Jozef bly. Van kleins af het hulle by mekaar verbygedink. Vir Jozef het die bloubokkie se gal nog altyd in sy kop gesit. Vir Jozef is hy, Saul, verraaier en klaar! “Jozef,” het hy eendag vir hom probeer sê wat in sy hart is, “die Bos is besig om dood te gaan. Oral slaan die seerplekke soos pokke uit en dit word nie weer 15 gesond nie.” “Begin jy al weer met Harison se stories?” “Maar kan jy dit dan nie self sién nie? Kan jy dan nie sien dat ons die Bos doodmaak en die Bos óns doodmaak nie?” “Ons is honderde teen jou en Harison se ouvroupraatjies, nie een van julle 20 gaan ons hier uitkry nie!” 1.1 Waarom treur Jozef oor sy seun? (1) 1.2 Hoe het Joram die kwartponder in die hande gekry? (1) 1.3 Waarom wou Joram ʼn geweer besit? (1) 1.4 Hoe het Saul gevoel toe hy uitgevind het dat sy pa-hulle ook olifante geskiet het? (1) 1.5 Saul is eenkeer in die Bos deur iemand met ʼn geweer gedreig. 1.5.1 Wie het ʼn geweer op Saul gerig? (1) 1.5.2 Waarom het hierdie persoon in VRAAG 1.5.1 Saul gedreig? (1) 1.5.3 Wat het hierdie persoon in VRAAG 1.5.1 in die Bos gesoek? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 7 (Vraestel 2) 10022 / 18 1.6 Waarom was dit ironies dat Saul Oupoot moes skiet? (Reël 3–5) (1) 1.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (1.7) en die letter neer, byvoorbeeld 1.7 E. “Van kleins af het hulle by mekaar verbygedink.” (Reël 11) beteken dat Jozef en Saul ... A ʼn goeie verhouding gehad het. B altyd oor dinge saamgestem het. C geen liefde vir mekaar gehad het nie. D mekaar nie as broers verstaan het nie. (1) 1.8 Jozef het Saul as ʼn verraaier geoordeel. (Reël 12–13) Was Jozef regverdig teenoor Saul? Motiveer jou antwoord. (1) 1.9 Noem EEN insident om te wys hoe Jozef en Saul van mekaar verskil het. (2) 1.10 Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.10.1 – 1.10.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.10.1 Het in ʼn perdeskoen getrap A Maria 1.10.2 Het masels gehad B Joram 1.10.3 Het Oupoot geskiet C MacDonald 1.10.4 ʼn Boom het op die persoon geval D Arend E Stopforth (4 x 1) (4) 1.11 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (1.11) en die antwoord neer. Wanneer ʼn olifant jou aanval, is die goue reël van die Bos om (die naaste, hoogste boom te klim / nie ʼn olifant te onderskat nie). (1) 1.12 Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Saul het sy eie geweer besit. (1) . EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 8 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B “As jy vandag hier afgaat, loop soek jy jou eie dood, baas Saul! Die koeie moes hom gehoor het en hulle gaat kom moor vandag! Luister na my, dis verby, daar’s niks wat dit kan doodvee nie. Hy’s af. Al my waak van al die jare is verneuk. Hulle had lank hulle oë op hom, hulle het lank gesweer hulle gaat hom nog kry en nou het hulle dit gedoen. Dis verby. Ek 5 gaat op my knieë voor jou, baas Saul, moenie hier afgaat nie!” “Ek het vyf dae deur hierdie bos geloop, Maska, met spoke vir skaduwees – om teen die einde uit te vind dat ek nie die moed sou hê, wou hê, om die sneller te trek nie. Ek sou my lewe tussen hom en die koeëls van my broer se vonnis gewaag het, en nou het ander hom geskiet. Wat het dit 10 alles gebaat, Maska? Wat het enigiets my ooit gebaat?” Dit voel of na-skok hom inhaal en aan sy laaste krag kom knaag. Net sy verstand is soos ʼn helder lig in hom wat die woede hoër en hoër laat brand. Toe hy omdraai en teen die skuinste begin afstap, haal Maska hom vreesbevange in en gryp sy baadjie van agter vas. “Baas Saul, moenie dit 15 doen nie!” 1.13 Noem DRIE kere wat Oupoot aan Saul verskyn het terwyl Saul saam met iemand anders was. (3) 1.14 Waarom was Kate die dag van Oupoot se dood in Meulbos? (1) 1.15 “Ek sou my lewe tussen hom en die koeëls van my broer se vonnis gewaag het, ...” (Reël 9–10) 1.15.1 Wie is die “hom”? (1) 1.15.2 Dink jy Saul sou Oupoot geskiet het? Motiveer jou antwoord. (1) 1.15.3 Watter besluit sou jy geneem het as jy soos Saul met ʼn geweer voor Oupoot gestaan het? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 9 (Vraestel 2) 10022 / 18 1.16 “Baas Saul, moenie dit doen nie!” (Reël 15–16) 1.16.1 Hoekom spreek Maska vir Saul aan as Baas? (1) 1.16.2 Watter belangrike rol speel Maska in Saul se lewe? Noem DRIE feite. (3) 1.16.3 Wat het Maska met die woord “dit” bedoel? (1) 1.17 Noem TWEE plekke op Oupoot se liggaam waar hy al voorheen gewond was. (2) 1.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die vraagnommer (1.18) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 1.18 E. ʼn Positiewe gevolg wat Oupoot op Saul se lewe gehad het was dat ... A dit Saul en Kate bymekaargebring het. B Saul vrede met Jozef kom maak het. C Saul weer in die bos kon rondloop. D Saul vir Maska kon sien. (1) 1.19 Hoe kan die titel van die roman in Saul se lewe toegepas word? (1) 1.20 Watter les leer jy oor die verhouding tussen mens en dier? (1) [35] b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 10 (Vraestel 2) 10022 / 18 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C Die tandarts se huis is deur die stad se beste argitek ontwerp. Elke venster pas by elke ander venster en die dak pas perfek by al die mure. Die huis is modern en vol lig en glinsterend skoon. Amper soos ʼn tandarts se spreekkamer. Met groot bosse blomme wat die ma met die groen vingers elke oggend in die tuin pluk en in swaar glasvase rangskik. Dis die huis waar 5 Fabienne en Camille gebore is. Natuurlik nie in die huis nie, hulle is soos normale babas in ʼn hospitaal gebore, maar dis die huis waarheen die ma met die groen vingers hulle gebring het toe hulle ʼn paar dae oud was. En Fabienne het gewéét, van sy haar verstand gekry het, dat sy in hierdie huis hoort. Dat sy by die regte ma en pa beland het. 10 Of miskien sal ek haar soms, net so nou en dan, laat wonder of haar ma nie eerder ʼn mallerige kunstenares moes gewees het nie. Net om haar bietjie interessanter te maak. Tot dusver klink sy darem te veel soos ʼn drip. So kom ons maak vir Fabienne kunstig. Besonder kunstig. Maar sonder ʼn kunstenaar se morsige persoonlikheid. 15 Op die ouderdom van twee teken sy ʼn volmaakte stokmannetjie. 2.1 Wie is die verteller in hierdie uittreksel? (1) 2.2 Wie is Fabienne? (1) 2.3 Watter eienaardige droom is vir Fabienne ʼn nagmerrie? (1) 2.4 Waarom word Mana die “verfkwasvrou” genoem? (1) 2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (2.5) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld. 2.5 E. “... net so nou en dan, laat wonder of haar ma nie eerder ʼn mallerige kunstenares moes gewees het nie.” (Reël 11–12) Hierdie stelling dui daarop dat Fabienne se ma … is. A dramaties B snaaks C uniek D anders (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 11 (Vraestel 2) 10022 / 18 2.6 “En Fabienne het gewéét, van sy haar verstand gekry het, dat sy in hierdie huis hoort. Dat sy by die regte pa en ma beland het.” (Reël 8–10) Waarom is hierdie aanhaling ironies ten opsigte van Hanna? (2) 2.7 Kies die naam in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (2.7.1 – 2.7.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.7.1 “Ek hou van ʼn kortverhaal wat as ʼn ‘slice of A Yann life’ aangebied word.” B Hanna 2.7.2 “Hoe gaan ek ooit enigiets hoor oor my pa?” C Beyers 2.7.3 “Jy lyk nie soos die vader van enige iets nie, D Margot Gavin.” E Tibo 2.7.4 “Hoekom moet ek help afstof?” (4 x 1) (4) 2.8 Noem EEN ding wat Mana gedoen het wat bewys dat die stelling hieronder ONWAAR is. Mana is ʼn konserwatiewe ma. (1) 2.9 Watter rol het elk van die volgende persone in Hanna se lewe gespeel? 2.9.1 Beyers (1) 2.9.2 Gavin (1) 2.10 “Maar sonder ʼn kunstenaar se morsige persoonlikheid.” (Reël 14–15) 2.10.1 Is morsige persoonlikheid letterlik of figuurlik bedoel? (1) 2.10.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 2.10.1. (1) 2.11 Waarom, dink jy, het Hanna gereeld sulke avonture geskep? (1) 2.12 Wat is die tydsverloop in hierdie verhaal? (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 12 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D Liewe leser, jy kan nie anders as om so iemand te bewonder nie. Al is hy nie juis ʼn voorbeeldige pa nie. En terwyl ek hom so dophou, begin ʼn idee in my kop kook. Eintlik het ek mos al vroeër langs die helikopter die eerste borrels in my maag gevoel. Waar al my beste idees altyd begin. 5 Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het. Maar ek gaan nie oor ʼn fabelagtige skepsel soos Fabienne skryf nie. Ek het so ʼn gevoel ek is vir altyd klaar met Fabienne en haar fantastiese tande. (Ek het ook so ʼn gevoel juffrou Liebenberg sal vreeslik verlig wees om dit te hoor.) Ek gaan ʼn storie skryf oor ʼn gemiddelde vaal meisiekind met ʼn onwaarskynlike ma en ʼn 10 selfs meer onwaarskynlike pa. Ek sal sorg dat daar vir Margot Jordan ook ʼn rol is om te speel. ʼn Fassinerende moederfiguur. Iets tussen ʼn bose heks en ʼn goeie fee. En vir my beeldskone beste vriendin. 2.13 “Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het.” (Reël 6) 2.13.1 Wie is die koningin? (1) 2.13.2 Die woord “koningin” het gewoonik ʼn positiewe betekenis. Verduidelik waarom hierdie bynaam ʼn negatiewe beeld van die persoon kon gee. (1) 2.13.3 Hoe het Yann se optrede teenoor die koningin verskil van Amos se optrede? (2) 2.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (2.14) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 2.14 E. Margot en Hanna was in een opsig eintlik dieselfde, omdat albei van hulle … A uitspattig en volgens die nuutste modes wou aantrek. B baie graag beroemde aktrises in Hollywood wou wees. C die hele tyd op dieet was en geoefen het om maer te bly. D gesukkel het om hulleself te aanvaar net soos wat hulle is. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 13 (Vraestel 2) 10022 / 18 2.15 “Ek gaan ʼn storie skryf oor ʼn gemiddelde vaal meisiekind met ʼn onwaarskynlike ma en ʼn selfs meer onwaarskynlike pa.” (Reël 9–11) 2.15.1 Hanna het haarself as ʼn gemiddelde vaal meisiekind beskou. Noem TWEE dinge van Hanna se voorkoms waarvan sy nie gehou het nie. (2) 2.15.2 Wat was dit omtrent Hanna se ma se kleredrag wat haar ma “onwaarskynlik” gemaak het? (2) 2.15.3 Watter lewenstyl van Hanna se pa het hom nog meer onwaarskynlik gemaak? (1) 2.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (2.16) en die antwoord neer. (Camille / Sharon) was Hanna se beeldskone beste vriendin. (1) 2.17 Hanna se gesin het gedurende die vakansie in die berghuis baie dinge saam gedoen. Noem DRIE dinge wat Hanna se gesin saam gedoen het. (3) 2.18 Dink jy Hanna se houding teenoor haar biologiese pa het verander teen die einde van die verhaal? Motiveer waarom jy so dink. (1) 2.19 Skryf in EEN volsin watter belangrike lewenswaarheid die verteller aan die leser oordra. (1) 2.20 Skryf kortliks met watter aspek in Hanna se lewe jy kan identifiseer. (1) [35] VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn Word NIE in Gauteng geassesseer NIE b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 14 (Vraestel 2) 10022 / 18 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G Sy ken die ritueel. Yskas se deur oop. “Tjorrr” word die wyn in die glas geskink. Yskas se deur toe. Vrieskas se deur oop. Ysbak kraak. “Ploinks” val die ysblokkie in die wyn. “Ploinks”, nog een. Vrieskas se deur toe. Stilte. Slukkie. Behaaglike sug ... Lien kyk na Braam. Hy kyk nie terug nie, sit net die televisie harder. 5 Sy ruik iets brand in die kombuis: roereier en roosterbrood. Sy moet seker gaan help, maar sy wil nie. “Kos op die tafel,” roep ʼn stem loom vanuit die kombuis. Braam sit die televisie weer sagter en staan op. Lien weet hy is gewoonlik teen dié tyd rasend van die honger. Sy volg traag. 10 Die pan roereier staan in die middel van die eetblad. Langsaan is ʼn hopie halfverbrande roosterbrood en die oopgesnyde blik boontjies in tamatiesous wat hulle gisteraand net halfpad geëet het. Braam trek ʼn kroegstoeltjie nader en val gulsig weg. Hulle ma leun met haar neus teen die venster en staar deur die kantgordyn 15 na die paar liggies onder in die dal wat hulle skrams deur die woonstel se kombuisvenster kan sien. “Het ons nie ʼn wonderlike view nie?” sug haar ma geel en gelukkig. 4.1 Wie is die “sy” in reël 1? (1) 4.2 Watter probleem het hierdie persoon in VRAAG 4.1 gehad? (1) 4.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (4.3) en die antwoord neer. Lien ken die ritueel in die kombuis omdat sy (weet wat haar ma doen / sien hoe haar ma kosmaak). (1) 4.4 Braam steur hom glad nie aan die gebeure rondom hom nie. 4.4.1 Waarom steur Braam hom nie aan die gebeure rondom hom nie? (1) 4.4.2 Dink jy dat Braam die situasie reg hanteer het? Motiveer jou antwoord. (1) 4.5 Noem TWEE redes waarom Lien haar ma nie regtig in die kombuis wou gaan help nie. (2) 4.6 Waaraan sou Lien se ma moontlik dink toe sy by die venster uitgestaar het? (Reël 15–16) (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 15 (Vraestel 2) 10022 / 18 4.7 Watter uitwerking het Christien se probleem op die kinders se lewe gehad? (1) 4.8 Hoe weet die leser dat die gesin op emosionele vlak sukkel? (1) 4.9 Noem TWEE maniere waarop Lien probeer het om alles in die huishouding te betaal. (2) 4.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (4.10) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 4.10 E. Braam trek ʼn kroegstoeltjie nader en val gulsig weg. (Reël 13–14) Dit beteken dat Braam ... A ʼn seun is wat hou van eet. B nie weet wanneer hy weer gaan eet nie. C al vreeslik honger is en dadelik wil begin eet. D al te veel geëet het, maar nie sy ma wou sleg laat voel nie. (1) 4.11 Hoe verskil Braam en Lien se reaksie op hulle ma wat drink? (2) 4.12 Hoe sou jy gevoel het as jy in Lien se skoene was? Gee TWEE gevoelens en motiveer jou antwoorde. (2) 4.13 Dink jy dit is regverdig dat ʼn kind soveel verantwoordelikheid moet hê? Motiveer jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 16 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS H “En ...?” “En wat?” “Wat sê Ma, jou idioot?” “Sy kom dalk einde van die week huis toe. Tannie Bets sal haar bring.” Kan dit al vier weke wees? dink Lien benoud. Sy weet nie wat om te voel 5 nie. Sy weet nie wat om te verwag nie. Sy wou nog . . . Sou haar ma regtig nie meer . . .? Tibbey is reg oor die winter. Dis beter op straat as tydens die warm somermaande. Sy vermoed dis koud soggens, maar wanneer sy net ná twee by haar hoek inval, is dit lekker warm. Sy moes al selfs haar trui ʼn paar keer 10 uittrek omdat dit te warm geword het. Dis net Roos wat aanhoudend oor die koue kla. Al het sy ʼn paar baie dik pantyhose aan en ʼn dik pienk trui met ʼn dik pienk gebreide wolmus oor haar stywe kapsel, kla sy elke tea break oor die koue. “You’re getting an old tannie, Roos,” spot Tibbey. “You must take a bietjie 15 sjerrie soos ou Johnny. Dit sal jou bene warm maak.” Roos strip haar en gee ʼn snork. “Ek wil niks van daai mens hoor nie en ek suip nie!” Lien is bly vir Roos se onthalwe toe die lente aanbreek. 4.14 Waar is Christien Jooste op hierdie oomblik? (1) 4.15 Waarom het Lien skuldig gevoel toe sy gehoor het dat haar ma weer huis toe kom? (1) 4.16 Wat is die groot vraag wat Lien oor haar ma het? (1) 4.17 Wat is die funksie van die oop spasie in die uittreksel? (Reël 6–7). (1) 4.18 Bewys waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Tibbey was niemand se pel nie. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 17 (Vraestel 2) 10022 / 18 4.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (4.19) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 4.19 E. Dit is net Roos wat aanhoudend oor die koue kla. (Reël 11–12) Roos het aanhoudend oor die koue gekla omdat sy ... A al ouer is as Lien en Tibbey en makliker koud kry. B nie meer so lank soos Lien en Tibbey kan staan nie. C gewoond daaraan is om baie warm in die somer te kry. D nie warm klere het wat haar teen die koue beskerm nie. (1) 4.20 Waarom sou Roos niks van Johnny wou hoor nie? (1) 4.21 Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.21.1 – 4.21.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.21.1 Hierdie karakter leer Lien van die lewe op A Lien die straat B Tannie Bets 4.21.2 Hierdie karakter probeer om te sorg vir kos in die huis C Roos 4.21.3 Hierdie karakter is onverantwoordelik D Christien 4.21.4 Hierdie karakter is bekommerd oor die E Wouter kinders (4 x 1) (4) 4.22 Dink jy Tibbey het goeie raad teen die koue gehad? Motiveer jou antwoord. (1) 4.23 Noem DRIE moontlikhede wat Lien en Braam kon doen om hulle situasie te verbeter. (3) 4.24 Lien se houding het aan die einde van die verhaal verander. 4.24.1 Waarom het Lien se houding verander? (1) 4.24.2 Hoe het Lien se houding verander? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 18 (Vraestel 2) 10022 / 18 AFDELING B: DRAMA VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS I PLANK. Ek is mos nou ʼn man. Moenie lat dit jou bodder lat ons by die stiefpa moet bly nie. Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle kom die lot by my bly. MOSIE. En Poppie het vir hulle gesôre, en ma Lena se kinders opgepas, totdat ouma Hannie siek geword en afgesterwe het ... 5 Ouma Hannie sit eenkant op trommel. Poppie en Mosie draai na haar. OUMA HANNIE. (probeer orent kom). Daar’s ʼn hoë boom. ʼn Boom sonder end, dit groei op en op in die hemel in op. Die boom buig af en kom af na my, die takke van die boom kom en sê vir my: jou tyd is nie meer ver nie. POPPIE. Stil, Ouma, Ouma moet nou rus ... 10 OUMA HANNIE. Sing vir my. Sing “Guide me, o thy great Jehovah.” Hulle begin sing. Ouma Hannie lê terug. Lig doof uit op haar. Singend beweeg ander af. Poppie bly agter. POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis. Ek en Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama het bedags die kinders vir my 15 gebring om op te pas terwyl sy in die fabriek gewerk het. Veleli, Katie, en die laasgeborene, Eric wat ons Jakkalsie genoem het, of sommer Jakkie, en vir hom was ek die liefste. 5.1 Wat was die familieverband tussen Poppie en ouma Hannie? (1) 5.2 Waarom was Poppie en haar broers meer geheg aan ouma Hannie as aan ma Lena? (1) 5.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (5.3) en die antwoord neer. Poppie se stryd teen die paswet maak haar die (protagonis / antagonis). (1) 5.4 Noem DRIE redes waarom ouma Hannie die boom (reël 7–9) sien. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 19 (Vraestel 2) 10022 / 18 5.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (5.5) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 5.5 E. Ouma Hannie was lief vir Poppie en het haar groot gemaak, want Poppie ... A se ma was ʼn streng vrou. B se pa het nie vir hulle gesorg nie. C was nie ʼn kind met selfvertroue nie. D was Ouma Hannie se gunsteling kleinkind. (1) 5.6 “Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle kom die lot by my bly.” (Reël 2–3) Watter rol vertolk Plank hier? (1) 5.7 Dink jy dat dit ʼn goeie idee is dat ʼn minderjarige kind moet werk? Motiveer jou antwoord. (2) 5.8 “Ek is mos nou ʼn man.” (Reël 1) Verduidelik in jou eie woorde wat Plank hiermee bedoel. (1) 5.9 “En Mama het bedags die kinders vir my gebring ...” (Reël 15–16) 5.9.1 Verduidelik wat Poppie gedurende die dag gedoen het. (1) 5.9.2 Waarom het Mama die kinders na Poppie geneem? (1) 5.10 Dink jy dat Poppie en ma Lena se lot amper dieselfde was? Motiveer jou antwoord deur hulle gesinslewe te vergelyk. (1) 5.11 Kies ʼn karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (5.11.1 – 5.11.4) neer. KOLOM A KOLOM B 5.11.1 Plaatjie se vrou met ʼn hoë stamneus A Poppie 5.11.2 Moes op negejarige ouderdom skool B Ouma Kappie verlaat C Ma Lena 5.11.3 Sy het haar kleinkinders grootgemaak D Mamdungwana 5.11.4 Moes haar hele lewe werk om haar kinders te versorg E Ouma Hannie (4 x 1) (4) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 20 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS J POPPIE. Bonsile, Nomvula, Thandi. Fezi, my skapies, my lammetjies, my verlore, arme skapies, wat ek sonder ʼn mama moes los, het dit julle ingehaal? Wat het ek gesondig? Ek wat gedink het: julle is daaruit, julle is uit die moeilikheid, lat die ander mamas se kinders maar swaar kry, lat hulle hier in die stede brand maak en klip gooi en geskiet en geslaan 5 worde, julle is daaruit. Vir julle het ek swaar gekry sodat julle in vrede kon lewe en skoolgaan, weg uit die moeilikheid uit. En nou het dit julle ook ingehaal. Nou het die dag van moelikheid oor ons almal toegesak, soos Jakkie gesê het, lat die dak van die jail oor die lokasie kom, lat die hele lokasie ʼn jail word, cause why, we’re born to die. Lat julle almal in die selle 10 kom, Bonsile, my kind met sterk hande wat so sag soos sy tata sʼn streel oor die baard van die mielie wat ryp word. Nomvula met die sagte vol lyf, met soet sang wat uit haar keel kom soos sy in die skoolkore staan en die Here verheerlik, en Thandi, wat neurie oor die vuurtjie, wat oor die heuwels van die land loop en sing. 15 (Dan skrik sy.) Fezi ... Fezi ... in die naam van die Here, Mosie, is Fezi ook in Herschel? Is hy ook gevang? 5.12 Hoekom het Poppie verkies om haar kinders na Herschel te neem? (1) 5.13 Wat het gebeur wat Poppie laat besef dat haar kinders nie meer veilig in Herschel is nie? (1) 5.14 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (5.14) en die antwoord neer. "... julle is uit die moeilikheid, ... " (Reël 3–4) Moeilikheid verwys hier na (die onluste / ʼn bakleiery met die bure). (1) 5.15 "Vir julle het ek swaar gekry ..." (Reël 6) 5.15.1 Na wie verwys die “julle”? (1) 5.15.2 Waarom is Poppie se woorde ironies? (2) 5.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (5.16) en die antwoord neer. Poppie het haar kinders (by haar ma gelos / weggestuur dorp toe) om hulle te beskerm (1) 5.17 Waarom kan ons sê dat Poppie ʼn verskrikte moeder was? Gee TWEE feite. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 21 (Vraestel 2) 10022 / 18 5.18 “Ek wat gedink het: julle is daaruit, julle is uit die moeilikheid, ...” (Reël 3–4) Wat impliseer Poppie met die woord moeilikheid? (1) 5.19 Gee TWEE redes waarom die paswet Poppie se huwelik en gesinslewe beïnvloed het. (2) 5.20 Gee EEN rede waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Poppie het haar kinders by haar ma in Herschel gelos. (1) 5.21 “... is Fezi ook in Herschel? Is hy ook gevang?” (Reël 16–17) 5.21.1 Wie van Poppie se seuns het die polisie in hegtenis geneem? (1) 5.21.2 Dink jy dit was regverdig dat die polisie Poppie se kind arresteer in plaas van die skuldige persoon? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) 5.22 Hoe sal jy reageer as die regering jou na ʼn afgeleë landelike gebied verskuif? Motiveer jou antwoord. (1) [35] b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 22 (Vraestel 2) 10022 / 18 VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K 53. Dis Vrydagmiddag. Hendrik, Nollie, Katrien en Willem op die stoep bymekaar. Hulle speel plate. Hendrik skink twee doppies en maak uit die plastiekgieter vol. Willem staan in die middel van die stoep met ʼn sakdoek. HENDRIK (baie in sy skik, tot Willem): Waar leer jy die goed? Leer jy dit by die skool of wat? (Willem skud sy kop.) Hier, Nollie. (Hy gee Nollie se dop aan.) 5 Vat so. Ons drink op hierdie klein toornaar! (En weer tot Willem) Doen dit weer, ek sien. KATRIEN: Maar stadig hierdie keer. Ons wil sien hoe doen jy dit. (Willem haal ʼn muntstuk uit sy sak, sit dit op sy sakdoek en bind dit toe. Almal kyk. Ook Emma, wat intussen met ʼn skinkbord koffie uitgekom het.) Stadig nou. Ons wil 10 mooi sien. Willem swaai die sakdoek ʼn paar keer in die rondte. Dan knoop hy dit oop. Die muntstuk is weg. Almal bars uit van die lag en maak ʼn bohaai. HENDRIK: Hierdie kind, ek sê jou, sy kop is nie plat nie. Hy gaan nog 15 president word. EMMA: Hy moet eers weer leer praat. Koffie, iemand? KATRIEN: Emma, los dit. HENDRIK (tot Emma): Praat sal hy nog praat. Wag maar. Pleks jy liewerster leer vry. Vra vir Nollie. Hy sal jou leer. 20 6.1 Hoe weet ons dat Hendrik baie lief vir musiek is? (1) 6.2 By wie het Willem die toertjies geleer? (1) 6.3 Die McDonald-gesin ontspan op hierdie Vrydagmiddag buite op die stoep terwyl hulle na musiek luister. 6.3.1 By wie het Hendrik van die plate waarna hy so graag luister, gekry? (1) 6.3.2 Noem TWEE sangers van wie Hendrik baie gehou het. (2) 6.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (6.4) en die antwoord neer. Die toertjies help Willem om meer (selfvertroue / wantroue) in sy eie vermoëns te kry. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 23 (Vraestel 2) 10022 / 18 6.5 “Vat so. Ons drink op hierdie klein toornaar.” (Reël 6) Noem DRIE ander toertjies waarmee Willem sy gesin ook vermaak het. (3) 6.6 “Almal bars uit van die lag en maak ʼn bohaai.” (Reël 14) Noem EEN ander geleentheid waartydens die gesin ook baie gelukkig was en gelag het. (1) 6.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (6.7) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 6.7 E. “EMMA: Hy moet eers weer leer praat.” (Reël 17) Die toon van Emma se aanmerking klink ... A sarkasties. B liefdevol. C aggressief. D hartseer. (1) 6.8 Kies die handeling in KOLOM A wat by die karakter in KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.8.1 – 6.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.8.1 Speel somtyds op die konsertina A Dominee 6.8.2 Was gereeld die vadoeke B Manuel 6.8.3 Werk gereeld aan die motor C Katrien 6.8.4 Beskuldig die McDonalds dat hulle met D Hendrik duiwelskuns deurmekaar is E Emma (4 x 1) (4) 6.9 “Pleks jy liewerster leer vry. Vra vir Nollie. Hy sal jou leer.” (Reël 19–20) Verduidelik hoe Emma gereageer het nadat Hendrik hierdie opmerking gemaak het. (1) 6.10 Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Katrien het Hendrik ondersteun nadat hy hierdie aanmerking gemaak het. (Reël 19–20) (1) 6.11 Dink jy ouers het die reg om in te meng met hul kinders se keuses van vriende? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 24 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L 143. Nollie en Emma is alleen in die eetkamer. Langsaan in die voorkamer is ʼn gedruis van stemme, musiek en gelag. Emma staan langs ʼn stoel met haar hand op die leuning. Nollie sit sy hand op hare neer. Sy kyk vir hom. En albei weet: dit gaan nou gebeur. Uiteindelik. Sy gesig kom baie stadig nader na hare toe, en haar mond wag onseker vir syne. 5 Die middeldeur vlieg oop en Willem kom binne. Nollie en Emma ruk van mekaar af weg. En Willem steek vas. Hy het ʼn eier in sy een hand en die konsertina in sy ander hand. Hy steek die eier in sy hempsak. EMMA: Kan jy nie klop nie? (Hy staar net terug.) 10 NOLLIE: Waarheen gaan jy met daardie eier? EMMA: Gaan jy al weer met jou trieks begin? WILLEM: Pa sê ek moet. (Hy gaan op die stoep uit. Daar steek ʼn string sakdoeke agter onder sy hemp uit.) 144. Die McDonald-huis se stoep is vol mense wat lag en lawaai. ʼn Mens 15 hoor Hendrik se musiek bokant die rumoer. Hendrik skink met sy tuingietertjie bietjie dam by iemand se dop. 6.12 Dit is duidelik dat daar ʼn partytjie by die McDonalds se huis is. 6.12.1 By watter sosiale geleentheid was al die mense vroeër die aand? (1) 6.12.2 Waarom het die dorpenaars na die McDonalds se huis gekom? (1) 6.13 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (6.13) en die antwoord neer. In reël 4 het Nollie en Emma geweet “dit gaan nou gebeur”. Dit beteken dat (Emma bewus geraak het van Nollie / Nollie sy liefde teenoor Emma gaan verklaar). (1) 6.14 “EMMA: Gaan jy al weer met jou trieks begin?” (Reël 12) 6.14.1 Waarom het Emma gedink dat Willem toertjies gaan doen? (1) 6.14.2 Hoe kan ons aflei dat Emma en Nollie nie toe na Willem se toertjies wou kyk nie? (1) 6.14.3 Waarom was dit ʼn goeie idee dat Willem die kuiermense met sy toertjies vermaak het? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 25 (Vraestel 2) 10022 / 18 6.15 “Die McDonald-huis is vol mense wat lag en lawaai. ʼn Mens hoor Hendrik se musiek bokant die rumoer. (Reël 15–16) 6.15.1 Wie was in die verlede die enigste persoon wat gereeld by die McDonald-gesin gekuier het? (1) 6.15.2 Waarom het hierdie persoon so graag daar gekuier? (1) 6.16 Hoekom, dink jy, is dit belangrik dat die dorpsmense die McDonalds begin aanvaar? (1) 6.17 “Hendrik skink met sy tuingietertjie bietjie dam by iemand se dop.” (Reël 17) 6.17.1 Waarna verwys dam in dié stelling? (1) 6.17.2 Wat lei jy af van Hendrik se karakter? (1) 6.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (6.18) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 6.18 E. Die krisis wat die McDonald-gesin gedwing het om werklik met mekaar te begin praat, was toe ... A die motor langs die pad gebreek het. B Emma beweer het dat sy nooit gaan trou nie. C Willem die hele nag op die stoep geslaap het. D die mans die McDonalds van die Volstruisdans weggejaag het. (1) 6.19 “Die McDonald-huis se stoep is vol mense wat lag en lawaai.” (Reël 15) Waarom het die mense gelag en ʼn lawaai gemaak? (1) 6.20 Hoe het Willem se optrede verander vandat hy weer begin praat het? Gee EEN voorbeeld. (1) 6.21 Hoe weet ons dat Manuel se Paljas ook die gemeenskap gehelp het? (1) 6.22 Noem nog ʼn ander geleentheid wat die McDonald’s óók ʼn vreemdeling in hulle huis verwelkom en gehelp het. (1) 6.23 Wat leer hierdie drama die leser oor vergifnis? (1) [35] b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 26 (Vraestel 2) 10022 / 18 VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M BENJAMIN: Ma, ek is bang. FIELA: Jaag weg die bang. En onthou om nie vir die magistraat baas te sê nie. Jy sê vir hom: my heer. BENJAMIN: Is hy die Here? FIELA: Moenie jou aspris onnooslik hou nie, Benjamin! Hy’s die magistraat, die 5 grootman van die wet. Die een wat voor hom loop staan en lieg, sit sommer met sy gat binne-in die tronk. BENJAMIN: Ma moet saamgaan. FIELA: Daar’s nie plek op die kar nie. BENJAMIN: Eina! Ma was my ore van my kop af. 10 FIELA: Sit stil! Sê vir Ma, hoe het Ma gesê moet jy sê as die magistraat vra wat jou naam is? BENJAMIN: Benjamin Komoetie. FIELA: Wie’s jou ma? BENJAMIN: Fiela Komoetie. 15 FIELA: Wie’s jou pa? BENJAMIN: Selling Komoetie. FIELA: Waar woon jy? BENJAMIN: Wolwekraal in die Lange Kloof. Ons eie grond. FIELA: Hoe’t jy ma se kind gekom? 20 BENJAMIN: Hoe’t Ma nou weer gesê moet ek sê? FIELA: Die Here het jou aan Ma toebetrou. BENJAMIN: Die Here het my aan Ma toebetrou. FIELA: As hy jou laat skryf, dan skryf jy op jou mooiste. As hy jou laat lees, dan lees jy op jou mooiste, soos jy altyd vir Ma die Bybel lees. Oor die somme 25 is Ma nie bekommerd nie. 7.1 Wat is Fiela besig om in hierdie toneel te doen? (1) 7.2 “FIELA: Jaag weg die bang. En onthou om nie vir die magistraat baas te sê nie. Jy sê vir hom: my heer.” (Reël 2–3) Hoekom, dink jy, was Fiela bekommerd dat Benjamin die magistraat “baas” sou noem? (1) 7.3 Noem TWEE redes waarom Benjamin bang is. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 27 (Vraestel 2) 10022 / 18 7.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (7.4) en die antwoord neer. Fiela waarsku in reël 6 en 7 vir Benjamin om nie vir die magistraat te lieg nie, maar die persoon wat uiteindelik gelieg het, was (Fiela / Barta). (1) 7.5 Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Benjamin Komoetie het in ʼn liefdelose huis onder moeilike omstandighede grootgeword. (1) 7.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (7.6) en die antwoord neer. Die dramaturg berei ons voor op die naderende tragedie wanneer Fiela praat van (die valk wat haar mooiste kuiken gevang het / die volstruiswyfie wat hulle gekoop het). (1) 7.7 Fiela en Selling Komoetie het op Wolwekraal in die Lange Kloof gebly. Noem DRIE dinge waarmee hulle ʼn lewe gemaak het. (3) 7.8 Verduidelik waarom Fiela in hierdie uittreksel so kwaai en ongeduldig met Benjamin praat. (1) 7.9 Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (7.9.1 – 7.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.9.1 Hy moes dorp toe gaan om die skaapvelle en A Benjamin karwatse te ruil vir ʼn hemp en skoene vir Benjamin. B Selling 7.9.2 Hy is baie lief daarvoor om skuite te maak en daarmee op die water te speel. C Dawid 7.9.3 Hy is wys, maar sieklik en totaal afhanklik van Fiela. D Tollie 7.9.4 Hy is in die tronk, omdat hy mes gesteek het. E Elias (4 x 1) (4) 7.10 Watter innerlike konflik ondervind Fiela nadat Benjamin weggeneem is dorp toe? (1) 7.11 “Oor die somme is Ma nie bekommerd nie.” (Reël 25–26) Verduidelik waaroor Fiela eintlik bekommerd is. (1) 7.12 Dink jy die twee mans wat vir Benjamin kom haal het, het die situasie reg hanteer? Verduidelik jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 28 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS N SELLING: Fiela ... daar kom iemand in die onderste pad aan. Hy’t ver geloop, mens kan sien. FIELA: Ja, Selling. Kyk maar dat jy aan die loop bly. (SELLING loop af.) Arme Selling. (Roep.) Lig op jou voete, Selling! Kittie, kyk na die kos en ruik die pampoen. (Pouse.) Here? (Pouse.) Here? (Op 5 band.) Here, dis ʼn droom; ek gaan val en ek gaan wakker word. Dis nie waar nie. Moenie dat ek ʼn ding sien wat nie waar is nie. (SELLING en LUKAS op.) Maar toe staan hy daar. Treë van my af. Benjamin. ʼn Lange mooie man in vuil flenterklere, maar met ʼn fierheid in sy bloue oë. En dis nie Benjamin my hanskind nie, dis ʼn man. ʼn Wit man. En my hande wil na 10 hom uitgaan, maar hulle bly langs my sye hang. Nooit het ek aan hom as wit gedink nie; aan groot, maar nie as wit nie. En nou, Here? LUKAS: Groet Ma my nie? FIELA (op band) Hy’t my Má genoem? Loof die Here, o my siel. Here, hou my bene styf sodat ek hierdie hemel regop beleef vandag. 15 LUKAS: Moenie so huil nie, Ma. Ek het gekom. In die sak is ʼn vis. As ek reg onthou, het iemand destyds gesê ek moet ʼn vis saam terugbring. Moenie huil nie, kyk, ek het die vyf sjielings ook nog. 7.13 Sewe jaar gelede was dit ook Selling wat eerste die twee mans wat by die Komoetie-huis besoek afgelê het, raakgesien het. Wat het die twee mans gedoen? (1) 7.14 “Here?” (Pouse.) Here? (Op band.) Here, dis ʼn droom; ... ” (Reël 5–6) Wat kon ʼn mens aflei van Fiela se gemoedstoestand uit die herhaling van die woord “Here”? (1) 7.15 Lukas is terug in die Lange Kloof. Waarom het hy teruggegaan? (1) 7.16 Lukas het vir Nina gesê dat hy vir twee weke wou teruggaan na die Lange Kloof, maar hy het uiteindelik baie langer gebly. Hoe lank het hy hierdie keer in die Lange Kloof gebly? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 29 (Vraestel 2) 10022 / 18 7.17 “LUKAS: Groet Ma my nie?” (Reël 13) 7.17.1 Dink jy Lukas het die reg om Fiela “Ma” te noem? Motiveer jou antwoord. (1) 7.17.2 Verduidelik hoe Fiela gevoel het nadat Lukas haar as “Ma” aangespreek het. (1) 7.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (7.18) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 7.18 E. In die drama is daar drie plekke wat Lukas besoek. Die vis wat Lukas vir Fiela-hulle bring, verteenwoordig een van hierdie ruimtes, naamlik ... A Gouna se Bos. B die dorp, Knysna. C Knysna, die bos. D die Lange Kloof. (1) 7.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (7.19) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 7.19 E. Fiela het destyds vir Lukas die vyf sjielings (reël 18) gegee, sodat ... A Lukas die magistraat kon omkoop. B Lukas vir homself sou kon sorg op die dorp. C die Van Rooyens kon sien dat Fiela-hulle ryk was. D die magistraat kon sien dat die Komoeties geld gehad het. (1) 7.20 Selling was bly dat Lukas teruggekeer het na die Komoeties. 7.20.1 Waarom het Selling vir Lukas met die verlore seun vergelyk? (1) 7.20.2 Met wie het Fiela haarself sewe jaar gelede vergelyk? (1) 7.21 Die Komoeties het sewe jaar gewag voor Lukas (Benjamin) teruggekom het. 7.21.1 Waarom het die Komoeties Lukas dadelik herken? (1) 7.21.2 Waaroor, dink jy, het die Komoeties gepraat terwyl die Komoeties om Selling se siekbed gesit het? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 30 (Vraestel 2) 10022 / 18 7.22 Wat is die funksie van Fiela se stem op band? (1) 7.23 Lukas (Benjamin) tree dadelik op asof hy weer by die huis is toe hy by Fiela se huis kom. Hoe sluit Lukas se optrede aan by die titel? (1) 7.24 Watter vooroordeel kom in hierdie drama voor? (1) 7.25 Waarom, dink jy, is Fiela ʼn rolmodel? (1) 7.26 Sou jy sê dat hierdie drama ʼn gelukkige einde het? Motiveer jou antwoord. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 31 (Vraestel 2) 10022 / 18 AFDELING C: KORTVERHALE SPIEËLBEELDE Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale. VRAAG 8 "ROEP VAN DIE VLEIKUIKEN" – Margaret Bakkes Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O “Toemaar Ma, oor ses weke is ek reg soos ʼn roer, sê die dokter.” Maar die dokters het vir hom gelieg. *** Dis toe dat hy begin leer het: ʼn grootmens weet ook nie alles nie. Ses weke het vier maande geword. Vier maande in gips en op krukke. Sodat sy meisie op ʼn aand met ʼn ander ou sokkiejol toe is en vir hom daarna ʼn briefie 5 geskryf het dat hulle mekaar liewer nie weer moet sien nie. Van ʼn tjommie het hy gehoor dat sy loop rondvertel dat hy verander het – sy sien nie kans vir so ʼn befoeterde ou nie en buitendien, gʼn mens kon die reuk van sy gipsbeen verduur nie. Pêlle het al minder geword. Hy kon hom nie roer sonder sy ma nie. Skool toe, 10 hospitaal toe, skool toe, hospitaal toe. Fliek toe kon hy nie met sy sementbeen nie. Kerk toe ook nie. Hy kon sy ma later nie meer vat nie. En daaroor het hy ook soos ʼn hond voel. En na vier maande was die been wragtig nie aangegroei nie. Dit was kort voor die matriekeksamen. ʼn Operasie in dié stadium sou hom sy matriekjaar kos. 15 8.1 Waar was die jong man toe hy oor die verlede gedink het? (1) 8.2 Wat is die tema van hierdie verhaal? (1) 8.3 Verduidelik of die titel by die gebeure aangesluit het. (1) 8.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (8.4) en die antwoord neer. Die (naggeluide / stadsgeluide) het ou herinneringe teruggebring. (1) 8.5 Watter tipe voertuig het die ongeluk veroorsaak? (1) 8.6 Watter besering het die jong man opgedoen? (1) 8.7 Hoekom het die jong man gedink dat die dokter vir hom gelieg het? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 32 (Vraestel 2) 10022 / 18 8.8 Hy kon hom nie roer sonder sy ma nie. (Reël 10) Noem DRIE dinge wat sy vir hom gedoen het om hom te help. (3) 8.9 Kies die uitkoms in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (8.9.1 – 8.9.3) neer. KOLOM A KOLOM B 8.9.1 Hy het ʼn brief gekry. A Dit was ʼn tydelike aanstelling. 8.9.2 Hy het die toets deurgestaan. B Die woestynjare is verby. 8.9.3 Hy het sy eie staproete gekry. C Dit was ʼn permanente 8.9.4 Hy het uit die stad wildtuin toe aanstelling. getrek. D Doelloosheid het ʼn doel geword. E Die stad was ʼn bedreiging. (4 x 1) (4) 8.10 Die jaar in die Caprivi het die jong man gelukkige en hartseer oomblikke gebring. 8.10.1 Wie het die jong man se emosionele pyn veroorsaak? (1) 8.10.2 Waarom het hierdie persoon in VRAAG 8.10.1 daardie besluit geneem? (1) 8.11 Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Na die ongeluk het baie van sy vriende hom ondersteun. (1) 8.12 Dink jy dat die stad ʼn goeie plek vir die beseerde jong man is? Motiveer jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 33 (Vraestel 2) 10022 / 18 "DIE BALLADE VAN ROBBIE DE WEE" – Deon Meyer Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS P Ek sê hy moet dit alles so gou moontlik probeer vergeet. Dit was nie sy skuld nie. Hy knik net, en vee die trane met ʼn hempsmou weg. Dan gaan stort ek, betaal vir my kamer, en ek ry. Huis toe. Anderkant Winburg hoor ek die loei van ʼn sirene agter my. 5 Ek sien die polisievoertuig in die spieël, die blou ligte wat draai. Angs verlam my. Alles is verlore. Ek oorweeg dit, in daardie verskriklike oomblik, om die sitplekgordel los te knip, die stuurwiel te pluk, om die Caddy te laat rol. Ek sien nie kans vir die vernedering nie. Maar ook hieroor is ek nie dapper genoeg nie. Ek hou langs die pad stil. 10 Die motor flits verby. Dit was nie vir my nie. *** My selfoon lui by die vulstasie naby Kroonstad. Onbekende nommer. Ek antwoord met ʼn “Ja?” “Is dit Len Lategaan?” “Ja.” 15 “Jy is die bestuurder van Robbie de Wee?” “Wie praat nou?” “My naam is Jeff Maree. Ek is ʼn private speurder. Ek ondersoek ʼn saak van ʼn jong vrou wat na De Wee se konsert weggeraak het ...” Kan nie wees nie. Ek sterf. Ek stamel. “Daar was gisteraand vierhonderd 20 mense ...” “Nie gisteraand nie,” sê hy. “Verlede week, in Upington. Ek verteenwoordig haar ouers. Ek sal graag met hom wil gesels.” 8.13 Waarom wou Len die Caddy laat rol? (1) 8.14 Hoekom het Robbie vir Len na sy hotelkamer geroep? (1) 8.15 Robbie het gelieg oor die vrou wat in sy hotelkamer gesterf het. Gee EEN rede wat hy aan die begin gegee het en EEN rede wat hy aan die einde van die storie gegee het. (2) 8.16 “Ek sien die polisievoertuig in die spieël, die blou ligte wat draai.” (Reël 6) 8.16.1 Waarvandaan het Len gekom toe hy die blou ligte sien? (1) 8.16.2 Hoekom was Len bang toe hy die blou ligte gesien het? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 34 (Vraestel 2) 10022 / 18 8.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (8.17) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 8.17 E. Die enigste manier waarop Robbie Len se simpatie kon kry, was om ... A baie geld te gee. B histeries te wees. C geskenkies te koop. D opgewonde te klink. (1) 8.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (8.18) en die antwoord neer. Len het vir die media vertel dat Robbie aan (frustasie / depressie) gely het. (1) 8.19 “Ek ondersoek ʼn saak van ʼn jong vrou wat na De Wee se konsert weggeraak het ...” (Reël 18–19) 8.19.1 Wie is die jong vrou in hierdie sin? (1) 8.19.2 Dink jy dat die jong vroue en Robbie dieselfde motief gehad het toe hy hulle na sy konsert uitnooi? (2) 8.20 “Hy knik net, en vee die trane met ʼn hempsmou weg.” (Reël 3) 8.20.1 Verduidelik hoekom die stelling hieronder ONWAAR is. Robbie was gelukkig om Len te groet. (1) 8.20.2 Wat het Len se loopbaan as ʼn musiekpromotor geruïneer? Noem DRIE feite. (3) 8.21 Dink jy dat Len die regte ding gedoen het om Robbie te help? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 35 (Vraestel 2) 10022 / 18 AFDELING D: GEDIGTE VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte. VRAAG 9 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. PRYSLIED – Antjie Krog 1 in die sandkliphart 2 vandag 3 staan hy 4 kop en skraal skouers staan hy bo almal uit 5 houtskool en as is sy hare 6 hy, die sandkleurige seun uNosekeni 7 uNosekeni die ma van Mandela 8 hy, die man met die vlesige palmkussings 9 hier staan hy 10 uit die gevestigde familie van uNgubengcuka 11 die seun van Dalindyebo 12 die seun van Mandela 13 hy van die rivieroewers by iNqunu 14 heelmaker uit die Thembu-stam 15 ʼn klein swart ster priem sy bolip 16 ons prys hom 17 hy wat nie lag nie en nie huil nie 18 eerste ratelaar van Umkhonto we Sizwe 19 die swart pimpernel 20 hy wat nie lag nie en ook nie huil nie 21 hier staan hy dan nou voor ons 22 Nelson Rolihlahla Mandela 23 getrokke tak van lank gelede 24 die sleepsel van sy blare lê wyd 25 legendaries is hy – opspoorder van harte 26 hy maak die pante bymekaar 27 van ʼn verskeurde land 28 hy draai ons na mekaar toe vir mekaar 29 hy, heelmaker van mense 30 hy stig vrede 31 vrede, die ma van groot nasies b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 36 (Vraestel 2) 10022 / 18 9.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (9.1) en die antwoord neer. Hierdie gedig is ʼn voorbeeld van ʼn (limeriek / liriese gedig). (1) 9.2 “in die sandkliphart” (Reël 1) 9.2.1 Waarna verwys “sandkliphart”? (1) 9.2.2 Watter belangrike gebeurtenis in Nelson Mandela se lewe het by hierdie plek plaasgevind? (1) 9.3 Kies die betekenis in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (9.3.1 – 9.3.4) neer. KOLOM A KOLOM B 9.3.1 “houtskool en as is sy hare” (Reël 5) A Hy het ʼn ernstige geaardheid. 9.3.2 “ ʼn klein swart ster priem sy bolip” (Reël 15) B Hy leer mense om om te gee. 9.3.3 “hy wat nie lag nie en nie huil nie.” (Reël 17) C Dit is swart en grys. 9.3.4 “hy maak die pante bymekaar” D Hy maak dinge heel. (Reël 26) E Dit is ʼn moesie. (4 x 1) (4) 9.4 In hierdie pryslied vir Nelson Mandela word hy verskeie name genoem. 9.4.1 Wat noem die spreker Mandela? (Strofe 1) (1) 9.4.2 Die joernaliste noem Mandela “ratelaar”. (Reël 18) Watter ander naam het die joernaliste ook vir Mandela gegee? (1) 9.4.3 Verduidelik waarom joernaliste hierdie ander naam vir Mandela gegee het. (1) 9.5 “kop en skraal skouers staan hy bo almal uit” (Reël 4) 9.5.1 Verduidelik die denotatiewe betekenis van hierdie reël. (1) 9.5.2 Verduidelik die konnotatiewe betekenis van hierdie reël. (1) 9.6 Skryf TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die gedig neer wat sê dat Nelson Mandela die leier van Umkhonto we Sizwe was. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 37 (Vraestel 2) 10022 / 18 9.7 Haal EEN reël uit die gedig aan wat sê dat die stelling hieronder ONWAAR is. Nelson Mandela het reeds vroeg in sy lewe president van Suid-Afrika geword. (1) 9.8 Die metafoor in reël 23–24 verduidelik die betekenis van Nelson Mandela se naam “Rolihlahla”. 9.8.1 Verduidelik wat hierdie naam beteken. (1) 9.8.2 Verduidelik wat die metafoor beteken. (1) 9.9 Dink jy almal in Suid-Afrika het dieselfde oor Nelson Mandela gevoel? Motiveer jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 38 (Vraestel 2) 10022 / 18 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. BY DIE ROBOT IN EERSTELAAN – Marita van Aswegen 1 twee pare voete girts oor die teer 2 sy arm en nek is so styf en seer 3 sy bene so lam van gister se staan 4 ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan 5 motors se bande knars tot stilstand 6 in die blikkie klingel vyf sent en ʼn rand 7 hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan 8 hier by die robot waar hy die dag omstaan 9 sy arm word gepluk en geruk en hy skrik 10 toe sy voet dom oor ʼn pyp eenkant toe swik 11 “ons beter geld kry, of ek los jou hier,” 12 sis die tsotsi en sy asem ruik na bier 13 sy hart klop vinnig soos dié van ʼn bang kind 14 hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind? 15 die verkeerslig klik en die enjins brul saam 16 sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan 17 trieng, trieng lui ʼn fiets se klokkie 18 hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie 19 die verkeerslig klik en bande skuur oor teer 20 sy arm en skouer is so styf en so seer 21 ʼn motorruit tjier af en ver weg dreun ʼn bus. 22 as die dood hom tog net wil kom haal 23 dan kan hy vir ewig en altyd rus 24 die tsotsi skraap sy keel en spoeg ʼn straal 25 geld klingel in die blikkie en lê dan stil 26 die duiwe koer en ʼn kindjie jil 27 “mammie hy’s blind,” piep ʼn dogtertjie sag 28 hy draai sy kop skuins en hy wag 29 “hier is nog tien rand,” sê die vrou 30 “koop vir jou iets om aan te kou” 31 die verkeerslig klik en hy hou aan met wag 32 die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 39 (Vraestel 2) 10022 / 18 9.10 Waar vind die gebeure in die gedig plaas? (1) 9.11 Verduidelik hoe die bedelaar soos ʼn robot optree. (1) 9.12 Motiveer met DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Die bedelaar staan alleen by die robot en bedel. (1) 9.13 Watter sintuig het die bedelaar die meeste gebruik? (1) 9.14 Kies die KORREKTE antwoord om die stelling mee te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (9.14) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 9.14 E. Reël 7: “hy ruik die vis-en-tjipswinkel van Eerstelaan” suggereer dat die bedelaar ... A honger is vir iets om te eet. B vir geld bedel om kos te koop. C ver moet stap om kos te koop. D elke dag vis en tjips kry om te eet. (1) 9.15 Die bedelaar hoor motors stop en wegtrek. Noem EEN ander vervoermiddel wat hy ook hoor. (1) 9.16 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (9.16.1 – 9.16.2) neer. dreig; gevaarlik; dwing; genade ʼn Tsotsi (9.16.1) ... ʼn blinde man om by ʼn verkeerslig te bedel. Die tsotsi is genadeloos en (9.16.2) ... om die blinde man nie terug te vat na sy slaapplek toe as hy nie genoeg geld kry nie. (2) 9.17 Waarom sê die spreker die bedelaar se voet is “dom”? (Reël 10) (1) 9.18 Haal EEN reël aan wat sê dat die bedelaar bang raak wanneer die tsotsi hom mishandel. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 40 (Vraestel 2) 10022 / 18 9.19 Kies die term in KOLOM B wat die by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer neer. KOLOM A KOLOM B 9.19.1 “sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan” A Vergelyking 9.19.2 “trieng, trieng lui ʼn fiets se klokkie” B Personifikasie 9.19.3 “sy hart klop vining soos dié van ʼn bang C Klanknabootsing kind” D Alliterasie 9.19.4 “as die dood hom tog net wil kom haal” E Assonansie (4 x 1) (4) 9.20 Hoekom, dink jy, wou die bedelaar nie meer lewe nie? (1) 9.21 Waaruit lei jy af dat die tsotsi ʼn slegte persoon is? (1) 9.22 Hoe het die bedelaar die gevoel gekry dat die dogtertjie juis vir hom geld gaan gee? (1) 9.23 Dink jy dat dit ʼn goeie idee is om bedelaars op straathoeke geld te gee? Motiveer jou antwoord. (1) [35] TOTAAL AFDELING D: 35 TOTAAL: 70 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all