Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202228 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022, 28 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Gauteng Mock Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10022 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 TYD: 2½ uur PUNTE: 70 28 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 (Vraestel 2) 10022/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) AFDELING D: Gedigte (35) 3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg: AFDELING A: ROMAN Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het. AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het. AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het. 4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help. 5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 (Vraestel 2) 10022/22 INHOUDSOPGAWE Kies TWEE afdelings. AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Kringe in ʼn bos 35 Nie in Gauteng getoets nie 2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 5 3. Meeulanders 35 Nie in Gauteng getoets nie 4. Lien se lankstaanskoene 35 9 OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 5. Poppie – Die Drama 35 Nie in Gauteng getoets nie 6. Paljas 35 13 7. Fiela se kind – Die Drama 35 17 OF AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 8.1 ʺVegvlieënier Vivianʺ 18 21 EN 8.2 ʺVan Precious: ʼn Buisie salfʺ 17 23 OF AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 9.1 ʺDie boodskapperʺ 18 25 EN 9.2 ʺPalimpsesʺ 17 27 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 4 (Vraestel 2) 10022/22 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. GETAL VRAE DUI AAN AFDELING VRAAGNOMMERS BEANTWOORD () A: Roman 1–4 1 B: Drama 5–7 1 C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale) D: Gedigte 9 1 (2 gedigte) LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 (Vraestel 2) 10022/22 AFDELING A: ROMAN Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. VRAAG 1: KRINGE IN ʹN BOS – Dalene Matthee HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS C 3. Bloedvingers, suikervingers, groenvingers ... ʺOns beplan ʼn gróót partytjie in die gramadoelas!ʺ Watse partytjie, vra ek verbaas, ek dog dis net Sharon wat kom? Maar Mana maak of sy my nie hoor nie en vertel vir Gavin van hierdie stunning huis op ʼn berg waar ons gaan vakansie hou, laat 5 dit soos ʼn vyfsterhotel klink, tot Gavin haar omtrent soebat om hom saam te nooi. ʺOukei, dan bly jy oor vir ʼn nag of twee,ʺ sê Mana ingenome. Maak of sy nie sien hoe wanhopig ek my kop skud nie. ʺWil jy iemand saambring? Die huis is groot genoeg, hoor!ʺ 10 Net nie dít nie, dink ek, te wanhopig om selfs my kop te skud. *** Intussen wonder ek of ek rêrig ʼn sielkundige riller wil skryf. Ek be- doel, as ek nou vir Fabienne toelaat om haar gesinslede een vir een dood te wens, gaan sy óf in ʼn weeshuis óf in ʼn malhuis be- land. Oukei, miskien gaan sy fantastiese kunswerke skep terwyl sy 15 in ʼn gestig toegesluit is ̶ maar wat word dan van my? Die hele punt is tog dat ek my lewe wil omruil met hare. Ek wil by die tandarts en die groenvingervrou gaan woon. Ek wil ʼn suster hê wat elke aand vir my sjokolademousse maak. Ek is bevrees daar is net één oplossing. Ek sal van Fabienne ont- 20 slae moet raak. Soms dwing die lewe ʼn mens om wrede keuses te maak. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 6 (Vraestel 2) 10022/22 2.1 ʺOns beplan ʼn gróót partytjie in die gramadoelas!ʺ (Reël 1 – 2) Hoekom beplan hulle ʼn partytjie? (1) 2.2 Wat bedoel Mana met die vetgedrukte woord? ʺOns beplan ʼn gróót partytjie in die gramadoelas!ʺ (Reël 1 – 2) (1) 2.3 ʺMaar Mana ... vertel vir Gavin van hierdie stunning huis op ʼn berg ... laat dit soos ʼn vyfsterhotel klinkʺ (Reël 4 – 6) 2.3.1 Wie is die manlike karakter in die aanhaling en watter tipe werk doen hy? (2) 2.3.2 Verduidelik waarom die ʺstunning huisʺ wat soos ʼn vyfsterhotel klink vir Hanna ironies is. (2) 2.4 Hanna wou nie haar biologiese pa by die partytjie hê nie. 2.4.1 Hoe het die verhouding tussen Hanna en haar biologiese pa deur die loop van die roman verander? (1) 2.4.2 Gee TWEE bewyse om jou antwoord in VRAAG 2.4.1 te motiveer. (2) 2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (2.5) neer. Hanna se beste vriendin se naam is … A Margot. B Sharon. C Camille. D Fabienne. (1) 2.6 Die titel van hierdie hoofstuk is ʺBloedvingers, suikervingers, groenvingers …ʺ Kies die persoon in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.6.1 Bloedvingers A Hanna se broer 2.6.2 Suikervingers B Fabienne se pa 2.6.3 Groenvingers C Fabienne se ma 2.6.4 Proefbuisbaba D Fabiene se broer E Fabienne se suster (4 x 1) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 (Vraestel 2) 10022/22 2.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (2.7.1) en die antwoord neer. 2.7.1 Fabienne tree op as Hanna se (alterego/stereotipe) in die roman. (1) 2.7.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 2.7.1. (1) 2.8 ʺIntussen wonder ek of ek rêrig ʼn sielkundige riller wil skryf.ʺ (Reël 12) 2.8.1 Wat, volgens Hanna, sal die riller se naam wees? (1) 2.8.2 Hoe gaan Fabienne in hierdie sielkundige riller dood? (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS D 12. Wat van ʼn ongelukkige einde? Gavin verdien ʼn medalje. Hy moes elke truuk in die boek uithaal om hierdie konsert gereël te kry. Dit het hom omtrent ʼn uur van vlei en soebat en dreig en skel gekos net om die blonde koningin uit haar kamer te kry. Ek weet, want ek het naby die deur gestaan en hulle skaamteloos afgeluister. 5 ʺGavin, poplap, ek woon in Los Angeles,ʺ het sy op ʼn baie sne- dige manier gesê. ʺEk kan in dieselfde restaurant as Tom Cruise of Bruce Willis gaan eet. Ek het nie hierdie konsertjie nodig nie.ʺ *** ʺ ʼn Mislukte ma en ʼn mislukte aktrise. Sou jy nie ook iemand anders wou 10 wees as jy ek was nie? ʺ ʺAs ons praat van mislukte ouers … wel, dan kyk jy waarskyn- lik na die wêreldkampioen.ʺ Gavin het so hard gesug dat ek hom kon hoor. ʺEn as modepop is ek ook maar middelmatig.ʺ ʺMoenie melodramaties wees nie, Gavin.ʺ 15 ʺSien jy wat ek bedoel? Selfs as ek simpatie soek, misluk ek!ʺ Ek dog hy huil. So ʼn snaakse snik in sy stem. Toe besef ek hy lag. Die koningin het ook ʼn wrang laggie gegee. ʺMiskien moet ons ʼn organisasie stig. Mislukkers Anoniem. 'My naam is Margot 20 Jordan en ek is ʼn mislukking …'ʺ ʺJou naam is nie Margot Jordan nie,ʺ het Gavin haar herinner. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 8 (Vraestel 2) 10022/22 2.9 ʺGavin verdien ʼn medalje.ʺ (Reël 1) 2.9.1 Hoekom verdien Gavin ʼn medalje? (1) 2.9.2 Waarom reël Gavin hierdie konsert? (1) 2.9.3 Waar hou Gavin die konsert? (1) 2.10 Gavin het die prys gewen vir die beste item by die konsert. Sê waarom die stelling ONWAAR is. (1) 2.11 ʺEk weet, want ek het naby die deur gestaan en hulle skaamteloos afgeluister.ʺ (Reël 4 – 5). Dink jy dit is reg om ander mense af te luister? Motiveer jou antwoord. (1) 2.12 ʺSou jy nie ook iemand anders wou wees as jy ek was nie?ʺ (Reël 10 – 11) Wat bedoel Margot met hierdie vraag aan Gavin? (1) 2.13 ʺAs ons praat van mislukte ouers … wel, dan kyk jy waarskynlik na die wêreldkampioen.ʺ (Reël 12 – 13) 2.13.1 Gee TWEE redes waarom Gavin homself as ʼn mislukte ouer beskou. (2) 2.13.2 Hoekom beskou Margot haarself as ʼn mislukte ouer? (1) 2.14 Dink jy Gavin en Margot het rede om soos mislukte ouers te voel? Motiveer jou antwoord. (1) 2.15 ʺMiskien moet ons ʼn organisasie stig.ʺ (Reël 19 – 20) Wat is die doel van hierdie organisasie? (1) 2.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter (A – D) langs die vraagnommer (2.16) neer. ʺJou naam is nie Margot Jordan nie,ʺ het Gavin haar herinner. (Reël 22) Margot Jordan se regte naam is … A Magrieta Jordaan. B Maria Johanna Jordaan. C Maria Gertruida Jordaan. D Maria Gertruida Johanna Jordaan. (1) 2.17 Watter innerlike konflik het Margot ten opsigte van haar ma-wees ervaar? (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 (Vraestel 2) 10022/22 2.18 Hou jy van Hanna se karakter? Motiveer jou antwoord. (1) 2.19 Dink aan die volgende karakters in die roman: Mana, Amos en Fabienne. Watter karakter, dink jy, het die grootste rol in Hanna se lewe gespeel? Motiveer jou antwoord deur te sê WATTER rol die karakter in Hanna se lewe gespeel het en HOEKOM daardie karakter Hanna se lewe positief beïnvloed het. (2) [35] VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE. VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS G ʺSal Ma weer drink …?ʺ vra Lien ná ʼn ruk huiwerig. ʼn Wit skoen- lapper kom sit op haar ma se hand. Haar ma kyk na die skoenlapper. ʺDie Here weet, ek weet nie. Harry sê dit bly by jou vir die res van jou lewe.ʺ Sy draai na Lien. ʺMaar ek gaan vrek hard probeer, regtig, regtig.ʺ 5 Daar is so baie wat Lien vir haar ma wil sê, maar sy kry net nie die woorde in haar kop raakgevat nie en dié wat sy wel raakvat, maak dit nie tot by haar droë mond nie. ʺSal ons ooit vir Pa kan vergewe?" vra sy huiwerig. Sy weet nie waar dít vandaan kom nie. 10 *** Die bewaarder bly by die deur staan. Hy beduie Lien moet gaan sit. Sy gaan sit op die harde houtbankie, so ver moontlik van die ander mense af. Dan sien sy hom by die deur inkom aan die ander kant van die ver- trek. 15 Sy voel skielik yskoud. Sy voel trane iewers brand. Haar keel trek toe. Sy kyk en sy kyk. Hy het grys geword. Hy loop effens krom, sy oë soekend. Hy gaan staan toe hy haar sien, kyk roerloos na haar. *** "Ek gaan nie meer regte swot nie," verander sy die onderwerp. 20 Hy lyk teleurgesteld. "Maar daar is mos geld vir julle studies. Niemand het aan julle studie- polisse geraak nie ... En nie alle prokureurs is skelm nie!" sê hy heftig. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 10 (Vraestel 2) 10022/22 4.1 ʺSal Ma weer drink …? ʺ (Reël 1) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. 4.1.1 Lien se vraag dui op (sekerheid/onsekerheid). (1) 4.1.2 Verduidelik waarom Lien so gevoel het in VRAAG 4.1.1. (1) 4.2 Waar besoek Lien haar Pa? (1) 4.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.3) neer. Met die baie vrae wat Lien tydens hierdie besoek vir haar ma vra, wil die verteller aandui dat ... A Lien wou weet wat om vir tannie Bets van haar ma te gaan vertel. B Lien nie gehou het van die stiltes wat daar in die gesprek was nie. C dit vir Lien belangrik is om haar ma se situasie te verstaan. D Lien baie nuuskierig is. (1) 4.4 Noem TWEE maniere hoe Lien gewys het dat die besoek aan haar ma vir haar moeilik was. (2) 4.5 Lien het uiteindelik besluit om te studeer om ʼn prokureur te word. 4.5.1 Haal ʼn sin uit die uittreksel aan om aan te dui dat hierdie stelling ONWAAR is. (1) 4.5.2 Gee TWEE moontlike redes waarom haar pa dink sy nie meer regte wou studeer nie. (2) 4.5.3 Wat het Lien uiteindelik gaan swot? (1) 4.6 Noem TWEE veranderinge wat Lien by haar pa raakgesien het. (2) 4.7 In hierdie verhaal is daar ʼn paar temas byvoorbeeld vriendskap, vergifnis en armoede. 4.7.1 Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste in hierdie twee uittreksels na vore? (1) 4.7.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.7.1 deur na Lien te verwys. (1) 4.8 Wat is die figuurlike betekenis van die titel Lien se lankstaanskoene? (1) 4.9 In hierdie verhaal ondergaan Lien veranderinge. Verduidelik hoe verander Lien teenoor Gerhard. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 (Vraestel 2) 10022/22 4.10 As jy in Lien se skoene was en jou Ma was ʼn alkoholis, hoe sou jy haar probleem aangespreek het? (1) EN TEKS H Moet jy nie liewer dít nie, of moet jy nie liewer dát nie, is Donovan se storie. En so gaan dit aan. Lien weet ook presies wat sy moet doen. Sy moet die telefoon ant- woord en die afspraakboek op datum hou. Sy moet elke halfuur vee en vir die kliënte iets te drinke aandra. Die kombuis is ook haar baba en sy 5 moet die tydskrifte op die koffietafel in die ontvangshoekie gedurig op ʼn netjiese hopie stapel. Dan moet sy die trollie en die toonbank afvee en die horde botteltjies in ʼn netjiese ry op die trollie rangskik. *** Tibbey-op-ʼn high gaan soos ʼn hanswors te kere, maak verspotte danspassies en roep kort-kort iets vir die suur motoriste. 10 ʺSomething for the poor, my koning!ʺ hoor sy hom agter haar rug roep. Agterna kon Lien nie onthou of sy eers die dowwe slag en toe die skreeuende remme gehoor het, of eers die remme en toe die slag nie. Wat sy wel duidelik kan onthou, is dat dit vir ʼn oomblik doodstil was. 15 Toe begin ʼn vrou histeries gil. Mense hardloop by Lien verby in die rigting van die slag. Lien voel skielik yskoud. Sy draai stadig om. Mense koek om iets op die grond by Entertainment Corner. Lien soek die blou petjie. Daar is te veel mense. 4.11 Sekere karakters het Lien baie gehelp. Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (4.11.1 tot 4.11.4) neer. KOLOM A KOLOM B 4.11.1 Hierdie karakter het vir Lien A Tannie Bets gewys hoe om die motoriste te vermaak terwyl hulle bedel. B Gerhard/Kuifie 4.11.2 Hierdie karakter het vir Lien-hulle C Tant Malie altyd iets gegee om te eet. D Tibbey 4.11.3 Hierdie karakter het gehelp dat Lien se ma hulp by die kliniek kry. E Wouter 4.11.4 Hierdie karakter het vir Lien van die begin af morele ondersteuning gegee. (4 x 1) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 12 (Vraestel 2) 10022/22 4.12 Lien het by drie plekke gewerk. Rangskik die plekke waar sy gewerk het in die korrekte volgorde. Skryf slegs die vraagnommer (4.12) en die letters in die korrekte volgorde neer. A Millenium Creations B Op straat bedel om geld bymekaar te maak C Malie se Tuin/Malie's Garden (3) 4.13 Wat het Lien Tant Malie se koffiewinkel genoem? (1) 4.14 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (4.14.1) en die antwoord neer. 4.14.1 Lien was bereid om op die hoek van die straat te staan en bedel. Hieruit kan die leser aflei dat Lien (opgewonde/desperaat) was om geld te verdien. (1) 4.14.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.14.1. (1) 4.15 Som die gebeure op wat aanleiding gegee het dat Lien by Millennium Creations begin werk het. (3) 4.16 "Agterna kon Lien nie onthou of sy eers die dowwe slag en toe die skreeuende remme gehoor het." (Reëls 13 – 14). Vul die ontbrekende woord in: Die ʺblou petjieʺ wat Lien tussen die mense soek, behoort aan … (1) 4.17 Na die gebeurtenis in VRAAG 4.16 het Dirkie gewys dat hy iemand is op wie Lien kan staatmaak. Motiveer hierdie stelling deur aan te dui hoe hy haar gehelp het. (1) 4.18 Dink jy Lien se optrede was normaal nadat sy die slag gehoor het? Motiveer jou antwoord. (1) 4.19 Lien se stryd was een van oorlewing. Hoe inspireer Lien se stryd om oorlewing jou? (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 (Vraestel 2) 10022/22 AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotze HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE. VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS K Die landskap is die Karoo. ʼn Uitgestrekte, eenselwige, eensame omgewing met gannabos, skaap en koringlande. En dansende lugspieëlings. Deur die middel van hierdie landskap loop ʼn grondpad en ʼn spoorlyn, en langs die spoorlyn is ʼn spoorweghalte. 5 Dis skaars ʼn halte. Dis ʼn perron, ʼn sinkwagkamer en -kantoor, ʼn watertoring, ʼn paar bloekom- en peperbome, ʼn paar vervalle skure, ʼn laaiplek vir diere, ʼn windpomp en ʼn spoorweghuis met ʼn wye voorstoep. Dis die soort plek waar treine nie stop nie. 10 Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf kilometer weg. ʼn Klompie kilometer suid van die halte is ʼn kleinerige dorp met ʼn paar winkels, ʼn koöperasie, ʼn klompie huise en ʼn massiewe kerk. 15 1. ʼn Uitgestrekte Karoolandskap. Dis net ná dagbreek. Op die oostelike horison is ʼn stoomtrein onderweg met sy swart rookpluim duidelik sigbaar teen die lug. 2. Hendrik en Katrien se slaapkamer. Die eerste oggendlig val deur die venster. Katrien klim uit haar enkelbed en 20 maak klein Willem toe wat in dieselfde bed lê. Sy sit ʼn oomblik vir die vertrek en kyk – ook vir die slapende Hendrik op die enkelbed oorkant haar. Die lig val effens oor sy gesig. 3. In die kombuis het Katrien die koolstoof klaar gepak 25 en sy steek die vuur aan met ʼn stukkie papier wat sy in die kersvlam maak brand. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 14 (Vraestel 2) 10022/22 6.1 Wat is die stasie se naam? (1) 6.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.2) neer. Die omgewing speel ʼn belangrike rol in karakteruitbeelding. Vir Katrien, het die Karoo haar ʼn gevoel van ... gegee. A isolasie, jovialiteit en verlatenheid B eensaamheid, isolasie en jovialiteit C verlatenheid, eensaamheid en isolasie D jovilialiteit, verlatenheid en eensaamheid (1) 6.3 ʺOp die oostelike horison is ʼn stoomtrein onderweg met sy swart rookpluim duidelik sigbaar teen die lug.ʺ (Reël 17 – 18) Watter innerlike konflik beleef Katrien as sy na die trein kyk? (2) 6.4 Uit die kommunikasie wat Katrien met Frans gehad het, kan die leser aflei dat Frans verlief was op Katrien. Was Katrien spyt dat sy nie dieselfde gevoelens vir hom gehad het nie? Motiveer jou antwoord. (1) 6.5 Willem was opgewonde om die dieretrein te sien. Noem TWEE redes waarom Hendrik nie wou gehad het dat Willem na die trokke moes gaan nie? (2) 6.6 Verduidelik hoekom Hendrik graag wou hê dat Emma met Nollie moes trou. (1) 6.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (6.7.1) en die antwoord neer. 6.7.1 Hendrik was (gelukkig/ongelukkig) dat uitlanders op die stasie kampeer het. (1) 6.7.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 6.7.1. (1) 6.8 Het die verhouding tussen Katrien en Hendrik later in die drama verander? Gee TWEE feite om jou antwoord te motiveer. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 15 (Vraestel 2) 10022/22 6.9 Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (6.9.1 tot 6.9.4) neer. KOLOM A KOLOM B 6.9.1 Die gemeenskap se soektog na A Die volstruisdans was ʼn die nar. mislukking. 6.9.2 Die sirkustrein kom na Hendrik se B Hy help Willem weer praat. stasie. C Manuel word ernstig beseer. 6.9.3 Manuel se vriendskap met Hendrik se seun. D Macdonald se vrede was ontwrig. 6.9.4 Die gemeenskap gooi Hendrik se familie met eiers. E Katrien het saam met haar minnaar gevlug. (4 x 1) (4) 6.10 Dink aan Hendrik en beskryf EEN manier waarop hy sy gevoelens verberg het. (1) EN Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS L HENDRIK: Ag, nee wat. Kyk.(Hy hou sy arms oop.) Ons makeer niks. OUDERLING BOTHMA: Die mense het begin ry anderkant. Die dans is in sy kanon in. HENDRIK: Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om ʼn 5 knertsie in te gooi. SAKKIE: Die vrouens sit in die kar. HENDRIK:Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle. Hy wink hulle nader terwyl nog twee motors kom stilhou. 10 143. Nollie en Emma is alleen in die eetkamer. Langsaan in die voorkamer is ʼn gedruis van stemme, musiek en gelag. Emma staan langs ʼn stoel met haar hand op die leuning. Nollie sit sy hand op hare neer. Sy kyk vir hom. En albei weet: dit gaan nou gebeur. Uiteindelik. Sy gesig kom baie stadig 15 nader na hare toe, en haar mond wag onseker vir syne. Die middeldeur vlieg oop en Willem kom binne. Nollie en Emma ruk van mekaar af weg. En Willem steek vas. Hy het ʼn eier in sy een hand en die konsertina in sy ander hand. Hy steek die eier in sy 20 hempsak. b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 16 (Vraestel 2) 10022/22 EMMA: Kan jy nie klop nie? (Hy staar net terug.) NOLLIE: Waarheen gaan jy met daardie eier? EMMA: Gaan jy al weer met jou trieks begin? WILLEM: Pa sê ek moet. (Hy gaan op die stoep uit. Daar steek 25 ʼn string sakdoeke agter onder sy hemp uit.) 6.11 In die drama kan karakters in konfliksituasies beland. 6.11.1 Noem EEN insident wat die kontras in Emma en Nollie se verhouding later in die drama bewys. (2) 6.11.2 Watter afleiding kan die leser maak in verband met Emma se veranderde houding teenoor Nollie later in die drama? (1) 6.12 Dink jy dat die windpomp ʼn simboliese betekenis vir Willem het? Motiveer jou antwoord. (2) 6.13 Som DRIE gebeure op wat aanleiding daartoe gegee het dat die dorpenaars die nar gejaag het. (3) 6.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.14) neer. Alhoewel Katrien ʼn getroude vrou is, het Frans haar aantreklik gevind. Frans se optrede was gemotiveerd deur Katrien se … A eensaamheid. B romantiese gemoed. C emosionele stabiliteit. D gelukkigheid in haar oё. (1) 6.15 Kan jy Manuel, die nar, as ʼn redder bewonder? Motiveer jou antwoord. (1) 6.16 Sê waarom die stelling ONWAAR is. ʼn Paar dorpsmense het ná die volstruisdans na Hendrik se huis gegaan om skoor te soek. Motiveer jou antwoord. (1) 6.17 Noem DRIE positiewe invloede wat Manuel se vriendskap op Willem gehad het. (3) 6.18 Waarom het Katrien by Hendrik gebly? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 6.19 Noem TWEE feite wat verduidelik dat Hendrik die dorpenaars vergewe het vir die gebeure by die volstruisdans. (2) [35] b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 17 (Vraestel 2) 10022/22 VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS M WILLEM af. ELIAS : ʼn Man sukkel tot sy kinders die dag groot genoeg is om te kan help, maar ek sal nou nog lank moet sukkel. Willem is maar ses, Kristoffel vyf, Lukas is drie en Nina nog aan die tiet. 5 BARTA kom soos ʼn gedaante deur die mis aan. BARTA : Elias? ELIAS : Wat is dit nou weer, vrou? Kan julle nie sien ek is besig nie? BARTA : Was die kind nie hier by jou nie? 10 ELIAS : Ek het jou mos gesê hy was nie hier nie. BARTA : Ek was by Sofie, hy’s nie daar nie. MALIE, TANT GERTJIE en SOFIE op. TANT MALIE : Dit het my oorle antie agter in Karatara se bos oorgekom. Sy het gedink die kind is saam met die ander om 15 te gaan vuurhout kap en so kom sy dit eers die middag agter dat hy wég is. Meer as ʼn week later het hulle die verkluimde liggaampie gekry. Ons is nog die dag begrafnis toe. BARTA druk ʼn vuis in haar mond en byt op haar kneukels. ELIAS : Ek sê vir julle, die kind is nie weg nie. Loop kyk weer 20 in julle huise, almal van julle, kyk onder elke katel en oralster. *** LANGE : Kan ons sitgoed kry? FIELA : Wat is baas-hulle se besigheid? LANGE : Sensus. 25 FIELA : Wat is dit? LANGE : Die Goewerment gaan al die mense in die land laat tel, … 7.1 Fiela se kind – die drama, kan as teks deur ʼn persoon gelees word of in ʼn teater deur akteurs opgevoer word. 7.1.1 Waarom is die woord ʺafʺ in reël 1 skuins gedruk? (1) 7.1.2 Op watter twee maniere kan ʼn dramaturg tydsverloop in ʼn drama aandui? (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 18 (Vraestel 2) 10022/22 7.2 Die leser ontmoet die van Rooyen-gesin in TEKS M. 7.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (7.2.1) en die antwoord neer. Die (eksposisie/verwikkeling) gee vir die leser inligting oor die probleme wat die karakters ondervind. (1) 7.2.2 Die van Rooyen-gesin kry nie finansieel swaar nie. Motiveer met TWEE feite waarom die stelling ONWAAR is. (2) 7.2.3 Wat noem die van Rooyens olifante? (1) 7.3 ʺEk sê vir julle, die kind is nie weg nie. Loop kyk weer in julle huise, almal van julle, kyk onder elke katel en oralster.ʺ (Reël 20 – 22) 7.3.1 Wat lei ons van Elias se karakter af wanneer ons die uittreksel lees? (1) 7.3.2 Watter innerlike konflik kon Elias hier ervaar het? Noem beide kante van die konflik. (2) 7.3.3 Waarom het Barta nie agtergekom dat Lukas weg is nie? (1) 7.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (7.4) neer. Die van Rooyen-gesin se stapeldieet bestaan uit … A wortels. B patats. C vis. D vleis. (1) 7.5 ʺSensus.ʺ (Reël 25) 7.5.1 Verduidelik waarom die koms van die sensusmanne die motoriese moment in die drama is. (1) 7.5.2 Vertel hoe Lange vir Fiela stereotipeer wanneer hulle by Lange Kloof aankom. (1) 7.6 Vertel van DRIE geleenthede waar dit duidelik is dat Fiela ʼn goeie ma vir Benjamin is. (3) 7.7 Was Benjamin gelukkig om in die Bos te woon? Motiveer jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 19 (Vraestel 2) 10022/22 TEKS N LUKAS : Ek is Fiela Komoetie se kind. NINA : Hulle sê dan sy’s bruin. Waar kan ʼn bruin mens ʼn wit kind hê? Jy’s onse Lukas wat weggeraak het. LUKAS: Ek sê jou dis ʼn lieg. NINA : Pa sê Ma het jou dadelik uitgeken. 5 LUKAS : Jou pa kan sê wat hy wil, ek sê vir jou ek is nie julle kind nie. NINA (snipperig): Nou wie se kind is jy dan miskien? LUKAS : Ek weet nie. Ons moet omdraai. Neem my terug na julle huis toe. 10 NINA hardloop weg. LUKAS (op band): Sy wou nie. Sy het soos ʼn wilde ding weggespring en sonder omkyk verder teen die helling afgehol. LUKAS : Miesiekind, stop! (Pouse.) Meisiekind! Nina! (Elke keer 15 wanneer hy roep, antwoord ʼn voël hom.) Nina! (Voël.) Nina, wag vir my! (Voël. LUKAS se stem word al hoe benouder.) Nina! (NINA skater skielik van die lag naby hom.) Jou blerrie simpel ding! NINA : Jy was tog lekker bang, lekker bang, lekker bang! 20 LUKAS : Onbeskofte ding! NINA : Jy’t tog lekker gesoek na my! LUKAS : Simpel ding! NINA : (grawe agter ʼn boom): Onthou, Lukas, jy’t belowe om nie te loop sê nie. 25 *** KALIEL : Die skepe betaal goed vir toutjiesvleis. Kan jy ʼn bloubokkiestrik stel? LUKAS : Is hier dan bloubokkies ook? KALIEL : So ʼn paar, ja. LUKAS : Ek stel nie bloubokkiestrikke nie. 30 *** KALIEL : Die Lord of the Isles se kaptein het my laas ses sjielings vir ʼn bloubokkie betaal. LUKAS : Waar kom al die skepe vandaan? 7.8 Dink jy dit is regverdig dat Benjamin sonder Fiela voor die magistraat moes verskyn? Motiveer jou antwoord. (1) 7.9 Deur vir Benjamin netjies aan te trek wou Fiela hê die magistraat moes sien die Komoeties is nie kaalgatte nie. Dink jy Fiela se optrede was suksesvol? Motiveer jou antwoord. (1) 7.10 Watter karaktereienskap van Barta word openbaar wanneer sy na Lange luister en die seuntjie in die blou hempie kies? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 20 (Vraestel 2) 10022/22 7.11 Wat doen Elias en Barta met die kos wat Fiela vir Benjamin ingepak het? (1) 7.12 Som die gebeure in DRIE sinne op wat daartoe gelei het dat Nina gedink het Lukas is haar verlore broer. (3) 7.13 Wat is Nina se geheim? (1) 7.14 Wat het Elias met Nina se hare gedoen? (1) 7.15 Wie het vir Lukas by Kaliel se huis kom soek? (1) 7.16 Waarvan is die see simbolies in Benjamin se lewe? (1) 7.17 Waarom, dink jy, stuur Fiela vir Nina groete in die brief wat sy vir Benjamin skryf? (1) 7.18 Dink aan die mense van Knysna en die omgewing. Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (7.18.1 tot 7.18.4) neer. KOLOM A KOLOM B 7.18.1 Nina se beskermvrou A Dikke 7.18.2 Wil ʼn volbloed-seeman word B Miss Weatherbury 7.18.3 Die loodsman by die Knysna- C Barta koppe D John Benn 7.18.4 Onthou die voorval toe Lukas weggeraak het E Kaliel September (4 x 1) (4) 7.19 Met watter karakter in die Komoetie-gesin kan jy identifiseer? Motiveer jou antwoord. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: [35] b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 21 (Vraestel 2) 10022/22 AFDELING C: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het. VRAAG 8: SPIEЁLBEELDE 8.1 ʹVEGVLIEËNIER VIVIANʹ – Francois Geringer Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS O ʺLuitenant Maile, jy sal op ʼn hoogte van tweeduisend meter bokant die gevegsone sirkel en slegs bystand verleen deur ons in kennis te stel van die vyandelike vliegtuie se posisies ten opsigte van elkeen van ons. Ek verlang deurlopende kommentaar. Bevestig dat jy verstaan!ʺ 5 ʺMaar Kaptein!ʺ protesteer sy en voel onmiddellik opstandig. ʺWeereens word geen vertroue in my openbaar nie,ʺ vertolk sy sy bars bevele. ʺDie feit dat ek ʼn vrou is, maak nie van my ʼn swakkeling nie!ʺ sê sy afgemete in haar mikrofoon, wetende dat verontagsaming van ʼn bevel of teëpratery nie geduld word nie 10 en dat sy sekerlik voor ʼn tugkomitee gaan verskyn. ʺBasta! Ek het klaar gepraat!ʺ kap sy stem terug na haar. Iemand lag sag in sy mikrofoon... *** Hy kry haar egter ook jammer en om haar enige verdere verleentheid te spaar, skets hy vir haar oorsigtelik die werking van die 15 ystervuis van die lugmag. Sy is egter meer geïnteresseerd as wat hy dink en dit is nie lank nie of hy moet alles tot in die fynste besonderhede beskryf. Die offisier laat haar toe om die stuurstang liggies te hanteer. ʼn Wonderlike gewaarwording skop in haar nes. ʺDie wonderwerk gaan 20 deel van my toekoms word,ʺ besluit sy daar en dan, min wetende dat haar onmiddellike toekoms juis as gevolg daarvan nie juis teerpad en afdraande sou wees nie. 8.1.1 ʺMaar Kaptein!ʺ (Reël 6) Wie (die naam) word as ʺKapteinʺ (Reël 6) aangespreek? (1) 8.1.2 Vertel van DRIE geleenthede/gebeure wat Vivian kon ontmoedig om haar droom om ʼn vegvlieënier te word, na te streef. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 22 (Vraestel 2) 10022/22 8.1.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (8.1.3) en die antwoord neer. ʼn Sekere gedeelte van die kortverhaal is kursief gedruk. Die rede daarvoor is dat dit (dui op Vivian se gedagtes/die leser insig gee oor gebeure in die verlede). (1) 8.1.4 Wie was die eerste persoon wat Vivian afgeraai het om ʼn vegvlieënier te word? (1) 8.1.5 ʺDie feit dat ek ʼn vrou is maak nie van my ʼn swakkeling nie!ʺ (Reël 8 – 9) Gee TWEE redes waarom Vivian so gevoel het. (2) 8.1.6 In enige kortverhaal is daar gebeure en gevolge. Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (8.1.6 (a) tot 8.1.6 (d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) Vivian stem nie saam met die A ʼn Lewensgevaarlike instruksies van haar kaptein nie. situasie (b) ʼn Verrassingsaanval uit ʼn B ʼn Lewe word gered. noordelike buurstaat. C Die grasieuse, dog (c) Die vyand weet van die eskader gevaarlike bewegings van se posisie. vegvliegtuie (d) Lugspoorkoeëls word op die D Daar sal ʼn tugverhoor vyand afgejaag. gehou word. E Lewensverlies (4 x1) (4) 8.1.7 ʺ... haar onmiddellike toekoms juis as gevolg daarvan nie juis teerpad en afdraande sou wees nie.ʺ (Reël 21 – 22) Watter innerlike konflik het Vivian ervaar weens die bogenoemde besluit? (2) 8.1.8 Tydens Vivian se opleiding het sy geen ondersteuning van haar mede- studente gehad nie. Motiveer waarom die bostaande stelling ONWAAR is met EEN feit uit die kortverhaal. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 23 (Vraestel 2) 10022/22 8.1.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.1.9) neer. Aan die einde van die kortverhaal betoon Vivian se kaptein eer aan haar deur ʼn vlerksaluut. Die emosie wat Vivian tydens die vlerksaluut ervaar is ... A blydskap omdat sy iets reggekry het. B trotsheid omdat sy haarself as gelyke bewys het. C verligting omdat sy uiteindelik as ʼn gelyke gesien word. D hartseer omdat dit so lank gevat het vir die ander om haar te aanvaar. (1) 8.1.10 Verduidelik hoe die tema van die kortverhaal inspirerend is vir die jongmense in Suid-Afrika. (2) EN 'VAN PRECIOUS: ʼn BUISIE SALF' – Maretha Maartens TEKS P Coenie sit doodstil tussen Vassilis Efstratoudakis en Solomon Chauke. Gelukkig is daar iets om dop te hou: jong bome wat skeef staan in die wind, wolke wat laag oor die berghange aangerol kom, ʼn paar fietsryers wat uit pure moedeloosheid van hul fietse afgeklim het en die fietse nou sukkel-sukkel teen 5 die steilte op stoot. Die twee meisies, Precious Bapela en Louise Alberts, gesels asof hulle op pad is na ʼn piekniek. Eendag, dink Coenie, gaan ek vir Louise sê dat sy een van die min mense was wat my nie soos ʼn hond of soos ʼn melaatse laat voel 10 het nie. Sy is die een meisie wat soms met my glimlag. Maar miskien is dit omdat sy van plan is om ʼn dokter te word. ʺKom jy reg, Tooi?ʺ roep mevrou Buchner na haar seun wat die skool se bussie bestuur. *** ʺEk het al gewens ek gaan dood,ʺ sê sy uit die bloute. ʺNou 15 weet ek nie of ek regtig wil nie.ʺ Hy staar haar aan. Hy ken haar net van sien, al is hulle in dieselfde klas. Hy ken haar nie. Sy woon in ʼn ander wêreld as hy; op die bushalte en gedurende pouse praat sy met haar maats in ʼn taal wat hy waarskynlik nooit sal verstaan nie. 20 ʺEk ook,ʺ hoor hy homself sê. ʺEk het ook al gewens ek gaan dood.ʺ b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 24 (Vraestel 2) 10022/22 8.2.1 Waarheen was Coenie en die ander leerders op pad? (1) 8.2.2 Noem TWEE redes waarom ons kan sê dat Coenie nie heeltemal vrywillig op pad was na die plek wat in VRAAG 8.2.1 genoem is nie. (2) 8.2.3 Vergelyk die rol van die Waarheidskommissie aan die begin en aan die einde van die kortverhaal. (2) 8.2.4 Dink aan Coenie en die sprokiesverhaal waarna verwys word in die kortverhaal. Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (8.2.4(a)) en die antwoord neer. (a) Die sprokie waarna verwys word gee vir die leser insig in Coenie se (karakter/selfbeeld). (1) (b) Waarom is dit gepas dat daar juis na dié sprokie verwys word? Gee TWEE feite. (2) 8.2.5 Som die gebeure op wat tot die klimaks van die verhaal gelei het. (3) 8.2.6 ʺEk het al gewens ek gaan dood,ʺ (Reël 15.) (a) Wie is aan die woord in dié reël? (1) (b) Dink jy die persoon in VRAAG 8.2.6(a) het rede om so te voel? Motiveer jou antwoord. (1) 8.2.7 Die gesprek wat Coenie aan die einde van die kortverhaal het, verander sy lewensbeskouing. (a) Noem EEN ding waaroor Coenie sou kon spyt wees na die gesprek. (1) (b) Motiveer jou antwoord. (1) 8.2.8 Dink jy dat Coenie se ma ʼn rol speel in hoe hy homself aan die begin van die verhaal sien? Motiveer jou antwoord. (1) 8.2.9 Waarom kan ons vir Precious, as ʼn karakter, bewonder? (1) [35] TOTAAL AFDELING C: 35 b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 25 (Vraestel 2) 10022/22 AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte. VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL 9.1 ʺDIE BOODSKAPPERʺ – Peter Snyders Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. DIE BOODSKAPPER – Peter Snyders 1 Die aandster vonkel soe speels vanaand 2 was daa ʼn knipoeg 3 van jou 4 na my? 5 Djy is so naby 6 soes die helderste ster 7 djy’s die spoed van ʼn gedagte 8 weg van my 9 Ek los ʼn boodskap by Venus vir jou ̶ 10 as djy yt jou aandklas 11 kom, stiek yt jou hand 12 haal dit af: 13 dis die briefie 14 met die soentjie 15 op die omslag 9.1.1 Verwys na die titel en beantwoord die volgende vrae. (a) Wie is die boodskapper na wie daar in die titel verwys word? (1) (b) Hoe weet jy die titel verwys na ʼn spesifieke boodskapper? (1) (c) Watter boodskap moet die boodskapper oordra? (1) 9.1.2 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.1.2) neer. Watter woord in strofe 1 bewys die aandster is lus vir pret en plesier? A ʺspeelsʺ B ʺvonkelʺ C ʺknipoegʺ D ʺaandsterʺ (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 26 (Vraestel 2) 10022/22 9.1.3 Die aandster kommunikeer met die mens. Motiveer waarom die stelling WAAR is deur EEN woord uit strofe 1 neer te skryf. (1) 9.1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (a) In strofe 1 kry ons die gevoel van (romanse/eensaamheid). (1) (b) Gee TWEE redes om jou antwoord in VRAAG 9.1.4(a) te motiveer. (2) 9.1.5 Waarom, dink jy, het die spreker juis die aandster as beeld in hierdie gedig gebruik? (1) 9.1.6 Hoe weet ons dat die spreker en sy geliefde nie bymekaar is nie? (1) 9.1.7 ʺDjy is so nabyʺ (Reël 5) Watter woord in strofe 2 kontrasteer met ʺnabyʺ? (1) 9.1.8 ʼn Digter maak gewoonlik van verskillende tegnieke gebruik. Kies die tegniek in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (9.1.8 (a) tot 9.1.8 (d)) neer. KOLOM A KOLOM B (a) ʺsoes die helderste sterʺ (Reël 6) A Elisie (b) ʺwas daa ʼn knipoegʺ (Reël 2) B Inkeping (c) ʺ van jouʺ (Reël 3) C Metafoor (d) ʺdjy’s die spoed van ʼn gedagteʺ (Reël 7) D Personifikasie E Vergelyking (4 x 1) (4) 9.1.9 Waarom, dink jy, beskryf die spreker aan sy geliefde hoe die briefie (boodskap) lyk? (1) 9.1.10 ʺDie boodskapperʺ is ʼn voorbeeld van ʼn vrye vers. Gee EEN kenmerk van ʼn vrye vers wat in die gedig voorkom. (1) 9.1.11 Dink jy jongmense van vandag kommunikeer nog met hulle geliefdes deur ʼn briefie te skryf? Motiveer jou antwoord. (1) EN b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 27 (Vraestel 2) 10022/22 9.2 ʺPALIMPSESʺ – Johann de Lange Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. PALIMPSES – Johann de Lange 1 Bome skryf teen die blou 2 kreukellose lug dinge 3 wat niemand verstaan nie. 4 Houtkappers kom met byle 5 en vel die bome. 6 Meulens saag en maal 7 en pulp en plet die hout. 8 Stil is die bome; 9 stil, net tot hy kletterend 10 met sy tikmasjien 11 uit selfs die fynste grein 12 die hele gamma van woord 13 en pyn ring op ring 14 deur hierdie oggend laat dein. 9.2.1 Waarna verwys die titel, ʺPalimpsesʺ? (1) 9.2.2 Som DRIE tegnieke op wat die digter gebruik om die bome se doodsheid te beklemtoon. (3) 9.2.3 ʺdinge wat niemand verstaan nieʺ (Reël 2 – 3) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (9.2.3) en die antwoord neer. Die digter voer aan dat mense nie die boodskap van die bome verstaan nie omdat (die boodskap vinnig uitgewis word/ons dit nie wil verstaan nie). (1) 9.2.4 Voltooi die volgende sinne deur die korrekte WOORD in te vul. Skryf slegs die vraagnommers (9.2.4(a) tot 9.2.4(c)) en die antwoord neer. In reëls 1 en 2 kry ons ʼn voorbeeld van ʼn (a)…. Hierdie stylfiguur dui op die (b)… van die bome. Die kreukelose lug dui aan dat die lug (c)… is. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 28 (Vraestel 2) 10022/22 9.2.5 ʺMeulens saag en maal en pulp en plet die hout.ʺ (Reël 6 – 7) Dié reëls dui op die proses wat die bome ondergaan. Watter stylfiguur beklemtoon die proses? (1) 9.2.6 Dink aan die titel van die gedig en sê waarom die volgende stelling ONWAAR is. Vernietiging is permanent. (1) 9.2.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (9.2.7) neer. ʺnet tot hy kletterendʺ (Reël 9), is ʼn voorbeeld van ... A personifikasie. B onomatopee. C progressie. D metafoor. (1) 9.2.8 Watter rol speel die volgende in die gedig: (a) Die ʺhyʺ en ʺsyʺ in reëls 9 en 10? (1) (b) Die ʺgammaʺ in reël 12? (1) 9.2.9 Waaroor skryf die ʺhyʺ in reël 9? (1) 9.2.10 Die vernietiging van die bome word geregverdig. Motiveer waarom jy met die stelling kan saamstem. (1) 9.2.11 As die skrywer sou spyt wees oor een ding, wat sal dit wees? (1) 9.2.12 Dink jy mense sal ooit ophou om die natuur te vernietig? Motiveer jou antwoord. (1) TOTAAL AFDELING D: 35 TOTAAL: 70 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all