Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2016
10022
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
TWEEDE VRAESTEL
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
35 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2016 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)


%20P2%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233/v1-8c610f6d3b47188bee73/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 767.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 35
This exam
Gauteng Mock Exam 2016
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)38 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)36 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)38 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 2
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
AFRIKAANS
(Eerste Addisionele Taal)
Tweede Vraestel
TYD: 2 uur
PUNTE: 70
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
4. Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
jy behandel het.
5. Lees die inhoudsopgawe op Bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
TWEE letterkundetekste wat jy in die klas behandel het op die kontrolelys,
aan.
6. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat jy behandel het.
7. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
10. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling / vraag.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 3
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in ʼn bos 35 5
2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 13
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
4. Poppie – die drama 35 17
5. Paljas 35 21
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
6. "Op soek na Kid Khumalo" 18 26
EN
"Die pakkie" 17 28
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
7. "Die hanswors" 18 31
EN
"Brief" 17 33
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 4
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
DUI
GETAL VRAE
AFDELING VRAAGNOMMERS AAN
BEANTWOORD
()
A: Roman 1–3
B: Drama 4–5
C: Kortverhale 6
D: Gedigte 7
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 5
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1: KRINGE IN ʼN BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 "Dis Saul, hy is verjaar vandag," het sy pa op die ou Bosmanier teen die
2 voordag onder die skerm aangekondig.
3 "Geluk, Saul," het oom Anneries krakerig omgedraai.
4 "Is ek nou veertien, Pa?" wou hy net seker maak.
5 "Ja. En geluk van my ook. As ʼn man eers veertien is, begin jy vleis aan jou
6 bene kry en bas aan jou vel en kan jy uitkyk na die dag wat jy jou eie byl kan
7 swaai – jy moet kom begin uitkap aan die kwaallatte later vandag. Ons is
8 amper reg vir uitsleep."
9 Dit was ʼn vreemde gevoel. Die veertien-gevoel. So asof jy in twee bome
10 gelyk staan.
11 As een van hulle verjaar het, het sy ma altyd vir ʼn vleiskossie gesorg. Hy het
12 die keer onthou toe sy pa verjaar het en die wildekat die oggend die laaste
13 hoender gevang het. Sy ma het die hele dag met ʼn wip gesukkel, maar toe sy
14 pa-hulle teen skemer uit die Bos kom, was daar ʼn fisant vir die pot.
15 Maar al sou sy ma nog geleef het, sou sy nie op die dag van sy verjaardag
16 vir vleiskos kon sorg nie; hulle het te ver van die huis af gekap. Hulle sou ook nie
17 kon huis toe gaan nie, want die houtkoper op die dorp was haastig vir die hout.
18 Sy pa het gesê die man sê die hele land wag vir waens; die mense trek van oral
19 af agter diamante aan in die land op en die wamakers wag vir hout! Omtrent al
20 wat hout is vir alles kom uit hierdie bos.
1.1 By wie het Saul geleer lees en skryf? (1)
1.2 Saul het by sy pa geleer hoe om houtmeubels te maak.
Verduidelik hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.3 Saul het vandat hy veertien was gesien dat die natuurlewe in die Bos in
gevaar is.
Noem TWEE dinge wat Saul raakgesien het. (2)
1.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (1.4) neer.
Op Saul se verjaardag het hy die eerste keer (bloubokkievleis geëet / vir
Oupoot gesien). (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 6
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
1.5 "Die veertien gevoel. So asof jy in twee bome gelyk staan." (Reël 9 – 10)
Verduidelik wat die verteller met hierdie stelling bedoel het. Gee TWEE feite. (2)
1.6 Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.6.1 – 1.6.4) neer,
byvoorbeeld 1.6.5 F.
KOLOM A KOLOM B
1.6.1 Anneries A Saul se pa
1.6.2 Jozef B Die hoofkarakter van die verhaal
1.6.3 Joram C Saul se broer
1.6.4 Saul D Een van die houtkappers
E ʼn Ou kleurling
(4x1) (4)
1.7 "Maar al sou sy ma nog geleef het, sou sy nie op die dag van sy verjaardag
vir vleiskos kon sorg nie ... " (Reël 15 – 16)
Waaraan is Saul se ma dood? (1)
1.8 Hoe het Jozef sy gevoelens oor hulle ma se dood vir Saul weggesteek toe
hulle die nuus oor haar dood moes gaan oordra? (1)
1.9 Saul het besluit om vir sy eie verjaardagvleis ʼn plan te maak.
1.9.1 Wat het Saul gevang om te eet? (1)
1.9.2 Wat was die gevolge van hierdie plan wat Saul gemaak het? Noem
TWEE gevolge. (2)
1.10 In hierdie roman is ʼn derdepersoonsverteller aan die woord.
Wat is die funksie van ʼn derdepersoonsverteller? (1)
1.11 Sou jy tevrede wees om op jou verjaardag ver van jou ouerhuis af te wees?
Motiveer jou antwoord. (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 7
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 Maska, ek is tot sterwens toe gedaan, ek weet nie wat om te sê nie. Laat my
2 net ʼn rukkie alleen met miss Kate." Maar die oue bly vasgekeer staan in sy nood
3 en steek sy hande met ʼn gebaar van desperaatheid na Saul uit. "Moenie dit vir
4 my nog swaarder maak nie, Maska! Asseblief nie."
5 "Saul", sê Kate stilweg agter hom, "ek het Thompson se hoekerf gekoop."
6 Hy hoor haar dit sê, hy hoor die woorde, maar dit tuimel sinloos deur sy
7 moeë brein en vind geen vasslaanplek nie, totdat hy omdraai en die vasberade
8 trek op haar gesig sien.
9 "Wat het jy gesê?"
10 "Ek wou jou vertel het van my plan, maar toe sê jy vir Beth jy wil my nie sien
11 nie. Toe koop ek nog steeds die erf en wou jou so van die skip af kry, toe hoor
12 ek jy het Oupoot kom skiet en ek verstaan dit nie. Hans Oukas kom sê my toe
13 wat gebeur het en ... "
14 "Thompson se hoekerf?" Sy moegheid versper nog steeds die volle
15 implikasie van haar woorde.
16 "Vir sestig pond. Dis ʼn groot erf, Saul," sê sy en hy sien die onsekerheid in
17 haar kom. "Thompson het geld dringend nodig, hyʼt swaar verloor by die goud.
18 Ek moet hom Maandag die geld gee en ek het dit nie," bieg sy tot by die
19 waarheid en haar vrees.
1.12 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.12) neer.
Volgens Maska wou Oupoot Saul tot in (Streepbos / Meulbos) kry sodat Saul
kon sien wat van alles geword het. (1)
1.13 Verduidelik watter rol Maska in Saul se lewe gespeel het. Gee DRIE feite. (3)
1.14 "Moenie dit vir my nog swaarder maak nie, Maska! Asseblief nie." (Reël 3 – 4)
1.14.1 Wat het Saul met die woord "dit" bedoel? (1)
1.14.2 Wat het Saul diep in die Bos gesien waar Oupoot geskiet is? (1)
1.15 "Saul," sê Kate stilweg agter hom, "ek het Thompson se hoekerf gekoop."
(Reël 5)
1.15.1 Wat het Kate se woorde vir Saul beteken? (1)
1.15.2 Hoekom kan jy saamstem dat Kate ʼn belangrike rol in Saul se lewe
gespeel het? (1)
1.15.3 Watter positiewe gevolg het dit vir Saul ingehou dat Kate Thompson
se hoekerf wou koop? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 8
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
1.16 "Wat het jy gesê?" (Reël 9)
Waarom was Saul verbaas oor Kate se opmerking? Gee TWEE redes. (2)
1.17 Waarom was Saul só moeg dat hy Kate se woorde nie mooi verstaan het nie? (1)
1.18 "Dis ʼn groot erf, Saul," (Reël 16)
Wat, dink jy, het Kate met hierdie woorde geïmpliseer? (1)
1.19 Waarom is dit realisties om te glo dat Kate en Saul saam ʼn toekoms van hier
af sou bou? (1)
1.20 Dink jy Saul sou Oupoot werklik geskiet het? Verduidelik jou antwoord. (1)
1.21 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (1.21) neer, byvoorbeeld 1.21 E.
Jozef het nooit geweet dat Saul by MacDonald gewerk het om ... nie.
A hulle blyplek te betaal
B hulle skuld af te betaal
C koffie en suiker te koop
D gereedskap vir houtkap te koop (1)
1.22 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (1.22) neer, byvoorbeeld 1.22 E.
Die tydsverloop in die verhaal is ...
A toekomende tyd.
B achronologies.
C chronologies.
D verlede tyd. (1)
[35]
OF
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 9
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 Nee, dink ek terwyl ons ʼn halfuur later deur die fynbos ploeter, dis nie moontlik
2 nie. Yann het sy Walkman se oorfone oor sy kop gedruk om hom van alles en
3 almal af te sluit. Hy hoor nie die gekwetter van voëls nie en hy sien nie die dou op
4 die struike langs die voetpaadjie nie. Hy stap soos ʼn soldaat wat nie ʼn keuse het
5 nie. Dis hoe hy die volgende drie weke gaan oorleef. Deur bevele te gehoorsaam
6 en hom met musiek te verdoof. Die lááste ding wat hy gaan opmerk, is ʼn oulike
7 jonger sussie.
8 Tibo en Amos draf ʼn ent voor ons uit saam met die twee honde. Hulle is ewe
9 oud, maar Tibo is omtrent ʼn kop kleiner as Amos, en baie skraler. Die honde se
10 sterte wapper soos vlae. Hulle is gewoond aan ʼn tuintjie vol onkruid in ʼn
11 voorstedelike doodloopstraat. Hierdie wye oopte moet vir hulle soos die hemel
12 voel.
13 Vir my voel dit ook of ek onverwags in die hemel beland het. ʼn Ent onder my
14 hang ʼn digte misbank oor die vallei. Asof ek in ʼn vliegtuig sit. Hoër as die wolke.
15 Sowaar.
16 "Dis ʼn toneel wat geverf moet word!" sê Mana uitgelate.
17 "Ag nee," kreun Beyers.
18 "My vingers jeuk, Bey." Sy gaan staan stil om asem te skep. Draai stadig in die
19 rondte, oopmond van verwondering. "Jy weet wat dit beteken."
2.1 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (2.1) neer.
Die gesin het vakansie op (Botterberg / Bitterberg) gehou. (1)
2.2 "Hy stap soos ʼn soldaat wat nie ʼn keuse het nie." (Reël 4 – 5)
Hierdie reël suggereer Yann se houding teenoor die vakansie.
Wat was Yann se houding? (1)
2.3 Lees Reël 2 – 6.
Met watter EEN WOORD kan ons Yann se karakter hier beskryf? (1)
2.4 Daar was een dag tydens die vakansie wat Yann vir 24 uur sonder sy oorfone
geloop het. Wat was die rede daarvoor? (1)
2.5 Noem TWEE geleenthede waaruit ons kon aflei dat Yann wel vir Hanna
omgegee het. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 10
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
2.6 Hoekom is dit ʼn verrassing dat Hanna skielik die mooi natuur om haar
raakgesien het? (Reël 13 – 15) (1)
2.7 "Dis ʼn toneel wat geverf moet word!" sê Mana uitgelate.
"Ag nee," kreun Beyers. (Reël 16 – 17)
Hoe kon Beyers Mana verhoed om tydens die vakansie te verf? (1)
2.8 Mana het gesê dat die gesin tydens dié vakansie alles saam moes doen.
Stem jy saam dat ʼn mens tydens ʼn vakansie alles saam met jou gesin moet
doen? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
2.9 Hoe het Mana haar Muse tydens die vakansie gelukkig gehou? (1)
2.10 Hoekom het Hanna gedink haar ma was kleurblind? (1)
2.11 Hanna sou nie omgee as haar ma voor Sharon rondloop sonder om haar
hare te kam of haar gesig te was nie.
Verduidelik hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
2.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (2.12) neer, byvoorbeeld 2.12 E.
Hanna se ma het ʼn vreemde haarstyl gehad omdat sy soms ... in haar hare
gedra het.
A rekkies
B knippies
C verfkwaste
D kammetjies (1)
2.13 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (2.13) neer.
Hanna se ma het soms na (sop / paraffien) geruik. (1)
2.14 Gee TWEE redes hoekom Mana nog nooit voorheen op ʼn wittebrood was
nie. (2)
2.15 Hoekom het Hanna haar gesin met bywoners vergelyk toe Sharon op die
berg aangekom het? Gee TWEE redes. (2)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 11
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 Mana het ons probeer opbeur deur pasta pleks van sop te kook, maar
2 niemand lyk juis opgebeur nie. Selfs Gavin lyk of sy mond teen dié tyd moeg
3 geglimlag is. Dis net Margot wat steeds vasklou aan die simpel kaarte se belofte
4 dat sy môre gaan wegkom. Sharon gluur onderlangs na Yann, wat haar
5 heeltemal ignoreer vandat hy vanmiddag so verontwaardig uit die kamer gestorm
6 het. Verleë oor hy hom so kinderagtig gedra het, maar hopeloos te trots om dit te
7 erken.
8 Mana is bleek van moegheid ná sy soos ʼn besetene gewerk het om die huis
9 skoon te kry. Sy het die vloer met koerantpapier bedek om te keer dat ons dit
10 weer vol modder trap. Beyers het ʼn paar keer gemompel hy wens sy wil eerder
11 weer begin verf. Nou staar sy nikssiende voor haar uit, haar bord pasta amper
12 onaangeraak, en frons kort-kort asof ʼn onaangename gedagte haar pla. Skielik
13 vertrek haar gesig en sy sak vooroor met haar hande om haar maag gevou.
14 "Ek dink dis my kraampyne wat begin," steun sy.
15 "Dis dié dat jy so nes geskrop het!" gil Margot. "Ek onthou die dag voor Amos
16 se geboorte het ek al die kaste in die huis reggepak!"
17 Die res van ons is te geskok om ʼn woord uit te kry.
2.16 Verduidelik hoekom Gavin, Margot en Sharon saam met die gesin op die berg
vakansie gehou het. (3)
2.17 Gee EEN rede hoekom Mana hierdie groepie mense aan tafel probeer opbeur
het? (Reël 1) (1)
2.18 Gavin is ook nie meer lus om te glimlag nie.
Wat kan jy aflei oor Gavin se gevoel oor hulle situasie op die berg? (1)
2.19 Dis net Margot wat steeds vasklou aan die simpel kaarte se belofte dat sy môre
gaan wegkom." (Reël 3 – 4)
Hoe is Margot se kaarte reg bewys? (1)
2.20 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (2.20) neer, byvoorbeeld 2.20 E.
Yann se kinderagtige optrede (Reël 5 – 7) was omdat die kaarte ... voorspel
het.
A die weggaan van sy ma
B die geboorte van ʼn baba
C liefde tussen hom en Hanna
D konflik tussen hom en Sharon (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 12
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
2.21 Lees Reël 4 – 7.
Dink jy Yann was reg om Sharon te ignoreer na sy kinderagtige optrede? Gee
ʼn rede vir jou antwoord. (1)
2.22 Yann was te trots om te erken dat hy daardie middag kinderagtig was.
Op watter ander manier kon Yann die situasie hanteer het? (1)
2.23 Beyers het ʼn paar keer gemompel hy wens Mana wil eerder weer begin verf.
(Reël 10 – 11)
Verduidelik die ironie van Beyers se woorde. (2)
2.24 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (2.24.1 – 2.24.4)
neer, byvoorbeeld 2.24.5 F.
KOLOM A KOLOM B
2.24.1 "Wie wil nou ʼn 14-jarige skrywer se A Sharon
storie lees?"
2.24.2 "Tensy jy ook ʼn heks is, ou Hanna B Yann
heks."
2.24.3 "Vir my sal jy altyd my liefste ou C Margot
Hanna Hoekom bly."
2.24.4 "Opskud met daardie roman, hoor. D Tibo
Onthou, ek word nie jonger nie."
E Mana
(4x1) (4)
2.25 "Dis dié dat jy so nes geskrop het!" gil Margot. (Reël 15)
Waarom kan ons sê dat Margot se woorde stereotipies is? (1)
2.26 In hierdie twee uittreksels kon ons konflik tussen die gesinslede waarneem.
Hoe het die verhouding tussen die gesinslede aan die einde van die roman
verbeter? (1)
[35]
OF
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 13
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 Fred vererg hom vir die swaaiende voete wat teen die lessenaar kap. "Daar is
2 ʼn stoel, dêmmit, man."
3 "Okay, okay, sorry," sê Skalla en sy oë gaan oor die deftige kantoor met die
4 swaar swarthoutmeubels en ʼn Claerhout teen die muur. Hy trek die stoel oorkant
5 die lessenaar uit maar gaan nie sit nie.
6 "So wat is jou probleem?" meet Fred hom. Hy het nog nooit van Skalla se slap
7 lyf en skrefies-oë gehou nie. Die olierige blonde hare is agtertoe gekam. Hy kon
8 eintlik ʼn aantreklike man gewees het, as hy net die moeite wil doen om beter vir
9 homself te sorg. Die T-hemp is sweerlik ʼn maand laas gewas.
10 "Nee," sê Skalla, "ek het nie ʼn probleem nie. Jy het."
11 Hy kyk vol bravade na Fred, ʼn ou taktiek van hom om eers met sy prooi te
12 speel tot hy halfdood lê. "Ek weet hoekom Sheila selfmoord gepleeg het."
13 Fred sit ʼn lang ruk doodstil. Dan staan hy op en gaan na die kas teen die muur.
14 Hy haal twee glase en ʼn bottel whisky uit. Hy voel hoe die lewe uit sy gesig sypel.
15 Hy voel hoedat Skalla hom met sy skrefies-oë sit en deurkyk terwyl hy die klein
16 yskas oopmaak en ys uithaal. Eers toe hy Skalla se glas vir hom aangee en weer
17 gaan sit, besef hy dat daar ʼn straal sweet teen sy rug afloop.
18 "Ek was die middag van die verkiesing daar bo by die huis," sê Skalla.
3.1 Wie was Skalla? (1)
3.2 Waarom het Fred nie van Skalla gehou nie? Gee TWEE redes. (2)
3.3 "Ek weet hoekom Sheila selfmoord gepleeg het." (Reël 12)
3.3.1 Wie was Sheila? (1)
3.3.2 Hoe het Sheila selfmoord gepleeg? (1)
3.4 Wat het daartoe aanleiding gegee dat Sheila selfmoord gepleeg het? Gee
TWEE feite. (2)
3.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommer (3.5) neer.
Sheila was in die studeerkamer waar sy (alleen was / met iemand gesels het)
terwyl Skalla die middag van die verkiesing by die huis was. (1)
3.6 Skalla het Sheila se dood gebruik om twee dinge van Fred te eis.
Noem die TWEE dinge wat Skalla geëis het. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 14
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
3.7. Het jy simpatie met Fred? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
3.8 Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (3.8.1 – 3.8.4) neer,
byvoorbeeld 3.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
3.8.1 Elsabet A ʼn Goeie besigheidsman
3.8.2 Matthys B Reggie se vrou
3.8.3 Ryna C Skelm en slinks
3.8.4 Fred D Het die eiland en die voëls gehaat
E Die voëlvrou
(4x1) (4)
3.9 "Ek was die middag van die verkiesing daar bo by die huis," sê Skalla."
(Reël 19)
3.9.1 Watter verkiesing is gehou? (1)
3.9.2 Stemdag was vir Fred traumaties.
Is dit ʼn feit of ʼn mening? Motiveer jou antwoord. (1)
3.9.3 Dink jy Sheila het genoeg rede gehad om selfmoord te pleeg?
Motiveer jou antwoord. (1)
3.10 Watter karaktereienskap van Skalla het na vore gekom toe hy vir Fred wou
afpers? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 15
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 In die werkskamer is Attie besig om sy rooi Kersvaderpak aan te trek. Die
2 Meeuland Express, vol geskenkies gelaai, staan gereed.
3 Daar het ʼn stilte oor hom gekom sedert Twilight se heengaan: die band
4 tussen Jacob en Ryna het vir hom in fokus gekom. Hy het haar ontferming oor
5 Jacob gesien en met ʼn vreemde gelatenheid besef dat hy besig is om twee
6 mense wat vir mekaar bedoel is, van mekaar af weg te hou. Hulle sou nooit
7 bymekaar kon uitkom terwyl hy in die omtrek is nie.
8 Jacob verdien haar. Wat ʼn Meeulander het sy nie geword nie!
9 Sy ma het jare gelede, toe hy Meeuland toe gekom het, voorspel dat hy gaan
10 seerkry. En al die tyd het hy die oomblik van afskeid uitgestel. Hy het bly glo dat
11 Ryna tog eendag, eendag, vir hom sou leer liefkry. Sy het nie; sy sal nooit. Daar
12 was wel tye dat sy naby hom gekom het en wat die hoop in hom opgevlam het.
13 En tog het sy die afstand behou en was die geslotenheid van haar verlede ʼn
14 muur waardeur hy nooit kon dring nie.
15 Nou, hier in die skemer werkskamer, is sy vir hom mooier as ooit. Sy lag
16 saggies naby sy gesig toe sy die rooi kep met die tossel op sy kop sit.
3.11 Wat was die Meeuland Express? (1)
3.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (3.12) neer, byvoorbeeld 3.12 E.
"Daar het ʼn stilte oor hom gekom sedert Twilight se heengaan" (Reël 3)
verwys na ...
A Elsabet wat die eiland verlaat het.
B Ryna wat die eiland verlaat het.
C Elsabet se dood.
D Ryna se dood. (1)
3.13 "Daar was wel tye dat sy naby hom gekom het en wat die hoop in hom
opgevlam het." (Reël 12 – 13)
3.13.1 Na wie verwys die "sy" in die aanhaling? (1)
3.13.2 Watter verwagtinge het die goeie tye by Attie geskep? (1)
3.13.3 Dink jy die "sy" het reg opgetree deur vir Attie hoop te gee?
Motiveer jou antwoord. (1)
3.14 Watter karaktereienskap kon jy van Attie uit die teks aflei? (1)
3.15 Waarom dink jy word die woord "eendag" in Reël 11 herhaal? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 16
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
3.16 "Hy het haar ontferming oor Jacob gesien en met ʼn vreemde gelatenheid
besef dat hy besig is om twee mense wat vir mekaar bedoel is, van mekaar af
weg te hou." (Reël 4 – 6)
Hoe sou jy die situasie hanteer het indien jy Attie was? (1)
3.17 Daardie aand het noodlottige gevolge vir Janka en Jacob ingehou.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
3.18 "Wat ʼn Meeulander het sy nie geword nie!" (Reël 8)
Verduidelik wat Attie met hierdie woorde bedoel het. (1)
3.19 Attie verwys na Ryna se verlede as ʼn geslote muur.
Hoekom was dit verkeerd van Ryna om so geslote teenoor Attie op te tree?
Gee TWEE redes. (2)
3.20 Verduidelik die positiewe rol wat Meeuland in Janka, Jannerik en Attie
se lewens gespeel het. (3)
3.21 Hoekom sal dit vir Attie beter wees om in Namibië te gaan werk? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 17
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 EERSTE TONEEL
2 Ligte aan in ouditorium en op verhoog. ʼn Speler stap tydsaam op. Hy speel
3 "Nkosi sikelelʹ iAfrika" op penniefluit. Terwyl hy opstap, doof ligte in
4 ouditorium. Sodra hy gaan sit, begin ander spelers dieselfde deuntjie neurie.
5 Hulle kom opgestap; dra trommels, blikke. (Vrouens dra blikke op hulle
6 koppe.) Sodra Poppie haar blik neersit, is die ligte op verhoog vol aan –
7 helder, vrolike lig.
8 POPPIE (aan gehoor). Ons is Gordonia-boorlinge. My mama het ons vertel
9 van onse grootouma Kappie, ʼn ryk ou vrou wat met haar bokke geboer het
10 in die rantjies anderkant Carnarvon. Haar van was Plaatjies en sy het die
11 hoë stamneus gehad wat onse oompie Pengi van haar geërwe het.
12 MOSIE. Grootouma Kappie het net een meisiekind gehad, onse ouma
13 Hannie. Hannie het getrou met George Williams, ʼn skaapskeerder wat op
14 die veeplase gebly het. Hy is gebore op Beaufort-Wes en sy grootvan was
15 Mgwevu en hy het afgesterwe met die Groot Griep van 1918.
16 POPPIE. Die isibetho.
17 MOSIE. Ehwe. Die plaag wat die Here na ons gestuur het.
18 HOEDJIE. Die mense was mos net drie dae siek, dan sterwe hulle af.
19 POPPIE. Nou toe onse ouma Hannie se man afgesterwe het, toe het hulle
20 van die Koegas ...
21 PLANK. Daarso – net buitekant Prieska.
22 POPPIE (knik). Nou toe trek hulle na Vaalkoppies, want ouma Hannie het te
23 swaar gekry met die kinders en hulle bly toe by die lande by Louisvale se plek.
4.1 Wie is die hoofkarakter in hierdie drama? (1)
4.2 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (4.2) neer.
Ouma Hannie het altyd die gewoonte gehad om haar kleinkinders
(byname / doopname) te gee. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 18
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
4.3 Lees weer Reël 2 – 7.
Wat is die funksie van die woorde in skuinsdruk? (1)
4.4 Waarom is dit doeltreffend dat die dramaturg inligting oor Poppie se
geskiedenis vertel het? (1)
4.5 Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (4.5) neer, byvoorbeeld 4.5 E.
Ma Lena se man het by ... op die see kom werk.
A Lüderitzbucht
B Vaalkoppies
C Upington
D Prieska (1)
4.6 Verduidelik hoekom Poppie en haar broers die naaste aan hulle ouma se hart
was. (1)
4.7 Hoekom dink jy Poppie het ʼn gelukkige kindertyd by Ouma Hannie gehad? (1)
4.8 Watter taal wou ouma Hannie hê, moes Poppie en haar broers praat? (1)
4.9 "POPPIE (knik). Nou toe trek hulle na Vaalkoppies, want ouma Hannie het te
swaar gekry met die kinders en hulle bly toe by die lande by Louisvale se
plek." (Reël 22 – 23)
4.9.1 Waarheen het Ouma Hannie van Vaalkoppies af weggetrek? (1)
4.9.2 Gee TWEE redes waarom Ouma Hannie van Vaalkoppies af moes
wegtrek. (2)
4.10 Poppie se Xhosa-naam was Ntombizodumo.
Hoekom, dink jy, het Ouma Hannie haar Poppie genoem? (1)
4.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (4.11) neer, byvoorbeeld 4.11 E.
Ouma Hannie het vir Poppie ...
A geleer om Afrikaans te praat.
B ou bekende kinderliedjies geleer.
C aangemoedig om hard op skool te werk.
D al die dinge van die Xhosa-geloof geleer. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 19
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
4.12 Kies elke keer ʼn karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (4.12.1 – 4.12.4) neer,
byvoorbeeld 4.12.5 E.
KOLOM A KOLOM B
4.12.1 ʼn Netjiese persoon, met ʼn mooi lyfie en A Poppie
het so smart aangetrek
4.12.2 Het Bonsile se pa tata-ka-Bonsile B Mrs Swanepoel
genoem
4.12.3 Het Poppie se papiere reggemaak C Stone
4.12.4 Se ma is gearresteer sodat hulle die D Mrs Retief
persoon in die hande kan kry
E Jakkie
(4x1) (4)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 POPPIE (skreeu). Jou duiwelskind! Jou satanskind! Los jou bhuti!
2 JAKKIE (lag terwyl hy nog vashou). Poppie, ons help my bhuti. Van die
3 drank is hy nog sy lewe lank aan die slaap.
4 KIND 1. Ons wil hom wakker maak.
5 MOSIE (aan Poppie, wat toekyk en huil). Moenie lat dit jou maak huil nie,
6 Poppie. Moenie dit vir Jakkie kwalik neem nie. Miskien los bhuti Plank
7 nog die wyn.
8 POPPIE. Hoe sal ek nie huil nie? Eers het die wit poeliesse hom oor die
9 paste by die hoenderhok geslaan, nouʹs dit weer sy eie broertjie.
10 MAMA. God het die ouers se gebede verhoor. Dis die Here wat deur die
11 kinders praat. Die Here sê: Die drank het julle uitgeroei, julle moet dit
12 laat staan.
13 POPPIE (nadenkend). My kinders is nie hier nie. As hulle hier was, was
14 hulle seker ook teen die wet en teen die drank. Maar deur my swaarkry,
15 is hulle nou uit die ding. (Praat met Mosie en Mama.) Ek is nou eerlik.
16 As ek die krag gehad het, sou ek ook iets gedoen het, maar nou het ek
17 nie die krag nie, nou is ek tevrede met die wêreld soos dit nou is. Wat
18 verby is, is verby. Ek is moeg, Mama. Daar moet nou rus kom.
19 JAKKIE. Ek is nog nie moeg nie. Dis hoekom daar nog nie rus moet kom
20 nie. Julle is moeg; ons nie. Dis vir jou wat ek baklei, Sisi.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 20
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
4.13 "POPPIE (skreeu). Jou duiwelskind! Jou satanskind! Los jou bhuti!" (Reël 1)
Waarom het Poppie vir Jakkie ʼn duiwelskind genoem? (1)
4.14 Die kinders in Nyanga was baie ongelukkig oor hulle ouers se drankmisbruik.
Wat was volgens die kinders die gevolge van hulle drankmisbruik? Noem TWEE
gevolge. (2)
4.15 Hoe kan jy aflei dat die kinders hulle ouers se drankmisbuik nie net aanvaar het
nie? Gee TWEE bewyse. (2)
4.16 "POPPIE (nadenkend). My kinders is nie hier nie." (Reël 13)
4.16.1 In watter dorp het Poppie se dogters gebly? (1)
4.16.2 Hoekom kan ʼn mens met Poppie simpatiseer as jy aan haar kinders
dink? (1)
4.17 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (4.17) neer.
Die polisie het Jakkie gevang omdat hy die leier van die (Comrades / migrants)
was. (1)
4.18 Noem TWEE dinge wat Jakkie-hulle gedoen het waarmee Poppie nie
saamgestem het nie. (2)
4.19 Poppie was nog altyd ʼn goeie ma vir haar kinders.
Gee DRIE redes waarom jy met hierdie stelling kan saamstem. (3)
4.20 Verduidelik hoekom dit ironies is dat Poppie gedink het dis beter vir haar kinders
om in die Ciskei te bly. (2)
4.21 Dit is nie die eerste keer wat Plank deur die kinders verneder is nie.
Gee ʼn rede waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
4.22 Hoe sou jy voel as jou vriende jou ouers slaan omdat hulle onverantwoordelik
is? (1)
4.23 Hoekom is die taalgebruik in die drama aanvaarbaar? (1)
[35]
OF
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 21
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
1 Willem (beduie): Hnnn-hnnnn-hhn-hhn-hnnnnnn! (Almal. Gery.)
2 NAR: Hulleʹs weg? (Willem knik ja.) Ek weet. (Willem beduie reguit na die
3 nar toe. Wat van jou?) Ek? Nee, ek bly hier. (Willem beduie iets
4 onverstaanbaars.) Ek is klaar met die sirkus. (Willem staan hom ʼn rukkie
5 ondersoekend en bekyk. Dan glimlag Willem. En die glimlag word ʼn laggie.)
6 Kom, ek leer jou. Eers net een bal. Gooi hom. En dan vang jy hom. Toe,
7 probeer. Eers net een. Probeer. (Willem vat die balletjie. Gooi hom. Vang
8 hom.) Dis reg!
9 52. Willem en die nar: op verskillende dae, in verskillende monderings, op
10 verskillende plekke. Soms in die skuur, soms in die veld, bo-op ʼn windpomp,
11 weer op die kafbale. Soms het die nar gewone klere aan, soms sy pak, soms
12 met grimering en soms nie. Altyd net hy en Willem.
13 Die nar haal ʼn eier uit sy mond uit, toor ʼn muntstuk uit sy sakdoek weg,
14 speel op ʼn konsertina, maak of hy ʼn hoender is, ʼn pou, ʼn eend. Hulle dans
15 op die bale, hardloop in die veld; Willem bring kos skuur toe, hulle eet.
16 Willem teken teen die mure. Hulle hardloop op die horison teen die groot
17 volmaan terwyl die nar eentonig twee note, net die twee note, soos ʼn
18 inkantasie op sy konsertina speel.
5.1 "Willem (beduie): Hnnn-hnnnn-hhn-hhn-hnnnnnn!" (Reël 1)
Waarom het Willem hierdie geluide gemaak terwyl hy vir die nar verduidelik
het die sirkus was weg? (1)
5.2 Hoekom kan ʼn mens saamstem dat die manier waarop Willem die nar
ontmoet het, vreemd was? (1)
5.3 Hoe het die sirkustrein op Hendrik McDonald se stasie beland? (1)
5.4 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
vraagnommer (5.4) neer.
Toe Willem besef het dat die sirkus vertrek het, het hy met sy fiets agter die
(stoomtrein / kombi-en-woonwa) aangejaag. (1)
5.5 "Willem (beduie): Hnnn-hnnnn-hhn-hhn-hnnnnnn! (Almal. Gery.)
NAR: Hulleʹs weg? (Willem knik ja.) Ek weet. (Willem beduie reguit na die nar
toe. Wat van jou?)" (Reël 2 – 3)
Wat is die funksie van die woorde tussen hakies? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 22
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
5.6 Die nar het Willem in die drama vermaak deur met balle te goël.
5.6.1 Hoekom het die nar Willem met toertjies vermaak? (1)
5.6.2 Op watter TWEE maniere het Willem hierdie toertjies deel van sy
lewe gemaak? (2)
5.7 Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (5.7) neer, byvoorbeeld 5.7 E.
Die nar is die ... in hierdie drama.
A derdepersoonsverteller
B ek-verteller
C protagonis
D antagonis (1)
5.8 Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (5.8.1 – 5.8.4) neer,
byvoorbeeld 5.8.5 F.
KOLOM A KOLOM B
5.8.1 Dring daarop aan om oor alles te praat A Jan Mol
5.8.2 Begin praat oor belangrike dinge in die lewe B Emma
5.8.3 Verkondig skinderstories C Hendrik
5.8.4 Kommunikeer deur te skryf D Nollie
E Willem
(4x1) (4)
5.9 Verduidelik waarom dit vir Willem lekkerder was om by die nar te wees as by
sy ouers. Gee DRIE feite. (3)
5.10 Lees die montage in Reël 9 – 10.
Watter afleiding kan jy oor die tydsverloop maak? (1)
5.11 Willem het gedink dat die nar saam met die sirkus weggegaan het.
Hoe sou jy voel as ʼn goeie vriend van jou skielik weggaan? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 23
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
1 110. Dis Emma wat speel. Nollie sit op die vensterbank sy bene en swaai
2 terwyl hy haar dophou. Sy en haar musiek het sy volledige aandag en
3 waardering. Sy speel nou sonder foute.
4 111. Hendrik lȇ op sy rug op sy bed. Ook hy luister na die klavier.
5 Die deur gaan oop en Katrien kom binne.
6 KATRIEN: Slaap jy?
7 HENDRIK: Hu-uh.
8 KATRIEN: Jyʹt nie dalk vir Boetie gewaar nie? Ek kry hom nȇrens.
9 HENDRIK: Hyʹs seker die veld in.
10 KATRIEN: Daardie kind is nooit meer by die huis nie.
11 HENDRIK: Los hom, man. Hyʹs gelukkig. Kom lê liewer bietjie by my.
12 Sy kom sit op die kant van Hendrik se enkelbed.
13 KATRIEN (sonder om vir hom te kyk): En dan?
14 HENDRIK: Dan hou ek jou bietjie vas.
15 KATRIEN: Ek moet gaan brood knie.
16 HENDRIK: Dis Sondag, Katrina. Kom tot rus. Toe, net vyf minute.
17 Sy kyk ʼn oomblik na hom, ʼn bietjie geamuseerd. En hy wys met sy
18 kop: kom.
19 Sy sak agteroor langs hom en tel haar voete op die bed.
20 HENDRIK: So ja.
21 Hulle lê en luister na musiek.
22 KATRIEN: Sy speel elke dag beter.
23 HENDRIK: Ja.
24 Hulle lê roerloos. Dan kyk hy vir haar.
25 HENDRIK: Jy gee seker nie om as ek jou skelmpies op jou wang soen nie,
26 nè?
27 Sy skud haar kop.
28 Hy soen haar op haar wang.
29 En sy vat sy hand en hou dit vas.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 24
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
5.12 Uit Reël 1 en 2 is dit duidelik dat Nollie en Emma se verhouding verbeter het.
5.12.1 Na watter sosiale geleentheid het Emma ingestem om Nollie te
vergesel? (1)
5.12.2 Verduidelik hoe Nollie dit reggekry het om Emma na hierdie
geleentheid in Vraag 5.12.1 te vat. Gee TWEE feite. (2)
5.13 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (5.13) neer.
Emma het weer begin klavier speel omdat (Willem haar gevra het om te
speel / sy Nollie se aandag wou trek). (1)
5.14 "110. Dis Emma wat speel." (Reël 1)
5.14.1 Wie van die McDonald-gesin het ook klavier gespeel? (1)
5.14.2 Hoe kan ons aflei dat Hendrik van musiek gehou het? (1)
5.14.3 Waarvan was Emma se mooi klavierspel aan die einde van die
drama ʼn simbool? (1)
5.15 "KATRIEN: Daardie kind is nooit meer by die huis nie." (Reël 10)
5.15.1 By wie was Willem dat hy nooit meer by die huis was nie? (1)
5.15.2 Hoekom was dit verkeerd van Willem om nie vir sy ouers te sê
waarheen hy gaan nie? (1)
5.16 Hoekom dink jy was Katrien se optrede daardie Sondagmiddag teenoor
Hendrik anders as wat dit aan die begin van die drama was? (1)
5.17 "HENDRIK: Dis Sondag, Katrina. Kom tot rus. Toe, net vyf minute." (Reël 16)
5.17.1 Watter geluid het Hendrik en Katrien se rustige Sondagmiddag
binne ʼn oomblik verander? (1)
5.17.2 Verduidelik waarom die dorpsmense se optrede teenoor die
McDonalds daardie Sondagmiddag nie deur vandag se samelewing
aanvaar sal word nie? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 25
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
5.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (5.18) neer, byvoorbeeld 5.18 E.
Die krisis wat Willem gedwing het om weer te begin praat, was toe ...
A Willem kos vir die nar gevat het.
B Willem die nar nie kon opspoor nie.
C Hendrik en Katrien nie na Willem geluister het nie.
D Emma en Nollie na die perdeblomme gaan kyk het. (1)
5.19 Nollie het Willem bygestaan as Willem se ouers baklei het.
Gee ʼn rede waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
5.20 Die dorpsmense se optrede daardie Sondagmiddag was nie die enigste keer
waar hulle onregverdig teenoor die McDonalds opgetree het nie.
Noem TWEE ander voorbeelde waar die dorpsmense die McDonalds
onregverdig behandel het. (2)
5.21 Watter vooroordeel kom in die drama, Paljas, voor? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 26
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
AFDELING C: KORTVERHALE
STORIEJOERNAAL
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale.
VRAAG 6
"OP SOEK NA KID KHUMALO" – Dolf Van Niekerk
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Haar bril met die dik raam bly van haar gesig afgly. Die bril én die lense is
2 lankal ondoeltreffend. Sy vee die sweet van haar gesig af. Haar been pyn van
3 al die beweging en ronddra van die paar meubelstukke. Haar werkgewers van
4 dertien jaar het haar blypek laat vergroot toe sy op ʼn hartseerdag daarvan
5 praat om by haar seun Kid in Soshanguve te gaan woon. Kid se broer
6 Thomas is met ʼn prokureur getroud, maar dié wil niemand anders in hulle
7 huis hȇ nie. Kid het jare lank van die een werk na die ander geswerf, en baie
8 nagte het hy nie ʼn slaapplek gehad nie. Die familie het met klikkende tonge
9 vertel hoe Kid dikwels op treine en in motorwrakke geslaap het. Toe kry hy
10 werk by die Kalafong-hospitaal. Hy was nog op skool toe sy kind gebore is.
11 Sy het die seun nog maar ʼn paar keer gesien – hy bly by sy ma en ouma in
12 Mamelodi, maar Kid moet natuurlik onderhoud betaal. Twee jaar gelede wou
13 die ma hom laat arresteer omdat hy agter geraak het. Thomas se vrou wil nie
14 kinders hê nie. Party dae verlang sy verskriklik na Kid en sy kind. Hy het ʼn
15 groot man geword. Ná ʼn paar jaar by die hospitaal het hy ʼn huislening gekry.
16 Sy was nog te siek om te gaan kyk, maar haar niggie Katrien sê die huis is
17 goed en mooi.
6.1 Watter soort werk het Johanna gedoen? (1)
6.2 "Die bril én die lense is lankal ondoeltreffend." (Reël 1 – 2)
Hoekom dink jy het Johanna nog nie vir haar ʼn nuwe bril gekry nie? (1)
6.3 Waar het Johanna se familie gebly by wie sy miskien eendag kon gaan rus? (1)
6.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (6.4) neer.
Johanna het (probleme met haar hart gehad / aan suikersiekte gely), daarom
wou die wond aan haar been nie genees nie. (1)
6.5 Johanna se werkgewers, die Therons, was suinig met hulle geld.
Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 27
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
6.6 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommer (6.6) neer.
Johanna het verkies om eerder (sonder die televisiestel klaar te kom / geen
telefoon te hê nie) as sy net nuus oor Kid kon kry. (1)
6.7 Waarom kon Johanna nie met die buitewêreld kontak maak nie? (1)
6.8 Johanna het baie probleme in haar lewe ervaar.
Noem DRIE probleme wat Johanna se lewe moeilik gemaak het. (3)
6.9 Pas elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (6.9.1 – 6.9.4) neer,
byvoorbeeld 6.9.5 F.
KOLOM A KOLOM B
6.9.1 Woon baie afgesonderd A Thomas
6.9.2 Het nie ʼn ID-boekie gehad as identifikasie nie B Katrien
6.9.3 Verduidelik aan die kostabel dat hulle ʼn vermiste C Johanna
persoon soek
6.9.4 Sê dat hulle by al die polisiestasies navraag sal D Frans
doen
E Kid
(4x1) (4)
6.10 Watter tegniek gebruik die skrywer om spanning in die verhaal te bou? (1)
6.11 Verduidelik die ironie in die verhaal. (2)
6.12 Hoekom kan Kid as ʼn goeie rolmodel gesien word as jy na die laaste deel van
sy lewe kyk? (1)
EN
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 28
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
"DIE PAKKIE" – Leonard Koza
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die bestuurder van die motor en die vrou, Miena, sit ʼn sterk front op maar
2 is innerlik bevrees dat as die pakkie in vreemde hande kom, dit groot
3 probleme kan veroorsaak. Eerstens moet die pakkie uit die huis kom sodat
4 hulle vinnig daarmee kan verdwyn voordat enigeen in die omgewing hulle
5 herken.
6 ʼn Nuuskierige skare van skoolkinders en grootmense bewonder reeds die
7 luukse motor van nader. Iemand uit die skare skree: "Au! Pang Doodmaak,
8 wat soek djy en Miena hie? Djy bly mos innie Kriefgat daaʹ innie Elsies. Wat
9 soek djy hier?"
10 Pang Doodmaak kyk eers mooi rond, want hy as bendeleier is nie
11 veronderstel om in ʼn plek buite sy gebied "biesagheid" te maak sonder
12 onderhandelings met die leier van die plaaslike bende nie. Dié sal hom
13 onder sekere voorwaardes toelaat om sy "produk" te "bemark".
14 Toe daar geen antwoord is van Pang Doodmaak nie, sê die stem uit die
15 skare: "Djy kan mossie hieʹ kô ooʹvattie. Djulle sal viʹ oʹs wit biene maak as
16 oʹs soos djy nou Elsies moet kô ooʹvat."
17 Pang Doodmaak besef dat die wêreld vir hom warm gemaak kan word en
18 hy sal die stem moet antwoord. "Djy sien my bla, osʹ try om ʼn ding straight
19 te maak. Dié blaʹtjie het ʼn parcel van oʹs en nou is dit gloe innie hanne van
20 mense wat oʹssie ken nie."
6.13 Wat dink jy was in die pakkie wat Pang wou hê? (1)
6.14 Waarmee is die pakkie toegedraai? (1)
6.15 Die grootmense en skoolkinders het die luukse motor bewonder.
Wat kan ʼn mens uit die stelling aflei oor hierdie mense se sosiale
agtergrond? (1)
6.16 Esther het met die pakkie by haar ma se huis aangekom.
6.16.1 Wie het die pakkie aanvanklik by Esther kom soek? (1)
6.16.2 Hoekom het Esther se ma aangeneem dat die persoon in
Vraag 6.16.1 nie ʼn skoolkind was nie? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 29
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
6.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (6.17) neer, byvoorbeeld 6.17 E.
Pang Doodmaak se naam impliseer dat ...
A hy nie sou huiwer om iemand dood te maak nie.
B dwelmverslaafdes hom nie sou beskerm nie.
C dwelmverslaafdes veilig by hom sou wees.
D hy bang vir die dood was. (1)
6.18 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (6.18) neer, byvoorbeeld 6.18 E.
Esther se ma ... , daarom kon Pang nie hard met haar wees nie.
A was huisvriende met Pang se oupa
B het na Pang gekyk toe hy ʼn klein seuntjie was
C was ʼn blommeverkoper saam met Pang se ma
D het lank gelede besigheid met Pang se ouers gedoen (1)
6.19 Daar het later ʼn tweede motor by Esther-hulle se huis aangekom.
6.19.1 Wie het uit hierdie motor geklim? (1)
6.19.2 Wat het hierdie karakter in Vraag 6.19.1 by Esther-hulle se huis
kom maak? (1)
6.20 Esther se ma het die bendeleier en een bendelid ingenooi.
Wat sou jy anders as Esther se ma gedoen het om die konflik vreedsaam op
te los? (1)
6.21 Esther het geweier om haar ma die pakkie te gee of te sê wat daarbinne
was.
Hoekom was Esther se optrede teenoor haar ma nie reg nie? (1)
6.22 Hoe, dink jy, het Eshter se ma gevoel toe sy gehoor het dat haar dogter met
dwelms deurmekaar was? (1)
6.23 Esther het van die pakkie ontslae geraak sonder dat haar ma gesien het.
6.23.1 Hoe het Esther van die pakkie ontslae geraak? (1)
6.23.2 Wie het met die pakkie by die voordeur aangekom? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 30
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
6.24 Watter waarskuwing het Pang aan Slang gegee nadat hulle die pakkie
gekry het? (1)
6.25 Verduidelik watter les die jeug uit Esther se betrokkenheid by dwelms kan
leer. (1)
6.26 Waarom is die taalgebruik in die kortverhaal aanvaarbaar? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 31
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
AFDELING D: GEDIGTE
VERSJOERNAAL
Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende gedigte.
VRAAG 7
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Die hanswors – S.J. Pretorius
1 Oor sy afsigtelike boggel
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.
5 Tussen die diere in ʼn hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 "Met klere wat gedurig gaar is,
8 Wat doen die vent met sy salaris?"
9 Hyʹt maandeliks by die poskantoor
10 ʼn brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 "Sou daar tog êrens iemand wees?"
13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater vir die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.
23 Toe het ʼn brief gekom eendag ...
24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl ʼn boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: "Dankie my kind ..."
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 32
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
7.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (7.1) neer.
Die sirkusmense het (die hanswors geterg / met die hanswors
gesimpatiseer) oor sy skewe rug. (1)
7.2 Waarom het die hanswors "die eensaamheid gesoek"? (1)
7.3 Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (7.3) neer, byvoorbeeld 7.3 E.
Die hanswors het een maal per ... ʼn brief by die poskantoor gepos of gaan
haal.
A dag
B jaar
C maand
D week (1)
7.4 Waaroor het die sirkusmense geskinder? Gee DRIE feite. (3)
7.5 Kies elke keer die term uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (7.5.1 – 7.5.4) neer,
byvoorbeeld, 7.5.5 F.
KOLOM A KOLOM B
7.5.1 "en kromheid, het hul hom gekoggel," A Elisie
(Reël 2)
7.5.2 "Tussen die diere in ʼn hoek B Alliterasie
het hy eensaamheid gesoek:" (Reël 5 – 6)
7.5.3 "klein kabouter" (Reël 18) C Assonansie
7.5.4 "Toe het ʼn brief gekom eendag ... " (Reël 23) D Enjambement
E Ellips
(4x1) (4)
7.6 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (7.6) neer.
Die rymsoort wat in strofe 3 voorkom, is (paarrym / kruisrym). (1)
7.7 "Hy’t oor die bed gebuk, verblind," (Reël 24)
Wat het die hanswors verblind? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 33
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
7.8 "terwyl ʼn boggelvroutjie, sag,
sterwend fluister: "Dankie my kind ... " (Reël 25 – 26)
7.8.1 Op watter manier dink jy was die hanswors en die boggelvroutjie aan
mekaar verbind? (1)
7.8.2 Watter fisiese ooreenkoms was daar tussen die hanswors en die
boggelvroutjie? (1)
7.9 Hoe sluit die inhoud van die gedig by die titel van die gedig aan? (1)
7.10 Watter EEN woord dui die wending in die hanswors se storie aan? (1)
7.11 Op watter manier dink jy was die hanswors ʼn bate vir die sirkus? (1)
7.12 Hoekom dink jy is hierdie ʼn gepaste gedig vir Graad 12-leerders? (1)
EN
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Brief – F.R. Abrahams
1 Mammie, ek skryf ook vir Ma ʼn kaalvoet gedig
2 sommer so, nes Antjie
3 maar ek gebruik soms leestekens
4 en ek sal nie vir Mamma "jy" sê nie
5 want dit hoort vir my
6 nes plastiekblomme en wit skoene
7 nie by Ma nie.
8 Ek het grootgeword, weet Ma –
9 ek skrik soms vir myself
10 want my skoolbaadjie pas nie meer nie
11 my hare is lank
12 ek wil ʼn oorring dra
13 ek bid byna nooit nie
14 en ek glo nie sommer net in God nie
15 ek dink, praat, skryf selfs oor die dood
16 – ek wonder of Ma van my verse sal hou –
17 Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly –
18 en ek het nie
19 kon nie
20 ʹskuus Mammie
21 maar ek is nog Ma se kind
22 grootmenskind
23 anderster kind
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 34
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
7.13 Vir wie het die spreker die gedig geskryf? (1)
7.14 Watter gevolgtrekking kan ʼn mens uit die titel van die gedig maak? (1)
7.15 ʺMammie, ek skryf ook vir Ma ʼn kaalvoet gedig
sommer so, nes Antjie" (Reël 1 – 2)
7.15.1 Wat is ʼn "kaalvoet gedig"? (1)
7.15.2 Watter ander digter het ʼn soortgelyke gedig geskryf? (1)
7.15.3 Watter EEN woord uit reël 1 dui op liefde en respek? (1)
7.16 Hoekom begin elke strofe met ʼn hoofletter? (1)
7.17 "Ek het grootgeword, weet Ma – " (Reël 8)
7.17.1 Wat is die funksie van die aandagstreep in reël 8? (1)
7.17.2 Haal EEN reël aan om te bewys dat die skrywer grootgeword het. (1)
7.18 Hoekom word "Mammie", "Ma" en "Mamma" met hoofletters geskryf? (1)
7.19 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (7.19) neer, byvoorbeeld 7.19 E.
Volgens die spreker pas plastiekblomme nie by sy ma nie omdat dit ...
A hoë klas is.
B swak smaak is.
C doodgewoon is.
D vinnig oud word. (1)
7.20 Watter aanduiding in die seun se voorkoms is daar dat hy rebels is? (1)
7.21 Die spreker bevraagteken sy geloof in God.
7.21.1 Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
7.21.2 Hoekom is dit aanvaarbaar vir jongmense om hulle geloof te
bevraagteken? (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) 35
(Tweede Vraestel) 10022 / 16
7.22 Die gedig is ʼn voorbeeld van vrye vers.
7.22.1 Noem EEN eienskap van vrye vers in hierdie gedig. (1)
7.22.2 Op watter manier sluit die vrye vers by die spreker se karakter aan? (1)
7.23 Hoe het die spreker sy kreatiwiteit uitgeleef? (1)
7.24 Hoekom is die spreker ʼn rolmodel vir ʼn Graad 12-leerder? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
TOTAAL: 70
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper
%20X05%202019%20Preparatory%20Exam%20Question%20Paper_hlayiso.com_--906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f/v1-c4ebf8a712225cfb0086/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2016 Memo
%20P2%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233/v1-8c610f6d3b47188bee73/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper