Downloaded from hlayiso.com
O
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 15 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 870.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.
4. Trek ʼn streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
ONDERHOUD
Lees die onderhoud hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
VROU MET ’N OMGEEHART
deur Dawid Yzelle
TEMSIE TIMES (7de Laan se
Maria) het geleer dat dit die moeite
werd is om aan te hou glo.
1 Jy het in Port Elizabeth grootgeword. Jy is die jongste van sewe kinders.
Vertel ons van jou kinderjare.
Ons was ʼn baie hegte gesin. Ons sewe kinders het min baklei. Daar was ook
geen witbroodjies nie. Ons het liefde in oorvloed gekry! My ma, Grace, is die
een wat vir ons van geloof in God geleer het. Sy was vir ons kinders ʼn 5
wonderlike voorbeeld. Al het sy ʼn hartprobleem gehad, het sy nooit toegelaat
dat dit haar onderkry nie. Sy was tot op ʼn hoë ouderdom altyd baie besig.
2 Mense noem jou Temsie, maar jou volle naam, Thembisa, beteken
“belofte aan God” in isiXhosa. Sê hierdie naam iets van jou
persoonlikheid? 10
Ja, dit beskryf my goed. Ek maak nooit leë beloftes nie. As ek iets belowe,
doen ek dit. Wanneer ek sien dat mense swaarkry, help ek graag. Ek gee dan
altyd wat ek ook al mag hê.
3 Vertel van jou eerste rol as aktrise.
Dit was van kleinsaf my droom om ʼn aktrise te word. My heel eerste rol as 15
aktrise was in ʼn verhoogstuk, Senzekile, in ʼn gemeenskapsaal in
Port Elizabeth. Dit was lank gelede. Daarna het ek nooit weer teruggekyk nie
en soveel deure het vir my oopgegaan.
4 Jy is nou al amper 14 jaar by 7de Laan. Dis ʼn mylpaal!
Ja, ek kan nie glo dit is al so lank nie. Ek het wonderlike vriende gemaak. Ek 20
het veral ʼn goeie verhouding met Mimi Mahlasela (Aggie). Sy het ʼn
wonderlike humorsin en sy laat my altyd lag. Vir Salamina Mosese het ek baie
respek. Sy is baie reguit; as sy nie van iets hou nie, sê sy so.
5 Jou karakter, Maria, is ʼn moederlike figuur. Sien jy jouself ook so?
Ja, ek sien myself as ʼn moederfiguur. Wanneer daar seer is in een van my 25
mede-akteurs se lewe, help ek waar ek kan. My raad is altyd: Wanneer dit
met jou sleg gaan, is dit normaal om te twyfel, maar jy moet net glo dat alles
weer sal regkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
6 Jy ken ook die pyn van ʼn moeder wat ʼn kind verloor het. Hoe het jy dié
tragedie verwerk? 30
Bruce is in 2010 oorlede. Hy was 38 jaar oud. Hy het snags op ʼn boot
uitgegaan om vis te vang. Hy het longontsteking gekry en is later in die Chris
Baragwanath Hospitaal oorlede. Terwyl hy in die hospitaal was, moes ek op
die stel werk. Op die dag van sy dood het die vervaardigers van 7de Laan laat
weet ek hoef nie in te kom nie, want Annalisa Weiland (Hilda) was siek. Ons 35
kon dus nie daardie dag sekere tonele skiet nie. Ongelooflik! Ek kon daardie
dag my seun groet. Net daarna moes ek in Kaapstad gaan optree. Op pad
Kaapstad toe het ek myself moed ingepraat sodat ek nie voor die mense in
trane moes uitbars nie. Ek het net bly glo dat die son weer sal skyn.
7 Jy sê jy het die hart van ʼn vredemaker? 40
Ek hou niks van konflik nie en ek verkies dat mense, sover moontlik, in vrede
leef.
8 Hoe maak jy seker jy neem nie saans die emosies van jou karakter saam
huis toe nie?
Dis nie maklik om jou sepiekarakter en wie jy regtig is, te skei nie – veral nie 45
as jy al 13 jaar lank dieselfde karakter vertolk nie. Toe Bart (Neil Sandilands)
siek geword het, moes ek gedurig vir myself sê dis net deel van die storie. En
toe Neville (Zane Meas) oorlede is, het ek gehuil! In my motor op pad huis toe
moes ek weer vir myself sê dat dit tog net ʼn storie is.
9 Wat doen jy saans ná ʼn lang dag op die stel? 50
Ek wil dan net ontspan en my woorde vir die volgende dag leer. Saans bid ek
vir ons land, vir jongmense se stryd teen dwelms en dat daar ʼn einde sal kom
aan misdaad, geweld en verkragting.
10 Ons hoor jy is ook deel van ʼn buurtwag?
Ja, ons ondersteun slagoffers van misdaad en geweld so goed as wat ons 55
kan. Hulle het ook al by my huis ingebreek. Dié soort ding laat my rooi sien.
Dit voel soms vir my asof misdadigers te gou en te maklik vrygelaat word.
11 Is daar iets waarmee jy jou graag besig hou waarvan ons nie weet nie?
Ek is mal oor uitverkopings en doen graag inkopies; ek hou veral daarvan om
skoene te koop!
[Verwerk uit Lééf met hart & siel, Mei 2013]
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1 Thembisa het ʼn “omgeehart” (titel).
Skryf EEN volsin uit paragraaf 2 neer wat verduidelik wat ʼn “omgeehart” is. (1)
1.2 Verwys na paragraaf 1.
1.2.1 Word die woord “witbroodjies” hier LETTERLIK of FIGUURLIK
bedoel? (1)
1.2.2 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.2.1. (Jy moet aandui wat
Thembisa bedoel.) (1)
1.3 Thembisa se ma was ʼn hartlyer.
1.3.1 Hoe het Thembisa se ma haar lewe as hartlyer elke dag geleef? (1)
1.3.2 Hoe weet jy dat Thembisa se ma lank geleef het? Skryf TWEE
OPEENVOLGENDE woorde uit paragraaf 1 neer. (1)
1.4 Thembisa se naam is baie betekenisvol.
1.4.1 Uit watter taal kom Thembisa se naam? (1)
1.4.2 Hoe leef Thembisa haar naam se betekenis uit? Verwys na die
betekenis van haar naam EN haar lewe. (2)
1.5 Waaruit kan ons aflei dat Thembisa se eerste verhoogstuk, Senzekile, ʼn
belangrike rol in haar loopbaan gespeel het? (1)
1.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.6) en die
antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.6 E.
Die uitdrukking “en soveel deure het vir my oopgegaan” (paragraaf 3) beteken
sy ...
A kon meer tyd aan haar stokperdjies bestee.
B het nog ander rolle gekry om te vertolk.
C kon meer tyd vir haar sosiale lewe hê.
D het meer van toneelspel geleer. (1)
1.7 Sê in jou eie woorde watter TWEE aanduidings daar is dat 7de Laan vir
Thembisa 'n positiewe ervaring is. (2)
1.8 Watter eienskappe bewonder Thembisa in die volgende karakters?
1.8.1 Mimi Mahlasela (1)
1.8.2 Salamina Mosese (1)
1.9 Annalisa Weiland se siekte het veroorsaak dat sekere tonele op 'n sekere dag
nie geskiet kon word nie.
Hoe het Annalisa Weiland se siekte Thembisa daardie dag indirek gehelp? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.10 Thembisa het haar raad aan mense prakties uitgeleef. (Paragraaf 5)
1.10.1 Noem Thembisa se raad aan mense. (1)
1.10.2 Dink jy dit is maklik om hierdie raad in ʼn krisissituasie te volg? Gee
ʼn rede vir jou antwoord. (1)
1.11 Sê in jou eie woorde hoe Thembisa haar emosies as karakter in die TV-reeks
skei van wie sy by die huis is. (Paragraaf 8) (1)
1.12 Watter OOREENKOMS is daar tussen om 'n aktrise te wees en om ʼn student
te wees? (Paragraaf 9) (1)
1.13 Noem EEN probleem van ons land waarvoor Thembisa saans bid? (1)
1.14 Thembisa is lid van ʼn buurtwag. (Paragraaf 10)
Hoekom laat Thembisa se rol in die buurtwag ʼn mens positief voel? (1)
1.15 “Dié soort ding laat my rooi sien.” (Paragraaf 10)
Wat bedoel Thembisa met die woorde “… laat my rooi sien”? (1)
1.16 “Ek is mal oor uitverkopings en doen graag inkopies; ek hou veral daarvan om
skoene te koop!” (Paragraaf 11)
Waarom, dink jy, is dit belangrik dat persoonlike inligting oor Thembisa in die
onderhoud genoem word? (1)
1.17 Noem EEN lewensles wat jy as leser by Thembisa geleer het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS B
DIS NOG NIKS NIE. ONS
EET NOG VLEIS ÉN
GROENT E!
[Uit: Die Burger, 8 April 2016]
1.18 Die seuntjie in die sandput dink sy pa is ryker as die pa van die dogtertjie op
die swaai.
Wat, dink hy, maak hulle ryker? (1)
1.19 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (1.19) en die antwoord neer.
Die spotprent lewer kommentaar op Suid-Afrikaners wat al hoe (ongesonder
leef/minder geld het). (1)
1.20 Daar is ʼn kontras tussen wat die kinders doen en waaroor hulle praat.
Kies die KORREKTE woorde uit die lys hieronder om die sin mee te voltooi.
Skryf net die vraagnommer (1.20.1–1.20.2) en die antwoord neer.
hartseer; humoristies; kinderlike; volwasse
Die kinders hou hulle besig met 1.20.1 ... aktiwiteite terwyl hulle oor 1.20.2 ...
sake praat. (2)
1.21 Hoe kan jy uit die meisie se gesigsuitdrukking aflei dat sy gelukkig is? (1)
1.22 Waaruit kan jy aflei dat die seun vinnig op sy driewielfiets ry? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE hoofgedagtes waarom tegnologie goed vir tieners is, in jou EIE
VOLSINNE op.
2. Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
3. Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
REDES WAAROM TEGNOLOGIE GOED VIR TIENERS IS
Ouers en onderwysers is dikwels bekommerd oor die negatiewe invloed van tegnologie
op tieners, maar tegnologie kan ook goed wees. Die internet bevat baie webwerwe en
nie alle webwerwe is sleg nie. Daar is dikwels nuttige inligting wat tieners kan gebruik
vir tuiswerktake. Die tyd toe leerders biblioteek toe moes gaan vir inligting, is mos
lankal verby. Sosiale netwerke help tieners om maklik, vinnig en goedkoop met mekaar
kontak te maak. Baie mense kritiseer tieners dat hulle nie meer lees nie. Die idee dat
tieners net boeke moet lees, is outyds. As tieners blogs en aanlyn besprekings lees,
help dit met hulle lees- en skryfvaardighede. Op Netwerk24 kan hulle byvoorbeeld al
die koerante kry. Omdat dit so gerieflik is om inligting vinnig op die internet te kry, help
tegnologie om tieners se algemene kennis te verbeter. Dit is waar dat tieners makliker
iets sal lees waaroor hulle nuuskierig is. Tieners verbreed so hulle kennis sonder dat
hulle dit agterkom. In musiek, flieks en sosiale media is daar mense en idees van ander
kulture dwarsoor die wêreld. In Suid-Afrika is dit juis so nodig dat die verskillende
groepe mekaar se kulture sal leer ken. Hier help tegnologie dus om tieners se
leefwêreld groter te maak. Met die moderne tegnologie kan leerders hul kreatiwiteit
ontwikkel deur hul eie video’s en selfs films te maak. Navorsers het bevind dat tieners
wat gereeld videospeletjies speel, se reaksietye vinniger word. Ouers kan dus maar
ontspan, want tegnologie het beslis positiewe aspekte!
[Verwerk uit www.forbes.com]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
Hierdie klub is eksklusief vir mans!
(3.5) Jy kry ook die volgende voordele
ʼn Geskenkpak met promosie-items van die Proteas
ter waarde van R500.
Eksklusiewe uitnodigings na geleenthede waar jy die
Proteas en Protea-bestuur kan ontmoet.
Afslag as jy ʼn motor by Budget huur.
Jy kry (3.6 spesiaal) behandeling.
20%-afslag op (3.7 wedstrydkaarkies).
En nog meer ...
Dit is meer as R500 se waarde wat jy elke
maand ontvang.
[Verwerk uit www.grafika24.com]
3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (3.1) en die antwoord neer.
In krieket, as jy die bal ver slaan, is ses lopies die hoogste telling wat jy kan kry.
“Slaan ʼn ses” se KONNOTATIEWE betekenis is dat (dit ʼn baie goeie aanbod in
die advertensie is/enigiemand krieket kan leer speel). (1)
3.2 Op watter TWEE maniere trek die advertensie die leser se aandag? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.3 Watter woorde in die advertensie is ʼn voorbeeld van stereotipering? Motiveer
jou antwoord. (2)
3.4 Noem EEN manier hoe die leser gemanipuleer word om op die koerante in te
teken. (1)
3.5 Skryf die volgende oor en vul die KORREKTE leesteken in. Voltooi die
antwoord net tot by die leesteken wat jy invul.
Jy kry ook die volgende voordele
ʼn Geskenkpak met promosie-items van die Proteas ter waarde van R500.
Eksklusiewe uitnodigings na geleenthede waar jy die Proteas en Protea-
bestuur kan ontmoet. (1)
3.6 Gee die KORREKTE vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.
Jy kry (spesiaal) behandeling. (1)
3.7 Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin:
20%-afslag op wedstrydkaarkies (1)
3.8 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.8) en die
antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.8 E.
Die funksie van die krieketbal as deel van die Love Cricket-naam is om ...
A lesers te manipuleer om meer van krieket te hou.
B te wys alle Beeld- en Rapport-lesers hou van krieket.
C te beklemtoon dat dit ʼn krieket-ondersteunersklub is.
D die embleem van ʼn provinsiale krieketspan aan te dui. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
[Bron: www.comics.com]
4.1 Hoe kan ʼn mens sien dat die twee hadidas baie hard skree? Gee TWEE
aanduidings. (RAAMPIE 1) (2)
4.2 Hoe weet jy dat die vuvuzela in RAAMPIE 2 ʼn groter geraas maak as die
hadidas in RAAMPIE 1? Gee TWEE aanduidings. (2)
4.3 Hoe kan jy aan die hadidas se liggaamshouding (RAAMPIE 2) sien hulle het
groot geskrik? Gee EEN aanduiding. (1)
4.4 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
(4.4) en die antwoord neer.
Dink jy dis ʼn (ou) spesie? (1)
4.5 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.
Die hadida vra sy vriend: “Wat maak so ʼn groot geraas?”
Begin so: Die hadida vra sy vriend ... (1)
4.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (4.6) en die antwoord neer.
Wanneer die vrou in RAAMPIE 3 wegstap, lyk sy (ontsteld/tevrede). (1)
4.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.7) en die
antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 4.7 E.
Die ... in RAAMPIE 3 wys dat die vuvuzela in die vrou se hand beweeg as sy
wegstap.
A geraas
B hadidas
C strepies
D stertvere (1)
4.8 Wat, dink jy, is die doel van hierdie strokiesprent? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS F
ʼn (5.1 GESOND) LEWENSTYL IS BROODNODIG
Dit is elke dag se storie. (5.2 Soggens is daar altyd genoeg tyd.) Basiese dinge soos
(5.3 ete in die oggend) word dus maklik vergeet. Jy sal reg wees vir die dag as jy net
vyf minute gebruik om iets te eet wat (5.4 voedsaam) as gewoonlik is.
Nadat jy jou spiere met ʼn paar oefeninge (5.5 losmaak) het, moet jy sorg dat jou
liggaam die eerste brandstof van die dag inneem. (5.6) Die korrekte kos sal jou ʼn lis vir
die dag gee.
As jy jou eerste maaltyd versigtig kies en dit rustig geniet, sal jy die dag goed begin.
Moenie jou bekommer as jy nie (5.7 aan dit) gewoond is om baie te eet nie. Jy kan met
die regte kos en drankies genoeg (5.8 voedingstof) inneem vir die moeilike dag wat
voorlê. Dit kan boonop lekker smaak! (5.9) Jy moet vandag nog daarmee begin.
(5.10 Inwoners van Suid-Afrika) kry maklik verkoue. Daar is ʼn oplossing. Jy kan
verkoues weghou met aanvullers of homeopatiese middels. (5.11) ʼn Mens kan gewone
stoom gebruik. Jy kan dadelik beter voel.
Dalk voel jy sleg as gevolg van ʼn omgekrapte maag nadat jy die vorige aand te veel
ryk kos geëet het. (5.12) Gebruik kruie vir die naarheid.
(5.13) En as ʼn hele dag se werk wag is daar ook hulp. Begin elke dag reg. Besluit wat
belangrik is en doen dit. Moenie net met gevoude (5.14 ...) sit nie!
[Verwerk uit Gesond Binne Vyf Minute, 1999]
5.1 Gee die KORREKTE vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.
Skryf net die vraagnommer (5.1) en die antwoord neer.
ʼn (Gesond) lewenstyl is broodnodig! (1)
5.2 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM deur die onderstreepte woord
te verander.
Soggens is daar altyd genoeg tyd.
Begin só: Soggens is ... (1)
5.3 Gee EEN WOORD vir die omskrywing tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (5.3) en die antwoord neer.
Basiese dinge soos (ete in die oggend) word dus maklik vergeet. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
5.4 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (5.4) en die antwoord neer.
Jy sal reg wees vir die dag as jy net vyf minute gebruik om iets te eet wat
(voedsaam) as gewoonlik is. (1)
5.5 Gee die KORREKTE VORM VAN DIE WOORD tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (5.5) en die antwoord neer.
Nadat jy jou spiere met ʼn paar oefeninge (losmaak) het, moet jy sorg dat jou
liggaam die eerste brandstof van die dag inneem. (1)
5.6 Verbeter die SPELFOUT in die volgende sin.
Die korrekte kos sal jou ʼn lis vir die dag gee. (1)
5.7 Gee die KORREKTE BETREKLIKE VOORNAAMWOORD van die woord
tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die antwoord neer.
Moenie jou bekommer as jy nie (aan dit) gewoond is om baie te eet nie. (1)
5.8 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (5.8) en die antwoord neer.
Jy kan met die regte kos en drankies genoeg (voedingstof) inneem vir die
moeilike dag wat voorlê. (1)
5.9 Verander die STELSIN na ʼn BEVELSIN. Skryf die sin as antwoord neer.
Jy moet vandag nog daarmee begin. (1)
5.10 Gee die PERSOONSNAAM vir die woord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (5.10) en die antwoord neer.
(Inwoners van Suid-Afrika) kry maklik verkoue. (1)
5.11 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Skryf die sin as
antwoord neer.
ʼn Mens kan gewone stoom gebruik. Jy kan dadelik beter voel. (sodat) (1)
5.12 Skryf die sin oor in die INFINITIEF.
Gebruik kruie vir die naarheid.
Begin só: Jy behoort ... (1)
5.13 Voeg die KOMMA op die korrekte plek in die sin in. Skryf die hele sin as
antwoord neer.
En as ʼn hele dag se werk wag is daar ook hulp. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
5.14 Kies die KORREKTE woord om die IDIOOM in die konteks van die teks te
voltooi. Skryf net die vraagnommer (5.14) en die antwoord neer, byvoorbeeld
5.14 E.
Moenie net met gevoude (5.14 ...) sit nie!
A arms
B bene
C hande
D vingers (1)
TEKS G
Ek wonder of ek nou
alles vir die vakansie
ingepak het?
5.15 Bestudeer die prent hierbo aandagtig en beantwoord die vrae. Skryf net die
vraagnommer (5.15.1–5.15.6) en die antwoord neer.
5.15.1 (...!) Dit is vakansie. 5.15.1 Voltooi die sin met die
KORREKTE
TUSSENWERPSEL om jou
blydskap uit te druk. (1)
5.15.2 Uiteindelik gaan ek deur 5.15.2 Kies die KORREKTE WOORD
Europa (rys/reis). tussen hakies. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
5.15.3 Vir die sneeu gaan ek ʼn 5.15.3 Gee die KORREKTE
(scarf) inpak om my nek AFRIKAANSE WOORD.
warm te hou. (1)
5.15.4 In Italië sal die sonlig 5.15.4 Voltooi die sin met die
skerp wees, dus pak ek KORREKTE SELFSTANDIGE
my (...) in. NAAMWOORD. (1)
5.15.5 Om my geskenkies veilig 5.15.4 Voltooi die sin met die
te hou, moet ek ʼn (...) aan KORREKTE SELFSTANDIGE
my tas hê. NAAMWOORD.
(1)
5.15.6 Die belangrikste is my 5.15.6 Voltooi die sin met die
selfoon se (...) KORREKTE SELFSTANDIGE
Daarsonder sal my NAAMWOORD.
selfoon se battery pap
bly. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper