You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL P1 May June 2018_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans FalGrade 12201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 2018 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy. 4. Trek 'n streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/2018 SSE AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: GESKREWE ONDERHOUD Lees die geskrewe onderhoud hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A AYANNA WILLIAMS: WÊRELDREKORDHOUER VIR DIE LANGSTE VINGERNAELS 1 Ayanna Williams is 'n 60-jarige ouma met 'n verskil. Hierdie Amerikaanse vrou is van Houston in Texas. Sy is in 2017 as die wêreldrekordhouer vir die vrou met die langste naels aangewys. 5 2 Toe Guinness World Records haar naels gemeet het, was elke nael gemiddeld 60 cm lank. Ayanna se linkerduimnael is die langste – 68 cm! Dis selfs langer as die kortste man 10 wat nog ooit geleef het. Hy was 54,6 cm lank. 3 Mense het verskillend gereageer op Guinness World Records se webtuiste na die aankondiging van haar rekord. ʺSies! Hoe bad sy daarmee?ʺ het een geskryf. 'n Ander wou weet hoe sy haar naels so sterk kry en nog iemand het 15 gesê dat Ayanna superkoel is. In 'n onderhoud het Ayanna 'n bietjie meer van haarself vertel. 4 VRAAG: Wat het jou gemotiveer om jou naels so lank te laat groei? ANTWOORD: My ma het ook lang naels gehad, maar nie so lank soos myne nie. Ek dink sy het die saadjie vir my passie vir lang naels geplant. 20 5 VRAAG: Waarom het jy besluit om 'n rekord op te stel? ANTWOORD: Ek wou vir my kinders wys dat hulle enigiets kan doen as hulle wil. Dit neem net dissipline, moed en geduld. 6 VRAAG: Hoe lank het dit jou geneem om jou naels so lank te laat groei? ANTWOORD: Meer as 20 jaar. Ek het na 20 jaar ophou tel. 25 7 VRAAG: Hoe versorg jy jou naels? ANTWOORD: Ek begin deur 'n naelverharder op my naels te druk. Daarna verf ek my naelpolitoer aan. Dan rond ek dit af met 'n dun lagie akriel oor die naelpolitoer. Ek maak dit ook gereeld skoon met 'n antibakteriese seep en 'n spesiale naelborseltjie. 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/2018 SSE 8 VRAAG: Wat sal jy doen as een van jou naels breek? ANTWOORD: Ag, dis nie die einde van die wêreld nie! Ek sal dit net weer aanmekaar plak. 9 VRAAG: Verf jy self jou naels? ANTWOORD: Ja, ek is 'n gekwalifiseerde naeltegnikus. Eers het ek my naels 35 elke twee weke geverf, maar nou is dit te lank. Nou verf ek dit maandeliks. 10 VRAAG: Hoe lank neem dit jou om jou naels te verf? ANTWOORD: 20 uur van die begin tot die einde, maar soms neem dit tot 'n week. Ek moet dit stuk-stuk doen, want ek wil dit netjies hê. 11 VRAAG: Hoeveel botteltjies naelpolitoer gebruik jy elke keer? 40 ANTWOORD: Gewoonlik twee botteltjies – een vir elke hand. 12 VRAAG: Hoe kry jy jou klere met daardie lang naels aangetrek? ANTWOORD: Ek moet baie versigtig wees. Ek werk baie stadig. Dit bly 'n uitdaging om my langbroeke aan te trek; daarom vra ek soms hulp as ek daarmee sukkel. 45 13 VRAAG: Wat is die moeilikste take om met jou lang naels te verrig? ANTWOORD: Ek kan nie skottelgoed was nie. My naels pas nie in die wasbak nie. Verder bly dit moeilik om my hare te was en te kam al is ek 'n opgeleide haarkapster. O, en jy wil ook nie agter my by die betaalpunt in 'n besige winkel staan nie. Dit neem baie lank om geld uit my beursie te kry. Ek kan ook nooit my 50 hand uitsteek om mense te groet nie. 14 VRAAG: Sjoe, pla jou naels jou nie as jy slaap nie? ANTWOORD: Ja, dit pla my. Dit neem die hele bed oor. Ek slaap net op my sy met 'n kussing onder my naels. Die naels hang dan oor die kussing. 15 VRAAG: Hoe hanteer jy mense wat na jou staar of vra vir 'n selfie saam met 55 hulle? ANTWOORD: Ek verstaan dat my naels uniek is en dat mense daarna sal kyk. As mense dan vra vir 'n foto, gee ek nie om nie. 16 VRAAG: Wat doen mense soms wat jou ontstel? ANTWOORD: Ek hou nie van mense wat my skelm afneem of persoonlike 60 opmerkings oor my maak nie. Verskoon die woordspeling, maar dan wys ek my naels! Ek sal nie huiwer om vir hulle presies te sê wat ek van hulle dink nie. 17 VRAAG: Sal jy jou naels nog langer wil laat groei? ANTWOORD: O ja! Ek is mal oor my naels. Ek noem dit my tien juwele. Dit is 50% van wie ek is. Dis my babas, dis my kuns. 65 [Verwerk uit www.netwerk24.com] LET WEL: • Beantwoord AL die vrae. • Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/2018 SSE 1.1 In watter stad woon Ayanna Williams? (1) 1.2 Waarom word Ayanna 'n ouma 'met 'n verskil' genoem? (1) 1.3 Wat is die gemiddelde lengte van Ayanna se naels? (1) 1.4 Wat maak die lengte van Ayanna se linkerduimnael (68 cm) so besonders? (1) 1.5 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.5.1 en 1.5.2) en die antwoorde neer. Mense se reaksies op die aankondiging van hierdie rekord het verskil. Dit het gewissel van (1.5.1) (woede/negatiwiteit) tot (1.5.2) (spot/bewondering). (2) 1.6 Wat bedoel Ayanna as sy sê haar ma het die saadjie vir haar passie vir lang naels geplant? (1) 1.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.7) en die antwoord (A–D) neer, bv. 1.7 E. Ayanna sê 'n mens moet dissipline hê om 'n rekord op te stel. In Ayanna se geval het dit dissipline gekos om ... A vir soveel jaar snags met baie lang naels te slaap. B vir mense presies te sê wat sy van hulle dink. C saam met mense vir 'n selfie te poseer. D haar naels haar babas te noem. (1) 1.8 Hoe hou Ayanna haar naels: 1.8.1 Lekker hard (TWEE feite) (2) 1.8.2 Higiënies (TWEE feite) (2) 1.9 Kies die KORREKTE antwoord deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.9.1 en 1.9.2) neer. sensitief; skaam; perfeksionisties; prakties Wat lei jy oor Ayanna af uit die antwoorde wat sy op die volgende vrae gegee het? 1.9.1 Wat sal jy doen as een van jou naels breek? (Paragraaf 8) (1) 1.9.2 Hoe lank neem dit jou om jou naels te verf? (Paragraaf 10) (1) 1.10 Hoeveel naelpolitoer gebruik Ayanna om een hand se naels te verf? (1) 1.11 Hoe maak Ayanna seker dat haar naels nie breek terwyl sy aantrek nie? Gee DRIE feite. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/2018 SSE 1.12 Waarom kan 'n mens sê dat Ayanna se kwalifikasie as haarkapster haar nie veel help nie? (1) 1.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord (A–D) neer, bv. 1.13 E. In paragraaf 16 sê Ayanna: ʺ ... maar dan wys ek my naels! ʺ Hiermee bedoel Ayanna dat sy ... A met haar naels wil spog. B haar naels wil versorg. C baie kwaad word. D baie hartseer word. (1) 1.14 Waarom verwys Ayanna na haar naels as haar tien 'juwele'? (1) 1.15 Uit die leesstuk lei ons af dat mense vir Ayanna se naels gegril het terwyl ander haar as superkoel beskryf het. Wat is jou opinie oor Ayanna se naels? Motiveer jou antwoord. (1) 1.16 Lees weer al die vrae wat die onderhoudvoerder aan Ayanna gevra het. Het jy uit die vrae en antwoorde meer oor Ayanna geleer? Motiveer jou antwoord deur na die teks te verwys. (1) 1.17 Waarom, dink jy, sal sommige lesers só 'n geskrewe onderhoud bo 'n gewone tydskrifartikel verkies? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/2018 SSE TABEL TEKS B Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPAAR WATER! Jy kán met 87 liter water per dag uitkom. PERSOONLIKE EN HUISHOUDELIKE WATERGEBRUIK AKTIWITEIT PER DAG HOEVEEL LITER STORT 2 minute 20 liter TOILET SPOEL 4 keer 36 liter TANDE BORSEL 2 keer 0,3 liter HANDE WAS 3 keer 9 liter KOS MAAK 3 etes 1,8 liter WATER DRINK 6 glase 1,5 liter SKOTTELGOED MET DIE 1 keer 9 liter HAND WAS TROETELDIERE 2 keer 2 liter HOEVEEL LITER PER DAG? 79,6 liter HUISHOUDELIKE APPARATE WAT BAIE WATER GEBRUIK WASMASJIEN SKOTTELGOEDWASSER 1 was gebruik 40 liter 1 was gebruik 31 liter [Verwerk uit: Grafika24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/2018 SSE 1.18 Watter persóónlike en huishoudelike gebruik van water (nie apparate nie) is die hoogste per dag? (1) 1.19 Na watter aktiwiteit verwys die prentjie hieronder? (1) 1.20 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.20) en die antwoord (A–D) neer, bv. 1.20 E. Hierdie tabel oor persoonlike en huishoudelike watergebruik sluit ook die gebruik van water vir mense se ... in. A motors B potplante C troeteldiere D swembaddens (1) 1.21 Hoekom is dit beter om skottelgoed met die hand te was eerder as om 'n skottelgoedwasser te gebruik? (1) 1.22 Watter prentjie, A of B, hieronder pas die beste by die opskrif, 'SPAAR WATER!'? Skryf net die vraagnommer (1.22) en die korrekte letter (A of B) neer. A B (1) 1.23 Hoekom is dit makliker om hierdie tabel te verstaan as 'n geskrewe teks? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/2018 SSE AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES 1. Som die SEWE dinge wat jy moet doen as jy in 'n brandende huis is, in jou EIE VOLSINNE op. 2. Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer. 3. Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C WAT JY MOET DOEN AS JY IN 'N BRANDENDE HUIS IS Dis moeilik om kalm te bly as jy in 'n huis is wat besig is om te brand. Hier is SEWE dinge wat jy moet doen as jy in 'n brandende huis is. 'n Brandblusser sal dalk nie 'n hele brand kan blus nie, maar dit kan jou help om 'n pad na buite deur die vlamme te kry. Maak dus seker jy weet waar die brandblusser hang. 'n Toe deur keer dat rook en vlamme versprei. As jy in 'n brandende huis vasgekeer is, maak die deur van die vertrek waarin jy is, toe. As jy nie vasgekeer is nie, maar die deur is reeds toe, moet jy eers aan die toe deur voel voordat jy dit oopmaak. As daar geen hitte is nie, kan jy dit met veiligheid oopmaak en uitgaan. In 'n brand is dit dikwels nie die vuur wat gevaarlik is nie. Baie mense sterf van rookinaseming. Dit is hoekom jy jou mond en neus met iets nats moet bedek. As jy so laag as moontlik op die grond bly, sal jy ook minder rook inasem. Sodra jy veilig uit die brandende huis is, moet jy glad nie probeer om terug te gaan nie. Hou 'n tas met noodhulpvoorrade byderhand sodat jy dit net kan gryp en hardloop. As daar nie dadelik hulp op die toneel is nie, het jy die nodigste hulpmiddels byderhand. [Verwerk uit http://reviewonline.co.za] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/2018 SSE AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE • Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer. • Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word. TEKS D (3.3) (Goeie) aanbieding! (3.4) (Lekker) ONTBYT! (3.5) SLEGS R29,95 (Net Maandae van 08:00–11:00) Hoek van (3.8) Noord- en Kerkstraat, Bloemhof Skakel vir Rosie vir (3.10) (u/jou) spesiale geleentheid. 053 122 3128 [Verwerk uit Rooi Rose, Augustus 2016] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/2018 SSE 3.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (3.1) en die antwoord neer. Die herhaling van die r-klank in ROSIE SE RESTAURANT (alliterasie) is om ('n mens se aandag te trek/die kos te adverteer). (1) 3.2 Voltooi die sin met die korrekte LIDWOORD. Nou oop vir ... lekkerste ontbyt ooit! (1) 3.3 Vervang die woord tussen hakies met 'n woord wat meer EMOSIE beskryf. (Goeie) aanbieding! (1) 3.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. (Lekker) ONTBYT! (1) 3.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.5) en die antwoord (A–D) neer, bv. 3.5 E. Die gebruik van die woord 'slegs' is 'n voorbeeld van ... A partydigheid. B manipulering. C stereotipering. D veralgemening. (1) 3.6 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies (VERLEDE DEELWOORD). 2 eiers, wors, 2 repies spek, (rooster) tamaties en 'n snytjie roosterbrood (1) 3.7 HERSKRYF die volgende sin: Kom geniet elke oomblik! Begin só: Jy moet ... (1) 3.8 Watter WOORD kan die koppelteken hieronder vervang? Hoek van Noord- en Kerkstraat (1) 3.9 Watter EEN WOORD in die advertensie pas by die foto? (1) 3.10 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (3.10) en die antwoord neer. Skakel vir Rosie vir (u/jou) spesiale geleentheid. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/2018 SSE VRAAG 4: STROKIESPRENT • Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer. • Opsetlike taalfoute kom voor. • Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E [Verwerk uit joshreads.com] 4.1 Verwys na Jeremy se Moedersdagboodskap in RAAMPIE 2. Wat kan jy hieruit van Jeremy se normale gedrag aflei? (1) 4.2 Gebruik die HOMONIEM van vier (RAAMPIE 4) in 'n sin sodat die betekenis duidelik is. (1) 4.3 Skryf die sin in RAAMPIE 5 in die DIREKTE REDE. Ma vra vir Jeremy of hy nie haar bril gesien het nie. (1) 4.4 Noem EEN visuele teken in RAAMPIE 5 wat daarop dui dat Jeremy geïrriteerd is met al die goed wat sy ma sê. (1) 4.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.5) en die letter (A–D) neer, bv. 4.5 E. Watter IDIOOM pas by Jeremy se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 6? Jy ... A lieg soos 'n tandetrekker. B doen iets met lang tande. C byt op jou tande. D is tot die tande toe gewapen. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/2018 SSE 4.6 Ma vra vir Jeremy om vir haar te wys hoe om 'n foto met haar selfoon te neem. (RAAMPIE 6) Op watter manier beklemtoon Ma dat Jeremy geduldig met haar moet wees? (1) 4.7 Jeremy het uiteindelik nie gedoen wat hy vir sy ma gesê het hy sou doen nie. Hoe kan 'n mens dit in RAAMPIE 7 sien? (1) 4.8 Hoe verskil Ma se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 3 van haar gesigsuitdrukking in RAAMPIE 8? Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (4.8.1 en 4.8.2) en die antwoorde neer. In RAAMPIE 3 lyk Ma (4.8.1) (opgewonde/hartseer) en in RAAMPIE 8 lyk Ma (4.8.2) (verbaas/teleurgesteld). (2) 4.9 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.9) en die letter (A–D) neer, bv. 4.9 E. Hoe word tieners in hierdie strokiesprent gestereotipeer? Tieners ... A weet alles van tegnologie af. B is geïrriteerd met hulle ouers. C kommunikeer nie met hulle ouers nie. D gee graag vir ander mense geskenke. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/2018 SSE VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT • Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer. • Opsetlike taalfoute kom voor. • Voer die instruksies by elke vraag uit. 5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae. TEKS F: KOERANTARTIKEL TWEE ENTREPRENEURS SE BESIGHEID GROEI Zwanga Mabaya en Luther Mochabe is (5.1.1) (24) jaar oud. Hulle het mekaar (5.1.2) (deur/met) 'n vriend ontmoet. (5.1.3) Hierdie twee jong entrepreneurs bestuur 'n suksesvolle besigheid. (5.1.4) (In 2012 begin Zwanga en Luther studeer.) Zwanga het 'n kursus in regte gevolg en Luther het 'n diploma in sakebestuur gedoen. (5.1.5) (Dit het hulle tevrede gestel.) Daarom het hulle besluit (5.1.6) (die Ventso Group begin). Hulle het nét genoeg geld gehad om hulle besigheid te registreer. Vandag is besighede soos Nedbank en Ster-Kinekor van hulle (5.1.7) (groot) kliënte. (5.1.8) Die (Ventso Group lewer 'n spesiale diens.) Hulle druk besighede se logo's op (5.1.9) (produk) soos klere en geskenke. Verder reël hulle funksies en (5.1.10) (huur/verhuur) klanktoerusting en draagbare toilette vir openbare geleenthede. Wat lê agter hulle sukses? (5.1.11) '' 'n Mens moet altyd hard werk,'' sê Luther. ''As jy (5.1.12) (uitstaan) diens lewer, sal jou kliënte vir ander mense van jou vertel.'' Verder moet jy (5.1.13) (ongeduldig) wees. Jy moet ook bereid wees om jou tyd op te offer en tot laat in die aand te werk. Zwanga sê hulle is tevrede met die sukses wat hulle behaal het, maar daar is nog baie om te doen. Hy sê die enigste fout wat hulle gemaak het, is dat hulle nie vroeër (5.1.14) (met dit) begin het nie. [Verwerk uit Rapport, 18 Junie 2017] 5.1.1 Skryf die GETAL tussen hakies in woorde. Zwanga Mabaya en Luther Mochabe is (24) jaar oud. (1) 5.1.2 Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies. Hulle het mekaar (deur/met) 'n vriend ontmoet. (1) 5.1.3 Skryf die WERKWOORD in die sin neer. Hierdie twee jong entrepreneurs bestuur 'n suksesvolle besigheid. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/2018 SSE 5.1.4 Skryf die sin in die VERLEDE TYD. In 2012 begin Zwanga en Luther studeer. (1) 5.1.5 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Dit het hulle tevrede gestel. (1) 5.1.6 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele sin uit. Daarom het hulle besluit (die Ventso Group begin). (1) 5.1.7 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Vandag is bekende besighede soos Nedbank en Ster-Kinekor van hulle (groot) kliënte. (1) 5.1.8 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM. Die Ventso Group lewer 'n spesiale diens. (1) 5.1.9 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Hulle druk besighede se logo's op (produk) soos klere en geskenke. (1) 5.1.10 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Verder reël hulle funksies en (huur/verhuur) klanktoerusting en draagbare toilette vir openbare geleenthede. (1) 5.1.11 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Gebruik 'dat' in jou antwoord. '' 'n Mens moet altyd hard werk," sê Luther. (1) 5.1.12 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. ''As jy (uitstaan) diens lewer, sal jou kliënte vir ander mense van jou vertel.'' (1) 5.1.13 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Verder moet jy (ongeduldig) wees. (1) 5.1.14 Gee die korrekte VOORNAAMWOORD van die woorde tussen hakies. Hy sê die enigste fout wat hulle gemaak het, is dat hulle nie vroeër (met dit) begin het nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 16 DBE/2018 SSE 5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae. TEKS G: PRENT [Bron: xplorio.com] 5.2.1 Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. Die (vliëenier/vlieënier) se uniform is netjies. (1) 5.2.2 Verdeel die woord tussen hakies volledig in LETTERGREPE. Die slagter hou die mes in sy (linkerhand). (1) 5.2.3 Gee die PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies. Die man met die besem in sy hand is die (skoonmaak). (1) 5.2.4 Voltooi die sin met die korrekte SELFSTANDIGE NAAMWOORD. Die bakker dra 'n ... om sy lyf wat sy klere beskerm terwyl hy bak. (1) 5.2.5 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies. Die student dra 'n (strikdas) as deel van sy akademiese drag. (1) 5.2.6 Vorm 'n SAMESTELLING met die woorde tussen hakies. Die mynwerker moet altyd sy (werk+klere) dra. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Fal

Explore more published documents in this catalogue.

View all