Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
2018
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 56 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)

%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9/v1-346aa4f8a56359c010be/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018, 56 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 56 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 56
- File size
- 877.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 56
This exam
NSC June Exam 2018
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers oor
die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur
en kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.
5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
8. Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/2018
SSE
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos 35 5
2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom 35 10
3. Meeulanders 35 14
4. Lien se lankstaanskoene 35 18
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – die drama 35 22
6. Paljas 35 27
7. Fiela se kind – die drama 35 32
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
8.1 ''Agter 'n baard'' 18 37
EN
8.2 ''Baby'' 17 39
OF
9.1 ''Die weldoener'' 18 42
EN
9.2 ''Vegvlieënier Vivian'' 17 44
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
10.1 ''Brief'' 18 47
EN
10.2 ''Spore op die maan'' 17 49
OF
11.1 ''By die robot in Eerstelaan'' 18 52
EN
11.2 ''Boekmerk'' 17 54
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/2018
SSE
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–4 1
B: Drama 5–7 1
C: Kortverhale 8–9 1 (2 kortverhale)
D: Gedigte 10–11 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/2018
SSE
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord AL DIE VRAE oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
''Wat is anderkant die see, oom?''
''Seker Engeland?''
''En anderkant Engeland?''
''Hoe moet ek weet? Kom nou!''
***
MacDonald het die goodfor uitgeskryf en daarmee in sy hand bly staan. ''Hoe 5
oud is jy?''
''Veertien gewees, mister.'' Wat wil almal skielik weet hoe oud hy is?
''Mm ... jy is groot vir veertien. Is jy seker jy is nie dalk sestien nie? Ek is nie so
seker dat julle altyd weet hoe oud julle is nie.''
''Ek is veertien.'' 10
***
''Ons belang aan onsselwers en ons werk vir onsselwers!'' het sy pa met trots
gekeer en iets in Saul laat goed voel. ''Ons werk nie vir MacDonald nie!''
***
Jozef het stadig opgestaan ... ''Alles wat Harison sê, trek na jou harsings toe en
dan kom staan jy by ons daaroor en sanik! Hoekom loop word jy nie een van
Harison se onnosel spaaiers nie? Dan kan jy mos lekker loop gorrel oor waar ons 15
kap as ons konsuis nie mag kap nie! Sê sommer waar ons wippe ook lê!''
''Jy's dom, Jozef!'' Dit het gevoel of hy skielik op die rand van 'n afgrond staan
en blindelings gaan spring. ''Jy sal jou enigiets laat aanlap ...''
***
Die lewe is 'n skewe sirkel. In sy kajuit op die Pictor is daar van die Bos net een
ding wat hy met hom saamneem: die skets wat Kate van Oupoot gemaak het. 20
1.1 In hierdie roman leer ons vir Saul ken as 'n kind wat oor alles vrae gehad het.
Ná watter spesifieke geleenthede het Saul die volgende vrae gevra?
1.1.1 ''..., is ons witmense, Pa?'' (1)
1.1.2 ''Dink Pa hy sal môre val?'' (1)
1.1.3 ''Hoe sweer 'n mens, Jozef?'' (1)
1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (1.2) en die antwoord neer.
Die goodfor wat MacDonald uitgeskryf het, het die houtkappers (in die skuld
gehou/laat voel dat hulle iets werd was). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/2018
SSE
1.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (1.3) en die letter (A–D) neer.
Uit reëls 8–9 lei ons af dat MacDonald ... was.
A opgewonde
B nuuskierig
C sarkasties
D ontsteld (1)
1.4 ''Ek is veertien.'' (Reël 10)
1.4.1 Op sy veertiende verjaardag het Saul die bloubokkie se kop
oopgekap en nie die gal in die kop gekry nie.
Vul die ontbrekende woord in die sin hieronder in.
Hier het Saul se soeke na die ... begin. (1)
1.4.2 Hoe het hierdie soeke (VRAAG 1.4.1) die doel van Saul se laaste
besoek aan die Bos uiteindelik beïnvloed? (1)
1.5 Al het Joram en Saul dikwels verskil, het Joram tog oor die algemeen 'n
positiewe invloed op Saul gehad.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
1.6 Die verhouding tussen Saul en Jozef het deur die loop van die verhaal
verander.
1.6.1 Hoe was hulle verhouding, soos jy dit uit die uittreksel kan aflei? (1)
1.6.2 Sê hoe hulle verhouding aan die einde van die roman was. (1)
1.7 In reël 17–18 gebruik Saul harde woorde om vir Jozef te laat verstaan dat hy
verkeerd was om olifante te skiet.
Was dit die regte manier om vir Jozef te laat verstaan dat hy verkeerd was?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.8 Ná hierdie argument tussen Saul en Jozef het Saul se lewenspad
interessante draaie gemaak.
Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
• Saul het vir Patterson na Meulbos toe geneem.
• Saul het as houtkneg by MacDonald gewerk.
• Saul het die delwers van die dorp af tot bo in Meulbos geneem.
• Saul het meubels in Swellendam leer maak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/2018
SSE
1.9 Saul het geglo dat die lewe vir hom 'n ''skewe sirkel'' was.
Stem jy saam? Verwys in jou antwoord na Saul se lewe nadat hy uit
Swellendam teruggekeer het. (1)
1.10 "In sy kajuit op die Pictor is daar van die Bos net een ding wat hy met hom
saamneem: die skets wat Kate van Oupoot gemaak het.'' (Reël 19–20)
Hoe sluit dié sin by die tema van ontvlugting aan? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
''Jy? Jý gaan hom skiet?''
''Ja.''
''Nee!'' Dis 'n smeking om genade; hy steek sy hande voor hom uit en skud sy
kop. ''Nie jy nie. Asseblief, baas Saul ...''
''Leen my die geweer.'' 5
''Maar ek het net twee koeëls!'' skiet hoop die ou man binne. ''En niemand in
hierdie bos sal vir jou 'n enkelte koeël bysit nie, hulle sal jou nie help nie, baas
Saul.''
''Twee koeëls is genoeg. Het jy kruit?''
''Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!'' ruk ou Maska hom 10
skielik op.
***
Ná nog twee rondtes het Jefferson weer probeer: ''Kan ek 'n persoonlike vraag
vra?''
''Vra gerus.''
''Dis baie opvallend dat jy nie meer baklei nie ...'' 15
''Baklei?'' Die opmerking het hom verras.
''Nie met die vuiste nie, met iets binne-in jou ... Nog sjerrie?''
''Nee dankie. Ek dink ek verstaan wat jy wil sê, en ek moet erken, jy verras my
met jou waarneming. Jy't reg, ek baklei nie meer nie. Kom ons sê ek het 'n
eenmansoorlog gevoer en verloor,'' het hy erken en sinies bygevoeg: '' 'n Oorlog 20
wat nooit bestaan het nie oor dinge wat nooit bestaan het nie.''
''Jy het altyd die indruk geskep dat jy niks vrees nie, Saul Barnard. Jy skep dit
nog, behalwe dat jy nie meer baklei nie. Dit beteken nie dat jy nie meer kwaad
is nie.''
1.11 ''Jy? Jý gaan hom skiet?'' (Reël 1)
1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (1.11.1) en die antwoord neer.
Maska was geskok dat Saul vir Oupoot wou skiet omdat Saul nog
altyd vir Oupoot (bang was/bewonder het). (1)
1.11.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.11.1 met TWEE feite uit die
roman. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/2018
SSE
1.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (1.12) en die letter (A–D) neer.
''Nie jy nie. Asseblief, baas Saul ...'' (Reël 4)
Die funksie van die beletselteken in hierdie aanhaling is om aan te dui dat ...
A Maska hom vir Saul vererg het.
B Saul vir Maska gewys het om stil te bly.
C Maska besluit het dat Saul nie na hom sou luister nie.
D Saul nie vir Maska kans gegee het om klaar te praat nie. (1)
1.13 Niemand in die Bos sou vir Saul help nie, want hulle het hom gebrandmerk.
Noem TWEE brandmerke wat die Bosmense vir Saul gegee het. (2)
1.14 Hoe het Saul ryk geword? (Reël 10) (1)
1.15 Daar was mense wat dit vir Saul moeilik gemaak het om sy droom vir die Bos
en sy mense waar te maak.
Kies elke keer die mense uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommers (1.15.1 tot 1.15.4) en die letter (A–E)
neer.
KOLOM A KOLOM B
1.15.1 Hierdie mense het nie verstaan A die Steyns van Swellendam
dat Saul 'n beter toekoms vir
hulle wou skep nie. B mense soos Freek Terblans
1.15.2 Hierdie mense het die C die houtkopers
bosmense in armoede gehou.
D Saul se familie
1.15.3 Hierdie mense het Meulbos en
dus moontlike inkomste E die delwers
vernietig.
1.15.4 Hierdie mense is soms deur die
Bosmense gevra om lastige
olifante te skiet.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/2018
SSE
1.16 Lees reëls 12–15.
Ná nog twee rondtes het Jefferson weer probeer: ''Kan ek 'n persoonlike
vraag vra?''
''Vra gerus.''
''Dis baie opvallend dat jy nie meer baklei nie ...''
1.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (1.16.1) en die antwoord neer.
Jefferson het vir Saul 'n persoonlike vraag gevra. Hieruit kan ons
aflei dat Jefferson vir Saul (goed geken het/nie goed geken het nie). (1)
1.16.2 Wat het Saul die volgende dag gedoen om vir Jefferson en homself
verkeerd te bewys? (1)
1.17 Daar is baie mense wat nie glo dat natuurbewaring belangrik is nie.
Waarom sal hierdie mense, nadat hulle die roman gelees het, kan verstaan
dat natuurbewaring wel belangrik is? (1)
1.18 Alhoewel Saul as die seun van 'n houtkapper gebore is, was hy nie 'n
slagoffer (''victim'') van sy omstandighede (''circumstances'') nie.
Wat was Saul se omstandighede EN waarom was hy nie 'n slagoffer van
daardie omstandighede nie? (2)
1.19 Dink aan die hele roman.
Waarom sou Die Soektog na Oupoot nie 'n goeie titel vir hierdie roman wees
nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/2018
SSE
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
''Dis 'n dump!'' roep Yann uit en begin so onbedaarlik nies dat hy nie 'n woord
verder kan uitkry nie.
***
''Niks wat 'n besem en 'n verestowwer nie kan regruk nie!'' roep Mana uit op
haar valse vrolike manier. Teen dié tyd het sy klaar 'n besem en 'n stowwer in 'n
kombuiskas opgespoor. En die stowwer in my onwillige hande gedruk. 5
***
As jy my vra (nie dat iemand my al ooit gevra het nie), was my eerste woord 'n
gil van woede. Hoekom kan ek nie maar 'n normale baba met 'n normale ma en 'n
normale pa wees nie?
En nou is ek vasgekeer op 'n berg waar ek oor tien dae my vyftiende verjaardag
moet vier, saam met my abnormale ma, my ingewikkelde gesin, my beste vriendin 10
en – wait for this – my pa met die peroksiedhare.
***
Ek meen, hy't nie een van my vorige veertien verjaardae saam met my gevier
nie. Vir wat wil hy nóú met my kom bodder?
***
''Dis die eerste woord wat ek van hierdie groot partytjie hoor,'' sê ek deur
geklemde kake toe Mana die telefoon neersit. 15
''As Gavin daar is, sál dit 'n partytjie wees,'' verseker sy my. ''Hy kan 'n begrafnis
in 'n fees verander.''
2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (2.1) en die antwoord neer.
Mana het dadelik goed gesoek waarmee sy die huis op die berg kon
skoonmaak. Hieruit kan ons aflei dat Mana (realisties/onprakties) in hierdie
situasie opgetree het. (1)
2.2 Gee DRIE redes waarom Hanna haar ma as abnormaal beskou het. (Reël 10)
Verwys in jou antwoord na:
2.2.1 Mana se voorkoms (1)
2.2.2 Mana se siening van seuns en dogters se rolle (1)
2.2.3 Tibo se pa (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/2018
SSE
2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer.
Die aandagstrepe voor en na ''wait for this'' (reël 11) beklemtoon dat Gavin se
koms vir Hanna die toppunt van haar ... oor die wittebrood was.
A opgewondenheid
B ontevredenheid
C nuuskierigheid
D vreugde (1)
2.4 Lees reël 12–13.
Hoe sluit dit aan by die tema van ouers wat nie deel van hulle kinders se
lewens is nie? (1)
2.5 Hanna se houding teenoor Gavin het deur die loop van die verhaal verander.
2.5.1 Hoe het Hanna aan die begin van die roman oor Gavin gevoel? (1)
2.5.2 Sê hoe Hanna se houding teenoor Gavin aan die einde van die
roman verander het. (1)
2.6 Mana het haar hele gesin saamgeneem op die wittebrood.
2.6.1 Wat was Mana se doel met die wittebrood? (1)
2.6.2 Het die wittebrood op die berg die twee broers, Yann en Amos,
positief oor hulle ma gemaak? Motiveer jou antwoord. (1)
2.7 Mana het gesê dat Gavin 'n begrafnis in 'n fees kon verander. (Reël 16–17)
2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (2.7.1) en die antwoord neer.
Met hierdie woorde het Mana bedoel dat Gavin gewoonlik die
(gees/organiseerder) van partytjies was. (1)
2.7.2 Wat kan ons uit Mana se woorde aflei oor die verhouding tussen
haar en Gavin? (1)
2.8 Daar het 'n paar interessante dinge gebeur terwyl Hanna saam met haar
gesin op die berg was.
Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
• Hanna se sussie is gebore.
• Gavin het vol modder by die huis opgedaag.
• Hanna het vir Margot ontmoet.
• Hanna het 'n grimeerstelletjie as verjaardaggeskenk gekry. (4)
2.9 Waarom sal jy anders na stiefouers kan kyk nadat jy die roman gelees het? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/2018
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
''What a woman,'' sug Gavin toe sy saam met my ma in die slaapkamer verdwyn.
''Wat sou ons sonder haar gedóén het?''
Dis min of meer wat ons almal dink. Maar ons kry nie veel kans om te dink nie.
Yann hardloop by die voordeur uit om die kombi nader te bring, Gavin gaan haal
die tweede gaslamp langs die rusbank, Sharon skarrel slaapkamer toe vir die 5
handdoek en die naelknipper. Ek tap nog 'n kastrol vol water. Tibo en Amos staan
langs die tafel met oë soos pierings.
''Dink jy dit gaan oukei wees?'' fluister Tibo vir my.
''Margot het gesê dit gaan oukei wees,'' sê ek met 'n stem wat skielik wil breek.
ʺDan sal dit oukei wees,'' sê Amos terwyl hy sy kop stadig knik. 10
***
Die baba suig met toe oë en 'n salige uitdrukking aan haar ma se bors. Sy is
toegedraai in 'n rooi T-hemp van Tibo en sy dra 'n doek wat Margot uit 'n pers
waslap geprakseer het.
***
''My pa is veronderstel om my vandag te kom haal,'' sê Sharon met 'n somber
gesig. ''Hy sal wel 'n manier vind om oor die rivier te kom. Al moet hy in 'n boot 15
oorroei.''
''Wel, dan kan ek mos saam met julle terugroei, nie waar nie?''
Margot lag haar tinkelende laggie en waai haar hand ...
2.10 ''What a woman,'' sug Gavin ... '' (Reël 1)
2.10.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (2.10.1) en die antwoord neer.
Met die woorde, ''What a woman'', het Gavin gewys dat hy vir
Margot respek gehad het omdat sy (presies geweet het wat om te
doen/mooi gelyk het sonder grimering). (1)
2.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1 met TWEE feite wat met
reëls 1–13 verband hou. (2)
2.11 Waarom het Yann die kombi nadergebring? (1)
2.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (2.12) en die letter (A–D) neer.
''Margot het gesê dit gaan oukei wees,'' sê ek met 'n stem wat skielik wil
breek. (Reël 9)
Uit Hanna se stem wat wou breek, kan ons aflei dat Hanna ... was.
A teleurgesteld
B bekommerd
C moeg
D siek (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/2018
SSE
2.13 Wat kan ons aflei uit die feit dat Mana nie vir die baba klere saamgebring
het nie? (1)
2.14 ''My pa is veronderstel om my vandag te kom haal,'' sê Sharon met 'n somber
gesig. (Reël 14–15)
Waarom is dit geloofwaardig ("credible") dat Sharon se gesig in hierdie
situasie somber was? (1)
2.15 Sharon het 'n positiewe rol in Hanna se lewe gespeel.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
2.16 In hierdie roman was daar tipiese tienerdinge wat Hanna moes hanteer.
Noem TWEE voorbeelde uit die roman om hierdie stelling te motiveer. (2)
2.17 Verskillende karakters in die roman het Hanna laat besef dat sy eintlik 'n
kreatiewe en ''ongelooflike'' lewe het.
Kies 'n karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.17.1 Hierdie karakter het Hanna laat glo A Beyers
dat sy 'n suksesvolle romanskrywer
gaan word. B Yann
2.17.2 Hierdie karakter het Hanna laat C Margot
besef dat sy 'n rol as ouer suster
gehad het. D Gavin
2.17.3 Hierdie karakter het Hanna se liefde E Ditjie
vir kreatiewe skryfwerk gedeel.
2.17.4 Hierdie karakter het Hanna verseker
dat sy perfek was soos sy is.
(4 x 1) (4)
2.18 Hanna was nie 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede
(''circumstances'') nie.
Wat was Hanna se omstandighede EN waarom was sy nie 'n slagoffer van
daardie omstandighede nie? (2)
2.19 Dink aan die hele roman.
Waarom sou Die Wittebrood in die Berge nie 'n goeie titel vir hierdie roman
wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/2018
SSE
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
''En Fred se groot gevreet lê nou al glad tot onder die melkbottels.''
''Wat is Ma so omgekrap?'' wil hy weet.
''Wat te erg is, is te erg.''
''Ag, bedaar, Ma.''
''Ja, bedaar, bedaar. Maar jy weet hoe ek oor hulle voel. Sit Sondag in die 5
voorste gestoeltes en Maandag moet hulle geld hulle sonnes toesmeer ...''
''... en sorg vir die baai se brood en botter, met jam op myne. Ek kan nie kla nie,
dankie.'' Maar hy sien sy wil nie mee gesukkel wees nie. ''Waar's die voëlvrou,
Ma?''
***
Op die oop stuk grond regoor die munisipale kantore van Salamanderbaai is groot 10
tente opgeslaan; vlaggies en baniere wapper. In die verversingstent sis
pannekoeke van vroegdag af en die allemintige enemmelbad vol deeg is 'n stille
getuienis van die opkoms wat verwag word. Stemdag is g'n gewone dag nie:
daar's rede vir 'n fees; ...
***
MEEULAND, WOENSDAG. 13 SEPTEMBER 1978 15
Ek dink die heeltyd aan die man. Ek het sy gesig gister op die plakkaat by die
stasie gesien. Toe het hy nog geglimlag.
***
''Meneer! Meneer!'' Dis 'n vreemde stem wat sy gedagtes onderbreek. Hy draai
om en ken die bruin man voor hom van geen kant af nie. ''Meneer, ek vra net 'n
oomblik, meneer.'' 20
***
''Meneer, ek is Kinnie Kuiper se pa, meneer. Sy het hierso gewerk ...''
3.1 ''Maar jy weet hoe ek oor hulle voel.'' (Reël 5)
3.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (3.1.1) en die antwoord neer.
Uit Hansie se woorde hierbo kan 'n mens aflei dat sy (van die
Blanckenbergs gehou het/nie van die Blanckenbergs gehou
het nie). (1)
3.1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.1.1 met TWEE feite en verwys
in jou antwoord na Hansie se gesin op daardie stadium. (2)
3.2 ''Ek kan nie kla nie, dankie.'' (Reël 7–8)
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (3.2) en die antwoord neer.
Die Blanckenbergs kon ook nie oor Attie kla nie. Hy het (gehelp/gekeer) dat
Fred die verkiesing gewen het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/2018
SSE
3.3 Noem EEN van die sondes (''sonnes'' in reël 6) wat Fred Blanckenberg met
geld probeer toesmeer het. (1)
3.4 Hansie veralgemeen as sy in reël 5–6 na die Blanckenbergs verwys.
Waarom was dit onregverdig om vir Hermanus by hierdie opinie oor die
Blanckenbergs in te sluit? (1)
3.5 Waarom noem Attie vir Ryna ''die voëlvrou''? (Reël 8) (1)
3.6 Ryna het ook ander name gehad.
3.6.1 Wat was Ryna se naam toe sy in die Kaap gewoon het? (1)
3.6.2 Wat was Ryna se CB-naam? (1)
3.6.3 Hoe het Attie Ryna genoem toe hy haar beter leer ken het? (1)
3.7 Die Blanckenbergs het ook aan die einde van die roman gesorg vir ''botter en
brood'' op Ryna se tafel.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
3.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (3.8) en die letter (A–D) neer.
Die funksie van die skuinsgedrukte woorde in reël 16–17 is om ... aan te dui.
A Ryna se navorsingswerk
B die gebeure op Meeuland
C Ryna se dagboekinskrywings
D die gebeure op Salamanderbaai (1)
3.9 Die atmosfeer wat die oggend tydens die stemmery geheers het, het verskil
van die atmosfeer aan die einde van die stemdag.
3.9.1 Hoe was die atmosfeer die oggend tydens die stemmery? (1)
3.9.2 Sê hoe die atmosfeer aan die einde van die stemdag was. (1)
3.10 Janka se geboorte het 'n groot invloed op die verloop van die roman gehad.
Skryf die vier gebeure rondom Janka se geboorte onder mekaar in die
korrekte VOLGORDE neer.
• Jacob het vir Janka as sy eie kind aanvaar.
• Jannerik het vir Janka Meeuland toe geneem.
• Ryna het Kinnie se baba in Jannerik se blyplek gekry.
• Ousanna het vir Jannerik van Janka se geboorte vertel. (4)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/2018
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
Die Meeuw het gekom en hulle is almal saam. Die draagbaar wat die NSRI daar
gelos het ook, met die liggaam onder 'n grys kombers, meteens so 'n klein hopie.
Dit was die eerste maal dat Jacob die eiland onbeman gelos het. En so het
Twilight vir die laaste maal wal toe gegaan.
***
''Sy't ... sy't so uitgesien ...'' Hy't 'n sagte pop van die bed af opgetel. 5
''Ek weet.''
''En nou ... weet ek nie of Janka hier sal wil kom bly nie. Want eintlik is hier
geen ... bande meer nie.''
Bande, Fred? Ag, Fred!
Sy het hom stil aangekyk; haar stem was onvas: ''Sy sal seker self moet kies. 10
Miskien sal sy by ant Hansie-hulle wil gaan bly.''
''Ek het ook daaraan gedink. Ryna ... as ek net weet wat werklik gebeur het.''
***
Toe sy na Fred se vermoeide gesig kyk, groei die stryd al groter.
Wat moet ek met die waarheid maak? Wie het die reg om wat te weet?
***
''En Skalla,'' sê Fred dan, ''kan hoop die polisie kry hom vinnig, voor ek hom kry. 15
Want dan gaan daar van hom min oorbly.''
Die twee mans kyk mekaar in die oë.
''Ek sal hom kry, Fred,'' sê Jacob gedemp, ''ek sal!''
Gedeelde wraak? dink Ryna.
3.11 ''En so het Twilight vir die laaste maal wal toe gegaan.'' (Reël 3–4)
3.11.1 Wie was Twilight? (1)
3.11.2 Wat kan ons aflei oor Jacob se gevoel vir Twilight uit die feit dat hy
die eiland vir die eerste maal onbeman gelos het? (1)
3.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (3.12) en die letter (A–D) neer.
''Want eintlik is hier geen ... bande meer nie.'' (Reël 7–8)
Met ''bande'' bedoel Fred ...
A enige persoon wat omgegee het.
B enige biologiese familie in die huis.
C wette wat Fred sou dwing om vir Janka te sorg.
D dinge wat dit vir Janka lekker sal maak om by hom te bly. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/2018
SSE
3.13 Sy het hom stil aangekyk; haar stem was onvas: ''Sy sal seker self moet
kies.'' (Reël 10)
3.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (3.13.1) en die antwoord neer.
Ryna se stem was onvas omdat sy (hartseer/kwaad) was. (1)
3.13.2 ''Sy het hom stil aangekyk; ...'' (Reël 10)
Hoe sluit hierdie woorde by die tema van geheimhouding in die
roman aan? (1)
3.14 ''Wat moet ek met die waarheid maak? Wie het die reg om wat te weet?''
(Reël 14)
Was dit reg dat Ryna uiteindelik vir Fred die waarheid omtrent Janka vertel
het? Motiveer jou antwoord. (1)
3.15 ''Gedeelde wraak,'' dink Ryna. (Reël 19)
Noem TWEE redes waarom Fred op Skalla sou wou wraak neem. (2)
3.16 Die vrouekarakters in die roman het die omstandighede waarin die mans hulle
geplaas het, verskillend hanteer.
Kies uit KOLOM B die karakter wat die beste by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommers (3.16.1 tot 3.16.4) en die letter (A–E)
neer.
KOLOM A KOLOM B
3.16.1 Hierdie karakter het nie haar man se A Doreen
geldmaakskemas ondersteun nie.
B Mary
3.16.2 Hierdie karakter het haar eie lewe
C Ousanna
geneem omdat sy nie haar man se
ontrou kon verwerk nie. D Ant Hansie
3.16.3 Hierdie karakter was jaloers op haar E Sheila
man se aandag aan vrouekollegas.
3.16.4 Hierdie karakter het haar man teen sy
familie se slegte invloed gewaarsku.
(4 x 1) (4)
3.17 Waarom sou jy aan die einde van die roman anders na Fred Blanckenberg
kon kyk? (1)
3.18 Ryna was nie 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede
(''circumstances'') nie.
Wat was Ryna se omstandighede EN waarom was sy nie 'n slagoffer van
daardie omstandighede nie? (2)
3.19 Dink aan die hele roman.
Waarom sou Die Mense van Salamanderbaai nie 'n goeie titel vir hierdie
roman wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/2018
SSE
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
Geel en gelukkig
... Sy glimlag vir hulle met ver oë. Sy draai om en stap voel-voel teen die
gangmuur kamer toe.
''Gaan Ma nie eet nie?'' roep Lien haar agterna. Haar ma antwoord nie. Lien
weet sy sal nie eet nie. Sy eet omtrent nooit meer iets nie.
''Nighty night!'' roep haar ma. 5
Braam brom iets, maar Lien sê niks.
Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds op een van die sitkamerstoele
hang.
***
Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.
Haar ma lê reeds en snork, dwarsoor die bed, sommer met klere en al. Lien sug 10
en soek na die naaldwerktrommeltjie onder in haar ma se ingeboude kas. Sy sit
die lig af en maak die deur toe. Haar ma sal waarskynlik môre weer nie by die
werk uitkom nie.
***
Lien kyk op. ''Ek haat jou,'' sê sy vir hóm in die spieël. ''Ék … háát … jóú,'' sê sy
weer, stadiger, afgemeet, klem op elke woord. Sy skrik vir haar gesig in die 15
spieël. Haar lang, donker hare is deurmekaar en haar oë is groot en swart. Is dit
hoe haat lyk?
***
Hy hardloop skielik na regs buite die beeld. Die vrou agter die klavier draai haar
gesig na die kamera en roep iets oor haar skouer.
4.1 Lien se ma het dinge gedoen waarvoor Lien haar geskaam het.
Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
• Lien se ma is vir die eerste keer in die kliniek opgeneem.
• Lien se ma is vir winkeldiefstal gevang.
• Lien se ma het haar werk verloor.
• Lien se ma het dronk by die skool aangekom. (4)
4.2 ''Braam brom iets, maar Lien sê niks.'' (Reël 6)
Dink jy dit is reg dat Lien en Braam nie hoflik op hulle ma se woorde
gereageer het nie? Motiveer jou antwoord. (1)
4.3 ''Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.'' (Reël 9)
Op watter ander TWEE maniere het Braam gewoonlik van die werklikheid
ontsnap? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/2018
SSE
4.4 ''Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds op een van die
sitkamerstoele hang.'' (Reël 7–8)
4.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (4.4.1) en die antwoord neer.
Lien se gedagtes dui daarop dat sy Braam (versorg/geïgnoreer)
het. (1)
4.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1 met TWEE ander feite uit
die roman. (2)
4.5 ''Ek haat jou,'' sê sy vir hóm in die spieël. (Reël 14)
4.5.1 Waarom kan 'n mens nie vir Lien hier blameer dat sy haar pa haat
nie? (1)
4.5.2 Waaruit kan 'n mens aflei dat Lien se houding teenoor haar pa aan
die einde van die roman verander? (1)
4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (4.6) en die letter (A–D) neer.
Die funksie van die skuinsgedrukte woorde in reël 18–19 is om …
A die woorde van 'n liedjie waarna Braam geluister het, aan te dui.
B dit wat Braam gedink het, met die leser te deel.
C aan te dui dat Braam na 'n video gekyk het.
D te beklemtoon dat Braam gedroom het. (1)
4.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (4.7) en die antwoord neer.
Uit hierdie uittreksel kan 'n mens aflei dat Christien Jooste 'n (onbetrokke/
sorgsame) ma was. (1)
4.8 ''Sy glimlag vir hulle met ver oë.'' (Reël 1)
Hoe sluit die vetgedrukte woorde by die tema van ontvlugting in die roman
aan? (1)
4.9 Juffrou Breytenbach het 'n positiewe rol in Lien se lewe gespeel.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
4.10 Sommige van jou klasmaats het dalk ouers wat 'n drankprobleem het.
Waarom sal jy anders na hierdie klasmaats kan kyk nadat jy die roman gelees
het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/2018
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
... Toe sy regop kom, kyk sy vas in 'n bekende gesig. Sy pluk die pruik oor haar
kop en probeer dink wie die man is wat vir haar sit en kyk. Dis of haar brein nie wil
registreer wie dit is nie.
Kuifie, besef sy met 'n skok. Hy gaap haar verbaas aan.
''Lien, wat op aarde maak jy hier?'' 5
***
Lien bewe. Sy wil eers maak dat sy wegkom, maar dan besluit sy nee.
Dis háár lewe. Hy het niks daaroor te sê nie.
'n Paar minute later hou hy reg langs haar stil.
''Klim in,'' sê hy terwyl hy na die passasiersdeur beduie.
Sy maak of sy hom nie sien nie. Sy kyk stip voor haar op die grond met haar 10
plakkaat op die gewone plek voor haar bors.
''Ek gaan nie ry voordat jy inklim nie.''
Die lig slaan genadiglik weer groen, maar hy bly staan.
***
… Nou goed, sy sal inklim, maar sy gaan nié na 'n preek luister nie.
***
Sy gaan lê met Norah op haar bed, maar toe die eerste snit begin, pluk sy die 15
oorfone af. Norah gaan nie nou werk nie. Sy raak onrustig aan die slaap.
Sy droom van haar ma en van hóm.
4.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (4.11) en die letter (A–D) neer.
''Sy pluk die pruik oor haar kop …'' (Reël 1–2)
Uit hierdie optrede van Lien kan ons aflei dat sy ... was.
A teleurgesteld
B opgewonde
C skaam
D kwaad (1)
4.12 Kuifie het nie vir Lien gepreek soos sy gedink het hy sou doen nie.
Waarom was die manier waarop Kuifie die situasie hanteer het, effektief? (1)
4.13 Noem DRIE maniere waarop Kuifie vir Lien wou help.
Verwys in jou antwoord na:
4.13.1 Die gesin se geldsake (1)
4.13.2 Lien se ma se situasie (1)
4.13.3 Lien as bedelaar (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/2018
SSE
4.14 Lien se houding teenoor Kuifie/Gerhard toe sy hom die eerste keer ontmoet
het, het later verander.
4.14.1 Hoe het Lien eers oor Kuifie/Gerhard gevoel? (1)
4.14.2 Sê hoe Lien se houding teenoor Kuifie/Gerhard aan die einde van
die roman verander het. (1)
4.15 ''Norah gaan nie nou werk nie.'' (Reël 16)
4.15.1 Waarom word Norah Jones se liedjies in hierdie roman gebruik? (1)
4.15.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (4.15.2) en die antwoord neer.
As Lien sê dat Norah nie nou gaan werk nie, kan ons aflei dat Lien
(nie meer na Norah wou luister nie/besef het dat daar ander mense
was wat haar wou help.) (1)
4.16 Hoeveel jaar tronkstraf het Lien se pa gekry? (1)
4.17 Daar was verskeie karakters wat vir Lien gehelp het.
Kies die naam uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die vraagnommers (4.17.1 tot 4.17.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.17.1 Hierdie karakter het vir Lien geleer hoe A Miemie
om 'n suksesvolle bedelaar te wees.
B Tannie Bets
4.17.2 Hierdie karakter kon verstaan hoe Lien
oor haar afwesige ouers gevoel het. C Gerhard/Kuifie
4.17.3 Hierdie karakter wou nie geld vir hulp aan D Tibbey
Lien aanvaar nie.
E Dirkie
4.17.4 Hierdie karakter het vir Lien met gewone
huistake gehelp.
(4 x 1) (4)
4.18 Lien was nie 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede (''circumstances'')
nie.
Wat was Lien se omstandighede EN waarom was sy nie 'n slagoffer van
daardie omstandighede nie? (2)
4.19 Dink aan die hele roman.
Waarom sou Lien se Nagmerrie nie 'n goeie titel vir hierdie roman wees nie?
Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/2018
SSE
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
HOEDJIE: By die paskantoor was daar nuwe mense agter die tafels. Die mense
in die toue was ook mense wat eers ná 1960 Kaap toe gekom het.
Daar was rou mense wat voor haar geholpe geraak het en selfs
huise gekry het.
POPPIE: Wat het hulle dan teen mý? Dis nou sewe jaar lat ek nie verder as 5
twee maande en soms drie maande weet lat ek in die Kaap kan
aanbly nie. Soos nou. Dis nou drie weke dat ek in die lokasie bly
sonder 'n permit. (Draai na Mama.) Dit beginne op my senuwees te
werk, Mama. Ek het dieselfde pyn in my maag wat tata-ka-Bonsile
het. Gaan ek ook siek word, Mama? Wat gaan van my kinders 10
worde?
****
ALMAL: Ewhe. Amen.
MOSIE: (staan net op. Staan baie stil). Alles wat in Poppie se hart is, word
gesê. Sy dink aan bhuti Plank, aan bhuti Hoedjie.
POPPIE: (nog op knieë). Here … beskerm hulle. Here, slaat met u staf alles 15
wat boos is van hulle af weg.
MOSIE: Sy dink aan haar man.
POPPIE: Here, wees sy siel genadig. Vergewe hom dat hy sy hulp gaan soek
by toordokters en nie by U nie.
MOSIE: Sy voel krag in haar kom soos sy die woorde sê. Sy voel dat sy sterk 20
word. (Poppie staan op.) Sy lê nie meer plat onder die lewe nie.
Sy kan opstaan.
5.1 In die vier jaar (1956 tot 1960) het daar baie dinge in Poppie se lewe gebeur.
Skryf vier van die gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
• Poppie het vir die eerste keer gehoor sy moes Ciskei toe gaan.
• Stone het so siek geword dat hy hospitaal toe moes gaan.
• Poppie moes Lambertsbaai sonder Stone verlaat.
• Stone het kontrakwerk in Philippi aanvaar. (4)
5.2 Poppie se getroude van, Nongena, beteken ''geen toegang''. Dit simboliseer
haar lewe nadat sy met Stone getroud is.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/2018
SSE
5.3 Poppie het by 'n paar plekke gewerk voordat sy Ciskei toe moes trek.
Gee 'n rede waarom sy by elk van die volgende plekke opgehou werk het:
5.3.1 Die kwekery in Constantia (1)
5.3.2 Mrs Graham (1)
5.3.3 Mrs Scobie in Rondebosch (1)
5.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (5.4) en die antwoord neer.
Ons kan Mrs Retief, die maatskaplike werkster, se houding teenoor Poppie as
(harteloos/simpatiek) beskryf toe sy hoor Poppie verwag haar vierde baba. (1)
5.5 Het Stone die regte ding gedoen om die kontrakwerk in Philippi te aanvaar?
Motiveer jou antwoord. (1)
5.6 Lees reëls 5–11.
5.6.1 Hoe sluit hierdie houding van Poppie by die tema van moederliefde
aan? (1)
5.6.2 Waarom het Poppie se houding aan die einde van die drama van
haar woorde hier verskil? (1)
5.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (5.7) en die letter (A–D) neer.
Uit Poppie se vrae in reël 10 en 11 kan ons aflei dat sy … is.
A bang
B kwaad
C sarkasties
D nuuskierig (1)
5.8 ''(nog op knieë). Here … beskerm hulle.'' (Reël 15)
Dink jy die toneelaanwysing pas by die dialoog? Motiveer jou antwoord. (1)
5.9 ''Sy kan opstaan.'' (Reël 22)
Waarom kan ons uit hierdie woorde van Mosie aflei dat hy sy suster goed
geken het?
Verwys in jou antwoord na Poppie se optrede in enige krisis wat sy ná hierdie
kerkdiens gehad het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/2018
SSE
5.10 Poppie se situasie rondom haar pas het deur die loop van die drama
verander.
5.10.1 Watter probleme het Poppie met haar pas gehad voordat sy by
Mrs Swanepoel gaan werk het? (1)
5.10.2 Sê hoe Poppie se situasie met haar pas daarna verander het. (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
POPPIE: Dit was in '76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.
MAMA: (praat oor ''telefoon''; klink asof sy haar eie woorde nie glo nie).
Dit lyk baie sleg by die lokasie, Poppie. Maar ons is almal in die lewe.
Poppie, ons het getel daar staan tien nylons uitgebrand voor die
paskantoor. En die skollies het die KTC-basaar in Gugulethu 5
uitgerob.
***
POPPIE: En die kinders, Mama?
***
Albei plaas gehoorbuise terug op mik.
MOSIE: Woensdag was dit die riots, en Donderdag en Vrydag was dit stiller,
en Saterdag het Poppie haar off gevat en huis toe gegaan. 10
***
POPPIE: Hoekom is jy so 'n groot worrie vir Mama?
JAKKIE: Ons doen nie slegte goed nie, Sisi.
***
MOSIE: … Gaan soek daardie mannetjie wat ons so mee sukkel, gaan vang
hom by die adres van hierdie mense.
POPPIE: Het hulle hom gevang? Hoekom lyk jou gesig dan so anders? Wat 15
hou jy in jou hart gebêre weg van my af?
MOSIE: Dit lyken vir my dat hy Mdantsane toe is om vir Bonsile te gaan sê:
Gaan neem my Herschel toe lat ek daar oor die grens kan gaan na
Basoetoeland toe.
POPPIE: En het hulle toe vir Jakkie gekry? 20
MOSIE: Hy was klaar oor die grens gewees toe die poeliesse daar kom.
POPPIE: En hoekom is dit dan lat jy my nie in die oog wil kyk nie? Wat vreet
aan jou?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/2018
SSE
5.11 Al Poppie se broers was op een of ander manier by die '76-opstande
betrokke.
Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommers (5.11.1 tot 5.11.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.11.1 Hierdie karakter kon nie besluit of hy die A Plank
kinders se optrede moes ondersteun of
nie. B Hoedjie
5.11.2 Hierdie karakter is in die opstand beseer. C Mosie
5.11.3 Hierdie karakter het die kinders van die D Jakkie
begin af in die opstand ondersteun.
E Hendrik
5.11.4 Hierdie karakter was oortuig die polisie
steun die trekarbeiders ('migrants') in hul
opstand teen die kinders.
(4 x 1) (4)
5.12 Die ''moeilikheid'' waarna Poppie in reël 1 verwys, sluit die kinders se
opstand in.
5.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (5.12.1) en die antwoord neer.
In hierdie opstand in die Kaap het die kinders geweld gebruik om te
wys dat hulle nie meer (wou drink nie/wou hê hulle ouers moes
drink nie). (1)
5.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.12.1 met TWEE gebeure wat
met die geweld verband hou. (2)
5.13 ''… klink asof sy haar eie woorde nie glo nie.'' (Reël 2)
Die funksie van die skuinsgedrukte woorde is om …
A aan te dui hoe Mama haar woorde moet sê.
B aan te dui wat Mama moet doen terwyl sy praat.
C dit wat Mama nie hardop sê nie, met die leser te deel.
D byklanke aan te dui wat Mama se woorde ondersteun. (1)
5.14 ''En die kinders, Mama?'' (Reël 7)
5.14.1 Hoe het Mama gekeer dat haar kinders aan die "riots" in die lokasie
deelgeneem het? (1)
5.14.2 Wat het die ander kinders in die lokasie gedoen wat Mama en die
ander grootmense ontstel het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/2018
SSE
5.15 Gee 'n rede waarom Poppie al vroeg in die drama vir Jakkie kon sê dat hy vir
hulle ma 'n groot bekommernis was. (1)
5.16 Lees reëls 13–23.
5.16.1 Wat het Mosie in hierdie gesprek met Poppie gedoen om spanning
te skep? (1)
5.16.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (5.16.2) en die antwoord neer.
Poppie kon sien dat Mosie (iets geweet het wat sy nie geweet het
nie/ook ontsteld was omdat die polisie na Jakkie gesoek het). (1)
5.17 Wat was Mosie se antwoord op al Poppie se vrae? (1)
5.18 Poppie was 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede (''circumstances'').
Wat was Poppie se omstandighede EN waarom was sy 'n slagoffer van
daardie omstandighede? (2)
5.19 Dink aan die hele drama.
Waarom sou 'n Geslag van groot vroue – die drama nie 'n goeie titel vir
hierdie drama wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/2018
SSE
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
HENDRIK: Hierdie kind, ek sê jou, sy kop is nie plat nie. Hy gaan nog
president word.
EMMA: Hy moet eers weer leer praat. Koffie, iemand?
KATRIEN: Emma, los dit.
HENDRIK: (tot Emma): Praat sal hy nog praat. Wag maar. Pleks jy liewerster 5
leer vry. Vra vir Nollie. Hy sal jou leer.
Emma, besig om koffie te skink, kyk op na haar pa toe. Sy laat val
die koffiepot op die skinkbord en storm van die stoep af.
KATRIEN: Here, Hendrik – moet jy altyd! Moet jy verdomp altyd – ! Gaan jy
dan die Here weet nooit leer nie, Hendrik? 10
HENDRIK: Wat?
Willem staan nog steeds in die middel van die vloer. Daar verskyn
'n geel plastiekballetjie uit sy mond. Hy vang dit in sy hand en
staan roerloos met die balletjie in sy hand terwyl die argument
aangaan. 15
KATRIEN: Sy's 'n meisiekind. Sy's negentien jaar oud, man. Sy's skaam.
HENDRIK: Toe jy negentien was, was jy al so te sê getroud, Katrina. Wat
skort met haar? Dis tyd dat sy oor haar kastige skaamgeit kom.
Wil jy hê sy moet 'n oujongnooi word soos jou ousus? Wil jy hê sy
moet die res van haar lewe alleen slaap soos haar pa of wat wil jy 20
hê, Katrina? (Katrien staar Hendrik ongelowig aan.) Ja, jy kyk
verniet. Ek raak nou gatvol vir al hierdie skaamgeit. Willem, gaan
speel.
6.1 Dinge wou maar net nie vir Hendrik McDonald en sy gesin reg verloop nie.
Skryf vier van hierdie gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer:
• Die plaaslike dominee het vir Hendrik en sy gesin kom verdoem.
• Vreemde treinwaens is op Hendrik se stasie afgehaak.
• Willem het weggeraak.
• Hendrik-hulle se huis is met klippe gegooi. (4)
6.2 Met die woorde in reël 1 het Hendrik vir Willem gekritiseer.
Sê waarom die stelling ONWAAR is. (1)
6.3 ''Emma, los dit.'' (Reël 4)
Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (6.3) en die antwoord neer.
Dit klink asof Katrien (simpatiek/harteloos) is, maar eintlik probeer sy net die
naderende konflik vermy. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/2018
SSE
6.4 Was Hendrik reg om vir Emma aan te moedig om 'n verhouding met Nollie te
hê? Motiveer jou antwoord. (1)
6.5 Lees reëls 1–10.
6.5.1 Hoe sluit hierdie insident by die tema van swak kommunikasie aan? (1)
6.5.2 Hoe het Emma se optrede later in die drama van haar optrede
tydens hierdie insident (reël 7 en 8) verskil? (1)
6.6 ''Wil jy hê sy moet die res van haar lewe alleen slaap soos haar pa of wat wil
jy hê, Katrina? (Katrien staar Hendrik ongelowig aan.)'' (Reëls 19 tot 21)
Dink jy die toneelaanwysing pas by die dialoog? Motiveer jou antwoord. (1)
6.7 Hendrik het van Willem se toertjies gehou, maar hy het nie geweet dat Willem
dit by die sirkusnar geleer het nie.
Gee 'n rede waarom Hendrik nie van die volgende sirkusdinge en
sirkusmense gehou het nie:
6.7.1 Die sirkustrein (1)
6.7.2 Bertie (1)
6.7.3 Barnie (1)
6.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (6.8) en die letter (A–D) neer.
Uit Willem se optrede (reëls 12–15) tydens sy ouers se argument oor Emma
lei ons af dat hy … was.
A bang
B spelerig
C onverskillig
D selfversekerd (1)
6.9 Hendrik en Nollie se siening oor 'n moontlike verhouding tussen Nollie en
Emma het verskil.
6.9.1 Wat was Hendrik se siening oor 'n moontlike verhouding tussen
Nollie en Emma? (1)
6.9.2 Sê hoe Nollie se siening van so 'n verhouding anders was. (1)
6.10 Hoe het Katrien in hierdie drama gewys dat sy na 'n lewe, weg van die stasie
af, verlang? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/2018
SSE
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
WILLEM: Jy't gesê lag is beter as huil.
MANUEL: (ruk homself oombliklik reg): Julle was baie goed vir my.
HENDRIK: Wat praat jy nou? Jy't hierdie kind se tong weer losgeknoop!
MANUEL: (verbaas): Wie – ek?
KATRIEN: Ja, jy. Jy't die paljas op hom gesit. 5
Willem sien hoe Manuel sy oë droog vee.
WILLEM: (haal tekengoed uit sy hempsak): Kom ons teken vir jou 'n gesig wat
nie huil nie.
MANUEL: Wie huil?
WILLEM: Ons teken 'n hanswors. 10
MANUEL: Dis 'n plan.
Willem begin teken 'n hansworsmasker op Manuel se gesig.
138. 'n Passasierstrein staan op die dorpstasie en stoom. Hendrik staan
op die perron en gee Manuel se goed vir hom deur die treinvenster
aan. Willem, Katrien, Emma en Nollie is ook by. 15
***
MANUEL: (wys nee): Dis Willem s'n. Hy moet leer om dit te speel. (Tot Willem.)
Onthou, nè, jy't belowe. Oefen daardie paar drukke wat ek jou
gewys het. (Tot Hendrik.) Hy gaan die ding leer speel, en hy gaan
aanhou glimlag.
Die trein begin trek. 20
HENDRIK: Gou, hier's nog. (Hy gee iets aan en Manuel gryp.) Al jou toorgoed.
Hulle lag.
Die trein ry.
Almal staan en waai.
Willem hardloop al langs Manuel se venster en waai. 25
139. Katrien en Emma is besig om aan te trek. Katrien het 'n mooi rok
aan wat sy voor die spieël staan en bekyk. Die rok se kleur pas
presies by die blou oorkrabbers.
6.11 Lees reël 1, 7 en 8.
6.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (6.11.1) en die antwoord neer.
Willem se woorde hier is dieselfde as die woorde wat Manuel vir
hom gesê het die dag toe Hendrik langs die pad met Katrien
(baklei/vrede gemaak) het. (1)
6.11.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.11.1 met TWEE redes vir
Hendrik se optrede daardie dag langs die pad. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/2018
SSE
6.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (6.12) en die letter (A–D) neer.
''(haal tekengoed uit sy hempsak)'' (Reël 7)
Die funksie van die skuinsgedrukte woorde is om …
A aan te dui hoe Willem sy woorde moet sê.
B aan te dui wat Willem moet doen terwyl hy praat.
C dit wat Willem nie hardop sê nie, met die leser te deel.
D byklanke aan te dui wat Willem se woorde ondersteun. (1)
6.13 Katrien het geglo dat Manuel die paljas op Willem gesit het.
6.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (6.13.1) en die antwoord neer.
In hierdie drama beteken paljas om (te toor/op jou gesig te teken). (1)
6.13.2 Lei uit die slot van die drama af hoe Manuel se paljas ook op 'n
groot deel van die dorp se mense gewerk het. (1)
6.14 Watter geskenk het Manuel hier vir Willem gegee? (Reël 16) (1)
6.15 Gee EEN voorbeeld van die ''toorgoed'' waarvan Hendrik in reël 21 praat, wat
in die skuur op die tafel was toe die polisie die skuur deursoek het. (1)
6.16 ''Katrien en Emma is besig om aan te trek.'' (Reël 26)
6.16.1 Waarom was hierdie geleentheid vir Nollie spesiaal? (1)
6.16.2 Wat het daardie aand gebeur wat die geleentheid vir Nollie en die
McDonalds bederf het? (1)
6.17 Party karakters in hierdie drama het van Manuel gehou, maar ander het nie
van hom gehou nie.
Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommers (6.17.1 tot 6.17.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.17.1 Hierdie karakter het liefdeloos teenoor A Willem
Manuel opgetree.
B Hendrik
6.17.2 Hierdie karakter het Manuel dadelik
aanvaar nadat hy geskiet is. C Dominee
6.17.3 Hierdie karakter het met sy geweer D Jan Mol
gewys dat hy geen waarde aan Manuel
E Frans
se lewe geheg het nie.
6.17.4 Hierdie karakter het vir Manuel van die
begin af as 'n vriend aanvaar.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/2018
SSE
6.18 Oudokter het geglo dat Willem 'n slagoffer (''victim'') van sy omstandighede
(''circumstances'') was.
Wat was Willem se omstandighede EN waarom was hy 'n slagoffer van
daardie omstandighede? (2)
6.19 Dink aan die hele drama.
Waarom sou Die Koms van Die Sirkus nie 'n goeie titel vir hierdie drama
wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/2018
SSE
VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
DIKKE: Oormôre. Vrydag. Mister Goldbury wil net die saak van die kind
wat die slag in die Bos weggeraak het, opklaar ...
***
FIELA: Ek sal hom self Knysna toe vat.
LANGE: (ongeduldig): Die magistraat wil hom Vrydag in die hof sien, dis
oormôre! Dit sal jou minstens twee dae te voet neem om daar te 5
kom, en met die kind by jou nog langer!
***
FIELA: Dan ry ek saam met julle met die kar.
LANGE: Daar's nie plek op die kar nie.
***
FIELA: ... Benjamin gaan Knysna toe. (SELLING sit sy hand op
BENJAMIN se kop.) Dit kan nie anders nie. Ek het oral gedink en 10
ek kry nie 'n ander pad nie. Maar Saterdag sal hulle hom
terugbring, sê ek vir julle. Hoor jy my, Benjamin? Saterdag sal hulle
jou terugbring en die Here help hulle as hulle ooit weer hulle pote
op hierdie werf sit! Ma stuur jou saam sodat die magistraat en die
bosvrou jou kan bekyk en klaar kyk. En Ma belowe jou, jy sal nie 15
nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak omdat jy
as 'n Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie ...
***
BENJAMIN: Ma, ek is bang.
FIELA: Jaag weg die bang ...
***
FIELA: Die magistraat sal kyk dat hulle jou terugbring. Saterdag soos hulle 20
gesê het. Die magistraat se woord is wet ...
7.1 Fiela-hulle was gelukkig op Wolwekraal totdat die sensusmanne daar
aangekom het. Toe het alles skielik verander.
Skryf die vier gebeure rondom die sensusmanne se TWEE besoeke aan
Wolwekraal onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer:
• Die sensusmanne het gevra of Benjamin kon onthou hoe hy op
Wolwekraal gekom het.
• Die sensusmanne het vir Benjamin gesien.
• Die sensusmanne het gesê die magistraat wou vir Benjamin sien.
• Die sensusmanne het die Komoeties se besonderhede in die sensusboek
geskryf. (4)
7.2 Die magistraat sou Benjamin in elk geval vir die Van Rooyens gegee het, of
die bosvrou hom kon uitken of nie.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/2018
SSE
7.3 Die sensusmanne se opinie oor Benjamin se vermoë om ver te stap, het van
hulle eerste na hulle tweede besoek aan Wolwekraal verander.
7.3.1 Wat was die sensusmanne se opinie tydens hulle eerste besoek
aan Wolwekraal? (1)
7.3.2 Sê hoe die sensusmannne se opinie tydens hulle tweede besoek
verander het. (1)
7.4 ''... Benjamin gaan Knysna toe. (SELLING sit sy hand op BENJAMIN se
kop.)'' (Reël 9–10)
Dink jy die toneelaanwysing pas by die dialoog? Motiveer jou antwoord. (1)
7.5 Fiela wou hê dat die magistraat moes sien dat Benjamin 'n goeie lewe by die
Komoeties gehad het.
Wat het Fiela gedoen om die magistraat te oortuig dat:
7.5.1 Sy vir Benjamin goed versorg het (1)
7.5.2 Die Komoeties vir hulleself kon sorg (1)
7.5.3 Benjamin goeie maniere gehad het (1)
7.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (7.6) en die antwoord neer.
Dit klink asof Fiela in reël 18 en 19 (harteloos/simpatiek) is, terwyl sy eintlik
net nie vir Benjamin wou wys dat sy ook bekommerd was nie. (1)
7.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (7.7) en die letter (A–D) neer.
Uit Fiela se houding in hierdie uittreksel kan ons aflei dat sy 'n … karakter
was.
A senuweeagtige
B selfversekerde
C ongeskikte
D nederige (1)
7.8 Was Fiela reg om vir Benjamin te belowe dat die sensusmanne hom sou
terugbring? Motiveer jou antwoord. (1)
7.9 Hoe het Fiela in haar gesprek met die magistraat gewys dat sy haarself sou
verneder as dit sou help om vir Benjamin terug te kry? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/2018
SSE
7.10 ''Die magistraat se woord is wet ...'' (Reël 21)
7.10.1 Waaruit kan ons aflei dat dit wat Fiela hier vir Benjamin gesê het,
verskil van wat sy later by die hof in Knysna gesê het? (1)
7.10.2 Hoe sluit hierdie reël aan by die tema van mense wat aan die mag
van ander uitgelewer word? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
FIELA: ... Die dokter het gesê ek moet kyk dat jy iedere dag jou bene laat
loop.
SELLING: Fiela … daar kom iemand in die onderste pad aan. Hy't ver geloop,
mens kan dit sien.
FIELA: Ja, Selling. Kyk maar dat jy aan die loop bly. (SELLING loop af.) 5
Arme Selling. (Roep.) Lig op jou voete, Selling! Kittie, kyk na die
kos en ruik die pampoen. (Pouse.) Here? (Pouse.) Here? (Op
band.) Here, dis 'n droom; ek gaan val en ek gaan wakker word.
Dis nie waar nie. Moenie dat ek 'n ding sien wat nie waar is nie.
(SELLING en LUKAS op.) Maar toe staan hy daar. Treë van my af. 10
Benjamin … En dis nie Benjamin my hanskind nie, …
LUKAS: Groet Ma my nie?
FIELA: (op band): Hy't my Má genoem? Loof die Here, o my siel. Here, hou
my bene styf sodat ek hierdie hemel regop beleef vandag.
LUKAS: Moenie so huil nie, Ma. Ek het gekom. 15
***
FIELA: (op band): Soos die tyd verbygegaan het, het ek agtergekom dat
daar dinge was waarvoor Benjamin bly wegskram het. Soos die
Van Rooyens. Oor die ander mense by die plek waar hy gewoon
het, het hy maklik gepraat. Toe dit die dag gebeur, het ek skielik
gewens daar was nog uitstel. 20
***
BENJAMIN: Die dag toe ek teruggekom het, toe ek daar onder in die pad
staan, ...
7.11 ''Die dokter het gesê ek moet kyk dat jy iedere dag jou bene laat loop.''
(Reël 1–2)
7.11.1 Watter nuus het Selling se gesondheid so laat agteruitgaan dat hy
dokter toe moes gaan? (1)
7.11.2 Hoe weet ons dat Selling se gesondheid baie verbeter het nadat
Benjamin weer op Wolwekraal aangekom het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/2018
SSE
7.12 ''En dis nie Benjamin my hanskind nie, …'' (Reël 11)
Gee 'n rede waarom Fiela nie meer vir Benjamin haar hanskind kon, of wou,
noem nie. (1)
7.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (7.13) en die letter (A–D) neer.
Lees reël 13 en 16 waar die skuinsgedrukte woorde (op band) verskyn.
Die funksie van die skuinsgedrukte woorde is om …
A aan te dui hoe Fiela haar woorde moet sê.
B aan te dui wat Fiela moet doen terwyl sy praat.
C dit wat Fiela nie hardop sê nie, met die leser te deel.
D byklanke aan te dui wat Fiela se woorde ondersteun. (1)
7.14 ''Soos die tyd verbygegaan het, het ek agtergekom dat daar dinge was
waarvoor Benjamin bly wegskram het.'' (Reël 16–17)
Noem EEN ''ding'', behalwe Elias en Barta, wat op daardie stadium vir
Benjamin kon pla. (1)
7.15 Lees weer reël 16–17.
7.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (7.15.1) en die antwoord neer.
Fiela kon uit Benjamin se gedrag agterkom dat hy (ongemaklik oor
iets was/nie van die Van Rooyens gehou het nie.) (1)
7.15.2 ''Toe dit die dag gebeur, het ek skielik gewens daar was nog
uitstel.'' (Reël 19–20)
Watter emosie lei ons uit hierdie woorde van Fiela af? (1)
7.16 ''Die dag toe ek teruggekom het, toe ek daar onder in die pad staan, …''
(Reël 21 en 22)
7.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (7.16.1) en die antwoord neer.
Dit wat Benjamin geweet het toe hy op Wolwekraal in die pad
gestaan het, het Barta tydens Lukas se laaste besoek aan die
Van Rooyens (ontken/erken). (1)
7.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.16.1 met TWEE gepaste feite. (2)
7.17 Benjamin was 'n slagoffer (''victim'') van sy omstandighede (''circumstances'').
Wat was Benjamin se omstandighede EN waarom was hy 'n slagoffer van
daardie omstandighede? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/2018
SSE
7.18 In hierdie drama is dit veral vroue wat 'n groot invloed op Benjamin/Lukas se
lewe gehad het.
Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommers (7.18.1 tot 7.18.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.18.1 Hierdie karakter het dit vir Benjamin A Fiela
belangrik gemaak om te weet dat hy
nie 'n Van Rooyen was nie. B Kittie
7.18.2 Hierdie karakter was verantwoordelik C Nina
vir sewe ongelukkige jare in
Benjamin/Lukas se lewe. D Mrs Weatherbury
7.18.3 Hierdie karakter het vir Benjamin/ E Barta
Lukas laat voel dat sy geliefde veilig
was.
7.18.4 Hierdie karakter het geglo daar was
net een persoon wat sou weet of
Benjamin 'n Van Rooyen was.
(4 x 1) (4)
7.19 Dink aan die hele drama.
Waarom sou Die Seun Wat Weg Was nie 'n goeie titel vir hierdie drama wees
nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/2018
SSE
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 8: STORIEJOERNAAL
8.1 "AGTER 'N BAARD" – Hennie Aucamp
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS O
Toe die troepetrein die stasie binnekom, is Marina een van die baie
meisies en vroue wat hul mans met vreugde inwag, maar die kameras
soek haar uit omdat sy – 'n paar maande swanger, en met 'n netjiese
seuntjie aan haar hand – groter simboolwaarde het as die ander. En
natuurlik is sy nog mooi ook. Die seuntjie bevestig haar skoonheid, want 5
hy het haar witblonde hare, 'n welige dos tot oor die ore, maar versorg,
en hy het dieselfde intense oë, alikruikblou, of amper.
***
Bennie begin vaak word; knies oor sy bord kos: "Wanneer kom
Pappa?"
Sy is self haastig, want sy hoop dat die "reiniging" volkome gaan 10
wees: ... Nooit, vandat sy hom ken, het hy ooit 'n baard of snor probeer
kweek nie. Hy is nie die tipe nie; kwetsbaar, gevoelig, maar óóp – dis sy
styl.
***
Sy steek die kerse op die feestafel aan. Deon se stem klink baie ver.
'n Keer of wat lag Bennie alleen; dan lag hulle saam. 15
***
"Jy het mos niks om weg te steek nie, skat: geen swak ken of
'n litteken of wat nie," praat sy van die spieëltafel af, waar sy room aan
haar gesig smeer.
***
Maar dis hy wat uiteindelik begin huil, verlore en gebroke.
Toe Deon lankal rukkerig teen haar slaap, lê sy nog wakker, en weet 20
nie dat sy haar een hand oop- en toemaak nie, ...
8.1.1 Wie het Deon eerste herken? (1)
8.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (8.1.2) en die antwoord neer.
Uit Marina se reaksie nadat die trein gestop het, kan ons aflei dat
sy (opgewonde/teleurgesteld) was toe sy vir Deon op die perron
sien aankom het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/2018
SSE
8.1.3 Wat het die volgende karakters op die stasie oor Deon se baard
gesê?
(a) Bennie (1)
(b) Marina (1)
(c) Deon self (1)
8.1.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (8.1.4) en die letter (A–D) neer.
"Sy is self haastig, want sy hoop dat die "reiniging" volkome gaan
wees." (Reël 10–11)
Die woord "reiniging" staan tussen aanhalingstekens omdat die
woord nie ...
A in die konteks pas nie.
B letterlik bedoel word nie.
C 'n suiwer Afrikaanse woord is nie.
D 'n maklike Afrikaanse woord is nie. (1)
8.1.5 Marina se beskrywing van Deon as ʺkwetsbaarʺ (reël 12) was veral
reg nadat hy teruggekom het van die oorlog af.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
8.1.6 Was dit reg dat Marina by Deon aangehou het dat hy sy baard
moes afskeer? Motiveer jou antwoord. (1)
8.1.7 "Sy steek die kerse op die feestafel aan." (Reël 14)
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (8.1.7(a)) en die antwoord neer.
Die gebeure die aand aan tafel en daarna toe die paartjie
gaan slaap het, het vir Marina (gelukkig/ongelukkig)
gemaak. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.7(a) met TWEE
gebeure uit die kortverhaal. (2)
8.1.8 "Maar dis hy wat uiteindelik begin huil, verlore en gebroke."
(Reël 19)
Hoe sluit hierdie woorde by die tema van die gevolge van oorlog
aan? (1)
8.1.9 Hoe verskil Deon-met-die-baard wat teruggekom het van Deon wat
aan die einde van die verhaal sy baard afgeskeer het? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/2018
SSE
8.1.10 Hierdie verhaal loop op na 'n hoogtepunt en ons kan duidelik vier
stadiums onderskei.
Rangskik nou die stadiums in die korrekte VOLGORDE:
• Deon het sy baard afgeskeer.
• Deon het vir Marina van die oorlog vertel.
• Deon se baard was vir sy huismense 'n probleem.
• Deon het teruggekom nadat hy sy grensdiens gedoen het. (4)
EN
8.2 "BABY" – EKM Dido
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS P
ʺNooi!ʺ kom Ma se skril stem uit die enigste deur van ons tweevertrek-
platdakhuisie. ʺGaan roep jou pa, ons het visitors!ʺ
***
... Ek wonder ook hoekom Ma so op hol gaan oor ou sersant De Wit,
want dit is maar net sy geel wên wat bokant die huis by die hek staan.
Vir my is hy nie 'n besoeker nie, want hy bly hier in Nqamakwe. 5
***
Oom Attie spring orent en ruk vir Baby saam op, en hy hou sy
regterhand na Pa uit. ʺEk is 'n magician van beroep, neef. Miskien kan
ons 'n show hier opsit voor ek en my dogter Oos-Londen toe gaan. Ons
huis is daar.ʺ Hy skaterlag ná elke sin.
***
Laat die aand vertel ek vir Ma hoe Baby gehuil het, maar sy snork net 10
deur haar neus. ʺBly weg van daai ougat meit af. Daai man se bek is te
glad, en sy is lank nie meer 'n tjint nie.ʺ
***
... ʺMô, help!ʺ
Toe oom Attie uitasem by die deur instorm, raas Ma sommer met hom.
ʺKyk, ek sê nie hoe jy jou tjint moet grootmaak nie. Maar dié meit is so 15
gesuip dat sy nie eers reg Ma kan sê nie! En dit so vroeg in die oggend!ʺ
8.2.1 Wat het gebeur dat die besoekers op Nqamakwe moes oorslaap? (1)
8.2.2 "Ek wonder ook hoekom Ma so op hol gaan oor ou sersant De Wit,
..." (Reël 3)
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (8.2.2(a)) en die antwoord neer.
Nooi se ma was (gewoond aan/senuweeagtig oor) hierdie
kuiergaste. (1)
(b) Watter misverstand ("misunderstanding") lei ons uit
reëls 1 tot 5 af? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/2018
SSE
8.2.3 Gee TWEE redes wat sersant De Wit laat besluit het om die
besoekers na Nooi-hulle toe te neem. (2)
8.2.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (8.2.4) en die letter (A–D) neer.
Uit reël 6 kan ons al klaar aflei dat oom Attie vir Baby ... het.
A beskerm
B beheer
C ontstel
D voorgestel (1)
8.2.5 ʺ... en sy is lank nie meer 'n tjint nie.ʺ (Reël 12)
Wat het Ma met hierdie woorde oor Baby bedoel? (1)
8.2.6 ʺToe oom Attie uitasem by die deur instorm, ...ʺ (Reël 14)
Waarom kan 'n mens sê dat oom Attie se optrede hier nie
toneelspel was nie? (1)
8.2.7 Daar was mense wat Baby gehelp het.
Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A
te pas. Skryf slegs die vraagnommers (8.2.7(a) tot 8.2.7(d)) en die
letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Hierdie karakter sou nie A Sersant De Wit se vrou
omgegee het om saam met
Baby gesien te word nie. B Antie Poppie
(b) Hierdie karakter het gesorg C Nooi se ma
dat Baby die nag op 'n veilige
plek kon deurbring. D Ouma Stienie
(c) Hierdie karakter wou keer dat E Nooi
Baby 'n gek van haarself
buite in die straat maak.
(d) Hierdie karakter het Baby se
verhaal positief laat eindig.
(4 x 1) (4)
8.2.8 ʺMaar dié meit is so gesuip dat sy nie eers reg Ma kan sê nie!ʺ
(Reël 15–16)
Nooi se ma het 'n negatiewe opinie oor Baby gevorm en die leser
gemanipuleer om ook so oor Baby te dink.
Waarom sal jy anders na Baby kan kyk nadat jy die kortverhaal
gelees het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/2018
SSE
8.2.9 Baby was 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede
(''circumstances'').
Wat was Baby se omstandighede EN waarom was sy 'n slagoffer
van daardie omstandighede? (2)
8.2.10 Dink aan die hele kortverhaal.
Waarom sou ''Die kulkunstenaar van Oos-Londen" nie 'n goeie titel
vir hierdie kortverhaal wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE
feite. (2)
[35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 42 DBE/2018
SSE
VRAAG 9: SPIEËLBEELDE
9.1 ʺDIE WELDOENERʺ – TT Cloete
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS Q
Nee, hulle het almal gedrink. Seuns en meisies. Almal het saamgedrink,
maar teen die einde het hy meer gedrink.
ʺ... Laat dit vir jou 'n les wees. Hoekom doen jy so iets?ʺ
***
Maar daar was teleurstelling by, wat hom te veel laat drink het teen die
einde. Verydeling. 5
Gawie gaan sit op sy hurke by die seun en probeer hom helder praat.
ʺWatse teleurstelling, watse verydeling?ʺ vra hy.
***
Gawie hoor dit met gelatenheid aan: ʺWeer een van die baie dwalings
in die wêreld van die kunste. Die twee gebiede waar die mense die
meeste lieg, is in die kunswêreld en die Krugerwildtuin, ... Jy moet nie 10
jou ore uitgee vir praatjies van mense wat hulle vir kenners en ingeligtes
of liefhebbers uitgee, maar niks weet nie. Daar is baie wat dink hulle is
kan-ne maar wat self nie-kan-nie en wat vir jou sal sê jý kan nie ...ʺ
***
ʺDit lyk my Oom weet iets van musiek. Wát weet Oom?ʺ
ʺNie veel nie, behalwe dat mens nie wil uitgelag word vir die mooi 15
musiek in jou nie ...ʺ
***
ʺEk vra, omdat ek nie kan verstaan hoekom Oom dit alles vir my
gedoen het nie, hoekom Oom so goed was vir my nie.ʺ
***
ʺSê môre vir jou ma jy het in die see geval. Ek trek alle deure agter
my toe.ʺ 20
9.1.1 Op watter strand het hierdie gebeure afgespeel? (1)
9.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (9.1.2) en die antwoord neer.
Dit was tot die jongman se (voordeel/nadeel) dat Gawie daardie
aand op die strand gaan stap het. (1)
9.1.3 Lees reël 1–3.
Hoe sluit dit by die tema van groepsdruk in hierdie kortverhaal
aan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 43 DBE/2018
SSE
9.1.4 Gawie gaan sit op sy hurke by die seun en probeer hom helder
praat. ʺWatse teleurstelling, watse verydeling?ʺ vra hy. (Reël 7)
(a) Wat was die jongman se toekomsplanne? (1)
(b) Wat het sy vriende daardie aand gesê wat hom seergemaak
het? (1)
(c) Watter rede het Gawie in die slot vir die jongman gegee oor
hoekom hy hom gehelp het? (1)
9.1.5 Lees reël 10–13.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (9.1.5(a)) en die antwoord neer.
Met hierdie woorde bedoel Gawie dat daar baie mense is
wat die jongman (positief/negatief) oor sy toekomsplanne sal
laat dink. (1)
(b) Waarom kan 'n mens sê dat Gawie 'n ʺkan-neʺ-mens was? (1)
9.1.6 Het Gawie reg opgetree toe hy nie vir die jongman wou sê wie hy
was nie?
Motiveer jou antwoord. (1)
9.1.7 Gawie het anders teenoor die jongman opgetree as wat die
jongman se eie pa sou optree.
(a) Hoe het Gawie teenoor die jongman opgetree? (1)
(b) Sê hoe die jongman se eie pa sou optree. (1)
9.1.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (9.1.8) en die letter (A–D) neer.
ʺEk trek alle deure agter my toe.ʺ (Reël 19–20)
Die figuurlike betekenis van hierdie woorde is dat Gawie ...
A nie oor die gebeure op die strand sou praat nie.
B niks verder met die jongman te doen wou hê nie.
C later met die jongman oor die gebeure op die strand sou
praat.
D gedink het dat die jongman sou vergeet het om self die deur
te sluit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 44 DBE/2018
SSE
9.1.9 In hierdie kortverhaal is daar nie 'n definitiewe krisis nie en ook nie
'n hoogtepunt nie. Tog kan ons duidelik vier stadiums onderskei.
Rangskik nou die stadiums in die korrekte VOLGORDE:
• Gawie het vir die jongman raad oor sy toekoms gegee.
• Gawie as hoofkarakter word aan die leser bekendgestel.
• Gawie het die jongman gehelp om by die huis te kom.
• Gawie het die jongman op die strand gekry. (4)
9.1.10 Dink aan die hele kortverhaal.
Waarom sou ʺGawie, die held op die strandʺ nie 'n goeie titel vir
hierdie kortverhaal wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE
feite. (2)
EN
9.2 ʺVEGVLIEËNIER VIVIANʺ – Francois Geringer
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS R
ʺSjoe! Dit is wonderlik!ʺ roep sy uit en klouter onverwyld teen die
trapleer uit na die vlieënier se stuurkajuit. Sy vly haar versigtig in die
stoel neer en streel die stuurstang met groot respek.
***
Terwyl sy die aansoekvorm, om tot die vliegskool toegelaat te word,
onder haar arm vasknyp, laat sy uitgelate van haar hoor: ʺDink net! 5
Om so vry soos 'n voël hoog deur die lug te kan vlieg. Dit moet
fantasties wees!ʺ
***
Vivian se eerste alleenvlug bevry haar. Almal op die kursus kwalifiseer
en dit lyk asof sy gelyke behandeling ontvang. Om die groot
aanvalsvliegtuig te beheer, is vir haar telkens 'n belewenis. 10
Die gevoel van vryheid is egter van korte duur ...
***
''Luitenant Maile! Waar is jy? Waarom stel jy ons nie in kennis van die
vyand se posisies nie? ... Luitenant?!''
''Dit is duidelik dat hy nie weet dat ek so pas sy lewe gered het nie!''
dink sy grimmig en skuif aan die linkerkant langs haar leier in. 15
***
ʺDie hoogste eer, 'n vlerksaluut deur 'n vegvliegtuig!ʺ juig dit in haar.
ʺUiteindelik word ek op gelyke voet aanvaar. Nou besef julle dat ek
'n volwaardige vegvlieënier is!ʺ sê sy hardop en haar tande skitter wit
teen haar donker vel toe sy flink terug salueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 45 DBE/2018
SSE
9.2.1 Waar het Vivian se belangstelling begin om 'n vegvlieënier te
word? (1)
9.2.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (9.2.2) en die letter (A–D) neer.
Die funksie van die skuinsgedrukte woorde in reëls 1–10 is om …
A die terugflitse aan te dui.
B Vivian se gedagtes uit te lig.
C die verrassingsaanval te beskryf.
D die teenwoordige tyd te beklemtoon. (1)
9.2.3 Daar was mense wat dit vir Vivian moeilik gemaak het om haar
droom waar te maak, terwyl ander mense haar gehelp het.
Kies elke keer die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing
in KOLOM A te pas. Skryf slegs die vraagnommers
(9.2.3(a) tot 9.2.3(d)) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Hierdie karakter het vir Vivian A die generaal
gewaarsku dat sy onrealistiese drome
gehad het. B Leon Swart
(b) Hierdie karakter is deur die wet verplig C Sydney
om Vivian vir die kursus te kies. D Rowan
(c) Hierdie karakter se instruksies het E John
Vivian laat voel dat sy nie goed
genoeg vir die werk was nie.
(d) Hierdie karakter het Vivian se leier
anders na Vivian laat kyk.
(4 x 1) (4)
9.2.4 Vivian se leier het haar gevoel van vryheid (reël 11) van haar
weggeneem.
Sê waarom die stelling WAAR is. (1)
9.2.5 Toe Vivian haar aansoekvorm vir die kursus ingedien het, het sy
nie regtig geweet hoe moeilik die kursus vir haar sou wees nie.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (9.2.5(a)) en die antwoord neer.
Vir Vivian was die (fisiese/sielkundige) stryd wat sy tydens
die opleiding moes verduur, die moeilikste. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.2.5(a) met TWEE dinge
wat Vivian gedoen het om aan te dui dat hierdie stryd vir (2)
haar moeilik was.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 46 DBE/2018
SSE
9.2.6 Lees reël 12 en 13.
Vivian se leier was ongeduldig met haar. Watter afleiding het hy
gemaak dat hy hier só gereageer het? (1)
9.2.7 ʺDie hoogste eer, 'n vlerksaluut deur 'n vegvliegtuig!ʺ juig dit in
haar. (Reël 16)
Noem TWEE gebeure wat Vivian se leier gemotiveer het om te
dink dat sy haar werk só goed gedoen het, dat sy hierdie
ʺvlerksaluutʺ verdien het. (2)
9.2.8 Vivian was nie 'n slagoffer (''victim'') van haar omstandighede
(''circumstances'') nie.
Wat was Vivian se omstandighede EN waarom was sy nie 'n
slagoffer van daardie omstandighede nie? (2)
9.2.9 ''Nou besef julle dat ek 'n volwaardige vegvlieënier is!ʺ
(Reël 17–18)
Hoe sluit hierdie woorde by die tema van aanvaarding in die
roman aan? (1)
9.2.10 Mense stereotipeer as hulle oor sekere beroepe praat.
Waarom kan hierdie kortverhaal sulke mense anders na beroepe
laat kyk? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 47 DBE/2018
SSE
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 10: VERSJOERNAAL
10.1 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BRIEF – Fernel R Abrahams
1 Mammie, ek skryf ook vir Ma 'n kaalvoet gedig
2 sommer so, nes Antjie
3 maar ek gebruik soms leestekens
4 en ek sal nie vir Mamma ''jy'' sê nie
5 want dit hoort vir my
6 nes plastiekblomme en wit skoene
7 nie by Ma nie.
8 Ek het grootgeword, weet Ma –
9 ek skrik soms vir myself
10 want my skoolbaadjie pas nie meer nie
11 my hare is lank
12 ek wil 'n oorring dra
13 ek bid byna nooit nie
14 en ek glo nie sommer net in God nie
15 ek dink, praat, skryf selfs oor die dood
16 – wonder of Ma van my verse sal hou –
17 Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly –
18 en ek het nie
19 kon nie
20 'skuus Mammie
21 maar ek is nog Ma se kind
22 grootmenskind
23 anderster kind
10.1.1 Antjie Krog het ook '' 'n kaalvoet gedig'' soos hierdie gedig geskryf.
Noem TWEE dinge wat hierdie briefskrywer anders as Antjie
gedoen het. (2)
10.1.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (10.1.2) en die antwoord neer.
Hierdie gedig is in die vorm van 'n brief waarin die briefskrywer op
'n (persoonlike/formele) manier met sy ma praat. (1)
10.1.3 Hoekom voel die spreker dat plastiekblomme nie by sy ma pas
nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 48 DBE/2018
SSE
10.1.4 (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (10.1.4(a)) en die antwoord neer.
Die aanduiding in strofe 2 dat die briefskrywer grootgeword
het, is dat hy nou (dinge anders doen/weet van watter dinge
sy ma hou). (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.1.4(a) met TWEE feite
uit reëls 8 tot 14. (2)
10.1.5 Waarom wonder die briefskrywer of sy ma van sy verse sal hou? (1)
10.1.6 Dink jy tieners kan met hierdie gedig identifiseer? Motiveer jou
antwoord. (1)
10.1.7 Gee TWEE redes waarom hierdie gedig 'n vrye vers is. (2)
10.1.8 Kies uit KOLOM B die term wat by die voorbeeld in KOLOM A pas.
Skryf slegs die vraagnommers (10.1.8(a) tot 10.1.8(d)) en die
letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Strofe 1 A alliterasie
(b) '' 'skuus Mammie'' B inkeping
(c) Reël 22 C gebroke rym
(d) ''sommer so'' D elisie
E klanknabootsing
(4 x 1) (4)
10.1.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (10.1.9) en die letter neer.
Die funksie van die aandagstreep in reël 8 is om ...
A aan te dui waar die leser in strofe 3 moet rus.
B in die plek van 'n komma na ''Ma'' te staan.
C aan te dui dat die spreker wel leestekens gebruik.
D die verduideliking wat daarna volg, te beklemtoon. (1)
10.1.10 Hierdie gedig het 'n relevante boodskap EN 'n troos vir ouers.
(a) Wat is die boodskap van hierdie gedig vir ouers? (1)
(b) Sê wat die troos vir ouers is. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 49 DBE/2018
SSE
10.2 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
SPORE OP DIE MAAN – Koos du Plessis
1 Elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel,
2 want iets sê: ʺStomme drommel,
3 die ruimte lê vol rommelʺ
4 En ek begin verstaan:
5 Daar is geen nuwe oord om heen te gaan,
6 want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
7 Want die stad blom elke nag,
8 strooi sy saad en skemerdag
9 breek staalspruite deur die aardkors.
10 waar jy gaan.
11 Rommelberge groei omheen
12 en daar's swaelsuur in die reën –
13 en, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
14 Waarheen sou ek gaan?
15 Ontvlug is onbegonne;
16 selfs droom is onbesonne,
17 want die wêreld is oorwonne
18 en ek begin verstaan:
19 Daar is geen nuwe paaie om te baan;
20 want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
21 Elke hektaar is verkoop,
22 elke opstal lê gesloop
23 en die wêreld wag verwese, in die waan
24 dat 'n wonder sal gebeur
25 om sy rusperleërs te keer –
26 maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
27 Vlug na berg of woud ...
28 Meen jy dat daar geeneen is;
29 dat jy eindelik alleen is?
30 Ag, verspieders loer op Venus
31 en ek begin verstaan:
32 Daar is geen nuwe oord om heen te gaan,
33 want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.
34 Elke woord is retoriek,
35 elke droom is bloot plastiek
36 en atoom's die idioom van wie verstaan.
37 Iewers moet 'n rusplek wees
38 vir die afgematte gees –
39 maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan;
40 duisend donker spore op die maan.
41 Kyk, daar lê reeds spore op die maan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 50 DBE/2018
SSE
10.2.1 ''Elke nuwe plan ... '' (Reël 1)
Watter nuwe plan maak die mens? (1)
10.2.2 Verwys na strofe 4–5.
Noem TWEE plekke op aarde waar mense hulle spore agtergelaat
het. (2)
10.2.3 Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder
te gebruik. Skryf slegs die vraagnommer (10.2.3 (a)–10.2.3 (d)) en
die antwoord neer.
besoedel; verkoop; maan; nêrens; refrein
Die (a) ... wat in die laaste versreël van elke strofe herhaal word,
beklemtoon die feit dat die mens (b) ... meer kan gaan nie, want
die mens het reeds die hele aarde (c) ... en hul spore ook op die
(d) ... gelos. (4)
10.2.4 (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (10.2.4 (a)) en die antwoord neer.
Uit strofe 4 lei ons af dat die mens (moedeloos/hoopvol) is. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.2.4 (a) met 'n woord
uit strofe 4. (1)
10.2.5 Lees versreëls 11 tot 13.
(a) Skryf 'n metafoor neer. (1)
(b) Verduidelik die beeld wat deur hierdie metafoor geskep
word. (2)
10.2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (10.2.6) en die antwoord neer.
Die ... in die gedig ondersteun die feit dat die spreker aanhoudend
na 'n rusplek soek.
A herhaling
B rymwoorde
C beskrywing
D vergelykings (1)
10.2.7 Die mens wil net op die aarde of op die maan bly.
Sê waarom die stelling ONWAAR is deur 'n versreël uit strofe 5
aan te haal. (1)
10.2.8 Waarteen word die mens in hierdie gedig gewaarsku? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 51 DBE/2018
SSE
10.2.4 (a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (10.2.4(a)) en die antwoord neer.
Uit strofe 4 lei ons af dat die mens (moedeloos/hoopvol) is. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 10.2.4(a) met 'n woord uit
strofe 4. (1)
10.2.5 Lees versreëls 11 tot 13.
(a) Skryf 'n metafoor neer. (1)
(b) Verduidelik die beeld wat deur hierdie metafoor geskep
word. (2)
10.2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (10.2.6) en die antwoord neer.
Die ... in die gedig ondersteun die feit dat die spreker aanhoudend
na 'n rusplek soek.
A herhaling
B rymwoorde
C beskrywing
D vergelykings (1)
10.2.7 Die mens wil net op die aarde of op die maan bly.
Sê waarom die stelling ONWAAR is deur 'n versreël uit strofe 5
aan te haal. (1)
10.2.8 Waarteen word die mens in hierdie gedig gewaarsku? (1)
10.2.9 Verskillende mense sal verskillende opinies oor die inhoud en
boodskap van hierdie gedig hê.
(a) Sê waarom sommige mense ontsteld sal wees. (1)
(b) Sê waarom ander mense sal dink dat dit wat in die gedig
staan, nodig is. (1)
[35]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 52 DBE/2018
SSE
VRAAG 11: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
11.1 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BY DIE ROBOT IN EERSTELAAN – Marita van Aswegen
1 twee pare voete girts oor die teer
2 sy arm en nek is so styf en seer
3 sy bene so lam van gister se staan
4 ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan
5 motors se bande knars tot stilstand
6 in die blikkie klingel vyf sent en 'n rand
7 hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan
8 hier by die robot waar hy die dag omstaan
9 sy arm word gepluk en geruk en hy skrik
10 toe sy voet dom oor 'n pyp eenkant toe swik
11 ''ons beter geld hier kry, of ek los jou hier,''
12 sis die tsotsi en sy asem ruik na bier
13 sy hart klop vinnig soos dié van 'n bang kind
14 hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?
15 die verkeerslig klik en die enjins brul saam
16 sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan
17 trieng, trieng lui 'n fiets se klokkie
18 hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie
19 die verkeerslig klik en bande skuur oor teer
20 sy arm en skouer is so styf en so seer
21 'n motorruit tjier af en ver weg dreun 'n bus.
22 as die dood hom tog net wil kom haal
23 dan kan hy vir ewig en altyd rus
24 die tsotsi skraap sy keel en spoeg 'n straal
25 geld klingel in die blikkie en lê dan stil
26 die duiwe koer en 'n kindjie jil
27 ''mammie hy's blind,'' piep 'n dogtertjie sag
28 hy draai sy kop skuins en hy wag
29 ''hier is nog tien rand,'' sê die vrou
30 ''koop vir jou iets om aan te kou''
31 die verkeerslig klik en hy hou aan met wag
32 die tsotsi pluk aan sy seer arm en lag.
11.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (11.1.1) en die antwoord neer.
Die titel gee inligting oor (die plek waar die gedig afspeel/wat by die
verkeerslig plaasvind). (1)
11.1.2 Aan wie behoort die twee paar voete waarvan ons in reël 1 lees? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 53 DBE/2018
SSE
11.1.3 Hoekom het die bedelaar iemand nodig om hom te lei? (1)
11.1.4 Verwys na reëls 1 tot 11.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (11.1.4(a)) en die antwoord neer.
Ons kan die tsotsi se karakter as (hulpvaardig/'n boelie)
opsom. (1)
(b) Gebruik TWEE feite uit reëls 1 tot 11 om jou antwoord in
VRAAG 11.1.4 (a) te motiveer. Skryf die antwoord in jou eie
woorde neer. (2)
11.1.5 Die digter gebruik rym, beeldspraak en klanknabootsing om die
gedig realisties en klankryk te maak.
Kies uit KOLOM B die term om by die reël(s) in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die vraagnommers (11.1.5(a) tot 11.1.5(d)) en die
letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Reëls 1–4 A vergelyking
(b) Reël 13 B kruisrym
(c) Reël 15 C metafoor
(d) Reëls 21–24 D paarrym
E klanknabootsing
(4 x 1) (4)
11.1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (11.1.6) en die letter (A–D) neer.
Die spreker oortuig die leser dat die tsotsi gevaarlik en slu is deur
die woord ... in strofe 3 te gebruik.
A lag
B sis
C geruk
D gepluk (1)
11.1.7 In die gedig word die woord ''robot'' gebruik.
(a) Wie in hierdie gedig kan as 'n ''robot'' gesien word? (1)
(b) Haal 'n versreël uit strofe 1 aan om jou antwoord in
VRAAG 11.1.7(a) te motiveer. (1)
11.1.8 Lees reël 7, 11, 29 en 30.
Dink jy die vrou het reg opgetree toe sy uit jammerte vir die
bedelaar nóg geld gegee het? Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 54 DBE/2018
SSE
11.1.9 Lees reël 15, 19 en 31.
Waarom gebruik die spreker drie keer die klanknabootsende woord
''klik'' en nie ander woorde soos ''verander'' of ''na rooi/groen
oorgeslaan'' nie? (1)
11.1.10 Hierdie gedig raak een van Suid-Afrika se sosiale probleme aan.
(a) Watter sosiale probleem word in die gedig aangeraak?
Noem EEN. (1)
(b) Motiveer jou antwoord in jou eie woorde met 'n feit uit die
gedig. (1)
EN
11.2 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BOEKMERK – Marlise Joubert
1 kinders
2 met wange soos mossies
3 wat teen elke oggend stoei
4 hande altyd woerende vlerke
5 elke lyfie 'n seilende gesang –
6 vlak bo die waterspieël
7 van 'n klipvloergang
8 vlytig stort die druppels klank
9 oor haar uit totdat sy verbaas
10 die reuk van bittersoet jasmyn
11 uit haar skooljare proe
12 waar sy ook kon mor
13 en protesteer:
14 waarom is alles altyd ver
15 waarom is alles altyd hier
16 waarom moet ek leer
17 van optel aftrek deel
18 van dooie digters
19 uit die toentertyd
20 en watter land sit waar
21 en waarom draai die son
22 toe maak sy die dag weer oor –
23 met elke skoolklok werk sy
24 namens mossiekind:
25 kom ons pars die wind
26 met wange soos soldaatjies
27 totdat elkeen net die geur
28 van jasmyn kan boekmerk
29 teen die onheil van ons
30 ellelange reis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 55 DBE/2018
SSE
11.2.1 Watter TWEE dele van die kinders se lyfies sien die onderwyseres
dadelik soggens raak? (2)
11.2.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die vraagnommer (11.2.2) en die letter (A–D) neer.
''woerende vlerke'' (Reël 4)
Die gebruik van ''woerende'' is effektief omdat dit ...
A twee dinge aan mekaar gelykstel.
B die kinders se lyfies mooi beskryf.
C klank en beweging saam voorstel.
D die hande en arms duidelik aandui. (1)
11.2.3 As skoolkind was die onderwyseres ook dikwels ontevrede met
dinge by die skool.
Haal TWEE APARTE woorde uit strofe 2 aan om die stelling
WAAR te maak. (2)
11.2.4 Lees reëls 22–30 en voltooi dan die volgende paragraaf deur die
woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs
die vraagnommers (11.2.4(a) tot 11.2.4(d)) neer.
terugdink; mooie; boekmerk; proe; spesiale
Hier verstaan ons dat die onderwyseres van elke skooldag 'n (a) ...
dag wil maak. Leerders sal altyd daaraan wil (b) ... Sy wil dus hê
elke dag moet soos 'n (c) ... wees waarheen leerders kan
teruggaan en (d) ... herinneringe hê. (4)
11.2.5 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (11.2.5) en die antwoord neer.
Uit reëls 14–21 is dit duidelik dat die kinders (van skoolgaan
hou/nie van skoolgaan hou nie). (1)
11.2.6 Verwys na reëls 22–28.
(a) Skryf die vergelyking in hierdie reëls neer. (1)
(b) Noem TWEE redes waarom die spreker hierdie beeld in
VRAAG 11.2.6(a) gebruik. (2)
11.2.7 Gee TWEE redes waarom hierdie gedig 'n voorbeeld van vrye
vers is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 56 DBE/2018
SSE
11.2.8 Waarom kan ons sê dat hierdie gedig met 'n positiewe boodskap
eindig?
Verwys in jou antwoord na die figuurlike betekenis van die geur
van jasmyn. (1)
11.2.9 Watter goeie invloed het onderwysers of onderwyseresse, soos die
een wat in hierdie gedig beskryf word, op leerders? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper
%20P2%20%20%20X05%20%20Preparatory%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0/v1-8f404679ae98ca672e50/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9/v1-346aa4f8a56359c010be/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper