Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)




%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 727.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC June Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinkonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL
HOE LAAT BEGIN MY SEPIE?
1 Binnelanders, Suidooster, 7de laan, Isidingo ... Dit is almal bekende sepies op
Suid-Afrikaanse televisie. Mense wil dit nie mis nie. Maar weet jy waar die
woord "sepies" vandaan kom?
2 Die Engelse term ''soapies" het in die 1930ʹs in Amerika ontstaan. Dit was
omdat seepmaatskappye hulle seep geadverteer het wanneer hierdie dramas 5
opgevoer is. In Suid-Afrika het dit toe sommer sepies geword.
3 Sepies is gewild onder oud en jonk. Die storielyn van ʹn sepie ontwikkel met
verloop van tyd. Nuwe karakters kom en gaan soos die jare aangaan.
Dit het 'n oop einde en elke episode eindig met die belofte dat probleme of
geheime in die volgende episode opgelos gaan word. Dit is wat kykers 10
nuuskierig en geïnteresseerd hou: hulle wil weet wat verder in die storie gaan
gebeur.
4 In Amerika het vroeëre sepies soos Dallas en Dynasty op die lewens van ryk
en magtige families gefokus. Engelse sepies het op die lewe van gewone
mense gefokus. Duisende kykers het die sepies gevolg omdat hulle met die 15
karakters en hulle omstandighede kon identifiseer. In Suid-Afrikaanse sepies
kry ons iets van alles. Sedert Suid-Afrika se eerste daaglikse sepie,
Egoli: Plek van goud, begin het, het daar in dertig jaar baie veranderinge
plaasgevind.
5 7de laan was seker een van die bekendste sepies in Suid-Afrika. Dit het sy 20
debuut op Dinsdag, 4 April 2000, gemaak en het in 2023 geëindig. Dit beteken
7de laan was verlede jaar vir drie-en-twintig jaar deel van mense se lewens.
Nobuhle Mimi Mahlasela, wat Aggie Ngwenya-
Meintjies speel, sê sy glo dat 7de laan altyd
relevant was. Dit het kykers vermaak, maar het 25
mense geleer om mekaar se verskille en
andersheid te aanvaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
6 Alhoewel 7de laan se dialoog hoofsaaklik in Afrikaans was, het die karakters
soms ook Engels en Zoeloe gepraat. Baie mense wat met Afrikaans sukkel, het
sepies soos hierdie gebruik om hulle taalvermoë te verbeter. Hulle het na die 30
Afrikaanse dialoog geluister en dan die Engelse subtitels gelees. Op hierdie
manier leer hulle nuwe woordeskat aan en hoor ook die korrekte uitspraak van
die woorde.
7 Nog 'n sepie wat kykers van alle ouderdomme geniet, is Arendsvlei. Dis die
storie van 'n semi-privaat hoërskool op die Kaapse Vlakte. Een kenmerk van 35
'n sepie wat hier duidelik na vore kom, is die sosiale kwessies uit die alledaagse
lewe wat aangespreek word. Tieners kan veral met die jonger karakters
identifiseer, want die karakters ervaar dieselfde uitdagings as hulle en het
dieselfde drome.
8 'n Sepie wat vir die eerste keer in 40
Oktober 2020 op Suid-Afrikaanse televisie
vertoon is, is Durban Gen. Hierdie
mediese drama gaan oor die daaglikse lief
en leed van dokters en verpleegsters by
die Durban Algemene Hospitaal. Volgens 45
die e.tv hoof van produksies kon Durban
Gen nie op 'n beter tyd gekom het nie. Na
die sukses van Imbewu was kykers
honger vir sulke stories. Durban Gen dien as inspirasie vir baie jongmense om
'n mediese beroep te volg. In 2023 was die derde reeks op die kassie te sien. 50
9 Die meeste sepies word vir 'n tydperk van 12–14 jaar uitgesaai. 'n Ander tipe
"sepie" wat deesdae baie gewild is, is die telenovelle. Telenovelles duur
12–18 maande. Wat in 'n week in sepies gebeur, gebeur in een episode in die
telenovelle. Terwyl sepies in ateljees opgeneem word, verskuif telenovelles na
verskillende ruimtes. 55
10 Diepe Waters is 'n telenovelle wat op die
kykNET-kanaal uitgesaai word. In hierdie
familiedrama ontstaan daar reg aan die
begin vrae wat ná baie episodes steeds
nie beantwoord kan word nie. Juis dit hou 60
kykers vasgenael voor die televisie.
Omdat daar in hierdie sepie baie van
terugflitse gebruik gemaak word, kan 'n
kyker eintlik nie eens één episode misloop nie.
11 Wêreldwyd beplan kykers hulle lewens en aktiwiteite rondom die uitsaaityd van 65
hulle gunsteling-sepies. Mense identifiseer nie net met die karakters nie, maar
vergeet vir 'n kort rukkie van hulle eie probleme terwyl hulle na sepies kyk. Daar
is ook dikwels lewenslesse te leer. Die gevaar hiervan is dat mense sepies té
slaafs navolg en soms 'n verkeerde beeld van die werklikheid kry.
12 Geniet jou sepies, maar as kyker moet jy altyd onthou dat dit steeds net stories 70
is wat deur akteurs gespeel word.
[Verwerk uit Wikipedia, News24.com, Maroela media, e.a.]
2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
LET WEL:
Beantwoord AL die vrae.
Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 Lees paragraaf 1 en 2.
1.1.1 Noem TWEE Suid-Afrikaanse sepies wat in paragraaf 1 genoem
word. (2)
1.1.2 VOLTOOI die sin hieronder. Skryf slegs EEN woord neer.
Hierdie genre het sy naam gekry omdat ... hulle produkte tydens
die uitsendings geadverteer het. (1)
1.2 Gee TWEE kenmerke van sepies. (2)
1.3 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.3) neer.
"Dit het sy debuut op Dinsdag, 4 April 2000, gemaak en het in 2023
geëindig." (Paragraaf 5)
Die woord "debuut" beteken dat ...
A die sepie op daardie datum in koerante geadverteer is.
B dit die skrywer se eerste sepie op televisie was.
C daar net jong akteurs in 7de laan sou speel.
D dit die eerste episode van 7de laan was. (1)
1.4 Waarom is dit wat Aggie in paragraaf 5 oor 7de laan sê 'n MENING en nie 'n
feit nie? (1)
1.5 Lees paragraaf 6.
1.5.1 Hoe het 7de laan mense gehelp om hulle Afrikaans te verbeter?
Noem TWEE dinge. (2)
1.5.2 Watter ander TWEE tale is soms ook in 7de laan gepraat? (2)
1.6 Waar speel Arendsvlei af? (1)
1.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
"Na die sukses van Imbewu was kykers honger vir sulke stories."
(Paragraaf 8)
Hieruit kan ons aflei dat Imbewu 'n (populêre/onpopulêre) sepie was. (1)
1.8 Lees paragraaf 9. Gee EEN verskil tussen 'n sepie en 'n telenovelle. Verwys
in jou antwoord na 'n sepie en 'n telenovelle. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.9 Op watter TV-kanaal sal jy na Diepe Waters kan kyk? (1)
1.10 Ons lees in die teks dat sepies oor die lief en leed van gewone mense gaan.
Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die sepie in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.10.1 tot 1.10.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.10.1 Arendsvlei A In hierdie sepie spring die storie tussen
hede en verlede om die intrige in karakters
1.10.2 Dallas se lewens uit te beeld.
1.10.3 Diepe Waters B In hierdie sepie leer kykers meer omtrent
die drama wat mense in hulle beroep kan
1.10.4 Durban Gen ervaar.
C Hierdie sepie wys watter invloed geld en
beheer in mense se lewens speel.
D In hierdie sepie maak kykers kennis met
ruimtewesens.
E Skoolgaande kinders voel dat die inhoud
van hierdie sepie by hulle eie lewens
aansluit.
(4 x 1) (4)
1.11 Hoe sluit die titel en paragraaf 11 by mekaar aan? Verwys in jou antwoord na
die titel en paragraaf 11. (2)
1.12 "Die gevaar hiervan is dat mense sepies té slaafs navolg ..." (Paragraaf 11)
Watter negatiewe gevolge kan dit vir jou as kyker hê as jy sepies té slaafs
navolg? (1)
1.13 Wat leer jy uit 'n artikel soos hierdie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
TEKS B: SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Hoekom is
almal so Nee, ons
vrolik? Het ons kinders is
'n verhoging terug skool
gekry? toe!
Gertjie
Susanna
[Verwerk uit Die Burger, 22 Desember 2022]
1.14 Kyk na die agtergrond van die spotprent.
Gee TWEE visuele redes waarom ons kan sê dat hierdie mense in 'n kantoor
werk. (2)
1.15 Kyk na al die karakters in hierdie spotprent.
1.15.1 Hoe verskil Gertjie se lyftaal en gesigsuitdrukking van die ander
karakters se lyftaal en gesigsuitdrukkings? Verwys in jou antwoord
na Gertjie en die ander karakters. (2)
1.15.2 Waarom, dink jy, voel Gertjie nie soos die ander karakters nie? (1)
1.16 Hoe word ouers met skoolgaande kinders in hierdie spotprent gestereotipeer? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Daar is baie bewyse dat lees goed is vir jou.
INSTRUKSIES
1. Som SEWE VOORDELE VAN LEES in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die feite puntsgewys neer.
3. Nommer die feite van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
DIE VOORDELE VAN LEES
Dit is baie belangrik dat kinders goed moet kan lees. Lees is 'n lewenslange
vaardigheid wat baie voordele vir jou inhou.
Woorde is die boustene van 'n taal. Ons gebruik woorde om te sê wat ons wil sê. Lees
help 'n mens om jou woordeskat uit te brei. Die ander sy hiervan is ook waar. Ons
kommunikeer elke dag met mekaar. Mense wat baie lees, kan hulleself nie net beter
uitdruk nie, maar verstaan ook beter wat ander sê.
Lees gee meer vir jou terug as wat jy insit. Wanneer jy lees, moet jy fokus en dit
verbeter jou konsentrasie. Lees en spelling gaan hand-aan-hand. Die een ontwikkel
die ander. Deesdae is swak spelling die gevolg van SMS-taal en die feit dat ons nie
genoeg lees nie. Ons kan ook nie regtig staatmaak op die speltoetsers op rekenaars
nie. Lees gaan jou dus beslis help om jou spelling te verbeter.
Ons almal wil graag 'n wye algemene kennis hê. Lees stimuleer dit, want hoe groter
die verskeidenheid tekste wat 'n mens lees, hoe meer verbreed jou algemene kennis.
Wanneer jy lees, neem jy alles in soos mense en gebeure. Jy gebruik jou geheuespier
hiervoor. Hoe meer jy hierdie spier gebruik, hoe beter is jou geheue. Lees help jou dus
hiermee.
Ons word elke dag aan baie elektroniese toestelle se klank en beweging blootgestel.
Deur te lees, kry die brein die stilte wat ons nodig het in vandag se gejaagde lewe.
[Verwerk uit www.thereadingclinic.co.za en www.naturalbeachliving.com]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
Netflix het 'n (3.2) (buitengewoon) aanbod!
Kry een maand
GRATIS as jy Koop een pakket.
vir 12 maande (3.3) (Jy kan dit op 10 verskillende
aansluit! toestelle gebruik.)
Met dié aanbod kry jy:
Toegang tot meer as vyfduisend sepies en films
Eksklusiewe toegang tot nuwe films en reekse voor dit amptelik
vrygestel word
'n Onbeperkte aantal programme en films wat afgelaai kan word
Slegs R550. Jy spaar amper 40% van die gewone premie!
Aanbod geldig vir nuwe intekenaars
Aanbod sluit binnekort
Meer inligting beskikbaar
[Verwerk uit google images]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
3.1 Hoe trek die adverteerder die leser se aandag? Noem TWEE tegnieke. (2)
3.2 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.
Netflix het ʹn (buitengewoon) aanbod! (1)
3.3 Verander die volgende sin na ʹn BEVELSIN.
Jy kan dit op 10 verskillende toestelle gebruik. (1)
3.4 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die gebruik van die woorde "eksklusiewe" en "onbeperkte" is voorbeelde van
(emotiewe taal/veralgemening). (1)
3.5 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommers (3.5.1 tot 3.5.3) en die antwoord neer.
Die gebruik van die N in plaas van gewone kolpunte in hierdie advertensie is
(3.5.1) (effektief/onsuksesvol), want dit laat die leser verder lees. Die baie
(3.5.2) (voordele/nadele) wat in hierdie advertensie uitgelig word, sal die leser
(3.5.3) (laat twyfel/oorreed) om die produk te koop. (3)
3.6 Watter VOORNAAMWOORD gebruik die adverteerder om die leser
persoonlik by die advertensie te betrek? (1)
3.7 Watter belangrike inligting is uit die advertensie weggelaat? Noem EEN. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
[Verwerk uit pinterest.com]
4.1 Vorm die BETREKLIKE VOORNAAMWOORD van die woorde tussen hakies
in RAAMPIE 1. Skryf slegs die woord neer.
(Wat + na) kyk jy, Garfield? (1)
4.2 Hoe weet ons dat Garfield se woorde in RAAMPIE 2 net gedagtes is? (1)
4.3 Kyk na Garfield se gedagtes in die hele strokiesprent.
4.3.1 Wat lei jy af van Garfield se gedagtes in RAAMPIE 1 en
RAAMPIE 2? (1)
4.3.2 Hoe verskil dit van Garfield se gedagtes in RAAMPIE 3? (1)
4.4 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
In RAAMPIE 3 is John se hand anders. Hieruit lei ons af dat John (ongeduldig
raak met Garfield/wil hê Garfield moet van sy TV-stoel afklim). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.5 Kyk na RAAMPIE 3.
4.5.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Garfield se liggaamstaal wys dat hy (voel dat hy maar geduldig
moet wees/geïrriteerd raak) met John. (1)
4.5.2 Gee TWEE visuele redes om jou antwoord op VRAAG 4.5.1 te
motiveer. (2)
4.6 Skryf die sin hieronder in RAAMPIE 3 in die INDIREKTE REDE. Gebruik dat
in jou antwoord.
"Ek kyk TV."
Begin só: Garfield sê dat ... (1)
4.7 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer.
Die doel van hierdie strokiesprent is om vir die leser ...
A meer van katte te vertel.
B te wys dat katte graag TV kyk.
C meer van John se stokperdjies te vertel.
D die humor in situasies tussen troeteldier en mens te wys. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) hieronder gebaseer.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
GENIET ONS MOOI LAND
Baie mense droom daarvan om te (5.1.1) (reis). Hulle wil die (5.1.2) (wereld)
sien en nuwe mense, kosse en kulture leer ken.
Tog is daar in ons eie land net soveel mooi dinge om te sien en (5.1.3)
(opwindende/opgewonde) dinge om te doen. Om die waarheid te sê,
Suid-Afrika het van die beste (5.1.4) (toeristeplek) wat daar is.
Elk van die nege (5.1.5) (provinsies) het sy eie bekoring. Die Wes-Kaap het
Tafelberg én hulle spog (5.1.6) (...) die baie gewilde Tuinroete. Hierdie roete
sluit verskeie pragtige klein (5.1.7) (dorpe) in.
Die Addo Nasionale Olifantpark is sinoniem met die Oos-Kaap. (5.1.8) (Daar
is baie olifante. Daar is ook baie miskruiers wat die mis verwerk). (5.1.9) (Die
Park vra besoekers om hulle nie raak te ry nie.)
Mense wat ʹn ongelooflike (5.1.10) (son+ondergang) wil sien, besoek graag
die Golden Gate Hoogland Nasionale Park in die Vrystaat. Die park is ook
bekend vir mooi sandsteenformasies.
Namakwaland se blommeprag is wyd en syd bekend. Dit lok jaarliks duisende
besoekers in veral (5.1.11) (Augustus).
Covid het ernstige skade aan ons land se (5.1.12) (toer) gedoen. Nou moet
almal saamwerk om dit te laat (5.1.13) (herleef). Verken jou eie land! Geniet
jou eie land!
[Eie teks]
5.1.1 Gebruik die HOMOFOON van die woord tussen hakies in ʹn sin
sodat die betekenis duidelik blyk.
Baie mense droom daarvan om te (reis). (1)
5.1.2 Gee die korrekte SPELLING van die woord tussen hakies.
Hulle wil die (wereld) sien en nuwe mense, kosse en kulture leer
ken. (1)
5.1.3 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies.
Tog is daar in ons eie land net soveel mooi plekke om te sien en
(opwindende/opgewonde) dinge om te doen. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.1.4 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Om die waarheid te sê, Suid-Afrika het van die beste (toeristeplek)
wat daar is. (1)
5.1.5 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
Elk van die nege (provinsies) het sy eie bekoring. (1)
5.1.6 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Die Wes-Kaap het Tafelberg én hulle spog (...) die baie gewilde
Tuinroete. (1)
5.1.7 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Hierdie roete sluit verskeie pragtige klein (dorpe) in. (1)
5.1.8 Gebruik die VOEGWOORD tussen hakies en plaas die KOMMA op
die korrekte plek.
Daar is baie olifante. Daar is ook baie miskruiers wat die mis
verwerk. (Aangesien)
Begin só: Aangesien ... (2)
5.1.9 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Die Park vra besoekers om hulle nie raak te ry nie. (1)
5.1.10 Gee die SAMESTELLING van die woord tussen hakies.
Mense wat 'n ongelooflike (son+ondergang) wil sien, besoek graag
die Golden Gate Hoogland Nasionale Park in die Vrystaat. (1)
5.1.11 Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies.
Dit lok jaarliks duisende besoekers in veral (Augustus). (1)
5.1.12 Vorm 'n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord
tussen hakies.
Covid het ernstige skade aan ons land se (toer) gedoen. (1)
5.1.13 Wat beteken die VOORVOEGSEL her- in die woord tussen
hakies?
Nou moet almal saamwerk om dit te laat (herleef). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
[Bron: images.google.com]
5.2.1 Gee die VERSAMELNAAM vir die woorde tussen hakies.
Die gesin eet (ertjies, wortels en aartappels) vir aandete. (1)
5.2.2 Gee die korrekte AFRIKAANS vir die woord tussen hakies.
Na ete kom die ander (family) by hulle kuier. (1)
5.2.3 Skryf die sin hieronder oor in die TOEKOMENDE TYD.
Die seuntjie gee sy kos vir die hond. (1)
5.2.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Die hond gaan (vet) word van al die kos wat die kind vir hom voer. (1)
5.2.5 Vorm 'n DEELWOORD van die woord tussen hakies.
Ma het lekker sous saam met die (gekook) hoender gemaak. (1)
5.2.6 Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF.
Ma is besig (eet haar kos). (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Memo
%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Memorandum