Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
*AFRFA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 

_hlayiso.com_--d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef/v1-17cc10b711f82c4442de/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1010.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 6Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4, 5 en 6) (40)
2. Lees ALLE instruksies baie deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël na ELKE antwoord oop.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
ENIGE BOBBEJAAN KAN ROOK!
1 Rook is gevaarlik vir enige mens. Miskien sal daar
nog ʼn tyd kom wanneer mense sal terugkyk en
dink: hoe is dit moontlik dat miljoene mense, terwyl
hulle weet van al die gevare, hulle graf met ʼn
brandende stukkie twak tussen hul lippe gegrawe
het.
2 In tabakrook, waarmee baie mense hul longe so heerlik besoedel, kruip daar
verskillende en baie ernstige gevare weg. Een daarvan is die baie bekende
nikotien, ʼn giftige, vloeibare stimulant wat in tabakblare voorkom.
3 Baie mense weet dit nie, maar nikotien is na ʼn persoon vernoem. Hy was Jean
Nicot de Villemain (1530–1600), ʼn Franse diplomaat en die eerste mens wat tabak
in Frankryk ingevoer het. Tabak is uit die Amerikas na Europa gebring ná die
ontdekking van die nuwe wêreld deur Christopher Columbus.
4 Na moderne medici tabakrook met longkanker, hartsiektes, chroniese brongitis,
emfiseem en ander siektes verbind het, is intensiewe veldtogte in baie lande begin
om die gebruik van tabak te verminder. Dit het ook in Suid-Afrika gebeur.
5 In Julie 2000 het ʼn Amerikaanse jurie skadevergoeding van $145 miljard
toegestaan in ʼn eissaak teen vyf tabakfirmas en twee navorsingsorganisasies.
Daar is bevind dat meer as 500 000 rokers in die Amerikaanse staat Florida weens
hul rookgewoonte aan hartsiekte, longkanker en ander siektes gely het. Die stryd
teen rook is regtig aan die brand!
6 Maar wat is daar alles in rook wat dit so lewensgevaarlik maak? As sigaret- en
pyprook vergelyk word, is die dampe wat ʼn brandende sigaret afgee en deur die
roker ingeasem word, die gevaarlikste. Pyprokers is baie meer vatbaar as
nierokers vir lip-, tong-, mond- en keelkanker.
7 Tieners wat rook, is drie keer meer geneig as nierokers om alkohol te gebruik en
agt keer meer geneig tot daggarokery.
8 Rook het nie net ʼn slegte uitwerking op die gesondheid nie, maar kan ook
sielkundige probleme, soos depressie, by jong mense veroorsaak.
9 Navorsers sê hoërskoolleerlinge wat gereëlde rokers is en vroeg-vroeg begin rook
het, is:
2,4 keer meer geneig tot siektes as hul nierokende vriende;
2,4 tot 2,7 keer meer geneig om slym of bloed te hoes, kortasem te wees terwyl
hulle nie oefening doen nie en aamborstig te wees of te hyg;
3,0 keer meer geneig om ʼn sielkundige te spreek weens ʼn emosionele of
sielkundige probleem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
10 In Suid-Afrika se Wysigingswet op Tabakbeheer (Wet 12 van 1999) staan dat daar
nie meer in openbare plekke gerook mag word nie. Dit sluit bioskope,
winkelsentrums, busse, lughawens, werkplekke, ensovoorts in.
11 Almal kan nou ʼn skoner omgewing geniet. Die dampe wat ʼn mens laat hoes tot jou
oë traan, is verby. Rokers mag net in spesiale rookkamers rook waar hulle nie
langer die nierokers met hul rook kan irriteer nie.
12 Alle mense moet nou oorreed word dat rook sommer twak is.
13 Maar ʼn nuwe soort sigaret het nou op die mark verskyn: die e-sigaret. E-sigarette
bevat slegs 60% nikotien van ʼn tradisionele sigaret wat wel die verslawing aan
sigarette kan verminder.
14 Verskeie studies het gewys dat die gasse van ʼn e-sigaret kanker kan veroorsaak.
Die gasse wat jy inasem, het baie klein partikels soos tin, chroom, nikkel en ander
swaar metale in wat ʼn mens se longe kan beskadig. Omdat hierdie deeltjies so
klein is, kan dit diep in die longe ingeasem word. Dit kan asma, brongitis en
inflammasie van die longe vererger.
15 Een roker het gesê dat sy tong na 2 jaar se rook swart geword het. ʼn Ander roker
vertel dat ʼn sigaret in sy mond ontplof het en hy moes verskeie operasies in sy
mond ondergaan.
16 Mense wat ook in die geselskap van e-rokers is, kan ook allergiese probleme
ontwikkel as gevolg van tweederangse rookinaseming. Hierdie allergieë is
gewoonlik asma of kortasem.
17 Dit maak daarom nie saak wat jy rook nie, of dit sigarette of e-sigarette is, dit is
sleg vir jou gesondheid.
[Aangepas uit: http://www.mieliestronk.com/rookgevaar.html
http://www.scientificamerican.com/article/smoke-screen-are-e-cigarettes-safe/]
WOORDEBOEKGEBRUIK
Vloeibaar: fluïditeit’ s.nw. Toestand van vloeibaar, onvas te wees, vloeibaarheid.
Eissaak s.nw. ʼn Hofsaak waar jy iets eis, soos bv. geld wat jou toekom; ʼn eis instel
vir skadevoergoeding.
Navorsingsorganisasie s.nw. ʼn Plek waar navorsing gedoen word. ʼn
Ondersoek om nuwe feite te vind.
Aamborstig b.nw. (med) Met slym op die bors. Die aamborstige kind hoes heeldag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 5
1.1 Haal DRIE agtereenvolgende woorde in paragraaf 1 aan wat na ʼn sigaret
verwys. (1)
1.2 Watter giftige middel kom in sigarette voor? (1)
1.3 Wie was die persoon wat tabak aan Europa bekend gestel het? (1)
1.4 Hoe beïnvloed rook ʼn mens se gesondheid? Noem TWEE dinge. (2)
1.5 Waar, dink jy, is die nuwe wêreld? (paragraaf 3) (1)
1.6 Verduidelik die volgende uitdrukking:
Die stryd teen rook is regtig aan die brand! (1)
1.7 Watter probleme kan deur pyprook veroorsaak word? Noem slegs EEN
probleem. (1)
1.8 Pyprook is minder gevaarlik as sigaretrook.
Haal ʼn deel van ʼn sin aan om die stelling te bewys. (1)
1.9 Hoekom, dink jy, kan tieners meer geneig wees om aan te hou alkohol te
misbruik en dagga te rook? (2)
1.10 Rook gee ʼn mens net gesondheidsprobleme.
1.10.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?
1.10.2 Haal ʼn deel van ʼn sin aan om jou standpunt te motiveer. (1)
1.11 Noem EEN gevaar wat daar is as ʼn mens te vroeg begin rook. (1)
1.12 Hoe, dink jy, probeer die skrywer jou siening oor rook beïnvloed? (2)
1.13 Waarvoor staan e- in e-sigaret? (1)
1.14 Verduidelik in ʼn volsin hoekom dit sleg vir jou vriende se gesondheid is, as
hulle naby jou staan wanneer jy rook. (1)
1.15 Verduidelik hoekom e-sigarette minder verslawend as gewone sigarette is. (1)
1.16 Verduidelik die onderstreepte uitdrukking in die volgende sin in jou eie
woorde.
Alle mense moet nou oorreed word dat rook sommer twak is. (2)
1.17 1.17.1 Word die uitdrukking in die titel, Enige bobbejaan kan rook,
LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1)
1.17.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
Lees die onderstaande resensie goed deur en beantwoord die vrae wat volg.
WHEN A STRANGER CALLS
1.18 Wie speel die hoofrol in hierdie film? (1)
1.19 Kies die korrekte antwoord vir die volgende woord. Skryf slegs die
vraagnommer en die korrekte letter as jou antwoord neer bv. 1.19 E.
Grilvrate is mense wat ...
A daarvan hou om te gril.
B vrate is en baie eet.
C gereeld van idees verander.
D van aaklige dinge hou. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 7
1.20 Waarom, dink jy, loer mense onder hulle beddens wanneer hulle gaan
slaap? (1)
1.21 Hoe weet jy dat die film baie goed is? (1)
1.22 Hoe weet ons dat die skelm nie by die baba-oppasser is nie? (1)
1.23 Haal EEN woord aan wat vir ons sê dat die plaas ver weg van ander
plekke of mense is. (1)
1.24 Hoekom sal die film, When a Stranger Calls, ʼn fliekganger bang maak? (1)
3
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
INSTRUKSIES
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
1. Skryf SEWE wenke hoe om jou vir die nuwe seisoen voor te berei, neer.
2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die sinne van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
MANIERE OM JOU VIR DIE NUWE SEISOEN VOOR TE BEREI.
Die lente is hier en dit is nou tyd om daardie wintervaalte uit jou te kry en weer ʼn
huppel in jou stap te sit.
ʼn Goeie manier om jou lewe weer reg te kry, is om al die halfvoltooide take klaar
te maak, soos byvoorbeeld halfgelese boeke klaar te lees. Niks is lekkerder as jy
iets afgehandel het nie, al is dit ook iets eenvoudig.
Begin ook om oulike plekkies in jou dorp waarvan jy vergeet het, te herontdek of
om plekke waarby jy nog nooit uitgekom het nie, te besoek.
Ontgif jou liggaam deur ʼn gesonde en voedsame dieet te volg, om meer water te
drink en weg te bly van rommelkos.
Moenie die belangrikheid van ʼn goeie nagrus of ʼn middagslapie, hoe kort ook al,
onderskat nie. Dit verbeter jou energie en dit laat jou goed lyk.
Maak jou kamer skoon deur onnodige goed vir liefdadigheid te gee. Dit sal ʼn
mens altyd baie goed laat voel.
Jou liggaam sal oefening waardeer, maar onthou om stadig te begin: ʼn paar treë
op ʼn slag, klim trap in plaas daarvan om die hysbak te gebruik, parkeer jou motor
verder weg wanneer jy winkels toe gaan.
Dis ʼn nuwe seisoen. Dis ʼn goeie tyd om iets nuuts te begin, iets wat jy miskien al
lankal wou doen, soos kuns, fotografie, in die berge te gaan stap, jou familie
besoek of om op ʼn bootreis te gaan ...
[Aangepas uit: © Media24. 03/9/2013 – Leefstyl]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 9
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die vrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
[Aangepas: Huisgenoot 28 Januarie 2014, bl. 95]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.1 Voltooi die sin:
Die advertensie is ʼn voorbeeld van ʼn manipulerende teks. Dit manipuleer
die leser om ... (1)
3.2 Wie is die teikenmark van die advertensie? (1)
3.3 Hoekom word die eerstepersoon-aanspreekvorm, 4me, deurgaans in die
advertensie gebruik? (1)
3.4 Wat is die slagspreuk van die advertensie? (1)
3.5 Hoekom word die Engelse woorde 4me, 4saving, 4growing en 4good in
die advertensie gebruik? (1)
3.6 Hoekom, dink jy, gebruik die adverteerder die byvoeglike naamwoord,
fantastiese, in die sin En met ʼn fantastiese rentekoers daarby?
3.7 Hoekom gebruik die adverteerder die ellips en drie uitroeptekens na die
woorde: Dis hoe maklik dit is ...!!!? (1)
3.8 Hoekom word die woorde Nedbank4me, slim en ekstra in vetgedrukte
letters gedruk? (1)
3.9 Dink jy, Laat die pret begin, is ʼn goeie woordkeuse vir die advertensie?
Motiveer jou antwoord. (1)
3.10 Waarna verwys pitte in die volgende sin: Sê hallo vir die pitte! (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 11
VRAAG 4: STROKIE
Die vrae wat volg, is op die strokies hieronder gebaseer.
(1)
(2)
(3)
(4)
[Aangepas uit: Google images]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.1 Vergelyk strokies 1 en 4.
Neelsie het 0% vir wiskunde behaal, maar hy wil navorsing oor vakansie
doen. Wat suggereer hierdie feit(e) oor Neelsie se houding teenoor sy
werk? (1)
4.2 Hoekom, dink jy, het Neelsie vir sy pa gesê dat hy goeie nuus het (strokie
1, raampie 1) voordat hy sy punte (0%) vir hom gesê het? (strokie 1,
raampie 3) (1)
4.3 Hoe weet ons dat Meneer skree? (Strokie 2, raampie 2) (1)
4.4 Hoe weet jy dat Meneer weghardloop? (Strokie 3, raampie 3) (1)
4.5 Wat beteken Neelsie se woorde: Ja Meneer, ek is nou? (Strokie 2,
raampie 3) (1)
4.6 IS JY DOOF? (Strokie 2, raampie 2)
4.6.1 Is bogenoemde stelling konnotatief of denotatief gebruik? (1)
4.6.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 4.6.1. (1)
4.7 Wat beteken die volgende idioom?
Hy is horende doof. (verwys na strokie 2)
A Hy kan nie hoor nie.
B Hy wil niks hoor nie.
C Hy kan nie verstaan wat hy hoor nie.
D Hy kan nie glo wat hy hoor nie. (1)
4.8 Kyk na Neelsie se gesigsuitdrukking (strokie 4, raampie 3). Hoe weet
ons dat hy geïnteresseerd is om navorsing oor vakansie te doen? (1)
4.9 Hoekom word daar ʼn uitroepteken na Neelsie se woorde in strokie 3,
raampie 3 gebruik en nie na die woorde van skoolkind A en B nie in
raampies 1 en 2 nie? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 13
VRAAG 5: PROSA
Die vrae wat volg, is op die prosastuk hieronder gebaseer.
’N SJIMP WAT ROOK? WAT ’N AAP!
1. Ou Charlie van Bloemfontein hou daarvan om rustig in die
winterson te sit en rook.
2. Hy rook wanneer hy alleen is en ʼn kans kry, anders kry hy raas.
3. Maar hy rook, al moet hy dit (eerlik) doen.
4. Rook is ʼn slegte gewoonte, maar vir ʼn sjimpansee nog (sleg).
5. Charlie se maat was Annie. “Ja, sy het gerook”, sê Kobus, die
natuurbewaarder by die (dier+tuin).
6. Hy sê verder: “Charlie sal nooit ʼn sigaret optel wanneer ek naby is nie.”
7. “Ons gaan ʼn kringtelevisiekamera in die hokke sit. Ons kan hulle dan 24 uur ʼn
dag dophou.”
8. Wanneer Charlie vir ʼn sigaret vra, steek hy sy hand uit en klap op sy bo-arm.
Hy wys dan na sy mond en maak geluide met sy lippe.
9. Charlie, wat nou14 jaar oud is, word amper (elke dag) uitgevang.
10. Dan sit hy soos ʼn stout kind en maak asof hy nog nooit gerook het nie.
[Aangepas uit: Afrikaans EAT, Bateleur Boeke, 2007 uitgawe, bl. 219]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
5.1 Herskryf die volgende sin deur die korrekte INFINITIEF te gebruik.
Ou Charlie rook.
Begin so: Ou Charlie behoort nie ... (1)
5.2 Herskryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.
Hy kry raas wanneer hy rook. (2)
5.3 Gee die TEENOORGESTELDE betekenis (antoniem) van die woord tussen
hakies. Skryf slegs die woord as jou antwoord neer.
Maar hy rook, al moet hy dit (eerlik) doen. (1)
5.4 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs
die woord as jou antwoord neer.
Om te rook is ʼn slegte gewoonte, maar vir ʼn sjimpansee nog (sleg). (1)
5.5 5.5.1 Herskryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
Ja, sy het gerook. (1)
5.5.2 VERBIND die woord in hakies. Skryf slegs die korrekte antwoord
neer.
Kobus is die natuurbewaarder by die (dier+tuin) in Bloemfontein. (1)
5.6 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM oor.
Charlie sal nooit ʼn sigaret optel nie. (1)
5.7 5.7.1 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD sodat.
Ons gaan ʼn kringtelevisiekamera in die hokke sit. Ons kan hulle 24
uur ʼn dag dophou. (1)
5.7.2 Skryf die getal 14 in woorde uit. (1)
5.7.3 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE oor.
Hy sê: “Ons gaan ʼn kringtelevisiekamera in die hokke sit.” (2)
5.8 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD oor.
Hy steek sy hand uit en klap op sy bo-arm. (1)
5.9 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as jou
antwoord neer.
Charlie word (elke dag) uitgevang. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 15
VRAAG 6: PRENT
Die vrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.
[Uit: Afrikaans is lekker, LB. Gr 12. 2007]
Gebruik die woorde in die lys hieronder om sinne 6.1–6.6 korrek te voltooi.
blitsvinnig vlieg waentjie trollie kasregister verkoopsman
klant handsak wallet kruideniersware voorskoot oorjas
6.1 Die ma haal geld uit haar ... (1)
6.2 Die ma betaal vir haar ... (1)
6.3 Die ma hardloop ... uit die winkel. (1)
6.4 Die ma stoot ʼn ... met haar aankope in. (1)
6.5 Die man agter die toonbank sit die geld in die ... (1)
6.6 Die man agter die toonbank het ʼn ... aan. (1)
[6]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2015 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2015 QP
_hlayiso.com_--d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef/v1-17cc10b711f82c4442de/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper